Saturday, February 02, 2013

Hoe kan 'n mens onderskeiding onderskei? Oor onderskeiding as 'n geestelike oefening.


In die Brazos Introduction to Christian Spirituality skryf Evan Howard oor onderskeiding as ‘n geestelike oefening.

Ook in die artikel is daar ‘n basiese vraag: Hoe weet ‘n mens dat die onderskeiding eg is? Hoe kan ‘n mens weet dat jy regtig goed onderskei het?

Hierdie twyfel oor onderskeiding kom in die vroegste tye van die kerk voor. Daar was in die vroeë kerk nie altyd soveel duidelikheid oor die onderskeiding van goed en kwaad nie. Paulus praat hieroor wanneer hy die Korintiërs oproep oor die onderskeiding van die geeste.

Later, skryf Howard, het die Amerikaanse spiritualiteitskrywer, Jonathan Edwards, geskryf oor die twyfel wat ‘n mens kan hê of ‘n mens goed onderskei het.

Vir Edwards was daar veral vyf sake waaraan ‘n mens kan meet dat die Gees van God aan die werk is in ‘n mens se geestelike reis.

Edwards skryf hieroor in sy plegtige, formele, selfs outydse, agtiende-eeuse Engels.

Ek lees die stuk (op bladsy 381) met aandag. Agter die taal herken ‘n mens ‘n paar spesiale insigte wat, as ‘n mens dit vertaal, as volg weergegee kan word:

1. ‘n Mens weet dit is egte onderskeiding wanneer dit ‘n mens se verhouding met Christus verdiep en hierdie verhouding ‘n mens veral daartoe bring om God se teenwoordigheid in Christus te herken en te ervaar.

2. Onderskeiding werk wanneer mense ‘n teensin teen kwaad ontwikkel.

3. Onderskeiding is eg wanneer mense die Skrif al hoe hoër ag en deur die Skrif dieper in ‘n verhouding met God gebring word.

4. Onderskeiding is eg wanneer dit mense dieper in die waarheid lei.

5. Onderskeiding is eg wanneer dit mense tot liefde bring.


Blog Archive