Thursday, June 23, 2011

Vry van vergelyking

Hanns Lilje, die Duitse biskop wat ook deel van die Belydende Kring was, het 'n stuk geskryf oor die vryheid van die predikant.

Vry! het ek geskryf in 'n vorige blog, is die opskrif van sy stuk, afgesluit met 'n uitroepteken. En die eerste "vryheid"is dat die bediening vryheid vra van die strewe na sukses. Die predikant loop die weg van Christus, die weg van die kruis, van diens.

Maar dan voeg Lillje 'n kort paragraaf by wat heel merkwaardig is.Hy skryf  dat 'n predikant ook vry moet wees van vergelyking.

Hy brei hierop uit: Niemand wat in die bediening is, is met 'n ander roeping geroep nie. Almal is bedienaars van die Woord, geroep deur God tot die werk van God. Daarom kan 'n mens nie vergelyk nie.

Almal is deur dieselfde God geroep.

Dit is so deel van die menslike geaardheid om die predikante met mekaar te vergelyk.

Gedurigdeur is daar die versoeking om dit te doen. Dit is 'n verleiding.

Die egte vryheid is egter om nie aan hierdie versoeking toe te gee nie.

Ek sit eergisteraand saam met 'n ou vriend in die Noorde en gesels. Hy vertel my van een van die bekende teologiese professore van ons land met wie hy na 'n Sondagpreek gesels het. In my vriend se opstandige gemoed wou hy die preek kritiseer en het iemand, veral 'n kenner soos die professor gesoek wat hom in sy veldslag kan bystaan.

My vriend vertel, skaam-verleë: "En weet jy wat doen hy toe. Hy sê vir my dat hy na 'n preek luister en daaruit haal wat vir hom help om sy geloof te verryk."

Die een man wat al die kennis het om daardie preek uitmekaar te skeur, is nie besig om die preek te meet aan hoe hy daaroor sou preek of hoe 'n "suksesvolle" dominee dit "moet" doen nie.

My vriend vertel my van hierdie sagte woorde twee jaar nadat dit gebeur het. Hy loop so lank al met daardie woord in sy binneste rond. Dit het onuitwisbaar 'n merk op hom gelaat.

Ek ken die professor. En die woord pas goed in by hoe ek hom oor baie jare beleef het. Hy is 'n vry man. Vry van vergelyking.

Om te dink: wanneer 'n mens 'n ander vergelyk in terme van jou eie wysheid en vooroordele, kan dikwels vertel van 'n mens se eie onvryheid. En 'n vry mens kan woorde van durende invloed kwytraak. 

Wednesday, June 22, 2011

Wanneer God 'n Slawe-meester word....

Ons het ‘n godsdiens ontwerp wat gaan om beloning en straf. As jy gehoorsaam is teenoor God, sal dit met jou goed gaan. En as jy ontrou is, gaan God jou straf.

Dit is waarom mense angs vir God het. Daarom word hulle moralisties en dink gedurig in terme van moets en moenies. Hulle het hul lewensvryheid verloor en lewensvreugde kwytgeraak. Hulle is uitgelewer in hul geestelike lewe aan God as ‘n outoritêre Slawe-meester.

As 'n mens so op straf en beloning ingestel is, is jy self in die sentrum van belangstelling. Wanneer ‘n mens so 'n godsdiens van nader by bekyk, sien jy hoe dit gedryf word deur eie belang en deur soeke na eie voordeel.

Godsdiens wat angs veroorsaak? Dit skrei tog ten hemele.

Nou sou ‘n mens kon dink dat godsdiens beteken dat ‘n mens die liefde jaag. Dit kan egter ook net so gedrewe word. Dan is ons aandag ook gedurig op die gawe van die liefde vasgeknoop.

In die verhouding met God soek ‘n mens nie liefde nie. Die liefde is maar net ‘n gawe. Dit is die byproduk van iets veel belangriker. 

Dieper en groter as die liefde is God Self.

‘n Mistikus skryf:

O God, as ek U aanbid om in die paradys te kom, sluit my uit die paradys uit.
O God, as ek U aanbid om die hel te ontvlug, laat my in die hel brand.
Maar as ek U vir U eie onthalwe aanbid, verberg tog nie U skoonheid van my nie!

‘n Mens is by God, in ‘n intieme, geborge verhouding met God. Die oog is nie op al die goeie dinge wat God reg hou om vir mense te gee nie.  Dit gaan nie om die gawes van die gewer nie. Daarom dink die mistiek nie aan God as ‘n Gewer nie.

In die wêreld van die mistiek, word God aanbid ter wille van God self. Die mens het vry geword van alle soeke na eie belang, vry van die soeke na goeie gawes, na aangename dinge.

Die mens soek na God. 

Wanneer dit gebeur dat dit gaan om God wat alles in almal is, is God nie die slawe-meester nie, maar die Beminde wat, soos die Verlore Seun se pa, die geliefdes omhels, teen die bors druk, oorlaai met soene en wat in jou oor sê: “Jy is my Geliefde, in jou het ek ‘n welbehae.” Dit is lekker om by jou te wees.

Daar is hierdie aangrypende mistieke gebed:

O, my Here, gee wat U ook al in hierdie wêreld vir my berei het aan U vyande.
En watter deel van hierdie wêreld wat U vir my beskik het, gee dit aan U vriende.
U is genoeg vir my.

Mistiek is om in God se teenwoordigheid te leef.

(Met dank aan Soelle.)

Tuesday, June 21, 2011

Die Liefde is onpeilbaar, want die Liefde is so Groot.


Een van die aangrypendste aanhalings wat ek ooit oor die liefde gelees het, was in die dagboek van ds Luckhoff toe hy gepraat het van die onpeilbaarheid van die liefde van ‘n ma vir haar kind. Hy het vele voorbeelde daarvan in die konsentrasie-kamp gesien. In die mees haglike omstandighede het ma’s met eindelose liefde by hul kinders gewaak en vir hulle versorg.

Hy skryf oor liefde as die grootste, maar ook  as die mees verborge van alle dinge. Dit word uitgegiet oor hulle wat die swakstes onder die swakkes is. Onverdiend word dit ryklik uitgedeel. Hoekom sal niemand weet nie. Waarom mense hulself sonder om hulself in ag te neem, so volledig uit liefde aan ander gee, kan nie verstaan of uitgewerk word nie.  Dit weerstaan enige poging tot interpretasie.
Hy skryf (in Engels) oor hoe hy, onbegrypend, ma’s gesien het wat waak langs die sterfbed van hul uitgeteerde kinders:

Explain it that a mother can cling to a helpless, idiotic, deformed boy for fourteen years, and feed him mouth to mouth! Explain that a mother can sit up night and day, day and night, with a sick child! Look at those deep-set eyes, sorrow-sunken, their care-wornness, and tell me what is this Love that endureth all things!”

Wat is hierdie liefde wat alles verduur? Wat 'n mens nie kan peil nie?

Hieraan dink ek toe ek onlangs (in ‘n artikel van Jos Huls) lees van Kierkegaard se merkwaardige opmerkings oor die liefde. Ek haal net een deel van Kierkegaard se skrywe aan. 

Toe ek dit lees, besef ek dat Kierkegaard op sy manier dieselfde skryf as Paulus in 1 Korintiërs 13 en dieselfde verwonderde uitroep as Luckhoff maak.

En dit laat my selfs meer bedink: as ons nie die liefde kan peil nie, as dit so verborge, bo ons begrip is, want ons sien net die weerkaatsing daarvan, is dit omdat die Liefde te groot is vir ons verstand om te peil.

En as hierdie liefde te groot is, hoe groot is die Liefde van God nie.

Hier is Kierkegaard se gedagtes:

Where does love come from, where does it have its origin and its source, where is the place it has its abode from which it flows? Yes, this place is hidden or is secret. There is a place in a person's innermost being; from this place flows the life of love, for “from the heart flows life.” 

But you cannot see this place; however deeply you penetrate, the origin eludes you in remoteness and hiddenness. Even when you have penetrated furthest in, the origin is always still a bit further in, like the source of the spring that is further away just when you are closest to it. 

From this place flows love along many paths, but along none of these paths can you force your way into its hidden origin. Just as God dwells in a light from which flows every ray that illuminates the world, yet no one can force his way along these paths in order to see God, since the paths of light turn into darkness when one turns toward the light – so love dwells in hiding or is hidden in the innermost being.

Love's hidden life is in the innermost being, unfathomable, and then in turn is in an unfathomable connectedness with all existence. Just as the quiet lake originates deep down in hidden springs no eye has seen, so also does a person’s love originate even more deeply in God’s love. If there were no gushing spring at the bottom, if God were not love, then there would be neither the little lake nor a human being’s love. 

Just as the quiet lake originates darkly in the deep spring, so a human being’s love originates mysteriously in God’s love. Just as the quiet lake invites you to contemplate it but by the reflected image of darkness prevents you from seeing through it, so also the mysterious origin of love in God’s love prevents you from seeing its ground. When you think that you see it, you are deceived by a reflected image, as if that which only hides the deeper ground were the ground. Just as the lid of a clever secret compartment, for the very purpose of completely hiding the compartment, looks as if it were the bottom, so also that which only covers what is even deeper deceptively appears to be the depths of the ground.

Monday, June 20, 2011

Hoe word ‘n mens ‘n legende? Oor sport en spiritualiteit.












 
Die beroemde judo-kampioen van Nederland, Anton Geesink was die eerste nie-Japanner wat in 1961 die wêreldkampioen in judo geword het. Dit was ‘n sensasionele gebeurtenis veral in Europa en in Japan

Vir die Japanners was dit ondenkbaar dat iemand buite hulle eie geledere vir hulle in hul eeue-oue hoogs ontwikkelde sportkuns ore kon aansit het.  Dit was die eerste keer ooit in die geskiedenis dat hulle die wêreldkroon moes afstaan. Oor die hele wêreld heen is die sensasie uitgebasuin: ook die Janpanners in oorwinlik.

Geesink, ‘n lange lel van ‘n man (1.98 meter!), het ‘n legende dwarsdeur die wêreld geword. Hy het die wêreldtitel drie keer verower en was 21 keer die Europese Kampioen (waar die Japanners ook deelgeneem het). Hy was die enigste persoon ooit wat buite Japan ‘n 10e Dan geword het.

President de Gaulle van Frankryk het vir hom na sy oorwinning spesiaal ‘n vaas laat maak by on fabriek wat net vir koninklikes en adel produkte vervaardig het. Die Franse het hom selfs burgerskap aangebied sodat hy as Fransman wêreldkampioen kan wees. Geesink het nie belang gestel nie.  

Wilde tonele het hom afgespeel na sy oorwinnings, soos Nederlanders in hul massa’s aan hom hulde gebring het.  

So erg was dit dat ‘n klomp van hulle na hom gestorm het net nadat hy vir die eerste keer as oorwinnaar en wêreldkampioenaangewys is. Die toeskouers het daarmee heiligskennis gepleeg. 

In Judo word niemand naamlik op die mat waar die geveg plaasgevind het, toegelaat nie. Veral nie voordat die wedstryd afgeloop is nie. En die wedstryd is net klaar nadat die twee deelnemers, pas as die uitslag bekend gemaak is, opstaan, na die kante van die mat loop, gesig tot gesig teenoor mekaar stelling inneem en vir mekaar buig. Dit is deel van die sport se ere-kode, wat aandui dat die deelnemers mekaar hoog ag as teenstanders. Hulle bring hulde aan mekaar as waardige stryders. Hulle vereer mekaar met ‘n gebaar van erkentliheid vir ‘n waardige stryd wat met eer gestry is. Nie net die wenner nie, maar ook die verloorder tree triomfantlik uit die stryd. Hulle het die sport eer aangedoen.

Die oor-entoesiastiese ondersteuners van Geesink wat op die mat gestorm het, het die Japanners en die teenstander van Geesink beledig en onteer. In hul domheid het hulle die edel karakter van die sportsoort judo vir Japanners aaklig aangetas.

Geesink het dit besef. Hy het naamlik al die erekode’s van die sport noulettend nagekom. En hy het besef dat sport het te doen met veel meer as net wen. Dit het te doen met die vernuf van twee mense wat tot die uiterste getoets word. Dit het te doen met gehoorsaamheid aan die reëls van die spel. Die wedstryd is die resultaat van ure en ure, weke en weke se oefening. 

Sport is dus ‘n vorm van lewenskuns. Wat tel is nie of jy wen nie. Selfs nie hoe jy wen nie. Wat tel is dat jy die voorreg het om te kan deelneem aan iets wat die wonderlike vermoëns van die mens tot sy beste te ontplooi. En om dit te kan doen, om te wys hoe mense die hoogste sport kan bereik, het jy ‘n opponent nodig. Jy verneder hom nie. Jy wen hom nie. Saam met hom is jy eerder besig om te wys die absolute skoonheid van menswees.

Geesink het later weer ‘n kans gekry om te wys dat hy die beste in die wêreld is. Na sy volgende wedstryd waarin hy een van Japan se beroemdste judo-kampioene gewen het, het sy ondersteuners weer vorentoe gestorm om hom te omhels en op hul skouers op te tel. 

Toe gebeur dit.

Hy het omgedraai na hulle, sê die kommentator van die Nederlandse dokumentêr wat ek sekonde vir sekonde indrink, en sy hand opgelig om hulle terug te jaag. Toe het hy omgedraai en die erekode gevolg waarin jy eer bewys aan jou waardige opponent. Eers toe het hy van die mat geloop. En kon sy ondersteuners hom omhels en op die rug klop.

Daardie enkele, eenvoudige handgebaar, die onmiskenbare, duidelike en gesagvolle teken met sy regterhand om sy ondersteuners terug te jaag, sê die kommentator, het hom ‘n legende onder die Japanners gemaak.

‘n Enkele gebaar, dus, maak van jou 'n legende - meer as al jou oorwinnings. 

Dit wys, sonder veel woorde, wie jy is. Dit onthul jou innerlike krag. Dit kan wys wat vir jou belangrik is. Dit openbaar jou insig in die verborge, belangrike dinge. Dis nie roem wat tel nie. Dit is ook nie hoe jy die roem behaal wat tel nie. Wat tel, is jou menslikheid met jou innerlike krag en eerbied vir ander. Dit maak van mense legende’s.

Geesink se lewe was nie sonder sy donker kante nie. In 1997 is hy ondersoek omdat hy as Lid van die Internasionale Olimpiese Komitee onder verdenking van onbehoorlike geldsake was. Hy is onskuldig bevind, maar is ook gewaarsku dat hy hom nie skuldig moet maak aan botsende belange nie.  Maar tog bly hy in die gedagtes van vele ‘n legandariese sportman wat die wêreldgeskiedenis ryker gemaak het.

En, ja, daardie dure vaas wat De Gaulle vir hom geskenk het: Sy seun vertel tydens die dokumentêr dat hulle dit maar altyd in hulle huis gebruik het om blomme in te sit. Dit was eers toe die dokumentêr gemaak is, dat hulle agtergekom het hoe spesiaal die vaas is. ‘n Mens leef van blomme, van respek, van doodgewoon wees. Dit maak jou ryk.

Sunday, June 19, 2011

Nader, steeds nader. Oor absolute geloofsekerheid.


Ek lees graag van tyd tot dinge wat Spurgeon geskryf het. Hy kan soms oulike kwinkslae kwytraak en ander kere kan 'n mens sien hoe passievol sy verhouding met God is.

Hier, egter, is 'n paragraaf wat my laat dink het. Dit help my om die donker nag van die siel te verstaan. Wanneer mense deur 'n moeilike tyd gaan, is dit nie altyd noodwendig dat hulle God nie vertrou nie of dat hulle nie glo nie. Dit is, vir my, eerder 'n tyd dat 'n mens nadink oor hoe geloof lyk. 


Wat Spurgeon hier onder skryf, laat my dink aan Jesus se opmerking in die Bergrede oor die liefdevolle bewaring van God sodat selfs nie 'n haar van ons hoof val buite God se beskikking om nie (Mt. 7:35 e.v.). En tog is dit hierdie Jesus wat ook oor sy godverlatenheid ten hemele uitgeroep het. Albei, besef ek, hoort bymekaar. 


Terwyl ek so oor Spurgeon se woorde nadink, besef ek dat ons te min die waarheid van sy woorde bedink. Uiteindelik is dit wat spiritualiteit ook wil doen: Die donker nag is juis nie om ons tot twyfel te bring nie, maar alleen daar om ons nog nader aan God te bring. 

Nietemin, hier is Spurgeon oor geloofsvertroue:

The Christian should never think or speak lightly of unbelief. For a child of God to mistrust his love, his truth, his faithfulness, must be greatly displeasing to him. How can we ever grieve him by doubting his upholding grace? 

Christian! it is contrary to every promise of God's precious Word that thou shouldst ever be forgotten or left to perish. If it could be so, how could he be true who has said, "Can a woman forget her sucking child, that she should not have compassion on the son of her womb? Yea, they may forget, yet will I never forget thee." What were the value of that promise--"The mountains shall depart, and the hills be removed; but my kindness shall not depart from thee, neither shall the covenant of my peace be removed, saith the Lord that hath mercy on thee." Where were the truth of Christ's words--"I give unto my sheep eternal life; and they shall never perish, neither shall any man pluck them out of my hand. My Father, which gave them me, is greater than all; and no man is able to pluck them out of my Father's hand." Where were the doctrines of grace? They would be all disproved if one child of God should perish. Where were the veracity of God, his honour, his power, his grace, his covenant, his oath, if any of those for whom Christ has died, and who have put their trust in him, should nevertheless be cast away? Banish those unbelieving fears which so dishonour God. Arise, shake thyself from the dust, and put on thy beautiful garments. Remember it is sinful to doubt his Word wherein he has promised thee that thou shalt never perish. Let the eternal life within thee express itself in confident rejoicing.

Saturday, June 18, 2011

Rus in God.

Thomas a Kempis se vierde boek in sy Navolging van Christus word Boek van die Innerlike Vertroosting genoem. Dit is 'n merkwaardige boek, vol passie en vol ongeduldige verlange om by God te kan wees. 

Dit is deurspek met intieme taal wat vertel van die mens wat weet van die rus wat 'n mens net in God kan vind en wat vanuit hierdie rus smag na meer en meer. 

Alles fokus op God.

Hoofstuk 21 se titel lui: "Dat 'n mens bo alle goed en gawes in God moet rus vind.

Hier is die gebed:

Gee, dierbare en geliefde Jesus, dat ek in U rus sal vind –
   bo alles wat geskape is.
   bo alle geluk en skoonheid,
   bo alle roem en eer,
   bo alle mag en waardigheid,
   bo alle kennis en vermoë,
   bo alle rykdom en besittings,
   bo alle sagtheid en vertroosting,
   bo alle hoop en beloftes,
   bo alle verdienste en verlange,
   bo alle gawes en geskenke wat U my kan gee en oor my kan uitstort,
   bo alle vreugde en verrukking wat die gees kan ervaar en voel – kortom, 
   bo engel en aartsengele en 
   bo die hele heerskare van die hemel,
   bo al die sigbare en onsigbare dinge,
   en bo alles wat nie Uself, my God is nie.

Want U, Here my God, is bo alles die voortreflikste,
   U alleen is die hoogste,
   U alleen die magtigste,
   U alleen die genoegsaamste en volmaakte,
   U alleen die lieflikste en troosrykste,
   U alleen die skoonste en beminlikste,
   U alleen die edelste en roemrykste bo alles,
   In Wie alle dinge gelyk en volmaak is, was en sal wees.

Daarom is alles wat U my gee behalwe Uself of wat U oor Uself openbaar of beloof,  swak en onvoldoende
as ek U nie gesien of vir my volkome toegeëien het nie.

Want my hart kan geen egte rus nog volkome voldoening vind
as dit nie in U rus en bo alle gawes, ja bo die hele skepping uitstyg nie.

O my liefste bruidegom, Jesus Christus, suiwerste minnaar,
heerser oor heel die skepping,
wie gee my vlerke om na U op te vlieg en in U te rus?

O wanneer sal dit my ten volle gegee word om vry te wees
en te sien hoe lieflik U is, Here my God?

Wanneer sal ek ten volle in U opgeneem word,
sodat ek deur u liefde nie meer van myself bewus sal wees nie,
maar net van U, ver bo alle gevoel en maat,
op ‘n manier wat nie bekend is aan alle mense nie?

Friday, June 17, 2011

Calvyn en Spiritualiteit

Johan van den Heever maak my in sy skripsie oor Thomas van Kempen bewus van die volgende aanhaling uit Calvyn. As 'n mens huidige insigte in Spiritualiteit ken, is hierdie gedeelte 'n pragtige illustrasie daarvan.

In één woord gezegd, ik versta onder boetvaardigheid de wedergeboorte, die geen ander doel heeft dan dat Gods beeld, dat door Adams overtreding bezoedeld en bijna uitgewist was, in ons hersteld wordt. ...En deze vernieuwing wordt niet op één ogenblik, of dag, of jaar volbracht, maar door voortdurende, ja soms ook langzame voortgang doet God de verdorvenheden des vleses in zijn uitverkoren te niet; Hij reinigt hen van hun vuilheid, en heiligt ze zich tot tempelen, terwijl Hij al hun zinnen vernieuwt tot ware zuiverheid, opdat zij zich hun gehele leven oefenen in boetvaardigheid, en weten mogen, dat deze krijgsdienst geen einde vindt dan in de dood. ...maar alnaarmate iemand dichter komt tot de gelijkenis met God, zeg ik, dat in hem Gods beeld meer schittert. En opdat de gelovigen hiertoe komen mogen, wijst God hun de loopbaan der boetvaardigheid toe, om daarin hun ganse leven te lopen.

Johannes Calvyn - Institutie 3.3.9

Kyk net die mistieke spits in hierdie aanhaling: alles wat met mense gebeur het die een groot doel om God se beeld in hulle te herstel.

Hier is alles waaroor spiritualiteit gaan: die prosesmatige, voortgaande transformasie wat die verhouding met God in mens se lewe bring: uiteindelik, skryf Calvyn, reinig en heilig God die mens, vernuwe die mens tot ware suiwerheid (!), wat 'n mens gedurig weer jou hand in eie boesem laat steek (boetvaardigheid), totdat 'n mens nader, al hoe nader kom tot gelykenis aan God. 

In die mens "skitter" God se beeld "al hoe meer". Dit is die fokus - om al hoe nader aan God te kom. Nie suiwering of heiligmaking is die helder punt nie. Om met God se beeld te skitter, dit is waaroor die geestelike reis gaan.

Pure mistiek.

Blog Archive