Monday, March 22, 2010

Moet jy vir jou vrou blomme gee en jou stoel aanbied? Oor patronisering.

Holland is in ‘n sekere sin ons tweede tuisland. Ons kuier graag daar. Dit is elke keer ‘n vormingsproses om ‘n tyd daar deur te bring. Op groot, maar ook op klein maniere leer mens telkens nuwe dinge: Ons geniet altyd steeds weer die kritiese samelewing, die deeglike debatvoering, die hoë akademiese standaarde, die eeu-oue biblioteke, die wonderlike museums, die lang geskiedenis en die Nederlandse taal en kultuur. En tog ervaar ons dit ook as ‘n hoogs gesekulariseerde samelewing waar koue rasionaliteit hoogty vier en menings dikwels onder die vaandel van eerlikheid en uitgesprokenheid op ‘n negatiewe manier uitgespreek word. Dit is ook onrusbarend om te sien hoedat selfs so ‘n hoogs ontwikkelde land verskuilde en openlike vorme van xenofobie kan verduur en voed. Die politieke spanning in Nederland rondom buitelanders wat die plek instroom is soms uiters intens. As ek na Nederland kyk vra ek soms meer vrae as wat ek oor my eie land vra.


Net soos ons aan hulle, het hulle oor ons allerhande plesier gehad: Ons het daarom al lank terug geleer dat ‘n mens eerder van “Nederland” praat omdat “Holland” ‘n provinsie in Nederland is. Ons het ook sommer gou na ons eerste aankoms daar ook ontdek dat die Nederlanders Afrikaans as ‘n “leuke taaltje” beskou en dat hulle gek is na ons “baie” en ons dubbele ontkenning. Hulle het ook byvoorbeeld plesier daaraan as ons hulle as “kaaskoppe” beskou. (Vir hulle het net diere koppe. Mense het ‘n hoof). En hulle het, soos ons, sekere woorde wat ‘n mens in geen ordentlike geselskap sal wil aanhoor nie. In ons hoge Kaapse geselskap sal dit dus gebeur dat ‘n Nederlandse besoeker wat oor sommige van sy huisdiere in ‘n Afrikaanse groep mense vlytig aan die praat is, onwetende groot ontwrigting by sy luisteraars veroorsaak.


Maar dit net as agtergrond as verduideliking vir my plesier aan die Nederlandse dagblad, Trouw se daaglikse elektroniese uitgawe. Daar is informatiewe artikels en berigte in – veral oor godsdiens en filosofie. Maar daar is ook soms interssante rubrieke in. Dit is waar dat die Nederlanders wel hul humor het – kabaretmense soos o.a. Paul van Vliet en humoriste soos Raymond (oor BVN) is bekend in hul vermaaklikheidswêreld. Maar in die stoere koerante kry ‘n mens nie veel humor nie. Vandag egter verskyn daar ‘n berig van Jelle oor sy lang verblyf in Rusland waarin hy veral kulturele verskille tussen die Russe en Nederland uitlig en wat heel grappig is. Hy is veral verstom oor vrouedag wat in Rusland so groot gevier word dat as jy daardie dag nie vir jou vroulike maat ‘n blom gee nie, jy maar jou verhouding op jou maag kan skryf. Dan is dit tikkits, oor en verby. Soek maar terstond vir jou ‘n ander ene. En koop ook maar vir jou Russiese geliefde daardie blom vroeg-oggend. Anders kry jy net ‘n verlepte, peperduur blom wat ook jou verhouding onder druk sal plaas.


Maar dan vergelyk Jelle die Russiese vrouedag met die situasie in Nederland waar (sommige?/die meeste?) vroue die horrelpiep wil kry bloot by die gedagte van ‘n vroue-dag. Dit is die punt van sy eie artikel – hoe kultuur in Rusland en Nederland verskil. By sy terugkeer in Nederland waag hy dit toe om sy Nederlandse vroulike kollega’s by die werk geluk te wens met vrouedag. Onmiddellik is die kat by wyse van spreke in die hoenderhok. “Is alle ander dae dan nie vrouedag nie?” lig een albei haar wenkbroue tot by haar kroontjie vir hom op. Die volgende een, kennelik ‘n bevryde, groen vrou, is meer diepsinnig en dus ook meer snipperig: “Jy dink dat omdat daar ‘n dieredag is, daar ook ‘n vroue-dag moet wees.” (Eina, soos ‘n skop op jou safte plek). Maar die laaste een vat vir my kennelik die koek. Die hele koek, versiering en al. En voor my doem met haar woorde die heldebeeld van menige kordaat Nederlandse vrou op as sy hom met twee woorde toe-sis: “Goor seksis.” Sommer so ‘n lekker stuk toegsnoude cut-him-down-to-size. Daar het jy dit dan. Moenie sukkel nie.


Natuurlik is die artikel tong-in-die-kies geskryf. Want deur die artikel te skryf, wil Jelle wys hy besef hoe groot konvensies kan verskil en watter reperkussies dit kan hê as jy nie in gedagte hou wat jy as vreemdeling in ‘n ander land sê en doen nie.


Maar tog het sy werk my ook die waarheid in sy draakstekery laat besef. Daar is een ding wat jy in kaasland (en liewers deesdae ook nie meer hier by ons nie) nie moet doen nie – veral nie ‘n professionale omgewing nie. Moenie vroue patroniseer nie. Jy bluf net jouself. Wat my ver terug laat dink – destyds toe ons in Nederland was vir my studie en ‘n Suid-Afrikaanse kollega een aand diep verontwaardig en seergemaak vertel het hoe hy galant by ‘n deur vir ‘n Hollandse vrou met pakkies in haar hand oopgehou het, net om summier van haar te hoor: “Nou, ek mag wel ‘n pakkie in my hand dra, maar ek is nie lam in my hande nie.” Daardie gesprek was vir my ‘n vinnige skoling in Nederlandse kultuur en kontemporêre gedragsetiket. Moenie patroniseer nie en as jy dit wel doen, vat jou pak soos ‘n man (!) as die brutale Nederlandse uitgesprokenheid op jou losgelaat word. En laat die vroue maar self die deur oop maak, al stuit dit jou galantheid teen die bors. Dink ook maar twee keer, ongelukkig genoeg, voor jy van ‘n stoel in die trein opstaan....


Die dieper punt is: Moenie mense patroniseer nie omdat jy jouself op een of ander manier, direk of indirek, uitbeeld as iemand wat afkyk. Moenie “afkyk” na vroue nie, na mense met liggaamlike gestremdheid nie, na kinders nie, na kollega’s nie, na studente nie, na bejaarde mense nie en veral ook nie na “lidmate” nie (!). En daarom is dit nodig om fyn na ander te luister. Want terwyl ‘n mens ewe sensitief dink dat jy net die deur uit ordentlikheid wil oophou of heel onskuldig ‘n sitplek wil afgee vir ‘n vrou (terwyl jy dit meestal nie vir ander mans sal doen nie, sê sy), ervaar sy dit dalk as deel van ‘n groter, diskrimenerende situasie waarin die man haar as “anders” beskou, as “swak” sien, as ‘n ou “vroutjie” wat gehelp moet word. Dit is, of ‘n mens nou daarvan hou of nie, haar “ervaringswêreld.” En uit agting vir haar moet ‘n mens haar ervaringswêreld respekteer.


Die tong-in-die-kies artikel van Jelle is nog interessanter vanweë die twintigtal meestal gevatte reaksies van die lesers daarop (sien alles hieronder). Die reaksies is boeiend – hulle wys dat alles nie so eenvoudig is nie. Aan die een kant is daar die veelseggende opmerking van een leser dat een uit elke vier vroue in Nederland – in die moderne Europa – nog steeds minder as hulle manlike eweknieë betaal word. ‘n Ander een weer vertel dat ‘n mens nie die Russiese vroue moet onderskat nie. Die respek vir hulle is bloot ‘n kulturele konvensie. Russiese vroue, vertel die persoon, het lank voor die ander vroue van Europa emansipasie ervaar toe hulle op groot skaal in die sestigerjare as werkers gaan werk het terwyl vroue in Nederland dikwels eers ootmoediglik hul mans se toestemming moes smeek as hulle uit die huis uit wou gaan werk.


Daar is baie humoristiese kante aan hierdie artikel. En hoe dikwels verkneukel ‘n mens jou in kulturele onderskeide – soos in die Nederlanders se uitgesprokenheid en hul somtydse lelike name vir sommige van hul huisdiere. Ek leer baie uit die artikel en uit die reaksies daarop. Maar onderliggend aan alles besef ek hoe merkwaardig kulturele konvensies kan skuif. Terwyl ons ‘n dekade of drie gelede nog iemand se posisie hoog geag het deur bedagsaam ‘n deur vir haar oop te hou, is dit nou so anders dat ‘n mens iemand in haar eer krenk sou jy dit steeds weer wil doen.


Kultuur is 'n deurslaggewend faktor in ons mens-wees - ook in ons spiritualiteit. As 'n mens onthou hoe kultuur gedurig verander, word dit duidelik hoe dinamies en vloeibaar alle vorme van spiritualiteit is. En dit weer, bring ons uit by die vraag - wat is die durende, die energie wat al hierdie veranderinge oorleef en stuur? Dit is 'n boeiende vraag.


Hier volg die artikel met die opskrif: Jelle moes maar eerder nie gelukgewens het nie.... :



Van Moskou tot Medan
9 maart 2010

Jelle – had beter niet kunnen feliciteren

Ik woonde nog maar net in Rusland en belandde met mijn toenmalige vriendin in een bos aan de rand van Moskou (waar ooit een verdwaalde jogger omkwam, maar dat terzijde). We wandelden zomaar wat door het bos.

Op een bepaald punt konden we naar links of naar rechts. Ik vroeg haar of zij naar links of naar rechts wilde. Zij keek mij aan alsof ik van een andere planeet kwam en antwoordde: „Dat maak jij toch uit, jij bent hier de man!”

Later die dag stonden wij in een worstenwinkel, waar een rij mijns inziens identieke worsten lag. De verkoopster vroeg welke worst wij wilden hebben.

Ik wees vol overtuiging naar de tweede worst van links en zei: „Deze worst zal het worden”, en kreeg een goedkeurende blik van mijn vriendin.

In Rusland is de emancipatiegolf nog lang niet aan wal gerold. Mijn ex-vriendin omschreef zich ooit doodserieus als een ’weak lady’, wat een gangbare term is.

Bij een ambassadediner heb ik een Russische vrouw ooit op horen merken: „Ik kan het niet zo goed samenvatten als mijn mannelijke collega, ik ben nou eenmaal van het vrouwelijke geslacht”, wat tot een schok bij de Nederlanders aan tafel leidde.

Een ander beeld dat ik nooit zal vergeten: een vrouw die voor de ingang van een winkel staat met twee tassen, geduldig wachtend tot een man de deur voor haar open zal doen.
Hoogtepunt van het jaar is 8 maart, de internationale vrouwendag die uitbundig wordt gevierd in Rusland. Iedereen krijgt vrij, en de volgende dag worden vrouwelijke collega’s overladen met bloemen en cadeaus.

Op de dag zelf is het absoluut verplicht bloemen te geven aan je geliefde. Als je dat niet doet, is je relatie voorbij.

Het is kunst de bloemen zo vroeg mogelijk te kopen. Als je dat aan het eind van de dag doet kan je hooguit een enkele verwelkte roos krijgen, waar rustig 15 euro voor wordt gevraagd. Niet voor niets heeft de bloemenveiling in Aalsmeer het nooit zo druk als rond 8 maart.

Was ik net gewend aan al die tradities, verhuis ik weer terug naar Nederland. Gisteren feliciteerde ik mijn vrouwelijke vrienden met hun feestdag.

Dat viel niet goed. Een verzameling reacties: „En alle andere dagen is het geen vrouwendag zeker?” en „Je denkt: er is een dierendag, dus moet er ook een vrouwendag zijn?” en, kort maar krachtig ”gore seksist!”.

Ik stel voor: houd de vrouwendag, en introduceer er nog een Internationale Mannendag bij. Dan is iedereen gelijk. En laten we eerlijk zijn: Nederland heeft niet genoeg feestdagen.
© Trouw 2010, op dit artikel rust copyright.

Reacties (20)

Jammer,Jelle,dat je niet teruggaat naar Rusland.Het was een prachtige serie Ruslandsfeer.Echte (Russische) mensen,die de gelegenheid kregen hun boeiende verhaal te doen.
Bart, rijswijk op 18-03-2010, 15:53

Laten we vrouwendag ook in Nederland vieren!! We moeten leren feesten en ons als vrouwen profileren.
Marieke, Kazachstan op 18-03-2010, 11:04

Beste Jelle,
Mijn vrouw is Duitse en in Duitsland vieren ze Vaderdag (zelfde dag als Hemelvaart) als een soort van mannendag. Alle mannen verzamelen zich op veldjes en kroegen en er wordt flink bier gedronken er is muziek en de BBQ staat de hele dag aan.
Dat is toch wel een echte mannendag, dacht ik zo :-)
Simon Kapteijn, Alkmaar op 16-03-2010, 11:17

Ik werk in het (primair) onderwijs, daar is het elke dag vrouwendag!
Deze kende ik nog niet: http://en.wikipedia.org/wiki/International_Men%27s_Day (Bedankt Kirsten)
Frank, Z op 13-03-2010, 17:1

En Peter: Ik hou niet van voetbal, ben ik dan ook een vrouw?
Frank, Zaandam op 13-03-2010, 17:19

Herkenbaar Jelle (die dit neem ik aan niet leest, maargoed), al zal mijn vrouw zich nooit als 'weak lady' afficheren.

@Niki , Groningen op 10-03-2010, 16:14
Dat wordt mij ook altijd tegengeworpen, maar 23 februari is Red Army Day, of soldatendag. Daar voel ik me niet door aangesproken. De wereld kan een vrediger mannendag gebruiken.
Frederiek, Groningen op 09-03-2010, 10:27

Komt u mij iedere dag bloemen brengen?
Uw reactie is het bewijs dat de emancipatie nog niet voltooid is.
Frank, Z op 13-03-2010, 17:19
Ik bedoelde Jaap.
Frank, Z op 13-03-2010, 17:16

Leuk geschreven. Ben ook benieuwd naar deze situatie in andere landen. Misschien een leuke serie?
Louise, Vancouver op 12-03-2010, 21:31

Een grappig stukje van Jelle die ons met verbaasde blik een kijk op zijn wereld gunt.
Voor mij is het ook elke dag mannendag. Te veel mannen op TV.
Ben het eens met Jaap over het elke dag voetbal en dat het gaat om gelijkwaardigheid.
In NL verdient een vrouw 23.6% minder dan een man. Dat is een schande.
Hier zijn vrouwen ook nog steeds vrouwen, al doen ze zelf de deur open.
Adiah, Amsterdam op 12-03-2010, 17:49

@ Echte Vent. Het gaat uitstekend met mij, dank je.
En tsjonge, wat een held ben jij. Schelden onder een schuilnaam.
Je bent vast Emanuel uit Utrecht, want qua domheid ontlopen jullie reacties elkaar niet veel.
Frederiek, Groningen op 11-03-2010, 13:47

@Kirsten: Dat vrouwen over het algemeen slechter autorijden, is niet seksistisch, maar een feit. Vrouwen denken dat de achteruitkijkspiegel alleen voor parkeren en kijken of je make-up nog wel goed staat, is (een beeld hebben van het verkeer om je heen en ruimte maken voor invoegend verkeer, oftewel even gas geven/inhouden of baantje naar links, wat is dat?).
Verder denken ze dat als ze langzamer rijden dan het overige verkeer, dat veiliger is.. Kom maar met de camera's en tijd dat het kapstokartikel 5: je mag het verkeer niet in gevaar brengen en niet hinderen, vaker uit de kast wordt gehaald..
Emanuel, Utrecht op 10-03-2010, 17:21

@Frederiek uit Greens. Tsjonge wat een zeurkous ben jij. Voel je je tekort gedaan?
Echte Vent, Manwijf op 10-03-2010, 17:13
Er is toch ook een mannendag? In Rusland in ieder geval wel, op 23 februari, maar misschien is dat alleen in Rusland. Ik denk niet dat vrouwen in Rusland qua emancipatie achterlopen, ze willen gewoon niet net als hier als een halve vent door het leven gaan. Dat is ook best begrijpelijk.
Niki , Groningen op 10-03-2010, 16:14

Een fantastisch leuke serie van Jelle! Kijk er graag naar.
Allemaal echte mensen met zulke aparte verhalen.
En wat nemen mensen zichzelf toch weer series: altijd dat negatieve betweterige commentaar.
Iedereen die denkt het beter te kunnen/weten: zie jullie werk graag op tv.
Fitz, Rotterdam op 09-03-2010, 17:45

Het gaat ook niet om gelijkheid maar om gelijkwaardigheid. Zolang vrouwen in west europa nog een achterstand hebben op de arbeidsmarkt en er meer alleenstaande vrouwen dan mannen zijn die kinderen moeten opvoeden is een vrouwendag helemaal niet iets dat "onevenwichtig" is Derhalve is er ook geen mannendag nodig, tenslotte is er iedere dag voetbal op tv :P
Jaap, Leiden op 09-03-2010, 13:41

Er bestaat al een internationale mannendag en wel op 19 november! We hadden het er hier (München) gisteren nog over dat het in Rusland zo uitbundig wordt gevierd terwijl het in Duitsland (en Nederland) helemaal niet zo populair, belangrijk of zelfs bekend is. Ik kreeg ter felicitatie een seksistisch mailtje over vrouwen die geen auto kunnen rijden ;)
Kirsten, München op 09-03-2010, 13:40

Jelle heeft een tijd in Rusland gewoond en naar mijn idee niets van begrepen. Vrouw die zicht "zwaak geslacht" noemt meent, natuurlijk, iets anders. Mijn moeder zei altijd dat vrouw een actrice moet zijn wil ze krijgen wat ze wil in het leven.
Het kan ook zo zijn dat Jelle vaak infantile vrouwen naar zich toe trekt. Daar moet ook de reden voor zijn: met domme vrouw kun je je super intelligent voelen, met slimme vrouw, waarschijnlijk, niet.
Ik vind Jelle's blik op Rusland eenzijdig, wat erg jammer is.
Larissa, Amsterdam op 09-03-2010, 13:35

Moet een beetje lachen van dit artikel...
volgens mij is de emancipatie in Rusland al veel eerder geweest dan in NL... toen in de jaren 60 de Nederlandse vrouwen nog niet eens grote aankopen mochten doen zonder toestemming van de man, werkten in Rusland al jaren vrouwen En mannen en verdienden evenveel... dat is in Nederland nog steeds niet zo...
Het grote verschil tussen russen en nederlanders is dat vrouwen in Rusland zich gedragen als VROUWEN... dat zegt niets over emancipatie... maar ze willen extra-goed worden behandeld... en kleden zich ook als echte vrouwen... verder is de emancipatie in Rusland denk ik verder dan in NL...
Peter, bergen op zoom op 09-03-2010, 10:32

We hebben ontzette nd genoten van de uitzending Van Moskou tot Moermansk, afgelopen zondag. Jelle maakt de interviews zo respectvol, hij laat de mensen in hun waarden! En wat hij zelf ook zei; wat een sterke vrouwen zijn de vrouwen in Rusland. Compliment voor de russische vrouw en Jelle B.C. Wij hopen op nog vele mooie interviewsvan zijn hand en z,n staf.Bedankt!
Corry Hazewinkel-de Jong, Voorburg op 09-03-2010, 10:32

Altijd hetzelfde. Vertel mannen over Vrouwendag en de reactie is meteen: er is toch ook geen internationale mannendag? Moet die er dan niet komen?
Het is elke dag mannendag, heren.
Frederiek, Groningen op 09-03-2010, 10:27

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive