Sunday, September 27, 2015

Gevloek

Die bekende rocker praat in 'n onderhoud oor sy ouers en die gelowige huis waarin hy grootgeword het.

As hy in hulle omgewing is, vertel hy skalks, tel hy sy woorde. Hy gebruik darem nie die taal wat hy gewoonweg voor sy gehore kwytraak nie.

Ek bly geboei besig met gedagtes oor sy opmerking. Dit vertel tog meer van 'n dieper geestelike kant.

Dit wys op 'n deug waaroor 'n mens nogal lank kan nadink: dat 'n mens in die teenwoordigheid van mense vir wie jy lief is en vir wie jy omgee, taal gebruik wat hulle nie oneer sal aandoen nie. Taal wat hulle eer vir wie hulle is: jou ouers, mense wat in al hulle feilbaarheid, tog na jou omsien. 

Jy wil hulle nie seermaak deur iets te doen wat hulle nie van jou verwag nie. 

Dit is 'n sensitiwiteit vir wie hulle is. 

***

Jou gebruik van taal wys wat dink jy van die mense om jou.

Baie mense wat ongemaklik is oor 'n minister se kru taal oor wat die Springbokke met hul teenstanders moet doen, sal dink: is dit hoe hy oor ander mense dink en voel: 'n gemeenskap met die moer hulle-mentaliteit?

Ja, antwoord die vloekers: ons praat maar soos mense eintlik regtig praat. Dit wys maar net die werklikheid. 

Taalteorie vertel anders. Taal reflekteer nie werklikheid nie. Dit skep werklikhede. Taal vorm 'n gemeenskap. So kru as wat ons bly praat, so kru sal die samelewing bly.

Is dit werklik wat ons van ander dink: dat hulle onherroeplik oorgegee is aan 'n moer-hulle lot? 

Die rocker wat op die verhoog sy vloeke oor sy gehoor uitstort?





 


Saturday, September 26, 2015

Eie boesem

Gereeld word Afrika uitgesonder as 'n nes van korrupsie. Vingers wys meerderwaardig na die "onontwikkeldes" se slegte etiek. 

Maar dinge lyk nie so mooi aan die anderkant van die draad, by die ontwikkeldes, nie. 

Die finansiële sektor in eerste wêreldlande het van die grootste korrupsie-skandale ooit opgelewer en het die wêreldekonomie 'n knou gegee waarvan dit nog nie herstel het nie.

Gierigheid en self-verryking is lank nie net die kenmerk van die ekonomiese en finansiële sektore nie. Fifa en die Tour de France is voorbeelde van korrupsie in die sportwêreld. 

Nog lank is dit nie die einde nie. Nou is daar die Volkswagen-skandaal. 

Die belangrikste reaksie op die onthulling van die skandaal was dat dit die goeie naam van die Duitse maatskappy beklad het. 

Dit is lank nie genoeg om net daaroor te praat nie. 

Skandale het nie altyd enkelvoudige gevolge nie. 

Beleggingskandale het op groot skaal pensioenarisse verarm en beleggers se swaarverdiende beleggings vir hul aftrede tot niet gemaak. Menigte lewens is daardeur benadeel of selfs vernietig. 

Ook Volkswagen se skandaal het sy onvoorstelbare, donker kant wat veel meer omvat as die maatskappy se goeie naam.

Die skandaal vertel van 'n gewetenlose, berekende optrede wat meer as net baie mense se beursies raak. Miljoene mense wat nie Volkswagens besit nie, is deur die korrupte daad direk geraak. 

Deur die motors te bekook, is veroorsaak dat hulle tot 40 keer meer gevaarlike gasse in die omgewing vrygestel het. 

Onder die gas is die giftige natrium oksiede. Hier is 'n uittreksel van watter skade natrium oksiede aan mense se gesondheid doen: 


How can nitrogen oxides affect my health?Exposure to high industrial levels of nitric oxide and nitrogen dioxide can cause death. It can cause collapse, rapid burning and swelling of tissues in the throat and upper respiratory tract, difficult breathing, throat spasms, and fluid build-up in the lungs. It can interfere with the blood's ability to carry oxygen through the body, causing headache, fatigue, dizziness, and a blue color to the skin and lips.
Industrial exposure to nitrogen dioxide may cause genetic mutations, damage a developing fetus, and decrease fertility in women. Repeated exposure to high levels of nitrogen dioxide may lead to permanent lung damage. Industrial exposure to nitric oxide can cause unconsciousness, vomiting, mental confusion, and damage to the teeth. Industrial skin or eye contact with high concentrations of nitrogen oxide gases or nitrogen dioxide liquid can cause serious burns.
Long-term exposure to nitrogen oxides in smog can trigger serious respiratory problems, including damage to lung tissue and reduction in lung function. Exposure to low levels of nitrogen oxides in smog can irritate the eyes, nose, throat, and lungs. It can cause coughing, shortness of breath, fatigue, and nausea. 
If you think you have been exposed to nitrogen oxides, contact your health care professional. 

En, dit is nie net die maatskappy wat gekook het nie. Vandag word boonop bekendgemaakt dat die magtige dieselgroepe miljoen dollars betaal het aan mense om druk uit te oefen op beleidsmakers om die vereistes oor vrylating van gasse nie streng toe te pas nie. Hulle het selfs vir Merkel van Duitsland sover gekry om vir hulle saak op te kom. Groot getalle van mense en belangrike beleidsmakers het 'n aandeel aan die vergiftiging van ons omgewing en die benadeling van mense se gesondheid. 

Die korrupte, berekende gewetenloosheid gebeur nie in Afrika nie. 

Dit gebeur in die eerste wêreld. 

In die jaar en in die week het die kerk sy stem laat hoor: die pous het 'n dapper verklaring oor omgewingbesoedeling uitgebring. En in Amerika, vreesloos in die teenwoordigheid van die groot kapitaal, sy besorgdheid daaroor bekend gemaak. 

Sy boodskap is een wat ook by ons in elke gemeente gehoor moet word.  


Blog Archive