Monday, April 02, 2012

Om aan ander aandag te gee en vir hulle hallo te sê. Oor 'n ander weergawe van Hebreërs 10:24

Eleanor Rigby is ‘n beroemde lied van die Beatles wat hulle in 1966 geskryf het. Dit het ‘n topverkoper geword. Vandag nog luister mense in honderduisende na die lied. Hier is die lirieke daarvan:

Ah, look at all the lonely people
Ah, look at all the lonely people

Eleanor Rigby, picks up the rice
in the church where a wedding has been
Lives in a dream
Waits at the window, wearing the face
that she keeps in a jar by the door
Who is it for

All the lonely people
Where do they all come from?
All the lonely people
Where do they all belong?

Father McKenzie, writing the words
of a sermon that no one will hear
No one comes near
Look at him working, darning his socks
in the night when there's nobody there
What does he care

All the lonely people
Where do they all come from?
All the lonely people
Where do they all belong?

Ah, look at all the lonely people
Ah, look at all the lonely people

Eleanor Rigby, died in the church
and was buried along with her name
Nobody came
Father McKenzie, wiping the dirt
from his hands as he walks from the grave
No one was saved

All the lonely people
Where do they all come from?
All the lonely people
Where do they all belong?

Dit vertel die verhaal van Eleanor Rigby, ‘n bedelaar, wat in ‘n kerk die rys optel wat mense met ‘n troue oor die troupaar gestrooi het. Haar bitter lot as ‘n arm en honger, alleen mens word vergelyk met die predikant, Eerwaarde MacKenzie. Hy is ‘n professioneel opgeleide mens, deel van die bevoorregte groepe van die samelewing. Hy skryf ‘n preek, maar dit is ‘n preek wat niemand sal hoor nie. Ook hy, hoewel welaf en bevoorregd, het niemand naby aan hom nie. Hy is, soos Eleanor Rigby, alleen, al is hy ‘n predikant en deel van die bevoorregte klas.

Die verhaal eindig wanneer Eleanor Rigby in die kerk sterf en deur die predikant begrawe word. Die afloop van die begrafnis is ook vaal en treurig: Niemand het haar begrafnis bygewoon nie en niemand is deur die preek gered nie.

Drie keer vra die lied dieselfde vraag:

All the lonely people
Where do they all come from?
All the lonely people
Where do they all belong?

Dit is ‘n lied wat ‘n mens laat dink oor die verlatenheid wat ander beleef. Hulle het nie enige sinvolle verhouding wat hul lewens ryk en vervuld kan maak nie. Hulle is alleen. Niemand hoor hulle nie, luister na hulle nie of soek hulle op nie.

Daarom is die lied ‘n oproep aan luisteraars om sensitiwiteit: word bewus van mense se verlatenheid – nie net die arm, hongeriges en die bedelaars nie, maar ook die bevoorregtes en die geleerdes. Dit herinner mens op ‘n sekulêre manier aan wat daar in Hebreërs 10:24-25 staan: “Laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor”.

Ek soek die lied weer op Youtube op om daarna te luister. Onder die baie kommentare is daar die volgende een wat wys wat die geestelike effek van die lied op mense is. Die persoon skryf:

all the lonely people... where do they all come from? all the lonely people... where do they all belong?? this song just has a wierd affect on me... it makes me so thoughtful about the whole world, and everyone on it. It makes me think of the rich, and the poor. it just shows how many people just need someone to acknowledge them, and say hi.

Om aan ander aandag te gee en vir hulle hallo te sê. So het die Beatles amper 50 jaar terug vir hul tydgenote gevra. Wat my laat dink: sit daar meer agter die feit dat honderduisende mense vandag nog na hierdie lied luister? 

Om aan ander aandag te gee en vir hulle hallo te sê.

Hier is die lied





No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive