Thursday, October 31, 2013

God se totale verlange


In Lukas 15 word die volgende gelykenis van Jesus vertel:

8 “Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie ’n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?

9 En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê:

‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’

10 Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”

Die laaste paar dae bly hierdie gelykenis in my kop vassteek.

Die boodskap gaan blykbaar oor God se omgee vir die “verlorene.”

Tog is daar iets meer:

God, vertel die gelykenis, is ryk. God is soos iemand wat 10 muntstukke het.

Dit is nie die grootste ramp, dus, as een van die tien wegraak nie. Daar bly tog genoeg oor?

Dit is soos die gelykenis van die skaapwagter wat min gepla is oor 99 skape wat hy nog het, maar gaan soek na die een wat weggeraak het. Hy los, trouens, die 99 net so in die woestyn. Dit is nie die veiligste plek om ‘n skaap te los nie.

Hoekom sou hy dit wou doen?

Hy het immers nog 99 skape. Dit is soos die pa van die verlore seun wat meer oor hom begaan is as oor die een seun wat hom getrou tuis bly dien het.

God se houding is anders: een skaap of muntstuk wat weg is, is genoeg rede om uit te gaan en daarna te soek.

Jy is altyd by my, het die pa vir die oudste seun gesê. Maar as een deel van ons familie ontbreek, ly almal.

As een skaap weg is, as een muntstuk ontbreek, word die volmaakte vermink. God soek die volheid van die skepping. Niks mag ontbreek nie.

Die lelies en die voëltjies het hul plek: God gee om.

Hieroor kan ‘n mens alleen maar bly wees.

Dit is ‘n boodskap oor God se verlange na heelheid. Niks, nie die kleinste van dinge, ontbreek in God se ryk nie.

Die gelykenis sê veel meer van God as van verlore mense. Dit is ‘n verhaal van God se totale verlange.




Tuesday, October 29, 2013

Vriendelik omdat God 'n ogie hou....



Ek lees vanaand hierdie bladsy by http://www.city-data.com/forum/religion-spirituality/1736166-when-religious-people-super-friendly.html

 Dit is nogal stof om oor na te dink.... 

Die inleidende brief vra: 
I'm sure you've always noticed this. I'm speaking here about Christian religion and it's offshoots, although I would say many New Agers have that glazed over 'look' and that almost irritating smile...but sometimes, when you go to a church, either people will generally ignore you, be about as friendly as expected, or seem to pay special attention to you and be uber-friendly towards you. Of course that includes JW, Mormons.etc too.

What do you usually think when someone is like that? Are you cynical and think they just want to try to save your soul? Or do you think it's genuinely the Holy Spirit? Of course it would depend on the person, but do you tend to have a set reaction to excessive friendliness or interest in your life?

On the flipside has anyone actually met someone who told them they'd go to hell outright? My sister said a couple of people at her university told her that.
Description: uick reply to this message



Dan volg die kommentaar:




1,493 posts, read 524,743 times
Reputation: 704
I love being around super-friendly religious people. It's like walking through big, fluffy, pink, cotton candy clouds, that talk to you...I don't like the ones that tell you that you're going to rot in hell.
Description: uick reply to this message
 
Description: nread11-19-2012, 08:35 AM

Location: in your dreams
8,320 posts, read 4,497,791 times
Reputation: 9941
Quote:
Originally Posted by Trimac20 Description: iew Post

What do you usually think when someone is like that?
"Please go away!" Description: http://pics3.city-data.com/forum/images/smilies/redface.gif
Description: uick reply to this message

 
Description: nread11-19-2012, 08:41 AM

Location: The land where cats rule
6,866 posts, read 2,819,091 times
Reputation: 2160
When Religious People Are Super-Friendly

Run like he**, unless you are after some sport and wish to engage them for fun.
Description: uick reply to this message
 
Description: nread11-19-2012, 08:42 AM

Location: NY
4,281 posts, read 2,644,816 times
Reputation: 4110
Actually it would depend on the context.

Sometimes I feel folks are just trying to be warm and inviting. Make someone who is new at the church feel welcome. All too often churchs have far too many members who treat their church as a closed club, where non members are not welcome.

However, I also think sometimes there are alterior motives. My wife and I attended her childhood church one Sunday, just because she wanted to go back and check it out. As is usual, their ushers and deacons welcomed us, were friendly, etc... which is basically their job. Most just said hello but kept to themselves. Then there was the pastor, who was overly friendly, but also right away wanted to know what I did for a living. I felt like he was sizing up my wallet to determine if I was someone who could contribute large amounts to the plate every Sunday.
Description: uick reply to this message

 
Description: nread11-19-2012, 09:30 AM

Location: Toronto, Canada
738 posts, read 230,617 times
Reputation: 266
Try tell them you don't believe in what they believe not interested when they ask you and see their mood change instantly
Description: uick reply to this message
 
Description: nread11-19-2012, 09:46 AM

Location: Mississippi
7,096 posts, read 1,169,511 times
Reputation: 1604
I've had a few of the super friendly ones knock on my door to try to recruit me to their church. The friendliness ends when I ask if their church welcomes same sex couples.
Description: uick reply to this message

 
Description: nread11-19-2012, 10:21 AM

Location: San Gabriel Valley, CA
11,211 posts, read 10,284,846 times
Reputation: 7612
It really depends upon the person, Trimac. Some people really do radiate friendliness, religious or not. Others are obviously gritting their teeth whether they themselves know it or not, and just trying to "be good because God is watching."
Description: uick reply to this message
 
Description: nread11-19-2012, 10:30 AM
Status: "Remember the Alamo!" (set 29 days ago)

Location: Walt Disney World
5,450 posts, read 1,769,475 times
Reputation: 733
If they appear fake, they probably are. It's pretty easy to tell when someone is genuine.

Monday, October 28, 2013

Rykdom...

Ons ontmoet die pous verlede Saterdag, 26 Oktober 2013 in die Vatikaanstad.

Die saal waarin ons bymekaar kom, is ryk versier, vol muur- en dakskilderye.

Rykdom...











Sunday, October 27, 2013

Ons ontmoet die nuwe pous





Aan die einde van die driedaagse konferensie oor geskiedenis en christologie in Rome, woon ons die oorhandiging van 'n prys van die Ratzinger-stigting vir twee belangrike boeke, deur die nuwe pous by.

Pous Franciskus spreek ons, in sy nou bekende monotone, selfs dralende stem, toe. 

Dit vind in die ou Sinodesaal in die Vatikaanstad plaas. 

My kollega's uit Nederland en Duitsland vertel my dat nie veel gewone sterflinge die kans kry om die plek binne te gaan nie. Dit is net langs die pous se woonkwartiere. En dit is ook die plek waar pouse na hul dood opgebaar word.
Die hele affêre is een allemintige skouspel. Maar uit al die indrukke wat ek beleef staan een uit: hier, in hierdie plek, word geïllustreer wat mag aan 'n kerk en instelling kan doen.

Dit het ek al tydens die konferensie sterk aangevoel: dit is duidelik dat die seleksie van sprekers en van inhoude, 'n bepaalde teologie dien. Die bestaande kerklike magstrukture bepaal die agenda en gebruik die agenda. Selfs al kom sprekers uit verskillende kerklike tradisies en is die persoon wat een van die pryse wen (vir die eerste keer) 'n Anglikaan, is die gesprekke nie vry van kerklike magspolitiek nie. 

Dit pla my ook nie regtig nie. Dit sou naïef wees om te dink dat 'n geleentheid soos hierdie belangeloos moet wees. So iets bestaan nie. Steeds weer is, soos by alle akademiese werk, bepaalde belange op die spel. 

Ek luister versigtig na die magsgrepe wat hier uitgeoefen word. Dit is immers in die kontemporêre hermeneutiek 'n uitgangspunt dat 'n mens bewus moet wees van die subteks van 'n gesprek. Altyd deur is dit nodig om die onderliggende belange van 'n spreker te kan herken.

Ten spyte hiervan, is daar tog opvallende veranderinge: 'n dekade of twee gelede sou 'n paar van die referate ondenkbaar gewees het. Nou hoor 'n mens al hoe meer hoe daar ten minste met die kritiese wetenskap omgegaan word en in gesprek daarmee getree word. 

Die dinamiek is ten minste duidelik: geen respektabele kerklike instelling kan die moderne Bybelwetenskap meer ignoreer nie. Daarvoor is hierdie wetenskap te ver gevorder, te integer en te sterk. Ook hier aan die Lateraanse Universiteit wil mense dus die dialoog voer. 

Maar die grense van die gesprek is stewig vasgelê:  die konferensie is naamlik gefokus op die driedelige werk van Ratzinger, die vorige pous, oor die christologie en veral die evangelies. Hierdie drie boeke wemel van gesprekke met Bybelwetenskaplikes, waardeur sommige van die nuutste bybelwetenskaplike ondersoeke deeglik aan die orde gestel word.

Omdat die vorige pous hieroor geskryf het, word 'n hele, groot konferensie daaroor moontlik. Op die manier word die kerkleiding, insluitende 'n paar kardinale, ingetrek in 'n gesprek oor die Bybel wat 'n jaar of tien/twintig gelede nie moontlik sou wees nie. 

Ook opvallend is dat feitlik al die sprekers, die kardinale inkluis, op een of ander manier by die teologie as wetenskap betrokke was of is. Hulle het 'n sterk teologiese onderbou. 

Twyfel is daar egter nie: die bybelwetenskappe, soos sommige van hulle dit sien, word nog netjies gebruik om hul kerklike posisies te verskans. Die wetenskap word bedink, maar tot op 'n punt.

Ek het geen twyfel nie: 'n mens kan die insigte van die wetenskap nie stuit nie. Die mees verborge magsgrepe kry dit nie reg nie. Die kerk het dit al met Galileo ervaar. Dit sal oor en oor gebeur dat die kerk sy gebrekkige insigte sal moet prysgee vir wat wetenskaplik nagevors word.

Dit beteken nie dat die wetenskap alles reg het nie. Of dat die kerk die knie voor die wetenskap moet buig nie. 

Maar dit is 'n futiele poging om die wetenskap te gebruik in soverre as wat dit jou eie standpunt dien. 

Die mag van die kerk lê nie in sy vermoë om die wetenskap te gebruik bloot om sy bestaande standpunte te legitimeer nie. Die kerk is alleen sterk en magtig wanneer dit bereid is om vanuit 'n deurdagte besinning nuut te leef. 

 





Saturday, October 26, 2013

Die land waar huise tot R900 miljoen rand kos en een uit elke vier kinders honger ly.


Die verhaal van Amerika is nie meer mooi nie. In vandag se NYT skryf 'n kommentator die onderstaande berig wat 'n mens paragraaf vir paragraaf moet bedink om die volle implikasies te begryp.

 
Die rykdom van sommige mense groei massief. Maar die prentjie aan die ander kant is minder goed:

 
Een uit sewe jongmense tussen 16 en 24 jaar is werkloos of gaan nie skool nie. Een uit elke vier kinders leef in armoede.

En dit in die magtigste land ter wêreld.

 
Hoe goed kan die toekoms van so 'n land wees?  

 
Nie dat dit by ons beter gaan nie. 

 
Iets moet breek, skryf die rubriekskrywer.

Ek lees sulke berigte immer met die gedagte dat dit nie maar net 'n verhaal van syfers is nie. Regte mense en regte families word geraak. 
  
Hier is die berig:
 
Bank profits have reached their highest levels  in years.

 
The market for luxury goods is rebounding.

 
Bloomberg News reported in August, “Sales of homes priced at more than $1 million jumped an average 37 percent in 2013’s first half from a year earlier to the highest level since 2007, according to DataQuick.”

 
A report last week in The New York Times says that developers are turning 57th Street in Manhattan into “Billionaires’ Row,” with apartments selling for north of $90 million each.

 
And there’s no shortage of billionaires. Forbes list of billionares has added more than 200 names since 2012 and is now at 1,426. The United States once again leads the list, with 442 billionaires.

 
It’s a great time to be a rich person in America. The rich are raking it in during this recovery.

 
But in the shadow of their towering wealth exists a much less rosy recovery, where people are hurting and the pain grows.

 
This is the slowest post-recession jobs recovery since World War II. The unemployment rate is falling, but for the wrong reason: an increasing number of people may simply be giving up on finding a job. The labor force partiipation rate  — the percentage of people over 16 who either have a job or are actively searching for one — fell in August to its lowest rate in 35 years.

 
This disconnecting is particularly acute among young people. Measure of America, a project of the Social Science Research Council, recently released a study  finding that a staggering 5.8 million young people nationwide — one in seven of those ages 16 to 24 — are disconnected, meaning not employed or in school, “adrift at society’s margins,” as the group put it.

 
Median household income continues to fall, according to recent data from the Census Bureau. The data showed, “In 2012, real median household income was 8.3 percent lower than in 2007, the year before the most recent recession.”

 
And according to an April Pew Research Center report, “During the first two years of the nation’s economic recovery, the mean net worth of households in the upper 7 percent of the wealth distribution rose by an estimated 28 percent, while the mean net worth of households in the lower 93 percent dropped by 4 percent.”

 
The dire statistics take on even more urgency when we consider what they mean for America’s most vulnerable: our children.

 
According to First Focus a bipartisan advocacy organization focusing on child and family issues: “The 1,168,354 homeless students enrolled by U.S. preschools and K-12 schools in the 2011-2012 school year is the highest number on record, and a 10 percent increase over the previous school year. The number of homeless children in public schools has increased 72 percent since the beginning of the recession.”

 
A report last month by the Carsey Institute at the University of New Hampshire bemoaned the stagnation of the child poverty rate in this country, saying, “These new poverty estimates released on Sept. 19, 2013, suggest that child poverty plateaued in the aftermath of the Great Recession, but there is no evidence of any reduction in child poverty even as we enter the fourth year of ‘recovery.’ ”


Nearly one in four American children live in poverty.

 
A  report last year from the National Poverty Center estimated “that the number of households living on $2 or less in income per person per day in a given month increased from about 636,000 in 1996 to about 1.46 million households in early 2011, a percentage growth of 130 percent.”

 
And yet, the value of aid for those families is shrinking and under threat.

 
A report this week by the Center on Budget and Policy Priorities found, “Cash assistance benefits for the nation’s poorest families with children fell again in purchasing power in 2013 and are now at least 20 percent below their 1996 levels in 37 states, after adjusting for inflation.”

 
The number of Americans now enrolled in the Supplemental Nutrition Assistance Program (SNAP) is near record highs and yet both houses of Congress have passed bills to cut funding to the program. The Senate measure would cut about $4 billion, while the House measure would cut roughly ten times as much, dropping millions of Americans from the program.

 
Next week, lawmakers will start trying to find a middle ground between the two versions of the farm bills that include these cuts.

 
There is an inherent tension — and obscenity — in the wildly divergent fortunes of the rich and the poor in this country, especially among our children. The growing imbalance of both wealth and opportunity cannot be sustained. Something has to give.


Friday, October 25, 2013

'n Mens lees die Bybel om verdiep, maar ook om verander te word.


By die kongres vra iemand uit die gehoor watter rol 'n leser speel in die uitleg van die Bybel. Hy verwys spesifiek na die rol wat 'n mens se voorveronderstellinge speel. As jy protestants is, gaan jy die Bybel uit 'n protestantse hoek lees. Wie jy is, gaan bepaal watter antwoorde jy in jou Bybel-uitleg vind.

John Meier lewer repliek. Hy verwys na die beroemde debat tussen Jeremias en Bultmann. Hierdie twee Nuwe-Testamentici het koppe geskuur oor die vraag of 'n mens sonder enige voorveronderstellinge eksegese van die Bybel kan doen.

Maar as dit waar is dat 'n mens nie die Bybel sonder voorveronderstelling kan lees nie, beteken dit nog nie dat 'n mens se uitleg van die Bybel daardeur gedetermineer word nie. Dikwels, byvoorbeeld, ondersoek 'n mens die Bybel met 'n bepaalde gedagte wat jy graag wil "bewys." Dit is ook 'n voorveronderstelling waarmee 'n mens na die teks gaan. Maar dan lees jy die teks en ontdek dat jou mooi teorie nie deur die teks gesteun word nie. Hy het, vertel Meier, dikwels sulke mooi teorieë gehad wat hy moes laat vaar het.

Jou voorveronderstellinge is die konteks waarbinne jy na die Bybel gaan. So het Bultmann dit ook gesê. Maar die teks bepaal uiteindelik wat met die uitleg gaan gebeur. Hiervoor het 'n mens 'n bepaalde openheid nodig: jy moet dus eerlik met jou voorveronderstelling omgaan. 'n Belangrike eiendskap van enige wetenskaplike ondersoek is dat 'n mens self-krities moet wees. Ook teenoor jou eie voorveronderstellinge. Jy is dus nie die slagoffer van jou voorveronderstellinge nie.

Dit alles veronderstel dat 'n mens na die teks, die Bybel gaan, met 'n fundamentele voorveronderstelling dat die teks 'n leidende rol speel in jou uitleg. Hoe jy nou ook al reeds die teks verstaan, bly jy altyd oop vir die moontlikheid dat jy die teks nuut kan interpreteer en dat ou gevestigde waarhede daardeur in die slag kan bly. En dit is nie net 'n gemeenskap wat uit jou eie, klein groep bestaan nie. Dikwels word jy getransformeer deur wat die eerste geloofsgemeenskap oor Jesus gedink het en kom jy daartoe om heel nuwe insigte te aanvaar as die insigte wat jy voorheen vasgehou het.

Op die manier, besef ek terwyl ek na die debat luister, is 'n mens nie net eerlik en self-krities terwyl jy die Bybel lees nie - ook teenoor die houvas wat jou eie, vooringenome idee's op jou kan hê nie. Nederigheid word 'n deug: die wete dat jy deel is van 'n groter Gemeenskap wat jou denke en lewe vorm en stuur - meer as wat jy somtyds dink of verwag.

Dus : 'n mens lees doelbewus die Bybel met die houding dat jy verander kan word in wat jy weet en wie jy is.


Wednesday, October 23, 2013

Altyd 'n verrassing



Herfstyd in die noordelike halfrond met sy baie bome, is altyd 'n kleurefees.

Maar 'n mens sien nie altyd iets soos op die foto nie. Soms sal 'n mens 'n ry bome sien waarvan een liggeel, een bruin, en dan nog een allerhande skakerings van rooi het.

Dan kry 'n mens een boom wat oortrek is met verskillende kleure: van rooi tot geel tot groen.

Die natuur het 'n onuitputlike vermoë om 'n mens steeds weer te verras. 


 



Tuesday, October 22, 2013

Toe Calvyn se pa die priester geklap het.

Ons besoek vanoggend Noyon.

Die katedraal toring bo die stadjie uit. Dit dateer uit 1150, toe begin is om dit te bou. En eers 140 jaar later was die massiewe struktuur klaar.

Toe Calvyn in 1509 gebore was, was die katedraal dus al 219 jaar oud.

Ek verwonder my by die gedagte dat ek die gebou kan besoek waar Calvyn soveel kere kerk toe gegaan het.

Die kerk van Noyon was een van die mees invloedryke instellings in Frankryk - selfs belangriker as die Notre Dame in Parys.  En Calvyn se pa was blykbaar 'n bekende figuur in die kerk. Die gebou is 'n voorbeeld van die Gotiese styl. Die struktuur, nou grootliks gestroop van sy versierings, het met ons besoek, wonderbare ligroos kleure bo die wydse pilare wat sierlik boë vorm.

Ons besoek die kerk nadat ons by die Calvyn-museum inloer. Die gebou self is klein en die uitstalling vaal. Die huidige struktuur is vier eeue na Calvyn se geboorte opgerig. Al wat seker is, is dat Calvyn op die plek gebore is.

Vir my word die oggend boeiend: ons loop die paadjie van sy geboortehuis na sy kerk, net om die draai. Ek besef, terwyl ons dit doen, hoe sy lewe deur die massiewe gebou beïnvloed moes gewees het en wat dit aan hom gedoen het om van die kerk afskeid te neem.

Die vonds van die dag kry ek egter in die Engelse inligtingstuk wat die museum in 'n lêer vir Engelse besoekers aanhou. Calvyn kom uit 'n moeilike familie. Sy pa het as prokureur  na die kerk se finansies omgesien. Hy het hom vererg omdat hy van oneerlikheid beskuldig is en het net daar sy opponent bygekom. Hy is uit die kerk geban. Later sou Calvyn se broer,  Charles, ook 'n priester geklap het. Ook hy is uit die kerk geban. 

Moeilike manne, besef ek. En kry nuwe insig in my Hugenote voorouers wat Kaap toe getrek het.... 

Hier is Calvyn se geboorteplek:







Monday, October 21, 2013

Om God in die steek te laat




Die bekende gesegde oor mag lui: Mag korrupteer. Absolute mag korrupteer absoluut.

Vandag, by die merkwaardige katedraal in Amiens, bly dink ek oor die verskynsel van mag. Die katedraal, wat oor die hele stad uittroon, is 'n toonbeeld van mag. Dit vertel oënskynlik die verhaal van God wat die absolute maghebber is. En, soos die beelde in die katedraal vertel, is God se finale mag veral te sien wanneer God aan die einde van die tye God se teenstanders sal uitroei.

Deur die eeue heen het mense hierdie verhaal van God se mag op verskeie vlakke gedeel:  in hul persoonlike lewens het hulle gebid dat God deur 'n magtige ingryping vir hulle uit krisisse sal red. Ook kerke, gemeenskappe en groepe het dikwels gebid dat God uitkoms sal gee deur goddelike, magtige ingryping.

Vandag staan katedrale leeg en mense bid nie meer nie. Die geskiedenis, sê hulle bewys dat God nie regtig ooit ingryp soos wat in die verlede gedink is nie.

Dink maar aan die Jodeslagting: ses miljoen Jode, God se uitverkore volk, sterf deur die moorddadige Nazi-ideologie. Desperate gebede van hierdie gelowiges het onverhoord gebly.

Is dit die onvermydelike lot van die kerk? Om te moet toesien hoe mense weier om te glo in 'n God wat sal ingryp om gelowiges en geloofsgemeenskappe te red?

Die antwoord op die vraag sal ten nouste saamhang met hoe 'n mens God verstaan.

Die kruis vertel 'n belangrike verhaal oor God: die kruis gaan immers om die opgee van mag. God gryp nie in nie en Jesus sterf aan die kruis.

Maar dan begin die verhaal eers werklik: die dissipels sal later aan hul mede-gelowiges vertel hoe hulle na die dood van Jesus alle hoop verloor het en uitmekaar gespat het. Nederig is hul openlik oor hul mislukkings, wanhoop en desperaatheid na Jesus se dood.

'n Mens lees in die Evangelies herhaaldelik hul getuienisse oor hul eie swakheid en kleingelowigheid.

En  hulle knoop hierdie eerlike self-kritiek met 'n geloof dat hulle bemagtig is tot groot dinge, ten spyte van hul mislukkings.

God doen groot dinge, vertel Lukas in Handelinge aan sy lesers. Maar dit gebeur juis deur die volgelinge van Jesus. In hul swakheid, maar ook hul getroue getuienis, is God aan die werk. Hul getuienis word die getuienis van die Heilige Gees.

Gevolglik word hulle getuienis besonder kragtig: vele mense word in hul bediening tot 'n nuwe verhouding met God gebring.  Die geloofsgemeenskap word 'n dienende gemeenskap wat soek om nuwe lewe te bring en mense tot hul godgewe menslikheid terug te roep en te bekragtig.

Die bediening van die dissipels is kragtig, lewensveranderend, maar terselfdertyd dienend en self-opofferend. In Openbaring is hulle mense wat Christus volg en, soos Hy, lewensgetrou aan God bly. Kragtig getuig hulle van 'n nuwe wêreld, verset hulle hul teen die kwaad en soek hulle om 'n nuwe wêreld uit te dra.

Nog belangriker: in die proses verset hulle hul teen die mag van die Bose. Nooit sal jy sien dat die vroeë geloofsgemeenskap hierdie stryd gewonne gee nie. Nederig, klein, wanhopig omdat God nie antwoord nie (Open. 6:10), bly hulle nogtans onbevreesd in hul verset teen die kwaad.

Trouens, so belangrik is hul verset, dat hulle in Openbaring 20:4 as mede-regeerders en regters op die trone sit. Hulle word mede-stryders van God, wie se getuienis die magte van die wêreld pynig en treiter (Openbaring 11). Saam met God, word hulle regters oor die vyande van God en mens.

Op die manier word 'n mens se verstaan van God op sy kop gekeer: dit is blykbaar nie so bybels om te sit en wag dat God ingryp nie. Dit lyk ook nie so indrukwekkend om te redeneer dat 'n mens nie maar kan glo omdat God mense in die steek gelaat het nie.

Die bybelse boodskap is dat God deur die mens se aktiewe, maar nederige, self-kritiese getuienis die nuwe lewe en wêreld bring. Dit is nie God wat die wêreld in die steek laat nie. Dit is gelowiges wat God en die wêreld in die steek laat wanneer die kwaad toegelaat word om ongestoord sy gang te gaan.

Die laaste boek in die Bybel wil op gelowige mense se hart druk dat geloof 'n mens so naby aan God bring dat 'n mens saam met God, en, veral, in die naam van God, vreesloos teenoor die kwaad te staan kom. 

Geloof in God, anders as wat leë katedrale en wanhopige gelowiges 'n mens laat dink, beteken nie dat mag hoef te korrupteer nie. Trouens, geloof in God sal 'n mens juis inspireer en motiveer om mag gedurig te bevraagteken:  wie in God glo, sal gedurig krities toets of geloof nie korrup geword het nie. Soos gelowiges in Openbaring sal gelowiges in latere tye ingestel wees daarop om mag te toets of dit van God is, of van die bose - en om korrupte mag vreesloos uit te daag. 


   

Blog Archive