Tuesday, April 30, 2013

Nooit 'n alleen-mens nie. Oor spiritualiteit en ontferming.





Dit is die eerste teken dat iemand min weet van spiritualiteit en mistiek wanneer hulle met groot insig vertel dat dit te veel op die mens se geestelike belewing ingestel is, dus te individualisties is en daarom verval in persoonlike vroomheid.

Ek kry altyd ‘n sinkende gevoel as ek sulke kritiek lees.

Want dan weet jy jy moet maar weer heel aan die begin begin. Jy praat met iemand wat min verstaan van spiritualiteit as ‘n beweging en ‘n dissipline wat teruggaan tot op die wortels van die Christendom, te doen het met die hart van godsdienstige ervaring, en wat oor eeue heen uit hierdie diep en lang agtergrond massief en breed ontwikkel het tot wat dit vandag is.

Jy is terug by graad 1 en dit terwyl daar oneindig veel is om in te haal vorentoe. As ‘n mens op hierdie punt vasval, is jy nog in die fopspeen-fase.

Neem nou maar een van die vier kernwoorde in spiritualiteit. As ‘n mens oor die inhoud van spiritualiteit praat, sal jy telkens weer op ten minste hierdie vier woorde afkom. Hulle help ‘n mens om te verstaan wat die werklike en belangrike inhoud van spiritualiteit is. 
  
Hierdie kernwoord is ontferming. In kerktaal sou ‘n mens ook van barmhartigheid kon praat.

Enige iemand wat spiritualiteit ken, sal weet dat spiritualiteit sonder ontferming nie kan bestaan nie.

Spiritualiteit gaan om ontferming en dit is ‘n gedagte wat ‘n mens tot in Bybelse tye en tekste kan terugvoer. Dink aan Jesus se meelewing met die armes, die wonders van die broodvermeerdering, die innige Bergrede, die barmhartige Samaritaan, Matteus 24 en die besoeke aan die siekes, die gevangenes, die armes en die hongeriges wat God se wens vir sy skappe is. 

Ontferming is juis betrokkenheid by ander, om ingestel te wees op mense om jou. En dit is ‘n kern-aspek van spiritualiteit. Dit is ‘n teken van ‘n mens se eie menslikheid, van jou bewussyn dat jy ‘n onlosmaaklike band met ander mense het. Wat met hulle gebeur, raak jou, vorm jou en laat jou groei in nog groter menslikheid.

Jesus se gebedslewe, sy afsondering, sy saam-wees met sy dissipels was ‘n deel van sy geestelike weg. ‘n Ander deel, waarvan spiritualiteit baie maak, was sy ontfermende meelewing met mense. In mense se vreugde en leed was Hy by hulle. Hy was innerlik aangetrokke tot en het meegeleef met ander. Sy geestelike weg was altyd weer ‘n weg saam met mense om Hom. Hy was so betrokke by hulle dat Hy moet geraak het, gehuil het, gesug het, gehelp het en uitgereik het. Sy liggaam en sy siel was dors om die welsyn van ander.

En Sy opdrag aan mense om hom was: “Wees barmhartig soos julle Vader in die hemel” (Lk.6:36).

Dit gaan in ontferming om menslikheid, om meelewing, solidariteit en uitreiking. Met ontferming kom ‘n mens by die hart van geloof uit. Wanneer ‘n mens ontfermend leef, leef ‘n mens soos God en in God se teenwoordigheid.

Spiritualiteit beklemtoon dat hierdie ontferming nie maar ‘n soort vryblywende simpatie is nie. ‘n Geestelike mens word liggaam en siel betrek by ander mense se lewens – nie net om te verstaan wat met hulle gebeur nie of om jammer vir hulle te voel nie, maar veral om deel te hê daaraan en om hulle daarin te ondersteun. Ontferming is in spiritualiteit nie ‘n netjies teologiese leerstuk waaroor ‘n mens allerhande mooi dinge bedink nie. Ontferming is ‘n transformatiewe handeling wat jou deelname insluit en wat jou terselfdertyd raak en omvorm.

Wat waar is van die mens en ontferming, is ook waar van die geloofsgemeenskap. Ontferming dryf die lewe van die kerk: die prediking as bystand aan mense om soos en na aan God te leef, die doop waarin God ontfermend ook die kinders in die genadeverbond opneem, die opheffingswerk van die kerk, huisbesoek waarin ‘n mens naby aan die ander se vreugde en nood kom, berading van mense wat vasgeval het, opsoek en ondersteuning van siekes, die uitreik na gemeenskappe in nood – alles staan in die teken van daadwerklike ontferming.

‘n Geestelike pelgrim is nie ‘n alleen-mens nie. Sulke pelgrims leef in solidariteit met ander. Hulle doen dit, van alle dinge, juis deur ontferming. Hierdie ontferming het 'n goddelike karakter - want pelgrims is instrumente in die ontfermende handeling van God in die wêreld.

Om te glo is om om jouself in ontferming aan ander te gee.

Pure skoonheid: om in jou slaap 'n trui te kan brei


Breiwerk, dink 'n mens, is net oor meganiese klik van twee naalde in 'n eindelose proses van klere-maak.  

Ons onthou: Die tannies wat op hul sitbanke na mekaar sit en loer met allerhande dagpraatjies oor dit en dat, terwyl die breinaalde flink, outomaties, sonder gemorste gedagtes, onopgemerk oor mekaar bly kliek en klik. Hulle sal in hulle slaap 'n trui kan brei.

So af en toe, aan die einde van 'n ry, is daar 'n flits, 'n stil omdraai. Dan word die hele stuk gepatroonde wolrol in een veeg eenkant toe geskuif en begin die proses blitsig van vooraf. Alles loop glad, vanself, in 'n wonderlike proses van vlytigheid.

Die verontwaardigde seuns is soms nader geroep en dan moet hulle hande uitsteek sodat ma die gekoopte stringe wol in bolle kan oprol. Vies. Buite is te spele en te geniet. Hier is hulle 'n slagoffer van moeder se obsessie en werkywer.

Kinders luister gefrustreerd oor die eindelose gesprekke oor watter patroon vir watter mens die maklikste is.
 
Dit is 'n paar dingetjies van die reusagtige breikultuur. Een van die oudste doenighede van die mensdom.  

En tog, deesdae, sterf dit uit. China laat ons eerder daardie trui vir 'n appel en 'n ei in die naaste winkel opraap. En ons ander klere word so warm en snoesig - truie is bietjie uit.

Nou word truie-brei 'n egte kuns. En waar die menslike kreatiwiteit fokus, is daar wonderbare uitkomste. Elsje stuur vir my 'n foto en ek kom op 'n hele wêreld van menslike vernuf, humor en bekwaamheid af. 

Ek bedink die spirituele kante daarvan. Elke foto vertel 'n verhaal van vindingrykheid. En soms is daar 'n aardsheid wat 'n mens aan die dink hou: all you need is love and money! Of kom daar verkneukeling oor die boom wat warm bly, die bus wat uithaal en wys, die geraamte met sy warm, rooi oë in sy meditasie-posisie.

Skepping: goddelik en menslik, die voortbring ex nihilo, uit niks, is bekoorlik en selfs mistiek: wie het ooit kon dink, sê ons vir onsself as ons na sulke dinge kyk.

Mens-wees het dieptes wat 'n mens nooit kan peil nie. Dit is pure skoonheid. Elke dag te viere. Eer die Skepper wat skeppingsvermoë uitdeel en deel.






A crocheted skeleton from Agata Oleksiak's exhibition 'The End is Near.' (Photo: Jonathan LeVine Gallery)  





West Cape May's 'Midnight Knitter'
Also in 2010, an entity nicknamed the 'Midnight Knitter' hit West Cape May, adorning trees and poles with knit. 'We never did identify exactly who was responsible,' says Mayor Pam Kaithern. (Photo: Dale Gerhard)



Magda Sayeg's magic bus
A yarn-bombed bus in Mexico City, by Magda Sayeg, a fiber artist from Austin, Texas known as 'Knitta.' About 10 years ago, Sayeg yarn bombed her first object: the handle to a door. (Photo: Cesar Ortega) 


All you need is ... yarn?
A panel from crochet artist Agata Oleksiak's recent gallery exhibit, 'The End is Near.' Oleksiak says there remains a certain universality about yarn and crochet. 'Everybody can find themselves in it,' she says. 'You have a sweater or a blanket or scarves. You understand this language.' (Photo: Jonathan LeVine Gallery)

Monday, April 29, 2013

Wanneer 'n hart toegeskroeid raak vir God se aanraking.


Spiritualiteit beklemtoon keer op keer dat ‘n mens nie sommer uit jouself tot die lig kom nie. Altyd weer bly dit boeiend dat die geestelike reis begin wanneer God ‘n mens aanraak en die ou mens omvorm en omtower in ‘n nuwe persoon.

Die groot raaisel is dat mense so toegeskroei is deur hul eie vroomheid, dat hulle nie meer God se aanraking voel nie. Of God se aanraking bloot nie raaksien nie. En dan: die misterie - dat sommige selfs in opstand kom wanneer God wel mense aanraak.

Saggeus, die kort mannetjie, wou Jesus graag sien op die dag dat Jesus deur Jerigo reis. Kennelik was Jesus toe al ‘n man van roem. Die skares, ook nuuskierig, het daarom ook om Hom saamgedrom. Hulle wil ook meer van Jesus weet (Lukas 19:1-9).

En al is Saggeus ‘n ryk man wat almal in die stad geken het, laat die skare hom nie toe om deur hulle by Jesus uit te kom nie. Hulle ken hom as ‘n sondaar en vir só iemand is daar tussen hulle nie plek nie: Saggeus is daarom in hulle stad ‘n verstotene – met sy rykdom en al.

Hulle steek nie hulle gevoelens eers ordentlik weg nie. Hulle praat openlik op neerhalende en minagtende manier onder mekaar van Saggeus – soos vers 7 al te duidelik maak. Die hele gemeenskap is eens in hulle afkeur aan hierdie man, geld en al. ‘n Mens kan amper hieruit wil aflei dat hulle hom doelbewus van Jesus weghou. As Saggeus aankom, ‘n ryk mens en iemand met mag, maak hulle nie vir hom ‘n pad oop nie. Hulle praat hom trouens eerder uit die pad uit.

Eintlik is hulle optrede nie onfatsoenlik nie, sou ‘n mens godsdienstig daaroor wou dink. ‘n Mens sou selfs kon sê dat hulle nogal reg is in wat hulle dink en doen. Hulle kan nie dink dat Saggeus naby Jesus, die prediker en heler van mense, hoort nie. Sondaars, en dan ook veral handlangers van die Romeine, hoort nie in hulle midde nie.

Hulle is ‘n geslote gemeenskap wat bymekaar staan en die grense neerlê. Uitsluiting van ander is wat hulle laat goed en tevrede voel. Dit is hoe hulle sonde hanteer: skei jou af, bly weg.

Intussen ontvou die episode rondom die twee mense wat die skare so graag uitmekaar wil hou. Saggeus is nie verniet die hooftollenaar nie. Slim en slinks gaan klim hy in die wildevyeboom om Jesus te sien. Niks kan hom weghou van Jesus nie.

Maar hoe anders werk die dieper dinge nie.

Jesus, lopende tussen die skare, is nie blind vir die situasie nie. Hy herken Saggeus. Hy moes kon sien hy is ‘n ryk man. Hy sou soos ‘n ryk man aangetrek wees. Maar hy sien die minagting en verwerping van die skare ook.  Hy sou met ‘n stok kon aanvoel dat die man ‘n verstote, verworpe persoon was en dat die skare niks met hom te doen wou hê nie.  

Jesus steur hom niks hieraan nie.

Lukas 19:1-9  bly vir my hieroor een van die kosbare verhale in die Nuwe Testament. Jesus se durf kan nie duideliker as in die verhaal beskryf word nie.

Hy sien wat die skare met Saggeus doen. Heeltemal teen hulle begeertes en oortuigings roep Jesus vir Saggeus nader en gaan na sy huis toe. Hy waag baie. Jy sukkel nie met mense wat so veilig in hul eie, heilige plek is nie. Jesus tree op teen alles wat vir hulle heilig is.

Jesus speel nie vir die skare nie. Hy stel sy populariteit, skryf Mette, op die spel. En Hy stel Homself bloot aan hulle agterdog, venyn en hulle haat. Die skare verwerp, Jesus nooi uit. Die skare sluit uit, Jesus gaan tuis en trek nader.

‘n Mens kan jou indink: Die skadu van die kruis begin val oor Jerigo se strate en Saggeus se huis.

Die verhaal ontplooi, soos te verwagte is, nie mooi vir Jesus en Saggeus nie: Vers 7 is pure dinamiet: almal wat Jesus se uitreiking na Saggeus gesien het, die hele, groot skare, was opstandig. Hulle het “gemurmureer.” Dit is ‘n volksopstand, ‘n hele gemeenskap wat kwaad en opstandig raak.  Hulle wys sommer ook hulle verset teen die tollenaar wat die gehate Romeine se handlangers was. En die Romeine was die vreemde besetters van die land.

Lukas skryf altyd baie subtiel. Elke woord in sy teks is gelaai met mening. Sy beskrywing van die reaksie van die skare se “murmureer” is gelaaid met betekenis.  In die Ou Testament murmureer die volk altyd tydens die uittog as hulle teen God se wil in opstand kom.

Hier, dink hulle, kom hulle vir God se wil op. Maar in werklikheid is hulle weer die sondige, opstandige volk van God wat nooit oop is vir wat God van hulle vra nie. Hulle is weer dieselfde klomp onwiliges en traes wat op pad na die beloofde land, vashou aan die vleispotte.

Hulle murmureer dus nie teen Saggeus nie, ook nie teen die sonde nie, en ook nie teen die Romeine nie.

Hulle is in hul hart diep opstandig oor God se genade. Hulle is so toegeskroei in hulle eie vroomheid dat hulle God se aanraking nie kan herken of aanvoel nie.

Nog skrynender is die skare se swye wanneer Saggeus as ‘n nuutgebore mens berou toon vir sy verlede en teenoor Jesus beloof dat hy sal meer as net vergoed vir al sy misdade uit die verlede. Niks lees ‘n mens dat hulle daaroor bly is nie, of dat hulle dankbaar is dat Jesus se enkele liefdesbesoek aan die man soveel dramatiese gevolge het nie. Die onmoontlike het gebeur: die ryk man het soos ‘n kameel deur die oog van ‘n naald gegaan. Maar dit het hulle koud gelaat.

Hulle harte was so geslote vir genade, soos wat hulle lewens afgesluit was vir almal wat nie in hulle netjiese en vroom gemeenskap ingepas het nie. Hardheid kweek hardheid.

Dit wys alles maar net hoeveel durf Jesus gehad het. Moedig, moedig, het hy die granietblokke met sy byltjie gekraak.


Sunday, April 28, 2013

Die rivier by ons huis huil by my. Oor ekologiese spiritualiteit.

-->
Die rivier voor ons huis het, soos ‘n mens, sy vele gesigte.

In die somer loop hy drupsgewys en geduldig verby. Skaars ‘n stroompie. Deur die nag, as alles tot rus gekom het, luister ons na die gekabbel as ‘n kalmerende nagstem, ‘n teken van God se skepping wat sy gang rustig gaan, veilig in God se hande.

In die winter, met die tiendae-reën, word dit ‘n siedende stroom water. Dit is ‘n dolle gejaag. ‘n Mens staan verwonderd oor die kragte wat in die omgewing opgesluit lê. Hoe sterk kan God se wêreld tog word.

In die herfs val die blare, goud van ouderdom, van die bome, maak ‘n ryk tapyt op die walle of dryf liggies op die water, klein seilbootjies, iewers heen weg.

Lente-tyd begin die winter-storms bedaar, die dae word sonniger, die rivier kry sy glans terug en sy walle trek die lewe uit die waters groen in hul grasse en blare in.

Die rivier is ‘n teenwoordigheid. ‘n Vriend wat met ons praat, ons gerusstel, ons dae koel hou, ons plek skoonmaak, ons herinner aan die gang van die skepping, aan geboorte, groei, oud-word, doodgaan en die nuwe lewe. Siklusse van skoonheid, van alomteenwoordige lewe.

Maar tye is nie goed nie.

In hierdie somermaande hoor ek pyn in sy stem. Hy kreun onder die hope vullis wat mense kom op sy walle kom stort het.

Iemand het ‘n plek gesoek om vinnig ‘n hoop vullis weg te gooi. En wat is makliker as hierdie wal, onder die bome, waar “niemand” dit sien nie. Op die walle smyt mense hul papiere, hul sakke en selfs hul matrasse. Die morsige hand van die mensdom ontsien veral nie die omgewing nie. Ons plek lyk siek, vuil, bemors en verniel.

Ek bel die munisipaliteit. Hulle kom uiteindelik ‘n kolletjie skoonmaak, maar laat die res van die area, vrot onder die vuilgoed, onaangeraak. Dit is maar net nog ‘n werkie. Die oog is op die horlosie en die een aangemelde en uitgewysde hopie gemors. Hulle kyk nie verder nie, hulle hoor nie die gehuil nie, hulle kan nie omgee nie.

Wie sien nou al die vuilgoed tog?

Ekologiese spiritualiteit, skryf Waaijman, skiet wortel daar waar mense ‘n verhouding van verantwoordelikheid teenoor die skepping ontwikkel. Sommige skrywers ervaar die verhouding so intens dat hulle skryf hoe die skepping vrees, hoe dit roep en smeek. Die natuur het vir hulle gevoelens. Hulle hoor dat dit vra om vriendelik behandel te word.

Ander mense se ekologiese spiritualiteit berus op ‘n gevoel van afhanklikheid met die natuur. Hulle weet die lewe is ‘n groot geheel: die mens deel daaraan. Die mens het ‘n beskeie plek in die geheel en moet omgee en deel met ander, ook die skepping, wat daarvan deel is. Want wie die geheel ombring, sny eie keel af.

Nog ander dink aan die natuur metafories as ‘n persoon. Jy word ‘n vriend, ‘n vennoot, ‘n mede-skepsel wat omgee. Jy kan nie ongesiens sien hoe die ander kwaad aangedoen word nie.

Daar is dus in ekologiese spiritualiteit ‘n bewussyn dat ons deel is van ‘n groter geheel waarin al die dele met mekaar verbind is. Elke deel is waardevol. Die mens en die natuur staan in kontinuïteit met mekaar. God gee diep om vir al die vorme van lewe wat in hierdie groter geheel saamgebind is. En wie God ken, leef met dieselfde passie.

Daar is dus ‘n intrinsieke verhouding tussen skepping en mens. Dit beteken dat die mens verantwoordelikheid vir die skepping het. ‘n Mens doen verantwoording oor hul gedrag en optrede aan die natuur en aan die nageslag.

Mense besit nie die natuur nie. Hulle kan nie maar aan die natuur doen wat hulle wil nie.

Die mens sorg vir en versorg die natuur. Hulle bewaar die natuur as mede-skepping.

Daarom bestaan die geestelike reis uit protes teen die vernieling van die natuur. Om spiritueel te wees, beteken ook om die kosbaarheid van die natuur te herken en te bewaar.


Friday, April 26, 2013

Die gawe van trane



In spiritualiteit is dikwels geskryf oor die “gawe van trane” wat in sekere tye en kontekste ‘n algemene aspek van mense se geestelike reis was. 

Veel is hieroor geskryf. 

Daar kom tye dat mense op hul eie of saam met ander, hul geestelike ervaring so intens beleef dat hulle hul trane nie kan bedwing nie. 

Trane is dan 'n teken van 'n diep geestelike ervaring. Mense wat ‘n intense geestelike belewing ervaar, kan die trane nie keer nie. Dan is dit 'n teken van  ‘n vernuwingsproses waarvan hulle deel is en wat in hulle aan die gebeur is. 

In die algemeen word aanvaar die gawe van trane wys op innerlike omkeer. Wanneer mense in God se teenwoordigheid kom en God se aanraking in hul lewe ervaar, ervaar mense 'n gevoel van mislukking en 'n diepe sonde-besef wat hulle tot trane dryf. Die Pinksterbidure van die negentiende eeu het in die N.G. Kerk begin met mense wat onbedaarlik begin huil het, veral oor die donker kante van hul verlede. Die geestelike leiers van daardie bidure was so uit die veld geslaan oor die spontane reaksies dat hulle nie geweet het hoe om dit te hanteer nie. Party van hulle het desperaat probeer om dit te beheer.

Maar, daar is ook 'n ander rede waarom trane mense oorval. Dit gebeur wanneer hulle bewus raak van God se goedheid en liefde. Dan is hul trane 'n reaksie op die ontfermende aanraking van God. 

In sommige gevalle is daar dieper besin oor hierdie trane: soms is onderskei tussen trane van berou wat aan mense geskenk word, teenoor die “hoër” vorm van trane van liefde, wat in mense voorkom wat bewus raak van God se liefdevolle teenwoordigheid.

Die “gawe van trane” is nie baie gewild in Westerse kontekste nie. Mense frons daaroor, veral vanuit ‘n koue verstandelikheid en uit vrees vir die skande om as swakkeling of om as emosioneel onstabiel aangesien te word. 

In die geskiedenis van spiritualiteit is hierdie gawe egter van die vroegste tye af besonder hoog geag. Die beroemde vroeg-Christelike skrywer Simeon die Teoloog, noem die gawe van trane ‘n tweede doop wat die vuil in ‘n gelowige se lewe wegwas, terwyl die ewe invloedryke kerkvader, Gregorius van Nissa, dit as ‘n vyfde doop beskryf. 

'n Besondere tema: die gawe van trane. Vir sommige geestelike leiers so belangrik dat dit vir hulle aan die sakrament van die doop herinner. 






Thursday, April 25, 2013

Wanneer 'n mens die ontferming in ander mense nie wil raaksien nie. Oor ons oogklappe en ons soek na sondebokke.

 Taliep Petersen

Dikwels gebeur dit dat ‘n hele gemeenskap vir die radikale optrede van individue of groepe binne die gemeenskap verantwoordelik gehou word. Ons sien dit wanneer Afrikaners as rassiste uitgebeeld word, Duitsers as Jode-haters en Engelse as skynheilig.

Die woede en skok oor die bomaanslae en die wrede dood of skending van mense wat daardeur veroorsaak is, lei onvermydelik tot die soek van sondebokke. Gepaar met ‘n fundamentalistiese oortuigings oor ‘n mens se eie onfeilbare, diepsinnige besit van die waarheid en ander godsdienste se valsheid, was dit ook nie te vermy dat Moslems en die Islam onder skoot sou kom nie.

Mense is kwaad. Hulle wil die oorsaak weet en die probleem verwyder sien. En hier is ‘n maklike teiken.

Die onderstaande stuk verskyn in vandag se NYT. Dit is deur ‘n Moslem geskryf en gee ‘n boeiende insig in die Moslem-gemeenskap in Amerika.

Net die feit dat dit verskyn, vertel ‘n mens al iets van die gemoedstemming in Amerika. Die vooroordele teen Islam woed hoog. Die media weet hulle  moet begin perspektief skep. Want waar sulke latente woede bestaan, sal diskriminasie en viktimisasie nie wegbly nie.

Vele mense in Suid-Afrika sal, veral na goeie nadink, instem met die sentimente in die artikel. Die Moslem-gemeenskap is immers by ons ook bekend vir sy besondere, unieke bydrae tot die Suid-Afrikaanse gemeenskap (dink I.D. du Plessis). Wie sou, byvoorbeeld, vir Taliep Pietersen, die minlike musikus van die Kaap, op enige manier met ‘n gewelddadige Moslem-gedagtegang wou verbind?

Die vele, gewone, toegewyde, knap kunstenaars, professionele mense, tegnici, vakmanne wat ons hier in die Wes-Kaap as bure het, vertel ‘n verhaal van gewone mense wat nie bomplanters is nie.

Maar wat my veral interesseer in die artikel, is die kensketsing van die drie wêreldgodsdienste. Die skrywer dink die Judaïsme fokus op die wet, die Christendom op die liefde en die Islam op ontferming.

Dit is ‘n gewilde onderskeid.

En daar is nogal waarheid daarin.

Maar as ‘n mens die spiritualiteit van al hierdie godsdienste van nader bekyk, sal jy merk dat hulle almal eintlik ook die liefde as kernbegrip vashou. En dat hulle volmaaktheid en heiligheid soek– dit is, om ‘n lewe in ooreenstemming met God se wil te leef.  Vir Christene is die liefde byvoorbeeld die vervulling van die wet.

Tog is daar wel 'n fokus wat uitstaan: Islam maak veel van ontferming: Allah, roep hulle daaglikse geloofsbelydenis uit, is immers die genadige, die barmhartige een. Juis daarom is die wrede optrede van Islamitiese radikales so onaanvaarbaar en in stryd met die hart van Islam.

Dit is tyd om, wanneer dit onstuimig in ons binneste is, nie die boom vir die woud aan te sien nie. En wat hier geld, geld van die hele geestelike reis: immer en altyd is die wagwoord: onderskei die geeste. Skep ruimte sodat die Gees 'n mens kan lei om steeds weer reg te laat geskied aan die ander - veral hulle wat so anders as 'n mens self is.


Hier is die berig:
JUST hours after the two suspects in the Boston Marathon bombing were identified as Muslims, Representative Peter T. King of New York, the Republican chairman of the House Subcommittee on Counterterrorism and Intelligence, called for an “increased surveillance” of Islamic communities in the United States. “I think we need more police and more surveillance in the communities where the threat is coming from,” “The new threat is definitely from within.”

Mr. King’s hypothesis, and the widespread surveillance policies already in effect since 9/11, assume that the threat of radicalization has become a matter of local geography, that American Muslims are creating extremists in our mosques and community centers.

But what we’re learning of the suspects, the brothers Tamerlan and Dzhokhar Tsarnaev, suggests a different story, and one that has itself become familiar: radicalization does not happen to young people with a strong grounding in the American Muslim mainstream; increasingly, it happens online, and sometimes abroad, among the isolated and disaffected.

The YouTube page of Tamerlan Tsarnaev, for example, does not contain a single lecture from a scholar, imam or institution in America. One report suggests that he found the theology taught in a local Cambridge mosque, the Islamic Society of Boston, unpalatable: while attending a Friday service in which an imam praised the life and work of the Rev. Dr. Martin Luther King Jr., Mr. Tsarnaev shouted that the imam was a “nonbeliever.” The younger Tsarnaev brother seems to have rarely attended a mosque at all.

Representative King’s theories also fail to explain why, if young people are being radicalized within mainstream Islamic communities, there aren’t more attacks like the one in Boston. By some measures Islam is the fastest-growing religion in the United States, and the last decade has seen a rapid expansion of Muslim institutions across the country.

Yet what’s most obvious to anyone who has spent time in these communities is that whether they are devotional or educational, focused on the arts or on interfaith cooperation and activism, this mediating set of American Muslim institutions is keeping impressionable young Muslims from becoming radicalized.

Take the Islamic Society of Boston Cultural Center and its range of devotional, arts and educational programs, from preschool to a seminary. Or Chicago’s Inner-City Muslim Action Network, complete with a medical clinic, civic leadership education and a summer music festival that draws on the biggest names of Muslim hip-hop to promote peace through community organizing. Or Zaytuna College in Berkeley, Calif., the nation’s first four-year Islamic liberal arts school.

These institutions and others have different aims, but they abide by a common idea: if the center of Judaism is the law, and the heart of Christianity is love, what Islam requires, above all else, is mercy. And whether on display in health care provided for the poor at South Los Angeles’s UMMA Community Clinic, or in a patiently handled Arabic lesson that will one day lead a new convert into the fullness of the tradition, Islamic mercy, preached and practiced within the community, allows no room for radicalization.

Representative King and others have it exactly, completely wrong — the American Muslim community has actively and repeatedly, day in and day out, rejected such radicals on religious grounds: they do not know mercy.

More than a decade since 9/11, this should no longer be any secret. Across the nation, the doors are open, and more are opening every day. And despite whatever misplaced fears the Boston bombings evoke about radical Islam and homegrown terror, we’ll all find ourselves increasingly secure as more Muslims heed the call — coming to Islam as it is in the United States, as a real, living community.

Webb is the imam of the Islamic Society of Boston Cultural Center. Korb, who teaches writing at New York University and the New School, is the author of “Light Without Fire: The Making of America’s First Muslim College.”

Wednesday, April 24, 2013

Die mediese wetenskap is 'n wonder van God.

In vandag se Trouw is daar 'n berig oor 'n ouerpaar waarvan 'n tweede kind gesterf het omdat die ouers aan 'n kerk behoort wat hul lidmate afraai om 'n dokter te besoek.

Hulle eerste seuntjie is in 2009 dood. 

Hulle is baie vroom mense: hulle verkies om siekte deur gebedsgenesing te genees.

Hulle wag dus op God om hul kinders deur wonderdade te genees.

Een leser reageer op die berig: "Die bittere is dat God inderdaad aan mense 'n wonder gee: die mediese wetenskap." 

Hier is die berig: 

Ze vertrouwen erop dat God genezing zal brengen, maar de wonderen blijven uit. Het Amerikaanse echtpaar dat in 2009 een zoontje verloor omdat het gebedsgenezing verkoos boven medische hulp wordt nu geconfronteerd met nieuwe tegenslag. Opnieuw is van hun kinderen overleden. 

Twee jaar geleden werden Herbert en Catherine Schaible al veroordeeld voor dood door schuld. Een ouder blijft ernstig in gebreke als hij bij een serieuze longontsteking geen arts consulteert, oordeelde een rechter in Pennsylvania. In de rechtszaal bezworen de ouders dat zo 'n drama 'met Gods hulp' niet nogmaals zou plaatsvinden. 

De Schaibles zijn lid van een kleine conservatieve kerk die doktersbezoek in de meeste gevallen afraadt. Of de dood van de 8 maanden oude Brandon ook tot vervolging zal leiden is nog niet duidelijk. Het jongetje overleed donderdag aan de gevolgen van ernstige diarree en ademhalingsproblemen.

Medische zorgplicht geldt niet voor religieuze weigeraars 
Brandons overlijden roept de vraag op of de wetgeving in Pennsylvania niet moet worden aangescherpt. Ouders moeten hun kroost medische hulp bieden - tenzij ze zich met succes beroepen op religieuze 'vrijstelling'. 

De autoriteiten hebben de Schaibles de afgelopen jaren niet extra nauwlettend gevolgd, ook al waarschuwde de districsadvocat al tijdens de rechtszaak dat ze de kans op 'recidive' groot achtte. In de Philadelphia Inquirer geeft de gemeente nu toe dat ze het recht had om het gezin in de gaten te houden.


John1969 Het bittere is dat God wel degelijk met een wonder is gekomen: Medische wetenschap.
24/04/13 16:44
Beledigend? Ongepast? Meld het ons.

Tuesday, April 23, 2013

Die diepste sin van vroomheid. Oor Job 1:1.



William Blake, wat 'n hele boek vol illustrasies oor die Boek Job gemaak het, wil met hierdie tekening veral die vroomheid van Job en sy gesin na vore bring.


Die boek Job in die Bybel begin op ‘n besondere spirituele manier deur die kollig volledig op Job se geestelike lewe te laat val.

Daar was 'n man in die land Us wie se naam Job was. en dié man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad  (Job 1:1).

Die driedubbele beskrywing van Job as vroom, opreg en godvresend is toutologies en dus intens. 

Dit laat geen twyfel nie. Die hele boek staan in die teken van Job wat sy geloof uitleef.

‘n Mens weet uit die geskiedenis van Job dat hierdie spesiale woorde ‘n doodgewone betekenis gehad het: ‘n Vroom mens leef ‘n stil, skoon lewe. Sulke mense soos Job ken 'n mens uit alle tye: hulle is verstandige persone, tree reg op en wil graag in die gewone lewe, in hul gesin en in hul gemeenskap opbouende dinge doen en vir ander mense omgee.

Só het ons mense deur die eeue heen leer ken. En vir ‘n vorige geslag was die beste wat ‘n mens van iemand anders kon sê dat daardie persoon godvresend was.

En tog is daar rede om mooi hieroor te dink. Is dit regtig waaroor die openingwoorde van Job gaan? Oor ‘n persoon met ‘n mooi lewenswandel? Oor ‘n moreel onkreukbare mens?

Vandag sal mense dikwels verleë wees om so beskryf te word, skryf Walter Dirks hieroor. Vroomheid, opregtheid en godvresendheid is nie juis die hoogste kwaliteite waarna mense jaag nie.

Die woorde klink boonop “outyds.”

Wie weet nog wat “godvresend” beteken?  En vir nog baie ander is “vroom” gelykstaande aan skynheilig.

Al is die inhoud van die woorde nie outyds nie en wil dit niks slegs van Job meedeel nie, is daar tog rede om hier dieper te dink.

Daar steek tog iets in die terughoudendheid van mense om vroom of godvresend genoem te word. 

Intuïtief voel mense aan dat die kollig dan te sterk op Job val, op die mens, op dit wat eintlik sekondêr is.

Want godvresend beteken lank nie net bloot om ‘n goeie lewe te lei nie.

Die “goeie lewe” is immers nie in die kollig nie. In fokus is veel eerder Job se wandel met God.

Daarom sal die slot van Job die ontsagwekkendheid en ondeurgrondelikheid van God beklemtoon. Die teenwoordigheid van God in die wêreld en in die lewe van die mens is die allerbelangrikste. Daarop val die fokus.

Om Godvresend te wees, is dus om gedurig bewus te wees dat ‘n mens se lewe in die hand van God is en dat ‘n mens uiteindelik alleen sin ontdek wanneer ‘n mens in God se teenwoordigheid leef.

Die openingswoorde van Job wil dus vir die leser vertel dat Job elke dag van sy lewe bewus was van God se onpeilbare, maar troostende nabyheid. So digby aan God het Job geleef dat toe alles van hom weggeneem is, hy nog die naam van die Here “geseën” het (1:20-22). Selfs in sy donker nag, die dag van totale verlies en in die tyd van sy swaar lyding (Job 2:13), het Job nie gesondig of vir God verwyt nie. 

Nie sy vroomheid, sy seëninge, sy opregtheid is ter sprake nie: Dit was vir hom genoeg om by God te wees. En dit bevestig juis sy vroomheid en opregtheid…


Blog Archive