Monday, August 30, 2010

Hoe meer ons aanbid, hoe meer wil ons aanbid... Liturgiese gebed (2).

Die begin, Here, van alles wat ons wil dink en doen, wéét ons,
is om op te kyk,
weg van onsself, na U,
is om U raak te sien.


In U, die Alfa en Omega, die begin van alle dinge, die einde van alles,
verstil ons hartsverlange,
word ons innerlik vervul
en ervaar ons waarheen U met ons op pad is.


Ons wil U aanbid, vir U vereer,
ons wil met alles wat ons het op U fokus.


Ons kyk om ons, sien suiwer skoonheid by ons;
ons merk U op,
U verborge teenwoordigheid in die skepping.
Ons sien U kunstenaarshand in die plek waar ons bly, in die wydtes van U natuur.
Elke keer weer is dit vir ons eindeloos mooi,
geskep deur U, die Oneindige.
Altyd weer, Skepper, is U vir ons die Een wat alles gevorm het
en voel ons ons omring deur U, die Een wat volmaak mooi is.
Ons roep biddend uit van blydskap omdat ons só konkreet, so direk, so skoon
die Oneindige se oneindigheid kan ervaar,
omdat ons kan weet wat ons sien, is van U, is U.


Ook op ander maniere het ons U ontmoet,
raak U ons aan sodat ons harte ons aanspoor om U te besing, U lof te verkondig.
Ons het in U heilige boek die getuienis gelees, gehoor uit verre tye, lank terug en oor die eeue heen,
hoe getrou U gebly het aan dít wat U begin doen het in U skepping,
hoe U trou bly wys het aan hulle wat U op U wêreld laat woon.
Mense wat U van naby geken het, het met oorgawe oor U geskryf –
hoe goed U altyd vir hulle was.
Hulle het gesing oor U genade.
Hulle het verhale vertel van U volmaakte vriendelikheid,
hoe U hulle bevry het, die nuwe land vol rykdom gegee het.
U was vir die geslagte in die ou tyd die Verlosser, die Vriend.
Ook hulle boeke, hulle getuienis roer ons al en bring ons tot aanbidding.


Toe mense van alle tye ook donker paaie moes loop,
wanneer hulle alleen was,
in tye van verdrukking, in die somber tye van verlies,
was U ook vir hulle daar,
het hulle agter U ligkolom geloop
en in U voetspoor getrap.
U was vir ons voorouers ‘n goeie herder,
die Een wat hulle selfs in hul donker nag wou bly aanbid.


Ook in die blye oomblikke, in tye van vreugde, wanneer mense vir U feesgevier het,
het hulle U teenwoordigheid herken en erken.
By die geboorte van ‘n kind is U naam aangeroep, is offers van dank aan U geskenk, is die teken van die verbond oor hul jong lewens uitgekerf.
By die bind van die liefdesband, elke keer weer wanneer twee mense hul lewens vir mekaar gee, is diepe dank aan U gebring.
By die inbring van die oes, het U ook ‘n deel ontvang.
En altyd weer, selfs in die geringste gawes, is ‘n tiende aan U teruggeggee.


Só het U gedeel in die beste en mooiste van oomblikke van hulle wat die geestelike reis afgelê het,
só is U bly aanbid deur hulle wat U in hul bly tye herken het.


As ons dít alles bedink, hierdie skeppingskrag, U verlossersliefde, U hoedende ontferming, U wat saam met ons die mooiste dinge beleef,
dan wil ons U loof en prys.
Dan kyk ons op, verwonderd, in verering,
dat U wat alles begin het en alles in U hand hou,
dat U ons aanraak en ons U eie maak.
En ons kan nie ophou om U te prys nie.


Hoe skoon is U, God van goedheid, hoe oneindig skoon.
U is mooi, soos geen bruid ooit kan wees nie.


Ons kry nie woorde nie, ons taal is flou, ons gepraat so vaal as ons U naam wil besing.
Hoe vereer ons U? Hoe kan ons ooit die lof uitsing wat U verdien?
Ons besef, lank nadat ons woorde opgedroog het, ons taal verstil het, ons nog
gaan soek na maniere om U te prys, dat ons alleen maar stamelend kan prys, flou-weg kan loof.


Maar selfs al stamel ons, al soek ons na woorde, verlang ons om méér te kan sê,
is dit goed om U te aanbid, is ons pryslied gelaai met vreugde.


En wanneer ons U loof, hoe voorlopig en hoe onvoldoende ook al,
bring ons lof groter lof.
Want as ons U prys, ontdek ons in ons pryswoorde verdere skoonheid, ontdek ons verwonderd U grotere teenwoordigheid.
Want, Here, selfs die woorde wat ons vind om U te aanbid, is woorde wat U ons skenk.
Selfs die dank wat ons aan U bring, is dank wat ons van U ontvang.
Ons kyk op na U, terwyl ons goed weet dat dit U is wat ons laat opkyk.
Ons sing u lof, terwyl ons goed weet dat dit U is wat ons tong in beweging bring.
Verborge, so diep verborge is dit dat ons, die biddeloses, tog deur genade kan bid en aanbid.


Ons wéét, dit is U Gees wat die onuitspreeklike versugtinge in ons plant.
Dit is goed om by U te wees, om in aanbidding by U te kan woon.
Om te weet: hoe meer ons U aanbid, hoe meer verlang ons om U te aanbid.


Here, U is die Alfa en die Omega.
Deur U kom ons tot aanbidding


Tot U sal ons aanbidding wees, van nou af tot in alle ewigheid.


.

Sunday, August 29, 2010

Wanneer die paaie van hemel en aarde kruis. Bybelstudie oor Openbaring (11).

Ek, Johannes, was op die eiland... Ek was in die Gees op die dag van die Here” Openbaring 1:9-10.

Wanneer Johannes “in die Gees” opgeneem word, neem die Gees beheer or sy lewe oor (sien ook Open. 1:10; 4:2; 17:3; 21:10). Hy is in ‘n beswyming waarin hy in ‘n ander bewussynstoestand oorgaan.  Hierdie spesiale ervaring is nie ‘n spreek in tale (soos in Handelinge 2) nie. Dit is ook nie ‘n ekstatiese ervaring wat een of ander vreemde onnatuurlike onbeheerde gevoelsbelewenis is nie.

Johannes wil daarmee sê dat hy sy profetiese boodskap van God ontvang het. Hy ontvang van God allerhande “tekens” – soos Openbaring 1:1-2 te kenne gee. Dit is visioen van dinge wat hy sien en hoor (bv. Open. 1:10 [hoor] en 12 [sien]). Hy word met die geestelike dinge gekonfronteer.

In Openbaring word die werking van die Gees veral met profesie verbind. Die sewe geeste is fakkels wat voor die troon van God brand (Open.4:5). Hulle is ook die sewe oë van die Lam wat oor die aarde uitgestuur is (Open.5:6). Hulle is dus in die teenwoordigheid van God en hulle is deel van Christus. Die Gees behoort tot die hemelse sfeer. Maar die Gees reik ook uit na mense op aarde. Die sewe Geeste weet wat gebeur by God en hulle dra hierdie boodskap wêreldwyd uit.

Hierdie spesiale onthullings beteken nie dat Johannes sy normale menslike vermoë verloor nie. Hy onthou naamlik so goed wat alles gebeur dat hy dit alles versigtig in ‘n boek kan neerskryf. Hy vertel dat hy ‘n bevel gekry het: “Skryf die dinge op wat jy gesien het” (Open.1:19), of : “Skryf wat jy sien in ‘n boek” (Open.1:11). Gedurigdeur is hy by sy volle bewussyn en altyd weer word hy herinner dat hierdie boodskap van die hemel bedoel is om op die aarde gehoor en gesien te word. Die verborge, hemelse dinge word bekend gemaak omdat dit ‘n saak van lewe en dood op aarde sal word.

Hier het ‘n mens te doen met een van die mees sensitiewe kante van ons geestelike reis. Johannes ontvang in visioene buitengewone hemelse ervaringe. Hy reis in die hemel en ontdek die plek waar God woon (Open.3:1). Die hemelse sfeer word vir hom geopen. Met ander woorde: hy sien verby die aardse realiteite na die verborge dinge waarvan mense min weet en min ervaar. Hy kom agter dat wat saak maak, nie die menslike situasie is waarin hy en die ander gelowiges verkeer nie. Hy ontdek agter hierdie menslike omstandighede iets diepers, groters en sterkers. Hy word met die geestelike dinge gekonfronteer!

Spiritualiteit gaan altyd om die verborge dinge. Die geestelike reisiger weet hy of sy leef met die oog op die verborge, dieper dinge.

Die wêreld van God word dus vir mense oopgesluit. Johannes die profeet ontvang God se woord en verwoord dit dan in mensewoorde.

Dit klink maklik, maar wanneer die mens God se verborge dinge ontdek, stuur dit sy of haar lewe in ‘n totaal nuwe rigting. Johannes word so sterk deur sy visoen aangetas dat hy vreesbevange op die grond neerval. “Toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en aan my gesê: ‘Moenie vrees nie.’”

So spesiaal is sy ontmoeting met God en die visoene wat hy ontvang dat hy sommige daarvan nie eers mag neerskryf nie (Open.10:4).

Dit alles is oorweldigends. En tog, die verborge dinge en tekens wat hy sien en hoor, moet hy nou in menslike taal aan sy hoorders meedeel.

In spiritualiteit is een van die grondmotiewe hierdie spanning tussen die goddelike en menslike. Die oneindige, die ewige, die heilige tree in in die sfeer van die eindige, die tydelike, die onreine.

Hoe kan ‘n mens tog dit wat ons verstand en ons ervaring te bowe gaan, in ons feilbare taal en woorde vasvang?

Die antwoord is te vind in die werking van die Gees. As ‘n mens opgeneem word in ‘n intieme verhouding met God en God se teenwoordigheid beleef, word ‘n mens tot taal bekragtig. Jesaja sou dit in Jesaja 6 met ‘n treffende beeld uitdruk: Toe Jesaja sy eie onvermoë bely, stuur God ‘n seraf met ‘n gloeiende kool van die altaar in ‘n tang wat Jesaja se lippe aanraak sodat hy God se woord kan uitdra. Hy word tot profeet gereinig.

Dit is die wonder van die Gees: God en mens word saamgebind in ‘n noue verhouding.

Dus skryf Johannes sy boek oor God se verborge dinge. Die leser en die luisteraar lees die boek en ervaar tot vandag toe hoe vreemd, hoe snydend, hoe transformatief daardie boek is. Die mens wat reg ingestel is, luister nie na die boek sonder om daardeur getransformeer te word nie. Dit is ‘n profesie, ‘n woord van die Here.

Ons wil so graag ander mense verander. Oor spiritualiteit en self-implikasie.

Aan die einde van die week kou ek nog aan ‘n opmerking wat ek die afgelope paar dae iewers gehoor het en wat by my bly vassteek het: 

“Jy kan nie ander mense verander nie. Jy kan egter jouself verander.”

Ek bedink die opmerking, gemaak deur iemand wat heel nugter met harde realiteite wil werk,  vanuit verskillende hoeke. 

Dit is iewers 'n waar opmerking dat 'n mens maar altyd in die proses van transformasie eerder by jouself moet begin. Ek dink veral aan ‘n artikel wat ek geskryf het waarin spiritualiteit as self-implikasie vir die eerste keer vir my bewustelik ‘n sentrale gedagte geword het. Ek onthou hoe ek, n.a.v. ‘n boek oor spiritualiteit in die filosofie (Solomons) geboei was hierdeur: 'n mens kan baie oor verandering praat, terwyl jy dit nie beleef of soek nie. Spiritualiteit gaan nie "oor" verandering nie. Dit is jou ervaring van verandering. 

Lank het ek met verskillende definisies van spiritualiteit saamgeleef, maar nooit het ek regtig uit hulle iets pertinent gelees oor die feit dat spritualiteit in die eerste plek vir ‘n mens self by ‘n geestelike reis intrek. Spiritualiteit gaan veral om self-transformasie eerder as transformasie van die ander. 

Ek het iewers al daaroor geblog i.v.m. die gedagte dat geestelikes so graag oor die Bybel praat sodat hulle vir ander mense daaroor kan inlig. En in die proses hulself eintlik buite spel plaas. 

Daar is nogal ‘n merkwaardige behoefte in ons om ander mense te verander. En wat dit nog opvallender maak, is dat ons dink ander mense “verander” net as hulle soos ons begin lyk, dink en doen.

Waarmee al so bietjie gesê of gedink word dat ons (dikwels onbewustelik) so optree asof ons dink dat ons self nie regtig veel hoef te verander nie – dis ander mense wat af van die pad af is en nie so reg soos ons dink of leef nie.

In ‘n seker sin moedig ons godsdiens ons verder aan om ander mense se lewens te bekyk en toe beoordeel – en dan, meestal, om te sorg dat hulle tot bekering kom en dat hulle hul lewens verander. Die kerk fokus op “getuienis”-lewering en “sendingwerk” so sterk dat ons bekering van ander in ons dieptestruktuur ingegrein raak. 

Ek onthou uit my C.S.V. skooldae en my studente-dae met Pinksterbidure hoe die dominante toon van die byeenkomste bekering van kerklosses en kerkloses was.  Die getalle van mense wat tot bekering kom word dan ‘n maatstaf van die krag van jou eie geloof. Van die liedere wat in die verband nou nog dikwels by my as ‘n refrein bly, is “Moet ek gaan met leë hande, moet ek so my Heer ontmoet. Nie een siel gewy aan Jesus, niks te offer aan sy voet.”

En ook hier is die impikasie : hoe meer ander mense tot bekering kom, hoe groter jou geloof. Die bekering van ander was iewers iets wat soos ‘n swaard oor jou kop gehang het: jy het jou geloof betwyfel as mense nie deur jou insette tot bekering gekom het nie.

In die proses het die bekering van ons eie hart dikwels op die agtergrond geraak. Ander ja, moet verander en hoe meer hoe beter.

Wanneer ‘n mens hieroor begin praat, staan een ding vir my vas: Mense wat self-vernietigend optree of ander se lewens verwoes, moet inderdaad tot verandering aangespoor word. Om ander tot inkeer op te roep, is nie ‘n fout nie.

Maar dit bly vir my by dat die begrip bekering steeds weer ‘n dubbele betekenis het – dit raak daardie groot ommekeer (van ander), ja, maar dit impliseer oork “voortgaande” bekering van 'n mens self. Daarmee het die wyse kerkvaders ‘n hovaardige self-geregtigheid sekerlik bevraagteken: ‘n mens roep nie net ander op om te verander nie, jy moet self voortdurend die noodsaaklikheid van jou eie verandering en vernuwing begryp en najaag.

Die opmerking wat die week by my vassteek, draai dus die prentjie volledig om. Terwyl ons normaalweg maklik ander wil verander en onsself in die proses oorslaan, word dit nou eerder 'n saak van: ‘n mens kan nie ander mense verander nie. Jy kan jouself egter ten minste verander. 


Die man wat die uitspraak maak, het dit goed bedoel. Ek kan ook insien hoe bevrydend sy insig kan wees: moenie desperaat raak as jy sien hoe ander mense hul lewens tot niet maak nie. Weet ten minste dit hoef nie met jou te gebeur nie. 

Dis bietjie taai, voel ek, hierdie gedagte dat ander mense nie kan verander nie. Ek begryp dit is bietjie hard gestel om ‘n punt te maak. Maar ander mense verander tog en dikwels kan ‘n mens bydrae tot daardie verandering. Miskien sou ‘n mens dit liewers só kon stel: jy kan net verandering by ander mense verwag as jy self verander.

En hierby sou ‘n mens nog iets moet byvoeg wat nogal lei tot nederigheid en dieper inspanning op die geestelike reis: as dit waar is dat ander mense nie sommer verander nie, is dit ook op ‘n mens self van toepassing. Want die skrikwekkende feit is dat self-transformasie nie sommer net gewens kan word of maar net gebeur nie.

‘n Mens verander nie regtig maklik aan jouself nie. Gevestigde gedragspatrone  is van die moeilikste dinge om te verander. 

Paulus se briewe is deurspek met die gedagte dat heiligmaking nie sommer uit die lug val nie. Dit is ‘n gawe van God, maar dit moet gejaag word.

Een van my professore het jare terug van iemand wat aan almal van sy onlangse bekering vertel het, gesê: hy was voor sy bekering ‘n cowboy, nou is hy ‘n bekeerde cowboy, waarmee hy ‘n sardoniese kommentaar op die bekeringservaring gelewer het. "Geloof" kan dikwels 'n blote sousie wees wat die hardheid van 'n onbekeerlike lewe meer wegsteek as in die verlede.

Die kerk se fokus op bekering, dus, betrek eerste van almal onsself in ons alledaagse bestaan. En as ‘n mens jouself bekyk, pas dit ‘n mens om te sê dat verandering so nodig is, omdat ons so onbekeerlik is.

Wat my by die eintlike punt uitbring: Wat is dit wat mense laat verander?

Dikwels word mense wat ‘n groot ommekeer ervaar het, gevra: wanneer het jy dan werklik verander?

‘n Persoonlike trauma, ‘n inspirerende getuienis, ‘n troostende Bybelvers is dinge wat mense sou kon motiveer om te verander.  Mense lewer nogal insiggewende kommentaar hieroor. Ek dink byvoorbeeld terug aan ‘n dagstuk van Henri Nouwen (3 Januarie) waarin hy oor die kwesbaarheid van die lewe praat.

Terwyl ek sy bydrae gelees het, het ek daaraan gedink hoe sy kommentaar ‘n mens se siening op die lewe sterk kan beÏnvloed. Dit val my byvoorbeeld op hoeveel mense verander deurdat hulle iemand aan die dood verloor. As ‘n mens besef hoe kosbaar die lewe is, maar ook hoe kwesbaar dit is, dan begin jy twee keer dink oor wat jy doen. Jesus se gelykenis oor die ryk dwaas wie se lewe in een nag van hom weggeneem is, illustreer iets hiervan. Niks, ook niks kan vasgemaak word nie. Juis daarom moet ‘n mens die lewe voluit lewe. Jy leef ánders as voorheen die oomblik wat jy gekonfronteer word met die fragiliteit van jou bestaan.

Hier is Nouwen se dagstuk:  

Die lewe is kosbaar. Nie omdat dit so sterk en ewig soos 'n diamant is nie, maar omdat dit so verwondbaar is, so kwesbaar en weerloos soos 'n kuikentjie.

Om die lewe lief te hê, beteken om te aanvaar dat dit verganklik is en verwondbaar; dat dit versorg en beskerm en gekoester moet word; dat dit vra om aandag, en leiding, en ondersteuning.

Lewe en dood word deur verwondbaarheid verbind.

Sowel die pasgebore baba en die sterwende ouer mens herinner ons aan die kosbaarheid van die lewe.

Laat ons die kosbaarheid en die kwesbaarheid van die lewe nie vergeet in die tye wanneer ons sterk, suksesvol en gewild is nie.

Dit is maklik om te sê ‘n mens moet jouself verander. Dit word ‘n avontuur om terug te sit en te mymer oor wat ‘n mens bring om te verander. Die begrip transformasie is sentraal aan spiritualiteit. Die inhoud van transformasie moet egter mooi bekyk word. 


Ten slotte: hoe 'n mens ook al besef en soek om veral self dieper in 'n verhouding met God in te groei, hoe meer begryp 'n mens dat dit gebeur veral wanneer 'n mens by God is. Self-transformasie kom op by die mens wat in verwondering voor God staan en voel hoe die aanraking van God hom of haar tot in sy wese raakvat.

Thursday, August 26, 2010

Brand hulle boeke tot as... Oor geweld in God se naam.



Die Chambon meer in Frankryk


Terwyl ek hierdie berig lees in vandag se New York Times oor ‘n pistooldraende predikant van ‘n kerk met 50 lidmate wat in Amerika die Koran wil verbrand, gaan my gedagtes ver terug.

Lank terug in ‘n gemeente waar ek was, het die predikant tydens ‘n erediens die Mormoonse Bybel op die kansel woedend stukkend geskeur en gemeente-lede gewaarsku teen die Mormoonse sendelinge wat in die omtrek gewerk het.

Ek het vir hom gevra wat hy sou doen as die Mormoonse sendelinge in reaksie op sy optrede die Christelike Bybel sou stukkend skeur.

Hy was nie beïndruk nie.

Dit is skrikwekkend dat ‘n mens so weinig in die krag van jou eie boodskap glo dat jy ander kompeterende boodskappe met geweld moet aanvat en mense in hul intieme ervaringe kru kwets. Kan ‘n mens meer onmenslik raak as dit?

Dit is nie net die kwaad wat ‘n mens die ander een aandoen wat my raak nie. Dit is wat jy aan jouself doen wat so raaiselagtig sleg is. ‘n Mens moet naamlik maar bietjie begin dink daaroor dat die Jodedom, die Islam en die Christendom as monoteïstiese godsdienste al drie die Ou Testament as kosbare erfgoed deel. Dit is nou die wet en die profete waarvan Jesus gesê het dat nie een jota of titel daarvan ooit sal vergaan nie. Moslems en Jode lees ook Genesis, geniet ook Spreuke, sing ook die Psalms. As ‘n mens die heilige boeke van Islam verbrand, verbrand jy onvermydelik daarmee saam‘n deel van jou eie Bybel. As ‘n mens die God van die Koran belaster, belaster ‘n mens terselfdertyd die God van Abraham, Isak en Jakob. En as ‘n mens die Mormoonse Bybel opskeur, skeur jy heel letterlik terselfdertyd ook die Ou en die Nuwe Testament op. Kan ‘n mens die ander een skend sonder om jouself geweld aan te doen?

Ek kyk in hierdie dae ‘n video wat ek bestel het oor die stad Chambon in Frankryk. 80 000 Jode is deur die (só christelike en katolieke) Franse owerheid  heel gedweë aan die Nazi’s oorgelewer om na die konsentasiekampe geneem te word. Onder hulle was daar 10 000 kinders. In Chambon, ‘n stadjie met 5 000 inwoners is in hierdie tyd toe miljoene Jode deur Christelike Europa uitgewis is, 5 000 Joodse kinders weggesteek. Dit is ‘n aangrypende video waarin die merkwaardige verhaal vertel word. Ek wil nog meer daaroor skryf, maar hier net dit: die Christene in Chambon het hulle lewe in hul eie hand geneem deur mense van Joodse geloof skuiling te bied. Hulle het as een groot dorp nie gehuiwer om dit te doen nie. Hulle was bereid om geweld oor hulleself te haal, self daarvoor te sterf. En dit vir mense wat in daardie tyd in die samelewing diep verag is. Vandag is Chambon een van die min simbole van egte Christendom wat op die liefde teruggeval het toe die res van Europa in God se naam ‘n kookpot van geweld op Joodse gelowiges uitgegiet het.

Dit is pynlik om te dink hoe voel iemand as hy of sy in hul intiemste godsdienstige gevoelens geweld aangedoen word – of jy nou met hom of haar saamstem of nie. Om mense se heilige boeke te verbrand, is ‘n pleinweg ‘n daad van geweld.

Hoe dan? Veel, veel meer geestelik is dit om met ‘n gelowige uit die Jodedom en uit Islam te gaan sit en gesels oor waarom jou geloof in Jesus vir jou verder as die Ou Testament en die Koran neem en waarom jy ‘n Christen is. ‘n Mens gee niks prys nie en ‘n mens kan oneindig wen, deur te praat oor die unieke rykdom wat jou geloofsgoed in jou lewe ontsluit, om te vertel wat jy in die Nuwe Testament kry wat jy nêrens anders vind nie. Hoe die figuur van Jesus vir jou die naaste en digste by God laat voel en vir jou in die teenwoordigheid van ‘n liefdevolle God bring soos niks en niemand anders nie....  En jy doen dit nie skaam-skaam nie. Dit kom uit die hart, hierdie getuienis oor ‘n mens se liefde vir die evangelie, bly oor wie jy kan wees en aan Wie jy behoort.

As ‘n mens aan Jesus verbonde is, behoort die getuienis-lewering maklik en spontaan soos strome van lewende water uit jou te vloei. Dieselfde strome wat gevloei het toe Jesus op ‘n dag die gehate aartsvyand in Samaria opgesoek het, nogal ‘n vrou ook, en haar in ‘n lang, reguit gesprek oorstelpt laat ontdek het dat God uiteindelik vir haar op ‘n ongekende manier ‘n gesig van liefde in die Nasaret-man wou wys. Só vertel die Evangelis van liefde vir ons, was Jesus nou maar eenmaal. Die ontmoeting het alles, al pratende, sonder vuur en sonder bliksem wat die dissipels oor die Samaritane wou laat losbrand, rustig by ‘n put gebeur. Deur hierdie gesprek het die vrou die eerste apostel geword en het ‘n stad tot radikale verdieping in hul verhouding met God gegroei.

Die wêreld was nooit weer dieselfde nadat daardie twee gepraat het nie... 

Dink net hoe anders sou dit gewees het as die dissipels hulle sin gekry het en die vuurhoutjies getrek het... . 

Vanwaar kom al die geweldpleging onder julle?

Hier is die berig dan:

GAINESVILLE, Fla. — If building an Islamic center near ground zero amounts to the epitome of Muslim insensitivity, as critics of the project have claimed, what should the world make of Terry Jones, the evangelical pastor here who plans to memorialize the Sept. 11 attacks with a bonfire of Korans?

For local Muslims like Saeed Khan, the collective rejection of Mr. Jones represents the America they want to believe in.

Mr. Jones, 58, a former hotel manager with a red face and a white handlebar mustache, argues that as an American Christian he has a right to burn Islam’s sacred book because “it’s full of lies.” And in another era, he might have been easily ignored, as he was last year when he posted a sign at his church declaring “Islam is of the devil.”

But now the global spotlight has shifted. With the debate in New York putting religious tensions front and center, Mr. Jones has suddenly attracted thousands of fans and critics on Facebook, while around the world he is being presented as a symbol of American anti-Islamic sentiment.

Muslim leaders in several countries, including Egypt and Indonesia, have formally condemned him and his church, the Dove World Outreach Center.

An Islamic group in England has also incorporated his efforts into a YouTube video that encourages Muslims to “rise up and act,” widening a concern that Mr. Jones — though clearly a fringe figure with only 50 members in his church — could spark riots or terrorism.

“Can you imagine what this will do to our image around the world?” said Ibrahim Hooper, a spokesman for the Council on American-Islamic Relations in Washington. “And the additional danger it will add whenever there is an American presence in Iraq or Afghanistan?”

Mr. Jones, in a lengthy interview at his church, said he sincerely hoped that his planned Koran-burning would not lead to violence. He dismissed the idea that it could put American troops at greater risk, and — echoing his sermons — he said that his church was being persecuted.

He said his bank recently demanded immediate repayment of the $140,000 balance on the church mortgage; that his property insurance had been canceled since he announced in late July that he intended to burn copies of the Koran; and that death threats now come in regularly.

“We have to be careful,” he said. He tapped a holster on the right hip of his jean shorts; it held a .40-caliber pistol, which he said he was licensed to carry. “The overall response,” he added, “has been much greater than we expected.”

Mr. Jones who seems to spend much of his time inside a dank, dark office with a poster from the movie “Braveheart” and a picture of former President George W. Bush, appears to be largely oblivious to the potential consequences of his plans. Speaking in short sentences with a matter-of-fact drawl, he said that he could not understand why other Christians, including the nation’s largest evangelical association, had called for him to cancel “International Burn a Koran Day.”

He acknowledged that it had brought in at least $1,000 in donations. But he said that the interviews he had done with around 150 news outlets all over the world were useful mainly because they had helped him “send a message to Islam and the pushers of Shariah law: that it is not what we want.”

Mr. Jones said that nothing in particular had set him off. Asked about his knowledge of the Koran, he said plainly: “I have no experience with it whatsoever. I only know what the Bible says.”

Nonetheless, his position and variations on his tactics have become more common, according to the Council on American-Islamic Relations. Florida in particular has had a rise in anti-Islamic activity. In May, an arsonist set off a pipe bomb at a mosque in Jacksonville in what authorities called an actof domestic terrorism. A mosque and Islamic school south of Miami was vandalized twice last year, the first time with a spray of 51 bullets.

Just as disturbing to Florida’s Muslims, and to many Christians and Jews, is that anti-Islamic rhetoric has begun to enter the mainstream through Republican political candidates.

Some of the opposition predated the controversy about the proposed Islamic center near ground zero. In March, for example, Allen West, a retired Army officer running for Congress in Broward County, told a group of supporters that “Islam is not a religion” but rather “a vicious enemy” that was “infiltrating” the United States. (A campaign spokesman said last week that Mr. West meant to refer to radical Islam, not Islam generally.)

Ron McNeil, a candidate for Congress in the Florida Panhandle, told a group of high school and middle school students last week that Islam’s plan “is to destroy our way of life.” He added: “It’s our place as Christians to stand up for the word of God and what the Bible says.”

Similar sentiments now flow daily into the e-mail inbox of the Dove World Outreach Center. Mr. Jones said that the negative e-mails outnumbered the positive by about 3 to 1, but that strangers had sent 20 copies of the Koran and a church worker produced hundreds of supportive e-mails that had come in over the past three weeks.

A dozen of those messages revealed a wide range of motivations. For a few people — a Christian in Afghanistan, an Iraqi in Massachusetts, a Jew who called his co-religionists in the United States “soft in the head” — direct experience with Islamic extremists seemed to have darkened their views. Others seemed motivated by little more than hate, arguing that Korans should be barbecued with pork, which is banned by Islam.

Mr. Jones’s plan faced a new hurdle last week when the Gainesville Fire Department rejected his request for a burning permit. Mr. Jones said he would go ahead anyway (“it’s just politics”), and he predicted a quite a scene.

Some of his neighbors, like Shirley Turner, a retiree who shivered with disgust when Mr. Jones’s name came up in conversation, are already planning to protest with signs calling for unity. More than a dozen houses of worship, of various faiths, also intend to respond collectively on the weekend of Sept. 11 by “affirming the validity of all sacred books,” said Larry Reimer, pastor of the United Church of Christ.

Some pastors even plan to read from the Koran in their services.

For local Muslims like Saeed Khan, who came here in the 1970s to study for a Ph.D. in biology at the University of Florida, the collective rejection of Mr. Jones represents the America they want to believe in. In an interview at an Islamic center that used to be a Brown Derby restaurant, Dr. Khan said that “Mr. Jones is hijacking Christianity” just as “Al Qaeda hijacked Islam.”

What saddens him most, he said, is the lasting effect on Muslim youth. He now has three grandchildren under age 3 growing up in Gainesville, and he shook his head at the story of a friend’s daughter who woke up in the middle of the night and asked her mother, “Why don’t they like us?”

Still, like many others, he rejected the moment’s swirl of anger. Even if Muslims outside the United States respond to the planned Koran burning with protests, or worse, Mr. Khan said he would spend his Sept. 11 doing the same thing he did last year. He will be downtown, a few miles from Mr. Jones, feeding the homeless.


Wednesday, August 25, 2010

Tyd heel nie wonde nie. Oor rou.

Ons het in die lang vakansie-aande in ‘n groep gesit, heel ontspanne aan die praat oor alles en almal en nog wat. Oorkant my het sy gesit – een van daardie mense wat sommiges prosaïes die “siel” van ‘n geselskap sou kon noem. Haar sjokolade-bruin oë waarin ‘n mens nie diep genoeg kon inkyk nie, het wakker en vrolik geblink terwyl sy haar stories vir ons vertel het. Soms het sy uit haar hart uit geskaterlag, oorgegee aan die blydskap wat soos ‘n warm kaggelvuur in vrieserige wintertye tussen ons as ‘n vriendekring gegloei het.

Sy het ons stories geniet, aan ons lippe gehang. Sy was ‘n gebore luisteraar wat jou laat voel het sy wil net nog meer en meer hoor. Ander kere weer het sy oorgeneem en vir ons besig gehou met haar eie aardse verhale. Haar skool-stories was soos speurverhale, haar universiteitsavonture asof sy ‘n rekkie op die grens was.  Maar dan het sy ons weer stilgehad van verwondering oor haar werk-reise oor kontinente heen waar sy steeds weer die sy-paadjies gaan loop het om by unieke plekke te kom, om uitsonderlike dinge te sien, om ongewone mense te ontmoet. Steeds weer, miskien vir my die boeiendste,  het sy met ons gepraat in toor-woorde, toor-taal, so maklik asof sy brood sny en botter daarop plak. Altyd weer, op die regte oomblikke, op haar manier, het sy ons ryk laat voel omdat ons by haar kon wees.

Die kere dat sy nie daar was nie, was dit asof ons aande bietjie vaal geword het.

En toe op ‘n keer, toe die ander al vort was, sit ons vir oulaas aan ‘n glasie laat-aand port en teug. Die aand was sy, besef ek skielik, stiller.  En tog – selfs na almal weg is en ons nog ‘n oorskiet geselsie aanknoop, is ons gepraat soos altyd, rustig, maar vol van rykhede. Ek voel ek is by ‘n volledige mens, iemand wat alles het. Selfs die tye wat ons nie praat nie, net stil sit en geniet van die laaste geknetter van die kaggelvuur, praat boekdele, vertel van die lewe wat in volheid by ons is.

Ek merk skielik dat sy iets wil sê. Sy kyk na my, amper of sy haar woorde weeg, wil terughou – asof sy iets moet verklap wat sy eintlik ver moet gaan haal. “Weet jy, sê sy, “as ek by mense is, waar ek ook al gaan, is dit asof die lewe te kort en te min is. Daar is, voel dit vir my,  amper te veel om in te neem en te min tyd om alles jou eie te maak.  En tog, met al hierdie lewensdrif, het ek die afgelope tyd gevoel hoe daar in my ‘n verlange groei wat steeds dieper word.”

Ons begin praat. Ek luister hoe sy, duidelik met diep behae, begin vertel oor haar kinderjare, soms stormagtig, maar tog ook weer vol tye waarin sy sielsgelukkig was. Altyd weer, in die goeie en in die slegte tye, besef sy keer op keer, was die kindertyd vir haar droomtye.  Sy leef uit daardie tye wat sy kon beleef.

Sy bly ‘n ruk nadink voordat sy rustig verder praat: sy vertel sy kon nooit bewustelik vir haarself sê waarom sy so gelukkig was nie, waarom sy selfs in die troebel tye nooit werklik aan die lewe opgegee het nie.  Die antwoord het eers tot haar deurgedring toe haar ma dood is, kort nadat sy pas dertig geword het en haar ma 61 jaar oud was. Dit was nie ‘n helder antwoord wat skielik gekom het nie. In die tye na haar ma se dood was alles nog te onwerklik, vertel sy, om te kon verwerk, om te besef watter leë ruimte in haar lewe ontstaan het. Mettertyd het sy al hoe sterker begin agterkom hoe reël en ryk die liefde was wat sy in haar gesin ervaar het en hoe haar ma se dood hierdie liefde geraak en aangetas het.   

Sy draai die steeltjie van die portglasie ‘n paar keer in die rondte terwyl sy terug sit en probeer verwoord wat sy oor so ‘n lang tyd bedink het. Sy het hierdie dubbele gevoel, sê sy. Aan die een kant is haar lewe so ryk en vol, nog steeds, omdat sy elke keer weer in die liefde woon en die rykdom van daardie geborgenheid in herinnering kan roep. Juis omdat sy soveel liefde ontvang het, kan sy voluit lewe.

Maar aan die ander kant groei daar in haar ‘n gemis.  Dit is, vertel sy ingehoue, nie ‘n oop ruimte wat sy moet akkommodeer en moet volmaak met nuwe dinge nie. Dit is ‘n leë ruimte, onopruimbaar, ‘n skaduwee wat langer word, hoe meer die tyd aanstap.

Sy, sê sy, besef nou, na soveel jare, al hoe meer dat ‘n mens nooit ophou rou oor hulle wat weg is nie. Inteendeel. Jy rou oor jare heen al hoe meer oor hulle.

Ek wonder oor haar woorde. Rou, besef ek, kan so sentimenteel, selfs goedkoop wees. Die begrafnisse waar mense kitsliedjies, vlak-gedigte en kuns-blomme uitstal om ‘n bohaai oor hul trauma te maak en om vir hul skuldgevoelens te kompenseer,  kom by my op.  Maar hier, op ‘n koue wintersaand, oor ‘n glasie troos-port, jare na ‘n verlies, wys egte liefde hom uit wanneer iemand vir jou ‘n kykie in die siel se rou kolle gee. Die liefde, omgee, die geborgenheid van hulle wat van ons weg is, begryp ek haar woorde, vul ons gedagtes en troos ons wel.  En tog, dit is te min, want altyd weer en meer groei daar ‘n verlange na hulle wat nie meer by ons is nie.  Dit word nie beter nie. Tyd heel nie wonde nie.

Tyd heel nie wonde nie, besef ek. Daarvoor is die liefde te beeldskoon.  En te konkreet, te gebind aan mense en aan verhoudinge. Ons begryp miskien nie bewustelik genoeg wat die mag van die liefde is nie. Of hoe die liefde geknoop is aan baie meer as woorde, herinneringe, gedagtes. Hoe die liefde saamhang met die vrolike geskater van goeie vriende, die pragtige, oop sjokolade-bruin oë van ‘n ryk mens, die nabyheid van ‘n ma of ‘n pa of ‘n kind langs jou aan tafel, op jou skoot, in jou arms, met die lek van ‘n skurwe honde-tong, die handdruk van ‘n buurman, die woord van waardering van ‘n kollega. Die liefde is geknoop en intiem verbind met ruimtes gevul deur nabyheid. Jare na die ruimte leeg word, kan ‘n mens nog die teenwoordigheid van liefde voel nawerk en bly draal. Maar niks kan die liefde vervang nie. Niemand kan ‘n leë ruimte weer volmaak nie. En ons rou daaroor.

Dit is die paradoks van ons bestaan: hoe die liefde in ons lewens inkom – so oorweldigend, so spesiaal. En hoe ons om hierdie liefde rou as dit nie meer daar is nie.

Die mistieke antifrase is dan uiteindelik – om te rou oor die liefde is om die mag van die liefde te vier. As ons nie kan rou nie, seer kan rou nie, ken ons nie die liefde nie.

Ek sit en bedink die tydjie en ons port-praatjie. Dan sê sy stilweg, só asof sy die woorde amper nie kan uitkry nie: “Vandag was dit my ma se verjaarsdag.”

Wanneer ‘n godsdienstige mens niks is en jou godsdiens jou niks baat nie.

Dis nie ‘n mooi prentjie wat Paulus in 1 Korintiërs van die kerk teken nie. Ek loop al die hele dag daaraan en dink na ‘n berig oor ‘n Ierse priester wat 30 jaar terug in Noord-Ierland skelm vir die Ierse Republikeinse leër bomme geplant het. Toe sy biskop daarvan uitvind, was sy oplossing om hom te verplaas na ‘n ander dorpie. Dis nie die moord op mense waarvoor ‘n mens moet oplet nie, sê hierdie moraliteit, maar die skande van die kerk wat ‘n mens onder die kombers moet hou. Die kerk van die eeue het steeds weer sy diep, donker kante wat ons maklik miskyk.

Net toe ek die program sit en bekyk, kry ek ‘n epos met ‘n lang vertelling van iemand oor haar lewe in die kerk. Dit is ‘n pos wat deurspek is met verhale oor onderlinge verdeeldheid, onverdraagsaamheid, twis, oor en weer beskuldigings, liefdeloosheid  tussen mense wat almal aanspraak maak daarop dat hulle God se goeie kinders is.  

En tog, vreemd genoeg, is die brief self ‘n donker brief. In haar klagte oor die kerk, bly iets aan my krap. Dit voel vir my na die balk-probleem: die dinge waaroor ons die hardste kla, is dikwels ons eie grootste probleem. Ons swaai dikwels ons vingers heel heftig oor ander se liefdeloosheid.

Ek bedink al die dinge. Kan dit wees dat ons eie godsdienstigheid dikwels in ons lewens meer destruktief aan die werk is as wat ons besef?

Die brief van Paulus aan die mense in Korinte begin heel belowend en met pragtige woorde: Hulle is uitblinkers, God se goeie kinders. Paulus vertel aan die begin hoe ryk God hulle geseën het, “veral in die gawes van woord en kennis.” Nie ‘n enkele genadegawe ontbreek hulle nie, voeg hy by. Hulle is ook mense wat oorloop met hoop – hulle is toegewyd ingestel op die wederkoms. Hulle verhouding met die Here laat hulle boonop vasstaan.

Blinker kan dit nouliks.

En Paulus bedoel wat hy skryf. Sy hart is in hierdie mooi woorde, soos dit blyk aan die einde van die inleiding. Nadat hy hulle so aanprys, bring hy lof aan God: God voeg hy in vers 9 by, is getrou. Dit is die getroue God wat hulle geroep het om verenig (“in koinonia”) te lewe met Jesus. Die fokus is op die mens se intieme verhouding van eenheid met God.  

Maar van vers 10 af verander die toonaard van Paulus se opmerkings. En dan volg die ontnugterende reis deur die res van die brief. Paulus se perspektief en warme waardering skuif nou: terwyl hy hulle spesiale eenheid met God as lofwaardig uitsonder, is sy siening oor hul onderlinge verhoudinge nie baie positief nie. En in die res van die brief word dit die goue tema van bespreking – hul gebroke, onderlinge verhoudinge.

Die Korintiërs se reputasie vir verdeeldheid loop wyd. Hy hoor, skryf Paulus, van hul onenigheid van Chloë se mense (vers 11). Vandaar sy brief:  Hulle verval in twis en in partyskappye, terwyl hulle eintlik eensgesind en in dieselfde mening moet wees.

Nog sterker word dit vanaf vers 17 wanneer Paulus die wortel van die kwaad begin uitwys: Hy besin in die gedeelte oor sy boodskap as apostel. As hy aan sy boodskap dink, is dit menslike gesproke nie ‘n indrukwekkende saak nie. As hy hom aan die mening van mense moet steur, moet hy glo dat hy eintlik met stommiteite besig is. Maar hy weet hy verkondig nie ‘n evangelie van menslike wyshede nie. Trouens, hy is te bewus dat sy woord ‘n stuk dwaasheid in die oë van die wyses van die wêreld is.

Vers 20 is ‘n vers wat ‘n mens maar diep in moet wegraak: “Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?”

Dan volg die ryk vers 30: in die evangelie gaan dit om Christus en sy kruis. Dit is ‘n genade boodskap wat alle roem en aansprake uitsluit (vers29). Menslike prestasies, menslike uitblinkery verbleik in die lig van wat God doen.

Hoe ryk is God se dade dan: Wie in Christus is, ontvang wysheid uit God, geregtigheid en heiligmaking en verlossing. Juis daarom, om hierdie kerngedagtes, om die hart van die evangelie, roem mense in die Here.

Rykdom anderkant enige maat – hierdie wysheid, geregtigheid, heiligmaking en verlossing. In hoofstuk 2 delf Paulus daarna op ‘n mistieke manier dieper: ons ontvang wysheid van God in Christus wat ‘n “verborge” wysheid is. Self kom ons nie daarby uit nie. Buite ons om lei die Heilige Gees ons in daardie wysheid en verborgenheid in (vers10). Alleen die Gees weet wat in God is, daarom sal die Gees ons in die verborge dinge van God inlei.

Telkens weer kry ons by Paulus hierdie fokus op die verborge, goddelike dinge. Konsekwent ontvang ons ons identiteit in dit wat buitekant ons self lê, in wat God doen. En dit bly ‘n proses wat transformatief is – die Gees heilig ons in hierdie verborge dinge in.

Moenie, moenie, onderstreep Paulus dus, menslike wysheid vertrou nie. Trouens, dit is waar die verdelinge onder mense vandaan kom.

Maar ‘n mens moet dubbel nederig wees. Behalwe dat ons buite onsself, in God tot rus moet kom, moet ons verder onthou dat ons God nie kan peil nie. Laat ons dus afhanklik wees van die Heilige Gees, ons eie wysheid wantrou, verby mense kyk en ons oorgee aan God (hoofstuk 3). Dit pas ‘n gelowige nie om opgeblase teen ander te wees nie (4:6).  Waar ons nie meer opkyk na God en afhanklik van die Here leef nie, skryf Paulus, loop dinge skeef. Ons maak ons lewe tot niet deur ons immorele lewensstyl (hoofstuk 5). Ons dagvaar mekaar in howe (hoofstuk 6). Ons maak lig van huwelikstrou (hoofstuk 7). Ons verflou in ons toewyding aan God (7:35). Ons is ongevoelig teenoor hulle wat nie voetvas is nie (hoofstuk 8). ‘n Hele litanie van ‘n lewe in verval word in die brief geskilder.

‘n Mens kan in kononia met God leef. Maar wanneer gelowiges nie verenig is nie, ly die ligaam (hoofstuk 12). ‘n Mens kan selfs die heel besondere gawes van die Gees uitstal, maar dan ‘n hol bestaan voer. Wat saak maak is dus die onderlinge eenheid wat in liefde gegrond is. Op die manier kom Paulus dus uit by die liefdeslied van 1 Korintiërs 13.

Wat ontbreek in hierdie gemeente is nie die ywer vir die Here nie, nie die gawes nie, nie die hoop nie, maar die liefde vir mekaar. En waar dit ontbreek, daar is die mens niks nie. 1 Korintiërs 13 :2-3 ontmasker ‘n godsdiens sonder liefde as ‘n leë bedrywgheid wat niemand baat nie.

Hoekom lyk dit alles vandag nog so bekend?

Dus: Dit is nie ‘n mooi prentjie wat Paulus teken nie. Dit is, besef ek ten slotte, terwyl ek die hele brief bedink, tog boeiend dat Paulus nooit skerp en veroordelend skryf oor die Korinte soos byvoorbeeld aan die Galasiërs nie. Dit is asof hy nie wil veroordeel nie, maar vir die klomp in Korinte eerder wil aanpor, voortdu om die ander, beter pad te loop.

Ek wonder daaroor: is dit omdat hul in hul verhouding met God sterk staan, dat Paulus hulle nou wil help om dieper te dink oor hul verhouding met mekaar? Seker tog. Of gee Paulus ook deur sy terughoudende, maar skerp analises vir hulle ‘n voorbeeld hoe dinge gedoen moet word? As julle met mekaar werk, doen dit – sê hy eintlik – soos ek dit doen (1 Kor.11:1): skerp, maar altyd op die saak af. Ontmaskerend, maar altyd op ‘n opbouende manier. Wys die foute uit – geen partyskappe nie, maar moenie in die proses foute maak nie (ek het niemand gedoop nie....).  Laat ons, skryf Paulus, maar heel openlik oor die skandes van die kerk praat. Solank ons dit liefdevol en vir die liefde ontwil doen.

Paulus, besef ek, is nie sentimenteel nie. Sy brief illustreer juis dat die liefde ferm, seker, genesend, reguit en vlymskerp eerklik kan wees. Maar steeds, altyd weer, moet dit die liefde bly en tot die liefde kom.

Paulus, die mistagoog, maan oor die gebrek aan liefde by sy geloofsgenote, maar sonder om vinger te swaai en, uiteindelik, gedryf deur sy eie begeerte na die liefde. 

Monday, August 23, 2010

Patmos: Wanneer God ons barre ruimte heilig. Bybelstudie oor Openbaring (10).

Ek, Johannes, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die Woord van God en om die getuienis van Jesus Christus. Ek was in die Gees op die dag van die Here” Openbaring 1:9-10.
 


Patmos, naby die moderne Turkye, het deur die boek Openbaring ‘n besondere betekenis gekry. Dit is, vir baie, ‘n plek van straf, verbanning en veroordeling, 'n plek sonder die Here.  

Oor Patmos is groot, treurige dinge geskryf. Sommige beweer dat dit ‘n plek was waarheen politieke teenstanders van die Romeine verban is. Hulle het hul besittings en hul burgerregte verloor. Dit sou ook Johannes se lot gewees het.

Maar, het een van die bekende uitleggers van Openbaring, Sir William Ramsay geskryf, slegs ryk en bekende mense is op die manier gestraf. Johannes se lot was eintlik erger. Patmos was ‘n strafkolonie, soos Robbeneiland, waar Johannes, soos ander gevangenes op daardie eiland, deur harde arbeid in die gruisgate moes werk. Patmos was dus 'n baie treurige plek van hardepad en lyding.

Maar nog ander het gesê dat Christene nie deur die Romeine so behandel is nie en dat ons vandag geen dokumente het wat bewys dat Patmos ‘n strafkolonie was nie. Eers baie later is Christene in wydverspreide vervolginge deur die Romeinse owerhede doodgemaak. 

Ons het, skryf hulle, geen bewys dat daar in die tyd van Openbaring ‘n grootskaalse amptelike vervolging van Christene deur die staat was nie. Johannes, beweer hierdie groep van interpreteerders, is eerder Patmos toe vir sendingwerk – om die woord van die Here te verkondig:  ek “was” daar, skryf Johannes neutraal, “ter wille van” die Woord van God. Vers 9 kan dus heel “normaal” getuienis-diens betekens. Patmos, beklemtoon hierdie uitleggers verder, was buitendien nie ‘n verlate eiland nie. Dit was ‘n besige plek met ‘n groot getal inwoners.

Op hierdie maniere wissel die interpretasies van Johannes se opmerking dat hy op Patmos was.

Tog moet ‘n mens nie vers 9 te maklik as bloot 'n neutrale opmerking lees nie. Johannes praat tog uitdruklik van die “verdrukking” wat hy saam met ander gelowiges ervaar. En die res van die boek vertel van gelowiges wat ter wille van hul geloof gedood is (Open.6:9). Of die vervolging “amptelik” deur die Romeine was, maak uiteindelik nie soveel saak nie. Vir Johannes het die keuse om Jesus te volg, groot gevolge gehad. Selfs al was Johannes op die eiland om te preek, was sy situasie nie maklik nie. Openbaring vertel duidelik van die uitdagings wat geloof meegebring het.

Toe Johannes daar op Patmos was, was dit dus vir hom nie maklik tye nie.

Maar selfs dit is nie die belangrikste nie. Hierdie vers is aangrypend om ‘n ander rede: Dit interesseer my dat Johannes nie vir homself sit en jammer kry nie. Hy kla nie, Jobsgewyse, oor al sy smart en pyn wat hy daar so alleen op Patmos bitter moet ly nie. 

Hy kyk verby homself. Dit is vir hom belangriker om sy lot te sien as ‘n lot wat hy deel met ander gelowiges en wat die natuurlike uitkoms is van mense wat aan Christus behoort. Hulle volg die Lam “waar Hy ook heengaan” (Open. 14:4). Wie kies vir Christus, ly saam met Christus. Dit is ‘n mens se voorreg.... Hy kyk na sy eie situasie vanuit 'n gesigspunt wat glad nie op homself gerig is nie.

Johannes se situasie op Patmos word geheilig deur die plek en rol wat Jesus in sy lewe speel. Die kerk sal, soos Jesus, skryf hy, nie huiwer om getuienis te lewer nie (Openbaring 11!).  Mense het Jesus gekruisig, daarom sal hulle sy volgelinge ook verwerp.

Tog is dit nie al nie. Johannes kyk wel na homself vanuit 'n geloofsperspektief. Maar hy ervaar ook op 'n boeiende manier iets diepers. Op die dag van die Here, op Sondag, wanneer Christene met dagbreek hul dienste gehou het, waar hulle ook al was, kon Johannes ‘n spesiale oomblik beleef.  

 Dit is die feitlik ondenkbare: Johannes ervaar op Patmos heel merkwaardig: “Hy was in die Gees.”

Waar gelowiges ook al gaan, hoe haglik ook al hul situasie, watter Patmos ook al hul blyplek is, daar is God ook. 

God “heilig” die ruimte waarin ons ons bevind, hoe mistroostig ook al. God se Gees word nie verhinder of besweer deur afstande of omstandighede nie.

Niks kan die gelowige mens skei van God nie. God se Gees bring vir gelowiges die boodskap van troos waar hulle hul ook al bevind.

Wat tel, is nie die omstandighede waarin mense hul bevind nie. Wat tel, is dat God na mense uitreik. 

Sunday, August 22, 2010

Onkruid siel



Ou Charlie Brown loop en mymer oor sy donker dae. Hy raak so gou depressief. Hy weet darem nie.

En 'n mens voel saam met hom, daar waar hy met sy arm onder sy ken op die muur hang of in die dieptes instaar.

Dit ongelukkige tye kom, dink ons, gans te maklik.

Soms is hulle hewiger as ander dae. Donker dae van in die dieptes, in die gate wees.

Erger, dan, as die donkerte van binne af kom. Daarom is die laaste prentjie so bitter: "Somtyds dink ek my siel is vol onkruid."

Romeine 7.

Maar somtyds, soms sien 'n mens iets soos Charlie en Snoopy hier onder raak. Lekker op die kaai, by die water, blou, blou, blou. Met vier wolkies wat spikkeltjies wit wys sodat die blou-kleure net blouer en sagter kan wys. Hemel-blou.

God se blou, se blyplek.

Waar ons tuis is.

En ons harte hoort.

Al die onkruid uitgepluk. Gemaak tot God se tuin.

Dan is al die seerkry weg.




Saturday, August 21, 2010

'n Legendariese lied

Jeff Buckley - Hallelujah

 

 

Leonhard Cohen het die lied in 1984 geskryf. Sy skorstem-weergawe was vir my nog altyd spesiaal, totdat ek Jeff Buckley s'n gehoor het. Buckley is 'n jaar of wat na hierdie opname op 'n jong ouderdom dood.


Die lied is vol Bybelse verwysings (Dawid en Simson), maar dit is ook gelaai met twyfel en donkerte - soos dit in die donker, maar ook die ligte kante van Dawid en Simson se reis na vore kom. 

 

Die laaste drie reels laat 'n mens dink - aan 'n tollenaar en 'n moordenaar.  

 

Die lied van Cohen het, ironies, eers nie veel aftrek gekry nie (sy maatskappy wou dit aanvanklik nie eers uitgee nie), maar dit het uiteindelik een van die mees legendariese liedere van ons tyd geword (o.a. selfs in Shrek gespeel). 


Die lirieke van Cohen se weergawe lui:


Now I’ve heard there was a secret chord
That David played, and it pleased the Lord
But you don’t really care for music, do you?
It goes like this the fourth, the fifth
The minor fall, the major lift
The baffled king composing Hallelujah


Hallelujah, Hallelujah
Hallelujah, Hallelujah


Your faith was strong but you needed proof
You saw her bathing on the roof
Her beauty and the moonlight overthrew you
She tied you to a kitchen chair
She broke your throne, and she cut your hair
And from your lips she drew the Hallelujah


Hallelujah, Hallelujah
Hallelujah, Hallelujah


You say I took the name in vain
I don’t even know the name
But if I did, well really, what’s it to you?
There’s a blaze of light in every word
It doesn’t matter which you heard
The holy or the broken Hallelujah


Hallelujah, Hallelujah
Hallelujah, Hallelujah


I did my best, it wasn’t much
I couldn’t feel, so I tried to touch
I’ve told the truth, I didn’t come to fool you
And even though it all went wrong
I’ll stand before the Lord of Song
With nothing on my tongue but Hallelujah

 

Friday, August 20, 2010

Woestyntye word paradystye. Liturgiese gebed (1)

 
Van die begin af, Skepper, 
het U vir ons in U gedagtes gehou, vasgehou.
Toe ons nog nie eers bestaan het nie,
lank voor ons in die moederskoot was,
het U ons vir die wêreld bedink.

In volmaakte skeppingsmag,
het U dag vir dag alles gemaak –
vanaf die eerste tot die laaste dinge, 
gereed vir die mooiste wat sou kom.

En toe het U vir ons gemaak, goed,
na U goddelike beeld,
om soos U te wees,
om in die paradys te woon.

Liefdevol, al wandelende in U tuin,
al geselsende, in diepe gesprek,
was U sonder enige grense by ons,
wou U vir ons by U hê,
was ons een met U.

Dit was die kroon op alles.

Ons het dit verloor, Here,
ons het alles verloor.
Terwyl U ons u tuin van genade laat geniet het,
het ons ons eie dinge bedink, ons eie pad begin loop,
eenkant toe gebroei,
met donker geheul,
geluister na bekoorlike stemme, die ander, mooi woorde van verleiding.

U teenwoordigheid,
U goeie woorde 
was vir ons nie meer genoeg nie.

En só het ons in die woestyn beland, onsself van die paradys vervreem,
in vryheid gekies om oor ons eie lot te beskik.

Maar, toe het U, nog nader aan ons as ooit tevore gekom,
as die volkome mens,
as die beminde Seun,
in ons woestyn, verborge, op  U eie, het U, in verbete stryd 
met die verleidelike stem van mag, van praal, van roem
U nee geantwoord en, in daardie oomblik
alles weer vir ons teruggewen.

Deur U gehoorsame liefde, in U getroue volharding,
het die paradys teruggekom 
– toe reeds, in U eerste dae.

En in koel stilte, na die verbete stryd,
het engele bly, diep bly, die skoonheid van U geestelike mag gevier
toe hulle U manna gevoed het, 
daar, in 'n fees, in die bar, leë woestyn van Palestina.

U goedheid, God, is nie net deur die bose magte beveg nie.
Nie net in die woestyn moes die oorwinning behaal,
die paradys teruggevind word nie,
maar ook menslike magte het U bestry,
opnuut die paradys gestuit

totdat uiteindelik, aan die kruis,
skynbaar uitgelewer aan die grootste vyand,
U die gees gegee het 
en die dood weer sy tol geëis het.

Hoe donker weer, was hierdie nag van mislukking,
die wegglip van die paradys.
Hoe wild die waansin van geweld,
gerig teen goddelike liefde.

Maar nooit, getroue Gesalfde, het U die verborge teenwoordigheid van die Vader opgegee nie. 
U het gelowig, vertrouend, wetend, liefdevol die paradys
vir moordenaars ontsluit, 
reeds al in daardie laaste oomblikke van U aardse weg.

U het toe al seker, gelowig, bly vashou 
aan die Lig wat van God af sou deurbreek.

En op die Sondagoggend, God se nuwe dag, het U in helder lig
van die oggendson,
het U in die paradys, die tuin vol olywe – na eeue weer uitgereik
om by U eie kinders te kan wees.
Saam, een, verenig met hulle te wandel in God se nuwe tuin van genade,
met hulle, gemeensaam, lewenswoorde te wissel.

Ons voel die goddelike liefde,
die Verborge teenwoordigheid van hierdie paradystyd dikwels in ons.
Oor hierdie vreemde liefdesverhaal begeer ons 
hierdie hernude koms van U na ons toe,
om dit ons eie te maak,
om bly daarin te bly, sonder ophou, sonder grense.  

Want by U kom ons tot rus, 
in U vind ons vervulling.
U woorde van die Lewe raak ons, oortuig ons, roep ons.

Sag heilig U Gees ons, tot nuutheid en tot vernuwing.

En tog, weet ons, ook, van die donker kante wat in ons hierdie heilige tye bedreig.
Ons voel elke keer weer hoe ons, soos vanouds, ánder wysheid soek,
hoe ons weer tog maar die verleidelike áfdraaipaaie wil vat,
hoe ons opnuut weer twyfel,
hoe ons soms soek om sekerheid om ons innerlike twyfels te kan beveg,
hoe ons wil reik na U wonde om bewyse te kry.

Ons ontdek telkens weer dat ons U opnuut verraai, ontrou word,
dat ons opnuut weer ons paradys wil opgee.

Dit, Here, is waarom ons hier is, in hierdie plek
waar U ons opnuut weer wil kom haal met u ligte juk en sagte woord,
met die boodskap van liefde, met die evangelie van omgee.

Dit is waarom ons vir U hier, saam met ander, wil opsoek.

In hierdie heilige ruimte, die plek waar U woon,
waar U teenwoordig is,
waar U met ons praat, vir ons nader trek, na ons uitreik,
wil ons wees, wil ons hart oopmaak.

Gees van God, gee dat die heiligheid van hierdie plek waar U woon
en waar U werk,
waar ons nou is,
so naby aan U,
dat dit só deel van ons bestaan, van ons innerlike lewe sal word
dat dit in hierdie oomblikke by U só in ons sal insak,
dat ons opnuut weer kans sal sien en krag sal vind
om, in navolging van U,
en versterk deur U
     die woestyntye paradystye te maak,
     en om weer een met U te kan wees.

Blog Archive