Friday, January 05, 2007

Vergifnis en geluk

Ons kan nie onreg hanteer nie omdat dit ons lewe versuur. Ons worstel daarmee dat iemand ons seermaak omdat dit ons geluk aantas. Ons verloor ons lewensvreugde deur ons op te wen oor die kwaad wat ons aangedoen word.

Maar lewensvreugde het niks te doen met die feit dat net goeie dinge met my gebeur nie. Trouens, ek kan vreugde vind in die kwaad deurdat ek besef dit my konfronteer met die groot toets oor hoe ek gaan reageer daarop. Gaan ek toelaat dat die kwaad my lewe bepaal of gaan ek vreugde vind in die manier waarop ek die kwaad ontkrag. Deur te kies dat ek die kwaad oorwin, nie terugslaan nie, probeer verstaan en vergewe, kan ek ongelooflike vreugde ervaar.


We cannot handle injustice because it makes us unhappy. We struggle with the hurt done to us because it takes away our joy. We lose our happiness because we are being treated badly.

But happiness has little to do with a life that consists only of positive experiences. I can find true happiness when I realise that injustice and hurt confronts me with the opportunity to respond in a certain manner. I can allow evil to determine my life or I can find joy in the way in which I disempower evil. By choosing to conquer evil, not to hit back, to try and understand and forgive, I can discover deep, inner joy.

1 comment:

  1. Hi Pieter. Oulike Pos. Dit is nogals iets waaraan ek die jaar moet werk. Ek het 2 benaderinge oor die saak. No1 is jou manier en No2 is om die probleme te tackle. So tipies David en Goliat. Baie van ons probleme is reuse voor ons. Dawid het sy reus oorwin deur te fokus op God en hy het op hom af gestorm.

    Baie mense vandag wil net vir hulle reuse wegkruip en hoop dit gaan weg.

    Groete
    Coenraad

    ReplyDelete

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive