Saturday, April 21, 2012

Die kerk moet te alle tye profeteer en in tale spreek


Die kerklike lewe is vol van opsienbarende en minder opsienbare dinge. Dit is gewoonlik die buitengewone, wonderlike gebeurtenisse wat die massa’s aantrek en kerkgeboue laat vol loop.

Wanneer ‘n mens van Paulus se briewe lees, kom ‘n mens agter dat hy baie sensitief was hieroor. Hy het geweet van die groot aansprake van die belangrikes in Korinte dat hul geestelik so sterk en buitengewoon geleef het.

Paulus moedig die besondere gawes van die Gees aan. In 1 Korintiërs 14:1 spoor Paulus gemeentelede van die kerk in Korinte aan om veral die gawe van profesie te soek. Dit is vir Paulus iets besonders om te kan profeteer. Dit is ‘n “geestelike” gawe. Paulus herhaal trouens hierdie aansporing aan die einde van die gedeelte in vers 39. Hy onderstreep op die manier hoe belangrik die tema vir hom is.

Op dieselfde manier prys Paulus ook die gawe van spreek in tale hoog aan. Paulus wens dat almal in die gemeente in tale sal praat. Nog meer, skryf hy, sou hy wou hê dat almal sou profeteer.

Hy hou daarvan dat die Korintiërs ywerig soek na geestelike gawes, lees ons in 1 Korintiërs 14:12.

Maar daar is ook ‘n ander kant. Paulus is duidelik bekommerd oor die nadele en die skade van geestelike gawes. Paulus skryf juis in vers 29 dat profete en hul profesieë nie sommer maar net aanvaar moet word nie. Hy voeg by dat as twee of drie profete spreek moet die ander onderskei/oordeel. Dit beteken dat die gemeente sommige profesieë verwerp het. Ander profesieë sou sekerlik aanvaar word.  

Die baie belangrike begrip van die onderskeiding van die geeste in spiritualiteit kom van hierdie vers en is al dikwels bespreek.  

Paulus maak veral duidelik in 1 Korintiërs 14 dat profesie ‘n gawe van God deur die Heilige Gees is waardeur ‘n boodskap in verstaanbare vorm aan mense gegee word. Reeds hieruit kan ‘n mens aflei dat Paulus groot waarde daaraan heg dat ‘n profesie mense op ‘n sinvolle manier op hulle geestelike reis begelei.

Maar hoe reageer mense nou sinvol op ‘n profesie en hoe kan ‘n mens die waarde van ‘n profesie onderskei?

Sommige mense  sê dit gaan om die inhoud van die profesie. In die lig van die boodskap daarvan kan ‘n mens besluit hoe aanvaarbaar ‘n profesie is. Gedurigdeur in 1 Korintiërs 14 val die klem op verstaanbaarheid.

Nog ander wys op ‘n tweede belangrike punt: Die inhoud van ‘n profesie is aanvaarbaar en gesaghebbend wanneer almal in die kerk dit inderdaad as ‘n profesie onderskei. Elkeen in die gemeente het ‘n verantwoordelikheid om te deel in die onderskeiding (vers 26).

Ook belangrik is dat ‘n profesie tot opbou van die kerk moet wees (vers 12). Dit was ‘n belangrike maatstaf in die proses van onderskeiding: watter rol speel ‘n profesie om mense in ‘n kerk in ‘n intieme geloofsgemeenskap saam te snoer en te verenig. ‘n Profesie wat verdeel, onmin saai, mense teen mekaar opsweep, hooghartig is, veroordelend werk is nie eg nie.

Wat waar is van profesie, is waar van alles wat die kerk doen: gedurig, in elke aktiwiteit, gaan dit om die geestelike vrug wat ‘n mens moet kan onderskei. Bring ‘n profesie ‘n mens nader aan God en laat dit ‘n mens die vrug van die Gees dra, dan is dit sekerlik ‘n gawe van God aan die kerk.

Altyd weer, dus, moet die kerk waaksaam wees: in alles, maar dan ook alles, moet ‘n mens God se teenwoordigheid kan onderskei. Anders werk dinge nie reg nie…

  

Friday, April 20, 2012

Vier vreugde!



Daar is baie bande wat ons aan ander bind en hierdie verbintenisse het ‘n besonder houvas op ons. Hulle bly by ons, begelei ons en bekragtig ons bo wat ons ooit vermoed.

As ‘n mens bietjie begin nadink hieroor, ontdek ‘n mens dat dit liefdesbande is.

Dit is lekker wanneer jy by vriende is. Die tye is goed wanneer ‘n mens sommer 'n aandjie kuier, wanneer 'n mens mekaar raakloop, toevallig, in die straat, die impromptu geselsies op die straathoek op ‘n laat somer-dag. Met ‘n vol hart loop jy die res van die dag in.

Die familie wat met ‘n spesiale geleentheid bymekaar kom en die los, goedige gepratery oor alles en nog wat. Die groot dinge wat ons andersins kwel en bedruk, is vergete.

Ons hou daarvan om die goeie dinge saam te beleef, met mense van ons bloed, vriende, kollega's. Ons speel graag saam, maak ons grappige en ligsinnige draakstekery. Hoe besweer ‘n mens nie hierdeur die deurlugtige belangrikheid van die swaargewigte met hul openbare opinies en slimmighede nie.

Ons praat vrolik voor die televisie wanneer ons die golf kyk, trots op ons landgenoot wat die hele wêreld beïndruk. Vergete is die frustrasie, die skelmstreke, die korrupsie wat so maklik die boe-mens word wat ons verskrik en op die vlug wil laat slaan.

Saam bekyk ons die foto’s van die vakansie, onthou die goeie tye saam.  Verdring is die donker dinge wat soms so verstikkend oor ons hang.

Wanneer ‘n mens hieraan vashou, kry ‘n mens plesier aan jou lewe. Die goeie dinge word ‘n rede om bly te wees. Deur vreugde skep ons ‘n veilige wêreld wat nie ingeneem kan word nie.

Maar steeds weer is die voorwaarde om die liefde te herken. En dan ook nog om die liefde te vier. Steeds weer moet ‘n mens jou daaraan herinner.

Dan, bewus hiervan, deel ‘n mens. Deur vriendelikheid, vreugde, skoonheid. En dit maak ons vry van die verslawing aan ons vrese. Dit omvorm ons in vryheid.

God, die Liefde, kom tot hulle wat verlang daarna – en kom in oormaat, in soveel oorvloed dat ‘n mens in vreugde woon.  

Thursday, April 19, 2012

Die lasterlikhede in 'n mens se eie lewe.


Elke keer weer word ‘n mens tot stilstand gedwing by die boodskap dat godsdiens doodsgevaarlik kan wees. Trouens, soms, vertel die Bybel is daar iets demonies in aansprake van gelowige mense.

Dit ontdek ‘n mens wanneer jy die eerste dae van Jesus se bediening bedink en die kritiek wat Hy hom op die hals gehaal het.

‘n Mens kan jou moeiliker, in die gees van lectio divina, ‘n meer tragiese prentjie voorstel as die een wat Markus 3:22-23 voorhou:

Jesus is die Een wat mense bevry: Hy kom by iemand wat rasend, manies, verward en stukkend is. Deur ‘n blik van ontferming, deur ‘n vriendelik aanraking, bring hy die verwilderde mens tot bedaring. Met sy onpeilbare Teenwoordigheid bring hy die onstuimiges tot rus.

Op die manier, in hierdie ontaarde samelewing kry klompe mense nuwe hoop en breek daar vir hulle ‘n nuwe lewe aan.

Hulle word bevry en kom tot heelheid.

Dankbaar volg hulle die Een wat vir hulle die ondenkbare moontlik gemaak het. Hier, in Hom, ontdek hulle hoe kragtig ‘n mens se lewe omgekeer kan word. Nie eers die stukkendste lewe is verby alle hoop nie. Juis wanneer ‘n mens dink dat alles ‘n puinhoop is, kan nuwe lewe geskep word.

Hulle ontdek krag. En, meer nog, hulle herken in Jesus die Een wat hierdie krag verteenwoordig, uitleef en bemiddel.

En dan die tragiese:

Jesus gaan huis toe, na sy eie mense. Op pad na sy tuiste is daar vir hom geen ruskans nie. Sy reputasie veroorsaak ‘n samedromming. Soveel ellendiges versamel om hom, skryf Markus, dat hy nie eers ‘n kans kry om te eet nie. Die nood is groot. Vele herken hom as die Bevryder en wil naby hom wees.

En dan die reaksie van sy eie mense: hy het mal geword. Hulle herken nie meer hulle seun nie. Hulle sien ‘n malle. Iemand wat van sy sinne is.

Of die groter tragedie: die slim mense onder sy tydgenote is ook in die omgewing. Hulle huiwer nie om hul deurlugtige opinies te gee nie:  Hy is nie net mal nie, hy is besete. Hy word deur die Satan geïnspireer om sy reinigingswerk te doen. Sy genesing van die siekes en ellendiges is sataniese werk.

Die reaksie van Jesus is veelseggend. Volgens Markus 3:23 het Hy die skrifgeleerdes “nader geroep” en hulle “met voorbeelde” geantwoord. Lank praat Jesus met die mense wat hom belaster. Die krag wat die siekes in hom raakgesien het, vertel hy, kan tog nie demonies wees nie. Eintlik, vertel Jesus, beteken sy genesing van die besetenes dat Hy sterker is – want om duiwels uit te dryf beteken dat ‘n mens mag bo hulle het. Geduldig is hierdie gesprek waarin die inherente spanning en teenstrydigheid in die opponente se redenasie uitgespel word.

Die ironie tref ‘n mens in die gesig:  aan die een kant is daar die klipharde, volledig verinneweerde mense, keiharde sondaars wie se bestaan demoniese trekke aangeneem het en deur die ontmoeting met Jesus volledig bevry word. Hulle wat God verwerp, word nou volgelinge van die Een wat hom oor hulle ontferm het.

Maar – aan die ander kant, die vromes, hulle wat die Skrif deur en deur ken, wat aanspraak maak daarop dat hulle God se wil vir almal kan uitlê. Hulle word nou die afwysendes. Hulle kan nie dieper kyk nie. Hulle sien nie die ontferming en die genesende krag wat dit het nie. Hulle is blind vir die helende krag, onontvanklik vir die troostende werking van die Heilige Gees.

Wie blind is vir die heilige en hatig is oor ontferming, wie hard is van kennis en opgeblase is van slimmigheid, sal altyd skuldig bly aan die sonde. Hulle sal nooit vergifnis ervaar nie. Hulle bly tot in ewigheid verlore.

So godsdienstig sal hulle bly, maar sonder die krag daarvan.

So logies is dit.

‘n Mens kan die storie van die Skrifgeleerdes en die lastering teen die Heilige Gees afstandelik, onbetrokke en ook met ‘n self-verheffende genoegdoening (ek is nie so nie) lees. Veel wyser sou dit wees om die verhaal te lees as ‘n aansporing om die lasterlikhede in ‘n mens se eie lewe te herken en te ontmasker. 

Daar was, immers, nie net die Skrifgeleerdes nie.

Daar was ook 'n Judas, die een wat so vir die armes geskerm het.

En 'n Petrus, daardie rots onder die sterkes.


Wednesday, April 18, 2012

Die mistiek van lyding


Dorothee Sølle skryf uitvoerig oor die mistieke karakter van lyding.

Sy vertel aan die einde van haar aangrypende hoofstuk oor die verhouding van mistiek en lyding van ‘n voorval toe 'n man opgestaan en gepraat het by ‘n vergadering in 1996 in Duitsland waar daar beswaar gemaak is teen die vervoer van atoom-afval en die dodelike risiko's wat daaraan verbonde is.

Die man vertel van die lang stryd teen die magshebbers wat twintig jaar van sy lewe in beslag geneem het. Steeds weer is die een onderneming na die ander aan die demonstrante en beswaarmakers gegee, net om eenvoudig geïgnoreer te word. Beloftes, vriendskappe en vertroue het in die slag gebly deur die klipharde houding van mense wat die mag gehad het om oor die saak te besluit.

“As daar maar net die kleinste aanduiding was dat iets aan die saak gaan verander”,  het die man desperaat uitgeroep. “As ons net kon onderhandel, gesprekke kon voer en kon vorder. As ‘n mens net die gevoel kry dat hierdie dodelike bedreiging van die mensdom op een of ander manier besweer word.”

Toe sê hy: “Die moeilikste is om nie tou op te gooi nie en om nie in te gee vir die magte wat onversteurd hulle gang gaan en vere oor die saak voel.”

Sølle het nie goedkoop antwoorde vir die man nie. Daar is nie maklike trooswoorde nie. Nee, skryf sy, wat sy wel in die man se woorde hoor is die “stil uitroep”, die “silent cry”. Soos nêrens anders merk sy die innerlike pyn van die man.

Maar, voeg sy by, dit is hierdie pyn wat ‘n mens aan die gang hou. En dit is ‘n volgehoue pyn waarsonder ‘n mens nie meer weerstand kan bied nie. Dit is die pyn wat ‘n mens aandryf en laat volhard.

Die man het oor jare heen nie sy stryd opgegee nie, al het dit by hom veel pyn veroorsaak. Hoewel hy magteloos was, het hy - het die pyn - hom steeds laat bly glo. En teenoor sy geloof te midde van magteloosheid staan die brute ongeloof in mag van sy teenstanders.

Die man, skryf sy, leef ‘n mistiek van lyding uit. In ‘n mens se agonie, in jou pyn, word ‘n mens een met God in God se pyn. Dit bring ‘n mens om te deel in die kruis, om die kruis van Christus in jou lewe op te neem.

Mistiek van lyding.

Tuesday, April 17, 2012

In die veilige hawe van God se wil. ‘n Christen in Auschwitz.


Georgie O'Keeffe se aangrypende Swart Kruis.



Edith Stein, gebore Jodin, het, nadat sy in 1921 Christen geword het, haar weer aan haar akademiese skryfwerk toegewy. Na 1933 het haar situasie drasties versleg. Omdat sy egter gebore Jood was, is haar aanstelling in akademiese poste en die publikasie van haar werke in Nazi-Duitsland geweier.

Sy skryf in die tyd oor haar groeiende besef dat daar nie vir haar enige geleenthede meer in Duitsland was nie, want die Nazi’s se anti-Semitisme het haar as gebore Jood “n vreemdeling in die wêreld gemaak.”

Met die verslegtende situasie en die gevare wat dit ingehou het, het haar geestelike begeleiers haar nie langer gekeer om in ‘n Karmelitiese klooster te gaan bly nie.

Toe sy in 1933 daar aankom het sy vir die leier gesê: “Mense kan ons nie meer help nie, net die lyding van Christus kan ons nou red. En ek verlang om daaraan deel te hê.”

Net voordat sy tot die klooster toegelaat is, het sy haar ma en familie gaan groet. Sy is saam met hulle na die sinagoge. Haar ma, in trane, het vir haar dogter gesê dat sy niks teen Christus wil sê nie. Wat haar betref kon hy ‘n goeie mens wees. Maar, het sy uitgeroep, waarom het hy homself God genoem?

Van buite, van die staat, maar ook van binne, van haar familie, is sy in lyding gedompel. Vir Edith was die terugreis na die klooster daarom vol gemengde gevoelens. Sy was nie opgewonde nie, want haar ervarings by haar familie was vir haar verskriklik.

En tog, skryf sy, het sy ‘n diepe vrede ervaar omdat sy gevoel het sy leef in die veilige hawe van God se wil.

Sy sou hierna elke week vir haar ma ‘n brief skryf – al het sy nooit van haar ooit ‘n antwoord gekry nie. Haar enigste kontak met die familie was met haar suster. In 1936 is haar ma dood en al het sy nie weer van haar gehoor nie, skryf sy dat sy weet haar ma se geloof tot aan die einde sterk was. Des te meer het sy geglo dat haar ma ‘n genadige God ontmoet het en vir haar as haar dogter intree sodat sy ook daardie bestemming kan bereik.

Teen 1938, vier jaar na haar intrede in die klooster, skryf sy in ‘n steeds verslegtende situasie: “Ek begryp al hoe meer dat die kruis die bestemming van God se mense is. Ek voel dat mense wat die kruis van Christus verstaan, die kruis namens ander op hulle moet neem. Beter as ooit verstaan ek wat dit beteken om aan die Here in die teken van die kruis te behoort. En tog kan ‘n mens dit nooit ten volle verstaan nie, want dit is ‘n verborgenheid.”

In die klooster het Stein gedurig vir haar Joodse geloofsgenote in gebed ingetree. Vir haar was dit ‘n roeping wat God vir haar bestem het. Sy het hulle nooit opgegee of vergeet nie.

Haar lewe was toenemend in gevaar – selfs al was sy ‘n Christen. Toe die verskrikking van die Jode-vervolging in 1938 losgebars het, is Edith in die geheim na Nederland geneem waar sy en haar suster in Echt in die klooster van die Karmeliete weggesteek is.

Daar het sy geskryf, weer eens met die Joodse volk voluit in haar hart: “Ek aanvaar die dood wat God vir my voorberei het in totale onderhorigheid en met vreugde as God se heiligste wil vir my. Ek het die Here gevra om my lewe en my dood te aanvaar sodat die Here deur sy volk aanvaar sal word en dat sy koninkryk in heerlikheid mag kom, sodat Duitsland gered kan word en vrede na die wêreld kan kom.”

In 1941 skryf sy dat ‘n mens alleen maar kennis van die kruis kan opdoen wanneer ‘n mens die kruis volledig ervaar het. Daarvan is ek oortuig en daaroor sê ek met my hele hart: ‘O kruis, enigste hoop.’”

In 1942 is sy gevang deur Nazi’s wat woedend was oor die kerk wat die Jode-slagting veroordeel het, terwyl sy en haar suster in die kapel saam met haar mede-gelowiges aanbid het. Haar laaste woorde in hulle teenwoordigheid het sy vir haar suster gesê: “Kom, ons gaan namens ons mense.” Ook in hierdie oomblik, terwyl sy geweet het wat kom, het sy haar eie mense nie vergeet nie.

Sy sou skryf: “Ek het nooit kon dink mense kan so wees nie, en nooit het ek kon droom dat my broers en suster so moes ly nie. Ek bid elke uur vir hulle. Sal God my gebede hoor? God sal hulle sekerlik hoor.”

Nadat hulle twee dae lank in ‘n groep van 987 Jode en Joodse Christene op reis was, kom hulle op 9 Augustus in Auschwitz aan waar sy en haar suster in die gaskamers vermoor is.  Sy, die begaafde vrou, toegewyd aan Christus en aangegryp deur die kruis, het haar lydensweg, in navolging van Christus, voltooi in ‘n plek wat net so ru, net so vernietigend en net so godverlate was soos die donker kruisnag op Golgotha.  




Monday, April 16, 2012

Meditasie en goeie gesondheid

Daar is al navorsing gedoen oor die genesende invloed van godsdiens. Pasiënte wat geestelik versorg word en gebed vir en van siekes, kan 'n bydrae maak om mense beter te laat voel en word.

Hier onder is 'n artikel uit vandag se Trouw oor die genesende effek van meditasie. Dit is 'n interessante artikel en dit sou waardevol wees om 'n wetenskaplike stuk navorsing hieroor te sien. 

Hier is die artikel: 

Jarenlang regelmatig mediteren is goed voor ons brein. De oefeningen stimuleren de ontwikkeling van de hersenschors, waardoor het sneller informatie kan verwerken. Op korte termijn kan mogelijk het depressie tegengaan. Dat blijkt uit onderzoek van de universiteit van Californië.


Eerder ontdekte de universiteit dat meditatie de verbindingen tussen hersencellen versterkt. Nu blijkt ook de schors te profiteren. De wetenschappers ontdekten correlatie tussen het aantal jaren dat iemand mediteert en de mate waarin de hersenschors zichzelf heeft versterkt. Het tijdschrift Frontiers in Neuroscience publiceerde onlangs hun bevindingen.


'Van mensen die mediteren is bekend dat ze meesters zijn in introspectie, zelfbewustzijn', vertelt neuroloog Eileen Luders op de website van de universiteit. 'Ook zijn ze goed in zelfbeheersing en hebben ze hun emoties goed in de hand.' De resultaten van haar onderzoek zouden aantonen dat er inderdaad een neurologisch verband bestaat.


Yoga en depressiviteit 
Collega's van Luders publiceren deze week over het verminderende effect van yoga-oefeningen op depressiviteit. Ze lieten personen die Alzheimer-patiënten verzorgen acht weken lang dagelijks een zangmeditatie (Kirtan Kriya) doen. Alzheimer-verzorgers scoren doorgaans hoog op stress, eenzaamheid en angstproblemen. Een andere groep verzorgers luisterde dagelijks enige tijd naar ontspanningsmuziek.


De groep die de zangmeditatie had gedaan, scoorde significant lager op symptomen van depressiviteit. Hun geestelijke gezondheid was over het algemeen sterker toegenomen. Psychiater Helen Lavretsky, die betrokken was bij het onderzoek, noemt de resultaten 'opvallend', maar waarschuwt voor al te rappe conclusies.


Heilzame zangmeditatie 
De bevindingen zouden het heilzame effect van Kirtan Kriya bewijzen, maar weinig zeggen over andere vormen van meditatie. De zangmeditatie draait onder meer om het bewegen van de vingers en om visualisatie. Die helpen bij stressvermindering.

Sunday, April 15, 2012

Hoe nader 'n mens aan God kom, hoe meer raak 'n mens in die wêreld betrokke


Ek het onlangs geskryf oor die briljante Joods gebore Edith Stein (1891-1942) wat gelowig geword het o.a. deur die reaksie van Adolf Reinach se weduwee toe hy in die oorlog gesterf het.

Haar bekering tot die Christendom in 1921 het nie sommer uit die lug geval nie. 

Lank vantevore en nog tydens die eerste wêreldoorlog het Edith Stein ‘n katedraal besoek. Terwyl sy daar was het ‘n vrou die katedraal binnegekom. Sy het haar inkopie-sak by haar gehad. Toe Edith sien dat die vrou in die kerk kniel en bid, was sy verbaas gewees. Vir haar, skryf sy later, was dit iets heeltemal nuuts. Sy het vantevore sinagoges en Protestantse kerke besoek. Dit was plekke waarheen mense gegaan het om eredienste by te woon. Hier egter, het ‘n vrou uit ‘n besige winkel die leë kerk ingegaan asof sy ‘n intieme gesprek met God wou voer.  

 Sy skryf later dat dit iets was wat sy nooit sou vergeet nie.

Haar bekering tot die Christendom was ook vir haar ‘n herontdekking van die wat voorheen kosbaar was. Dit was vir haar ‘n terugkeer na geloof wat deurtrek was met die lewe. Dit het haar gebring tot die vaste oortuiging dat niks toevalligs is nie. Haar hele lewe, tot op die kleinste detail, was vir haar uitgespel in God se voorsienigheid. Alles wat met haar gebeur het, het sy geglo, maak totale en volmaakte sin in God se alsiende oë.

Haar bekering was nie buitengewoon dramaties nie. Dit het gebeur toe sy in 1921 by ‘n vriendin van haar gekuier het. Hierdie vriendin het sy al sedert die dae dat hulle albei studente van Husserl was, geken. Anders as sy, wat nie meer haar Joodse geloof vasgehou het nie, het die vriendin en haar man Protestante geword. Tydens haar kuier by hulle begin sy ‘n lewensverhaal van Teresa van Avila lees. Sy kon die boek nie neersit nie en het dit in een nag deurgelees.

Sy vertel dat toe sy die boek toegemaak het, sy vir haarself gesê het: “Dit is die waarheid.” Op die manier het die lewe van Teresa van Avila, eeue na haar dood, mense, nie-Christene, nog geïnspireer.

Die vriendin was aan haar sy toe sy op 1 Januarie 1922 gedoop is. So diep was sy deur Teresa beïnvloed dat sy in ‘n klooster wou gaan woon, maar haar geestelike begeleiers het haar afgeraai om dit te doen. Op die manier sou sy ontdek dat ‘n lewe in die geloof nie beteken dat ‘n mens aardse dinge moet prysgee nie. Sy skryf: “Langsamerhand het ek geleer dat ander dinge van ons verwag word. Hoe nader ‘n mens aan God kom, hoe meer sterf ‘n mens jouself af deur in die wêreld in te gaan en die goddelike lewe daarin in te dra.” Daarom het sy in die volgende paar jaar verskeie akademiese werke oor belangrike geestelike denkers geskryf. Haar akademie het vir haar die kans gegee om, soos sy geskryf het, ‘n instrument in God se hand te wees. Vir haar het haar werk vir haar geleenthede gegee om mense na God te lei.

Maar 1933 sou ‘n dramatiese ommekeer in haar lewe bring. In hierdie jaar sou haar kruisweg begin. Hieroor later meer.  

Saturday, April 14, 2012

Wat saak maak is of 'n mens lief het...


Teresa van Avila het hierdie uitspraak gemaak:

Wat saak maak is nie of ‘n mens diep dink nie. Wat saak maak is of ‘n mens baie lief het. Daarom: doen veral die dinge wat liefde in jou wakker maak.

Friday, April 13, 2012

Die getroue dienaar leef gesag uit


Hoe kan ‘n mens ‘n geestelike leier vertrou? Wanneer kyk ‘n mens genoeg met waardering en met respek op na iemand anders om jou hartsgeheime vir die persoon te onbloot?

Wanneer maak mense hulle harte oop om hulle diepste kwellinge en mees verborge sorge met iemand te deel?

Hoe gebeur dit dat ‘n geestelike leier gesag inboesem? Wanneer sien mense genoeg op na hul pastor of hul medereisiger om hom/haar se leiding te aanvaar?

Bonhoeffer het hieroor nagedink en was seker oor die antwoord:

Mense sien nie op na ‘n pastor omdat hy spesiale gawes het nie. Dit is nie die indrukwekkende dade wat by mense vertroue inboesem nie.

Die antwoord is eenvoudig en helder: dit is die mens wat getrou vir Christus dien en volg wat gesag en vertroue inboesem. Mense wil met hul geestelike behoeftes wees by daardie man of die vrou wat die reguit pad loop.

Die krag en die gesag van die pastor hang saam met die toewyding aan Christus.


Thursday, April 12, 2012

Opstand in die kerk.

In Oostenryk het 'n groep gelowiges opgeroep tot opstand teen die kerkleiding omdat die selibaat 'n voorvereiste vir die priesteramp is. In die berig hier onder (in Woensdag se Trouw) word vertel van kritiese geluide wat 'n kerkleier in Antwerpen in België laat hoor.

Hy beïndruk my wanneer hy sê dat die selibaat vir die priesteramp sinvol is, veral in ons maatskappy waarin seksualiteit gebanaliseer word. So 'n uitspraak beklemtoon dat seksualiteit 'n gawe is wat nie vulgêr gemaak moet word nie.

Priesters, impliseer sy antwoord verder, wys daarop dat 'n mens se lewe sonder seks vervullend en sinvol kan wees. Daarmee relativeer hy die manier waarop seksualiteit in ons samelewing buite alle verhoudinge opgeblaas word.

Terselfdertyd vertel sy opmerkings vir ons watter groot offerandes mense bereid is om te bring wanneer hulle kies vir God. Alles, ook hul seksualiteit, word deur hul liefde vir God gedryf.

Dit is alles goeie argumente. Maar daar is ook 'n donker kant aan die kerk se absolute eis dat priesters selibaat moet wees. Dit kan daartoe lei dat die waarde van die  huwelik en seksualiteit, juis teen die bedoeling in, gedegradeer word tot maar net 'n sekondêre verskynsel. Daar sit ook iets hartverskeurends aan die onderliggende gedagte dat getroude mense minder goeie predikante/priesters uitmaak. En as 'n mens dink aan die groter toneel waar die groot wêreldkerke (Anglikane, Ortodokse, Protestante) getroude mense tot die amp toelaat, val dit in ons tyd op dat die Rooms-Katolieke kerk so min begrip vir die ekumene, of die groter wysheid van die kerke toon.   

Dit is in hierdie konteks dat 'n mens die opmerkings van die biskop van Antwerpen besonder sinvol en baie dapper vind. Dit was vir my goeie leesstof.

Terwyl ek dit lees, nietemin, het ek besef watter groot uitdagings wag op die kerk. Want die kwessie van getroude priesters is net een uitdaging. Dink maar aan die groter kwessie van die vrou in die amp.

Hier volg die berig:

Getrouwde priesters kunnen de 'pastorale dienstverlening verrijken'. Het Vaticaan moet celibatair leven niet langer verplicht stellen, vindt de Antwerpse bisschop Johan Bonny. Vorige week veroordeelde paus Benedictus XVI kerkelijke rebellie nog met opvallend harde woorden.
'Ik geloof in de waarde van het ongehuwde priesterschap, zegt Bonny in de Vlaamse krant de Standaard. 'Zeker in een consumptiemaatschappij als de onze, waar seksualiteit soms wordt gebanaliseerd, kan de ongehuwde priester een bijzondere waarde hebben als profetisch teken. Anderszijds zou ik ook graag getrouwde mannen tot priester wijden, als dat zou kunnen.'

Niet alleen
Bonny zou zeker niet de enige zijn die geen moeite heeft met getrouwde priesters. 'De meeste bisschoppen zouden blij zijn' als ze gehuwde mannen konden wijden. Zijn standpunt heeft niets te maken met priestertekort, benadrukt Bonny. In Oekraïne en hebben getrouwde priesters altijd bestaan.

'In de katholieke kerk aanvaarden wij getrouwde mannen ook als ze dominee zijn in de protestantse kerk en zich bekeren tot het katholicisme.' Paus Benedictus toonde zich vorige week nog weinig enthousiast over beleidsveranderingen. Tijdens de Witte Donderdagmis noemde hij op de oproep van Oostenrijkse priesters om getrouwde en vrouwelijke priesters toe te staan nog ontoelaatbaar.

Hopeloze poging
De geestelijken vinden drastische maatregelen nodig. 'Is ongehoorzaamheid de juiste wijze om daar uiting aan te geven?', vroeg Benedictus zich retorisch af. De Oostenrijkse oproep tot rebellie is wat hem betreft een 'hopeloze poging om de kerk op één lijn te brengen met de eigen voorkeuren en ideeën'.

Of ook Bonny bereid is om de confrontatie met Rome aan te gaan is niet bekend. Op het gebied van vrouwenwijding verschilt hij in ieder geval van zijn Oostenrijkse collega's. Dat vindt hij 'een dossier met theologische implicaties'. 'In ons land zou de wijding van vrouwen wellicht aanvaard worden. Maar wereldwijd is het een heel geladen dossier, ook op beleidsniveau.'

Wednesday, April 11, 2012

Wanneer die Bybel gebruik word om tegenstanders te vervloek.


In vandag se Trouw is daar ‘n berig oor ‘n Amerikaanse predikant wat Psalm 109 gebruik het om sy teenstander te vervloek en die hofsaak wat daarop gevolg het.

Blykbaar is die predikant se gebruik van die Psalm nie so vreemd nie. Dit kom nou uit dat die Psalm baie gewild is onder konserwatiewe Christene wat dit onder andere gebruik om te bid dat President Obama se dae getel sal wees en dat ‘n ander sy amp sal oorneem.

Die vloek-Psalms is al lank ‘n moeilike kwessie onder kerkmense wat daarop wys dat hulle geweld en konflik onder mense kan aanwakker. Ander weer verdedig die Psalms deur daarop te wys dat ‘n mens dit nie letterlik moet verstaan nie. Volgens hulle is dit ‘n manier waarop mense sielkundig van hul emosies ontslae kan raak.

As ‘n mens die berig lees, verstaan jy waarom ‘n steeds groter persentasie mense in Amerika die kerk verlaat. Hulle is nie noodwendig ongelowige nie, maar hulle het, volgens opnames, ‘n weersin in die manier waarop die Bybel gebruik word om konflik in politieke kringe aan te blaas. Dit is een ding om die president te kritiseer, selfs fel te kritiseer. Dit is iets anders wanneer kerke gedeeltes uit die Bybel gebruik wat maklik misverstaan kan word om hul teenstanders te vervloek. En dit doen hulle terwyl hulle weet dat soveel gelowige, eerbare mense dieselfde president wat hulle vervloek, vanuit hul geloofsoortuigings ondersteun.

Dit is nie ‘n mooi beeld wat die kerk uitstraal nie. Hier volg die berig en daarna is daar twee interessante kommentare deur lesers van die koerant.

Aan God vragen om een iemand kwaad te doen is geen laster. Ook het oproepen tot dergelijk gebed is legaal, oordeelde een rechter in de Amerikaanse stad Dallas vorige week. Hij liet zich uit over een rechtszaak rond een voormalig marine-priester.

De geestelijke, Gordon Klingenschmitt, had op zijn website opgeroepen om een leider van een joodse organisatie en diens familie te vervloeken. Hij gebruikte onder meer psalm 109, waarin psalmist David aan God vraagt om zijn vijand te doden en diens vrouw en kinderen te vervloeken.

Het gebed zou onderdeel zijn geweest van een lastercampagne die Klingenschmitt tegen zijn slachtoffer Mikey Weinstein voerde. Weinstein ontving volgens een regionale krant meerdere doodsbedreigingen. De voorganger of zijn volgelingen zouden ruiten kapot hebben geschoten en skeletten van dieren voor zijn voordeur hebben gelegd.

Codetaal
Volgens de rechter is niet bewezen dat het gebed verband hield met die campagne. Weinstein, die beroep aantekent, noemt de gebeden 'codetaal voor het oproepen tot moord'. De psalmvloek lijkt wat hem betreft meer op de fatwa's van radicaal-islamitische geestelijken dan op een regulier christelijk gebed.

De psalm in kwestie beleeft sinds enkele jaren een opleving, meldt Religious News Service. Enkele opponenten van president Obama gebruikten het als banvloek.

De schrijver van de psalm wenst dat zijn vijand spoedig overlijdt, dat 'hij zijn kinderen vaderloos, zijn vrouw als weduwe achterlaat' en 'dat zijn nageslacht voorgoed verdwijnt, hun naam na hun leven wordt uitgewist'. Conservatieve christenen wensten Obama de tekst van vers 8 toe: 'dat zijn dagen geteld zijn, dat een ander zijn ambt overneemt'.

Hier volg twee kommentare van lesers van Trouw wat positief oor Psalm 109 dink:

Jan Doedel
Psalm 109 is een meer dan schitterende psalm. Ik heb de psalm regelmatig lezend gebeden in de tijden dat het kwaad zich samenbalde en ik ten onrechte door bestuursballetjes die naar de ogen werden gezien en wiens ballen men kuste werd gemangeld. Deze psalm sterkt je kanaliseert je woede. Is dus heilzaam voor de mens. Het is geen toverspreuk, maar een genezende waarde.
10/04/12 15:57

Gertjan van Dijk
Het gebed zelf zal geen kwaad doen, maar het kan wel een oproep zijn voor sommige mensen om maar de daad bij het woord te voegen.

Tuesday, April 10, 2012

'n Kerk wat groei...


Ek lees die volgende berig in Sondag se New York Times oor ‘n groeiende kerk in Mahattan. Die berig laat my dink aan baie van die kwessies wat ook in die debat oor kerkvernuwing hier by ons ter sprake is. 

Die kerk kombineer ‘n spesiale liturgiese inkleding wat mense geestelik aanspreek met goeie prediking en musiek, maar is ook aktief by sosiale kwessies. Een na die ander kerkganger vertel van hul goeie ervarings en op die manier versprei die woord gou onder mense dat hul innerlike behoeftes tog iewers in ‘n kerk aangespreek word.  Hier is die berig:

A LINE of priests, chanting choir members, and altar girls and boys, all dressed in red and white robes, streamed down Duffield Street in Downtown Brooklyn last weekend, leading the Palm Sunday street procession at the Oratory Church of St. Boniface.

Behind them were about 400 people, including elderly parishioners, young parents with toddlers in tow and giggling children waving palm leaves in the air. The crowd squeezed through the church doors and filled the small nave so quickly that ushers unfolded chairs at the entrance to accommodate it.

Amid the buzz, Kevin Rooney, 29, a lawyer who lives in Downtown Brooklyn, said he and his wife had visited other Roman Catholic churches before deciding to join St. Boniface. The nearby Cathedral Basilica of St. James was beautiful, he recalled, “but it didn’t feel like a community, not like this.”

The vibrancy of St. Boniface makes a stark contrast to many moribund parishes across New York City. Others may be full this Easter Sunday, but St. Boniface attracts an average of 700 people a weekend, remarkable when only about a third of Roman Catholics registered with the Diocese of Brooklyn and the Archdiocese of New York attend services on an ordinary Sunday, according to a spokesman for the organizations. Social justice programs, like a secular nonprofit group that helps support a community in Kenya, and homilies flecked with literary allusions draw a diverse and impressive crowd, with many writers, civic leaders and professionals in the mix.

The church’s high ritual and its open and inclusive approach appeal to people born to the faith, converts, Christians of other denominations and, particularly, young families. The priests have also made a special point of welcoming Catholics who have been distressed by some of the church’s politics or its sometimes rigid hierarchy.

St. Boniface is an example of an intentional parish, a phrase some members of the clergy use to describe a destination church that attracts people from beyond its geographic boundaries. Many gay and lesbian Catholics travel to the Church of St. Francis Xavier in Chelsea. Some traditionalists attend the Latin Mass at the Church of St. Agnes in Midtown, and foreign language speakers often go distances to hear Mass in their mother tongues. But St. Boniface stands out because the vast majority of those who worship there do not live within the parish’s boundaries but come from across Brooklyn and Manhattan, some even from the suburbs.

There are many denominations of Protestants, allowing worshipers to choose churches that reflect their values and priorities. But until recently, parish shopping was unheard of among Catholics, who, for generations, went lockstep to their local churches.

Indeed, Catholics in New York’s immigrant enclaves often identified themselves according to parish, not neighborhood.

“It was just the vernacular, ‘Which parish do you live in?’ ” recalled Justice Robert J. Miller of the New York State Supreme Court, who grew up in Brooklyn. He now drives to St. Boniface from Ditmas Park, Brooklyn, but in the 1950s, he said, the parish “was your world.”

Catholics no longer live in a Catholic world, explained David Gibson, author of “The Coming Catholic Church: How the Faithful Are Shaping a New American Catholicism,” and a St. Boniface parishioner.

“Catholicism now is more about making choices,” he said, and for some, that means traveling to parishes where they feel affirmed.

“MEETING them where they are” is a mantra among St. Boniface’s five priests and a lay brother, who make it a point to invite new faces to monthly home-cooked lunches in the rectory.

But the inclusive philosophy has a stickier side. While the priests hold true to and convey all the church’s teachings, whether from the Vatican, the United States Conference of Bishops or the Diocese of Brooklyn, they accept that not everyone in the pews does.

When a lesbian couple approached one of the priests, the Rev. Mark Lane, about baptizing their child, they were afraid he would turn them away, he said. But they were welcomed. For Father Lane, 55, the parish’s openness simply reflected Christ’s teachings to love everyone. Even if that could be taken as an implicit critique of the church’s position on homosexuality, the parish did not make the family occasion into a cause.

“The danger is, you turn that into a platform and forget about the persons involved, and I think that’s wrong,” Father Lane said. The two mothers stood at the font with their child along with everyone else. “The symbol is visually powerful, but that’s enough.”

The priests prefer to address controversial issues like same-sex marriage and the death penalty outside of Mass, and while anti-abortion marches are listed in the church bulletin, they are not announced after services. Bishop Nicholas DiMarzio, head of the Diocese of Brooklyn, recently wrote a letter condemning the Obama administration’s mandate that health insurance cover birth control; the letter was distributed in the church, but the priests have preferred to address the debate one on one with parishioners.

“It is not to be evasive about any important issues,” the Rev. Joel Warden said of the approach, “but rather to create hospitality so people on both extremes could feel comfortable here.”

St. Boniface’s culture is rooted in its unique structure, Father Warden added. While most Catholic churches have priests on 12-year assignments, St. Boniface’s five priests and its brother are committed to the parish for their entire lives as part of the Community of the Oratory of St. Philip Neri, an international Catholic society. Unlike priests assigned by a diocese, Father Warden said, “I’m not here to execute an individual vision of what the parish should be.” He added, “I’m working in collaboration.”

The Brooklyn Oratory arrived at St. Boniface in 1990, when the number of parishioners had dwindled to 50. Its ministry in Downtown Brooklyn largely meant repairing the boiler, painting the gloomy nave white and gently asking prostitutes to move off the church steps. The construction of luxury condos nearby has brought new families in recent years. But the parish had to grow by word of mouth.

At the monthly social hour of the Brooklyn Oratory Young Professionals recently, three dozen parishioners in their 20s and 30s mingled around a table of pigs in blankets, carafes of wine and bottles of Brooklyn Brewery beer.

With a cup of sparkling water in hand, Amanda Straub, 38, of Park Slope, Brooklyn, said she had resumed attending Mass regularly only a year ago. The sex-abuse scandals had not kept her away, she said, nor had any particular church policy. “I just didn’t know what place it should have in my life,” she said. Having read about St. Boniface in a profile of Linda Gibbs, a deputy mayor in the Bloomberg administration, Ms. Straub went to a Saturday evening Mass. The homily enthralled her, and she kept coming back.

Pedro De Oliveira, 31, lives in Fort Greene, Brooklyn, but attends St. Boniface, where he counts the priests among his closest friends. “I think our generation asks much more, ‘Why am I doing this?’ ” he said. “They’re much less likely to go to church because it’s a rule.”

Church leaders are concerned about young people leaving the faith in the time between when they leave home and when they marry, and some consider the decline in Catholic weddings in the city — the number in the New York Archdiocese fell to 4,679 in 2010, from 10,803 in 1990 — to be a troubling indicator. Citing the problem of keeping unmarried adults in the fold, Cardinal Timothy M. Dolan, archbishop of New York, recently gave parish shopping a soft endorsement. At a conference at Fordham University in January, Cardinal Dolan responded to a young Catholic disappointed with his local parish by saying: “I don’t mind telling you to be rather mercantile. If the particular parish that you’re in does not seem to be listening, there are an abundance of those that are.”

Msgr. Kieran E. Harrington, a spokesman for the Diocese of Brooklyn, is not a fan of the practice. Though the number of people who travel to parishes outside their neighborhoods is too small to make a real impact on the diocese, he said, he feels that it’s a Catholic’s duty to worship locally.

“The church is about growing where you’re planted,” said Monsignor Harrington, the pastor at the Church of St. Joseph in Prospect Heights, Brooklyn, which draws longtime Haitian and Hispanic residents and recently arrived white professionals.

“It’s like a family,” he said. “You don’t choose your family.”

Serena Derryberry, 44, a physician, confessed that she felt guilty for not keeping her body — and her resources — in the struggling parish near her home. It is a soaring but broken-down cathedral where pews sit largely empty and an echo makes it impossible to hear the homily. Sitting in it, she said, “is depressing, lonely.”

“I’m too selfish,” she said, filing out of Mass at St. Boniface, her toddler son in her arms. “I want to go where I’m having a good experience, and not have to work at getting it.

Na die berig in die koerant skryf een van die lesers wat ook die kerk besoek die volgende kommentaar – wat ‘n mooi opsomming van die hart van die saak is. Die leser skryf:  

I'm at St. Boniface because of those priests and the community that emphasize the heart of Christ's message: love and fellowship and faith. A Catholic Church that encourages reflection and discussion is a Church that will continue to grow. A Church that doubles down on just a part of the Christian message and ostracizes those who disagree or just have questions will find its parishioners fleeing, and after all, the people are the Church, not just the leaders.

Blog Archive