Tuesday, July 01, 2014

Woestyne

In my lêer kry ek die volgende stuk. Nou probeer ek die bron opspoor, wat ek nie aangeteken het nie. 

Meister Eckhart

En nou, omdat ons almal volmaaktheid nastrewe,
moet ons ophou om te kla voor God,
besef dat die aanloop God en hemel toe
in die self en in die stilte lê.

Een ding is nodig, Martha, vertel dit aan die susters,
en dit is die alleenloop deur die woestyne.
Die liefde is nie groter as dit wat jy daar sal vind nie -
al kon Paulus daaroor liries skryf vir die Grieke.
God is in jou. Van Hom staan niks apart nie
en as jy alleen is, is sy geselskap nader.
Afsondering is nodig, na aan die Niks en die Niet
waar God is. En, moet jou nie vermoei met op beur,
op na God nie. Hy sal wel af-kom na jou toe,
Hy streef ook na die mens, sy woonplek.

Gaan dus na die woestyne, maar moet nooit
die woestyn in jou hart dra nie.
Want woestyne groei totdat alles
stil en koud en dood is..








No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive