Tuesday, December 18, 2012

Die wêreld as wonder.

Augustinus het op ‘n keer geskryf dat geloof in ‘n wonder nie so belangrik is soos die wete dat die hele wêreld ‘n wonder is nie. Daarmee wou hy nie wonders bevraagteken nie, maar 'n mens se herkenning van die grootste van alles beklemtoon.

Daar word veel en dikwels met trots geskryf oor die manier waarop geloof in God in vele van die hoogs ontwikkelde lande bestry is.

Daar is ook baie lofgesange op ‘n “mondige” wêreld wat nie meer die geloof in God nodig het nie.

Mense hoef, word uitgeroep, nie meer op die bonatuurlike, die wonderlike, die uitsonderlike terug te val nie.

Trots kyk die mense wat God laat sterf het, na hul eie, mondige aarde.

Maar, skryf Versfeld, die wêreld self, soos Augustinus geskryf het, bly die wonder.  Die mense wat so wetenskaplik van God ontslae geraak het, laat hom dink aan seuns wat groot plesier put wanneer hulle ‘n baksteen deur ‘n ruit gooi.

As ‘n mens verby daardie groot plesier is, is ‘n mens nog steeds met die spesiale gekonfronteer: Al is God verban en uitgesluit, bly selfs die wêreld sonder God wat mense oorgehou het, nog ‘n wonder.

Die sekulêre is boeiend, indrukwekkend, selfs mistiek. 

'n Mens staan steeds verbysterd oor ons wêreld as wonder-skoon. 

Hieroor môre meer.

Blog Archive