Saturday, November 03, 2007

Is spiritualiteit iets wat verveelde rykes besig hou?

Interessant hoedat oningewydes spiritualiteit beskou as die stokperdjie van welaf westerlinge wat verveeld is en wat nou vir hul eie gerief geestelike verryking jaag. Nou onlangs stuur ‘n geleerde en bekende kollega vir my nog ‘n epos waarin die Nederlander, Dekker, ‘n afgetrede godsdienswetenskaplike die soort van kritiek herhaal.

Spiritualiteit kan, so weet ons almal, op baie maniere verstaan word. Dikwels word dit as wêreldontvlugtend gesien. Mens wil uit hul verstrengeldheid in alledaagse, nuttelose gerondjagery in ‘n innerlike, veilige hawe terugtrek. En dit is in sommige opsigte wel ‘n belangrike aspek van spiritualiteit.

Maar soos die berigte hier onder uitwys, is spiritualiteit lank nie maar net so ‘n wêreldmyding nie. Spiritualiteit loop verder deur en wakker by mense voorts ook nog ‘n sensitiwiteit vir die wêreld aan. Spiritualiteit fokus naamlik op menslikheid, menslike waardigheid, menslike optrede teenoor ander. God bevestig in die mistieke aanraking vir my in my volle menslikheid as beeld van God en roep my om ander ook as beeld van God te ontmoet en te behandel. Dit gaan in spiritualiteit uiteindelik ook om die vermensliking van ‘n maatskappy wat sy menslikheid verloor het en wat deur verontmenslikende dade, prestasiedrang, skeefgetrekte norme en waardes gekenmerk word. Spiritualiteit reik uit na ander in ‘n poging om verhoudinge te genees en om dit te vul met inhoude wat eer bring aan die mens en aarde as God se skepping. Dit wil mense laat deel in ‘n dampkring van menslikheid. Ekologie, sosiale bewussyn, politieke aktivisme, betrokkenheid by welsyn, bevordering van ‘n besigheidskultuur met ‘n morele en menslike karakter is alles temas wat in die spiritualiteit ‘n belangrike plek het. Spiritualiteit, soos die lewens van Nouwen en Mertens bewys, gee om vir die gestremdes, die vervolgdes, die wat op die rand is, wat min het, wat skaars kan oorleef. Dit wil die skade ongedaan maak, heling bewerkstelling en 'n sinvolle bestaan kweek.

In ‘n gesekulariseerde Nederlandse konteks, sou ‘n mens op die mooi ander voorbeeld buite die Christelike kring kon wys: die biddende, bedelende en bedeesde Boeddistiese monnike doer in Burma (of Mianmar soos die kragdadige generaals hul baasskap deur nuwe naam vir hul land bevestig het) met hulle vreedsame, maar besliste verwerping van die gewelddadige magsgrepe van hul landgenote.

Dit is dikwels omdat die tradisionele kerklike lewe en die tradisionele teologie so selfgefokusd en so breinbefoeterd geraak het, dat mense dit afsterf en soek na ‘n geloof wat werklik ‘n verskil maak en die hart aanspreek. Die verlange na God word gevoed deur die wete dat daardie aanraking omvormend werk en ‘n mens se lewe kan oplig. God se aanraking, die ontmoeting met die Oneindige in die plek van alleenheid, raak die mens volledig en verander die mens totaal. Dit werk uit, in wye, uitkringende sirkels om elke aspek van ons menslike bestaan aan te raak en te omvorm. Wie by God is, verval nie in kerklike politieke magspeletjies nie. Wie deur God opgesoek word, kan nie meer terugsit en netjiese teologiese spitsvondighede uitdink nie. Die mistieke ontmoeting tussen God en mens, onderstreep spiritualiteit, sit ‘n proses aan die gang waarin die mens opgeneem word en wat na almal en alles uitkring.

Dit is hierdie misverstand en oningeligtheid van die oningewydes wat wys waarom spiritualiteit so sterk groei. Die “wat weet” leef salig onbewus van eie gebrek.

Uit Trouw van 3 November 2007

Een kwart van de Nederlanders is ’ongebonden spiritueel’, stellen Martijn Lampert van bureau Motivaction en Gerrit Kronjee van de Wetenschappelijke Raad voor het Regeringsbeleid (WRR) vast. De gangbare theorie dat spirituele mensen vooral oude hippies zijn –de flowerpower- adepten van weleer– en dat ze vanzelf wel uitsterven, klopt volgens hen niet. „Ons onderzoek laat zien dat spirituele mensen ook onder jongeren goed vertegenwoordigd zijn. Gemiddeld zijn ze 42 jaar en bovendien zijn het blijvertjes."

Uit het onderzoek blijkt eveneens dat de ’ongebonden spirituelen’ (mensen die naar eigen zeggen spiritueel zijn, maar zichzelf tot geen enkele groepering rekenen) niet alleen maar met hun eigen spirituele verrijking bezig zijn. Spirituelen zijn juist betrokken bij milieubescherming, mensenrechten en vluchtelingen, en ze geven gul aan goede doelen.

Volgens emeritus hoogleraar godsdienstsociologie Gerard Dekker (Trouw, 27/10) is spiritualiteit een weeldeartikel geworden, iets voor het slag mensen dat alles al heeft en nu nog wat aan het geestelijk welbevinden doet, geheel voor het eigen gerief en dus zonder dat de wereld er wat aan heeft. Kronjee snapt die kritische noot, ’maar onze empirische gegevens ondersteunen hem niet’.

In het onderzoek ’God in Nederland’, waaraan Dekker meewerkte, werd eerder dit jaar al vastgesteld dat spirituelen vaak vrijwilligerswerk doen en niet zo ’ik-gericht’ zijn. Ook Lampert en Kronjee signaleren nu dat ze houden van yoga, mental coaches en van hun intuïtie. Maar van een naar binnen gekeerde geestelijke zelfbevrediging blijkt niets.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive