Wednesday, July 25, 2012

Tragedies het nie die laaste sê nie,


Die nugtere boekie van Alaric Lewis wat ek 'n rug terug in Afrikaans vertaal het en deur Lux Verbi uitgegee is, het 'n dagstukkie oor die houvas wat verlies aan 'n dierbare op mens kan kry. 

Na sy ma se dood, skryf hy in die stuk, het hy alles vanuit 'n donker hoek beleef. Die tragedie van sy verlies het sy hele bestaan oorheers.

Totdat hy op 'n dag weer opnuut goeie dinge in mense se lewens begin raak sien het 

Dit is waar, voel ek by die herlees van my vertaling van sy stuk: 'n mens kan nie toelaat dat jou verlies jou lewe op sleeptou neem nie.  Daarvoor is dit nodig dat 'n mens bewus word en bewus bly van die goeie dinge wat ook in die donker tye by jou bly en in jou lewe voorkom.

Hier  is die stuk:

10 Junie
“Ek hou vas aan u troue liefde.”
–        Psalm 13:6

Ek kan onthou dat ek na my ma se dood getwyfel het of ek wil lewe in ‘n wêreld soos die een waarin ek my toe bevind het. 

Ek het om my gekyk en drie kinders sonder ‘n ma gesien en ‘n man wat die teenwoordigheid van sy vrou gemis het. 

Dit het my siening van die lewe só belemmer dat ek oral tragedie en lyding begin raaksien het en omtrent niks anders nie. 

Dit was die wêreld en ek wou eerlikwaar nie iets daarmee te doen gehad het nie – hoewel ek natuurlik besef het dat daar nie veel van ‘n keuse was nie en dat ek alles daarmee te doen sou moes hê.

Daar is nog tye dat ek treur omdat die wêreld nie is wat dit moet wees nie. 

Maar dan weer sien ek ook mense wat vir mekaar goed is, hoe pragtig die natuur daarbuite kan wees, en watter wonderlik bande van liefde daar tussen mense is. 

Met al hierdie spesiale dinge om my, besef ek dat vir iemand wat op God se ontfermende liefde vertrou, die tragedies in die wêreld nie die laaste sê het nie.

Tuesday, July 24, 2012

Aan die gragte in rus...

Ek is op pad hotel toe nadat my referaat klaar gelewer is. Dit is 'n idilliese dag met 'n son wat die hele Amsterdam buite toe gelok het. Die Vondelpark is wit onder Hollandse lywe wat nog nie somer gesien het nie en die kans om te kan braai met oorgawe gebruik.


Vir die eerste keer in maande is daar geen volgende referaat wat nou geskryf moet word nie. 

Op pad hotel toe kom ek vir die eerste keer af op 'n naamplaat wat vertel dat dit die plek is waar die bekende Aan die Amsterdamse gragte... gekomponeer is. 



Ek gaan die volgende twee dae net bestaan, hier in ons tweede tuiste, die stad van die kase. Des te meer omdat ons vanuit ons hotelkamer 'n paradys-uitsig het. Teen vroegoggend (6h30) geneem, klop die vrede en rus met 'n na-referaatse ontspanning.


Die seeninge word dus getel, een vir een.

Add caption

Sunday, July 22, 2012

Hy sal groter dinge doen...


God ken ons as God die Vader, God die Gees en God die Seun.

Die Seun is naby aan ons deur die bekende geskiedenis van sy geboorte, sy getuienis en veral sy dood en opstanding. Steeds weer luister ons na sy woorde en sy wysheid. Ons volg sy pad van self-prysgawe en opoffering. Ons is steeds weer verwonderd oor sy goedheid, sy egtheid, sy ontferming en sy volharding.

Baie dinge van Jesus bly ons by.

In die sakramente van die doop en die nagmaal hou ons Hom in ons herinnering.

Maar Jesus het telkens weer vir sy volgelinge herinner dat Hy aan hulle die Gees sal skenk. Die Heilige Gees sal oor mense uitgestort word en hul lewens omkeer en vernuwe.

Hoeveel voorbeelde is daar van die teenwoordigheid en werking van die Gees in mense! Oneindig is die verhale van mense wat bewus raak dat hulle deur die Gees aangeraak is.

Maar hiervoor moet ‘n mens ingestel wees: Die Heilige Gees bly by ons en is teenwoordig in ons. Steeds weer moet ‘n mens dit kan raaksien en herken dat God op ‘n onpeilbare, maar werklike manier in ons lewens inkom. Krag kom van buite ons. Die wete en die ervaring van die Heilige oorweldig ons.

Iets Groters as onsself, Iemand van oneindige Liefde, woon by ons in. God se verhouding met ons kom nie tot stand bloot deur historiese kennis van wie Jesus was nie.

Dit is ‘n belangrike aspek van geestelike oefeninge dat ons ingestel is daarop dat God onvoorwaardelik, direk, intiem met ons ‘n verhouding aanknoop. Hierdie verhouding, die teenwoordigheid van God in ons, is ‘n kosbare kleinnood wat gesoek en bewaar moet word.

Saturday, July 21, 2012

Skaam oor gebed

Driskill vertel in die inleiding tot sy Protestant Spiritual Exercises van sy besoek en preek in 'n gemeente wat tot 'n spesiale oomblik in sy lewe gelei het. 'n Vrou vertel vir hom hoe sy vir 25 jaar elke nag moes opstaan om haar siek seun te versorg. Dan het sy in die donker nagtelike ure lank moes wakker bly. Later het sy die tyd begin gebruik om te bid. Mettertyd ontdek sy toe hoedat hierdie gebedstye 'n spesiale plek in haar geestelike lewe ingeneem het. Dit was tye dat sy by God deurgebring het en van God krag ontvang het om haarlas te dra. Sy eindig haar verhaal met die opmerking dat sy nog nooit vir iemand van haar gebedstyd vertel het nie omdat sy bang was haar mede-gelowiges dink sy is ongebalanseerd en dweperig. Driskill was aangedaan omdat sy die verhaal met hom wou deel. Maar hy was ook geraak deur die pyn dat spesiale, diep geestelike ervaringe uit vrees vir veroordeling nie in 'n geloofsgemeenskap gedeel kan word nie. Hoe gebeur dit dat mense ongemaklik word wanneer hulle hoor van ander se spesiale oomblikke in hul verhouing met God? En dit terwyl mense 'n behoefte het om 'n geloofservaring met God te voed en te laat groei. En hoeveel verloor 'n geloofsgroep wanneer hulle nie weet van of blootgestel word aan geestelike oefeninge en praktyke wat hul persoonlike verhouding met God kan laat groei nie. Driskill se boek is al in 1999 geskryf. Dit gaan oor 'n deurslaggewende tema in spiritualiteit en godsdiens. Geestelike oefeninge is 'n groot tema in vele van die bekendste geestelike denkers. Geestelike oefeninge? Vra maar hoeveel protestante weet hiervan...

Friday, July 20, 2012

Traag om die uitkoms by God te soek


My kind, Ek is die Here wat jou in tye van teenspoed bemoedig en bystaan.

Kom, daarom, na my wanneer dit nie met jou goed gaan nie. Ek is immers die Ontfermer.

Dit is sleg dat jy so lank neem voordat jy jou na My wend. Voordat jy tot die punt kom dat jy met jou hele hart tot My bid, soek jy eers op baie ander plekke vir uitkoms en troos. Jy wil nuwe lewe in uiterlike dinge ontdek. Dit help jou nie baie nie.

Kyk tog. Let op. Ek is die Een wat ontferming en troos skenk aan almal wat getrou na My roep. Sonder my is daar geen duidelike uitkoms of volmaakte oplossing nie. Na jou tye van teenspoed kan jy in My kalmte en rus vind. Wees vol vertroue en bly moedig terwyl jy aan my ontferming bly dink; want ek is naby jou om jou te help en om jou te herstel tot ryke, oorvloedige genade.

Vry vertaal uit Tomas a Kempis. 

Thursday, July 19, 2012

'n Gebed oor die liefde


U liefde het by my kom woon, so naby aan my, in die diepste, mees weggesteekte  deel van my bestaan.

U het in my hart ingekom; my met die hartstog van U liefde oorweldig.

Waar niemand anders kan kyk nie en waar geen menseblik kan sien nie, daar het U my kom opsoek:  U, die verborgene, het U aan my bekend gemaak. 

U, die Ontoeganklike,  het in my verganklike bestaan ingekom en by my, in my, so naby aan my,  kom woon as die Een wat omgee, die Een wat liefhet. 

So groot, so sterk, het die Liefde van U, o God, in my, klein, swak, liefdeloos, kom skuil.

U liefde, roemryk, hoor ek van hulle wat oor eeue heen daardeur aangeraak is, sien ek in die lewens van mense om my, U liefde verander grondiglik. Wie U aanraking van omgee eens ervaar het, is nuut, anders, en word steeds meer nuut  gemaak.

U liefde laat my ‘n nuwe vryheid ervaar.  Dit maak my vry. Ek is gedring om in die oopheid en wydsheid van hierdie Liefde te bly leef, weg van my eie, sielige en selfsugtige obsessies. U liefde laat my vry uit die gevangenis van my bekrompenheid, van my angstige soeke na selfbehoud. 

Deur U liefde het ek ryk geword. Ek het al die armoede en leegheid van my ou bestaan oorleef. 

U liefde het my immers nadergetrek na U, die goeie, getroue en genadige God. U is die vuur by Wie ek in die wintertye wil gaan skuil, die poel in die koel rivier waar ek in die snikhete somerdae verfris word. U is die een Wie se liefde my verwonder laat soos by vroeë lentebloeisels. In die herfs van verganklikheid en sterflikheid herinner U liefde my aan die ewige.

Toe U, my God my die Liefde gegee het, my omhels het, het U my die Lewe geskenk.  Die ewige lewe.

En, singend van hierdie Liefde, weet ek gedurigdeur, is daar die donker ondertoon van my eie liefdeloosheid, my herhaalde verraad teenoor U, die Liefdevolle. 

Laat my o God, nie van U liefde wegval nie. Laat my by U bly, by die Liefde.

( n a v 'n gebed van Rahner)

Wednesday, July 18, 2012

Getrou tot in die kleinste... Oor die groot geeste in God se wêreld


Die getrouheid van die een enkeling, in 'n onopsienbare loopbaan, ongerekend deur die grotes van die wêreld, is altyd roerend om te bedink. Die eerste deel van die verhaal kom uit vandag se NYT:


It was the bell that first called to him. It was a Sunday afternoon in the mid-1920s, and his family was living in the Pelham Bay section of the Bronx. When his priest rang the bell during Mass, Gerald Ryan, then about 4, thought the beautiful sound was coming from the monstrance that held the host.

Father Ryan's Bible has seen so much use, it is held together by tape.

At age 7, he was hit by a car, and lost his hearing in one ear. The bell remained in his memory, as if Jesus were calling him in stereo.

Now, he is a monsignor, and he has been a priest for 67 years. He still runs a parish, St. Luke’s in Mott Haven, and he is 92, making him the oldest working priest in New York City.

“Maybe in the country,” Father Ryan said recently in his broad, courtly accent that is part Bronx, part Fred Astaire. “Maybe anywhere! I’ve been here forever.”

The priesthood is graying: the average age of Roman Catholic priests in the United States rose to 63 in 2009 from 35 in 1970, according to a recent study by the Center for Applied Research in the Apostolate at Georgetown University. And with fewer young men entering seminaries, more priests are working past 75, the formal retirement age under canon law. In the New York Archdiocese, for example, where only one man was ordained into the priesthood this year, about 25 men over age 75 are still working as priests, and several are older than 85.

In Father Ryan’s tiny office, shaded by a burgundy roll-down shade held up with a paper clip, he reflected recently on his nearly 70 years in service. He has been at St. Luke’s since 1966; a certificate from Pope Benedict XVI, awarded on the occasion of 40 years in the parish, was propped up on a brown-painted radiator. An award from Father Ryan’s previous parish, where he started in 1945, was tucked behind a photograph of him with Pope John Paul II.

Father Ryan lives simply, with no air-conditioning, or even a fan, in his rectory quarters. For breakfast, he has toast, except on Thursdays, when he eats an egg. He buys quarts of soup, which he freezes and defrosts for lunch. A housekeeper fixes dinner.

His journey as a priest, he said, has been away from the formalities, trappings and titles of the church, in search of a deeper meaning of the Gospel.

“I think I have come a long, long way from when I was ordained,” he said. As a seminarian, he said, he liked the idea of saying Mass, hearing confession and being addressed as “father,” but that was “like a fairy tale.”

“It isn’t about serving the church in the way you have envisioned, from the altar, and from the position of authority and power,” he said. “But it is learning what human nature is, and what the struggles of people are. And where Jesus really is.”

Father Ryan was born in 1920 in Upper Manhattan to Irish immigrant parents; two years later, the family moved to Pelham Bay, after his father became a motorman for the IRT subway line. As a boy, Gerald Ryan was an altar server; he began seminary studies in high school.

“I never made a decision that I wanted to be a priest,” he said. “I just grew up with the idea.”
In the 1960s, he joined the March on Washington, and stood with the Rev. Dr. Martin Luther King Jr. in Selma, Ala. In the 1970s, he grew his thick reddish hair down to his shoulders and helped to build low-income housing for Spanish-speaking immigrants in the South Bronx.

His first assignment as a priest — at St. Anthony of Padua on East 166th Street in the Bronx — shocked him. The neighborhood was predominantly black, and he had grown up, he said, “with the idea, being white, that Roman Catholics were white people that went to church and kept the Commandments.” But, he said, he soon fell in love with the parish, with its sense of solidarity, brotherhood and faith. And when the civil rights movement started, he joined it.

The Bronx, meanwhile, was changing. A flood of Spanish speakers began to arrive, many from Puerto Rico, so Father Ryan enrolled in a Berlitz class and started to minister in Spanish. Then he was transferred to St. Luke’s, a parish whose population was changing rapidly to predominantly poor Spanish-speaking residents from predominantly working-class white.

Working with the city, he helped lead a church effort to build two housing projects, St. Francis and George Hardy. Then the 1970s arrived, and the South Bronx started to burn. Father Ryan opened the parish basement as a community center, but mostly his contribution was that he remained as others fled, ministering to local Catholics and keeping open the parish school. 


Tuesday, July 17, 2012

Die groen geruis van die ewigheid: om nou reeds vry te wees in die genade.

Af en toe lees 'n mens 'n gewone koerantberig van iemand wat ordentlik leeswerk gedoen het en wat dan boonop op 'n ligte manier belangrike akademiese insigte kan oordra. Hier onder is so 'n artikel van Zuurmond in vandag se Trouw. Hy lees Paulus as die man wat ons leer om nou reeds die ewige lewe as geskenk van genade te beleef en te geniet.

Vrolik. Soos die somer. Vry van al die skuld waarmee 'n mens jouself so belaai. Geloof, godsdiens en Paulus leer ons die gawe van die lewe.

Hier is die stuk:


Zomer. Leve de vrijheid. Tijd voor blote dingen, tijd voor de camping. Eten, vrijen en slapen met slechts een millimeter tentdoek tussen jou en de plassen in het gras.


En wie lapt op de camping de tenten op? De apostel Paulus. Hij heeft kromme benen, misschien door zijn val van een paard. Gevallen in de vrijheid, zegt hij zelf. Daardoor blijft hij de aandacht trekken, ook van niet-christelijke denkers als Alain Badiou en Slavoy Žižek - bekend van de Occupy beweging die met tentjes getraliede banken te lijf gaat.


Lang werd Paulus als een knorrige campingbaas gezien. Tegenwoordig wordt hij met heel andere ogen bekeken, vanuit een 'nieuw perspectief'. De hervormer Luther dacht nog dat hij een tegenstelling leerde tussen de joodse wet (Thora) die je nooit kunt gehoorzamen, en genade. Maar de Thora is zelf genade. Daarom kussen gelovige joden de Thorarollen en dansen ermee rond.


De tien geboden beginnen met: 'Ik ben de Heer jullie God die je uit slavernij heeft bevrijd'. Aan het begin staat het onverdiende geschenk van vrijheid, en de geboden wijzen de weg naar een bevrijd leven. Want van liegen, stelen en het almaar begeren van je buurmans blondje wordt een mens niet vrij. Je raakt bezeten door blonde dromen, gaat teveel drinken, stoot tegen de gasfles en loopt de hele dag met een houten kop rond.


Toch zag Luther de geboden vooral als mieren die in je slaapzak prikken. Zelf hamerde hij op de voorwaarde dat je moet geloven. Als Paulus echter schrijft over 'het geloof in Christus' (pistis Christou), kun je dat vaak beter lezen als 'het geloof van Christus'. Want hoe bevrijdend is ons eigen geloof nou helemaal, dat al bij een beetje regen en wind begint door te zakken?


Volgens Paulus hebben we deel aan het groene ruisen van de eeuwigheid - door Jezus het rijk van God genoemd. We zijn 'in God','in Christus' of 'in de Geest'. Dat is niet alleen iets voor het hiernamaals, maar voor vandaag. Het religieuze kampeerseizoen is allang begonnen. Het opinieblad Time wijdde laatst zijn hoofdartikel aan dit hernieuwde inzicht. Ook humanisten houden hun theologie bij, gezien hun slogan: 'Gelooft u ook in het leven vóór de dood?'


Vrijheid is je laten vallen in de goddelijke aanvaarding om dan te ontdekken dat je gedragen wordt - als door het water in het zwembad. Waarom zien we in Paulus dan zo vaak een man met een korte broek, van wie we van alles moeten? Omdat we geneigd zijn onze eigen angst voor afwijzing en verwerping in zijn woorden te lezen. Veel mensen gaan door het leven als tieners die op de camping schichtig naar het toilet lopen, met een sliert fladderend wc-papier achter zich aan.


We voelen ons schuldig omdat we denken dat we het moeten verdienen om er te mogen zijn. Voor onszelf zijn we wettischer dan de Thora in de ergste nachtmerrie van Luther. Spartelend houden we het hoofd boven water en zoeken in paniek naar vaste grond onder onze voeten. We missen het vertrouwen om ons door het water te laten dragen, en daarvan te genieten. Dat roept schuld op, want wat voor leven hou je dan nog over?


Echte vrijheid is een val in overgave. Daar schrikken we voor terug zodat we moeizaam blijven spartelen. En als je je toch al schuldig voelt omdat je het ware leven mist, waarom zou je dan niet vanuit je tent het blondje (m/v) van de buurman begeren?


Wellicht dat Paulus juist op dat moment een paar tentharingen komt inspecteren, zodat opeens die ene millimeter doek tussen ons en de wereld wegvalt. De lelies en de vogels kijken ons verbaasd aan, alsof ze zeggen: Wij zaaien niet en we oogsten niet, maar zie je ons soms tobben of we er wel mogen zijn?

Monday, July 16, 2012

Lyding: die volkleur verhaal van die kruis


Hierdie boeiende skildery van Marc Chagall het die offerande van Isak as tema. 


Chagall het die vermoë om 'n mens deur sy gebruik van kleure te oorweldig.

Maar op die skildery val die lyding van Abraham 'n mens op: sy gesig is deurtrek met ontsetting oor die daad wat van hom gevra word. 

Twee engele, een wit en een blou, gryp in: God, dubbeld gesproke, bring die vernietiging van mense-lewens tot 'n einde. 

Agter die pastorale toneel van die lammetjie onder die boom, links op die skildery, skuil die beeld van 'n vrou wat terugdeins voor die toneel wat sy moet aanskou. 

Regs agter, is daar 'n toneel van 'n man wat 'n kruis dra, omring met mense wie se bestaan deur lyding bedreig word. 

Of is dit 'n Man met 'n kruis?

Wat is dan regtig in fokus in hierdie skildery?  


Sunday, July 15, 2012

Sonder spiritualiteit sterf die kerk....

Hoogs interessant, die volgende artikel in vandag se NYT. 

Veral die slotsom boei my: 

As kerke min omgee vir hul unieke godsdienstige identiteit, bly mense eenvoudig weg. Mense is nie dom nie. Hulle kan die aanbod van die kerke net sowel in ander, dikwels interessanter plekke vind. Die kerk wat nie 'n godsdienstige rede het vir sy eie bestaan nie, is 'n kerk wat uitsterf.  

Wat is 'n goeie rede vir jou eie bestaan? Wat maak die kerk iets unieks, wat mense nêrens anders sal vind nie?

'n Belangrike rede is dat die kerk 'n geestelike karakter het wat uniek en overvangbaar is. Die kerk leef uit 'n bepaalde spiritualiteit. Die kerk motiveer sy eie bestaan uit sy boodskap. 

Die kerk vind lewe in die unieke boodskap van die evangelie: Dit gaan oor God wat mense uit genade deur die unieke heilswerk van Christus aanraak en omvorm, van God wat mense aanspoor tot self-verloëning en diens. Die kerk vertel hoe nodig persoonlike heiligmaking is, hoe nodig dit is om na aan die Bybelboodskap te bly, dit te lees, uit te leef, hoe nodig dit is om in 'n gees van gebed te leef, om God te aanbid en om saam met ander te soek om 'n intiemer verhouding met God te vind.

Die kerk moet weer sy geestelike karakter vind en ontdek wat maak hom uniek. Daarsonder is die kerk gedoem tot uitsterf. 

Uit die artikel merk ek dat 'n kerk wat nie meer weet wat spiritualtieit is nie, deur mense as irrelevant beskou word....

Hier is die artikel: 
IN 1998, John Shelby Spong, then the reliably controversial Episcopal bishop of Newark, published a book entitled “Why Christianity Must Change or Die.” Spong was a uniquely radical figure — during his career, he dismissed almost every element of traditional Christian faith as so much superstition — but most recent leaders of the Episcopal Church have shared his premise. Thus their church has spent the last several decades changing and then changing some more, from a sedate pillar of the WASP establishment into one of the most self-consciously progressive Christian bodies in the United States.
As a result, today the Episcopal Church looks roughly how Roman Catholicism would look if Pope Benedict XVI suddenly adopted every reform ever urged on the Vatican by liberal pundits and theologians. It still has priests and bishops, altars and stained-glass windows. But it is flexible to the point of indifference on dogma, friendly to sexual liberation in almost every form, willing to blend Christianity with other faiths, and eager to downplay theology entirely in favor of secular political causes.

Yet instead of attracting a younger, more open-minded demographic with these changes, the Episcopal Church’s dying has proceeded apace. Last week, while the church’s House of Bishops was approving a rite to bless same-sex unions, Episcopalian church attendance figures for 2000-10 circulated in the religion blogosphere. They showed something between a decline and a collapse: In the last decade, average Sunday attendance dropped 23 percent, and not a single Episcopal diocese in the country saw churchgoing increase.

This decline is the latest chapter in a story dating to the 1960s. The trends unleashed in that era — not only the sexual revolution, but also consumerism and materialism, multiculturalism and relativism — threw all of American Christianity into crisis, and ushered in decades of debate over how to keep the nation’s churches relevant and vital.

Traditional believers, both Protestant and Catholic, have not necessarily thrived in this environment. The most successful Christian bodies have often been politically conservative but theologically shallow, preaching a gospel of health and wealth rather than the full New Testament message.
But if conservative Christianity has often been compromised, liberal Christianity has simply collapsed. Practically every denomination — Methodist, Lutheran, Presbyterian — that has tried to adapt itself to contemporary liberal values has seen an Episcopal-style plunge in church attendance. Within the Catholic Church, too, the most progressive-minded religious orders have often failed to generate the vocations necessary to sustain themselves.

Both religious and secular liberals have been loath to recognize this crisis. Leaders of liberal churches have alternated between a Monty Python-esque “it’s just a flesh wound!” bravado and a weird self-righteousness about their looming extinction. (In a 2005 interview, the Episcopal Church’s presiding bishop explained that her communion’s members valued “the stewardship of the earth” too highly to reproduce themselves.)

Liberal commentators, meanwhile, consistently hail these forms of Christianity as a model for the future without reckoning with their decline. Few of the outraged critiques of the Vatican’s investigation of progressive nuns mentioned the fact that Rome had intervened because otherwise the orders in question were likely to disappear in a generation. Fewer still noted the consequences of this eclipse: Because progressive Catholicism has failed to inspire a new generation of sisters, Catholic hospitals across the country are passing into the hands of more bottom-line-focused administrators, with inevitable consequences for how they serve the poor.

But if liberals need to come to terms with these failures, religious conservatives should not be smug about them. The defining idea of liberal Christianity — that faith should spur social reform as well as personal conversion — has been an immensely positive force in our national life. No one should wish for its extinction, or for a world where Christianity becomes the exclusive property of the political right.

What should be wished for, instead, is that liberal Christianity recovers a religious reason for its own existence. As the liberal Protestant scholar Gary Dorrien has pointed out, the Christianity that animated causes such as the Social Gospel and the civil rights movement was much more dogmatic than present-day liberal faith. Its leaders had a “deep grounding in Bible study, family devotions, personal prayer and worship.” They argued for progressive reform in the context of “a personal transcendent God ... the divinity of Christ, the need of personal redemption and the importance of Christian missions.”

Today, by contrast, the leaders of the Episcopal Church and similar bodies often don’t seem to be offering anything you can’t already get from a purely secular liberalism. Which suggests that per haps they should pause, amid their frantic renovations, and consider not just what they would change about historic Christianity, but what they would defend and offer uncompromisingly to the world.
Absent such a reconsideration, their fate is nearly certain: they will change, and change, and die.

Saturday, July 14, 2012

Saterdagse ligsinnigheid




‘n Mens ken nou al die Hollanders se gek name vir hul restaurants soos bv. Die Laggende Koei of Chinese restaurante se : Restaurant Ho Ho.

Maar België, beroemd vir sjokolade, bier en sy kookkuns, is lekker gevat. Die Belge se humor en kookkuns vind ‘n salige kombinasie in die name van hul restaurante. Hier is ‘n paar, waarvan die laaste twee my gunstelinge is:

Die Nuutste Skinderstories.  (Le bruit qui court)

Wie Gaan die Hond Uitvat? (Qui va promener le chien)

In die Middel van Nêrens. (Au milieu de nulle part)

Die Hoesende Luis. (Le pou qui tousse)

My Mal Suster (Ma folle de Soeur)



Blog Archive