Sunday, December 15, 2013

Uiteindelik: 'n gepaste woord

Uiteindelik, 'n gepaste woord, in vanoggend se Trouw (van alle plekke), van Etienne van Heerden:


Gaan rus jy nou in Qunu

Etienne van Heerden − 15/12/13, 09:59

Nou sterwe jy met die wierook en mirre
van eNews Africa en CNN, van Al Jazeera en Sky News.
Jy word die lugruim van ons drome.
Sosiale netwerke drup trane
en huigel met jou heugenis.
Maar gaan rus jy nou in Qunu,
in die plek van die klapklank.

Hulle mor: Jou sterfte klee geen plakker,
nuwe leiers vreet by jou trog,
die armes bly arm en dis walglik
hoe die wit liberales oor jou ween.
Oor plaasgrond heers - steeds - die wit stewel.
Maar gaan rus jy nou in Qunu,
In die plek van die klapklank.

Jou idees is koerante, jou handgebare vlae.
Elke oogknip is op Twitter, jou lewe geskiedenis.
Jou beleefdheid is legendaries
en jou humeur is afstandelik, ver weg
soos donderweer agter die horison.
Maar gaan rus jy nou in Qunu,
in die plek van die klapklank.
Jy moes op die eiland van die robbe,
die eiland van diegene wie se vingers afgedrup het
en wie se oë uitgeval het, die eiland van die melaatses,
op hul eiland, hulle met die uniforms van uitskot
en Apartheid, op hulle eiland, dáár moes jy gaan klippe kap.
Maar gaan rus jy nou in Qunu,
in die plek van die klapklank.


Jou kwaad dra jy self, privaat, dis joune.
Jy besoek die bewaarders
wat die sleutels na jou lewe gehou het
en jy lawe hul gewetens.
Jy salf hul skuld.
Maar gaan rus jy nou in Qunu,
in die plek van die klapklank.

Sonder blaam besoek jy die weduwees
van onderdrukkers, jy vertroos hulle.
Vir hulle wat jou mishandel het,
het jy gerusstelling.
Jou versoening is die mond van nuwe moontlikhede.
Maar gaan rus jy nou in Qunu
In die plek van die klapklank.

Jou skuifeldansie, styf-elmboog gejig
het stadions met vreugde gevul
en jou hemde was sjarmant en gekies.
Die graf is vir jou skouers te klein,
jy kom uit die heuwels.
Maar gaan rus jy nou in Qunu,
in die plek van die klapklank.

Staatsmanne het hulle langs jou
kom verdwerg en oor jou drumpel
struikel presidente.
Popsterre word mens en stil
in die sfeer van jou gewete.
Maar gaan rus jy nou in Qunu,
in die plek van die klapklank.

Jy't die geveinsdheid, die mes in die rug en die dolk
van die vyandelike vriend vermy, jy't die politiek
verhef tot idee, tot boodskap en heil.
Uitgeklim bo kleinlikheid, jou oog daar ver.
Ente verby. Doer. Jy was leier.
Maar gaan rus jy nou in Qunu,
in die plek van die klapklank.

Vir min is dit beskore om so diep
in gemoedere te leef, so openbaar te sterf,
op baie voorblaaie uitgelê.
Om so gedáán te wees en poegaai
voor miljoene.
Maar gaan rus jy nou in Qunu,
in die plek van die klapklank.

Maar die dood is te klein vir jou woorde
en jou groet galm uit,
dis iets vir die landskap, vir die oraloor
en die oralhoor: Jy't die nuwe republiek gebeitel
en die oue met minagting weggestoot.
Maar gaan rus jy nou in Qunu,
in die plek van die klapklank.

Jou gestalte leef al meer boeiend. Die wêreld
is jou bed, jou lang skaduwee kom langsaam tot ruste.
Jy sterf sonderling, en snak
na vrede en vergesigte.
Want: Jy't jou vyande by jou vuur laat sit.
Maar gaan rus jy nou in Qunu,
in die plek van die klapklank

Jy praat oor die generasies, jy galm
oor die eeue heen. Hoe kan
ons ons beste wees, ons republiek red,
hoe kan ons die voorvaders oortuig tot vrede,
en die gulsiges tot versadiging?
Maar gaan rus jy nou in Qunu,
in die plek van die klapklank

Mandela, Madiba: Jy't ons met die voorbeeld gelaat;
Mandela, Madiba, jou naam groei soos 'n boom.
Jou naam is 'n gestalte en dis 'n geskiedenis.
Mandela, Madiba: Ons sal in die skaduwee van jou naam sit en luister.
Maar gaan rus jy nou in Qunu
In die plek van ons stemme, ons stemme is die wind in jou boom.

Saturday, December 14, 2013

Nuwe tye, nuwe ervaringe



Alles was mooi duidelik in die verlede:

Die kerk was daar. Geloof was seker en vas. God, het mense geglo, het vanuit God se hemelse bestaan alles onderhou. Dan was daar die bose wat 'n greep op mense wou uitoefen. Hulle was 'n gevaar wat 'n mens bedreig het. Daarom het 'n mens 'n goeie lewe geleef, soos jou ouers en gesin, veral met die doel om aan God gehoorsaam te wees en om kwaad te vermy. Almal in die buurt, in die skool, in die gesin en in die regering het so gedink, geglo en geglo. Min mense het gewaag om buite hierdie patroon te waag: 'n mens se lewe is deur en deur bepaal deur wat die Bybel, die kerk, God en die bonatuurlike magte van 'n mens verwag het.

Dit het alles anders geword:

Mense wil nie maklik meer vertel word wat om te glo nie.

Hulle wil ook nie gedwing word om God te dien of om die Bose te vermy nie.

Mense wil oortuig word om 'n sinvolle lewe te lei. Hulle wil glo omdat hulle deur geloof geïnspireer word. Die lewe word 'n soektog na iets wat hulle sal raak, wat vir hulle vervullend sal wees. Wat vir een mens sinvol is, is vir die volgende een oninteressant. 'n Mens sien dit in die eindelose klomp godsdienstige ervaringe wat deur verskillende groepe en kerke aangebied word: die een wil 'n goeie preek hoor, die volgende een word aangetrek deur lewendige orkesmusiek. Die ander een wil in 'n intieme kerkgebou met gebrandskilderde vensters en aanbid. Op die manier is daar velerlei kerklike opsies beskikbaar.

Maar hierdie opsies word ook buite die kerk aangebied. Die internet met sy baie godsdienstige geskrifte, die uiteenlopende getal geestelike boeke, televisie-programme, maar ook sulke aktiwiteite soos joga, reiki, lewensverrykingskursusse en vele ander word nou gewild.

Om nie eers te praat van die enorme aanbod in nie-kerklike, selfs nie-godsdienstige kontekste: films met 'n geestelike karakter, musiek wat strelend is, massa-byeenkomste, afsonderings­geleenthede is vir vele mense 'n aantrekliker opsie as die tradisionele kerklike aanbod. In sulke ervaringe voel mense hulle meer tuis as in die kerk of in die tradisionele godsdienstige gebruike. Mense ervaar al hierdie dinge as spiritueel. Dit verander hulle en maak 'n verskil aan hulle lewens.

Friday, December 13, 2013

Is godsdiens op sy sterfbed?


Al vir vele jare is daar 'n groot gesprek aan die gang oor die ontkerkliking van Europa. Alle syfers wys uit dat mense al hoe minder kerk toe gaan. Dit is vandag makliker om jou bande met die kerk te breek of om te leef naas of los van die kerk. Die dae dat die kerk 'n inkwisisie kan instel om afgedwaaldes uit te snuffel en te straf, is lankal verby.

Nou verbind hiermee is die bekende woord "sekularisering." Hierdie woord verwys na die band van mense met godsdiens wat verbreek is. Samelewings kom al hoe makliker sonder enige godsdiens oor die weg. Dit lyk asof al hoe meer mense goed sonder godsdienstig klaar kom.

Sommige mense beweer ook daarom dat die dae van die Christendom en godsdiens getel is.

In onlangse tye is daar hieroor heel nuwe gedagtes ontwikkel. Mense aanvaar wel sekularisering as 'n gegewe feit. Dit is nie meer weg te dink nie. Maar hulle beklemtoon dat dit nie die enigste proses wat aan die gang is nie.

Naas die sekularisering is daar nog steeds 'n groot stuk godsdienstigheid aanwesig in gesekulariseerde samelewings. Die band met godsdiens is toe nie so afgebreek soos wat vele mense dink nie.

Trouens, word nou geskryf, godsdiens speel nog steeds 'n groot rol in die lewens van mense.

In die opsig is daar nie verskil tussen die huidige samelewings met wat vroeër gebeur het toe dit ondenkbaar was dat 'n mens sonder godsdiens kan wees. Dit was buite die kwessie dat mense ooit sou waag om openlik te sê dat hulle nie glo nie. Godsdiens is nie aan die verdwyn nie.

Tog is die situasie wel heel verskillend: godsdiens in ons huidige tyd het veral twee eienskappe. Eerstens kry 'n mens ontelbare weergawes en beskrywings van wat godsdiens is. Godsdiens is lank nie meer presies en netjies te formuleer nie. Mense gee hoogs uiteenlopende en verskillende weergawes van wat hulle glo. Godsdiens het vele, vele gesigte.

Selfs in 'n bepaalde godsdienstige groep sal 'n mens baie verskillende godsdienstige opvattings kry. Mense glo nie meer maklik dat God se wil duidelik bekend gemaak word vir hulle om te gehoorsaam nie. Daar is nie maar net 'n kerklike dogma wat almal onderskryf nie. Mense ontdek nie 'n betekenis van hulle lewe wat van God af kom nie. Hulle wil veeleer betekenis self ontdek en uitwerk.

Hieroor wil ek meer nadink.






Thursday, December 12, 2013

Geloof word kragtig beleef. Oor emosies


Na buitengewone groot natuurrampe, sien 'n mens dikwels die allermooiste reaksie van mense. Hulle skenk dan maklik geld en hulp om mense in rampgebiede te ondersteun.

Een van die goeie voorbeelde is insamelings oor die televisie en die radio.

Ure lank word gebeeldsend hoe mense inbel na 'n sentrum om geld te skenk. Die vordering word met groot opwinding bekend gemaak.

Miljoene rande kan so ingesamel word.

Mense gee so maklik en so veel omdat die ellende van slagoffers hulle aan hulle harte raak.

Waar mense emosioneel aangespreek voel, is hulle veel meer betrokke, vrygewing en simpatiek. Hulle kom makliker tot dade.

Dit werk eintlik op vele terreine so: met die kerstyd is 'n mens geraak deur die verhaal van vrede. Die kultuur van familie-fees, geskenke gee en saam-kuier maak mense rustig, vriendeliker en spoor hulle aan om te wys hoeveel hulle vir mekaar omgee.

'n Mens kom makliker tot aksie wanneer 'n mens emosioneel geraak word.

Daarom speel emosies 'n groot rol in godsdiens. Mense kom tot 'n dieper ervaring van godsdiens wanneer hulle in 'n serene kerkgebou is, of mooi musiek hoor of luister na 'n prediker wat treffend kan praat. Dit raak 'n mens, roep gevoelens van rustigheid op of laat 'n hart warm klop. Meer nog, dit kan motiveer en tot aksie lei.

Emosies speel dus 'n groot rol in godsdiens. Dit is 'n belangrike deel van 'n mens se ervaring, maar ook van die geestelike reis.

Ook Bybelse tekste vertel hoe belangrik emosies is. Een voorbeeld wys hoe 'n groot rol speel dit in die evangelies: "En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie"  (Matthew 9.36).

Die negatiewe emosies van die skare karakteriseer hulle geestelike toestand. Hulle kry swaar.

Daarteenoor staan Jesus se ontferming: hy is innig jammer vir hulle. Hy sien hulle as 'n oes wat ryp is op die lande, reg om die nuus van die evangelie te hoor.

Maar, besef 'n mens terdee, emosies hou nie lank nie. Hulle is emosies juis omdat hulle wisselvallig is. Wat vandag warmte is, is môre koue. Gevoelens van liefde kan gou verdwyn.

Wat dan?

In Spiritualiteit word juis daarop gewys dat in kritieke fase's van die geestelike reis, wanneer emosies 'n mens in die steek laat, dit juis gebeur omdat God 'n mens nie valse hoop en vertroue wil gee nie. 'n Mens kan teer op jou emosies.

Daarom gebeur dit dat die moeilike, vaal tye van koudheid in 'n mens se lewe kom:  juis daardie tye laat 'n mens besef dat 'n mens op God kan vertrou - selfs al voel 'n mens niks nie.

Emosies is belangrik. Dit speel 'n opheffende rol in 'n mens se belewing van God.

Maar lank nie gaan die geestelike reis om emosies nie.

Soms kan 'n mens in tye dat 'n mens van binne dood voel, juis deur die belangrikste fase van die geestelike lewe reis. 

Sonder emosies, kan 'n mens juis intens geloofsgroei ervaar. 




Wednesday, December 11, 2013

Hoort die kruis in 'n openbare ruimte?



Hier is 'n interessante artikel in vandag se Trouw:

Is een overheid nog neutraal als ze in een openbare school, gemeentehuis of parlementsgebouw een kruisje aan de muur hangt? Veel christelijke belangengroepen denken van wel. Het kruis is een cultureel symbool, zeggen zij. Twee Amerikaanse godsdienstwetenschappers vinden zulk denken gevaarlijk.

Goed nieuws voor Poolse katholieken: hun parlement behoudt haar kruis. Een rechtbank in Warschau oordeelde maandag dat de houten crucifix boven de ingang symbool staat voor de Poolse cultuur, en niet alleen voor het christendom. Christus blijft dus symbolisch aanwezig bij alle besluiten die het parlement neemt, maar tegenstanders hoeven niet bang te zijn. Volgens de rechter betekent de aanwezigheid van de Heiland niet dat het christendom politiek een streepje voor heeft.

De Poolse zaak lijkt op een kwestie die acht jaar geleden begon in de Italiaanse provincie Padua. Een moeder eiste toen dat de school van haar kind geen kruisen in klaslokalen mocht hangen, omdat de school zo daarmee christendom op een voetstuk plaatste. Zulke voortrekkerij gaf volgens haar geen pas in het openbaar onderwijs.

De gemoederen liepen zo hoog op dat de vrouw uiteindelijk naar het Europese Hof voor de Rechten van de Mensen stapte. Zonder succes. Het kruis is inderdaad een religieus symbool, oordeelde het Hof in 2011. Het houten beeldmerk verwijst naar christelijke wortels van de Italiaanse cultuur. Maar aan de muur van een klaslokaal speelt het een 'passieve' rol. Dat kan geen kwaad.

Uitspraak is erkenning van christelijke waarden
Moeten christenen blij zijn met zo'n uitspraak? Straatsburg erkende dat het kruis niet alleen verwijst naar theologische ideeën, maar ook naar de culturen en de waarden die daaruit voortkwamen.

Het is natuurlijk een compliment voor het christendom dat die waarden ook buiten christelijke kring op goedkeuring kunnen rekenen. En zo lang het kruis een cultureel fenomeen genoemd wordt, hoeven christenen niet bang te zijn dat hun religie volledig uit het straatbeeld verdwijnt. Het culturele argument houdt de 'seculieren' op afstand.
Toch kunnen christenen én rechters dat argument volgens de Amerikaanse jurist en godsdienstwetenschapper Frederick Gedicks en zijn Italiaanse collega Pasqualle Annicchino beter niet gebruiken. In een deze maand gepubliceerd deze maand gepubliceerde paper stellen ze dat zulk denken uiteindelijk zichzelf in de staart bijt.

Rechter: kruis belichaamt ook 'heroïek'
Ter illustratie van hun these wijzen ze naar de Amerikaanse staat Californië. Daar stapten seculiere belangengroepen naar de rechter omdat ze vonden dat een oorlogsmonument in de Mojave-woestijn (een groot wit kruis) een ongewenste verstrengeling was van kerk en staat. Ze verloren de zaak. Net als in Italië en Polen stelde de rechter de tegenpartij, christelijke belangengroepen, in het gelijk. Het kruis, zo redeneerde de rechtbank, belichaamde niet alleen het christendom, maar ook de universele waarde van de 'heroïek'.

Gedicks en Annicchino vinden het maar vreemd. Het kruis een seculier symbool voor heldhaftigheid? In hun paper vragen ze zich hardop af waar het die status aan heeft verdiend. Ze kunnen maar één reden bedenken: Christus kruisdood. Die symboliseert immers het sterven voor je overtuigingen en de opstanding uit de dood.

Zo seculier is het kruis nu ook weer niet
Maar een 'seculier' symbool dat verwijst naar theologische waarden is niet echt seculier. Bovendien zullen veel Joden niet blij zijn met het idee dat zij worden geëerd met een symbool dat niet bij hun religie hoort. Hetzelfde geldt voor de Italiaanse school en het Poolse parlementsgebouw. Rechters moeten zich dus afvragen of het culturele argument wel klopt.

En misschien nog belangrijker: waarom vergeleken de christelijke belangengroepen een van de belangrijkste verhalen uit de evangeliën met de dood van gewone soldaten? Zo'n vergelijking is 'cynisch' en 'ontheiligt' het christelijk geloof, vinden de auteurs. 'Dit soort samenwerkingen met overheden ondergraaft de ware religieuze getuigenis.' Met andere woorden: christenen moeten oppassen. Voor ze het weten zien ze hun symbolen terug op plaatsen waar ze niks te zoeken hebben.
  •  

Tuesday, December 10, 2013

Altyd, steeds altyd, die vrede


Kerstyd is by uitstek vredestyd.

En tog beklemtoon die Christendom telkens weer dat 'n mens kerstyd steeds weer met die kruis moet verbind. Adventstyd en die paastyd hoort saam. Dit klink na 'n teenstrydigheid: vrede en geweld, rus en onrus, saam, hand in hand - asof hulle onvermydelik bymekaar hoort.

Dit is altyd die uitdaging: hoe 'n mens moet dink oor die geweld wat soos 'n goue draad deur die bybel en die geskiedenis van Jesus loop.

Die moord op die kindertjies tydens die geboorte van Jesus. Die verset teen Jesus. Die kruis. Die vervolging van die vroeë Christene.

Afgesien, dan nog, van die oorloë, stryd, bitterheid, verdeling en haat wat oral en altyd 'n mense lewens kenmerk.

En, uiteraard, dan nog ook die geweld wat Christene aan mekaar gedoen het. Dink maar net aan hoe die Boek Openbaring deurspek is van onderlinge verdeeldheid. In die boek noem die skrywer sy teenstander 'n "Jezebel." Dit is die slegste moontlike taal wat 'n Bybelskrywer kan gebruik om 'n mede-Christen te noem. Jezebel was immers die ultieme voorbeeld van 'n aartsvyand van die volk van God. 'n Mede-Christen as 'n Jezebel sien?

Hoe dink 'n mens nou oor hierdie geweldstaal in die Bybelse diskoers?

'n Mens dink daaroor in die lig van die opstanding in die tuin op 'n Sondagoggend as die aanbreek van die vredestyd. Op die manier is die paas-tyd die afronding van die geboorte-verhaal met sy stilte, rus, kalmte en sy jubelsange oor vrede op aarde.

Later sou die Christene die gedagte nog sterker beklemtoon. Daarom het hulle die paradys-verhaal in Genesis gekontrasteer met die boek Openbaring wat eindig met die nuwe hemel en aarde - met die terugkeer van die paradys. Op die manier is Bybelse tekste omring met die vredesmotief.

Nie net kerstyd nie, maar, in die sig van die Bybel, die tyd en ewigheid is nou 'n tyd van vrede.

Monday, December 09, 2013

Die klop aan die deur en die knop in die keel.


Vanaand het die BBC 'n onderhoud met Francois Pienaar, die Springbok-kaptein van die span wat die wêreldbeker in 1995 gewen het.

Ses-en-'n-half jaar se verblyf in Engeland het hom duidelik alle moontlike, denkbare vaardighede in die Engelse taal gegee. Dit is lekker om na hom te luister terwyl hy vlot en vinnig deur sy antwoorde in die Britse tong vleg.

Die onderhoud gaan oor sy herinneringe aan Nelson Mandela.

Daar is nie eintlik nuwe dinge wat hy oor Mandela vertel nie. Die warmte, toegeneentheid en ekstroverte karakter van Mandela kom weer sterk na vore.

Nuut is hoe Pienaar self in die onderhoud na vore kom.

Op 'n stadium begin hy vertel hoe hulle vir die eindstryd voorberei het en met watter absolute konsentrasie die span hulle voorberei het.

Hy vertel hoe iemand op die deur geklop het net voor die wedstryd toe die span nog in die kleedkamer was.

Toe is dit Mandela. Met sy rugbytrui aan. Hy, die staatsman, oor die wêreld bekend, kom loer in om gou die senuwee-agtige bokspan te ondersteun.

Hoeveel beter kan dit ooit word?

Op die punt kan Pienaaar nie sy emosies bedwing nie. Hy sukkel om te praat, want sy gevoelens wil-wil hom oorweldig.

Die onderhoudvoerder besef gou en dadelik hoe intens die oomblik is. Hy kom hom tegemoet in sy verleentheid met sy eie gevoelens. Hy sê Francois moet geduldig wees en tyd neem.

Saggies, en al slukkende aan die knop in die keel, beaam Pienaar: ja, hy het tyd nodig.

En hy haal 'n glas onder sy stoel uit om 'n slukkie water te neem.

Hy hervat na 'n rukkie moedig en bietjie meer bedaard sy storie.

Maar dit is nog te intens. Na die eerste paar woorde, is dit weer dieselfde storie. Hy kan nie verder praat nie. Sy gevoelens raak te veel.

Dit is by sulke oomblikke dat 'n mens die verhaal agter die verhaal raaksien.

By al die bewondering vir die grootsheid van Mandela wat in die viering van Mandela se lewe na vore kom, is mense ook regtig hartseer. Hulle is hart-seer.

Francois se emosies vertel van pyn wat mense het omdat hulle 'n man van statuur verloor het, maar meer nog, omdat hulle erge verlies ervaar. Ek dink dit is ook wat mense op straat ervaar  -  ook die mense wat Mandela nie persoonlik geken het nie.  

In die dae dink ek dikwels na oor 'n beskrywing van liefde. Hieroor dink ek weer omdat ek die onderhoud met Pienaar bekyk het.

Die liefde herken 'n mens uit sy deurwerking: dit is daar te vind waar mense hart-seer gelaat is.

Sunday, December 08, 2013

Luister na God


1 Samuel 3 handel oor die beroemde verhaal van Samuel se ervaring toe hy gehoor het Iemand roep na hom.

Hy is verward. Hy verstaan nie. En gaan soek na leiding. 

Eli gee aan Samuel die raad dat hy, wanneer hy weer die stem hoor, moet antwoord: Spreek, Here, want u kneg luister."

In vele tradisies sal die geestelike leiers graag die woord van God aan mense wil "uitlê"  en "verduidelik."

Hulle is immers daarvoor opgelei. Baie jare het hulle die hermeneutiek, eksegese, bybeltale, teologie en wysheid aangeleer om hulle hiervoor vlytig te maak.

Eli, die profeet, kon maklik homself as bemiddelaar aanbied. Soos vele leiers vandag die posisie tussen gelowiges en God wil opeis.

In die mistieke tradisie word hierdie woorde uitgelig om daarop te wys dat 'n mens in die omgang met die Woord, ingestel moet wees daarop om God se stem te hoor. Direk, kontemplatief, onbemiddeld. Daarin, alleenlik, is egte transformasie te ervaar.

Natuurlik hoef die luister nie in stryd te staan met die prediking nie.

Op 'n oomblik in die erediens kan 'n luisteraar voel God spreek 'n gepreekte woord ook tot hom of haar.

Maar uiteindelik is die hoogste verlange wat in elke mens gedurigdeur aangewakker moet word, die verlange om God self te hoor praat. Altyd en orals.

Eli het dit besef, teruggetree en vir Samuel aangepor om self die ruimte in te gaan waar hy self God se stem beluister.

Dit is, immers, wat kontemplasie is. Om God se sprekende, lewende teenwoordigheid in 'n mens se lewe te beleef.

Eli het geweet van heilige grond wat elke mens op sy/haar eie betree.

Die geestelike rypheid van 'n geestelike leier blyk uit sy of haar intense meelewing met gelowiges in hul verlange om God te hoor spreek - maar veral in sy of haar aanmoediging van gelowiges om self, onbemiddeld, direk, en naby, God te hoor praat. Die rypheid is te vind in die leier se terugstaan en sy of haar toelaat van 'n gesprek wat nie beheer moet word nie.


Saturday, December 07, 2013

"Hulle" het kosbare tyd gesteel...

Lenny Henry het vir Nelson Mandela persoonlik ontmoet en die volgende daaroor te vertel gehad:

"Ek onthou dat ek sy hand geskud het en na sy gesig gekyk het. En sy gesig was pragtig…  Maar dan, as  'n mens versigtig kyk, sien 'n mens die duisend fyn plooitjies op sy gesig raak. Toe het ek gedink: 'hulle het soveel kosbare tyd van jou gesteel.'"

Dit is die goue draad wat 'n mens deur die meeste van die kommentaar op Mandela se dood lees. Mandela is beroof van die beste tye van sy lewe. Die donker, lewensvernietigende boosheid van 'n geskiedenis kan maar nie vergeet word nie. 

'n Mens besef opnuut: Mandela is die toonbeeld van vergifnis omdat hy kon uitstyg bo die kwaad wat hom aangedoen is. In sy denke was daar nie 'n "hulle" nie. 

Al daardie plooitjies ten spyt... 

Dikwels het ons, in die hoogty van die apartheidsjare, geweet dat die verwyte sou kom. Die toekoms moes, onvermydelik, die groot afrekening met al die verwyte bring. Ons het dit besef, het daaroor geskryf en daarteen gewaarsku. Dit was nie maklik nie. Die kritici is egter geïgnoreer en toe netjies geostraseer.  

Dan, het ons geweet, wanner alles verby sou wees, sou die las swaar rus op 'n gemeenskap wat op so 'n groot skaal 'n sisteem van onreg opgerig en oor jare met passie verdedig het. 

Ons het dus die toekoms gevrees.

Maar ook ons is beskaam deur die man wat so spontaan oor grense uitgereik het en teen die las van die verlede in geleef het. 

Hy het 'n ruimte geskep wat mense toegelaat het om anders te word. Hy het mense nie aan hulle verlede verslaaf nie. Want dit is ook 'n verdienste van mense dat hulle Mandela se versoenende houding waardeer het en toe daardie hand wat na hulle uitgereik is, aanvaar het. 

Dit het inderdaad 'n nuwe toekoms moontlik laat word: Dat daar tog uiteindelik onderhandel is, dat verkiesinge gehou is en dat  in vele gevalle mense saamgewerk het - ten spyte van die verskrikkinge van die verlede.

Die versoening het die las ligter gemak. Dit het die verlede tot groot mate, en miskien te maklik, op die agtergrond geskuif.

Ek sien dus ook in baie van die hartseer in onlangse dae die volgende raak: 'n jammerte oor wat gebeur het. Spyt oor verspilde jare. Oor onnodige haat, wantroue en skeiding. Versoening het dus werkinge ver verby die nader bring van mense aan mekaar. Dit bring mense ook tot die punt om beter te verstaan hoe hulle in die verlede gefaal het. En hoe hulle anders moet wees en word.

Versoening transformeer. Op vele vlakke. 









  


Friday, December 06, 2013

Waarin vind 'n mens statuur/

Onder die baie, baie stories wat van Pres. Mandela op hierdie dag vertel word, is daar een kostelike verhaal van 'n klerewinkel-assistent.

Toe hy sy oë oopmaak, staan Mandela in die winkel om 'n pak te koop. Dit gebeur kort na Mandela se vrylating.

Hy is skoon bewerig van die ontmoeting. Later vra hy Mandela om verskoning dat hy so onbeholpe is. Dit is die eerste keer dat hy so 'n belangrike man moet bedien, sê hy.

Toe maar, stel Mandela die man gerus: dit is die eerste keer dat ek nou weer 'n kans kry om 'n pak te koop...

Bedagsaamheid teenoor die eenvoudigste van mense, besef 'n mens, is 'n wesenlike kenmerk van Mandela se karakter.

Wanneer, vra 'n joernalis aan 'n fotograaf wat 18 maande van Mandela foto's geneem het, was Mandela op sy gelukkigste?

Die fotograaf antwoord sonder huiwering:  wanneer hy by sy familie was.

Maar, dink ek, onder al die beelde wat oor die ontslape president op die beeldskerm verskyn het,  is daar die spontane vreugde wat oor sy gesig spoel as hy by kindertjies is. Hy verloor homself in hulle sang, hy skud elkeen se handjie asof hulle belangrike mense is, of sit sy hand op hulle skouertjies. 

Dit is suiwer, rein vreugde: om saam met die kleintjies, saam met sy nabye familiekring te wees, om 'n winkelklerk met 'n vonkel in die oog op sy gemak te stel.

Hoe groter 'n mens in statuur ook mag wees, hoe meer het 'n mens hierdie intimiteit en goedheid nodig. Of, dalk: juis die omgee maak 'n mens se statuur so groot.

Die Madiba-jive

So pas kry ek 'n middernagtelike uitgawe van Trouw waarin die een item oor Mandela se dood handel.

Dit is 'n teken van sy wêreldwye aansien.

Ons was bevoorreg om  hom as leier te hê. Saam met de Klerk en Tutu, maar ook met 'n hele rits van ander dapper en toegewyde mense.

Ons sal hom mis.

Veral in 'n tyd dat die troebelheid in ons politieke bestel toeneem en die ideale van Mandela en sy mede-stryders skyn te verdwyn.

Hier is die berig:

De hele wereld zou vandaag moeten dansen. Een beetje stijfjes, ellebogen in een hoek van 90 graden, zacht deinend, twee keer links, twee keer rechts, met een tevreden glimlach op het gezicht. De Madiba-shuffle, als eerbetoon aan de donderdag overleden Nelson Mandela.
Hij was misschien wel de laatste universele held. Vraag iemand, van welke afkomst, religie of politieke kleur dan ook, wie zijn of haar held is en negen van de tien keer zal 'Mandela' klinken. De man die het Zuid-Afrikaanse apartheidssysteem op de knieën dwong en de wereld liet zien waar wilskracht toe kan leiden.

Madiba, Mandela's koosnaam in het Xhosa, was een zeldzame held. De meeste helden sterven jong. Mandela haalde ongeschonden 95 jaar. Hoewel, onbezoedeld is een beter woord, want privé liep hij harde klappen op, vooral van zijn grote liefde Winnie en door de dood van een aantal van zijn (klein)kinderen.

De enige echte staatsman
Maar niemand kreeg de reus klein. Tot op zijn laatste dag was hij een toonbeeld van waardigheid, een icoon van de strijd voor gerechtigheid, een levende heilige. En, terwijl hij slechts één vijfjarige termijn als president heeft gediend, bleef hij de enige echte staatsman voor vele Zuid-Afrikanen, die de laatste jaren vooral schandalen zagen rond hun leiders.

Mandela's heldenstatus was, ironisch genoeg, deels te danken aan zijn decennialange gevangenschap op Robben Eiland. Niet alleen groeide hij daar uit tot het internationale symbool van de strijd tegen de apartheid, hij transformeerde er ook van radicaal activist tot bedachtzaam leider, die begreep dat Zuid-Afrika alleen toekomst had als hij blank en zwart met elkaar wist te verzoenen. In zijn cel leerde Mandela zijn agressie te beheersen, "te denken met zijn hersenen en niet met zijn bloed", aldus zijn medegevangene Mac Maharaj. Hij ontwikkelde er het diepe zelfvertrouwen dat hem eind jaren tachtig de kracht gaf voor de belangrijkste beslissing in zijn leven: geheime besprekingen te beginnen met de apartheidsregering.

Gevangenis
Het leidde tot een van de meest historische momenten uit de vorige eeuw, toen Mandela op 11 februari 1990 door de poort van de gevangenis stapte, bekeken door miljoenen televisiekijkers wereldwijd. Deze triomf zou vier jaar later worden herhaald, toen hij werd ingezworen als eerste zwarte president van Zuid-Afrika.

Zonder Mandela zou de Zuid-Afrikaanse geschiedenis een geheel andere wending hebben genomen, beweert zijn biograaf Anthony Sampson. Volgens vele analisten was de vreedzame omwenteling grotendeels te danken aan de 'Madiba-magie'. Met ijzeren geduld wist hij zijn radicale achterban in te tomen, de starre blanke leiders voor zich te winnen en een burgeroorlog af te wenden. Hij had er de perfecte combinatie van eigenschappen voor: stijl, integriteit, charme, humor, respect, eigenwijsheid en een vleugje aristocratisch bloed. Hij was 'een geboren leider', zeiden zelfs zijn blanke celbewaarders. "Hij is een eenvoudig mens, heel zachtaardig", zei zijn laatste vrouw Graca Machel, die hem politiek 'een beetje naïef' noemde.

Manipuleren als de beste
Maar Mandela was meer: anders zouden de moeizame onderhandelingen begin jaren negentig over grondwet en verkiezingen nooit zijn gelukt. Hij kon manipuleren als de beste, ontstak soms in grote woede en dacht zijn strategieën tot in de puntjes door. Hij speelde de aristocraat, die genoot van het gezelschap van zakenlieden en de plattelandsman, die in zijn geboortestreek Qunu conflicten over koeien en kippen hielp oplossen. Alleen zijn befaamde verstoringen van het protocol om uitvoerig met gewone mensen en kinderen te praten, was geen spel. Mandela schudde geen handen voor de foto, maar uit oprechte liefde voor zijn volk.

Uitrusten en spelen met zijn 27 kleinkinderen, zoals hij na zijn presidentschap in 1999 zei van plan te zijn - het is er nauwelijks van gekomen. Mandela bleef elke dag om vijf uur opstaan en keihard werken, of hij nou - tevergeefs - bemiddelde in Burundi, een nieuwe school opende of fondsen wierf, zijn belangrijkste bezigheid in zijn laatst actieve jaren. De laatste jaren nodigde hij vele directeuren en zakenlieden uit voor een ontbijt of lunch, waarbij hij na de eerste hap zalm zei: "Ik wil dat je geld schenkt", voor het opknappen van school zus of kliniek zo. Iedereen pakte dan zijn chequeboek, niemand kon Mandela wat weigeren.

Teruggetrokken leven
Vanaf 2004 trok hij zich terug uit het openbare leven. De bemoeienis met zijn geliefde ANC, dat inmiddels ver is afgedreven van Mandela's idealen, nam af. Hij verzwakte, had problemen met zijn geheugen en spraak. Alleen in 2010, tijdens het WK voetbal in Zuid-Afrika, kreeg de wereld nog een hele broze Madiba te zien die op een golfkarretje het Soccer City-stadion in Johannesburg werd binnengereden.

Lang daarvoor waren er al zorgen over de gezondheid van het bejaarde wereldicoon. Zelf deed hij er laconiek over. Toen bij hem prostaatkanker werd ontdekt in 2001 zei hij: "In de volgende wereld ga ik gewoon door met het lastigvallen van miljardairs en directeuren". Het was Mandela ten voeten uit: praktisch en altijd in voor een grapje of dansje. De laatste jaren lukte dat niet meer. Laten we daarom vandaag de Madiba-shuffle dansen.

Wednesday, December 04, 2013

Verandering moet verwag word... Oor die lewe se hoë doel

Een van die belangrikste instellings vir kinders met Down-sindroom in Kaapstad bied vandag uitkoms vir vele gesinne met sulke kinders.

Veertig jaar gelede was daar in Kaapstad nie so 'n instelling nie. Gesinne met sulke kinders moes sien en kom klaar.

Toe is die jongste kind van 'n predikant met die sindroom gebore. Die predikant het toe agtergekom dat daar geen fasilitieit vir sulke kinders is nie. 

Op die webblad www.altadutoit.com word die verhaal as volg vertel:

Op 4 September 1954 is ds Daan en mev Alta du Toit se tweede kind gebore: 'n dogtertjie Alta, met Downsindroom. Haar lewe het 'n hoë doel gehad: ds Daan het die stryd begin om 'n skool te vestig vir kinders met erg verstandelike gestremdheid. Op 14 Julie 1964 open Alta du Toitskool die eerste keer met 20 leerders in 'n houtgebou in Bellville. Deur die jare het die skool gegroei en op 4 Nov 1981 kon die pragtige geboue-kompleks aan die bopunt van Piet Fransmanstraat in Kuilsrivier in gebruik geneem word.

Vandag is daar ongeveer 361 leerders tussen 6 en 18 jaar. Daar is koshuisinwoning vir 140 leerders en 14 busse wat die dagskoliere vervoer.

Ds. du Toit was 'n klasmaat en buurpredikant van my pa. Ek onthou goed hoe die geskiedenis van Alta du Toit 'n indruk op ons gesin gemaak het. 

Dikwels praat mense daaroor: hoe uit die moeilike omstandighede van so 'n situasie, die goeie gebore word.  Wie sou nou ooit in daardie jare kon voorsien hoe 'n groot en indrukwekkende instelling die skool sou word? Inderdaad: "'n hoë doel".

Die geskiedenis help om  'n belangrike aspek van hermeneutiek te verstaan: wanneer 'n mens met 'n situasie empatie het, kan dit jou radikaal transformeer. Die Du Toit's se ervaring van 'n eie dogtertjie met die sindroom, het gelei tot hul betrokkenheid by die oprigting van 'n skool vir sulke kinders. Hul eie, intieme nabyheid aan die probleem het vir hulle ingetrek om oplossings te soek. Daarsonder sou die skool nooit ontstaan het nie.

Dit geld van so baie ander dinge: wie 'n kind aan die dood verloor, het empatie met ander wat dieselfde ervaring moet deurgaan.

Wie 'n alkoholis was, verstaan die stryd van ander alkoholiste beter as alle mense.

Dieselfde dinamiek geld ook vir eksegese: wie met 'n teks meeleef en daarmee kan identifiseer, sal ook deur die teks verander word.

Soms kom die ervaring onverwags. Maar 'n mens kan jou ook oopstel vir sulke ervarings. Juis daarom is dit so belangrik dat 'n mens ingestel is vir die inwerking van 'n teks. Dit is waarom die Benediktynse tradisie soveel klem daarop lê dat 'n mens die regte omstandighede vir die lees van die Bybel moet opsoek. In stilte, afsondering, met gebed, met die regte ingesteldheid berei 'n mens jou voor voordat jy die teks opneem. 

Deur die instelling en oopstelling skep 'n mens die ruimte vir die transformatiewe werking van die teks.

Sunday, December 01, 2013

In die mees gewone kan 'n mens ook die allernaaste aan God kom.

'n Jaar en 'n half gelede het ons die plantjie in die grond gesit.

En toe loop dit uit teen 'n indrukwekkende spoed. So indrukwekkend dat ons al hope vrugte begin tel het.

'n Maand of drie na die plantery sien ons  'n blom uitbot. Maar twee dae later het die blom afgeval.

En die somer het verbygegaan sonder 'n enkele vrug.

Toe ons twee weke terug na die konferensie weg is, was daar nog nie 'n teken van 'n vrug nie. 

Met ons terugkoms, wag hierdie gesig op ons:






Die res van die plant is oortrek van blomme. 'n Jaar en 'n half later, aan die begin van die somer. En sommer so in 'n kwessie van 'n paar dae.

So eenvoudig, so natuurlik, so gewoon. 

En tog, ek ervaar dit as 'n  gawe.

Dit is die onverwagte en die oorvloedige, so uit die natuur se hand, wat my so laat voel. Vreugde kom na ons verby ons verwagtinge, teleurstellinge. 

Maar dit kom soms so onvoorstelbaar gewoon. 

Wat my laat dink: 'n Vroeë kersgeskenk. 'n Kind, soos alle kinders van alle tye. Wie het dit verwag? So gewoon. En hoe lank is daar gewag. Met verlange en innige begeerte. 

En die vreugde: om te ontdek dat God so naby aan ons kom op so 'n gewone manier. In die mees gewone kan 'n mens ook die allernaaste aan God kom.   

Saturday, November 30, 2013

Geduld soos 'n windpomp... En trane


 "Wees geduldig.  Alles gebeur op sy eie tyd. Die windpomp gaan soek nie die wind nie."

Ek lees hierdie spreuk op 'n papiertjie van die betaalvenster van die garage waar ek vanoggend 'n pap motorband laat regmaak. Orals op die venster is daar kennisgewings, knipsels en spreuke geplak.

Buite die kantoor lê hope ou binnebande. 'n Span werkers draf haastig rond om bande om te ruil en reg te maak. 'n Baas staan en kyk en praat nou en dan  uit die weer as dinge nie na sy sin loop nie. Die wêreld, hulle hande en klere is vol swart kolle.

Die boodskap op die papiertjie tussen al die ander kennisgewings is dus vir daardie enkele opmerksame kliënte wat geduldig genoeg is om nog papiertjies te lees terwyl hulle wag: "moenie haastig wees nie."

Ek is baie haastig.

Die windpomp-deel vang my oog en laat my wonder.

'n Windpomp wat wind soek?

Geduldig, dus, moet die windpomp bly. Totdat die wind opsteek en dinge kan gebeur.... ?

Ek loop 'n paar voorbeelde raak op die internet van ander mense wat die spreuk hoog ag.

Dit is dalk die deel oor die geduld wat regtig die oog vra. Enige iets oor geduld in ons oor-haastige, rasend-vinnige tyd is oase-materiaal.

Langs die papiertjie met die spreuk oor die windpomp is 'n ander prentjie met 'n  bybelversie:  God sal alle trane van die oë afvee (Openbaring 21:40).

Dit is Saterdagoggend, die einde van die maand, in 'n dorp propvol besig, hardlopende mense. Ek klim in my motor met sy heel band met die betaalde rekening van die bandeplek in my hempsak terwyl die werkers soos besige bye rondskarrel om die laaste werkies van die dag af te handel.

En dink na oor geduld en trane.


Thursday, November 28, 2013

So cool

Ek moet by die ontvangsdame van die hotel my paspoort en waardevolle sake ingee vir veilige bewaring in die hotel se veiligheidskissies vir hul gaste.

Sy is vriendelik: haar eerste vraag aan my is waar ek vandaan kom.

Toe ek antwoord dat ek van Suid-Afrika kom, roep sy opgewonde uit: "South Africa, cool!"

Ek dink aan al die jare wat ons gereis het en steeds weer suur gesigte moes bekyk elke keer as jy jou land van herkoms bekend moes maak. Dit was nie goeie tye om 'n Suid-Afrikaner te wees nie.

In dieselfde tyd besluit die SSCS verlede week om vir die eerste keer hulle tweede jaar-byeenkoms in Suid-Afrika te hou. Trouens, dit is die eerste keer dat hulle buite Noord-Amerika vergader. 

Dit neem die vergadering vier minute om sonder teenstem die besluit te aanvaar.

Van alle kante oorval die bestuurslede my daarna met opgewondenheid. Hulle is duidelik hoog in hul skik om vir die byeenkoms Suid-Afrika toe te reis.

Hoe totaal kan dinge verander.

En ook : hoeveel van my landgenote sou "cool" oor hul land voel?

Dit is ons wêreld.

 

 

Wednesday, November 27, 2013

Opgeroep tot 'n revolusie van teerheid


Die pouslike brief wat pous Franciskus hierdie week aan alle mense oor die wêreld uitgereik het, trek veel aandag. Een rede is dat dit sy eerste herderlike brief is. Dit word ook bespreek, onder andere, omdat die pous kapitalisme daarin skerp kritiseer en ook omdat hy die kerk veral as tuiste van die armes en verstotenes uitbeeld. Mense soos prostitute en dwelmslawe, slagoffers van mensehandel en onwetting immigrante hoort by vir die pous ook by die kerk.

Toegespits skryf hy hieroor: "Aan 'n ideale kerk kleef die vuil van die straat."

'n Gelowige mens het nie 'n ander keuse as om radikaal vir die armes te kies nie. 

Die pous gee in die lang brief aandag aan die groot vraag hoe 'n mens geluk kan vind. Die brief staan bekend as die "Vreugde van die Evangelie" (Gaudium Evangelii). Die eerste woorde van 'n pouslike brief som die brief op en word ook die titel waarmee daarna verwys word. Die pous wou dus doelbewus iets oor blydskap oorbring.


Sy eerste brief as pous is dus, heel opvallend, 'n brief oor blydskap.

Blydskap, skryf hy, kom  nie soseer wanneer die kerk met homself besig is en die wêreld uitsluit nie. 'n Mens vind ook nie geluk deur op te gaan in die strukture van mag en voorspoed wat so aantreklik in die wêreld lyk nie.

Geluk kom wanneer 'n mens vir die armes kies.

Hier is verdere opmerkings oor die brief in vandag se Trouw:

Nog interessanter is dat die pous gelowiges verder oproep tot 'n revolusie van teerheid. Maar hy beklemtoon dat dit alleen gaan gebeur wanneer mense hul hart vir God oopmaak. Mense moet hulle ook by die nuwe tye aanpas deur oop te wees vir veranderinge. Die veranderinge begin by die pous self, maar dit behels veral dat die deure van die kerk altyd oopstaan. .

Die kapitalistiese ekonomie faal omdat dit ouer mense, swakkes en mense wat nie meer kan bybly nie, benadeel. Daarom is die soort ekonomie vir die pous 'n tirannie van die mark. Nie mense nie, maar markkragte en winsbejag dryf die ekonomie.


Deze paus toont zich allesbehalve een liberaal. Politici zijn de beste goede-doelen-gevers, zegt hij en die opmerking kan als een provocatie met een knipoog worden opgevat. Franciscus is een uitgesproken socialist, maar wel een socialist die binnen zijn eigen organisatie voor decentralisatie pleit. Iedere geestelijke past bescheidenheid, zegt hij. Als de paus aan islamitische landen om godsdienstvrijheid vraagt, vooral voor christenen, doet hij dat met het woordje 'nederig'.

Zijn 'exhortatio' draagt een kenmerkende titel. Als altijd bepalen de eerste woorden de naam van het document. 'Gaudium evangelii', de vreugde van het evangelie. Een naam die tegelijk een compact credo is van deze paus die graag onder de mensen verkeert en zich door het evangelie laat leiden bij zijn omhelzingen van gehandicapten, zijn reis naar de immigranten op Lampedusa.

Over vrouwelijke priesters is hij stellig. Daarover is geen discussie mogelijk, al moeten vrouwen wel meer ruimte krijgen in de kerk. En over abortus zal de kerk evenmin anders gaan denken. "Het is niet progressief om een probleem op te lossen door een menselijk leven te vernietigen", schrijft hij, waarmee deze knuffelpaus toont dat hij niet alleen warm kan zijn, maar ook scherp.

'Gaudium evangelii'
'Gaudium evangelii' is het eerste document dat geheel van de hand van paus Franciscus is. In deze gisteren verschenen brief snijdt de paus vier hoofdthema's aan: de kerk, de economie, de verhouding tussen rijk en arm en de verhouding met andere geloven. Formeel vloeit deze exhortatio, zoals de pauselijke brief officieel heet, voort uit de bisschoppensynode over de nieuwe evangelisatie, die in oktober 2012 is gehouden, nog onder Benedictus XVI. Een exhortatio is een oproep tot de christelijke geloofsgemeenschap. De stijl van de brief van bijna 300 pagina's is volgens kenners opvallend direct. De brief is in het Engels te lezen op www.vatican.va.


Blog Archive