Thursday, September 04, 2008

Wandel met God: Henog en Abraham se geestelike reis. / Walking with God: The spiritual journey of Enoch and Abraham

Genesis 5:21-24 vertel in vier verse die verhaal van Henog, op die oog af byna saaklik. “Toe Henog 65 was, het hy die vader geword van Metusalag. Henog het na die geboorte van Metusalag nog 300 jaar naby God geleef en het seuns en dogters gehad. Henog se ouderdom was 365 jaar. Hy het naby God geleef en toe was hy nie meer daar nie, want God het hom weggeneem.”

Die verhaal is maar net op die oog af saaklik. Eintlik is dit gelaai met geestelike betekenis. Dit kom mens eers agter wanneer die gedeelte in sy konteks gelees word. Genesis is die boek van reise. Van die beste voorbeelde is Abraham se reise waartoe hy deur God geroep is. Hy moes die groot onbekende in, die onverkende ruimtes in, ‘n onseker toekoms in. Genesis 17 begin juis taamlik droogweg met die roeping van God aan Abram: Toe hy 99 jaar oud was, het die Here aan hom verskyn en gesê dat hy God is en dat Abram “voor hom moet wandel en opreg moet wees. Dan sal God die verbond bevestig en sy nageslag grootliks vermeerder. Soos Spiritualiteit ons wys, is dit ook hier God wat die verhouding aanknoop. God neem die inisiatief. God nooi hom saam op reis en verander Abram in ‘n reisiger. Sy geestelike reis bring vir hom ‘n nuwe identiteit, lewe en selfs ‘n nuwe naam. Hy word Abraham, God se verbondsgenoot, die een wat met God wandel en wat met die grootste van alle seëninge in die antieke tye geseën word – ‘n ryke nageslag.

Die reis, soos ons uit spiritualiteit weet, is nie maklik nie. Dit duur en hou aan en vra volharding. In Genesis 22 word hy getoets soos nooit tevore nie: hy word getoets aan sy toewyding tot God. Niks, niemand mag in die pad van sy verhouding met God staan nie. Hy moet sy kosbaarste, sy oudste seun, prysgee as God dit vra. En as hy getrou bly, sy geestelike reis volhardend loop, word sy insette die rede waarom menslike offerandes tot ‘n einde gebring word. Geweld teen mense pas nie in die geestelike reis in nie. Soos met Noag wys God dat sy liefde groter as enige iets anders is. Hier is ook ‘n “reënboog” van God se liefde wat tydens ons geestelike reis die storms wegdu.

In die teks lees ons eintlik dat Henog met God bly wandel het en dat hy vir 300 jaar so volhard het. Soos die eerste mense in die tuin van Eden, bly hy in die teenwoordigheid van God. Hy is ‘n reisgenoot van God. Dit maak sy lewe vol. Anders as Lot, woon hy nie in die beste deel van die land nie en jaag hy nie voorspoed nie. Anders as die omringende volkere is hy en Abraham nie ryk nie.

Om met God te wandel is om alles te verloor om ‘n mens se lewe alleen maar in God te vind.


Genesis 5:21-24 tells a seemingly simple narrative about Enoch. The four verses are presented in a matter of fact manner. “When Enoch had lived 65 years, he became the father of Methuselah. And after he became the father of Methusaleh, Enoch walked with God 300 years and had other sons and daughters. Altogether, Enoch lived 365 years. Enoch walked with God; then he was no more, because God took him away.”

This narrative is everything but matter of fact. It is loaded with spiritual meaning. One appreciates this only when the Enoch narrative is read within its wider context. Genesis is the book of journeys. The best known are the journeys of Abraham. He was called by God to walk into the big unknown, the gaping hole of uncertainty. Thus Genesis 17 also seems to begin rather prosaically with: “When Abram was ninety-nine years old, the Lord appeared to him and said, ‘I am God Almighty, walk before me and be blameless. I will confirm my convenant between me and you and will greatly increase your numbers.” God initiates the intimate relationship with Abram and transforms him to become a traveler – sets him off on a spiritual journey that would change his identity, his life and his name. Thus Abram becomes Abraham, the one who walked with God and who gets blessed with the greatest of all blessings in antiquity: a countless number of offspring. The journey is not easy. He gets tested in Genesis 22 with the most challenging of challenges. He has to sacrifice his oldest son which in antiquity was the most precious of precious. God uses this opportunity to bring human sacrifices to an end. Most touching is how this passage is presented as a travel narrative: it is part of Abraham’s spiritual journey, a new phase of his walking with God to show his total commitment to the one who touched him and transformed him into a follower.

Abraham who walks with God is a simple man. Unlike Lot, he did not choose the prosperous parts of the land. He also could not compete with the surrounding peoples with their wealth, weapons and violence. But his strength was to be found in his faith, in God’s covenantal care for him. So in his simplicity he “walked with God” – like Enoch would also do. And, like the first two people in paradise did.

So Enoch’s walking with God is permeated with spiritual meaning: he lived his faith in the presence of God, like so many of the heroes of faith in Genesis. And, as spirituality teaches us about the spiritual journey, to walk with God requires persistence and endurance from believers. He, actually he “kept on walking” with God.

Blog Archive