Saturday, November 09, 2013

Wanneer mense 'n wêreldvreemde lewe kies.


Gelowiges kies dikwels om radikaal anders te leef as ander mense in hulle omgewing. Hulle word gedryf deur totaal ander maatstawwe as wat normaalweg in hul samelewing geld.

In die verlede het bekende groepe soos die woestynvaders daarom hulle gemeenskappe verlaat. Hulle het in barre omstandighede in verlate plekke soos die woestyn gaan bly. Daar het hulle gesoek om hul geloof ten volle uit te leef. Deur die geskiedenis heen het beroemde askete hulle voorbeeld gevolg.

Maar daar was ook minder bekendes wie se name nooit in die geskiedenis in die groot verhale oor geloof opgeskryf is nie.  Hulle het rykdom afgesweer. Of belangrike posisies prysgegee. Of die nabyheid van familie en vriende opgeoffer om in afsondering te leef.

Die houding is nie omdat mense gedink het wêreldse dinge boos was nie. Of dat rykdom sleg was nie. Of dat geleerdheid onbelangrik was nie.

Hulle het ook nie noodwendig gedink dat 'n mens in die stilte of in die woestyn of in die klooster moet wees om naby aan God te wees nie.

Sulke mense se lewe is deur iets heeltemals anders bepaal. Hulle is gedryf deur 'n begeerte na 'n intieme verhouding met God wat belangrik bo alle ander dinge was.  Vir hulle het alles om die liefde van God gedraai.

Hulle het verlang daarna om hierdie liefde onbelemmerd te ervaar en om dit teenoor ander uit te leef en na te volg.

Vir sommige, soos Moeder Teresa, is hulle lewe van eenvoud en afsondering gedryf deur 'n begeerte om uit te reik na mense wat verstoot is. Om so na mense in hul lyding uit te reik, was vir hulle 'n manier om God te gehoorsaam en om God se voorbeeld van uitreiking na die mens te volg.

Die mistici was mense wat se lewe volgemaak is deur 'n intense bewussyn van God se nabyheid. Dit was vir hulle genoeg. Niks anders het op enige manier naby gekom aan hierdie spesiale ervaring nie. Dit was wat hulle wou beleef en uitleef.

Dit is eintlik nie so ongewoon nie. 'n Mens merk dikwels op 'n ander manier soortgelyke dinamiek in menselewens aan die werk: 'n getroude paar sal dikwels vertel dat hulle liefde vir mekaar meer as genoeg was om vir hul lewe van eenvoud en selfs van swaarkry te vergoed. Des te meer, dan, dat 'n liefde vir God enige ervaring van 'n mens in sy/haar gewone konteks onbelangrik laat lyk.

Om die wêreld af te sweer, gaan dus nie eintlik om dinge van die wêreld op te gee nie.  Dit gaan om met 'n mens se hele lewe vir God beskikbaar te wees. 'n Mens wat verlang om God se liefde te beleef, vind die prioriteite, die aktiwiteite, die begeertes van die gewone lewe nie net onbelangrik of oninteressant nie. Hulle weet veral hoe dit in die pad kan staan van 'n lewe naby aan God.  Heel radikaal kies mense dan om anders te leef, sodat hule lewe deur God se teenwoordigheid en liefde gevul kan word.

Friday, November 08, 2013

Wanneer iemand by jou aanklop... Oor die soeke na lewenssin en oor mistagogie.


Enige predikant weet hoe dikwels en, veral, hoe moeilik, gesprekke kan wees met mense wat by hulle kom ondersteuning soek. Die kenners noem dit “pastorale” begeleiding. 
Lang tye, soms selfs oor maande, oor jare, diep in die nag, in die besige tye van die vinnige werksdag, ook ten koste van ander werk in die gemeente, word bestee aan mense wat gebroke lewens het en nie op hul eie daardeur kan werk of daarmee kan volhou nie. 
Min mense buite die bediening besef hoe veeleisend hierdie gesprekke vir die predikant is en hoe maklik dit die predikant negatief beïnvloed, desperaat maak, ontstel, laat kwaad word en in sommige gevalle tot totale uitbranding lei. 
Die lyding van mense wat in die lewe van die predikant ingedra word, is onvoorstelbaar.
Soms gaan sulke gesprekke oor teologiese kwessies. Wat sê die Bybel oor dit of dat. Maar verreweg die meeste van hierdie ontmoetings het min te doen met die inhoud van die geloof. Die predikant sit nie heeldag en tob oor die interpretasie van die klassieke geloofsimbole van die kerk soos die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse kategismus en die teologiese werke van groot skrywers en kontemporêre denkers nie. 
Die ontmoetings gaan meestal oor die rou hardheid van mense se lewens in nood en onsekerheid.
In hierdie situasie dink die predikant soms “pastoraal.” Hy of sy is die pastor wat vir die “skape” in die gemeente in ‘n rigting moet lei. En dit is seker ook waar.
Maar in die lewe van ‘n predikant word daar nie na “onder”, na die “skape”, gewerk nie. Die besef dring maar te gou deur tot die “pastor.” Die beste wat ‘n predikant kan doen in die lewenservaringe van mense wat by sy voordeur aanklop, is om ‘n “vriend” te wees. "Raad" word maar te dikwels in die wind geslaan. "Oplossings" werk dikwels glad nie of net vir 'n tydjie.
Die ontmoeting met mense wat so radeloos is dat hulle vir ondersteuning opdaag, is ‘n luistergeleentheid. Dit word ‘n tyd waarin die luisterende pastor wil verstaan wat in iemand se lewe aan die gebeur is. Vinnige raad werk nie.
Maar terselfdertyd weet ‘n mens te goed dat netjiese antwoorde uit die Bybel en die kerklike leerstukke by die een oor ingaan en fluitend van hoë spoed by die ander oor uitgaan. Dit slaan die hart van die soekende in een vinnige slag oor.
Die tyd van gesels word ook ‘n tyd van gebed. Behalwe die herhaalde skietgebedjies om genade sodat die regte houding en die ondersteunende woorde gevind sal word, is daar die tye wanneer die predikant en die soeker stil word en selfs saam bid. Doelbewus, veral, moet daar die tye wees dat die gesprekke opgeskort word, sodat gespreksgenote kan weet veel groter as hulle soeke, hulle gesprek, is dat God  se wil vir iemand se lewe ontdek moet word. 
Dit is die groot geheimenis van elke gesprek wat plaasvind: dat soeker en sy/haar ondersteunende vriend (die pastor), by die diepste verborgenheid sal uitkom - by dit wat werklik saak maak en wat die situasie kan omkeer. 
Die gesprek is nie bloot net om iemand te “help” nie. Of om vir iemand gou te vertel wat om te glo of the doen nie.
Die gesprek is veel eerder oor iets wat in mense se lewens gebeur en waarin hulle nie sin ontdek nie. Saam sal die soeker en sy/haar vriend soek om in alles wat gebeur, God se teenwoordigheid te herken. Waar is God aan die werk in die tyd van lyding en onsekerheid? Wat sê God vir die soekers en hoe is God besig om in hul allerharte te werk?
In Spiritualiteit praat ons van mistagogie: die pad (agogie) na die Verborge werking van God (die misterie). Onbegryplik en die oorsaak van groot lyding, is ‘n mens se lewe dikwels. Onvoorstelbaar is dat die innooi van die soeker in die spreekkamer van sy/haar vriend, die pastor, lei tot daardie oomblik wanneer die soeker ontdek al die ellende verduister nie die werking van God in ‘n mens se lewens nie. Dit is waarna die pastor verlang. Dat mense ontdek hulle kan iewers wel te midde van al die lewenservaring, aanvoel dat God ook daar is. 
Iets wat die vriend sê, ‘n gebed, ‘n enkele gebaar, ‘n stil oomblik, kan die desperate soeker binnelei in ‘n plek waar God teenwoordig is. 
Dit is mistagogie. Die reis na die verborgene. Dit is God se manier om deur mense en deur hul onderlinge verbintenis en ondersteuning, soekers nader te trek – huis toe, waar die Vader die vodde van die slegte verlede omklee in goedheid en berusting.
Daarom is die soektog so ‘n groot uitdaging: dit word nie sommer net iewers in kantoorure gedoen nie, of as ‘n lastige oomblik in die betaalde loopbaan van ‘n geestelike werker "gehanteer" nie. Dit is ‘n geestelike ervaring waarin die mistagoog, onvoorstelbaar, uitgedaag word om die soeker te ondersteun om die verborge werking van God in ‘n oënskynlik stukkende situasie te herken.

Thursday, November 07, 2013

Om God se genade uit 'n mens se lewe te weer


Christene doen dikwels sekere geestelike oefeninge om te werk aan hulle behoefte aan geestelike groei. Wanneer, byvoorbeeld, hul lewe te gejaagd word, sal hulle die geestelike oefeninge van sondagrus en van besliste keuses najaag.

‘n Mens kies dan om op ‘n stadium en gereeld weg te breek uit jou daaglikse besige program: dan word doelbewus tyd spandeer aan sake wat ‘n mens op ‘n ander manier verryk as wat ooit in jou gewone program kan gebeur. 

Dit kan bloot beteken dat ‘n mens ‘n erediens bywoon, of bybelstudie doen, of ‘n geestelike boek lees. Maar dit kan ook beteken dat ‘n mens tyd met jou familie of vriende spandeer. 'n Mens kyk 'n spesiale film, gaan na 'n mooi plek, kampeer uit in die stilte van die natuur.

Dit word ‘n tydjie van rus, van dinge doen waarvan ‘n mens normaalweg weerhou word.

So ‘n oefening van “rus” kan gekombineer raak met ‘n ander geestelike oefening:  een van die groot uitdagings in ons geestelike lewe is dat ‘n mens se lewe deur ander geregeer kan word. Jy laat toe dat mense jou gebruik sodat jy nie ‘n lewe van jou eie het nie. Of ‘n mens soek ander se guns ten koste van jouself. Of, uit ‘n oordrewe sin van pligsgetrouheid, wil jy graag soveel as moontlik in jou lewe doen en inpas. Of ‘n mens wil uitstallerig met jou besige lewe wees.

In die proses verwaarloos ‘n mens jou lewe. 

Dit is dan die tyd om besliste keuse's te maak. Jy kom tot 'n punt waar jy jouself dwing om afstand te neem van wat nie goed is vir jou nie. En om te doen wat jou lewe sal vul met innerlike betekenis. 

Jy kan nie nee sê wanneer ander op jou beslag wil lê nie. Of jy besef nie hoe belangrik is dit dat jy ook moet kan stil raak, ook besig moet wees met geestelike dinge, met sake wat jou sterker en ryker maak. Daarvoor kan 'n mens te besig word.

Dit word dan tyd om na te dink oor geloof, oor wat vir jou belangrik is, hoe jy oor God dink, wat vir jou op jou geestelike weg sal laat groei. Om dit te doen, moet ‘n mens kan wegbreek van jou besige dag en lewe. Jy moet kan nee sê. En ‘n mens moet kan ja sê vir dinge wat saak maak, of wat jou lewe die meeste kan verryk.

Maar ook hier kan 'n mens te maklik die fokus op die oefening self laat val. Dit is nie die rus wat saak maak, of dit is nie so belangrik om te kies nie.

Al hierdie oefeninge het eerder ‘n groot doel: hulle bring ‘n mens in die teenwoordigheid van God. Op ‘n stil Sondag, weg van die besige kantoorlewe, by jou bejaarde pa of ma, in ‘n kamertjie waar hulle hul skemertyd deurbring, kan jy in die rustigheid van hul bestaan en in die kalmte van hul woorde, maar ook in die liefde teenoor jou, sien hoe God die ouderdom mooi kan maak. Dit word ‘n tyd dat ‘n mens in jou hart die begeerte sien groei om ook mooi oud te kan word, om jou lewe in die grys tyd al hoe nader aan God te leef. Die geestelike oefening van tyd maak vir jou dierbares, word dan ‘n tyd waarin ‘n mens self dieper in jou verhouding met God groei en bewus raak van hoe goed God ‘n mens se lewe kan maak.

Op ‘n stil Sondag, voor die televisie, terwyl jy kyk na ‘n film of ‘n musiekprogram, kan jy bewus raak van hoe God mense talente gee om kuns te skep. Jy luister na musiek waarvan die woorde jou betower of die melodie jou meesleur. ‘n Mens beleef ‘n spesiale oomblik waarvoor jy dankbaar besef hoe ander mense jou nuwe dinge kan laat ervaar. En jy weet, uiteindelik, dat dit God se manier is om die lewe ryk te maak.

Of, op ‘n stil aand, laat, wanneer jy ‘n teks lees, ‘n gebed doen en al die gewerskaf van die dag uit jou lewe verdwyn, is dit spesiaal dat dit jou nie soseer vroom laat voel nie, as wat dit jou vrede gee dat jy in God se teenwoordigheid is. Terwyl jy besef hoe sterflik alle dinge is, hoe gou alles verbygaan, hoe onbelangrik al ons “belangrike” dinge is, ontdek jy dan in die stilte, in die gebed, in die teks, die Ewige, die Rustige, die Liefde en die lewe.

Geestelike oefeninge vervul in al hierdie gevalle jou behoefte aan stilte, aan vervulling, aan rykdom en aan die inwoning van God. Saam met alle gelowiges weet jy: al wat werklik saak maak, is nie wat jy doen nie, maar om deur jou oefening te kan gereed wees vir die ontvang, genadiglik, van wat onverganklik is. En dit kom net van Buite, van Bo, van God.

‘n Mens kan soms op ‘n spesiale manier en op ‘n mistieke moment in hierdie belewenis ingeneem word. Maar ‘n mens kan ook deur afhanklikheid, deur inoefening, deur jou instelling, die ruimte skep waarin God ‘n mens kan besoek. Want te dikwels is dit juis ons raserige, besige, leë lewe wat ons wegneem van daardie ruimte waarin God woon. Ons besige lewe kan inderdaad God se genade uit ons lewens weer.

Wednesday, November 06, 2013

Die drang om te presteer.


Mense hou daarvan om geprys te word. Dit is deel van 'n mens se behoefte om te presteer. Ons baai in die vreugde van verering, respek en erkenning.

In Spiritualiteit word juis die teendeel beklemtoon: 'n mens het min erg aan die erkenning van mense. Dit is nie wat 'n mens aanspoor om 'n "goeie" lewe te voer nie. Trouens, daar is min begeerte by 'n geestelike pelgrim om 'n mooi vertoning voor ander mense op te sit. 

Egte, volhardende geestelike soekers streef nie daarna om modelle vir ander mense te wees nie. 

Hulle soek ook nie na God se "goedkeuring" nie. 

Beloning is nie die dryfveer van mense se soeke na geestelike vervulling nie. 

Hiervoor is daar 'n merkwaardige Nuwe-Testamentiese voorbeeld. Wanneer die "skape" in Matteus se evangelie geprys word op die dag van oordeel, is hulle stom verbaas. Hulle kan nouliks onthou dat hulle die dinge gedoen het waarvoor die Here van die oordeel hulle so hoog en laag prys nie. 

Hulle het dit immers nie gedoen om erkenning te kry of beloon te word nie. 

Hulle is verbaas om die komplimente te kry.

Wanneer 'n mens in God se teenwoordigheid leef, kom 'n lewe van goedheid as 'n natuurlike uitvloeisel tot stand. Iemand wat God lief het, leef in die liefde. Wie naby aan God leef, wil soos God leef. 

Daar is 'n natuurlike eenheid tussen hulle verhouding met God en hulle lewe in die geloof. Wie by God is, leef goed.

Al wat saak maak, is om naby God te wees, om uit die bron van die lewe te kan drink. En wie die skoon, fris waters drink, leef rein en skoon.

Daarom doen 'n mens nie goed om te presteer nie. 'n Mens doen goed, onbewustelik, vanuit die lewe in die Gees.




Tuesday, November 05, 2013

Christene skei makliker as nie-Christene...

Wie sou kon dink dat Christene vinniger is om te skei as ongelowiges?

Jy sou dink dit moet veel minder gebeur onder mense wat die huwelik as 'n Godgegewe instelling  beskou.

Maar twee onlangs opname's bevestig dat ongelowige mense minder skei.

In vandag se Trouw is daar hieroor 'n interessante berig. Dit meld onder andere dat die konserwatiewe "Bible belt" in Amerika die hoogste egskeidingsyfer in die land het.

Dit is ook my persoonlike ondervinding: dit is lank nie meer 'n "skande" vir kerkmense om te skei nie. Soms is mense te jonk. Ander kere is hulle heeltemal uit voeling met die werklikheid. Soms is dit 'n gedwonge huwelik. Veral onderskat vele mense wat trou die geweldige uitdaginge wat 'n intieme verhouding tussen twee mense onder een dak bied.

Die afgelope jare het ek hieroor tragiese dinge raakgesien: mense skei maklik. En onder hulle is vele ordentlike, goeie en gelowige persone. Hulle trou ook maklik weer. Dit gebeur nie altyd dat hulle tweede huwelikke gelukkiger is nie. Wat my opval is dat 'n mens feitlik magteloos is om vir 'n jong paartjie wat wil trou, aan die verstand te bring dat 'n huwelik ook sy skerp kante het. Wat daardie kante nog skerper maak is dat 'n mens elke dag vir 24 uur daaraan blootgestel is. En dit is ook duidelik dat mense selde hulleself ontwikkel om gesonde verhoudinge te bou - veral deur somtyds op te offer, die ander een hoog te ag en vele kere die minste te wees.

Mense dink dikwels te romanties en sentimenteel oor die huwelik. Of hulle aanvaar miskien te naïewelik dat hul geloof sal maak dat dit goed gaan in hulle huwelik. 

Vanuit 'n spiritualiteitshoek sal 'n mens eerder en veral realisties daaroor dink. Dit gebeur met die volle wete dat 'n mens 'n huwelik aanknoop met die wete dat verhoudinge feilbaar is. 'n Huwelik is in vele opsigte soos 'n mens se verhouding met God. Daar is in 'n mens se verhouding met God die kere dat 'n mens faal, foute maak, afdwaal. 'n Mens se verhouding met God word aangetas en vra daarom steeds weer om heiligmaking. Net so word 'n mens se verhouding met ander - veral ook jou naaste en jou geliefdes - deur teleurstellings en gebreke gekenmerk. En 'n mens moet geestelike sterk wees om deur die drif van ontnugtering, skok en teleurstellings te kan werk. Of om sterk genoeg te wees om eie foute, mislukkings en verraad te herken, om te kan vergewe en om nuut te kan dink. Dit is 'n houding wat 'n mens voor die huwelik moet aankweek. 

Ateïste, skryf Trouw, trou nie so maklik nie. Maar wanneer hulle wel trou, is hulle keuse vir hulle belangrik en wil hulle ook 'n sukses van hulle huwelik maak. Daarmee word 'n belangrike punt aangeraak: 'n huwelik hang sterk daarvan af of mense ten alle koste soek om daarvan 'n sukses te maak.

Baie stof, origens, om oor na te dink:  die huwelik kom as 'n gawe van God. Dit is seker. Mense werk egter nie altyd so verstandig en liefdevol met God se gawes nie. Veral die laaste aspek verdien meer aandag. 

Hier is die paragraaf in Trouw se artikel waarin die rede's hiervoor gegee word. Vir my was dit boeiend dat vrouens wat finansieel te afhanklik raak van hul mans, makliker skei.

De realiteit is complex: hoewel echtscheiding volgens de kerk zondig is, is de kerkelijke leer juist onbedoeld ook de oorzaak van veel scheidingen. Soms worden huwelijken gesloten om een nog groter kwaad te voorkomen: abortus. Kerken stimuleren stellen om jong te trouwen en om de 'familieplanning aan God over te laten'. Vrouwen die op jonge leeftijd kinderen krijgen, hebben minder kans om zich te ontwikkelen en zijn later vaker financieel afhankelijk van hun partner, beiden factoren die in verband worden gebracht met hogere echtscheidingscijfers.
 

Het moderne gezin
Seculiere stellen zien het huwelijk en kinderen meer als bewuste persoonlijke keuzes. Een kleiner percentage van deze stellen kiest voor het huwelijk, maar als ze er voor kiezen dan zijn ze ook gecommitteerd om er wat van te maken. Ze zijn ouder als ze besluiten tot een huwelijk en krijgen doorgaans ook minder kinderen. De verantwoordelijkheden binnen een gezin lijken evenwichtiger verdeeld te zijn tussen de man en de vrouw, waardoor er minder financiële afhankelijkheid is.

Monday, November 04, 2013

Die eer van die liggaam as 'n geestelike oefening.


Die kerk het nog steeds ‘n sterk puriteinse neiging gehad. Daar was dae dat mense hulle liggame weggesteek het onder groot swaar swart rokke as teken van hoe vroom hulle was. Grimering was uit die bose. Net los vrouens laat hulle hare doen en kleur. Juweliersware was onder verdenking. Mans het pakke gedra. Studente wat in die somermaande sonder baadjie en das op die kampus verskyn het, is ernstig aangespreek. Toe bikini’s op die toneel verskyn het, was dit maande lank sensasie in die media.

Hierteenoor beklemtoon spiritualiteit die beliggaming van geloof:  geloof is nie net ‘n geestelike saak nie. Dit raak ‘n mens se liggaam en konkrete bestaan. Jou liggaam is nie iets wat jy wegsteek nie, maar wat deur jou geloof gevier en bevestig word.

Die inkarnasie, of vleeswording van Christus is immers ‘n sleutel-motief in die Bybel. God, leer die belydenisskrifte, het ‘n menslike liggaam aangeneem. Christus word ‘n baba, tot vreugde van mense en engele. Christus genees mense se liggame: blindes, lammes, gestremdes. Christus staan op die derde dag op uit die dood tot ‘n verheerlikte liggaam. Vir Paulus is die liggaam so spesiaal dat hy dit die tempel van die Gees noem. In 1 Korintiërs 15 vertel hy hoedat die nuwe bedeling sedert die opstanding die bedeling is waarin die mense ‘n verheerlikte liggaam ontvang. Tydens die nagmaal ontvang ons die tekens as aanduiding van Christus se liggaam. Die doop is ‘n teken wat aan die liggaam bedien word. Wie gewas word in die water, word gereinig van die ou bestaan vol mislukking en skande. Nou word mense nuut: hulle leef in die bedeling van vreugde oor God wat aan ‘n mens geestelik en liggaamlik die groot vreugde van die lewe skenk. In die huwelik word mense liggaamlik een as ‘n teken van intieme liefde. Paulus vermaan selfs mense om nie in hul huwelikslewe mekaar seksueel te verwaarloos nie.

Geloof is ten nouste met beliggaming verbind. Liggame is nie iets wat weggesteek word nie, maar word deur die geloof geheilig, verheerlik en gevier.

Die liggaam is heilig. So heilig dat die kerk die liggaam van Christus genoem kan word. En soos alle heilige sake, gee die liggaam aan die mense se lewe groot vreugde.

Juis daarom sal ‘n gelowige mense met uiterste sorg met sy of haar liggaam omgaan. Met blydskap geniet ‘n mens die liggaam wat God aan ‘n mens geskenk het. ‘n Mens pas dit op, hou dit gesond, sorg dat dit skoon is, eet reg, span dit in, vier dit. ‘n Mens maak jou liggaam mooi, trek goed aan, gebruik jou liggaam om ander bly te maak of te help.

Een van die oudste dwalinge in die kerk is dat die liggaam boos is, dat ‘n mens jou liggaam as ‘n tronk ervaar, dat jou liggaam jou tot allerhande skandalige begeertes verlei en daarom bestry moet word. Die gnostiek het alle liggaamlike dinge as ‘n hindernis beskou.

Die kerk het nog steeds hierdie wanopvatting verwerp. Die liggaam is ‘n kosbare geskenk van God wat ‘n mens elke dag voluit moet geniet en versigtig moet versorg. Trouens, ‘n mens sou kon sê dat jy iemand se geloof kan meet aan die manier waarop hy of sy na hul liggaam omsien.

Juis daarom is ‘n belangrike geestelike oefening om jou liggaam te eer. Gelowiges kan hul geloofslewe versterk deur te soek na maniere om liggaamlik tot God se eer te leef.  Op watter manier kan ‘n mens na jou liggaamlikheid omsien? Hoe kan ‘n mens God eer deur die manier waarop jy met jou liggaam omgaan?

Deur saam met jou gesin jou ete te geniet, met ‘n gebed, maar met gesonde kos, kan ‘n mens God al op ‘n hele paar maniere dien. Sommige kerke, weer, vra hul lidmate om skadelike stowwe, soos koffie en alkohol te vermy of in te perk. Om gereeld te gaan stap, om stil in die natuur deur te bring, om higiënies te leef, om fyn te luister na die behoeftes van jou liggaam, om te kniel wanneer jy bid, om selfs uitgestrek op die grond te lê wanneer jy voor God boete doen, om met oop hande te bid, om in siekte spesiaal versigtig na jouself te kyk, om jou nie te oorwerk nie, om ander se liggame te eer, om jou familie te omhels – dit is alles maniere om gelowig na ‘n mens se liggaam om te sien.

In moderne spiritualiteit is die eerbied vir ‘n mens se liggaam ‘n belangrike geestelike oefening. Trouens, dit is een van die opvallendste kenmerke daarvan.







Sunday, November 03, 2013

Wanneer iemand nie wil vergewe nie...


Vergifnis is ‘n groot tema in spiritualiteit. Herhaaldelik word daaroor geskryf en nagedink. Dit is een van die moeilikste tema’s omdat dit werklik self-opoffering vra, veral wanneer jy iemand anders kwaad aangedoen het. 'n Mens moet die moeilike stap neem om jou eie gevoelens opsy te skuif en jou eie foute of gebreke te erken.

Wat doen ‘n mens wanneer jy iemand om vergifnis vra vir iets wat jy gedoen het en daardie persoon wil jou nie vergewe nie?

Soms, indien nie dikwels nie, is ander mense nie gereed vir vergifnis nie. Nog meer: Hulle kan nie vergewe nie.  Dit is vir hulle net nie moontlik om jou weer in die oë te kyk nie na wat tussen julle gebeur het nie - selfs al sê jy jy is jammer daaroor.

Dit is dan, eerstens, ‘n tyd vir self-ondersoek. Spiritualiteitskrywers vra dat ‘n mens dan jouself deeglik bekyk en afvra:

Is jy eerlik oor die probleem wat die ander persoon met jou het? Begryp jy werklik hoe gekwets daardie persoon oor jou optrede voel?  Is jy eerlik genoeg oor jou eie aandeel in die konflik wat tussen julle ontstaan het?

Is jy genoeg ingestel daarop om nie weer in sulke konflik betrokke te raak nie?

Hoe ernstig begeer jy om met die ander persoon versoen te word? Is jou pogings om met daardie persoon versoen te word, werklik deur liefde vir hom/haar gedryf? Of probeer jy net om op een of ander manier met daardie persoon saam te leef of te werk. Soek jy vergifnis alleen maar om in hemelsnaam net in vrede te kan leef? Of soek jy vergifnis omdat jy omgee vir daardie persoon en verstaan dat wat gebeur het, vir hom/haar baie sleg was?

Wanneer  ‘n mens hierdie dinge gedoen het en jou begeerte na versoening word deur die ander persoon geïgnoreer, bly daar net een ding om te doen: om geduldig jouself dieper in die liefde vir daardie mens in te oefen. Dit is dan die tyd om te besef dat wat jy gedoen het vir die ander persoon te diep seergemaak het, dat daardie persoon tyd nodig het om heel te word en dat jy des te meer liefdevol moet optree om dit vir die mens uiteindelik moontlik te maak om met jou versoen te word.

In hierdie oefening en afwagting met geduld doen ‘n mens in 'n sekere sin wat God doen as God mense nooit tot verandering dwing nie. Soos God moet ‘n mens geduldig wag totdat die persoon wat jou nie kan vergewe nie, besef dat niks beter kan wees as die liefde wat hulle by jou sal vind nie. Maar dan moet daar in jou lewe so ‘n unieke, sorgsame liefde wel teenwoordig wees…


Saturday, November 02, 2013

Om in die liefde te glo

Die vader van die verlore seun wag geduldig en lank vir sy verlore seun om huis toe te gaan.

In sommige meditasies word veel gemaak van die pa wat sit en verlang na sy seun en wat uiteindelik van intense vreugde vir sy seun tegemoet hardloop wanneer hy hom van ver af sien huis toe kom.

Die pa het gely onder die verlies van sy seun.

Maar dit is duidelik dat die pa ook geduldig was en met geduld gewag het. 

Die pa het vir sy seun ruimte gegee om te kies: hy kon kies om uit sy ouerhuis weg te gaan. Sy pa het hom nie probeer terughou nie. Sy seun het uit vrye wil padgegee en sy pa het sy besluit aanvaar. 

Hoe kan 'n mens so geduldig wees?

Die pa het in die liefde geglo. Die pa het geweet dat die liefde uiteindelik sal wen. Sterker as al die opwinding van die ver land, as al die plesier van die vrye lewe, is die liefde.

Juis omdat die pa so onverbiddellik geweet het dat die krag van die liefde onstuitbaar is, het hy kon bly wag.

Dit is 'n mistieke wete: dat die liefde onstuitbaar is. Niemand kan die krag daarvan weerstaan nie. Uiteindelik moet die liefde oorwin.

Juis daarom kon die pa die pyn van verlange verduur.  Die pa het in die liefde geglo. En daarom geweet dat een of ander tyd sal die seun weer huis toe kom.

Friday, November 01, 2013

Liefde wat heel is


In Lukas 15:8-10 word die volgende gelykenis van Jesus vertel:

8 “Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie ’n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?
9 En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê:
‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’ 10 Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”

In Lukas 15 kry ons drie gelykenisse wat oor verlorenheid gaan: daar is eerstens die gelykenis van die mens wat een van sy honderd skape verloor. Hy kan dit nie verdra om te dink sy skaap is weg nie. Hy los die 99 skape wat hy nog het, net so in die woestyn totdat hy sy skaap met groot blydskap kan vind. Net so is daar ‘n vrou wat alles omkeer om haar een verlore silwermuntstuk te kry. Sy kan dit nie verdra dat daardie een muntstuk verlore is nie. Uiteindelik is daar die verhaal van die Verlore Seun wie se pa met verlange uitsien om sy seun terug te bring  huis toe.

Die boodskap gaan blykbaar die “verlorenes” vir wie daar hoop is.

Mense hoef nie te wanhoop nie. Niemand is te sleg vir God se genade nie. Dit is ‘n boodskap uit die hart van die Bybel wat groot troos bied.

‘n Mens kan egter te maklik dink die drie verhale gaan net oor die skaap, die muntstuk en die seun. Die gelykenis praat veral oor God wat nie sonder mense wil of kan wees nie omdat God verlang om liefde te deel met die volheid van die hele skepping.

Hoewel God alles skep, alles besit en alles kan doen en dus sekerlik genoeg het om mee tevrede te wees, dink God nie aan die baie wat God het nie. God wat soveel het, wat so ryk is, wat 99 skape en 9 munte het, kan nie verdra dat die honderdste skaap en die tiende munt weg is nie. Sonder die een skaap en die een munt wil God nie wees nie. God sal alles doen om selfs die kleinste, selfs die slegste terug te win in die liefde. 

Die gelykenis vertel van God se liefde wat nie kan uitstaan dat selfs die slegste of die geringste van God se mense sonder die liefde leef nie. Die liefde, ontdek ons hier, is nie heel as ons as daar mense is wat nog nie in God se liefde deel nie.

Baie mense dink aan God as ‘n streng, veroordelende God wat net reg staan om mense te straf. Maar hier word ‘n beeld van God geteken as ‘n God wat uitreik na mense, wat eintlik nie sonder mense kan klaar kom nie.

Hierdie gelykenis is veral vir ‘n huwelik baie spesiaal:  daar kom dae dat lewensmaats mekaar teleurstel, seer en bitter maak. ‘n Mens kan dan met verwyte en beskuldiginge reageer. Jy kan soos die oudste seun staan en raas oor die slegtheid van jou maat.

Of ‘n mens kan soos God word en in jou tyd van teleurstelling die beeld van God uitdra. Dit gebeur wanneer ‘n mens soos God in die liefde glo, ook en veral wanneer dinge verkeerd loop. Dit is ‘n groot waagstuk en sekerlik nie maklik nie.

Die liefde, weet ‘n mens, is die moeite werd. As die liefde nie gou oorwin nie, sal dit in die toekoms wel seeëvier. Soms vra dit inspanning, soms vra dit jare se wag, soos die vader met die verlore seun. Die liefde kan sonder daardie maat nie heel wees nie. Trouens, juis omdat jou maat van die liefde weggeval het, verlang die liefde na hom of haar. Liefde is alleen volmaak wanneer dit heelgemaak is.

Thursday, October 31, 2013

God se totale verlange


In Lukas 15 word die volgende gelykenis van Jesus vertel:

8 “Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie ’n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?

9 En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê:

‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’

10 Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”

Die laaste paar dae bly hierdie gelykenis in my kop vassteek.

Die boodskap gaan blykbaar oor God se omgee vir die “verlorene.”

Tog is daar iets meer:

God, vertel die gelykenis, is ryk. God is soos iemand wat 10 muntstukke het.

Dit is nie die grootste ramp, dus, as een van die tien wegraak nie. Daar bly tog genoeg oor?

Dit is soos die gelykenis van die skaapwagter wat min gepla is oor 99 skape wat hy nog het, maar gaan soek na die een wat weggeraak het. Hy los, trouens, die 99 net so in die woestyn. Dit is nie die veiligste plek om ‘n skaap te los nie.

Hoekom sou hy dit wou doen?

Hy het immers nog 99 skape. Dit is soos die pa van die verlore seun wat meer oor hom begaan is as oor die een seun wat hom getrou tuis bly dien het.

God se houding is anders: een skaap of muntstuk wat weg is, is genoeg rede om uit te gaan en daarna te soek.

Jy is altyd by my, het die pa vir die oudste seun gesê. Maar as een deel van ons familie ontbreek, ly almal.

As een skaap weg is, as een muntstuk ontbreek, word die volmaakte vermink. God soek die volheid van die skepping. Niks mag ontbreek nie.

Die lelies en die voëltjies het hul plek: God gee om.

Hieroor kan ‘n mens alleen maar bly wees.

Dit is ‘n boodskap oor God se verlange na heelheid. Niks, nie die kleinste van dinge, ontbreek in God se ryk nie.

Die gelykenis sê veel meer van God as van verlore mense. Dit is ‘n verhaal van God se totale verlange.




Tuesday, October 29, 2013

Vriendelik omdat God 'n ogie hou....



Ek lees vanaand hierdie bladsy by http://www.city-data.com/forum/religion-spirituality/1736166-when-religious-people-super-friendly.html

 Dit is nogal stof om oor na te dink.... 

Die inleidende brief vra: 
I'm sure you've always noticed this. I'm speaking here about Christian religion and it's offshoots, although I would say many New Agers have that glazed over 'look' and that almost irritating smile...but sometimes, when you go to a church, either people will generally ignore you, be about as friendly as expected, or seem to pay special attention to you and be uber-friendly towards you. Of course that includes JW, Mormons.etc too.

What do you usually think when someone is like that? Are you cynical and think they just want to try to save your soul? Or do you think it's genuinely the Holy Spirit? Of course it would depend on the person, but do you tend to have a set reaction to excessive friendliness or interest in your life?

On the flipside has anyone actually met someone who told them they'd go to hell outright? My sister said a couple of people at her university told her that.
Description: uick reply to this message



Dan volg die kommentaar:




1,493 posts, read 524,743 times
Reputation: 704
I love being around super-friendly religious people. It's like walking through big, fluffy, pink, cotton candy clouds, that talk to you...I don't like the ones that tell you that you're going to rot in hell.
Description: uick reply to this message
 
Description: nread11-19-2012, 08:35 AM

Location: in your dreams
8,320 posts, read 4,497,791 times
Reputation: 9941
Quote:
Originally Posted by Trimac20 Description: iew Post

What do you usually think when someone is like that?
"Please go away!" Description: http://pics3.city-data.com/forum/images/smilies/redface.gif
Description: uick reply to this message

 
Description: nread11-19-2012, 08:41 AM

Location: The land where cats rule
6,866 posts, read 2,819,091 times
Reputation: 2160
When Religious People Are Super-Friendly

Run like he**, unless you are after some sport and wish to engage them for fun.
Description: uick reply to this message
 
Description: nread11-19-2012, 08:42 AM

Location: NY
4,281 posts, read 2,644,816 times
Reputation: 4110
Actually it would depend on the context.

Sometimes I feel folks are just trying to be warm and inviting. Make someone who is new at the church feel welcome. All too often churchs have far too many members who treat their church as a closed club, where non members are not welcome.

However, I also think sometimes there are alterior motives. My wife and I attended her childhood church one Sunday, just because she wanted to go back and check it out. As is usual, their ushers and deacons welcomed us, were friendly, etc... which is basically their job. Most just said hello but kept to themselves. Then there was the pastor, who was overly friendly, but also right away wanted to know what I did for a living. I felt like he was sizing up my wallet to determine if I was someone who could contribute large amounts to the plate every Sunday.
Description: uick reply to this message

 
Description: nread11-19-2012, 09:30 AM

Location: Toronto, Canada
738 posts, read 230,617 times
Reputation: 266
Try tell them you don't believe in what they believe not interested when they ask you and see their mood change instantly
Description: uick reply to this message
 
Description: nread11-19-2012, 09:46 AM

Location: Mississippi
7,096 posts, read 1,169,511 times
Reputation: 1604
I've had a few of the super friendly ones knock on my door to try to recruit me to their church. The friendliness ends when I ask if their church welcomes same sex couples.
Description: uick reply to this message

 
Description: nread11-19-2012, 10:21 AM

Location: San Gabriel Valley, CA
11,211 posts, read 10,284,846 times
Reputation: 7612
It really depends upon the person, Trimac. Some people really do radiate friendliness, religious or not. Others are obviously gritting their teeth whether they themselves know it or not, and just trying to "be good because God is watching."
Description: uick reply to this message
 
Description: nread11-19-2012, 10:30 AM
Status: "Remember the Alamo!" (set 29 days ago)

Location: Walt Disney World
5,450 posts, read 1,769,475 times
Reputation: 733
If they appear fake, they probably are. It's pretty easy to tell when someone is genuine.

Blog Archive