Thursday, February 28, 2013

Die Onsienlike Son

Ek lees in LitNet se versindaba hierdie besondere onderhoud oor 'n bundel wat spesiaal is. Dit het by Protea verskyn en open 'n hele nuwe wêreld van spiritualiteit uit die Oosterse Ortodoksie vir Afrikaanse lesers. Naas Cussons, ervaar 'n mens die gedigte as seker die mees deurleefde gedigte in Afrikaans - vanuit 'n Spiritualiteitshoek gesien.

Die Onsienlike Son: Dit is vreemd, inderdaad, want normaalweg, menslike gesproke, kan 'n mens die fisieke Son nie miskyk nie. Maar daar is 'n kant van God wat geen menslike oog kan bekyk nie. En juis so vreemd is dit: want dit is hierdie bedekte, verborge kant van God was so sterk soos die Son is, wat krag en energie uitstraal, wat lig gee (Heb.12:29; 1 Joh.1:15). 

Nog merkwaardiger is 1 Timoteus 6:15-16: God woon in ontoeganklike Lig. Geen mens het God gesien of kan God sien nie. 

'n Mens kan hieroor praat, soos Paulus, trouens. Dan "weet" 'n mens daarvan. Dit is deel van jou "teologiese" insigte - wat sin maak. Jy kan, soos die Hoë Raad, sien dat iemand soos Stefanus, vol van die Heilige Gees, se gesig "soos die van 'n engel raak" (Hand. 6:15). Jy weet: Hier is iets onnaspeurliks, ongewoon, hemels, engel-agtig aan iemand.

En dan, ten spyte daarvan, hom stenig...  (Hd. 7:54-60).

Of: 'n Mens kan dit indirek agterkom: die Lig, die Son sien jy soms in die lewens van mense raak en dit verwarm, bring die gloed wat net die goddelike aanraking kan bring. Dit is die geestelike oomblik: wanneer 'n mens aangegryp word deur die werking van God in ander mense se lewens.

Maar daar is 'n heel ander kant hieraan: soms, sonder tussenkoms, sonder bemiddelling, direk en onmiddellik, skiet 'n vonkie van die Goddelike Lig in mense se lewens in. Soos met Moses op die berg in daardie merkwaardige gedeelte in Deuteronomium 34:29-35 wat deur die eeue in mistieke literatuur eindeloos bedink is. Soos op die berg van verheerliking in die lewe van Jesus. Soos op die pad na Damaskus wanneer 'n lig mens omskyn - helderder as die middagson (!; Hand.26:13). Dan sien ander hoe God in iemand se lewe helder, ligtend, teenwoordig is. Die gesig, word vertel, skyn, blink, (Mt. 17:2!) soms soveel dat 'n mens jou oë moet wegdraai.

Dit is die mistieke oomblik, die moment van heiligmaking en heiligwording waarna, as 'n mens dit eers eenmaal ervaar het, 'n mens se hele lewe vir altyd omgekeer word deur 'n verterende verlange na God.  

Onderhoud met Jacobus van der Riet

 

Die Onsienlike Son en die sigbare heiliges

Onderhoud met Jacobus van der Riet (foto) deur Cas Vos
***
Kobus, van harte geluk met jou uitstekende debuut. Dit is ‘n bundel wat die Afrikaanse poësie verryk en verdiep. Dit is ook pragtig uitgegee deur Protea Boekhuis.

Dankie, Cas, ek is bly as jy van die gedigte hou. En soos jy sê, is baie dank aan Protea verskuldig vir die baie moeite wat hulle gedoen het.

Wat my onmiddellik opval, is die buiteblad. Ek dink nog steeds dat ‘n buiteblad ‘n sleutel tot ‘n bundel is. Waarom het jy juis Gregorius van Nazianzus se afbeelding as buiteblad gekies?

Ek het eers die titel gekies, en daarna die ikoon, omdat die titel uit die gedig oor die Heilige Gregorius kom, en omdat die ikoon vir my besonder mooi is, en ook miskien omdat die kleure daarin die kleure van Paul Roos Gimnasium en die Universiteit van Stellenbosch is, waar ek skoolgegaan en studeer het.

Die titel kom ook uit dié gedig aan Gregorius. Waarom het jy dié bundeltitel gekies? Is daar nie ‘n teenstelling in die titel nie? Die Son word tog gesien. Hoe kan die Son onsienlik wees? Natuurlik kan die ligbron ook verblind. Of het dit ‘n duidelik toespeling op God wat nie alleen die ligbron is nie, maar Self ook Lig genoem word? God is in sy heerlikheid onsienbaar.

Die Kerkvaders praat dikwels van die Drie-sonnige Son, met verwysing na die Drie-eenheid, en dan is daar mos ook die verwysing na die Son van Geregtigheid in die Heilige Skrif. In die Ortodokse teologie word ‘n onderskeid getref tussen die onbegryplike, ontoeganklike wese van God en die energieë van God waardeur Hy Hom betuig (sy genade) en Hy o.a. dan as ongeskape Lig of Heerlikheid ervaar kan word. Hierdie ongeskape Lig is normaalweg onsienlik, maar as ‘n mens se oë deur die einste energie van God aangeraak word, kan dit wel sigbaar raak, soos bv. tydens die Verheerliking op die Berg Tabor. Vir die askeet sou so ‘n ervaring die hoogtepunt der hoogtepunte wees, om begryplike redes.

Heiliges is o.a. in die Rooms-Katolieke en Grieks-Ortodokse tradisies bekend. Is die verklaring tot heilige ‘n kerklike besluit of speel ander faktore ook ‘n rol? Sou jy nie tog ‘n plek aan Augustinus, een van die grootste teoloë van alle tye, wou gee nie?

In die Ortodokse Christelike Tradisie word die proses van kanonisering verstaan as die blote erkenning dat iemand deur God verheerlik is(1 Kor. 12:26) en dat die Kerk hom daarom daarin kan verheug. Die aanduidinge dat iemand verheerlik is, kan verskil van persoon tot persoon, maar dikwels sal dit ook wonderwerke voor en ná die persoon se ontslaping behels.   

Ek kan eintlik net skryf as ek deur ‘n heilige se geskiedenis aangegryp is en ‘n sterk behoefte ervaar om oor hom of haar te skryf. Die Heilige Augustinus is effe omstrede in die Christelike Ooste vanweë sy teologie en teologiese metode, hoewel sy heilige lewe erken word. Tot dusver het ek nog nie die behoefte ervaar om oor hom te skryf nie, maar wie weet wat die toekoms sal oplewer?

Wat is die betekenis van heiliges? Is hulle prysenswaardig of net navolgingswaardig? Is daar onheilige heiliges?

Die heiliges is hulle wat, ten spyte van hul tekortkominge, God bo alle ander dinge liefgehad het en na Hom verlang het, waarop God, wat hulle eerste liefgehad het, Hom aan hulle gegee het as genade. Die heilige is hulle wat vol van hierdie genade (of energie)van die Drie-enige God is, en dus vol van God is, wat die genade as gawe ontvang het en dit behou het en daarin gegroei het. Dit veronderstel ‘n proses van medewerking (sinergie) met God, wat dan uitloop op hul verheerliking. Om met so‘n heilige in aanraking te kom is’n verkwiklike ervaring, omdat die heilige vol van die lig en vrede en blydskap en liefde en goedheid van God is en dit kan oordra aan ander wat daarvoor ontvanklik is. Dit gaan dus om veel meer as bloot navolgingswaardige etiese modelle. Party heiliges het God van kleins af lief en ander loop miskien eers ander onvrugbare paaie voordat hulle hul tot God bekeer, soos ons ook in die bundel sien.

In die Ou en Nuwe Testament het die woord heilige ‘n veelvoud van betekenisse. God is die Heilige, tempelvoorwerpe is heilig,  gelowiges word ook heiliges genoem. Daar is ook loodglas afbeeldings van heiliges in katedrale (vgl byvoorbeeld die vensters van ‘n  Kerk in Duitsland wat deur William Morris (1834-1896) ontwerp is). Hoe verbind jy die begrip heilige met die heiliges in jou bundel en in die kerklike tradisie?

Soos ek gesê het, verstaan ek die heiliges as hulle wat aan God wat hulle eerste liefgehad het toegewy is en daarom sy genade ontvang het en gevolglik vol van God se genade is. Die heiliges is ‘n bevestiging van die Evangelie, van die werklikheid van die verlossende en verheerlikende werk van die Heiland. As jy ‘n heilige in sy verheerlikte staat sien, kan jy daaruit aflei dat sy of haar Heiland steeds werksaam is soos in die Evangelies en Handelinge van die Apostels.

Wat my ook tref, is die afbeeldings van die ikone by elke gedig. Is die visuele en woord (gedig) voorkoms vir jou belangrik, en indien wel, waarom?

Die ikone beeld die heiliges in hul verheerlikte staat uit en is dus ‘n viering van die werk van God in hul lewens, en boonop herinner dit aan die gemeenskap van die gelowiges, aan die wolk van getuies rondom ons wat steeds by ons heil betrokke is, deur hul voorbidding by Christus. Op ‘n ligter noot, as iemand nie van die betrokke gedig hou nie, sal hy dalk darem van die ikoon hou. Die gedig en ikoon hoort saam want beide probeer om op verskillende maniere erkenning te gee aan die verheerlikte staat van die heilige. 

Die biografiese aantekeninge oor die heiliges is vir die leser ‘n onskatbare bron van inligting om jou gedigte te verstaan. Dit is duidelik dat jy ‘n kenner van die ikone is. Is jy dit hiermee eens?

Die aantekeninge kom uit die sg. Synaxarion oftewel die Lewe van die Heiliges wat ek elke dag lees en is ‘n bondige samevatting daarvan. Wanneer ek dit lees, ontwikkel ek miskien die behoefte om oor een van die heiliges te skryf, maar daarna volg daar meestal eers‘n proses om ‘n geskikte invalshoek te probeer kry of ‘n gepaste deurlopende beeld. ‘n Mens moet as’t ware eers in kommunie met die heilige tree voor jy oor hom of haar kan skryf en dieselfde geld vir die ikoonskilder, verseker Julia Bridget Hayes wat die ikone geskilder het my. Ek reken, volgens die getuienis van my geoefende oog, dat sy ‘n besonder knap ikonograaf is, wat haar werk met die juiste geestelike ingesteldheid benader. Haar werk is op die Internet te sien.

Kobus, jy staan in die ry van ‘n lang tradisie van digters wat oor heiliges dig. Ek dink hier o.a. aan N.P. van Wyk Louw, Sheila Cussons en I.L. de Villiers (aan wie jy jou bundel o.a. opgedra het). Sou jy jou met die digters oor dié aspek kon vereenselwig? Sou jy jou gedigte ook binne die mistieke verse van Sheilla Cussons en selfs sommige van I.L. de Villiers kon plaas?

Ek het dikwels aan Van Wyk Louw se “Rondloper” gedink, toe ek die gedigte geskryf het, want die “Rondloper” is vir my gevoel ‘n heilige figuur wat ‘n mens maklik in Rusland van ouds sou kon aantref, en ek het ook aan die H. Petrus-gedig van hom gedink, maar ek sal myself uiteraard nou nie in sulke uitgelese geselskap tel nie, om van Cussons nie te praat nie. My gedigte is heelwat eenvoudiger.

Ek het vir I.L die Villiers ná ek so ses of sewe van die sonnette geskryf het, gevra of hy dink daar kan iets van kom en hy het my toe sterk aangemoedig om 40 sonnette oor die heiliges te skryf en dit was natuurlik ‘n groot aansporing, selfs al het ek destyds getwyfel of dit moontlik sou wees. 

Wat jou bundel so anders, so uniek maak, is dat jy die mantel van die sonnet, in afwisselende vorm, as digvorm moeiteloos oor jou gedigte se skouers hang. Plaas dit die heiliges op gelyke voet of is daar ander literêre oorwegings?

Die eerste gedigte, t.w. die oor die H. Serafim van Sarof, was sonnette en ek het toe bloot daarmee aangehou, sonder enige literêre oorwegings. I.L. de Villiers het gedink ek behoort ook rymlose sonnette te probeer, maar tot dusver het ek nog nie sy advies gevolg nie. 

Die sonnet as digvorm kom die eerste keer by Guiitonne d’Arezzo (1230-1294) voor (vg ook Giacomo da Lentino). Die poëtiese tradisie is ryk aan sonnet digters in wisselende vorme. Daar is die bekende Beatrice sonnette van Dante (1265-1321) en Petrarca se 317 sonnette aan Laura  (1304-1374). Verder is daar ‘n lang ry van sonnetdigters. Om net enkeles te noem: William Shakespeare, Rimbaud, Baudelaire, Verlaine, Milton, Wordsworth, Shelley, Keats, W.H. Auden, García Lorca, John Berryman, Remco Campert, Gerrit Achterberg, Rainer Maria Rilke, Walt Whitman en Christopher Reid. Die Afrkaanse poëtiese tradisie is ook ryk aan sonnette. Ek dink aan C. Louis Leipoldt, N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Peter Blum, Elisabeth Eybers, Charl-Pierre Naudé en I.L. de Villiers. En nou het jy, Kobus, die tradisie verder verryk. Was die konsekwente rym nie vir jou ‘n struikelblok (skandalon) nie? Dit het vir my nie so voorgekom nie.  

Ek het voorheen vrye verse geskryf, daarom was beslis ‘n aanpassing, veral omdat party woorde oënskynlik geen rymwoorde het nie of altans nie rymwoorde wat in die bepaalde gedig pas nie. Ek probeer natuurlik om rymdwang te vermy. Ek hou die meeste van Keats se rympatroon in Ode to a Nightingale waar elke reël met die derde reël ná hom  rym, en dus ‘n sekere spanning skep wat uiteindelik op ‘n salige wyse deur die rym opgehef word.

Vir my is, as ek een sonnet moet uitsonder, Die heilige Maagd Maria, die moeder van God ‘n juweel. Veral die twee slotreëls is treffend:

Wees bly, braambos wat brand sonder om uit te brand,
ligkolom wat ons lei na u Seun: God en Beloofde land.

Daardie sonnet is gebaseer op die sg. Akathistoslied van Romanos die Melodis, waar hy elke reël met “Wees bly” /”Verheug u”/ “Wees gegroet” begin (afhangende van hoe ‘n mens dit wil vertaal) en dan die Maagd dan so in soortgelyke terme as in my gedig in 12 lang en 12 korter strofes aanroep. Daardie gedig is vol woordspelinge, en interne en slotryme, en word na 1500 jaar steeds daagliks in kloosters in Griekeland en elders gesing.

Kobus, watter sonnet sou jy as jou gunsteling uitsonder?
Sjoe, dis moeilik, want elkeen het sy eie ontstaansgeskiedenis en ‘n mens kan ook jou liefde vir die heilige met jou liefde vir die gedig verwar. Dit gaan om liefde vir Christus in sy heiliges en die poging om daardie liefde uit te druk. Die gedig word vir ‘n mens waardevol omdat dit ‘n mens in staat stel om soos in ‘n liefdeslied aan iets uiting  te gee, en des te meer as dit dalk ‘n geslaagde gedig is.  Dalk  die een oor die H. Evangelis Johannes die Teoloog, die H. Polikarpus, en die H. Isak die Siriër, maar daar is ander ook wat eweneens my besonder na aan die hart lê, as ‘n mens so iets van jou eie gedigte of liefdesliedere mag sê.  

Kobus, nogmaals dankie vir die gesprek. Ek hoop die lesers vind dit ook verrykend.
Dankie, Cas. Die ideaal is mos om ‘n gedig te skryf wat jyself of jou leser by herhaling sal wil lees, so ek hoop elkeen kry ‘n paar daarvan in die bundel. 

Kobus ‘n slotwoord van jou asb.
‘n Mens kan gedigte uit meer as een motief of beweegrede skryf, bv. verontwaardiging of verdriet of vertwyfeling of ontsteltenis, of uit liefde of verwondering of wat ook al, en al daardie beweegredes kan geldig wees. In hierdie bundel het ek veral uit die beweegrede van liefde geskryf, met hier en daar ‘n bietjie verontwaardiging, en probeer om die fokus grootliks op die geliefdes te laat val. So die lesers sal nie veel oor die skrywer, soos in meer persoonlike gedigte,   wys word nie. Ek wou nie die heilige as kapstok gebruik om oor my eie innerlike lewe te skryf nie. Ek hoop die lesers sal daarvoor begrip hê.

Jacobus W. van der Riet is in 1959 in Stellenbosch gebore waar hy ook skoolgegaan en studeer het. Hy het grade in die Teologie en Klassieke Tale, en het ‘n Ph.D. by Wits verwerf oor die digkuns van Horatius, Catullus en Tibullus, ook met verwysing na klassieke Griekse digters. Hy het as hospitaalkapelaan by Groote Schuur gewerk, as dosent in Klassieke Tale by Wits en Unisa, as, boekwinkelassistent, en aflosonderwyser, en kombineer tans die Ortodokse priesteramp in die bisdom van Johannesburg en Pretoria, in gemeentes in Eldorado Park en Rustenburg, met biblioteekwerk in Johannesburg. Hy het in die V.S.A. by ‘n Ortodokse seminarie studeer en ‘n jaar lank in Griekeland in ‘n klooster deurgebring, o.a. om die moderne Griekse taal sover moontlik te bemeester. Naas die letterkunde is hy geinteresseerd in die teken- en skilderkuns, inluitende ikonografie en die karikatuur- en spotprentkuns.

Wednesday, February 27, 2013

Meer liefde om te kan liefhê.

Ek kry geen kommentaar opgespoor oor Elisabeth Eybers se gedig met die titel “Nadenking” nie:

Hier is die gedig:

Nadenking

Liefde ten spyt en ondanks goeie wil 
staan ek ontsteld by hierdie waarheid stil: 
dat, soos geeneen wat hom nie liefhet, ék 
‘n skaduwee oor sy oop gesig kan trek.
Wat anders as méér liefde kan my leer
om daardie swart vermoë af te sweer?

Die digter het die swart vermoë om ‘n skaduwee te laat val oor die “oop gesig” van die geliefde.

Dit is die seermaak van die ander een, die maat: ondanks die liefde, ondanks die sterk wil om nie seer te maak nie, gebeur dit tog.

Dit gebeur dus. En die een wat liefhet die digter, besef ontsteld wat hier gebeur.

Die liefde waarborg dus niks nie. Dit keer nie seermaak, pyn en skending nie.

Die liefde moet dus steeds meer word. Dit is nie liefde wat tel nie. Wat tel is om te bly gee, om meer lief te hê.

Dit is dus ‘n gedig oor die behoefte wat ‘n mens het om steeds meer te kan liefde kry – juis om meer liefdevol te wees.

Wonderlik is daardie aksenttekens: ék, ék wat die ander een lief het, ék is die een wat donkerte oor sy lewe bring.

En dan die dubbele aksenttekens. Ek wil nie so wees nie. Gee méér liefde, sodat ek meer kan liefhê, reg kan liefhê, sonder seermaak kan liefhê.

Hoe mistiek is die liefde tog nie.

Dit is wat ‘n mens in die nadenking begryp en waaroor ‘n mens wil bly nadink.

Tuesday, February 26, 2013

Ellendig is hulle wat 'n gebrek aan liefde het. Oor waarheid.





Nikolai Ge is ‘n Russiese skilder uit die tweede helfte van die negentiende eeu, wat deur die jare al hoe meer bekend geraak het. 

Uit adellike familie afkomstig en boonop ‘n goeie vriend van die groot Russiese skrywer Tolstoi, het hy kuns in St Pietersburg studeer, waar hy as ‘n uitstekende student beskou is.

Daar is iets aan sy skilderye wat dadelik met my resoneer. Toe ek dit sien, neem dit my op ‘n speurtog om meer te wil weet.

Ek herken die kunstenaarstemperament en –kundigheid. Maar daar is ook ander kante van hom wat ‘n mens vertel van iemand wat fyn oplet: Hy is naamlik bekend as iemand met ‘n sagte kant. Hy is sensitief vir die reaksies op sy werk. Hy is so ontstel deur kritiek dat hy amper nie meer wou skilder nie. Sy sensitiwiteit blyk ook daaruit dat hy min geld gevra het vir mense wat nie sy skilderye eintlik kon bekostig nie.

Sy skilderye was in daardie tyd omstrede. Sommige het gedink hy teken Christus en ander Nuwe-Testamentiese tema’s te romanties. Ander het beweer die skilderye is lasterlik omdat dit die lyding van Christus wreed uitgebeeld het, maar vele was ook gaande oor sy werk.

Dit is juis sy skildery van Christus en die dief aan die kruis wat my oog vang. Sy skildery van Judas wat in die nag wegloop en van Jesus en die moordenaar aan die kruis, bly ‘n mens die res van jou lewe bly.

Maar dit is oor sy skildery van Pilatus wat aan Jesus vra wat waarheid is waaroor ek wil skryf. Pilatus staan in volle lig, geklee in ‘n ryk, duur kleed. Hy kyk stip na Jesus, sy hand is uitgesteek in ‘n vraende gebaar met ‘n oop palm en uitgestrekte vingers.

Die ryk, magtige Pilatus met al sy status, staan voor Christus. Hy wat kan besluit om mense te laat kruisig, wil van Hom weet wat sin is. Hy is die soeker.

Een kant teken Ge vir Jesus – die presiese teenbeeld van Pilatus: hy is eenvoudig aangetrek in ‘n donkerrooi kleed. Stil, in die skaduwee, teruggetrokke, luisterend staan hy voor Pilatus wat so vol deur helder lig omring word.  Die blink een, die slim en sterk een, is eintlik die leë mens, onseker. Die een in die skaduwee, wat stil, regop, sonder gebaar, onopgetooi geteken word, moet die groot Vraag oor die waarheid beantwoord.

Wat is meer ironies: die regter wat vir die gevangene oor Waarheid uitvra.

Die waarheid wat ons ontwyk, staan dikwels voor ons, eenvoudig, maar kragtiger as die magtigste van mense en konings.

‘n Sweedse ondersteuner het al Ge se skilderye geërf omdat sy hom deur sy lewe versorg het. Na haar dood in 1952 was daar nie ‘n spoor van die skilderye te vind nie. Uiteindelik het ‘n jong versamelaar ‘n klomp daarvan by ‘n Switserse vlooimark  opgespoor. ‘n Groot deel is tans in Rusland, nadat dit as ‘n versameling deur ‘n Russiese galery gekoop is.

Ek kyk met groot vreugde na verskillende van sy skilderye. En op ‘n stadium kom ek af op ‘n brief wat hy oor Tolstoi geskryf het. Hy het Tolstoi in Moskou gaan opsoek en oor ‘n lang tyd het hulle ‘n besondere vriendskap ontwikkel.

Tolstoi het gedink Ge se skildery wys ware meesterskap. Oor en weer het hulle baie van mekaar gedink.

Wat my bybly in hierdie soeke na meer inligting oor Ge is sy opmerkings oor Tolstoi. Sy toegeneentheid tot Tolstoi het begin toe hy op ‘n dag in die koerant ‘n uitspraak van Tolstoi lees. Tolstoi was op daardie stadium in die stad op besoek aan verskeie kelders waar arme, ellendige mense geskuil het. Waarop die koerant skryf dat Tolstoi gesê het:

Dit is ons gebrek aan liefde vir die ellendigste mense wat die oorsaak van hulle verskriklike toestand is.

Hierdie woorde, skryf Ge, was soos ‘n vonk wat sy hart aan die brand gesteek het en wat hom dadelik Moskou toe laat reis het om vir Tolstoi te ontmoet.

Groot is mense, skrywers en skilders wat deur liefde gedryf word…  

Ook die teendeel is waar: Ellendig is mense wat onder ‘n gebrekkige liefde ly.

Monday, February 25, 2013

Hoe het Bybelskrywers oor die mistieke gedink?


Dit is nie altyd maklik om te verduidelik wat mistiek is nie. Tog kan ‘n mens in sekere opsigte sê wat dit nie is nie.

So verstaan ek Peter Schäfer se werk oor die oorsprong van die Joods mistiek. Hy wil verstaan hoe mense in Bybelse tye oor die mistiek gedink het. Hy kyk veral na baie bekende apokaliptiese boeke soos 1 Henog, 4 Esra, Jubeljare, 2 Barug, maar ook na Qumran-tekse en die latere Hekhalot-geskrifte. Dit is baie bekende boeke waarvan sommige vandag nog in sekere Bybels as die apokriewe boeke opgeneem is. 

Daar is, skryf Schäfer, ‘n nuttige bespreking van Elliot Wolfson, waarin hy oor die tekste skrywe. Wolfson praat oor hoe ons moderne verstaan van die mistiek deur die Griekse filosoof, Plato, ingrypend beïnvloed is. Plato met sy siening dat die wêreld soos ons dit sien en bekyk, nie die hoogste werklikheid is nie, het ‘n “ideë-ryk” as die eintlike werklikheid ten grondslag van ons wêreld beskou. Die mistiek sou dan beteken dat ons met God, die hoogste Idee, verenig word. 

Dit het vele mense in die Christendom se siening van die mistiek beïnvloed. Christene dink dikwels dat kontemplasie van God te doen het met ‘n vorm van eenheid waardeur die siel van die liggaam afskei en na God as die bron van alle dinge terugkeer. Dit siel van die mens word op ‘n mistieke manier een met die goddelike siel. Dit is ‘n eenheid met God wat groter is as die verstand en alles wat bestaan. Die mens word vergoddelik. 

Hierdie neo-Platoniese manier van dink kry ‘n mens nie in die Bybel nie, skryf Wolfson. Geen Joodse teks sal beweer dat die mens verenig word met die Siel van God nie.

In Joodse tekste van Bybelse tye gebeur iets heeltemal anders. In hierdie tekste word vertel hoe mense deel kry aan die hemelse sfeer en opstyg uit hul aardse bestaan. In ‘n sekere sin sou ‘n mens kan praat van die mens wat tot engel gemaak word. Die mens word bo tyd en ruimte uitgetel en kom dan in die teenwoordigheid van God. Daarmee word mense soos engele: hulle tree in voor die goddelike aangesig in die hemel. Maar nooit sal ‘n mens dit kry dat die mens in die goddelike siel opgneem word en een daarmee word nie. Die mens mag in sommige gevalle dus tot engele gemaak word, maar nooit word mense vergoddelik nie. 

‘n Mens moet dus genuanseerd oor die Joodse mistiek praat: In Joodse tekste is dit beter om te verwys na ‘n hemelreis as na ‘n mistieke ervaring. Die mens word volgens die Joodse tekste deur die hemelreis van die aarde opgeneem en deur hemelse sfere geneem. (Dink maar aan Openbaring waar Johannes hemel toe geneem word in Openbaring 4:1 en veral Openbaring 20:10 waar Johannes hemel toe geneem word en vanuit ‘n hoë berg sekere openbarings ontvang).

Met so ‘n beskrywing van ‘n hemelreis vermy ‘n mens volgens Wolfson die indruk dat dit in die tekste gaan om ‘n mistieke eenheid. Mistieke eenwording is immers ‘n moderne manier van praat oor die mistieke ervaring wat kan veroorsaak dat ‘n mens tekste in Bybelse tye nie reg verstaan nie.

Daar is in sekere Joodse tekste ‘n ander interessante verskynsel. In die apokaliptiese boek met die naam 1 Henog, word vertel hoedat die Bybelse figuur van Henog as mens omvorm is tot Metatron, die hoogste van alle engele. Navorsers het baie oor die uitspraak gewerk, omdat dit daarop wys dat sommige Jode in Bybelse tye geglo het dat mense in engele getransformeer kan word.

 Wolfson glo dat ‘n mens die volgende prentjie kan teken: die vroom mens word opgeneem in die hemel en neem deel aan die hemelse liturgie. (Dit herinner ‘n mens aan Johannes se visioen in Openbaring 4-5 waar hy die hemelse liturgie sien). Maar in die latere, mistieke Hekhalot tekste word die beeld nog verder uitgewerk: die mens word ook gekroon om langs God op die troon te gaan sit.

Al hierdie vertellings is maniere van gelowiges uit die tyd van die Bybel om na te dink oor hul verhouding met God. Uiteindelik kan ‘n mens nie die wêreld soos ‘n mens dit elke dag ervaar, goed verstaan nie. Om gelowig te wees, beteken om te ervaar hoedat ‘n mens die teenwoordigheid van God binnegaan, ver verby die beperking van die wêreld waarin die mens bestaan. ‘n Mens moet dus die “hemel” herken wat agter ons wêreld bestaan. Ons lewe draai dus nie om hierdie wêreld nie, maar om God. Wat regtig saak maak, is om in die intieme verhouding met God voor God en by God self te wees.

Hoe dit ook al sy, as ‘n mens wil verstaan wat mistiek vir Bybelskrywers beteken, moet jy versigtig wees om nie moderne begrippe te maklik daarvoor te gebruik nie. Dit is eerder nodig om vas te stel hoe Bybelskrywers self daaroor gedink het en watter taal hulle daarvoor gebruik het. En hieroor is daar geen twyfel nie: die intieme verhouding met God is deur Joodse skrywers veral uitgebeeld deur die metafoor van ‘n hemelreis.

As ‘n mens dit verstaan, word sekere Bybelgedeeltes baie interessant. Soos byvoorbeeld Paulus se uitspraak in 2 Korintiërs 12:2!

Sunday, February 24, 2013

Hoe 'n man is ek? Oor die magtige manne van ons tyd




Ek reël in hierdie tyd aan ‘n mini-seminaar vir LitNet oor die manne-beweging in Suid-Afrika (vir April). Tot 400 000 mans het op ‘n stadium godsdienstige byeenkomste bygewoon waar hulle nagedink het oor hul rol as seun vir hul ouers, man vir hul vrou, pa vir hul kinders en vriend vir hul maats. Duidelik is daar ‘n baie groot behoefte by vele mans om hieroor na te dink.

Kyk byvoorbeeld na die volgende video en watter appel op godsdiens, musiek, emosies, kommunikasie en man-wees gemaak word:

 
 

Ek beplan dat hierdie reeks in April van stapel sal loop. Tot dusver was die reaksies op hierdie beweging te skrams, eensydig, veroordelend, oppervlakkig en oningelig om werklik nuttig te wees.

Die reaksies op die beweging het wyd uiteengeloop. Daar was die siniese kritiek van sommige, die harde veroordeling van die naïewiteit en eensydigheid van die geestelike inhoud, die bevraagtekening van die begrip van manlikheid in die beweging en vele ander aspekte. 

Intussen het kombi’s vol mense, meestal nog jongerig, ongesteurd en in eindelose rye afgesit om die een byeenkoms na die ander te gaan bywoon. Wat ook al die kritici kwytgeraak het, het duidelik min invloed gehad.

Vele mense het gepraat oor die positiewe afloop daarvan. Die beweging het vele mense in hul geestelike lewens versterk. En een na die ander byeenkoms het groter en massiewer geword.

In ons komende LitNet seminaar hoop ek sal ons kan dieper nadink oor die geestelike behoeftes van mense wat ingetrek word by die manne-beweging (minder, maar ook: die vroue-beweging) en hoe ‘n mens vanuit ‘n hoek van dieper nadink daaroor kan praat.

Daar is ‘n diepe begeerte, besef ek al hoe meer,  by mans om hulle eie identiteit te verstaan. Hulle kyk na die wêreld, sien hoe gekompliseerd dit is, besef hoe wreed dit is, ervaar by die werk en by hulle kinders se skole al hoe meer waaraan mense blootgestel word en hoe hul kinders uitgedaag sal word. En hulle wil praat oor hoe ‘n mens sinvol die reuse-taak kan aanpak om saam met/vir hul vrou en met/vir hulle kinders ‘n sinvolle lewe moontlik te maak.

Hierdie behoefte word duidelik gedryf deur ‘n innerlike bewoëndheid. Mans gee om. Vaderskap is ‘n intuïtiewe refleks-aksie wat die diepste kant van die man aanraak en oopmaak vir hulle wat naby aan hom is.

Ons weet dit almal: daar is niks so ywerig, beskermend, liefdevol en opgewonde soos ‘n man wat pas pa geword het nie. Die eerste reaksie om jou kind in jou hande vas te hou is 'n simbool van hoe 'n mens tot die einde van jou lewe sal voel.

Hoe taaier die wêreld word, hoe sterker voel mans die uitdaging om ‘n goeie mens vir ander te wees. En hulle weet dit is belangrik om tuis te begin.

Dit is, dink ek, een van die rede’s waarom mans op groot skaal die manne-beweging ondersteun.

Dit is boeiend dat veral toegewyde mans die gesels oor hul man-wees in ‘n godsdienstige konteks wil voer.  Wat die vraag oproep: word daar in die teologie en in die kerke genoeg aandag hieraan gegee? Op my boekrak staan een publikasie oor manlike spiritualiteite. Verder is daar ‘n paar populêre tekste (bv. Wild at Heart). Maar hoe word oor hierdie sake in ons konteks en in ons land met sy eie behoeftes gepraat?

Tyd om dit meer aan die orde te stel.

Ek hoop die komende seminaar op LitNet waaraan verskeie bekende Suid-Afrikaanse teoloë gaan deelneem, gaan help om die tema net nog meer aktueel te maak binne die teologie en in die gevestigde kerke. Ons gaan hopelik reguit, billik, eerlik en diepsinnig oor die tema kan praat. Dit raak die lewens van alle mense. Dit is ook ‘n tema wat die kerk en teologie kan laat nadink oor hul eie identiteit en die verlangens van hul lidmate en lesers.

Vandag lees ek in die NYT 'n nuwe, ander perspektief op hoe ‘n globale verskyning die manne-beweging is. En hoe baie mans byvoorbeeld oor so ‘n simpel saak soos hul huistakies blog of konferensies gaan bywoon of kampanje’s organiseer. Mans neem hul rol in die huisgesin ernstig op, vertel die artikel.  

Dit is nie ‘n godsdienstige artikel nie, maar die geen ‘n insig in hoe sommige mans in die res van die wêreld hulle man-wees beleef.

Wat my tref in die artikel is die behoefte van mans om in alle opsigte hul rol binne die gesin volwaardig en met integriteit uit te voer. Die dae dat die pa die hoof is wat bedien word, wat hiet en gebied, en omring word deur slaafse bedieners en bediendes, is duidelik verby. Die moderne man weet hy het ‘n dienende rol om te speel, hy is nie heer en meester nie, hy wil ook nie ‘n rondsukkelaar wees nie.

Hier is die artikel:

THE hapless, bumbling father is a stock character in product marketing. He makes breakfast for dinner and is incapable of handling, or sometimes even noticing, a soggy diaper. He tries desperately to hide the crumb-strewn, dirt-streaked evidence of his poor parenting before the mother gets home.

A Dove Men+Care advertisement tries to reach men who are redefining the role of fatherhood.

This is an image that many fathers who attended the Dad 2.0 Summit — a meeting of so-called daddy bloggers and the marketers who want to reach them — have come to revile. They are proud to be involved in domestic life and do not want to serve as the comic foil to the supercompetent mother.

In the past, consumer-product marketers weren’t all that concerned with what fathers thought — women, after all, make the majority of purchasing decisions for households. But men are catching up: In 2012 men spent an average of $36.26 at the grocery store per trip, compared with $27.49 in 2004, according to data from Nielsen. Companies see an opportunity to reach a new demographic.

The bloggers, for their part, are using their influence to change the way marketers portray them. “The payoff is huge if you get dads right,” says Jim Lin, vice president and digital strategist at Ketchum Public Relations in San Francisco, a blogger at The Busy Dad Blog and a father of two.

To put it another way, while the mom space is crowded with players, the dad space has room for more. So there is big money to be made, both by companies looking at fathers as consumers and by daddy bloggers looking to ride a wave of brand sponsorship just as mommy bloggers have.

THE 200 or so bloggers and media professionals who attended the second annual Dad 2.0 conference in Houston from Jan. 31 to Feb. 2 were mainly in their 30s and 40s. They tended to wear well-fitting jeans, button-down shirts and blazers, and they were quick to whip out pictures of their children on their iPhones.

The 44 brand representatives at the conference tried to project a hip blend of parenthood and masculinity. At one point, Dove Men+Care, a Unilever line of deodorants, soap, shampoo and other products, set up a traditional barbershop at the Four Seasons Hotel, where the conference was held. The same space became a whiskey bar one night, complete with bracing free samples. Dove, which paid six figures to serve as the conference’s main sponsor, also offered daily sword-fighting lessons with Steven McMichael, who trained the actors in “The Hobbit.”

Another sponsor was Honda, which offered test-drives of some of its 2013 models, including, of course, a minivan. Kraft was there, with taste tests of cheese-laden meals. ConAgra Foods, which makes things as diverse as Swiss Miss and Hebrew National hot dogs, played to more traditional notions of what men enjoy by featuring cheerleaders in short skirts at its booth. On the other hand, it also sponsored an event called the Great Dad Cook-Off.

Representatives of Maclaren, the stroller maker, did not have a booth, but they came to the conference this year to do reconnaissance. “Maclaren is eyeing the dad market,” says Shanin Molinaro, the company’s global vice president for marketing. The company, she says, has taken note of evolving parental roles, including a rising number of stay-at-home fathers and fathers in same-sex marriages. Just this year, Maclaren came out with a new stroller, the BMW Buggy.

Dad 2.0 is owned by XY Media, a start-up company based in Houston that advises brands on how to appeal to fathers. The conference’s founders are Doug French, 47, who has two sons, 10 and 7; and John Pacini, 40, who has a son, 11, and a daughter, 7. They saw an opening in the market after they packed sessions on fatherhood-related topics at the Mom 2.0 Summit in New Orleans in 2011. That conference was founded, conveniently, by Mr. Pacini’s wife, Carrie Pacini.

One of the biggest laments among bloggers at this year’s Dad 2.0 Summit was that many marketers continued to portray fathers as babbling buffoons who need constant supervision. “Dads are seen as heroes as long as their kids don’t drown in the swimming pool,” says Mr. French, who has a blog called Laid-Off Dad.

Last year, the daddy blogosphere erupted when Huggies released a commercial that showed a group of fathers and their babies, with a voice-over that said, “To prove Huggies diapers and wipes can handle anything, we put them to the toughest test imaginable: Dads, alone with their babies, in one house, for five days.”

The daddy bloggers were led by Chris Routly, 37, a stay-at-home father in Portland, Ore., who blogs at The Daddy Doctrines. He started a petition calling on Huggies, which is owned by the Kimberly-Clark Corporation, to pull the ad.

“The verbiage was implying that dads need the help of a special product to overcome our incompetence,” says Mr. Routly, whose sons are 4 and 2.

The petition on Change.org drew 1,300 signatures, but Mr. Routly closed it after a Huggies representative called him to solicit advice about making the company’s marketing more acceptable to fathers.

Huggies replaced the commercial with a spot that had already been shot, with a different voice-over: “To prove Huggies diapers can handle anything, we asked real dads to put them to the test — with their own babies, at naptime, after a very full feeding.” The subtle difference in wording implied that fathers were discerning diaper experts, rather than neglectful idiots.

Kevin Brown, who oversees commercial programming for the Huggies brand in Neenah, Wis., attended the Dad 2.0 Summit and said his company learned something. “Dads do not want to be treated differently, and they do not want to be treated foolishly,” he said. “We are better marketers because of what happened last year.”

MORE marketers are paying attention to fathers because more fathers are deciding what to buy for their families. That comes as no surprise to Mr. Routly. “Before I left for Dad 2.0, I had to make sure my wife knew the way to the grocery store,” he says.

To capture that growing market, brands face a challenge: How do they appeal to fathers’ competence without making them look like mothers?

Some daddy bloggers grumbled over a 2011 ad for Procter & Gamble’s Tide detergent that showed a stay-at-home father folding laundry and referred to him as a “dad-mom.” The National At-Home Dad Network, a nonprofit group that had a booth at the summit, puts it this way in its literature: “Dads do not parent like Mom, nor are a replacement for her when she’s not home.”

Matthew Willcox, executive director of the Institute of Decision Making at the advertising agency Draftfcb in San Francisco, studies how neuroscience and behavioral economics relate to marketing. He suggests that companies and advertisers need to be very aware of the societal shift around parenting. “It’s not a question of applying the same rules that apply to moms,” he says.

Mr. Willcox, who did not attend Dad 2.0, cited a 2010 Toyota ad by Saatchi & Saatchi Los Angeles for the Sienna SE minivan as one that was particularly effective at reaching the new father demographic. The two-and-a-half-minute online spot featured a normal-looking couple rapping about parenting while nuzzling their Sienna SE, styled the “Swagger Wagon.” The video, which briefly appeared on television, has attracted more than 11 million views on YouTube since May 2010.

“The whole notion of having a minivan can be quite degrading — you talk to parents about having to swap out their car for a very practical minivan, and it can be devastating,” says Mr. Willcox, whose company did not work on the campaign. “But what Toyota and the Swagger Wagon did was make having a minivan part of a positive identity for fathers.”

In the Swagger Wagon ad, the father (played by Brian Huskey) is balding but wears thick, black, hipster-type glasses. “The dad in the video is not a cringingly cool dad,” Mr. Willcox says, but “appropriately cool.”

THE relationship between the bloggers and marketers cuts both ways. The marketers are selling to the bloggers, but the bloggers also have something to gain from the marketers, like sponsorships and branding.

Charlie Capen, 31, who blogs at How to Be a Dad, asked Honda, a sponsor of Dad 2.0, to back a project with his blog’s co-founder, Andy Herald, and David Vienna of the site The Daddy Complex. He thought it would be fun to chronicle the men’s 32-hour drive from Los Angeles to the conference in Houston. Honda provided the vehicle, a 2013 Crosstour, and covered video production costs. It will also pay for space to show the video on Mr. Capen’s blog, and for him to promote the video on social media sites, something known as sponsored content.

“The idea is us in the car having a frank and funny conversation about ourselves as fathers,” says Mr. Capen, who is also the director of online engagement at 20th Century Fox. “They are sponsoring us to talk about fatherhood in a way that is funny and consumable.” Neither he nor Honda disclosed further financial details, such as how much the bloggers were paid for the video, which has not yet been posted.

Mr. Capen, who has a 3-year-old son, says his site receives 200,000 to 300,000 unique viewers a month. He has worked with Clorox and the automaker Kia on similar projects. The collaboration with Clorox resulted in a post last December titled “The 3 P’s of Parenting,” referring, the site noted, to “pee, poop and puke.” Clorox tried to entice readers to click through and win $15,000 by sharing their messy moment in a 120-character story.

As mommy bloggers and their readers can attest, sponsorships carry risks. The Federal Trade Commission can fine the blogger and the sponsoring company for not revealing the relationship. And bloggers perceived as simply shilling for companies without regard for quality will lose respect.

But for fathers, just getting the attention of consumer-products companies has been a long time coming.

IT has been a struggle to get fathers included in family-oriented ads at all. Just look at the campaign that Procter & Gamble ran last year during the Summer Olympics, called “Thank You, Mom,” which saluted mothers for helping to nurture Olympic athletes. Surely some fathers were involved, daddy bloggers argued.

Advertisers and brands have been slow to respond to fathers as a consumer group because of a dearth of data, says Alan Kercinik, a Chicago-based group creative director at Edelman, the public relations firm.

“There is considerably more time, attention and money spent understanding how ‘she’ buys versus how ‘families’ buy — and certainly more than ‘he’ buys,” Mr. Kercinik says.

 “We are just at the hello stage on this journey to reach dads,” says Barry Calpino, vice president for breakthrough innovation at the Kraft Foods Group. “Ninety-nine percent of the conversation is ‘she,’ ” he says. “I haven’t been to a food retailer who didn’t refer to the shopper as ‘she,’ so I don’t think we are even thinking about metrics at this point.”

That is changing, albeit slowly. Recently, Dove Men+Care commissioned research, in conjunction with the Center for Work and Family at Boston College, about the roles fathers play at work, at home and in their leisure time.

“Any subject related to dads, we want to know about,” says Rob Candelino, vice president for marketing at Unilever, who focuses on the Dove Men +Care product line.

This is not a social mission; it is about the bottom line. Dove Men+Care, introduced in 2010, is already a $100 million brand, and about 75 percent of its customers are fathers, according to Mr. Candelino, who is a father himself. “Men are more receptive to messages about taking care of themselves after they have children,” he says.

In the past, advertisers paid more attention to men in the so-called laddie demographic, ages 18 to 30, who are more likely to spend their disposable income on alcohol and cars. But there is a whole group of men between the beer-guzzling, Maxim-reading phase and the Viagra years.

Mr. Candelino described his target customer as a father, or an expectant one, who is in his late 30s and married, cares deeply about his role as a father and mentor, and is as comfortable having a tea party with his daughter as he is having beers with his friends.

“No brands were talking to guys at that level,” he says. “Society is ready for a new narrative about dads.”

Terwyl ek so bietjie lees oor die beweging, kom ek op die volgende blog-inskrywing af. Dit is boeiende leesstof - oor hoe soldate, rof en grof, dink ons, hul man-wees wil uitleef. 




Blog Archive