Friday, February 08, 2013

Wie gaan ons getuienis hoor as ons nie praat nie?

In die Media (NYT) is daar 'n berig oor 'n Lutherse predikant wat gedwing is om verskoning te vra omdat hy deelgeneem het aan 'n inter-geloof diens. Dit het plaasgevind na die slagting van skoolkinders in Newtown, Amerika. 

Die hartseer en trauma van miljoene mense, afgesien van die skok en verlies wat die naaste familie ervaar het, het die aandag van die wêreld getrek.

Die Lutherse pastor moes self ervaar hoe 'n kind uit sy gemeente afgemaai is. 

Heel verstaanbaar, is daar in die gemeenskap 'n diens gehou waar mense op 'n mees intieme manier en in 'n geloofskonteks hul rou kon verwerk. Selfs President Obama het die diens bygewoon. En, soos vele ander mense, het hy, ironies, kon sien hoe tragedie, verlies en die dood mense bymekaar bring soos wat kerke dit nie doen nie.  En hoe gebede, lees van die Heilige Skrifte, trooswoorde 'n gemeenskap kan ondersteun in die oomblik van hul verbystering.

Ek onthou hoe ek dele van die diens gesien het en gedink het hoe belangrik godsdiens in sulke tye is. En hoe tragies dit sou wees wanneer godsdiens uit die samelewing verdring sou word. 

Die pastor se meelewing met die familie en met ander treurendes in die gemeenskap, het sekerlik gehelp om mense te troos. En sy woorde en teenwoordigheid het ver buite die grense van sy klein gemeente 'n teken van ontferming en meelewing geword.

Toe gaan kla die voorsitter van sy gemeente die pastor aan! Omdat hy saam met heidene aanbid het. 

Hier is wat die pastor in reaksie op die klagte skryf: "Before the tragedy, he had spent hours with his congregation educating them about the differences between Lutheran teaching 'and the teachings of false religions such as Islam or Baha’i,' both of which had clergy members at the interfaith service. He also noted that, in his own prayer at the service, he had spoken about Jesus and quoted from the Bible."

“I believed my participation to be, not an act of joint worship, but an act of community chaplaincy,” he wrote.

Die pastor het egter ingegee en verskoning aangebied: “To those who believe that I have endorsed false teaching, I assure you that was not my intent, and I give you my unreserved apologies,” he wrote.

Hierdie pastor Morris behoort aan die konserwatiewe Lutherse-Kerk - Missouri Sinode, bekend vir ketterjagtery en aanvalle op mense wat nie met hul geloofsoortuiginge saamstem nie, maar veral vir hul onverdraagsaamheid teenoor predikante wat van die kerkleer afwyk.

Hierdie kerk voel verskille tussen godsdienste word dikwels op onverskillige maniere as onbelangrik beskou. Hulle tradisies word die maatstaf waarmee hulle hul verhouding met ander inrig.

Hier is 'n deel van die berig:

 The Rev. Matthew C. Harrison, president of the Missouri Synod, called on Mr. Morris to apologize, which he did.

“There is sometimes a real tension between wanting to bear witness to Christ and at the same time avoiding situations which may give the impression that our differences with respect to who God is, who Jesus is, how he deals with us and how we get to Heaven, really don’t matter in the end,” Mr. Harrison wrote in an open letter on the Web."

Na die verskoning het die pastor ondersteuning van Harrison gekry: 

"Because it was not Mr. Morris’s intention to give the impression that the other faiths were equally valid, Mr. Harrison called on Lutherans upset by what had happened to accept Mr. Morris’s apology and support him and his congregation “especially in providing funding for Christ the King as it continues to care for victims,” he wrote in his letter.

Die berig vertel dan van 'n ander predikant van dieselfde kerk. Dit was 'n Pastor Benke wat na die 11 September aanvalle deelgeneem het aan 'n inter-geloof byeenkoms en toe daaroor as predikant geskors is.  

Hier is die verdere berig: 

Mr. Benke had broken the First Commandment — “I am the Lord thy God” — by worshiping with 'pagans,' including Muslim, Sikh and Hindu clergy members, the Rev. Wallace Schulz, a senior official of the church, said then. Mr. Benke refused to apologize, and was cleared by a church panel in 2003 and permitted to return to ministry.  

Wat in die treurige berig vir my die meeste opval is wat hierdie Benke toe teenoor die verslaggewer opmerk: 

"Asked for comment on the Newtown situation on Thursday, Mr. Benke said he did not agree with the denomination’s decision to ask Mr. Morris to apologize. “I am on the side of giving Christian witness in the public square and not vacating it,” he said. “If we don’t show up, who can receive our witness?” 

Watter soort spiritualiteit is aan die werk in ons verhouding teenoor ander godsdienste? Watter indruk maak hierdie berig op mense oor die manier waarop Christene met mekaar omgaan.

Is dit nie nuwe vorme van godsdiensoorloë wat eerder hatigheid bevorder as wat dit 'n ruimte vir getuienis-lewering moontlik maak?

Daar is niks wat 'n mens se eie identiteit so sterk maak soos wanneer jy blootgestel word aan ander en met hulle oor jou eie oortuiginge praat. Ook die manier waarop 'n mens in 'n inter-geloof diens vanuit jou eie identiteit aanbid, kan 'n geleentheid word om die diepte van jou spiritualiteit en die vreugdevolle vertroue op  God uit te druk. Dit beteken nog lank nie dat jy nou Islam aanhang of Hindoe geword het nie. 

Natuurlik is dit belangrik dat die kerk sy geloofsgoed hoog ag. Dit is dinge wat diep in die tekstuur van lidmate ingegrein is. Dit sou roekeloos wees om sulke kosbare sake eenvoudig tot niet te laat gaan.

Dit is dus nie ter sprake nie. Die vraag is hoe 'n mens oor jou geloofsgoed waak. Doen jy dit op so 'n manier dat jy ander aanstoot gee, in hul diepste sentimente beledig deur aaklige, verwerpende taal vir hulle of neem jy in ag dat jy oor hulle wil praat soos jy graag wil hê hulle oor jou en jou geloofsentiment moet praat? 

Praat jy, verder, oor jou eie geloofsgoed asof jy die waarheid in pag het? En, maak jy asof jy, soos God self die hoogste kennis het? Is jou kennis dan die hoogste maatstaf? Spreek dit die laaste woord? Wat van Paulus se woorde oor al die kennis wat nutteloos is as 'n mens nie die liefde het nie?

Nog vele, vele vrae kan 'n mens vra. Ek dink aan die Barmhartige Samaritaan: daardie man wat nie gevra het of die stukkende man langs die pad 'n gelowige mens was nie. Hy het eenvoudig, in sy ellende, in sy seerkry-tyd naas hom gaan kniel en vir hom omgegee.

Soos daardie Pastor in Newtown met die stukkende gemeenskap gemaak het.

Blog Archive