Monday, May 21, 2012

Net nou en dan? As alles kosbaar word....



Ons het in gister se blog gedink daaroor dat ‘n mens in die gewone dinge diep vervuld kan wees. Soos by die viswaters wanneer ‘n mens, weg van alles wat altyd rumoer in jou bestaan inbring, alleen is en eenvoudig net leef.

Sommige mense gryp die lewe so vas veral wanneer hulle hoor dat hulle nie meer veel tyd het om te leef nie. Dan wil hulle elke oomblik voluit beleef. Ander wil in die goeie vakansie, in die wegbreek weer goedheid en mooiheid vind.

Dus: so nou en dan vind ‘n mens die rus....

Of, veral ook: Ons dink dat ons hierdie “rustige” oomblikke wat ons soveel vreugde en genot gee, veral beleef wanneer ons met geestelike dinge op ‘n geestelike manier besig is. In kerkdienste, in stiltetyd, in afsonderingsgeleenthede dink mense om dit te ervaar.

Maar daar is mense wat agtergekom het dat ‘n mens op die vreemdste plekke, in die onverwagte en ongeagte oomblikke en in die mees gewone tye vervulling kan ervaar.

‘n Vriend van my, ‘n mens wat op sy manier graag die dieper dinge in die lewe opsoek, vertel vir my dat hy saans na werk by die huis kom, by sy gesin, en dan, as hy dit doen, bewustelk die herinneringe aan die harde dinge van die dag by die voordeur agter hom toetrek.

Dan is hy by sy vrou, hulle twee seuns en dogter. Hy wil graag die skottelgoed help opwas. Elke bord wat hy was, het kos gehad wat sy kinders se magies volgemaak het. Die lepels wat skoongemaak is, het hulle mondjies vir ‘n oomblik stilgemaak. Dieselfde mondjies wat om die etenstafel  die dag se stories van die skool en die maats en die sport vertel het. Dit is vir hom nie net ‘n ding om borde en eetgerei skoon te maak nie. Om elke bord te was, word ‘n klein ritueel, ‘n liefdestaak, sommer net iets goeds om te doen.
Elke oomblik word vir hom goed. Om net die gewone dinge, die absoluut basiese dinge te doen, daar in die kombuis by sy mense, is vir hom vreugde.

Dit is nie dinge wat hy “diep en filosofies” bedink nie. Maar tog, wat ‘n las moet wees na ‘n dag van ellende, beleef hy anders, want hy bedink en ervaar dit anders.  

Dit is die wonder: wanneer die gewone dinge wonder-lik word. Elke oomblik word spesiaal. Die mees gewone ding, die knip van die heining om die tuin, die sny van gras, die brei van ‘n truitjie, die lees van ‘n boek, die vasbind van ‘n skoen se veters, die drink van ‘n koppie tee, word nie maar net nog ‘n ding om gou agter die rug te kry nie.

Al hierdie dinge wat soveel van ons tyd opneem en wat ons afjaag om by die “groot “ dinge te kom, kan ‘n las en ‘n swaar drag wees waaroor ons mor en kla. Of, dit kan iets heel anders word. As ons dit maar so bedink en ervaar....

Daar is my vriendin wat van elke ete wat sy (moet) kook, ‘n ritueeltjie maak - sonder dat sy dit self besef. Sy doen dit met hart en siel. Sy woel en werskaf in die kombuis. Sy haal haar speserye uit, bedink watter een sal sy gebruik. Sy bekyk haar kruie om te dink wat sou die lekkerste smaak. Sy loer kort-kort in die pot. Sy tel gereeld die deksel op om te loer hoe prut haar brousel. Sy is verlore in haar kos-maak. Tyd staan vir haar stil. Die bedrywigheid in die kombuis is vir haar nooit ‘n gejaag nie en jy sal haar nie maklik hoor kerm of kla nie.

Dit is nou nie dat sy vroom hieroor nadink en teen haar beterwete vir haar dwing om dit “gelukkig” te doen nie. Dit is eenvoudig haar ingesteldheid. Sy is so.

Sy is een van die gelukkigste mense wat ek ken. Elke oomblik is vir haar kosbaar. Sy lewe voluit. Daar is nie gesleur in haar lewe nie.
Sy is nie gekondisioneerd om so te wees nie. Sy rig haar nie self af om dinge so te doen nie. Sy het ‘n innerlike spasie van goedheid wat haar in staat stel om die mees doodgewone dinge met innerlike voldoening te doen.  

Hieroor nog meer.  

Sunday, May 20, 2012

Elke oomblik is kosbaar.


‘n Mens hoor dit soms: mense kry die tyding dat hulle terminaal siek is. Hulle lewens verander dan in vele opsigte en nogal radikaal. Hulle rond hul sake af, sorg vir ‘n testament, reël dat hul besittings uitgedeel word, en nog vele ander. Skielik word dinge vir hulle belangrik wat hulle voorheen nie geag het nie.

Maar hulle kry ook ‘n heel ander gevoel oor tyd. “Elke dag is kosbaar”, het my sus vir ‘n vriendin gesê, drie weke voor sy dood is. En sy het elke dag met kosbaarhede gevul.

Tyd het vir haar ‘n heel ander dimensie gekry. Sy het elk dag intens belewe.
‘n Mens hoef nie net oor die groot, finale dinge so te reageer nie. ‘n Mens kan oor die gewone ding in die lewe ook so voel.

‘n Visserman sal jou vertel dat ‘n mens nie eintlik visvang om ‘n vis aan jou hoek te voel byt en in te katrol nie.

Die visserman wat weet sal vir jou vertel dat die inpak van jou vissak, die planne met watter aas jy vang, die plek waar jy gaan ingooi, maar ook die tydjie met die visstok in jou hand – dit is wat vreugde gee. Hier sit jy, langs die see, met die bries wat teen jou lyf streel, met die see wat in ewige ritme voor jou uitdein, die tyd wat stilstaan.  

Alles wat altyd jou ore laat tuit en jou gemoed uitput, is weg. Daar is nie geraas nie.

Tyd het gaan stilstaan. Jy is verlore in hierdie oomblik.

Meer nog: jy weet dit dat niks behalwe hierdie kosbare oomblik jou lewe vul en vol maak. Daar is ‘n rustigheid in jou wat sommer net daar is. Dit is oor niks wat jy bly is. Net in rustigheid op jou eie, besig met die gewone, dit is genoeg. Dit gee vreugde.

Hier, by die viswaters langs die see, by die kampvuur in die wildernis, hier verdwyn alle konsep van tyd.

Op die manier word ‘n hele dag in die hete son, langs die woelige see, met hande wat lekker stink na aas, ‘n tyd van verfrissing en vreugde. Die doodgewone dinge help jou weer orent, laat jou weer kans sien, maak jou lewe vol van goeie herinneringe en bring in jou gevoelens van innerlike volheid.

Elke oomblik, alles, kan kosbaar wees. 

Hieroor later meer.

Saturday, May 19, 2012

Die liefde is om anders te kyk, om raak te sien.


Simone Weil skryf in haar Waiting for God oor die liefde. Liefde is skeppende aandag. Deur bewus te raak van ander, skep ons, bring ons iets tot stand.

Sy verwys na ‘n ou Spaanse liedjie wat lui: as iemand onsigbaar wil wees, moet hy arm word. Daar is geen beter manier as om niks in die oë van ander te wees as om ongerekend en sonder enige aansprake te wees nie.

Kyk maar, vertel sy, na die Samaritaan. Hy het die gewonde man langs die pad raakgesien en hom toe gaan help. Die ander twee het hom heeltemal misgekyk.

Die liefde is om die onsigbare, die ongerekende, raak te sien.

God, skryf sy voorts, het gedink aan wat nie bestaan het nie en deur daaraan te dink het God dit geskep. Ons as mense bestaan elke oomblik van ons lewens net omdat God aan ons dink. God is gewillig en gereed om ons in gedagte te hou.

Wanneer God in ons woon, kyk ons ook anders na mense. Ons sien hulle raak, ons kyk na hulle op ‘n ander manier as wat ons na die gewone dinge kyk. Dan hoor ons hulle stem.

En as ons mense begin raaksien en hulle raak-hoor, word hulle bewus daarvan. Terwyl hulle sien hoedat ander eenvoudig verby hulle stap en leef, merk hulle op wanneer hulle raakgesien word.

Dit is liefde. Dit is ongewoon. Want ongewoon is dit om die ander raak te sien. Net soos dit vir die ander moeilik is om te dink dat hulle raakgesien word. En dit nogal in liefde ook.


Wednesday, May 16, 2012

Die dag toe hul wraak geneem het oor haar "stories". Oor die volharding van die getroues

Dit is 'n aangrypende stuk (in vandag se NYT) wat nie eintlik oor 'n kerk gaan nie - die een hier onder oor Amerikaanse vroue-gelowiges. Dit gaan indirek oor 'n denkwyse wat in alle kerke, groepe en samelewings endemies is. Maar diep, diep gaan dit oor geloof wat 'n mens soms bring tot die punt dat jy ook onreg, verskriklike onreg verduur.

Gelukkig is daar sterk vroue, maar ook ander mense, wat deesdae sulke onreg met groot moed aanvat. My gebede is by hulle. 

Hier is die artikel:

 THE recent Vatican edict that reproached American nuns for their liberal views on social and political issues has put a spotlight on the practices of these Roman Catholic sisters. While the current debate has focused on the nuns’ progressive stances on birth control, abortion, homosexuality, the all-male priesthood and economic injustice, tension between American nuns and the church’s male hierarchy reaches much further back.

In the 19th century, Catholic nuns literally built the church in the American West, braving hardship and grueling circumstances to establish missions, set up classrooms and lead lives of calm in a chaotic world marked by corruption, criminality and illness. Their determination in the face of a male hierarchy that, then as now, frequently exploited and disdained them was a demonstration of their resilient faith in a church struggling to adapt itself to change.

Like other settlers in the West, Catholic nuns were mostly migrants from Europe or the American East; the church had turned to them to create a Catholic presence across a seemingly limitless frontier. The region’s rocky mining camps, grassy plains and arid deserts did not appeal to many ordained men. As one disenchanted European priest, lamenting the lack of a good cook and the discomfort of frontier travel, grumbled, “I hate the long, dreary winters of Iowa.”

Bishops relentlessly recruited sisters for Western missions, enticing them with images of Christian conversions, helpful local clergymen and charming convent cottages. If the sisters hesitated, the bishops mocked their timidity, scorned their selfishness and threatened heavenly retribution.

The sisters proved them wrong. By steamboat, train, stagecoach and canoe, on foot and on horseback, the nuns answered the call. In the 1840s, a half-dozen sisters from Notre Dame de Namur, a Belgian order, braved stormy seas and dense fog to reach Oregon. In 1852, seven Daughters of Charity struggled on the backs of donkeys across the rain-soaked Isthmus of Panama toward California. In 1884, six Ursuline nuns stepped from a train in Montana, only to be left by the bishop at a raucous public rooming house, its unheated loft furnished only with wind and drifting snow.

These nuns lived in filthy dugouts, barns and stables, hoped for donations of furniture, and survived on a daily ration of one slice of bread or a bowl of onion soup along with a cup of tea. They made their own way, worked endless hours, often walked miles to a Catholic chapel for services, and endured daunting privations in housing and nutrition.

There appeared to be no end to what was expected of the sisters. In 1874, two Sisters of the Holy Cross, at the direction of Edward Sorin, the founder of the University of Notre Dame, opened a Texas school and orphanage in a two-room shack with a leaky dormitory garret that the nuns affectionately labeled “The Ark.” The brother who managed the congregation’s large farm informed the sisters, who were barely able to feed and clothe the 80 boarders, that he could not give the school free produce — though they could buy it at a discount. The sisters also did 18 years of unpaid housekeeping work on a farm run by the men.

Sisters adapted to these physical, spiritual and fiscal exploitations with amazingly good humor. Still, they chafed against their male superiors’ unreasonable restrictions and harsh dictates. When they directly questioned policy, bishops and priests moved to silence them. A single protest could draw draconian reprisals on an entire congregation.

In 1886, four Texas priests demanded that Bishop John C. Néraz replace a superior, Mother St. Andrew Feltin, saying that she had “spread gossip” and warned her sisters “to beware of priests.”
Bishop Néraz threatened the sisterhood with disbandment and removed Mother St. Andrew from office. He hounded her for years, disciplined other nuns she had befriended, suspended her right to the sacraments, warned other bishops not to grant her sanctuary, undercut her efforts to enter a California convent and even urged her deportation to Europe. Finally, Mother St. Andrew laid aside her religious clothing, returned to secular dress and cared for her widowed brother’s children.

Six years after Bishop Néraz died, Mother St. Andrew petitioned her congregation for readmission. Donning her habit, she renewed her vows amid a warm welcome from sisters who understood too well what she had suffered.

Then as now, not all priests and bishops treated sisters badly, though the priests who reached out to nuns in a spirit of appreciation, friendship and equality could not alter the church’s institutional commitment to gender discrimination. And, as now, some bishops, dismissive of the laity, underestimated the loyalty secular Catholics felt for their nuns.

In the case of Mother St. Andrew, tenacity and spirituality triumphed over arrogance and misogyny. The Vatican would do well to bear this history in mind as it thinks through the consequences of its unjust attack on American sisters.

Anne M. Butler, a professor emerita of history at Utah State University, is the author of the forthcoming book “Across God’s Frontiers: Catholic Sisters in the American West, 1850-1920.”

Dink aan my....

Die nagmaal as sakrament is 'n daad van gehoorsaamheid aan Christus se versoek dat sy volgelinge gedurigdeur sy dood sou vier.

Elke keer as 'n mens die brood eet en die wyn drink, onthou 'n mens.

Want onthou kan 'n mens se lewe beslissend bepaal. Ons herinneringe bepaal ons gedrag.

Ons onthou hoe mense ons goed behandel het. Dit motiveer ons tot die goeie. Daarom doen ons graag goed. Daarom respekteer ons hulle wat goed was vir ons. Daarom is ons dankbaar teenoor hulle.

Ons onthou die onreg wat ons aangedoen is. Daarom wag ons ons kans af om weerwraak te neem. Of, as ons deur die Gees gelei word, help die herinneringe dat ons ander mense nie verontreg nie. Ons weet hoe seer dit kan maak. Ons herinneringe aan die slegte laat ons wegbly van dit wat seer maak.

Ons gedagtes stuur ons lewe.

Daarom wil ons nie in ons gedagtes negatief wees nie, want dit stuur ons na die negatiewe.

'n Mens ontdek hoe spesiaal die lewe is as jy al die goeie dinge in jou lewe in gedagte roep en vertroetel. Wie die goeie bedink, woon in die goeie en word deur die goeie besiel.

Jesus herinner ons daaraan dat ons gedurig sy dood in gedagte moet hou. Nie om te rou of sleg te voel of op die dood te fokus nie.

Onthou, sê hy, dat julle deur my dood bevry is. Dit is die goeie wat julle onthou. Julle is losgemaak van dinge wat julle gebind en geboei het. Die las van sonde word van julle skouer afgeneem.

Sy dood het vir ons vryheid gebring. 'n Mens kan lig, lig leef, vanuit God se genadige goedheid.

Vandaar dat 'n mens wat die nagmaal vier, dankbaar is. Die prys was hoog, ja. Daarom is dit 'n gedempte vreugde. Maar dit bly vreugde, want ons las was swaar en dit is uit pure liefde en genade van ons weggevat.

Wie die nagmaal vier, vier die bevryding. En wie die nagmaal vier, onthou dat die Gasheer by die tafel Jesus Christus is - die een wat Opgestaan het en dus vir ons van die dood se finale greep bevry het. 

Die grootste vreugde is daarom dat wie in Christus is, nooit sonder die Liefde sal wees nie.

Monday, May 14, 2012

Kwaai spiritualiteit

Richard Rohr is welbekend in Suid-Afrika. Hy is ook een van die bekende spiritualiteitskrywers van ons tyd.

Daarom is ek meer as normaalweg geïnteresseerd in sy kwaai artikel oor die Rooms-Katolieke optrede teen Noord-Amerikaanse nonne met hul onlangse verslag (sien 'n blog van my verlede week hieroor).

Die verontwaardiging oor die verslag en optrede van die Vatikaan loop wyd en diep in Noord-Amerika. Die formulering, hoofletters en harde taal van Rohr se artikel weerspieël hierdie verontwaardiging. Rohr ontbloot ook die donker kante van hierdie optrede deur uit te wys hoedat die gees van die belangrike tweede Vatikaanse concilie afgebreek word sonder dat dit amptelik bevraagteken word.

Wat dit soveel interessanter en belangriker maak, is dat Rohr iemand is wat spiritualiteit van die binnekant uit ken.

Dit wys vir 'n mens die profetiese karakter van spiritualiteit.

Ons is nooit vry as iemand in die liggaam van Christus onvry is nie. Dit is des te meer rede om mense soos Rohr en Sandra Schneiders in ons gebede to onthou. Hulle is dapper, want die maghebbers is sterk, en - listig.

Hier is sy artikel:



Vatican Versus American Nuns

by Richard Rohr


We must be honest and admit that there are only two remaining large systems in the world that are totally patriarchal in their style and in their leadership: Communist states and the Roman Catholic Church. Ours never looked quite as bad since we at least used the language of Jesus, the symbols of communion, humility, and service, and we men even dress in rather feminine robes. The Communist states make no display of humility themselves or respect for the feminine side of anything. But the real bottom lines in the Roman Church are becoming more and more apparent to thinking and spiritual people in the last decade or so. Despite the very clear reforms of the II Vatican Council in the 1960′s, the Roman patriarchy, a closed system that allows no prophetic critique, and their branch appointed officers (bishops), are step by step rolling back both the spirit and the letter of the Vatican II reforms–while pretending and saying they are not. (Remember, if you can reject this Council, then you have the basis for rejecting the other 20 Councils of the Church too! The Pope and bishops had better be very careful!)


Deceit and supposed magnanimity are at the heart of all patriarchies, or otherwise their subjects would see what they are actually doing. North Koreans also believe their “Great Father” is protecting them, as did many Filipinos under Marcos, and Russians under their Czars and Czarinas.


No group accepted the reforms and tried to renew itself following the Council like the American Sisters. Yes, they made their mistakes, and also enjoyed certain matriarchal benefits over the laity. Nevertheless, this cruel, humiliating, and intimidating attempt by the Roman Curia (“the place that cares for”) to punish and control the American sisters is being seen for what it is, and what it is not:
It IS male patriarchal control, hurt feelings because they are not that much in control any more; and it is certainly NOT anything like Jesus or the Gospel. Patriarchal systems normally engineer their own demise by such gross misuse of power.


We all need to sincerely pray–and speak much needed Gospel to very worldly power.

Sunday, May 13, 2012

Wanneer sy weg is, is jy op 'n verskriklike manier alleen ...


Van die mooiste gedigte, liedere en artikels is oor ma's geskryf.

Sommige van hulle is sentimenteel, so Briel-agtig, dit is bietjie grillerig.

Ander weer, soos die artikel hier onder, kan op 'n gewone manier vertel van een van die mees verborge, maar ook duidelikste menslike verskynsels - van moederskap.

Maar eintlik, het ek baie, baie kere gesien, is moederskap net nog 'n vorm van die liefde. Dit is liefde op 'n spesiale manier, ja, maar dit kan liefde in een van sy suiwerste vorms wees.

En waar die liefde is, kom die mooiste in mense uit. Soos wanneer, in die artikel hier onder, 'n sterwende ma deur haar sewe kinders omring word en hulle, gretig om haar lewenslange liefde aan hulle, bietjie terug te gee, beurte neem om haar hare te kam.

Liefde stig so liefde. Tot in die fynste greintjies van ons bestaan syfer dit deur en wil dit dan gewys word.

Deur die eeue het mense die liefde van 'n ma hoog geag. Ook in die Bybel. Jesaja 66 is een van die mooiste hoofstukke in die Bybel. Vanaf vers 12, byvoorbeeld, skryf die profeet van die oorvloedige gawes wat mense se deel word wanneer God met hulle 'n verhouding aangeknoop het:

"Ek laat vrede na haar toe aankom soos 'n rivier, Ek laat die rykdom van die nasies na haar toe stroom. Julle sal aan haar drink, en op haar skoot getroetel word.  Soos 'n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel."

Jesaja, die profeet van die sjalom, praat oor God in ma-taal. Die geseënd mens is die mens wat deur God soos 'n ma bemin word.



Hier is die onsentimentele, maar aangrypende artikel van Tom Eaten in vandag se NYT oor sy ma. Hy noem dit die laaste moedersdag:

I started making wine a couple of years ago with a bunch of guys who know far more about the ways of the grape than I do. Between the crushing, racking, barrel-tasting and bottling we talked about wine and sports, women and sports, politics and sports, and maybe some other things that I can’t remember, and sports.

One day I said I’d be absent from the next round of tasks at my friend’s garage. We were getting ready to blend three different reds, the best part of the alchemy of winemaking, but I would have to miss it. My mother was sick, and I had to go to her house on the Olympic Peninsula, across the sound from Seattle.

“How sick?”

“She’s dying,” I said.

She was full of kinetic passion, my mom — no half-speed on anything. She loved books and Ireland and mountains, and she hated phonies, “weird food” and George W. Bush. When I told her how excited I was for the latest vintage of the wine we were making, she lit up and grabbed my hand.

“Will this one be any good?” With a terminal illness, her conversational filter, never very strong, was entirely gone.

“I think so. It’s … sunlight in a bottle, Mom.”

“You were always so clever with words.”

“That’s not my line — I read it in a magazine.”

A few weeks before the doctors issued her death sentence, my 81-year-old mother was making plans to visit a trio of national parks, and she joined a book club, though she complained about the silly selections.

“‘Eat, Pray, Love’ is garbage,” she said.

She found out that the end was near in a roundabout way. She was driving home from the grocery store when her foot went completely numb, and she couldn’t take it off the pedal. To stop, she steered her car into a tree. An ambulance came, tests were taken. No bones were broken, but they discovered what looked like a massive growth in my mom’s head.

A biopsy confirmed glioblastoma, the most aggressive of malignant brain tumors. The neurologist gave her six months, max, but said she might be able to buy more time with chemotherapy and radiation. She went home, vowing to die with her view of the Olympic Mountains, master of her diminished days.

Our group tasted the red wine — a Bordeaux-style blend from grapes grown on the hot desert slopes above the Columbia River in Washington — on a winter’s eve. I thought it was wonderful, and attributed it to Tom Horton, who is the alpha among our winemaking males. He is also the only one who really knows what he’s doing.

“How’s your mom?”

“She was afraid at first, and she cried a lot. And now she’s not afraid and trying to laugh. She wants to have a big dinner with our wine.”

“Will she live to the spring?”

That was the question. After a few weeks of chemo and radiation, my mother’s condition worsened. I confronted the oncologist, and he said the treatment was basically for show — a way to make everyone feel as though they were doing something for her. He said she could be dead in a few weeks. But hadn’t the neurologist given her six months?

“You know, these projections, four months, six months — they really shouldn’t do that. Make your peace with her.”

She would not live to Mother’s Day, by his hints. We had a running joke, my mother and I, dating from an over-the-top card I once wrote her on that day, a way to make up for all the times I never called.
“What did you think of my card?”
“A bit fulsome.”

Thereafter, I limited expressions of filial love to a few stripped-down, declarative sentences, and we always laughed about it.

Not long after the start of the new year, my mom got into bed and stopped talking, eating and drinking. Her eyes closed and never opened again. When you kissed her, she didn’t move or flinch. All seven of her kids gathered and took turns going into her room and brushing her hair. The Irish music was cranked, even if she couldn’t hear it.

Her final day was incongruously glorious, the sky fresh-scrubbed, dazzling sun on new snow in the Olympics. We moved my mom’s bed around so it faced the window, so she might sense the mountains and feel the sunlight’s warmth — a parting taste of this earth. Her face went gray, her breathing became labored and then her heart stopped.

When the last of your parents dies, as Christopher Buckley wrote in his memoir, “Losing Mum and Pup,” you are an orphan. But you also lose the true keeper of your memories, your triumphs, your losses. Your mother is a scrapbook for all your enthusiasms. She is the one who validates and the one who shames, and when she’s gone, you are alone in a terrible way.

Any day now, the red wine will be released from its oak barrel slumber, all that sunlight bottled for future dinners of simple pleasure. I’m desperate for my mother’s judgment on it, not because she was particularly versed in wine, but because nothing was ever completed in my life until she had her say.
In that sense, she will live beyond our last Mother’s Day. She will be there, for fleeting moments, with first sips of freshly opened bottles. I’ll have fulsome thoughts of her, and ponder a forever unanswered question about whether she would have liked this vintage.

Saturday, May 12, 2012

Die liefdeslig verdring die lyding.




Ek sien vandag vir die eerste keer Goya se uitbeelding van Christus aan die kruis (1780). Die Spaanse Goya, een van die groot name in die kunsgeskiedenis, was 'n bekende, gesogte kunstenaar wat tuis was in koninklike howe en in die huise van invloedryke mense.

Maar wie hy ook al was, is vir 'n mens se eerste ontmoeting met die skildery onbenullig. Daar is iets besonders daaraan. Geen bloed, geen wonde, geen lyding nie, al is die kruis en die spykers so duidelik getekend.

Die kruiseling hang nie aan die kruis nie.

Hy staan met opgehefde hande wat uitreik na die hemel.

En die uitreikende hande word verduidelik deur 'n blik na Bo. Van buite die skildery  sien ons as kykers die kruiseling biddende. Ons is bevoorreg om te kan deel in die mees intieme oomblik van iemand se lewe, die laaste gebed tot die Een wat die lewenspad met ons geloop het.

Verder net die sagte lig. Lyding verdwyn totaal in die sterker lig van die liefde en vertroue.  

Friday, May 11, 2012

Om orent te bly, selfs in tye van verraad.




Paulus skryf in 2 Timoteus 4:10 oor Demas wat hom verlaat het en na Tessalonika vertrek het. Demas het “die teenswoordige wêreld liefgekry”, skryf Paulus.  Kolossense 4:10 vertel dat Demas ‘n medewerker van Paulus was. Saam het hulle die Evangelie verkondig.

Paulus het so pas in 2 Timoteus 4:9 geskryf oor die oorwinningskroon wat die Here eendag aan almal sal gee wat “met liefde verlang” na sy koms. Paulus is oud, gedaan, vervolg en moeg. Hy word as drankoffer uitgegiet.

Maar hy weet hy is deel van ‘n klomp mense wat liefdevol die koms van die Here afwag en intussen volhou om die stryd te stry en end-uit vol te hou (2 Tim.4:8-9).

En tog dink hy dit is nodig dat hy aan Timoteus skryf dat hy Demas mis. Demas het hom “verlaat”. Paulus beklemtoon dit: Demas is nie bloot weg nie. Hy het “my” verlaat. Paulus bly alleen agter. Hy is eintlik deur Demas in die steek gelaat.

Dit is nie die eerste keer dat Paulus in die steek gelaat word nie. In 2 Timoteus 1:15 skryf hy dat “almal” in die provinsie Asië hom in die steek gelaat het. Hy noem spesifiek Figelus en Hermogenes. Dit gaan nie altyd so goed met Paulus nie. En in 2 Timoteus 4:16 lees ‘n mens weer die jammerlike klag: toe ek my die eerste keer voor die hof moes verdedig, het niemand my bygestaan nie. Almal het my in die steek gelaat.

Teleurstellings, verraad, onbedagsaamheid, donker tye, die fase’s wat ‘n mens aan die stry moet bly, kenmerk die geloofsreis.

Sommige kan nie hierdie af-tye hanteer en kan nie hul toewyding volhou nie. Hulle “kry die teenswoordige wêreld lief”. Die liefde vir die Here en sy koms brand uit en is weg.

Op ‘n byna Psalm-agtige manier gaan Paulus oor om te skryf: “Maar die Her het my bygestaan en my krag gegee… Ek is uit die bek van die leeu geruk… Die Here sal my red van elke onheil en my behoue in sy hemelse koninkryk bring” (2 Tim.4:17-18).

In die hede en in die toekoms herken die geloof die teenwoordigheid van die Here. ‘n Mens kan praat van “geloofsvertroue”.  Wat ook al die verraad en die alleenheid, iewers kry ‘n mens die krag vandaan.

Dit klink mooi. Totdat ‘n mens die konteks van hierdie brief beter lees:  Paulus sit in die tronk. Hy is oud. Sy hofsaak het misluk. Mense naby aan hom maak hulle uit die voete, skaam en bang om met hom geassosieer te word. In die brief is daar nie ‘n teken dat hy dink hy gaan uit die tronk loskom nie. Al waarop hy kan hoop is dat Timoteus na hom sal kom wanneer hy die brief kry. En dat Timoteus vir hom ‘n mantel sal bring vir warmte en boeke om hom aan die gang te hou (2 Tim.4: 13).

In die omstandighede, roep hy, vol vertroue, uit dat die Here by hom is en hom krag gee.

Soms, wanneer ‘n mens die lang, lang pad met die Here geloop het en die Here gedurigdeur, elke keer weer van naby leer ken het as die Liefde, as die een wat Omgee, as die Een by jou, net by jou, is die tye van donker en verraad des te meer tye om te vertrou. Te goed weet ‘n mens dat die geloofsreis ‘n proses is met sy skadu-kante en sy seerkry-houe. ‘n Mens koop in in die hele pakket.

Soos die Een wat, ook alleen, ook verbrysel, aan die kruis gehang het en tog op die Vader bly wag het.





Blog Archive