Wednesday, October 31, 2012

Die Bybel as liefdesbrief. Hoe Kierkegaard met die Bybel omgegaan het.


Kierkegaard, een van die bekendste filosowe, was ‘n ywerige student van Grieks en Hebreeus. 

Hy het hulle bestudeer om die Bybel in sy oorspronklike taal te kan lees. Daarsonder, het hy gevoel, kan die Bybel nie eg met hom kommunikeer nie.

Hy het sekere basiese beginsels vir die Bybel beklemtoon wat ook te doen gehad het met die taal van die Bybel. 

Om die Nuwe Testament te verstaan moet ‘n mens dit vanuit die Ou Testament lees, het hy byvoorbeeld beklemtoon. Die Ou Testament moet immers as ‘n Hebreeuse geskrif gelees word. Jesus was tog ‘n Jood en die vroeë kerk het in ‘n Joodse konteks ontstaan.

Dit is waarom ‘n mens die taal daarvan deeglik moet verstaan. Dan moet ‘n mens ook die inhoud daarvan ook goed leer ken. Maar om te kan “ken,” moet ‘n mens kan kommunikeer. 

Dit weer vra dat ‘n mens gedurig die teks van die Bybel hardop moet lees. Deur die voorlees van die teks word die Bybel dan ook beter “gehoor.” Waar dit gebeur, word die leesproses ‘n wonderlike stuk musiek wat harmonieus en inspirerend tot ‘n mens kom.

Wanneer ‘n mens deur die harmonie van die Skrifwoorde geraak word, kom ‘n mens voor die aangesig van God self te staan. Dit lei daartoe dat ‘n mens oop is vir ‘n verhouding met God. God kan tot ‘n mens spreek en dit skep lewe in ‘n mens. 

God, skryf Kierkegaard, die groot filosoof, roep elkeen van ons by die naam en wil met ons ‘n liefdevolle verhouding aanknoop.

Daarom bestaan die lees van die Bybel nie in die eerste plek uit die studie van kommentare en tegniese eksegese nie – hoe nodig dit ook al by tye mag wees.  

Die Bybel is eerder ‘n liefdesbrief wat deur elke mens sy eie gemaak moet word. 

Wat saak maak is daardie persoonlike, eksistensiële verhouding tot God waardeur die Bybelse woord die mens raak, verander en tot nuwe lewe bring.

Tuesday, October 30, 2012

'n Verhouding wat nie wankel nie. Oor die Reënboog se belofte

Rendtorff skryf dat alles wat in Bybelse tekste oor God gesê word en alles wat te doen het met God se verhouding tot die wêreld, berus op die veronderstelling en insig dat God die wêreld geskep het. 

Bybelskrywers dink aan God as die Een wat oor die skepping regeer. Hy is, in Openbaring se woorde, die Almagtige, die Pantokrator. 

Maar daar is meer: God bly verantwoordelik vir alles wat in die skepping plaasvind (Jes.45:6-7). Die Almagtige bly betrokke. Die verloop van die wêreldgeskiedenis is deurtrek met God se liefdevolle verbondstrou.

God het die verhouding met die skepping aangeknoop, en God sal hierdie verhouding nie tot niet laat gaan nie. 

Tog moet 'n mens nog verder lees: Mense wat die verhaal van Genesis lees, sou net te goed weet dat die skeppingsverhaal opgevolg word deur die vernietiging van die wêreld in die tyd van Noag met die sondvloed. 

Hulle sou hulle inleef in die donker goddeloosheid van Noag se tyd en sou des te meer na die skeppingsverhaal gekyk het as ‘n verhaal oor volmaaktheid en skoonheid. Dit, sou hulle besef, is wat dit beteken om in 'n paradys-verhouding met God te leef. Dit is die tuin-tyd, die tyd van onskuld, van oorvloed, van rustigheid en van vrede.

Tog is dit nie 'n rede om nostalgies te wees - om treurig te verlang na tye wat verby is nie.

Nou kom die reënboog: die belofte dat God in verbondstrou die skepping nie verlore sal laat gaan nie.  

En in boek na boek van die Bybel word hierdie belofte vasgehou: die paradys gaan weer terugkom. God is getrou. Die kwaad praat nie die laaste woord nie. Daar is nie kans en tyd vir wanhoop nie.

Bybellesers weet: God sit alles in die verhouding met mense. Daarom sal die metamorfose, die totale omvorming van die gevalle skepping nie uitbly nie. Transformasie is die hart van God se verhouding met die wêreld en met mense.

Dit belowe die reënboog tog! 

Monday, October 29, 2012

'n Mens mag die wêreld nie afsterf nie.

-->
In Spiritualiteit word dikwels gebruik gemaak van die beeld van die geestelike reis. Dit is 'n gepaste manier om te praat oor God se transformasie van mense wat steeds weer as 'n proses voortgesit word. 

Die beeld vertel hoe die  mens as ‘n pelgrim op aarde steeds weer soekend is om God se wil te onderskei en in ooreenstemming met God se bedoeling te leef. Terselfdertyd is mens op pad na God toe. 

Dit is nie ‘n maklike reis nie: Dikwels word dit in die donker afgelê. Dit is ook in vele opsigte ‘n kruisweg. Dit het sy tye van swoeg en sweet. 

Dit is ook 'n tyd waarin 'n mens gedurig gekonfronteer word met die houvas wat die negatiewe en donker dinge op 'n mens het. 

Die "reis" is 'n pragtige beeld om ons pelgrimstog na God uit te beeld. 

Maar dit kan ook misverstaan word asof 'n mens van die wêreldse dinge ontslae moet raak en die wêreld moet afsterf. 

Die boek Openbaring begin ook asof die wêreld nie die tuiste van die mens is nie: God is op die hemelse troon (Op.4-5), waar vele hemelse wesens die heiligheid van God en die Lam besing. 

Dit is 'n besielende toneel: die hemel is vol van die heerlikheid van 'n God van totale lig. God die almagtige, die skepper van hemel en aarde, is op die aarde afwesig (Op. 4:11, 8). 

Die prentjie lyk maar sleg. Die troonvisioen vertel hoedat geen mens in staat is om die verseëlde boek oop te maak nie. Die mensdom en die wêreld is totaal gekontamineer. Daar is ‘n akute spanning tussen hemel en aarde.Wat lig is in die hemel, is op aarde donker. 

'n Mens sou kon praat van 'n kosmologiese dualisme: die aarde en die hemel staan in sterk spanning teenoor mekaar - soos dag en nag.

In Spiritualiteit kan hierdie voorstelling dikwels daartoe lei dat 'n mens die aarde as die vyand van God, as die slegte plek, as die tronk beskou. Dit het in die vroeë Christendom dikwels gebeur. Die bekende Gnostieke groepe het op die manier gedink. Vir hulle moes 'n mens ontsnap aan die bande van die wêreld en bevry word tot die geestelike wêreld. 

Openbaring wys 'n mens gou 'n ander prentjie. Die  dualisme aan die begin van Openbaring word aan die einde van die boek oorkom en opgelos: In Openbaring 21-22 kom die nuwe hemel en die nuwe aarde; die paradys keer terug en is weer op aarde te vinde.  

Die tuiste van mense is juis op hierdie aarde. Niks daarvan word prysgegee nie. 

Jesus se bede in die Onse Vader om die koms van die Koninkryk, word in Openbaring vervul aan die einde van die tyd. Van dan af is God se tabernakel weer by die mense (Op.21:3). Die tabernakel as die woonplek van God simboliseer God se direkte teenwoordigheid op aarde. Die spanning is opgelos. Die verlange na God word gestil. Die mens vind volkome rus in God se aarde. 

Die blye liturgie van die hemelse erediens in Openbaring 4-5 met al sy prysliedere vertel van die heerlikheid van God waarheen die mens op pad is, maar wat uiteindelik weer op aarde sal wees aan die einde van die tye. Dit teenwoordigheid van die tabernakel is simbolies: die oorspronklike skeppingsorde is herstel en paradys is weer op aarde.

Openbaring vertel dus van die hervereniging van hemel en aarde. Wat geskei is, word weer saamgebind. Wat verlore is, word teruggevind. Wie volhard, sal deel kry in die paradys en aan die boom van die lewe. In Openbaring 2:7 word die getroue gelowige juis belowe dat God aan hom/haar sal gee om van die boom van die lewe te eet.  

Wanneer 'n mens dus as geestelike reisigeer op pad is na God toe, vlug 'n mens nie weg van die wêreld in 'n afsondering of askese nie. 'n Mens keer terug na God wat die aarde geskep het. Daar is dus geen mistieke ontvlugting van gelowiges na ‘n hemel weg van die aarde nie. 

En die paradys is ook nie net 'n saak van die toekoms nie. Trouens, Openbaring vertel dat wanneer gelowiges aan die liturgie deelneem, hulle reeds die paradys binnegaan. Hulle beleef dan iets van die nuwe aarde wat God skep en wat God gaan terugbring.

Die wêreld word nie opgegee nie. Die wêreld is nie vir God onbelangrik nie. Trouens, die werk van God deur die Lam is juis om van hierdie wêreld 'n paradys te maak. 

'n Geestelike reisiger is soekend na 'n tuiste in hierdie wêreld.  

Sunday, October 28, 2012

Om die Bybel te lees, maar nooit by God uit te kom nie.

Wysiwyg: “what you see is what you get.”  So lui ‘n akroniem in die rekenaarwêreld. Wanneer ‘n mens op ‘n rekenaar werk, weet jy presies hoe die eindproduk lyk deur na die skerm te kyk.
In Spiritualiteit werk dit anders. Op jou geestelike reis ervaar ‘n mens maar altyd baie dinge.Maar wat jy sien is nie altyd wat die eindresultaat gaan wees nie.
Daarom vra dit van ‘n mens die gawe van onderskeiding - die gawe om te onderskei waarom alles regtig gaan.
Die lewe kan bedrieglik wees. Op die oppervlakte lyk dinge normaal, mooi en aanloklik; of dit lyk gevaarlik, swak of moeilik.
Maar as jy die dinge versigtig begin bekyk kom jy agter dit is nie so normaal, mooi en aanloklik nie. Of wat gevaarlik lyk, is onder die oppervlakte dalk genesend of ‘n manier om te groei.
Spiritualiteit met sy fokus op die geestelike dimensie van die menslike bestaan in die wêreld, beklemtoon steeds dat ‘n mens “dieper” moet kyk as die oppervlakte.
Altyd weer moet ‘n mens besef dat alles wat ‘n mens beleef ‘n geestelike betekenis het wat nie altyd maklik herkenbaar is nie.
‘n Mens moet deur die oppervlakte kan dring om by die geestelike impak van dinge uit te kom.
Hier kan ‘n mens van Jesus leer:
‘n Mens kan, soos Jesus se opponente, die wet van die Here tot in die fynste detail letterlik gehoorsaam en selfs liefhê.
Maar as jy mooi kyk, soos Jesus, sien jy hoedat wetsgehoorsame mense nogtans sonder God leef. Die wetsgehoorsaamheid is maar net ‘n fasade. Dit is die masker van ‘n liefdelose lewe.
Neem ‘n voorbeeld: Wat saak maak, sê Jesus, is nie dat ‘n mens op die sabbatdag die sabbatswette onderhou nie. Wat saak maak is dat hierdie sabbatswette steeds weer vir ‘n mens nader aan God en aan ander mense moet bring. Die sabbat is ‘n dag vir rus in God se liefde.
As iemand egter op die Sabbatdag by jou aankom en hulp vra, weet jy, as jy in God se liefde woon: daardie persoon se trauma vra van jou om alles te gee, al is daar dinge wat op die oppervlakte in jou pad staan.
Daarom, bevestig Jesus, gaan dit in die wet steeds weer om die Goue reël: die Liefde. Die liefde is dit groot opsomming van die wet. Altyd weer moet die wet in diens staan van die dieper, belangriker mag van die liefde.
Nooit kan jy die liefdevolle God in jou menslike sisteem probeer vasvang nie. Om te glo, bring by jou ‘n oop lewensstyl, waarin ‘n mens steeds weer soek om as ‘n veranderde mens God se wil en liefde vir ander uit te leef. Niks, geen wet, geen uiterlike voorskrifte keer die liefde nie. Die wet kan nie ‘n tronk word waarin die liefde weggesluit word nie. Altyd weer is die liefde die grootste.
Wie in die liefde woon, woon in God se teenwoordigheid.
Wat Jesus oor die Wet gesê het, geld ook ten opsigte van ons houding vandag oor die Bybel. ‘n Mens kan die Woord van God lees en leer, maar sonder om God self te ken en sonder om by God te wees. Wie deur sy of haar siening van die Bybel ander verwerp, veroordeel en verdoem, leef byvoorbeeld nie in God se liefde en teenwoordigheid nie. Vandaar Jesus se beroemde uitspraak in Matteus 7:7.
Van die vroegste tye af het spirituele mense beklemtoon dat die Bybel ons in die teenwoordigheid van God bring. ‘n Mens kan egter so met die Bybel omgaan dat ‘n mens nie by God uitkom nie. Dan hou ‘n mens aan die letter van die Bybel vas. Dan hoor ons woorde, maar luister nie na die Woord nie, die stem van die God van liefde.
‘n Mens kan woorde oor God in die Bybel  lees. Dit is  nog lank nie om in God se teenwoordigheid te leef en God se Stem te hoor nie. Dit is asof ‘n mens met iemand se klere sit. Jy het genoeg om aan vas te hou. Maar dit is nog lank nie om by die persoon te wees wie se klere dit is nie.
Goed is dit om aan die woorde vas te hou, die Bybel te bly lees, wanneer dit ‘n mens by God self bring. 

Saturday, October 27, 2012

Word dood soos die dooies: wat 'n mens se innerlike lewe bepaal...

Ek lees weer, danksy Mark Sedrak die volgende anekdote: 

A brother once met abbot Macarius the Egyptian, and said to him, 'Abba, say something to me that I may be saved.' 

The old man said, 'Go to the burying-ground and revile the dead.' 

The brother went, and reviled them, and threw stones at them, and came and reported to the old man. 

He said to him, 'Did they not answer thee?'

He said, 'No.' The old man said, 'Go again tomorrow and praise them.' 

So the brother went, and praised them, calling them apostles, and saints, and righteous men, and came to the old man, and said, ' I praised them.' And he said to him, ' Did they answer? ' The brother said, No.' 

The old man said, 'For as much as you insulted them, they answered nothing, and for as much as you praised them, and they said nothing to you. If you want to be saved, become dead like them. Think nothing of the wrongs done by men, nor of their praise, any more than the dead do and you may be saved.'
 

Macarius the Great, Pseudo-Macarius: The Fifty Spiritual Homilies and the Great Letter.

Op 'n mees algemene vlak sou 'n mens die episode kan sien as 'n stukkie wysheid dat 'n mens se geestelike reis nie deur uiterlike dinge gestuur moet word nie. Die beledigings en lofprysinge van ander maak nie van jou wat jy is nie. 

Op 'n meer spesifieke vlak sou 'n mens kon sê dat dit die toewyding aan jou roeping is wat jou maak wat jy is. 'n Mens se identiteit word nie deur uiterlike dinge bepaal nie.

Friday, October 26, 2012

Godsdiens verloor sy sin wanneer dit nie die individu se hart raak nie. Kierkegaard se worsteling oor sy lewenslot.

Hier onder is 'n artikel in vandag se Trouw oor Kierkegaard as filosoof. Die artikel vertel van die terugkeer van godsdiens as 'n belangrike deel van die 21e eeuse wêreld. 

Maar dit laat ook duidelik hoor wat nie gaan werk in die tyd nie.  Reeds die 19e eeuse Kierkegaard het immers gewys dat wanneer 'n mens se hart swaar trek aan die groot vra, die slim, groot filosofiese waarhede wat al die eeue so opgehemel is, nie regtig enige nut het nie. 

Wanneer 'n mens oor jou lewenslot besin, tel sulke "diepe insigte" maar weining, leer ons van Kierkegaard. Hulle laat jou hart koud.

Hier is die artikel: 

Humor is in de geschriften van filosofen een schaars goed, en geslaagde humor nog meer. Om de grap van Immanuel Kant over een Engelsman die zo'n schrik te verduren kreeg dat de volgende dag niet alleen zijn haar maar ook zijn pruik helemaal grijs geworden was, kunnen we nauwelijks nog glimlachen. Het is de vraag of dat in zijn eigen tijd, rond 1800, al veel anders was.
Een paar decennia later deed de Deense schrijver en filosoof Søren Kierkegaard het iets beter, al vinden wij de mop die hij in zijn 'Afsluitend onwetenschappelijk naschrift' vertelt misschien niet helemaal politiek correct. Een gek ontsnapt uit het raam van een inrichting, zo vertelt Kierkegaard. Maar hij kan zo gek niet zijn of hij bedenkt dat hij zo normaal mogelijk moet doen om zichzelf niet meteen te verraden. Dus neemt hij zich voor alleen nog maar dingen te zeggen die onomstotelijk waar zijn. Hij komt een man tegen en zegt: 'Goedendag, de wereld is rond.' Even verderop komt hij opnieuw iemand tegen, en zegt hij hetzelfde. Binnen de kortste keren zit hij opnieuw in het gesticht.

Sombere sfeer
Kierkegaard was geen fierefluiter. Althans, niet na een studentikoze periode. De vraag hoe een mens verlost kon worden en zich het eeuwig leven kon verwerven, drukte zwaar op zijn gemoed. De sombere, schuldbeladen sfeer waarin hij werd opgevoed was daar niet vreemd aan.

Toch vertelt Kierkegaard grappen, hij ironiseert en parodiëert. Soms valt hij de wereld om hem heen aan in felle bewoordingen. Dan weer steekt hij stichtelijke preken af of becommentarieert diepzinnig de Bijbelse geschiedenis. En dat alles in de meest uiteenlopende stijlen en onder een hele reeks pseudoniemen - soms meerdere in één boek. Is dit nog wel serieus, is het nog wel filosofie? - heeft menigeen zich afgevraagd.

Levenslot
Serieus was het zeker, maar of zijn geschriften 'filosofie' mochten heten zal Kierkegaard tamelijk koud hebben gelaten. Hem ging het om het menselijk levenslot, niet in de laatste plaats om dat van hemzelf. Dan lopen in het Kopenhagen van het midden van de negentiende eeuw theologie, filosofie en literatuural snel door elkaar heen. Zo ontstond een van de meest persoonlijke én heterogene oeuvres uit de geschiedenis van de wijsbegeerte - als dat er nog toe doet.

Want filosofie is bijna altijd op zoek geweest naar grote, algemene waarheden. Dat heeft diepe inzichten opgeleverd en ons de moderne wetenschap gebracht. Maar wat heb ik daar in mijn persoonlijke bestaan en voor mijn eigen zieleheil aan? - vroeg Kierkegaard zich af. Wie bij iemand met twijfels over zijn verlossing aankomt met algemene waarheden slaat de plank net zo faliekant mis als de gek die denkt voor normaal te kunnen doorgaan door het declameren van gemeenplaatsen.

Eigen levensproject
De waarheid die er werkelijk toe doet is persoonlijk, zo ontdekte Kierkegaard, want ieder mens 'existeert' op zijn eigen wijze. Hij was de eerste die dat woord in deze betekenis gebruikte en het zou een grote toekomst tegemoetgaan. In de twintigste eeuw zouden filosofen als Heidegger en Sartre beklemtonen dat ieder van ons zich moet laten leiden door zijn eigen levensproject, waarover alleen hijzelf te beslissen heeft.

Dat bleef geen filosofenwaarheid. In elke talkshow komt het vandaag de dag terug en van ieder zelfhulp-boek vormt het het uitgangspunt. Wij zijn allemaal een beetje 'Kierkegaard' geworden - ook al zien steeds minder mensen hun levensbestemming in een religieus licht.

Meer dan dogmatische algemeenheden
Misschien is dat laatste maar tijdelijk, wordt godsdienst opnieuw een belangrijk filosofisch thema en zal de 21ste eeuw daarom 'de eeuw van Kierkegaard' worden, zoals sommigen menen. Ook die godsdienst zal dan méér moeten bieden dan dogmatische algemeenheden. Net als de filosofie moet hij iets te zeggen hebben aan het individuele hart, wil hij zijn betekenis niet verliezen. En dat hart is nooit uit één stuk. Het wikt en weegt, weerlegt zichzelf voortdurend en wordt door tegengestelde gevoelens verdeeld.

Daar past één samenhangend denken of een dogmatisch vertoog al net zo min bij als één manier van schrijven. De literatuur en de filosofie van de 20ste eeuw hebben dat goed begrepen en de verbrokkeling van stemmen en stijlen tot hun belangrijkste eigenschap gemaakt. Niet alleen het moderne existentialisme heeft zijn wortels bij Kierkegaard. Wie goed kijkt, ziet door zijn geschriften heen ook nog eens een vroege postmodernist.

Thursday, October 25, 2012

Wat is spiritualiteit dan? 'n Nuwe boek oor Spiritualiteit

 

Die nuwe boek, “Towards a theory of spirituality,” (2011), geredigeer deur Hense en Maas, begin met ‘n interessante inleiding waarin hulle daarop wys dat heelwat meer dissipline’s as teologie en godsdiens die afgelope jare in spiritualiteit begin belangstel het.

Hierdie, skryf hulle, ander dissipline’s sluit sielkunde, sosiologie en antropologie in. 

Ek dink ‘n mens sou ook die besigheidswêreld, filosofie en die gesondheidswetenskappe by hulle lysie kon byvoeg. 

Hulle skryf voorts dat 'n belangrike gevolg van die groeiende belangstelling is, eerstens, dat ons meer inligting as ooit tevore oor spiritualiteit ontsluit en dat, tweedens, nuwe, alternatiewe moontlikhede na vore kom om die nuwe beskikbare data te ontleed.

Maar, voeg hulle by, daar is ‘n verreikende ontwikkeling in spiritualiteitsnavorsing: Dit lyk asof die konsensus wat bestaan het oor wat spiritualiteit is, aan die verdwyn is.

Ons besef nou, skryf hulle, dat daar ‘n oneindige aantal spiritualiteite is. Trouens, ons kom agter sommige hiervan staan direk teenoor mekaar. Ander weer, lyk asof hulle niks met mekaar te doen het nie.

Die uitdaging is dus meer as ooit tevore om spiritualiteit as ‘n verskynsel beter te verstaan.

Ek is geïnteresseerd in hierdie inleidende woorde. Dit bring sekere van my eie waarnemings helderder na vore. 

Ek dink ‘n mens moet in die algemeen eers twee dinge besef:

Die eerste is dat elke keer wanneer ‘n mens oor spiritualiteit praat, ‘n mens helder sal moet weet en wees oor wat ‘n mens daarby bedoel.

Tweedens moet ‘n mens ook besef dat jou verstaan van spiritualiteit beslissend bepaal gaan word deur wie jy is en hoe jy dink. ‘n Mens se verstaan van spiritualiteit gebeur nie los van jouself nie. Spiritualiteit is nie “iets” wat “daar” is nie en wat ‘n mens net moet ontdek nie. Wanneer 'n mens dus oor spiritualiteit praat, moet 'n mens dus gedurig bewus wees van hoe jou eie konteks jou verstaan van die dissipline bepaal.

Dit alles beteken nou nie dat ‘n mens maar almal moet aanhoor wat iets oor spiritualiteit wil sê nie. Daar is ‘n losse, niksseggende manier van praat oor spiritualiteit. Mense praat dan oor spiritualiteit soos oor “godsdiens” – dit is ‘n nul-begrip wat eintlik nie veel betekenis het nie.

Dit beteken wel dat 'n mens voor die tyd weet dat jy nie gaan saamstem met sommige spiritualiteite nie: trouens, dit kan selfs wees dat jy hulle nie naby aan jou wil hê nie. Dit vra wel om op 'n spirituele manier om te gaan met hulle wat van jou verskil. 

Meer nog: daar is vir my sekere basiese elemente in spiritualiteit. Miskien is die belangrikste hiervan dat spiritualiteit transformatief en self-impliserend moet wees. En dat ‘n mens oor spiritualiteit moet skryf as iemand wat oop is, gereed is om die ervaring van transformasie te hê en om deur die voorwerp van jou studie gestuur te word. Maar daarmee is 'n mens terug by 'n bepaalde "universele" verstaan van spiritualiteit. En dit, volgens ons Nederlandse kollega's, is juis die probleem: sommige gaan in hulle spiritualiteit nie hieraan vashou nie.

Ek sien uit om meer van die boek te lees.   

Wednesday, October 24, 2012

Herinneringe en die hart. Wanneer 'n mens weer God ontmoet

Martin E Marty skryf in sy boeiende "A cry of absence": 

Baie wat so stellig verklaar dat God nie meer vandag onder ons teenwoordig is nie, het nog nie hierdie ou insig herleer nie: daar is wel heilige plekke waar herinneringe aan die brandende bos opnuut  vuur kan laat ontbrand. (p. 174)


En:


Heilige plekke bied aan die hart insigte wat die verstand nie van weet nie. (p. 174).

Tuesday, October 23, 2012

Vyf van die spannetjie het harsingskudding gekry... Oor die kultuur van sport.

Die NYT se aanhaling van die dag kom van 'n afrigter van 'n Amerikaanse voetbalspannetjie wat 'n onder 12 wedstryd gespeel het.

Vyf van die spelertjies van die ander span het in die wedstryd harsingskudding opgedoen. Daar kon, volgens berigte, meer wees, maar die vyf is gediagnoseer daarvoor.

Die afrigter beskuldig die opponente vir die beserings.

Hy vertel ook dat sy span nie vuil speel nie.

En dan, as kroon, voeg hy by: Hierdie is voetbal. Dit is nie 'n vriendelike sakie waaroor 'n mens groete-kaartjies vir ander mense uitdeel nie. Dit is ernstige dinge. 

Dit is dan die sub-teks: Laat die outjies die regte ding op die sportveld doen en die sport met mag en mening aanpak. Laat hulle mekaar disnis loop en seermaak. Hier word nie rondgetrippel nie. Dit is harsingskudding-sake. Hier word manne gebrei. Hulle moet dit kan vat, al is hulle nog nie 12 jaar oud nie.

Dit is nou die gedagte-wêreld van 'n man wat kinders aan sport, die wonderlike oomblikke wanneer 'n mens in spel ontspan, blootstel en by hulle 'n kultuur van vriendelike mededinging moet vestig. 

Dit kom van 'n man wat jong seuntjies moet help om deur sport liggaamlik goed te ontwikkel en hul lewens heerlik moet kan geniet as gesonde mense wat op gesonde manier groei en grootword

Dit is byvoorbeeld 'n bekende feit dat die brein van jong seuntjies besonder seer kry by harsingskudding. 

Volgens die berigte het sommige ouers van die kinders die afrigter gesteun. Een van die ouers het 'n banier gewys: "Wen is nie alles nie. Dit is die enigste ding."  

Klink dit nie bekend nie?
Is sulke denke - dat sport beteken dat kinders gevaarlik seergemaak kan word - werklik 'n ver ent weg van mense wat wêreldsterre is, miljoene dollars en rande verdien, en dan hulle liggame deur dwelms en stimulante verniel? 

Is sport gewoonweg dan ook oor geweld, oor bedrog, skelmstukke en self-bevoordeling as iets "normaals", as "maar soos die lewe is"?

Gelukkig is die liggaam wat voetbal in die omgewing administreer hoogs ongelukkig oor die voorval. Hulle streng reëls oor sulke wedstryde, het hulle verklaar, is geïgnoreer. 

Die media-berigte wys ook dat daar die gemeenskap  besorg is oor sulke roekeloosheid. 






Hier is die aanhaling:

"My team is not dirty. All the issues were on their side of the field. This is a football game, not a Hallmark moment."
 

SCOTT LAZO, a Pop Warner football coach in Southbridge, Mass., after a game in which five opposing players, all 12 or younger, suffered concussions.

Hier is 'n gedeelte uit 'n begeleidende berig:

But the debate the game has further fueled is not likely to calm any time soon. Head injuries in the National Football League remain the league’s greatest safety concern, and the league’s greatest legal liability. Ivy League universities have ordered limits on contact in practice, to reduce the risk of brain injuries. And Pop Warner, the national organization made up of hundreds of thousands of children, some as young as 5, has adopted its own safety guidelines, based in part on the medical wisdom that the brains of young boys are particularly vulnerable.

Still, as the Massachusetts game suggests, rules are only as effective as the adults charged with enforcing them. Four of the five injured boys have resumed playing football for Tantasqua.

The football programs in Southbridge and Tantasqua are from neighboring communities, and in rivalries, passion and pride can interfere with common sense. A banner on Southbridge’s Web site asks, “Are You Tough Enough?” Lazo has coached in Southbridge for 18 years, and says he idolizes Vince Lombardi, the Hall of Fame pro coach who was once said to declare, “Winning isn’t everything; it’s the only thing.” Yet even as the Southbridge team pummeled Tantasqua that day, parents on the losing side of the field wanted their sons to soldier on.

Monday, October 22, 2012

Wanneer 'n mens dapper, man-alleen teen 'n oormag te staan kom.

Bernard Levinson skryf 'n artikel oor hoe die Bybel in Nazi Duitsland gelees is en hoe die bekende Ou-Testamentikus, Gerhard von Rad, dapper en man-alleen daarteen gestry het. 

Die artikel is te lees by: http://papers.ssrn.com/sol3/papers.cfm?abstract_id=1850821

Dit is 'n boeiende artikel oor die manier waarop die Fakulteit Teologie by die Universiteit van Jena uit hul pad gegaan het om die ideologie van die Nazi's te bevorder en op watter slinkse wyse enige teenstand van mense soos Von Rad eenvoudig uit die pad geboelie is. 

Wat my veral tref in die artikel is die manier waarop Von Rad die Ou Testament geestelik wil lees.

Die van ons, wat bietjie ouer is, het in ons lewens en aan eie bas sulke magsentra en hof-teoloë van naby meegemaak. Ons herken die strategie, die manipulasie, die naakte magslus, die meedoënlose uitskakeling van opposisie, die histerie van naakte vooroordele. Dit is nie lekker leesstof nie.

Laat 'n mens dus nie maklik vingers wys nie. Hierdie dinge kom wêreldwyd en in alle tye voor. 

Diep in die lewens van mense, goed vasgeanker, is hierdie magsgreep aanwesig. 

Dit kos net bietjie dink om dit te herken. 

'n Mens kan jouself troos en vertel hoedat die lig uiteindelik oorwin het en hoedat Von Rad uiteindelik erken en geloof is vir sy dapperheid. En 'n mens kan dankbaar uitwys hoe roemloos die triomfantalistiese Duitse Christene ondergegaan het. 

Maar ses miljoen Jode het met hul lewens betaal vir hierdie "Christelike" dwaling van die fatsoenlike, status quo kerk in Duitsland, waarvan 'n groot getal in Greifenwald, net langs die Universiteit van Jena. Dit is in die kamp waar Jode deur universiteitslui gesteriliseer is, sodat hulle tog maar net van die aardbol kan verdwyn. Die gevolge van sulke magsgrepe was skandalig en tragies.

'n Mens lees sulke artikels dus self-impliserend. Ook omdat wat in die kerk gebeur, in 'n mens se eie lewe ook gebeur.

'n Laaste gedagte: in die artikel vertel Levinson, nogal ontstellend, hoe selfs die Belydende Kerk meer op die outonomie van die kerk teenoor die staat gefokus het as op die uitwissing van die Jode. En, as 'n tweede opmerking, oor hoe die Belydende Kerk nie veel gedoen het om die aanval op die Ou Testament teologies te bekamp nie.

Soms kom selfs by die profete net dele van die waarheid helder na vore. 



Hier is 'n kort uittreksel uit die artikel: 


In 1933, Hitler and his Nationalsozialistische Deutsche Arbeiterpartei  (NSDAP) gained control of the German government. 

During its first months in power, the government initiated a series of legal measures to eliminate all forms of influence other than the National Socialist party. Under National Socialism’s umbrella, a rising faction within the church, calling themselves the “German Christians” (Deutsche Christen ), sought administrative control of the various state churches (Landeskirchen ). 

The German Christians presented the nation’s resurgence as an awakening of Germany’s Lutheran heritage after the moral corruption and secularization of the Weimar Republic.  

They denied the Jewish ancestry of Jesus and erased Hebrew words like “hosanna” and “hallelujah” from church creeds and hymns. 

The German Christians also launched virulent attacks against the OT. 

In November, 1933, Dr. Reinhold Krause, a German Christian leader in Berlin, demanded that the church make itself more appealing to all National Socialists by ridding itself of everything “Un-German in worship and confession; liberation from the Old Testament with its Jewish morality of profit and its stories of cattle traders and pimps” (Undeutschen im Gottesdienst und im Bekenntnismäßigen; Befreiung vom Alten Testament mit seiner jüdischen Lohnmoral, von diesen Viehhändler- und Zuhältergeschichten ).


Opposition to the German Christian power grab organized itself under the banner of the “Confessing Church” (Bekennende Kirche ). 

In the Barmen Declaration of 1934, in which Karl Barth played a major role, the Confessing Church strongly resisted the German Christian adoption of the National Socialist agenda.  

Indeed, as Shelley Baranowski notes, “The muted protests of the Evangelical opposition to the persecution of the Jews and other ‘undesirables’ contrasts markedly to its spirited defense of ecclesiastical autonomy.”  

However, the Barmen Declaration did not speak to the contested role of the OT in the church. The biblical passages referenced in the Declaration were taken exclusively from the NT. The German Church remained seriously divided throughout the war.



Sunday, October 21, 2012

Vreugde oor die Lig van Vuur.




Pinksterdag is die dag waarop die nuwe bedeling gevier word: mense ontdek dat in die oomblik van diepste krisis, wanneer die kruis ‘n swaar skaduwee oor hul lewens gooi, onvoorstelbare krag gevind kan word. God se manier is om mense te ontmoet om hul lydensweg om te keer in ‘n nuwe bestaan, gevul met nuwe drome, ideale, hoop… en blydskap.

Die lewe van Jesus staan met Pinkster sentraal: Wanneer Petrus op die dag met die teenwoordige mense praat oor Jesus, konsentreer hy veral op die opstanding as die antwoord op die kruis. Die opstanding het vir Petrus ‘n duidelike geestelike boodskap: dit onthul dat die dood geen houvas op Jesus gehad het nie (Hand.2:24).

Petrus moet hierdie spesiale gebeurtenis verder verduidelik. Hy verwys na Psalm 16:8-11. Hierdie Skrifgedeelte verduidelik vir mense dat reeds Dawid oor die magteloosheid van die dood gepraat het. Die Here sit aan God se regterhand en beklee dus ‘n spesiale posisie in God se teenwoordigheid. God se Heilige sal nie deur die dood oorwin word nie. Deur die eeue heen, dus, het die wat naby God was, steeds weer die voorlopigheid van die dood onderstreep.

In Jesus sou hierdie verwagting ‘n werklikheid word.

Vir Petrus is die voorlopigheid van die dood maar net ‘n donker kant van ‘n veel helderder lig wat met die opstanding oor God se wêreld aangeskakel is.

Petrus interpreteer daarom die opstanding as Jesus se verheffing tot die allerintiemste nabyheid by God.

Tog, nog meer, gaan die gedeelte nie bloot net om wat God in Jesus aan nuwe dinge doen nie. God se dade werk transformatief: dit bring nie net die lewe van Jesus tot vervulling nie. God keer ook die lewe van mense wat naby aan Jesus is, om. Die geestelike waarde van Pinkser is juis te vind in wat dit aan mense doen.

Die lewe ondergaan ‘n metamorfose wanneer ‘n mens dit vanuit die lewe van Jesus bekyk.

Vir Petrus val die klem immers in die getuienis ook op die menslike respons: Dawid verbind met sy siening dat God sterker is as donkerte, ‘n uitbundige vreugde: “my hart is bly” en “my tong juig” (Hand.2:26). Petrus hou hierdie aanhaling vol en sluit dit af met: “Daarom vervul U my met vreugde by U aangesig.” 

Want, Jesus se lewe bring ons by God, in die teenwoordigheid van die Verborgene, die Een wat sterker is, die Onpeilbare, die Oorwinnaar.

Vreugde is dus vir Lukas om bewus te wees van die goeie wat God doen. Tussen die donker moet ‘n mens die lig kan vind en herken. Selfs die donkerste uur verduister nooit die lig nie. Al soekende sal mense wat van die lig is, die Lig wel vind.

Soms is dit die nabyheid van Jesus, sy woorde, sy lewe wat die Lig is.

Soms is dit die wyses van die tye, die Dawids van lank gelede, wat ‘n mens herinner aan God se getroue goedheid waaraan ‘n mens nie moet opgee nie.

Soms is dit die getuies van ‘n getroue dissipel wat bevestig dat God nie wegloop van wat God begin doen het nie.

Die Skrifte, die getuies, die Ligtende teenwoordigheid van die goeie bly by hulle wat soek, wie se harte hoopvol bly, wie se tong biddende bly stamel. En wie bly kyk, bly luister, naby aan God vertoef, se hart sal bly wees, se tong sal loof en se innerlike sal oorloop met vreugde.

Dit is die hoogste gawe: om nooit aan sinisme onder te gaan nie. Om te bly hoop, teen hoop in, teen omstandighede in.

En wanneer ‘n mens die Lig herken, kom die vreugde. Dubbele, driedubbele blydskap sal ‘n emns oorweldig.

Pinkster is die vreugdefees, om opnuut aan God se goedheid vasgeanker te word.

Saturday, October 20, 2012

Die botteltjie in my hand... Oor vergenoegdheid

-->
Daar is mense wat versigtig met hul finansies omgaan. Op ‘n verstandige manier spandeer hulle net wat hulle op hul begroting beplan het.

Hulle sorg vir die toekoms en sit genoeg weg, byvoorbeeld, vir ‘n sorgvrye oudag.

Hulle is tevrede om met basiese dinge uit te kom. Niks is oordadigs en niks uitspattigs nie.

‘n Dak oor die kop, bruikbare kledingstukke in die kas, ‘n bord kos op ‘n dag en so af en toe ‘n goeie vakansie.

Nadat vir ‘n pensioen beplan en weggesit is, gee hulle weg. As hulle hoor van ‘n ramp, is hulle by om geld te skenk. As iemand in die familie in die nood raak, voorsien hulle. Hulle is nie besitlik nie. Inhaligheid en opgaar ken hulle nie.

Maar dit gaan om baie meer as net aardse dinge. Hulle gee goedheid weg, deel liefde, is weldadig met hul omgee. Hoe hulle met hul besittings omgaan, is maar net 'n teken van hoe hulle leef.

As dinge fout gaan en die kop verdwyn onder die woeste waters, sluk hulle mondevol, maar kom weer dapper op en begin van vooraf lewe. Hulle kyk nie terug nie. Hulle kerm nie, al sit die seerkry en die swaarkry soms so bietjie vlak in die oë.

Die lewe, vratte en al, is vir hulle goed.

Op ‘n keer sit ek by so ‘n persoon. Getroud met ‘n knorpot-diamant en die ma van ‘n stout maar warmhartige seun, is sy al jare lank in die gesondheidsdienste. Sy is die sout van die aarde.

Elke keer weer as ek daar gaan besoek aflê, kry ek ook groot skeppe van die toegeneentheid wat sy in ander mense se honger borde uitskep.

Haar huis word vir my ‘n huis, oor die sewe jaar wat ek daar werk. Ek sit by haar en praat met haar asof sy my ma is.

My foon lui op ‘n dag en sy vra my om in te loer by hulle. Ons het ‘n projek aan die gang waarvoor ons toe net begin ondersteuning soek het. Dit is waarom sy bel, sy. Dit is moeilike tye en ons verwag dat dit maar stadig sal gaan.

Sy het so pas een of ander erflating gekry, vertel sy vir my toe ek by haar huis opdaag en by haar gaan sit en gesels. 

Die enorme bedrag wat sy vir ons uit die erflatinkie wil gee, sal ons presies uithelp om alles sonder skuld te kan doen.

Ek sukkel om te reageer. Dit is een van daardie oomblikke waar woorde nie deur die swaarheid van die diep gevoelens kan beur  nie.

Ek wil eers protesteer. Ek dink aan al die welaf mense in die gemeenskap wat tog hul kant sal bring en wat veel eerder kan bekostig om so 'n skenking te maak. Ek wil sê dit hoef nie.

Waarom sal sy dan, hier aan die gryser kant van die lewe, nie daardie skenking gebruik vir ‘n welverdiende wegbreek of ‘n genotvolle luukse nie na al haar jare van swoeg en sweet?

Maar sy is al anderkant my protes verby en het haar praat gepraat. Sy gesels nou oor die buurt: vir wie sy nog wat wil doen. Waar sy nog orals daardie week wil inloer. 

Wat sy vir ons projek uitdeel is maar ‘n item op haar lang lys van weggee. Sy het al vergeet dat ons besoek oor haar gee begin het.

Dit is nie haar pennie in die skatkis nie, besef ek. Sy “doen” nie hier "goed" nie. Sy is nie die een wat haar oor ander “ontferm” nie. Sy is nie besig om "vir die kerk" haar deeltjie te gee nie.

Sy bring eerder mense nader aan haar, sodat hulle deel kan word van die ligkring van wedersydsheid en saamwees. Sy gee vir hulle net soveel as wat sy van hulle kry. En ook die gemeenskap, die gemeente hoort in haar kring van lig. Natuurlik.

Sy het oorvloed en sy deel in oorvloed. Saam met ander. Sy is ryk, ver verby die basiese eenvoud van haar mooi huisie en haar vrugbare tuintjie.

Toe ek huis toe ry, skaars toegelaat om ‘n woord of twee van dankie in te kry, stop sy my ‘n botteltjie tuisgemaakte konfyt in die hand.

Friday, October 19, 2012

Die armoede van besitlikheid

Nouwen skryf oor die belangrike rol van ingesteldheid. As 'n mens 'n opgaarder is, word 'n mens se lewe gevul deur suinigheid. 

Maar, opvallend, trek hy dit deur na 'n geestelike vlak: as 'n mens arm is aan mededeelsaamheid, word 'n mens se lewe gekenmerk deur veral besitlikheid. 

Die gevolg hiervan is dat 'n mens 'n arm mens word.  Arm in gees.

Die implikasie hiervan is dat jou armoede jou eie skuld is. 

Watter beslissende rol speel ons keuses tog!

Hier is Nouwen se stuk: 

Die versoeking om te vergaar


As angstige en bekommerde mense neig ons om ’n  mentaliteit te ontwikkel wat ons laat sê: “Daar is nie genoeg kos vir almal nie. Ek beter sorg dat ek genoeg vir myself wegsit in geval van nood,” of: “Daar is nie genoeg kennis vir almal nie, ek moet maar my kennis vir myself hou, sodat niemand anders dit sal gebruik nie,” of: “Daar is nie genoeg liefde om vir almal te gee nie, ek beter my vriende vir myself hou om ander te keer om hulle van my weg te rokkel.”
So praat ’n “skaarste”-mentaliteit. Dit wil alles wat ons het, opgaar uit vrees dat daar nie genoeg vir almal sal wees nie; dat ons nie genoeg sal hê om te oorleef nie.
Die tragedie is egter dat dinge waaraan ons vasklou op die ou ent in ons hande verrot.

Thursday, October 18, 2012

Waarom ons so min van God se vrygewigheid raaksien. Oor die liefde wat ons oë open....


Ek wil bietjie nadink oor die dieper dinge wat ons lewenshouding dryf en bepaal. Ek is geboei deur wat Nouwen in sy Dagboek oor God se vrygewigheid skryf. Dit is 'n spesiale stuk waarin hy wys hoe ons vrygewigheid van God miskyk omdat daar in ons innerlike ruimte so 'n gebrek aan liefde is. 

Die teendeel is wat my boei: wie in die liefde leef, sal die wonder van lewe herken en bemin.

Hier is Nouwen se stuk:   

God is ’n God van oorvloed. Hy werk nie met skaarste en bietjies-bietjies nie.
Jesus onthul God se oorvloed wanneer Hy soveel brood vir die skare vermeerder dat daar twaalf groot mandjies vol oorskiet oorbly (Johannes 6:5-15), en Hy laat sy mismoedige dissipels soveel vis vang dat die boot amper sink (Lukas 5:1-7).
God gee ons nie net genoeg nie. God gee ons meer as genoeg: meer brood en vis as wat ons kan eet, meer liefde as wat ons ooit durf vra het.
God is ’n vrygewige Gewer, maar ons sal God se vrygewigheid net sien en geniet wanneer ons God met ons hele hart en verstand en al ons krag liefhet.
Solank as wat ons sê: “Ek sal U liefhê, God, maar wys my eers u vrygewigheid,” bly ons op ‘n afstand van God en kan ons nie ervaar wat God werklik aan ons wil gee nie –  en dit is lewe, oorvloedige lewe.

Wednesday, October 17, 2012

Alles eindig in vreugde.


Dana Snyman se rubrieke lees altyd oor verskeie redes baie lekker. Ek het byvoorbeeld geleer om sy rubrieke te lees in afwagting van die slot. Hy het altyd merkwaardige slotsinne waarin hy aan sy skryfwerk dieper betekenis gee. Dit is asof hy aan die einde in enkele woord vir sy lesers vra om sy skryfwerk op ‘n hoër vlak te verstaan. Die slot word die onthullende oomblik wat lig op die voorafgaande verhaal laat skyn.

‘n Skrywer wat dit kan doen, styg uit bo baie ander en boei sy lesers.

Die slotsinne van ‘n storie kan op ‘n heel spesiale manier closure of afsluiting bring. Wie dit lees, herken ‘n afgeronde, betekenisvolle vertelling.

Dit dink ek toe ek vanaand weer die slot van Lukas se Evangelie lees. Jesus verskyn in die laaste hoofstuk daarvan aan sy dissipels en eet saam met hulle ‘n gebraaide vis en ‘n stuk heuningkoek.

(‘n Stuk heuningkoek? Is hieroor al ‘n preek gemaak?)

Aan die einde van die ontmoeting laat Jesus hulle verstaan waaroor sy lewe gaan en watter rol hulle voortaan gaan speel in die nuwe bedeling van sy bestaan as die opgestane Jesus.

Hulle sal, hoor hulle van Hom, getuies wees en daarvoor sal hulle besonder krag, die krag van die Gees ontvang.

As Jesus hulle verlaat het, volg die laaste twee sinne:

“En hulle het Hom aanbid en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap. En hulle was gedurig in die tempel en het God geprys en gedank. Amen.” (OV).

“Met groot blydskap” en “God geprys en gedank.”

Lukas praat hier van groot blydskap. Die afskeid, weggaan van Jesus is nie weer ‘n tydjie van rou en smart nie.

Hierdie keer is dit anders: Die dissipels verstaan uiteindelik wie Jesus is. Sy lyding en opstanding was nodig om mense vryheid te gee (46-47) van alles wat verkeerd geloop het en hulle gebind het.

Maar wat God doen in Jesus – die merkwaardige, onverwagse gebeure wat hulle so gesukkel het om te verstaan en wat hulle vryheid gee, bring hulle ook in beweging, belowe Jesus. Soos God na hulle toe uitreik, so sal hulle hul deel doen. As getuies, kragtig gemaak deur God se genadegawe, maar hierdie keer aan alle nasies (vers 47). Die mens word akteur in die volgende toneel oor God se dade in ons wêreld.

Nie net word die toekoms belig nie, en ook die mens se nuwe rol as mede-speler belig nie. Lukas sluit ook sy verhaal af: Hy het sy Evangelie begin met beloftes aan Maria en Sagaria in die tempel. Die beloofde Een sal na hulle en hulle mense kom as bevryder van die Joodse mense.  Toe was daar ook groot vreugde.

Maar nou gaan God in groter ruimtes in:  God betree die wêreldspasie. Almal, ver buite die Joodse volk om, sal vanuit die hart van die Jodedom uitgenooi word om in vryheid te deel.

En die dissipels sal hierdie keer die verhaal verder voer – soos dan in Handelinge inderdaad gebeur.

Hieroor is hulle bly. Baie bly. En gaan hulle na die tempel. Net soos Sagaria aan die begin in die tempel was.

Die verhaal van Lukas oor Jesus kom so tot closure, tot afsluiting. Die egte betekenis van Jesus word verduidelik.

Vandaar dus die vreugde.

Dit is ‘n vreugde in God: die dissipels weet hulle lewe is in lyn met God se wil. Hulle is deel van God se plan. Hulle word opgeneem in wat God doen.

Dit is soos kitaarspel. God, die kunstenaar, stel die snare in en bespeel dit. Maar die snare resoneer mee, gee ryke klanke af wat die melodie oordra en in baie ore ingaan as blye musiek.

Alles is nodig – die Een wat speel en die ander wat resoneer – om hierdie vreugde te kan ervaar. Hierdie een groot harmonie, dat almal op mekaar ingestem is, dat almal die dieper dinge kan herken – dit is wat vreugde gee.

Hoe kyk ons dan hierdie punt verby: Lukas is die Evangelis van vreugde. Hy laat sy verhaal in goddelike vreugde eindig. En hy vertel hoedat mense voor God in aanbidding staan, verwonderd dat hulle in vreugde deel kan wees van God se teenwoordigheid. 

Lukas vertel van die intieme verhouding tussen God en mens. Nie God nie, en ook die mens leef nie vir hulle self nie. Altyd weer is God en mens op mekaar ingestel. Wat God doen raak die mensdom en die mensdom reageer en resoneer op hierdie dinge wat God doen en werk.

Dit beteken dat die mens die betekenis van sy /haar bestaan buite hom- of haarself vind. Om saam met die diepere dinge te wees, bring geluk. Om saam met ander die dieper dinge te ervaar, vul ‘n mens met vreugde. 

Vreugde is dus veel meer as 'n emosie, 'n opwelling van goeie gevoelens. 

Dit is 'n diepe wete dat 'n mens deel is van rykdom wat veel groter as jouself is en wat jou laat deel in alles wat mooi is. 


Blog Archive