Wednesday, September 22, 2010

Die mistieke karakter van die kerk. Bybelstudie oor Openbaring (13)



Ek het omgedraai om te sien wie dit is wat met my praat. En toe ek omgedraai het, het ek sewe goue staanlampe gesien. Openbaring 1:12. 

Openbaring is ‘n boek van visioene. Sommer al in die eerste hoofstuk van die boek is daar ‘n inleidende gesig. Johannes hoor ‘n stem, draai om na die stem en “sien” dan sewe staanlampe.

Dit is opvallend dat sy oog heel eerste op die sewe lampe val. Sy lesers sou sekerlik gedink het aan lampe soos hierdie uit die Ou Testament. In Exodus 37:17-22 word ‘n rykversierde goue lampstaander met sewe arms as deel van die ark beskryf. Ons weet uit 1 Konings 7:49 dat daar tien goue lampstaanders voor die Allerheiligste in die tempel was. Nog sterker sou Johannes se lesers kon gedink het aan Sagaria se visioen (Sag.4:2, 10) van ‘n goue kandelaar met sewe lampe. Hier brand sewe lampe dus almal uit dieselfde oliebron. Sagaria hoor in Sag.4:10 dat die sewe lampe is die “oë” van die Here wat oor die hele wêreld kyk. God sien alles, weet alles.

Maar Johannes sien in sy visioen iets anders. Hy sien nie een lampstaander met sewe lampe nie. Hy sien sewe lampstaanders. Hy neem ‘n beeld oor uit sy lesers se verre verlede en hul godsdienstige tradisie, maar geen daaraan ‘n eie betekenis wat nuut en vars is.

Maar hy maak seker dat hulle hierdie simbool nie misverstaan nie. In Openbaring 1:20 hoor Johannes naamlik die “verborge” betekenis (in Grieks: letterlik die “misterie”) van die sewe lampe.

Hulle simboliseer die sewe gemeentes. Duideliker kan dit nie gemaak word nie. Die sewe gemeentes word simbolies as lampe uitgebeeld.

Waarom beskryf Johannes hulle so?

Om dit te verstaan, moet ‘n mens onthou dat ons Openbaring steeds weer as ‘n boek lees wat nie net na die Ou Testament verwys nie, maar dit is ook ‘n boek wat ten nouste verbind is met Jesus en Jesus se leer. In Openbaring kry ‘n mens duidelik tradisies wat op Jesus se prediking teruggaan.

Die beeld laat ‘n mens onwillekeurig aan Matteus 5:14-16 dink. Jesus beskryf daar sy dissipels as die lig van die wêreld. Hulle is soos ‘n lamp wat ‘n mens op ‘n lampstaander sit en lig vir almal gee. Daarom moet hulle hul lig voor mense laat skyn dat hulle gelowiges se goeie werke kan sien.

Die lampstaanders as simbool vir die sewe kerke wys dus op die gemeentes wat hul getuienis vir God lewer. Net soos wat Jesus die lamp sal wees, soos blyk uit Openbaring 21:23, net so is volgelinge van Jesus lampe.

As Johannes sy gesig sien, sien hy dus heel eerste die kerk: sewe gemeentes wat brandende lig versprei – wat hul getuienis getrou bly lewer. Kan ‘n mens genoeg aan hierdie beeld kry? As Johannes aan die identiteit van die kerk dink, sien hy voor hom nie ‘n klomp tevrede, gelukkige mense wat vir mekaar omgee nie. Hy verbind die identiteit van die kerk met lig wat in die wêreld gekaats word. Die gemeente bestaan ter wille van ‘n getuienis wat hulle in getrouheid aan God in ‘n wêreld van onheil en gebrek moet lewer.

Maar wat nou volg is ook verder insiggewend. Nadat Johannes die sewe lampe gesien het, sien hy “tussen hulle” die Menseseun. Ons sal nog sien hoe sterk en magtig is sy eerste visioen van die Menseseun. Die punt is hier dat Johannes se visioen uit twee voorwerpe bestaan: aan die een kant “sien hy” die sewe gemeentes en aan die ander kant het hy ook ‘n gesig van die Menseseun. Baie kommentatore fokus op die Menseseun – en dit is goed so, want die visioen handel grotendeels oor sy wonderlike voorkoms. Maar hier kan ‘n mens maklik eensydig raak. Die Menseseun is nooit op sy “eie” nie. Dit bly veelseggend dat Johannes juis nie by Hom begin nie, maar by die sewe gemeentes.

Twee fokuspunte dus: Die Menseseun en die sewe gemeentes.

Maar selfs dit is nog te min gesê. Want Johannes integreer die twee. Die Menseseun is “tussen” die sewe lampe. Die sewe gemeentes is nie alleen nie. Jesus is in hul midde. In hul getuienis as die lampe wat hulle na die wêreld uitstraal, vind hulle hul krag in die teenwoordigheid van Christus. Daar is ‘n intieme verhouding tussen hulle. Jesus vind sy identiteit in sy bestaan vir die kerk.

Christus se verhoogde status as Menseseun beteken dat hy vir die kerk leef.

Merkwaardig: die kerk is daar om van die lig te getuig. Maar die Menseseun is daar om vir die kerk die lig te gee.

En daar is selfs nog meer: die eerste brief wat Johannes saan die gemeentes skryf, gaan aan Efese – die tuisdorp van Johannes. En hierdie brief begin met ‘n verwysing na Jesus as die skrywer van die brief “wat die sewe sterre in sy regterhand vashou en wat tussen die sewe goue lampe “rondgaan.” Daarmee brei Johannes sy beskrywing van Openbaring 1:12 verder uit. Jesus, tussen die sewe lampe, is ‘n dinamiese teenwoordigheid. Hy vul die ruimte van die gemeentes met sy aktiewe, reddende werk.

Jesus is daar vir die kerk. Dit beteken dat Jesus die kerk bemagtig.

Ons sal die sewe gemeentes in Openbaring 2-3 in detail van nader leer ken. Hulle word daar in al hul wel en weë geskets, met al hulle sterk punte en hul skete. Maar van die begin af maak Johannes duidelik dat daar ‘n noue band tussen Jesus en die kerk is. Waar die kerk is, daar is Jesus. En Jesus is by die kerk teenwoordig as die Een wat gedurig na hulle uitreik, wat in hul midde wil bly, wat onder hulle wil woon – en, meer nog, wat onder hulle wil werk.

Dit is die verborgenheid: die kerk is nie maar bloot ‘n versameling van mense nie. Die kerk is mense wat lig uitstraal na buite, maar dit is gekaatste lig. Die heerlikheid van Christus wat ons in die visioen sal leer ken, brand deur die gemeentes. Hulle lig is Christus se lig wat in hulle brand.

Jesus en die kerk is onafskeidbaar aan mekaar verbind. Daar is ‘n intieme verbintenis tussen die goddelike en die menslike. Waar Christus onder mense woon en werk, transformeer dit hulle ingrypend tot getuies.  

Ek vind dit nog die heel merkwaardigste dat Johannes se visioen begin met die sewe lampstaanders. Ons dink altyd – eers God en dan die mens. Maar Johannes sien die kerk eerste. Dit is waarom alles gaan – om die kerk.Só asof Johannes nou al vertel wat hy in die res van sy boek keer op keer gaan herhaal. Die kerk is vir hom wat Paulus die liggaam van Christus sou noem. Wie die kerk sien, sien Christus. Wie Christus wil sien, moet die kerk bekyk.

Die kerk word dus dier ruimte waar Christus in Verborgenheid kragtig teenwoordig is.

Dit is ‘n identiteit wat ons nie genoeg kan bedink nie.  

Tuesday, September 21, 2010

Wie het eintlik die kanker?


 
Ek lees vanoggend in Trouw hierdie boeiende artikel. Dit is werd om ‘n keer of wat herlees en goed bedink te word.

As ‘n mens so iets lees is die vraag telkens feitlik onwillekeurig: Is daar dan nie iemand, ‘n egte mistagoog, wat ‘n Tabor-huis hier in ons land kan begin nie?

Daar is veel in hierdie artikel wat my aan egte spiritualiteit herinner.

Een van die beste artikels wat ek in ‘n lang tyd gelees het.

Ek verwonder my veral oor die slot waar gepraat word oor wat kankerpasiënte vir ons samelewing kan leer:  Ek is diep getref deur die sin (sien waar dit onderstreep is) wat so ‘n kragtige greep op ‘n mens uitoefen:

„Het kan voor hen (d.i. kankerlyers) schokkend zijn om te zien hoe mensen ’in de normale wereld’ met zichzelf omgaan, met hun lichamelijke en geestelijke gezondheid, met elkaar, de natuur, de aarde. Hoe het jachtige en irrationele streven naar meer geld, meer bezit, meer macht, meer prestige, meer vermaak het hele maatschappelijke en economische leven doortrekt. Die kankerachtige woekering van meer, meer, meer hebben zij letterlijk in hun eigen lichaam leren vrezen en verafschuwen. Kanker krijgen kan je een fundamenteel ander zicht op de dingen geven: op wat het leven dient en wat de dood.


Hier is die volledige weergawe: 


21 September 2010
Anniek van den Brand
De opleving na het slechte nieuws

Theoloog en psycho-energetisch therapeut William Yang (62) is initiatiefnemer van het Taborhuis, een centrum voor begeleiding van mensen met kanker en andere levensbedreigende ziekten. Komende maand bestaat het eerste huis twintig jaar. „De wereld kan leren van kankerpatiënten.”

Hij begon zijn werk met kankerpatiënten in de jaren tachtig. William Yang was psycho-energetisch therapeut in het Canisius-Wilhelmina-ziekenhuis in Nijmegen. Door gesprekken, ontspanningsoefeningen en lichte meditatie probeerde hij kankerpatiënten bij te staan die zware chemo-kuren ondergingen. „Het idee was hun kwaliteit van leven te verhogen door ze te helpen een positieve houding te vinden ten opzichte van de behandelingen, die destijds nog zwaarder waren dan tegenwoordig. Mijn idee was om de veerkracht en leefkracht van mensen te mobiliseren. Om hun genezings- of stervensproces meer kwaliteit te geven, probeerde ik hen zichzelf niet alleen als slachtoffer te zien, ik wilde hen laten voelen dat ze een andere keuze hadden dan alleen passief te lijden.”

Yang werd in zijn leven al vroeg geconfonteerd met de dood; op zijn zevende overleed zijn vader. „Dat is heel bepalend geweest voor mijn relatie met de eindigheid. Ik heb als kind vooral ervaren dat het leven doorgaat. Ik was verdrietig, maar niet depressief. ’s Avonds in bed huilde ik wel maar ik was niet wanhopig. Het viel me op dat volwassenen er een veel groter punt van maakten dan ik. Met betraand gezicht vroegen ze me hoe het ging. Ik dacht: het is zoals het is, de dood hoort bij het leven. Kinderen zijn daar nuchterder in dan bijvoorbeeld vijftigers.”

In het Canisius-Wilhelmina had Yang een kamertje apart. „De luchtjes en geluiden van het ziekenhuis drongen voortdurend door. De ruimte was zowel letterlijk als figuurlijk zo beperkt. Ik wilde een plaats buiten het ziekenhuis, een prettige omgeving die mensen niet herinnerde aan hun behandelingen.”

William Yang is van huis uit theoloog. „Ik heb theologie altijd heel breed gezien. Ik was vooral geïnteresseerd in de spirituele kant van godsdiensten. Omdat mijn vader Chinees was, voelde ik me aangetrokken tot het taoïsme. Het idee dat lichaam, ziel en geest wezenlijk samenhangen, heeft me altijd erg aangesproken.”’ Yang reisde daarom veel naar India, naar de Tibetaanse vluchtelingengemeenschap in Dharamsala. „Inmiddels is ook in het westen het besef doorgedrongen dat de mens meer is dan een pakketje bloed en botten.”


Samen met Ton Staps, psychotherapeut in het Nijmeegse Radboudziekenhuis, ontwikkelde Yang eind jaren tachtig een vorm van begeleiding die aanvullend was op de reguliere kankertherapieën. „Door een ingrijpende ziekte als kanker kom je op onbekend, nieuw terrein. Dat verlamt de ene mens en activeert de andere. Er komen heel existentiële vragen op: waarom treft mij dit, wat betekent het, wat kan ik leren van deze fase van mijn leven? Sommige mensen met kanker gaan daaraan niet ten onder. Misschien wel even – of langer dan ’even’ – maar na een tijd komen ze weer boven. Wat niet wil zeggen dat ze beter worden, genezen verklaard, maar zij komen er als mens weer bovenop, ze komen er doorheen, groeien er bovenuit. In de confrontatie met hun eindigheid of verval trekt hun geest niet dicht maar open, het wordt niet donker, het wordt licht. Zij klampen zich niet vast aan wat vroeger was. Ja, ze huilen erom, ze rouwen, maar laten dan los. Ze laten zichzelf los. Gek genoeg zeggen ze dan vaak dat ze nu meer zichzelf zijn dan ooit. Of: nu pas eindelijk zichzelf, eindelijk werkelijk, echt. Het Taborhuis biedt ruimte voor al die aspecten – door gesprekken, massages, meditatie.”

Yang en Staps organiseerden twintig jaar geleden het eerste weekeinde voor kankerpatiënten uit hun beider praktijken; een experiment „We gingen naar een klooster in Huissen, samen met een creatief therapeute. We beleefden prachtige dagen. Er werd gewandeld, gepraat, getekend. De patiënten werden weer mens, ze kwamen tot zichzelf, ze voelden zich meer dan hun ziekte. Dankzij, of gedwongen door hun ziekte ontdekten ze aspecten van zichzelf die ze waren vergeten of nog nooit hadden gezien.”

Na het weekeinde wilde Yang een streep zetten onder zijn werk in het Canisius-Wilhemina. „Ik wilde niet terug naar dat kamertje. Ik zag dat het werkte om de mensen iets te bieden buiten de muren van het ziekenhuis.” Maar toen hij zijn ontslag wilde indienen, zei de directeur: Nee, jij gaat niet weg, we gaan dit samen doen, we beginnen iets nieuws.

Dat ’nieuws’ werd het eerste Taborhuis. De naam komt van de berg Tabor, volgens de christelijke traditie de berg waarop Jezus van gedaante veranderde; op de bergtop werd Hij een lichtstralend lichaam. Yang: „Tabor staat voor licht en het hervinden van eigen kracht”.

De eerste tien jaar van het Taborhuis stonden de psycho-sociale vraagstukken centraal waarmee kankerpatiënten en hun naasten worden geconfronteerd. „De confrontatie met het falen van je lichaam, met je eindigheid, brengt vaak heftigere en diepere emoties met zich mee dan iemand ooit heeft ervaren. Mensen hebben soms het gevoel dat ze gek worden. Voor partners is het net zo zwaar. Zij hebben het idee: nu móet ik er zijn, ik móet sterk zijn, ik mag niet klagen want ik leef.”

Na tien jaar voegde het Taborhuis zingeving toe aan het inmiddels ruime scala van gespreksmogelijkheden, massage- en meditatiegroepen. „Het woord spiritualiteit durfden we tien jaar geleden amper in de mond te nemen uit angst zweverig te worden genoemd. Maar we merkten dat patiënten bezig waren met vragen als: wat is nog de zin van mijn leven en wat is de zin ervan geweest tot nu toe? Wat kan ik nog doen, waar gaat het me in dit leven écht om? Vaak zit het antwoord op die vraag overigens niet in wereldreizen en carrière maar in een mooi gesprek, een fijne verjaardag met familie en vrienden, zonlicht op je huid, de tuin. Het is ontroerend om te zien als mensen de klik kunnen maken naar de grootsheid van het kleine.

Yang heeft tijdens zijn werk voor het Taborhuis altijd onderzoek gedaan: wat zeggen de patiënten, wat houdt hen bezig? Hij publiceert erover en houdt lezingen. „De informatie wordt inmiddels ook gebruikt in opleidingen voor artsen en andere hulpverleners. Lang niet alle patiënten willen naar een dominee of pastoor, ze willen artsen die zich medemenselijk opstellen, die kunnen invoelen met welk nieuws ze hun patiënten confronteren.”

Na het opzetten van de organisatie heeft Yang zich helemaal gestort op het werken met patiënten. „Naast individuele gesprekken geef ik nog altijd psycho-energetische meditatie. Ik probeer de mensen te laten zien dat er een laag is onder het denken, onder de heftige emoties, waar ze tot zichzelf en tot rust kunnen komen. Het wonderlijke is dat zieke mensen daar vaak veel sneller bij kunnen dan gezonde. Naar die lessen komen ook mensen die, als ze niet ziek waren geworden, nooit aan meditatie of yoga gedacht zouden hebben. Daarom houd ik mijn lessen licht en luchtig. Ik heb het niet over chakra’s of aura’s; iedereen moet mee kunnen doen.”

Nu het tweede decennium gevierd kan worden, maakt Yang zich op voor weer een nieuw doel: hij vindt dat de wereld iets kan leren van kankerpatiënten. „Het kan voor hen schokkend zijn om te zien hoe mensen ’in de normale wereld’ met zichzelf omgaan, met hun lichamelijke en geestelijke gezondheid, met elkaar, de natuur, de aarde. Hoe het jachtige en irrationele streven naar meer geld, meer bezit, meer macht, meer prestige, meer vermaak het hele maatschappelijke en economische leven doortrekt. Die kankerachtige woekering van meer, meer, meer hebben zij letterlijk in hun eigen lichaam leren vrezen en verafschuwen. Kanker krijgen kan je een fundamenteel ander zicht op de dingen geven: op wat het leven dient en wat de dood. Op wat werkelijk van waarde is, goed, zinvol en wat niet. Misschien moeten mensen met kanker hun schroom overwinnen en luider zeggen wat zij zien, uit eigen ondervinding weten, immers aan het eigen lijf hebben ondervonden. Zij zijn ervaringsdeskundigen, zij hebben recht van spreken. En wij de plicht om te luisteren.”

Taborhuis steunt bij omgaan met ernstige ziekte

Nederland telt twee Taborhuizen: een in Groesbeek en, sinds januari van dit jaar, een in Arnhem.

Het Taborhuis, opgericht in 1990, geeft mensen met kanker en andere levensbedreigende ziektes zoals MS, ALS en aids psychosociale begeleiding in aanvulling op hun medische behandeling. Niet alleen patiënten, ook naasten en nabestaanden kunnen er terecht. De medewerkers van het Taborhuis ondersteunen mensen in hun zoektocht naar een manier om om te gaan met de ziekte door gesprekken, massages en meditatie. Deze combinatie van gesprek en ontspanning wordt psycho-energetische therapie genoemd. William Yang en Ton Staps, die als therapeut vanaf het begin aan het Taborhuis zijn verbonden, hebben deze methodiek uitgewerkt.

In Nederland zijn de afgelopen twintig jaar acht met het Taborhuis vergelijkbare centra opgericht; zelfstandige stichtingen die samenwerken onder de noemer Ipso – Concentris. Daarnaast bestaan er zogenoemde inloophuizen waar geen professionele, therapeutische begeleiding wordt gegeven maar waar kankerpatiënten terecht kunnen voor informatie en cursussen.

Monday, September 20, 2010

Om onder 'n skuldbesef terug te steier. 'n Boeiende oomblik in die geskiedenis van 'n gereformeerde kerk....





Wanneer ‘n sondebesef ‘n mens oorval...

Ek kom op ‘n wonderlik interessante vertelling af. In Nijkerk, Nederland, was daar ‘n gereformeerde predikant, Gerardus Kuypers, wat op ‘n stadium ‘n merkwaardige preek gelewer het. Op 17 November 1749 preek hy in ‘n volgepakte kerk oor Psalm 72:16: “Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die Libanon; en mag hulle bloei uit die stad soos die plante van die aarde!” 

 Die gemeentelede, onder die indruk van ‘n diepe sondebesef,  raak bewend aan die huil.  Ander val op die grond neer. Naderhand is die gehuil so erg dat die jong dominee skaars gehoor kan word.

 Hy is nie baie ingenome met wat gebeur nie en probeer die mense tot kalmte te maan. Maar, sê hy ook later, dit moet God se werk wees, al sou hy graag wou gehad het dat dinge nie so oproerig moet verloop nie. En veel later het hy al hoe meer opgeroep tot kalmte en rus totdat die dienste met verloop van tyd al hoe rustiger verloop het. Al wat ‘n mens in latere tye kon hoor, skryf sy biograwe, was gemeentelede wat soms diep gesug het wanneer hulle intense ervarings beleef het.  

Stel jou voor: ‘n predikant in ‘n gereformeerde kerk in Nederland, 27 jaar oud, preek op ‘n Sondag-oggend. Sy woorde raak mense so aan die hart dat hulle ‘n intense bewussyn van hul eie gebrokenheid ervaar. So erg voel hulle hul eie geestelike dorheid aan dat dit hulle intens bewoë maak en dat dit hulle liggaamlik tot die vreemdste reaksies dryf.

 (‘n Eeu later sou Pinksterbidure in Suid-Afrika ook ‘n instelling word na ‘n ewe opsienbarende en rumoerige opwekkingsbeweging in die Paarl en Worcester).

In ‘n opvolggesprek met gemeentelede na sy beroemde preek het Kuypers in meer besonderhede op sy preek ingegaan.Die gevolge was onvoorstelbaar. ‘n “Herlewing” breek onder die gemeente uit. Maar ook op sosiale vlak is die gevolge opsienbarend, soos dat mense se godsdienstige toewyding vir hulle uit kroeë en dobbelsale wegneem na byeenkomste vir Bybelstudie. Op sekere Sondae sit daar maklik 2500 mense in die eredienste. Biograwe vertel dat daar in die tyd ‘n besondere verlange na Bybelstudie was.

Eintlik is hierdie gebeure moeilik te verklaar. Dit is nie asof dinge “reg” was vir so ‘n oplewing nie. Dit was wel moeilike tye in Nijkerk en in Nederland. Daar was byvoorbeerld in hierdie tyd ‘n groot vrekte onder vee. Terselfdertyd het die tabakbedryf heeltemal ineengestort. Tog was daar selfs in die moeilike tyd nie veel van ‘n geestelike verdieping in mense se lewens nie. Dit was maar die normale porsie van godsdienstigheid en kerkgang wat aan die orde van die dag was.

Tot op daardie dag dat die jong dominee in April 1749 sy preek gelewer het.

Mense uit omringende gebiede stroom mettertyd na Kuypers se dienste. In sy soeke om die opwekking te bevorder, begin hy ook om lekepredikers te gebruik wat in mense se huise byeenkomste hou. Dit gee aan die beweging ‘n verdere stimulus. Mettertyd het buur-gemeentes dieselfde ervaringe as in die gemeente van Nijkerk. Dit brei so erg uit, dat die hele land naderhand in oproer raak. Voor- en teenstanders van die bewegings gryp mekaar in hewige debat.  (Angus Buchan – niks is nuut onder die son nie!)

Soms is die teenkanting heftig. Sommige is briesend oor die oproer en praat daarvan as “duiwelswerk.” Dominee Kuypers word uiteindelik aangevat deur sy vroeëre Professor van die Leidse Universiteit waar hy in teologie gestudeer het. Prof. van den Honert, iemand wat in daardie tyd invloedryk was, beskuldig die gereformeerde predikant en vroeëre student van hom van “mistieke raserny.”

Kuypers was nie ‘n onderdanige slagoffer van die Professor se sterk woorde nie. Hy het teenoor die professor sy sê gesê. Trouens, uit die gesprek tussen die twee, skryf Jelsma, het tien boeke die lig gesien. Vele ander het aan die debat deelneem. Die storie was so groot, selfs buite Nederland, dat van die geskrifte in Duits, Engels en Frans vertaal is! (Sien verder hieronder).

Die kerk het uiteindelik ook uitspraak gelewer, want die temperatuur was hoog aangejaag. In 1751 praat die sinode afkeurend van nie-teoloë wat buite kerkdienste om vir mense in hul huise tot sulke “wilde” ervaringe aanspoor.  Op die ou end het selfs die koning ‘n woordjie te sê gehad. En na ‘n jaar of twee, ook met die ingrype van Ds. Kuypers self om die rus te herstel, was daar nie veel te bemerk van die opsienbarende herlewing nie.  

Op dié manier het oproer die kerk in Nederland vir ‘n paar jaar besig gehou. En toe was alles oor.

Ek is geïnteresseerd in Jelsma se verklaring vir die opwekkingsbeweging: wat in Nijkerk gebeur het, was die gevolg van die geestelike situasie in die kerk. Maar, voeg hy by, dit het ook te doen met die situasie in die teologie. Dit was tye van dorheid. Dit was van daardie tye wat nie net mense nie, maar gemeenskappe in hul geestelike reis verstol het.

Meer nog, besef ek toe ek bietjie nalees oor hiedie tyd: wat in Nederland gebeur het, kan ‘n mens nie losmaak van die situasie in die res van Europa en Amerika nie. In Engeland was dit die tyd toe Wesley en die Metodisme, asook Whitefield sterk opgang gemaak het. In Amerika, nota bene, was daar die geestelike oplewing onder leiding van Jonathan Edwards (sien ‘n vorige blog).

Die jong Ds. Kuypers het geweet van hierdie bewegings. Sy preek het dus nie sommer uit die lug geval nie. Trouens, merkwaardig is dat Jonathan Edwards verneem het van die gebeure en Kuypers uitgenooi het om deel te word van ‘n groep kerkleiers wat gereeld bymekaar gekom het om te bid en te vas.  

Dit was dus bewegings waarin die bestaande kerklike strukture getoets is. Lidmate het in die bestaande bediening nie gevind waarna hulle geestelik verlang het nie. En ‘n mens kan die Gees op allerhande maniere in sekere plekke blus. Maar die Gees waai waar die Gees wil...

Jelsma praat van ‘n emansipasie-beweging. Mense, luisterend na die woordverkondiging, op ‘n Sondag in die kerk, word in hul geestelike ervaring bevry van die dorre kerklike greep op hul lewe. Dat hulle so intens daarop reageer, sê minder van ‘n mistieke raserny as wat dit veelseggend is oor die kerklike situasie. As die kerk dan nie lei nie, sal die lidmate dit soek...
Wat in Nijerk gebeur het, vertel dus eintlik van ‘n breër beweging.

Ook Ds. Kuypers se preek was nie ‘n blote gelukskootjie nie. Hy, met sy goeie teologiese opleiding, was ‘n ywerige Bybelleser. Sy biograwe vertel hoe hy as student en as jong predikant ure lank Bybelstudie gedoen het – en steeds weer aangevoel het dat die Bybel roep om ‘n ander geestelike lewe as die lewe wat hy in die kerk om hom raakgesien het. In sy eerste gemeente in Amsterdam was daar lank voor die preek in April 1749 in Nijkerk ook ‘n herlewing in die kleine.  

Terwyl ek meer en meer lees oor hierdie interessante en opsienbarende stuk geskiedenis, tref iets my keer op keer. Kommentators vertel almal op ‘n manier eintlik dieselfde storie: die mense wat so hoogs emosioneel op Kuypers se preek gereageer het, het keer op keer vertel hoe hulle deur die woordverkondiging tot ‘n intense sondebesef gekom het.

Mense weet dit: daar kom tye in die lewe van ‘n kerk en van ‘n mens dat dit tot ‘n mens deurdring wie hy of sy werklik is.  Wat jy in jouself raaksien, is nie mooi nie. Trouens, die diepte van die kwaad wat jy skielik in jouself opmerk, is nie te verduur nie.

Dit het met die tollenaar gebeur. En Paulus het ook op die grond neergeslaan.

So ‘n oomblik is ‘n seker teken dat God se heilige aanraking skroeiend in die donker hart van die soekende mens ingebrand het. 

En, so vir 'n laaste gedagte: in ons tyd, hoor ons so dikwels, preek ons nie graag oor sonde nie.  Dis te negatief en afbrekend.

Sunday, September 19, 2010

Onvroomheid is die broer van vroomheid. Oor nog 'n kulturele oorlog.

Die pous se besoek aan Engeland (sien vorige blogs) word deur die Sky kanaal lewendig uitgesaai. Hulle onderbreek niks nie. ‘n Mens kan elke oomblik van die besoek feitlik ongesteurd volg.

Daar is werklik ontroerende oomblikke. Dit bly ‘n gesig om die skare mense te sien wat in sekulêre Engeland nog hul geloof op hierdie manier kom uitleef. Die kore sing mooi. Die rituele is plegtig en ryk aan betekenis. Daar is kere dat die ernstige pous wegbreek, mense se hand skud, ‘n glimlag laat blyk, ‘n babatjie op die kop streel of ‘n soen gee.

‘n Mens kry dus soms die gevoel van hoe sinvol en selfs hoe heilig sulke oomblikke kan word. Die ononderbroke, goeie kommentaar op die kanaal help ook om ‘n nie-katolieke en nie-gelowiges ingelig te hou.

Vanmiddag, na die diens waarin John Henry Newman salig verklaar is, kry Sky twee persone om kommentaar te lewer.  En dit is wanneer hulle aan die praat raak, dat ‘n mens bewus word van ánder, minder heilige en minder mooi kante van die pouslike besoek. En dit is dan dat ‘n mens ook weer ‘n gevoel kry vir die groot kultuuroorloë waarin ons ook op kerklike terrein ingetrek word.

Eers die inligting: Die een gas is ‘n priester wat iewers kapelaan aan ‘n universiteit is. Hy is eerste aan die woord. Vol ywerige entoesiasme blom hy in die glorie van al die publisiteit: hy prys die pous en, nie te vergete nie, natuurlik ook vir Newman. Hy is duidelik meegevoer deur die 80 000 mense wat gisteraand die aanddiens ter voorbereiding vir die salig-verklaring bygewoon het en die 50 000 mense wat vanoggend by die diens was. Hy brei ook uit oor drie redes waarom Newman salig verklaar word (sy vroomheid, sy geleerdheid en sy invloed).

Die ander gas is Prof. Diarmaid MacCulloch, die bekende kerkhistorikus aan Oxford Universiteit. Hy is nie ‘n liggewig nie. Dit is die moeite werd om MacCulloch se kort C.V. te bekyk: 

Professor Diarmaid MacCullochMA DD (Ma, PhD Camb; Dip Theol Oxon; Dip Arch Admin Liv), FBA, FSA, FR Hist S; Professor of the History of the Church. Diarmaid MacCulloch is Professor of the History of the Church, in the Theology Faculty; he is a Fellow of the British Academy, and co-edits the Journal of Ecclesiastical History. He has written extensively on Tudor England; his biography Thomas Cranmer: a Life (Yale UP, 1996) won the Whitbread Biography, Duff Cooper and James Tait Black Prizes. Previous publications have included "Reformation: Europe's House Divided 1490-1700", with Penguin/Allen Lane (appearing in the USA as The Reformation: a History). Professor MacCulloch can currently be seen presenting "A History of Christianity - the first 3,000 years" on BBC4 (the series will be repeated on BBC2 in the new year).

Dit is dus ‘n ingeligte persoon wat hier op die skerm verskyn. ‘n Mens is nuuskierig om te hoor hoe hy dink oor Newman se salig-verklaring.

Die fisieke plasing van die gaste is al interessant: Hulle twee is in kleiner raampies links en regs op die televisie-skerm ingelas terwyl die middel van die skerm fokus op die pous se kavalkade. Maar daardie paar sentimeter is eintlik te mete in kilometers:

Bedaard sit Prof. MacCulloch en luister na die priester se drie redes vir Newman se salig-verklaring. Toe vra die omroepster vir MacCulloch of hy dink dit is drie geldige redes. Net so bedaard as wat hy lyk, sê die professor, nee, hy dink nie dit is redes waarom iemand salig verklaar moet word nie en seker ook nie waarom Newman salig verklaar is nie. Newman se salig-verklaring is ‘n politieke handeling waardeur die huidige pous, bekend as ‘n konserwatiewe leier, Anglikane in Engeland wil oortuig om tot die Rooms-Katolisisme oor te kom.

MacCulloch maak sy punt helder en beslis.

Onmiddellik begryp ek wat hier gebeur. Verlede jaar was daar, onthou ek, groot opspraak in Engeland toe die pous Anglikane priesters uitgenooi het om by die Rooms-Katolieke kerk aan te sluit – sonder om ooit die aartsbiskop van Kantelberg op enige manier te betrek in sy uitsprake. Dit is ‘n moontlikheid wat sedert die Anglikaanse kerk se toelating van vroue in die amp en hul diskussie oor seksuele oriëntasie, vir baie Anglikane ‘n reële opsie geword het.

Hier, besef ek, woed ‘n oorlog.

MacCulloch voeg by dat die huidige pous in elk geval Newman baie selektief lees om sy eie ideologiese agenda te bevorder. Newman, sê hy, is ‘n figuur wat ‘n mens in die verlengde van die baie belangrike hervormingsinisiatiewe van die tweede Vatikaanse konsilie moet verstaan. Hy kan nie, soos blykbaar gebeur, ingespan word vir die verkrampte  agenda van die huidige pous nie. Die huidige pous maak byvoorbeeld baie van die sogenaamde liberalisme in Wes-Europa en steun in sy verset daarteen op Newman en sy jarelange kritiek op liberalisme. Maar Newman het die woord “liberalisme” nie gebruik soos die pous dit verstaan nie. En, voeg hy by, dit is ook ironies dat dit juis Newman is wat die idee van ‘n pouslike monargie bevraagteken het. Newman is nie, soos die pous hom ‘n paar maande wou voorstel, iemand wat teen enige verset of kritiek was nie. Trouens, Newman was by uitstek die persoon wat gesprek en gedagte-toetsing bevorder het.En, voeg MacCulloch ten slotte by, dit is duidelik dat die proses van salig-verklaring verder behendig gehanteer is om 'n wonderwerk van twyfelagtige voorkoms iewers in Suid-Amerika in te sluit. Sonder 'n wonderwerk kan iemand nie salig verklaar word nie.

Toe die ander gas, die kapelaan priester, in sy reaksie hierop weer allerhande lofprysinge uit op Newman se goeie vroomheid, het die professor, weer bedaard, eenvoudig opgemerk dat die priester in sy reaksie die kluts kwyt was en nie op die inhoud van McCullock se kritiek reageer nie. Die professor is ‘n helder denker.

Daar was niks strydlustig aan die professor se opmerkings nie, maar hulle was maar taai en op die saak af. Hy praat bedaard.

Kulturele oorloë noem hulle dit. In Amerika is dit ‘n groot onderwerp: kerke wat teen mekaar stry, wat lidmate van mekaar afrokkel, wat getalle aanbid, wat mekaar ondergrawe en verdag maak.

Daar is die meer obsene vorme hiervan. Maar daar is ook die bedekte, verskuilde agenda’s wat netjies agter hoë woorde en vrome ideale verberg word.

En hulle wat nie weet nie, wat op ‘n Sondagoggend die Here wil ontmoet....

Nie dat ek die gesprek geringskat nie. Trouens, ek besef onmiddellik hoe waardevol dit vir my is. Dit is tog boeiend, besef ek, hoe noodsaaklik dit is om ingeligd en helder te wees – veral as dit om godsdienstige sake gaan. En ewe belangrik is dit om steeds weer heel analities te werk gaan juis met die aansprake en groot aksies van magsinstansies soos die kerk.

Deur die gesprek is ek baie gehelp. Newman het vir my sterker na vore getree as ‘n denker wat krities staan oor magstrukture in die kerk, maar ook as iemand wat in sy spiritualiteit ‘n hervormingsgesindheid gehad het soos dié van die tweede Vatikaanse konsilie.

Ek is nog altyd verwonderd dat juis die huidige pous, wat as jong teoloog in daardie Konsilie so ‘n belangrike hervormingsrol gespeel het, in latere jare so radikaal kon omswaai. Kollega’s het dit dikwels aan my probeer verklaar dat hy later ontnugter is deur die groot sosiale omwenteling wat in die jare na die konsilie in Europa plaasgevind het. Uit skok daaroor het hy al hoe meer ‘n verkrampte houding ingeneem.   Tog begryp ek dit nie heeltemal nie. Maar waarom het ander bekende deelnemers aan Vatikaan 2 (soos Rahner en Kung) ‘n ander pad geloop? Is dit net omdat hulle in die akademie gebly het en nie in kerkpolitieke strukture opgeneem is nie? As dit waar is, sê dit ook iets van die effek van magstrukture op oop denke.

In ons opleiding, maar ook in ons kursus oor Bybelse spiritualiteit het ons baie aandag gegee aan spirituele hermeneutiek. ‘n Mens moet, in lyn met wat belangrike hermeneute en denkers sê, altyd weer bedag wees op die magsgrepe van mense wat die Bybel gebruik om hul agenda’s te bevorder of om sekere doelwitte te bereik wat vir hulle belangrik is. Selfs wanneer ons met waardering praat oor die geestelike reis wat ons geestelike voorouers afgelê het, kan ons dit doen om iewers ons eie belang te bevorder. Dit kos soms net ‘n enkele drie-minute lange debat om dit uit te wys.

Nietemin, ek wil vir myself meer inligting kry. Ek slaan dus intussen ander opinies na oor McCulloch se stellings  - net om my eie suspisie oor sy motiewe te toets.  Is McCulloch besig met sy eie private oorloggie en verteken hy dalk Newman in die proses?

Dadelik loop ek Newman se beroemde uitspraak oor die pous na: “Drink op die pous, as jy wil, maar, drink liewers in die eerste plek op jou gewete.” MacColloch is reg: As Newman só oor die pous gepraat het, is dit duidelik dat hy, die spirituele mens, kritiese denke nooit wou versmoor nie.

Gou besef ek uit my bietjie speurwerk hoe wyd die kulturele oorlog loop. Kyk bietjie hierdie artikel van Merrigan wat in die gesaghebbende Theologcial Studies (2005) verskyn het (http://goliath.ecnext.com/coms2/gi_0199-4780868/Newman-and-theological-liberalism.html). Daarin skryf die outeur dat beide verkrampte en progressiewe Christene later vir Newman vir hul saak opgeëis het. Die rede is deels Newman se dubbelsinnige uitsprake en sy eie ontwikkeling. Terwyl hy inderdaad die “gees van liberalisme” sy “lewe lank” (soos hy geroem het) in godsdiens bestry het, het hy later duidelik aanvaar dat in ‘n sekulêre staat ander godsdienste ‘n plek het. Liberalisme in hierdie sin van oopheid vir andere was vir hom nie totaal verwerplik nie. Wat hy wel gedurigdeur sterk verwerp het, was ‘n liberalisme wat godsdiens uit die samelewing tot die private domein wou uitban. Hy het nooit hierdie onverdraagsaamheid geduld nie.  

Lees ook: http://news.yahoo.com/s/csm/20100917/wl_csm/326650 vir ‘n paar ander perspektiewe.

Dis maar enkele punte wat ek in ‘n kort tydjie kon nalees.

Alles wat ek vandag weer geleer het, laat my besef dat spiritualiteit ‘n noodsaaklike band met ‘n goeie teologie het. En dat Spiritualiteit ook vra vir ‘n goeie hermeneutiek. Beide teologie en hermeneutiek kan ‘n mens op ‘n spesiale manier vry maak.

Ek bedink later die kulturele oorloë: hoe is dit tog dan moontlik dat die kerk in die feesviering rondom die toewyding van die gelowiges van die verlede, besig is met allerhande magspeletjies?

Wat ons in ons tyd uit ons hart soek is daardie ongemanipuleerde, eerlike en heilige soeke na God.Hoe kan daardie skares van mense en die wat oor die skerm kyk, hierdie inligting rym met hul verlange na oomblikke om by God te wees. Is ook hierdie verlange na God nie heilig genoeg dat niemand hulle moet manipuleer nie.

Ek dink weer aan Newman se onvergeetlike woorde: “Alles wat ek skryf, skryf ek asof in die teenwoordigheid van God.”  Watter toetssteen word dit tog nie vir alles wat ons doen nie – ook vir ons selebrering van mense wat God in die verlede opreg en ernstig gesoek het.

Terwyl ek dit skryf, besef ek hoe verweefd onvroomheid en vroomheid is. Die probleem is nie net dat die twee so ineengevleg is nie, maar dat ons ons aandeel daaraan so vroom vir onsself wegsteek.

Saturday, September 18, 2010

John Henry Newman se mistieke geloofsreis.




John Henry Newman.

Sondag word Kardinaal John Henry Newman salig verklaar. Die pous, op besoek in Engeland, bring daarmee op ‘n unieke, maar ook ironiese manier hierdie man se lewe in perspektief.

Newman (1801-1890) se familie  vertel al iets van hoe uniek die geskiedenis van hierdie bekende Katoliek in Engeland geloop het. Van Franse afkoms in ‘n gesin met ses kinders en met ‘n ma wat ‘n Hugenoot was, het hy van kindsbeen ‘n gematigde Calvinistiese opvoeding gehad. Hy is as jongmens diep deur Calvyn se teologiese oortuigings beïnvloed. Net so interessant is dat hy later in sy lewe ‘n groot rol in die bekende Oxford-herlewingsbeweging gespeel het. Origens was hy ‘n hoogs begaafde skrywer wat vir intellektuele mense met sy treffende skryfstyl, sy estetiese aanvoeling, sy logiese diepte en sy kennis van die klassieke aangespreek het. Hoewel hy nie ‘n lewendige, boeiende prediker was nie, het mense graag na hom geluister omdat hy so ernstig en toegewyd was in wat hy te preke had.

Vir my boei dit om te lees oor twee beslissende mistieke ervarings in sy lewe. Toe hy 15 jaar oud was, het hy vir die eerste keer ‘n spesiale belewenis gehad. Maar wat so opvallend is, is die fokus daarvan: vir hom het hierdie jeug-ervaring gebring tot ‘n gevoel van diepe oortuiging dat God die sentrum van sy lewe was. Vandaar dat hy sy lewe gedurig onder die woord, “Ek en my Skepper” benader en opgesom het. En tog, later sou hy sê dat die ervaring hom nog te veel van ‘n individualis laat bly het.

Nietemin het sy verdieping in sy geestelike lewe hom gebring om teologie aan die beroemde Trinity College in Oxford te gaan studeer. Op 23 jaar word hy as Anglikaanse priester gewy, hoewel hy oorspronklik ‘n loopbaan in die regsberoep beplan het.

Newman het uitgestyg as ‘n begaafde, ernstige, maar ook toegewyde student en mens. Nietemin het sy lewe ook stormagtige tye geken. In Oxford loop dinge al vir hom skeef nadat hy op 25 jarige leeftyd as lektor in Oriel College in Oxford aangestel word. Hy het geglo dat ‘n mens as dosent ook ‘n pastorale verantwoordelikheid teenoor jou studente gehad het.  Sy hoof, daarenteen, was oortuig dat ‘n dosent se verhouding met sy studente slegs akademies moet wees. Hy het dus Newman se studente afgesny. In 1832 bedank hy noodgedwonge dus uit Trinity. Hy bly aan in Oxford, waar hy in ander posisies baie studente trek en groot invloed uitoefen, onder andere as prediker in die bekende Sint Maria kerk.

Maar hy beleef ‘n tweede mistieke ervaring tydens ‘n verblyf in Italië. Hy was toe 31 jaar oud. Hy was vir ‘n jaar of twee op reis. Tydens die reis het hy siek geword en intense emosies ervaar. Op ‘n stadium tydens sy terugreis na Engeland, het hy kalmte gevind en die woorde van die beroemde lied geskryf waarvan die eerste verse as volg lui:

Lead, Kindly Light, amidst th'encircling gloom,
Lead Thou me on!
The night is dark, and I am far from home,
Lead Thou me on!
Keep Thou my feet; I do not ask to see
The distant scene; one step enough for me.

Ons ken die lied, oorspronklik geskryf deur een van die groot Katolieke denkers in die Engelse tradisie, in ons gereformeerde sangbundel as  “Lei, Vriendlik Lig... “

Hierdie ervaring, sou hy later skryf, het van hom minder van ‘n individualis gemaak en meer op ander ingestel.

Heel opsienbarend was sy oorgang op 9 Oktober 1845 na die Rooms-Katolisisme, wat gevolg het op twee jaar se studie oor sy Anglikaanse identiteit en geskiedenis. Hy verloor as gevolg daarvan sy posisie in Oxford. Hy, wat op ‘n stadium in sy prille jeug gedink het die pous is die Antichris,  word in 1847 as priester gewy en rig toe die bekende Oratorium in Birmingham op (sien ook vorige blog). Vir dekades daarna sou Newman nog moes rekening hou met vroeëre Protestantse kollegas en vriende wat hom verwyt het en latere Rooms-Katolieke vriende en kollegas wat hom nie vertrou het nie.

Hierna volg ‘n lewe vol uiterstes van prestasie en ontnugtering. Nadat hy in 1851 rektor word van die Katolieke Universiteit in Dublin, bedank hy vyf jaar later uit die amp weens allerhande probleme.

Hy bly egter aan die werk in die teologie. Sy diepsinning en deurdagte skryfwerk het van hom ‘n invloedryke figuur gemaak. Hy word in 1879, op die ouderdom van 78 jaar deur die pous tot kardinaal verhef. Maar tot sy dood sou omstredenheid hom bly volg. Hy is op ‘n stadium selfs na Rome ontbied om tereg te staan vir ‘n verhoor oor kettery.  

Sy mistieke ingesteldheid kom op allerhande eenvoudige maniere na vore. Sy boeke skryf hy, het hy gesê, op sy knieë voor die aangesig van God. Vir hom staan God se genade sentraal. Die mens moet gereed wees dat God hierdie genade in sy of haar lewe tot vrug laat kom. Daarom is daar by hom aan die een kant ‘n sterk fokus op God en Christus. God as skepper ontmoet die mens in liefde en geregtigheid. Hierdie ervaring werk in ‘n mens se gewete in, sodat dit deel word van jou innerlike bestaan. God leer ken ons ook in Christus en die Gees deurdat die Gees die mens reinig en met God verenig. Al hoe meer groei die mens in die mistieke lewe. Die beeld van God word al meer op die mens afgestempel. Aangrypend skryf hy dat ‘n mens met God, die Onsigbare en die Onbegryplike, tog dan in ‘n vriendskapsverhouding leef.

Ek lees hierdie troebel geskiedenis van hierdie bekende man. Die geloofsreis kan soms wilde draaie neem, besef ek.

Miskien juis daarom kon Newman die volgende gebed skryf wat deur Moeder Teresa een van haar gunsteling gebede genoem is:

Dear Jesus,
help me to spread Your fragrance
everywhere I go.
Flood my soul with Your Spirit and Life.
Penetrate and possess my whole being
so utterly that my life may only be
a radiance of Yours.
Shine through me and be so in me
that every soul I come in contact with
may feel Your presence in my soul.
Let them look up,
and see no longer me, but only Jesus!
Stay with me and then I will begin
to shine as You shine,
so as to shine as to be a light to others.
The light, o Jesus, will be all from You;
none of it will be mine.
It will be You, shining on others through me.
Let me thus praise You
in the way You love best,
by shining on those around me.
Let me preach You without preaching,
not by words but by example,
by the catching force,
the sympathetic influence of what I do,
the evident fullness of the love
my heart bears for You. Amen.

Hier is my vertaling daarvan:

Jesus, laat U liefde
my aanspoor om oraloor
U lieflike geur te versprei.
Deurstroom my met U Gees en U Lewe.
Deurtrek alles in my, besit my totaal,
sodat my lewe geheel en al
‘n uitstraling van U, van U alleen, kan wees.
Skyn deur my en wees so in my
dat elkeen op my lewensreis
U in my sal raaksien.

Laat hulle kyk en nie vir my nie,
maar alleen vir U, Jesus, sien.
Bly U met my, want dan sal ek begin
skyn soos U skyn,
sal ek ook 'n lig vir ander wees.

Die lig, o Jesus, sal egter van U alleen kom;
niks daarvan is van my nie.
Dit sal U lig wees,
U sal skyn op ander deur my.

Laat ek dus vir U loof
soos U dit die graagste wil hê
deur op ander om my te skyn.

Laat my van U preek sonder om te preek –
nie deur woorde nie, maar deur my lewe,
deur krag wat meevoer,
deur ontferming waarmee ek gee,
deur die onmiskenbare volheid van die liefde
wat my hart vir U vul.
Amen.


Dis mistieke taal hierdie – die self wat op die agtergrond verdwyn in die lig van die helder, voldoende, volmaakte Lig wat vanuit die Verborgene op ons skyn en in ons kom woon.

As Newman salig benoem word, sou die rede daarvoor seker moet wees omdat hy so volledig ervaar het wie die enigste Lig van die wêreld is. Ek sou dink, as ek hierdie gebed van hom lees, dat hy sou wou sien dat gelowiges hom as salig sou beskou omdat hy so intens in die teenwoordigheid van die Salige wou geleef het.

Blog Archive