Monday, September 30, 2013

Waarom daar soveel aandag vir die geestelike oefening van gasvryheid is.


In vanoggend se Trouw is daar 'n ontstellende berig oor hoeveel mense eensaam is. Onder die baie slegte statistieke val hierdie een my op: daar loop vandag in Nederland 243 000 baie eensame jongmense rond en 248 000 baie eensame ouer mense. 

Dit is nou "baie" eensaam mense - nie eers die kategorie van mense wat bloot net eensaam is nie. As dit bykom, is die getalle enorm.

Lees die berig by: 


Dit is insiggewend om die lesers se reaksie onderaan die berig te lees. Vele van die reaksies bevestig hoe koud en ongasvry mense is. Gevoelloos oor mense wat vertel hulle voel eensaam. Iets soos: kry 'n lewe. Doen iets. Moenie eensaam voel nie. 

Maar die gevolge van die eensaamheid is ewe ontstellend : byna vier uit elke 10 mense vertel dat hulle niemand het om te vertrou nie.

Die wêreld om mense het koud geword. 

Die berig laat my besef waarom waarom gasvryheid so 'n belangrike geestelike praktyk vir vele Christene geword het. 

Ons tyd vra dit. 

Ek dink nie ons situasie in ons land is veel anders nie. Eensaamheid is 'n wêreldwye verskynsel.

'n Goeie rede om soveel aandag daaraan te gee. Gasvry en warm is wat die gelowige moet wees in 'n ongasvrye, koue tyd.

Hier is die berig:

Dertig procent van alle Nederlanders van negentien jaar en ouder zegt zich soms eenzaam te voelen. Acht procent geeft aan zeer eenzaam te zijn. De mate waarin men verklaart eenzaam te zijn, blijft met het verstrijken van de jaren redelijk stabiel, maar neemt snel toe na de zeventig.
Voor de groep pensioengerechtigden geldt dat bijna negen procent zeer eenzaam is. Op een totale groep van 2,9 miljoen Nederlanders zijn dat 248.000 ouderen.
Dat blijkt uit een analyse die het Rijksinstituut voor Volksgezondheid en Milieu (RIVM) vandaag, bij de begin van de Week tegen de Eenzaamheid, presenteert. De analyse is gemaakt op basis van cijfers die GGD-en in 2012 verzamelde onder 370.000 Nederlanders.

Dat een aanzienlijk deel van de Nederlanders zich in meer of mindere mate eenzaam voelt, was bekend. Uit talloze onderzoeken bleek de afgelopen jaren dat deze groep zo'n twintig tot vijftig procent van de Nederlanders uitmaakt. Maar het aantal ondervraagde Nederlanders was altijd klein. Zo deed TNS Nipo de afgelopen jaren onderzoek onder zo'n duizend Nederlanders. In 2011 bleek daaruit dat vijftig procent van de Nederlanders niet veel mensen hebben om werkelijk op te kunnen vertrouwen.

Weinig vertrouwen
Opnieuw blijken Nederlanders dat als grootste sociale euvel te zien. Het percentage ondervraagden dat zegt weinig mensen in vertrouwen te kunnen nemen, blijkt wel iets lager te liggen. Onder 19 tot 34-jarigen geldt dit voor 36 procent van de Nederlanders, oplopend tot 46 procent voor 65-plussers.

Voor de groep pensioengerechtigden geldt dat bijna negen procent zeer eenzaam is. Op een totale groep van 2,9 miljoen Nederlanders zijn 248.000 ouderen dus zeer eenzaam. Het RIVM beschouwd iemand als zeer eenzaam wanneer een ondervraagde negen van de elf vragen over het hebben van vrienden en/of kennissen negatief invult.

Boven de zeventig neemt het isolement rap toe. Van de 90-plussers zegt 65 procent zich soms eenzaam te voelen, 17 procent is zeer eenzaam. Jongeren hebben minder last van een isolement: 34 procent is soms eenzaam. Zeven procent is zeer eenzaam. Op een totaal van ongeveer 3,3 miljoen Nederlanders in deze leeftijdscategorie, zijn er 243.000 zeer eenzame jongeren.

Verschil met allochtone Nederlanders
De wijze waarop jongeren eenzaamheid ervaren, verschilt wel van ouderen. Ouderen zijn vaker sociaal eenzaam, wat betekent dat ze te weinig mensen om zich heen hebben. Jongeren voelen zich eerder emotioneel eenzaam. Ze hebben genoeg mensen om zich heen, maar voelen met niemand een diepe band.

Opvallend zijn de verschillen tussen autochtone en allochtone Nederlanders. Van de allochtonen zegt 58 procent zich eenzaam te voelen, waarvan achttien procent zeer eenzaam. Bij autochtone Nederlanders ligt dat op 28 en vijf procent.

Ook andere factoren wegen zwaar mee. Zo constateren de onderzoekers dat 62 procent van de Nederlanders met een lichamelijke beperking zich eenzaam voelt, tegenover 35 procent voor mensen zonder een beperking. Van mensen die gescheiden of weduwe/weduwnaar zijn, is 58 procent eenzaam, tegenover 33 procent van gehuwden of samenwonenden.

Saturday, September 28, 2013

Gebed as lewensaar.





Chagall het hierdie skildery “die biddende Jood” genoem.

Ek het die foto geneem toe ek verlede jaar by die Chicago Museum was omdat dit my dadelik geroer het. Daar is net drie weergawes van hierdie tema wat Chagall in 1914 geskilder het.

Chagall het ‘n ou bedelaar gekry en vir hom sy pa se wit en swart gebedskleed, die talis, aangetrek. Om sy kop enom sy hande is verdere Joodse gebedsvoorwerpe: om sy hand byvoorbeeld die filakteries, die leerboksies met skrifgedeeltes daarin. 

Die gesig van die bedelaar is veredel deur die wit van die gebedskleed wat om sy skouers hang en die skildery oorheers. Sy oë, blou, kyk in die oneindigheid in. Sy lippe, saam met die blou oë die enigste kleur in die skildery, is besig om te sag te prewel-bid.

Dit skildery is in donker en wit kleure.

Somber, sereen: die altyd biddende mens wat in verlange op God wag. 

Onderstreep deur die kleredrag: alles van, in en om 'n mens herinner 'n mens aan gebed as die lewensaar.

Friday, September 27, 2013

Geestelike begeleiding is veel meer as 'n pastorale gesprek


Daar is 'n wye verskeidenheid van mense na wie mense met hul geestelike siektes en sorge kan gaan: kliniese sielkundiges, pastorale sielkundiges of pastorale werkers, psigiaters, beraders, predikante en, deesdae ook, geestelike begeleiers.

Geestelike begeleiding (in Engels bekend as spiritual direction), is een van die oudste geestelike praktyke in die kerklike lewe.   

Deesdae word ander name verkies - soos mistagogie (om ingelei te word in God se verborge wil), geestelike vriendskap of geestelike betrokkenheid. Daarmee word die gedagte vermy dat een persoon 'n ander een vertel wat om te doen.

Mistagogie gebeur waar twee gelowige mense met mekaar 'n gesprek voer oor 'n saak wat een van die twee kwel en wat hy of sy met 'n geesgenoot wil bespreek. Daardie geesgenoot is iemand in wie hy of sy groot vertroue het as 'n persoon wat saam met hom/haar die stem van die Heilige Gees kan hoor. Hulle praat ook met mekaar as mense wat in 'n kerklike konteks saamleef. Saam besin hulle oor 'n onsekere situasie in die lig van hul geloof in Christus, en veral in die lig van sy lewe en sy werk.

Die proses van geestelike  is dus nie "raad"  wat iemand aan ander kan "gee"  nie.

Dit is 'n veel dieper, selfs verborge proses. Daar was nog altyd een belangrike dimensie aan geestelike begeleiding: dit was nie iets wat enige iemand kon doen nie. Trouens, so uitsonderlik was geestelike begeleiding en soveel wysheid was nodig, dat dit as 'n gawe van die Heilige Gees beskou is.  Twee mense kom saam, in afsondering, om God se wil te soek in tye van onsekerheid, vir die toekoms in 'n gees van gebed en afwagting op God.

Soveel is op die spel in hierdie situasie: iemand wat nadink oor watter rigting om in te slaan met sy of haar lewe neem 'n ander in vertroue. Dit sou groot gevolge en implikasies inhou. Die vertroulike gesprek moet gedoen word in die lig van God se wil vir mense se lewens, maar ook met inagneming van beide persone se karakter en gawes. Dit raak boonop nie net die twee mense wat bymekaar kom nie, maar ook die kerklike gemeenskap en die familie waartoe hulle behoort.

Die gesamentlike reis gaan dus om meer as net 'n sielkundige benadering. Juis daarom gaan die reis om 'n ontmoeting van 'n geestelik ervare persoon as mistagoog met 'n ander persoon teen die agtergrond van hul gemeenskaplike geloof en hul kerklike verbondenheid, maar ook in 'n konteks van stilte, gebed en afwagting.

Juis daarom is onderskeiding (discernment) die mees kenmerkende aspek van die mistagogiese proses. Dit is nie bloot 'n proses waar twee mense saamkom, ontledings doen, self-ondersoek afhandel en dan besluite neem nie. Om te onderskei is iets heel anders as om te besluit. 'n Mens onderskei in hoe 'n mate iemand se lewe deel kan kry in God se verborge wil vir die wêreld en gemeenskap.




Thursday, September 26, 2013

Mistiek in Filippense

Dit gebeur met mense dat hulle op ‘n stadium alles waarvoor hulle voorheen gelewe het, eenvoudig eenkant toe skuif. Sommer so. Radikaal.

‘n Mens sien dit wanneer mense afhanklik was van middele wat hulle lewens verwoes het. Op ‘n dag maak hulle ‘n totale ommekeer. Dan trap hulle uit uit die voetspore van verwoesting en loop verbete ‘n nuwe lewe.

Maar ‘n mens merk dit ook soms by mense wat ‘n ordentlike, goeie lewe lei. Op ‘n dag vra hulle waarvoor lewe hulle die lewe waarmee hulle tot op daardie stadium besig was en waarin hulle so baie belê het.

Hulle was gelukkig, tevrede, besig en voorspoedig.

Maar op ‘n keer is dit vir hulle net nie meer genoeg nie. Trouens – dit wat vir hulle so belangrik was, stuit hulle teen die bors.

Hulle begin met teensin dink aan hulle welaf, bevoorregte bestaan wat eintlik vir hulle leeg was. Alles wat so belangrik was, word onbelangrik. Meer nog: hulle wil niks meer daarmee te doen hê nie. Trouens: dit stuit hulle teen die bors.

Paulus skryf hieroor in Filippense 3:7-10.

Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo.

Dit is mistiek: om nietiging te ervaar, die nietigheid van jou groot eiewaan. En om vol te word van die innerlike verlange om een te word met Christus, in wie die volle lewe te vind is.

Wat het Paulus se kop laat draai? Sy ontmoeting met Christus was die keerpunt. Sy groot bravade’s, sy godsdienstige ywer, sy getrouheid aan die wet het in een oomblik vir hom soos ‘n sak vol vullis geword – iets wat ‘n mens so gou as moontlik van ontslae wil raak oor die onwelriekendheid daarvan.

Later sou hy aan die Korintiërs meer hieroor skryf: dit slimmigheid van sy vroeëre bestaan lyk vir hom nou na domheid. Wat vir hom indrukwekkend was, het vir hom ‘n verleentheid geword. En, onderstreep hy, so word Christene vanuit 'n wêreldse hoek gesien - waansinniges, dommes, idiote.

Dit is seker ook so, borduur hy voort. Want kyk waaraan hou Christene vas:  aan die aanstootlike. 

Juis dit wat vir hom as wetsgehoorsame Jood aanstoot gegee het – ‘n kruis, dit word nou die diepste inhoud van sy lewe: om een te word met die gekruisigde Christus wat alles prysgegee het. Dieselfde Christus wat selfs hemelse glorie nie hoog geag het nie. Hy het bloot net verlang om vir ander homself op te offer, slaaf te word, sodat hulle die nuwe lewe kan ontdek.

Net so, in die voetspore van Christus, wil Paulus ook sterf aan die ou dinge, sodat hy ten alle koste een kan word met Christus en kan deel aan die ingesteldheid waarmee Christus vir ander geleef het.

In Christus het hy die volheid ontdek: dat ‘n mens se bestaan sy grond vind in diens, in jouself weggee, in uitreiking na ander.

Dit is Filippense-mistiek: wanneer 'n mens jou rug draai op uiterlikhede en met 'n innerlike vryheid jou aan God oorgee.



Wednesday, September 25, 2013

Brutaal tot bekering.


Jacques Ellul, professor in geskiedenis en sosiologie, het bekend geraak as een van die bekendste skrywers wat in die twintigste eeu die Bybel se boodskap van nie-gewelddadigheid beklemtoon het. Hy is ook bekend vir die manier waarop hy uitgewys het dat tegnologie ‘n tirannie geword het met ‘n sterk houvas op mense.

Wat ek nie geweet het nie, is dat hy ‘n gereformeerde was, baie aktief in die Franse Gereformeerde kerk en dat hy in die tweede wêreld-oorlog in die Franse Verset aktief was en baie Jode se lewens gered het – soveel so dat hy as ‘n Regverdige onder die Nasies vereer is.  Ook opvallend was sy bewondering vir Kierkegaard en Barth – veral oor Barth se deelname aan die Duitse verset. Hy het min geduld met progressiewe of fundamentalistiese teoloë gehad. 

Ellul het oor die Bybelse boodskap geen twyfel gehad nie: dit is ‘n boodskap wat politieke mag verwerp het. Vir hom is die boodskap treffend op te som in die woord anargie: die bybel verwerp mag, die staat, ideologie en allerhande magsgrepe.

Hoe meer ek kyk wat politici in ons wêreld aanvang, hoe meer simpatie het ek vir hierdie siening….

Meer aangrypend vir my is die manier waarop hy waarsku teen blindheid wat idealisme by ‘n mens veroorsaak. Mense wat teen oorlog gekant is en hulle verset teen die staat se oorlogsugtigheid, bewonder die vyande van die staat wat weier om aan oorlog deel te neem. Hulle ondersteun en bewonder daarom hierdie mense wat hulle so aktief teen die staat verset. Maar in die proses sien hulle nie hierdie vyande van die staat se ware karakter raak nie. Dikwels is dit die vyande van die staat wat, sodra hulle die kans kry, net so gewelddadig sal wees as die staat teen wie se geweld hulle hul verset. Kyk maar, skryf hy, hoe het die Nazi’s in Duitsland vir die armes in die bresse getree en toe word die Nazi’s self erge geweldenaars. 

‘n Mens moet nooit die verborge geweld in mense miskyk nie. Oppas vir ‘n idealisering. Moenie te gou die kritici van geweld steun nie. Dit is juis hierdie kritici wat in hulle self ‘n groot klomp geweld het. Dit is Ellul se punt.

‘n Goeie een.

Geweld, het Ellul, bly beklemtoon, pas nie by die Christendom nie omdat dit in spanning staan met Goddelike liefde.

Wat my egter opval toe ek meer oor Ellul lees, is ‘n heel spesiale ervaring wat hy gehad het. Hy het wel in ‘n godsdienstige gesin groot geword met ‘n godsdienstige ma wat haar godsdiens ernstig opgeneem het, maar as ‘n jong seun was godsdiens vir hom nie belangrik nie. Sy pa wou ook nie gehad het sy ma moes hom beïnvloed nie. Nietemin het hy van tyd tot tyd die Bybel gelees.

Toe hy 20 jaar oud was, in 1932, het Ellul verklaar dat hy ‘n Christen wil wees. Drie jaar vantevore het hy ‘n unieke ervaring gehad wat hom oortuig het dat hy gelowig wil wees. Hy was besig om Goethe se Faust te vertaal en was alleen in ‘n huis in Blanquefort in Frankryk waar hy vakansie saam met vriende gehou het.

Skielik, sonder dat hy iets gehoor of gesien het, het hy gevoel asof hy in die teenwoordigheid van iets oorweldigends en wonderbaarlik was. Dit het deel van die sentrum van sy bestaan geword.

Dit was ‘n sterk, selfs brutale ervaring wat so skielik gebeur het dat hy op sy fiets gespring en weggevlug het. Hy het besef dat dit die teenwoordigheid van God was wat hy ervaar het. Maar hoewel hy geweet het dat God met hom gepraat het, wou hy nie toelaat dat God hom besit nie. Hy wou nie, het hy geskryf, deur ‘n ander beheer word nie.

Daardie oomblik het in hom bly groei totdat hy drie jaar later finaal sy geloof bely het. Weer het iets besonders met hom gebeur: hy was 22 jaar ou en was besig om Romeine 8 te lees. Toe, eensklaps, het hy met ‘n sekere "brutaliteit" tot bekering gekom, soos hy dit beskryf. Hy het ewe skielik heel anders na alle dinge gekyk, met ‘n perspektief wat bo die geskiedenis uitgestyg het.

Toe hy vir sy ma daarvan vertel het, het sy lakonies opgemerk dat dit haar nie verbaas nie omdat sy elke aand sedert sy geboorte daarvoor gebid het.

Die interessante is dat Ellul self nie veel hieroor wou praat nie. Toe hy op ‘n keer daaroor uitgevra is, het hy die minimum te sê gehad daaroor. 

Dit maak daardie ervaring soveel oortuigender en indrukwekkend.

Gereformeerd, 'n belydende Christen, 'n ervaring van God se onverklaarbare aanraking en ingestel teen geweld... 

Dit maak sin.


Tuesday, September 24, 2013

Siende blind: wanneer mense sukkel om God se teenwoordigheid te ervaar


Hoe harder ‘n mens werk, hoe groter jou lewensgenot en jou belonings.

Veral in ‘n Afrikaanse konteks is ons trots op ons werkywer. Kinders wat hard leer en uitsonderlik in ‘n eksamen presteer, se name word uitgesonder en pryse word aan hulle uitgedeel. Atlete wat ure oefen en medalje’s insamel, se name is op almal se lippe.

Ons wil meer weet, meer leer, om sodoende groter hoogtes te bereik.

Hierdie ingesteldheid dra ons oor op godsdienstige gebied. En dit beïnvloed veral ook ons soeke na geestelike verdieping en groei op ‘n nadelige manier.

Leer my hoe om stil te wees, pleit ons by geestelike leiers, terwyl ons so besig en so aan die hardloop is.

Ons lees krampagtig boeke oor geestelike groei. Woon kampe by. Sit in Bybelstudies en praat daaroor. Hoe kan ons geestelik groei? Wat moet ons alles doen? Wie sal vir ons die beste leer?

Steeds weer ontglip die blydskap ons. Ons bly soekers wat nie weet hoe om in God se teenwoordigheid te ervaar nie.

Waar kan ‘n mens God vind?

Ondertussen skrei so ‘n houding teenoor alles wat met ons geloof te doen het. Dink maar aan die skepping. Lank voor daar mense was, het God die skepping tot stand gebring. En toe is mense ook geskep sodat God hulle kon laat deel daaraan. Die teenwoordigheid van God was van die begin af onmiskenbaar. Dit is die hart van geloof:  dat God alles begin, alles onderhou en voordurend in die midde van die skepping en menselewens woon.

Dit is wat mense glo: waar ons is, wie ons is, wat ons doen, is God teenwoordig as ‘n geskenk van God aan die mensdom.

‘n Mens leer nie om God se teenwoordigheid te ervaar nie. ‘n Mens hoef nie diepsinnig te wees, lank te studeer, aan die voete van wyse mense te sit nie.

God is in ‘n mens se lewe teenwoordig. Of ‘n mens dit nou weet of nie. En wie besonder vroom is, het nie groter toegang tot God as ander nie.

Niemand kan God se teenwoordigheid oproep nie.

‘n Mens kan alleen maar daarvan bewus raak.

Die gelowige reis beteken dat mense toeëien wat reeds daar vir hulle is.

Neem dit, dus. Ervaar dit. Rondom ‘n mens, oorvloediglik, ontdek die geloofsoog dit immers oor en oor: die oorweldigende goedheid, die oorvloed, al die seëninge, die liefdesavontuur, ‘n Mens hoef nie daarvoor te stry en te baklei nie. ‘n Mens hoef ook niemand te beskuldig dat hulle ‘n mens weghou daarvan om in God se teenwoordigheid te leef nie. Geen bitterheid nie. Niks vingerwysery nie. Geen skuld van ander uitwys nie. Neem dit, proe dit, sien dit, ervaar dit: God is daar - onvoorwaardelik, genadiglik en -  onverdiend.






Monday, September 23, 2013

Die vrede in 'n mens en die vrede van God: oor onderskeiding


Jean Vanier, wat LÁrche begin het, skryf in sy boek Community and Growth dat hy verbaas is hoe moeilik dit vir mense is om God se wil vir hul lewens te onderskei.

Deur die geskiedenis het mense besluite geneem deur op wettiese voorskrifte te let. Hulle het objektiewe maatstawwe gehad wat hulle gebruik het. ‘n Mens moes maar net hierdie wette gehoorsaam.

Vanier skryf hoe hy agterkom dat mense al hoe meer subjektiewe maatstawwe aanlê om te onderskei en om besluite te neem. Hulle kyk veral na hulle emosies. As hulle sleg voel of bekommerd is, dink mense dit beteken dat hulle ontrou aan God se wil is. As ‘n mens goed voel, redeneer hulle, dan leef ‘n mens binne God se wil.

Op die manier skuif die klem al hoe meer weg vanaf objektiewe maatstawwe na innerlike ervarings.

Hiervoor moet ‘n mens oplet. As mense goed voel en innerlik met vrede gevul is, beteken dit nie noodwendig dat ‘n mens die vrede van God het wat alle verstand te bowe gaan nie. Dit kan bloot net beteken dat ‘n mens jouself bluf of dat jy in ‘n droomwêreld lewe. Daarom gebeur dit maklik dat ‘n mens ontnugter word wanneer ‘n mens dan met die harde werklikheid gekonfronteer word en jou innerlike vrede van jou weggeneem word.

Trouens, skryf Vanier, soms moet ‘n mens jou innerlike, emosionele vrede verloor om in egte vrede te leef. Die vrede van God groei soms juis uit moeilike omstandighede, uit vernederende ervarings of wanneer ‘n mens met persoonlike probleme saamleef. Die vrede van God is ‘n geskenk aan mense wat uit ‘n mens se binneste opkom en wat soek om ander mense te dien. Dit is hierdie vrede wat ‘n mens krag gee om jou kruis te dra.

‘n Mens moet dus versigtig wees om jou gevoelens van vrede met God se vrede te verwar.

Met ander mense kan dit gebeur dat hulle so tob oor klein dingetjies dat hulle nie meer hulle roeping raaksien om vir ander om te gee nie. En, sluit hy af, ‘n mens ontdek dikwels jou roeping as jy hoor hoe ander mense na jou roep.

Daar sit dus, besef ek toe ek die gedeelte lees, in ‘n mens se verhouding met ander mense ‘n belangrike aanwysing van ‘n mens se roeping. En dit het ‘n objektiewe karakter: om God se wil vir ‘n mens se lewe te ontdek, moet ‘n mens sensitief wees vir ‘n mens se verhouding met ander, met dit wat buite jouself lê.

Lank gelede is dit al só gestel: wie sy lewe soek, sal dit verloor. En wie sy lewe verloor, sal dit vind.
  

Sunday, September 22, 2013

Spyt oor vermorste jare

Berou oor 'n mens se verlede is nie ongewoon nie. Dikwels is mense jammer wanneer hulle terugkyk na hul lewe met 'n gevoel dat hulle dit nie ten beste gebruik het nie. Mense wat in 'n tronk beland, besef byvoorbeeld dat hulle, as hulle net anders geleef het, die trauma van daardie ervaring kon vermy het.

Mense wat 'n spesiale verhouding met God ervaar, praat  ook dikwels van hulle innerlike pyn oor jare wat gemors is.  Hulle het soveel sin in God se teenwoordigheid in hul lewens dat hulle spyt het oor die verlede toe hul lewe anders was.

Dit was jare, voel hulle, waarin hulle argeloos gelewe het, liefdeloos opgetree het, onverskillig was en op nuttelose gejaag verspil het.  Hoe intenser die nabyheid van God ervaar word, hoe intenser die rou oor die verspilde verlede.

Die spyt wat  hulle ervaar, laat hulle sleg voel. Jammerte  oorval hulle met al die negatiewe gevoelens wat dit oproep.

Net soos by alle ander mense, kan hierdie spyt en rou mense in 'n verlammende greep vashou.

Dit is in hierdie tyd dat gebed 'n belangrike instrument word waardeur hulle nuwe insigte ontwikkel. Anders kan 'n mens 'n slagoffer word van sulke depressiewe gedagtes en vasval in passiwiteit.

Vir geestelike leiers uit vroeëre tye was daar duidelike alternatiewe vir 'n verlammende spyt oor wat in 'n mens se verlede vermors is: In so 'n situasie word dit vir hulle tyd om na te dink oor wie die God is wat hul lewens nuut gemaak het. Gebed bring hulle in 'n gesindheid van hoop.

Daarom bid Teresa van Avila:

"God, bron van alle ontferming, ek roem u absolute mag. Terwyl ek terugdink aan al die vermorste jare wat verloop het, glo ek dat U, Here, in 'n enkele oomblik hierdie verlies in wins kan omkeer. Ek is misrabel, Here. Tog weet ek dat U alle dinge kan doen. Gee aan my die verlore tyd terug en gee vir my U genade - nie net nou nie, maar ook in die toekoms sodat ek uiteindelik met 'n bruidskleed voor u kan verskyn."

Vertroue op God vertel van die mens se innerlike verlange om meer as ooit tevore in elke oomblik naby aan God te bly leef.  So 'n gebed bring 'n mens net dieper in die nuut-ontdekte nabye teenwoordigheid van God.

Vermorste jare? In 'n sekere sin kan 'n mens so daaroor dink. Dit is tye, en tye wat verbygegaan het waarin 'n mens die geleenthede verloor het om dieper in 'n verhouding met God te groei.

Maar dan: die nuwe tyd by God word juis so intens beleef teen die agtergrond van die leë jare. Hoe sal 'n mens byvoorbeeld die reinheid van wit beleef sonder die donkerte van swart?  Dit is juis die leë jare wat vir 'n mens die tyd by God intens laat ervaar.

En, immers, die soewereine God wat mense roep tot 'n nuwe lewe, kan 'n mens in 'n kort tyd teruggee wat verlore gegaan het. Dubbeld, en nog meer.

Trouens, 'n mens sou kon sê dat die intense meelewing met God sodat 'n mens die hede ten volle uitleef, die enigste manier is om vir die foute van die verlede te vergoed.  Dit gebeur veral deurdat 'n mens nie die foute van die verlede herhaal nie.



Saturday, September 21, 2013

Wanneer 'n renmotor stop om 'n formule 1 wedren te wen

Vanmiddag kyk ek na 'n kuipstop in die Singapoer-F1 wedren. 

Die motor kom presies tot stilstand tussen 'n span van so 'n twintig mense. Een lig dit op sodat die wiele omgeruil kan word. Dit word glo binne 3.5 sekondes gedoen. 

By elke wiel staan mense wat die moere losdraai en die nuwe wiel opsit. 

Rondom hulle is dit 'n byenes van rondhardloop. 

Agter, besef ek later, het iemand ook die motor intussen met brandstof hervul. 

Selfs die brandstof word verkoel om meer per liter te kry en word dan teen 12 liter per sekonde in die motor gepomp.

Die operasie, lees ek later, neem enkele sekondes.


Nog later lees ek hoe presies word die hele operasie beplan (sien hieronder).

Die kuipstoppe is een van die spannendste aspekte van die F1-wedrenne. Hulle kan die uitslag van 'n wedstryd bepaal. 

So werk dit dikwels: dit is die stilhoutye wat regtig tel....  


Hier is die operasie:  

Pit stops are one of the most tense and exciting features of a Grand Prix or other formula one auto race. In fact, auto races are frequently won and lost because of the pit stops and pit crews. In just a few seconds a huge number of actions are carried out by a Formula One pit crew. Here they are broken down.


Figure 1: A second-by-second look at the pit stop.

Pre-programming: Once the strategists have agreed on when the driver is to make a pit stop and the intended duration of the next stint, the driver's fuel rig is programmed to deliver the precise amount of fuel required.

Timing: The driver's race engineer tells him over the radio, usually on the preceding lap, when to pit. At the same time, the team manager — listening in to all team radio communications — scrambles the driver's pit crew, who gather their equipment and tires and move from the garage into the pit apron in front of the garage. The lollipop man — a crew member with a big carbon-fibre lollipop — stations himself in line with where the nose of the car will stop and holds out his lollipop directly in the driver's path, giving him a clearly visible guide for his precise stopping place.

Pit lane entry: The driver enters the pit lane at full racing speed but brings the speed down to the pit lane speed limit of 80 km/h (60 km/h in the very tight pit lane of Monaco) before he crosses the white line that denotes the start of the speed limit area. As he crosses the line, he engages a pit lane speed limiter that electronically prevents the car from accelerating above the speed limit. Selecting the limiter automatically pops open the fuel filler flap.

Although the pit lane limiter helps, the driver is the one responsible for being under the speed limit as he crosses the line entering the pits. The limiter only prevents the car accelerating beyond that speed once it's already below it.

Hitting the marks: The driver stops the car in the appropriate spot. As the car stops, the lollipop man brings down his lollipop in front of the driver. Imprinted on the face of the lollipop is the word "brakes" to remind the driver to keep his foot on the brake pedal so that the wheels don't turn as the wheel nuts are spun loose. The driver must also prevent the engine from stalling, which they can be prone to.

It is essential that the driver stop at precisely the same place that his crew are awaiting him. Failure to do so means that the crew have to drag their equipment and tires up to the car, costing valuable seconds. To help the driver hit the mark, the stopping place for the front and rear tires and the lollipop man are marked out by extremely tough-wearing adhesive tape.

Front jack: Crouching next to the lollipop man is the front jack man. The instant the car stops he levers his jack under the nose of the car and lifts it into the air. The jack is made from steel tubing and has a quick-release button to bring the car back down.

In most cases the car only needs to be jacked-up around two inches though at certain tracks the pit lane is on an incline and the jacking height has to be increased, which is done by giving the jack bigger wheels. Because teams have different nosecones giving different aerodynamic characteristics, they need also to have specific jacks to suit them, with specially tailored mating points.

Rear jack: The rear jack man has to wait until the car has passed him before getting into position. He then places his jack beneath the car and raises the rear of the car.

Starter motor: The rear jack has a fitting incorporated into it for a starter motor. The starter is there ready to bring the engine back into life if the car stalls. A car may stall due to driver error or trouble with the gearbox, clutch, or hydraulics system. The starter is fitted with an extra-long lead as a precaution in the event that the car stalls after jumping forward a few feet.

Wheel changing: Each wheel has two crew members. One operates the compressed air-driven gun that removes the single, central retaining nut. The other removes the old wheel and fits the new. The gun man then re-attaches the nut and tightens it to around 500 lb/ft (pounds per foot). The wheel nut and the socket of the gun are magnetised to prevent the nut falling to the ground. This whole process takes around three seconds.

To prevent the nuts working loose, the right-hand side of the car uses right-handed threads, the left-hand side of the car left-sided threads. This means that the guns of the right and left sides have to work in opposite ways. Teams usually color code them to denote which is which. Each wheel man has a spare gun with him and usually a couple of spare wheel nuts too, just in case.

Refuelling: A transparent plastic shield is fitted between the filler and the rear of the car to prevent any spilt fuel reaching the hot exhausts. (It's transparent so that the lollipop man can see through it and know when the right-rear tire has been attached.) Two refuellers attach the hose to the car's filler. One handles the hose itself, the other presses on the "dead man's handle" which has to be kept down in order for the fuel to flow. As soon as this handle is released — as it would be by the man running away, for example — the fuel stops flowing. The rig delivers the exact amount of fuel that's been programmed in, at the rate of 12-liters per second.

Fuel shrinks in volume when it is chilled, enabling more of it to be contained within each liter. The regulations allow the fuel to be chilled to 10 degrees C below the ambient temperature.

The rig is standardised and provided by the governing body to the teams who are not allowed to modify it in any way. Attached either to the hose or to the refuellers' helmets are indicators showing when the fuel is flowing and when the process is completed. As soon as these indicators tell the refuellers that the car is full-up, they release the latch that holds the nozzle to the filler and then use a second handle to release the nozzle from a connector on the car. Overseeing the whole operation are two crew members, each with a 60-liter fire extinguisher. Larger capacity fire hoses are at hand in the garage. An additional safety feature on the fuel rig are earthing strips that are wired to the refuelling rigs and reduce the chances of static electricity discharging — highly undesirable with all that fuel around.

Lollipop up: The lollipop man, who's been watching the whole operation intently, lifts the lollipop. He does so only when he's satisfied that all four wheels have been attached, the refuelling completed, the nozzle removed from the car, and that another car isn't about to be in his man's path. Only then can the driver leave.

Pit lane exit: The driver, while waiting for the crew to finish, will have armed his launch control. The launch control, in concert with his pit lane speed limiter, governs his getaway. As he crosses the line denoting the end of the pit lane speed limit he disengages the speed limiter and accelerates hard back up to race speed, taking care not to cross the next white line — the one that denotes the exit lane back onto the track — before he reaches the end of the pit lane itself. Failure to respect this will incur a penalty.


Friday, September 20, 2013

Die kerk se lieflike geur... Wanneer liefde groter is as al ons belangrike strydvrae en dogma's


In 'n onderhoud wat oor die wêreld heen gepubliseer is, het die pous hom uitgelaat oor die kerk se obsessiewe beheptheid met 'n paar sake, terwyl die liefde en ontferming in die proses in die slag bly.

In plaas van om uit te reik na 'n wêreld in nood, spandeer kerkleiers hulle tyd aan die groot baklei oor allerhande kwessies. Intussen vertrap hulle die geweldige nood waarin mense versink het. 

Hier is 'n skakel na die onderhoud:





Die onderhoud begin met 'n beskrywing van die pous se eenvoudige blyplek met die paar figure wat hy in sy kamer aanhou, o.a. 'n beeldjie van Franciskus van Assissi.

Die eerste vraag aan die pous is: wie is hy? En die antwoord is eenvoudig:  "Ek is 'n sondaar." 

En, in 'n (vir my) opvallende uitspraak vertel hy hoedat hy dikwels in Rome gaan mediteer het voor Caravaggio se merkwaardige skildery van die roeping van Matteus (waaroor ek vroeër 'n blog geskryf het). Hy sien ook daardie vinger van Jesus wat na Matteus wys en sê dan:

“That finger of Jesus, pointing at Matthew. That’s me. I feel like him. Like Matthew.” Here the pope becomes determined, as if he had finally found the image he was looking for: “It is the gesture of Matthew that strikes me: he holds on to his money as if to say, ‘No, not me! No, this money is mine.’ Here, this is me, a sinner on whom the Lord has turned his gaze. And this is what I said when they asked me if I would accept my election as pontiff.” Then the pope whispers in Latin: “I am a sinner, but I trust in the infinite mercy and patience of our Lord Jesus Christ, and I accept in a spirit of penance.”

En hier is wat hy oor onderskeiding sê:

Sometimes discernment instead urges us to do precisely what you had at first thought you would do later. And that is what has happened to me in recent months. Discernment is always done in the presence of the Lord, looking at the signs, listening to the things that happen, the feeling of the people, especially the poor. My choices, including those related to the day-to-day aspects of life, like the use of a modest car, are related to a spiritual discernment that responds to a need that arises from looking at things, at people and from reading the signs of the times. Discernment in the Lord guides me in my way of governing.

“But I am always wary of decisions made hastily. I am always wary of the first decision, that is, the first thing that comes to my mind if I have to make a decision. This is usually the wrong thing. I have to wait and assess, looking deep into myself, taking the necessary time. The wisdom of discernment redeems the necessary ambiguity of life and helps us find the most appropriate means, which do not always coincide with what looks great and strong.”

En dit is wat hy oor die mistiek sê:

I am rather close to the mystical movement, that of Louis Lallement and Jean-Joseph Surin. And Faber was a mystic.

Verder is hy 'n bewonderaar van Chagall (sy Wit kersfees - sien my blog oor die skildery) en, van alle mense, die (Protestantse) Bach.

Hier is ook dele van 'n berig wat in vandag se NYT oor die onderwerp verskyn het:

Six months into his papacy, Pope Francis sent shock waves through the Roman Catholic church on Thursday with the publication of his remarks that the church had grown “obsessed” with abortion, gay marriage and contraception, and that he had chosen not to talk about those issues despite recriminations from critics.

His surprising comments came in a lengthy interview in which he criticized the church for putting dogma before love, and for prioritizing moral doctrines over serving the poor and marginalized. 

He articulated his vision of an inclusive church, a “home for all” — which is a striking contrast with his predecessor, Pope Benedict XVI, the doctrinal defender who envisioned a smaller, purer church.
Francis told the interviewer, a fellow Jesuit: “It is not necessary to talk about these issues all the time. The dogmatic and moral teachings of the church are not all equivalent. The church’s pastoral ministry cannot be obsessed with the transmission of a disjointed multitude of doctrines to be imposed insistently.

“We have to find a new balance,” the pope continued, “otherwise even the moral edifice of the church is likely to fall like a house of cards, losing the freshness and fragrance of the Gospel.”

The pope’s interview did not change church doctrine or policies, but it instantly changed its tone. His words evoked gratitude and hope from many liberal Catholics who had felt left out in the cold during the papacies of Benedict and his predecessor, John Paul II, which together lasted 35 years. Some lapsed Catholics suggested on social media a return to the church, and leaders of gay rights and gay Catholic groups called on bishops to abandon their fight against gay marriage.

But it left conservative and traditionalist Catholics, and those who have devoted themselves to the struggles against abortion, gay marriage and artificial contraception, on the defensive, though some cast it as nothing new.

“Nobody should try to use the words of the pope to minimize the urgent need to preach and teach about abortion,” said the Rev. Frank Pavone, national director of Priests for Life, who said he spoke Thursday about the “priority of the abortion issue” at a Vatican conference.

The interview with Francis was conducted by the Rev. Antonio Spadaro, editor in chief of La Civilta Cattolica, an Italian Jesuit journal whose content is approved by the Vatican. Francis, the first Jesuit to become a pope, agreed to grant the interview after requests from Father Spadaro and the editors of America, a Jesuit magazine based in New York.

Father Spadaro conducted the interview during three meetings in August in the pope’s spartan quarters in Casa Santa Marta, the Vatican guesthouse, where Francis said he had chosen to live because it is less isolated than the papal apartment in the Apostolic Palace. “I cannot live without people,” Francis told Father Spadaro.
The interview, kept under wraps for weeks by the Jesuits, was released simultaneously on Thursday morning by 16 Jesuit journals around the world. Francis personally reviewed the Italian transcript, and it was translated by a team into English, said the Rev. James Martin, an editor at large of America. 

Nog meer boeiend as hierdie woorde is sommige van die reaksies van 1400 mense wat op die berig kommentaar lewer. Dit is boeiende leesstof. Hier is die skakel:

http://www.nytimes.com/2013/09/20/world/europe/pope-bluntly-faults-churchs-focus-on-gays-and-abortion.html?nl=todaysheadlines&emc=edit_th_20130920&_r=0
 


Thursday, September 19, 2013

Verlang na die verlange

Die siel wat na God verlang word deur God se liefde aangevuur, skryf Meister Eckhart.

Wanneer 'n mens nie daardie verlange voel nie, moet 'n mens verlang na die verlange.

En tog: die verlange na die verlange kom ook van God...

Monday, September 16, 2013

Gebed inspireer en gee krag (4).

Gebed kan op 'n manier op 'n dooie punt uitloop.

'n Mens bid, maar dit is, soos baie vertel, 'n gebed wat teen 'n plafon vasslaan. Of 'n gebed wat ons afhandel soos 'n bord kos wat 'n mens opeet of 'n stuk werk wat 'n mens klaar maak. 

Nog 'n pligpleging is nagekom. En, dikwels, dinge bly maar dieselfde soos altyd.

Die teendeel is belangrik: Gebed eindig steeds weer in hoop en verwagting. Dit is immers 'n gesprek met God. 

En God, verseker alle geestelike tradisies ons, is 'n God wat met die mens in gesprek tree en uitkoms gee. 

Dit is immers waarom 'n mens na God gaan: met die hoop dat God sal reageer.

Hieroor maak Calvyn 'n vierde punt: wie in gesprek met God is, weet dat God omgee en uitkoms bied en hy of sy gaan dan soekend op reis om daardie uitkoms waar te maak. 

Maar 'n mens moet hier die gees van gebed verstaan: God, weet 'n mens neem nie ons swaar omstandighede weg nie. 

Wie tot God bid net om troos te kry, verstaan gebed nie. Deur gebed en deur die gesprek met God kom daar by 'n mens wat dieper vertroosting ervaar, nou ook 'n begeerte los om in alle omstandighede God se wil te doen. 'n Biddende mens wat gebukkend onder die las van sy of haar bekommernisse leef, word deur gebed sterk gemaak om die bekommernisse te takel terwyl hy of sy steeds by God skuil. 

Wanneer 'n mens in geprek met God is, weet 'n mens dat God uitkoms sal gee. In die sin bring gebed 'n mens tot innerlike rus en vertroue. Maar dit is nie 'n rus en vertroue wat 'n mens op jou louere laat rus nie. Wanneer 'n mens bid en in God tot rus kom, vul dit 'n mens innerlik met buitengewone krag. Soekend om gehoorsaam aan God te wees, terwyl 'n mens vashou aan God se belofte dat God immer by 'n mens bly, spoor die vertroue op God 'n mens aan om antwoorde te soek en sorge aan te spreek. 

Die gesprek met God oefen 'n mens steeds weer al hoe dieper in in 'n vaste vertroue op God. So 'n gesprek loop nooit op 'n dooie punt uit nie, asof 'n mens nou in 'n doodloopstraat maar moet berusting vind nie of met 'n skrale troos tevrede moet wees nie.




Sunday, September 15, 2013

Die hart van gebed (3).

Wanneer dit by gebed kom, is die meeste mense uitstekende presteerders.

'n Mens kan in die algemeen maar lui wees, of onoplettend, of nalatig, maar as dit by gebed kom is daar by ons 'n ywerige fluksheid wat moeilike oortref word.

In gebede blink mense uit in hul onderhandelingsvermoë.

Ons bid tot God en neem aan dat God ooreenkomstig ons gesprek en woorde sal reageer. 

God, dink ons, luister na 'n goeie kind met 'n voorbeeldige lewe. Daarom stel ons graag vir onsself aan God bekend in alles wat ons sê as mense wat omgee, goed doen en die regte lewe lei. 

Ons gesprekke met God in ons gebede is daarom ingestel op wat ons uit gebed kan haal. Ons onderhandel met God met die oog op beloning.

Maar belangriker, trouens die belangrikste, is dat ons in ons gesprek met God gedurig God se ontferming vra. Hoewel die Psalms as gebedeboek deurtrek is met intense en aangrypende boetedoening en sondebelydenis, leer ons min daaruit. Trouens, in sommige opsigte sou 'n mens kon dink dat ons dit dalk graag vermy, want dit kan 'n mens dalk diskwalifiseer van beloning.

Calvyn skryf dat ons smeekbede om vergifnis die hart van gebed is. 

En daarom bieg 'n mens uitdruklik elke keer weer alles wat deur ons toedoen in ons lewe vernietigend was en kwaad gestig het. Dit is 'n belangrike derde dimensie van gebed wat hy onderstreep het.

Hoe kan dit anders: wanneer 'n mens jou hart vir God oopmaak in die wete dat 'n mens in die teenwoordigheid van die God van alle tye en dinge is, weet 'n mens dat God diep in ons harte inkyk waar ons dikwels self nie wil of kan kyk nie. 

En dit is donker daar. Dit sal ons toegee. 

En dit is wat bely moet word. 

Want waarom praat ons tog met God? Sekerlik omdat ons 'n begeerte om God se genade het eerder as om sekere goeie dinge as beloning te kan kry. Die diepste verlange in ons hart is dat ons lewe 'n ruimte sal word waarin God woon. Dit is al genoeg. 

Dit is die ironie: terwyl ons vlytig met God aan die onderhandel is, loop ons die belangrikste van alles mis - om in God se genadige liefde opgeneem te word. 

Die gebed om sondevergifnis is uiteindelik die belangrikste deel van ons gesprek met God.

Blog Archive