Friday, September 30, 2011

Die toe kerke....


Madrid raas en kreun onder al die mense. Van vroeg-af, maar veral as die winkels teen laat-oggend oop is, is die sypaadjies vol voetgangers wat in ordelose strome hul pad deur die groot stad loop. Om nie van die strate te praat nie. Dit wemel van die motors en busse.  Dit is ‘n besige, raserige stad wat oorloop van die mensdom.

Vanaf 1991 tot 2011 het die inwonertal van Madrid vanaf 4.9 miljoen tot 6.5 miljoen toegeneem.

Ek kry na drie dae die gevoel wat Opperman gehad het toe hy sy gedigte oor die grootstad gemaak het.

Ek soek bietjie ruimte om stil te word van al die geraas - want dit is oral en onontvlugbaar. Ons probeer om ‘n kerk of wat te besoek. Hulle is meestal toe. Ons gids skryf dat hoe leër die kerke word, hoe meer maak die priesters of hulle dit nie sien nie.

Sekularisering tref ook hierdie baie katolieke land.

Het die kerke ‘n lugleegte gelaat?

Op die oog af lyk dit nie so nie.

Op ons toer deur die stad klim ‘n groot groep mense by die sokker-stadium van Real Madrid af en net so ‘n groot groep klim op.  Hulle het so pas die museum besoek waar dekade’s se memorabilia van al die grootste spelers en wedstryde uitgestal is. In die stad is daar sokker-winkels wat goed besigheid doen.

En, op ‘n aand, terwyl ons die binnestad instap, loop ons verby ‘n baie lang ry van jongmense. Hulle staan seker ‘n 400 meter lange ry vol en wat om by ‘n groot geboue in te gaan.

Na ‘n ruk moet ek een van hulle vra wat hulle dan daar doen.  Dit  blyk dat hulle ‘n konsert van een of ander bekende band gaan bywoon. Geduldig staan hulle hul beurt en afwag.

En dan sukkel ‘n mens om by ‘n kerk in te kom net om dit te kan sien….

Hoe oorleef die stadmens hierdie lawaai?
By die lughawe, op pad huis toe, is daar al een antwoord. In die kleedkamer is 'n kennisgewing op die deur: "Hierdie kleedkamer is toegerus met houers om naalde en hul spuite in te gooi."

Thursday, September 29, 2011

In die hande van die vader




Die Prado Museum in Madrid, sê ons gids, is een van die belangrikste museums in die wêreld. Die versameling beslaan minstens 7000 skilderye, waarvan net die helfte uitgestal word.  Baie mense besoek Madrid spesifiek om die museum te sien.  Maar min verwag seker die oorvloed van indrukke wat deur die reuse-versameling op hulle uitgestort word.



Die blote gebou is al oorweldigend. Oorspronklik ‘n paleis, onder andere gebruik as barakke vir Napoleon se berede troepemag, is dit uiteindelik in 1819 in ‘n kunsmuseum omskep. Intussen is ‘n hele vleuel aangebou.



Daar is ‘n fenomenale versameling van kuns met skilderye van die bekendste van bekende kunstenaars. Goya se skilderye sien ‘n mens om elke hoek en draai. Raaiselagtig en totaal uniek is sy Las Pinturas Negras (die swart skilderye) deurtrek met lyding en vervolging. By Hieronimus Bosch se Tuin van Aardse Plesier  staan rye mense en staar na sy vreemde uitbeelding van die vervlugtende aardse genietinge waaraan die mensdom hul vergryp en waarvoor hulle dan in die hel gaan boet, gekontrasteer met ‘n eerste paneel waarin die paradys en die opregte lewe uitgebeeld word. Dit is so vreemd, skryf iemand, dat ‘n mens wonder watter dwelms Bosch ingehad het toe hy die tonele geskilder het. Daar is die pragtige, lewensgrote uitbeelding van Dürer se Adam en Eva. Maar dan is daar ook nog bekende werke van Greco, Rubens, Rembrandt, Rafael en vele ander.



Ons neem die hele oggend en middag om van kamer tot kamer te stap.



Die Spanjaarde besit inderdaad een van die indrukwekkendste museums in die wêreld, besef ons ook. Wat ons sien, is van die allerbeste.



As alles so oordadig op jou sinne inwerk, sou ‘n mens afgestomp kon word. En tog – in elke lokaal kom ‘n mens iewers tot stilstand. Dit is asof die mooi nooit te veel word nie.



As ek vanaand terugdink, is dit veral die werk van Velasquez wat ek onthou. Mense kom die Praedo besoek om sy Las Meninas (die kinders) te sien. Maar die skildery, hoe ook al tegnies perfek en histories boeiend, raak my nie. Velasquez was, vertel die skildery, so behep met koninklikes en erkenning dat hy homself in die skildery ingeskilder het – en dit nogal met die Kruis van die Orde van Santiago op sy bors. Hy het die kruis eers  baie later ontvang, maar met die skildery gesorg dat niemand vergeet dat hy dit graag wou hê nie. Die Hollanders sou praat van ‘n ydel tuit.



Ons stap van kamer tot kamer en bekyk Velazques se skilderye. En elkeen is besonder. Ek verstaan nou meer waarom Dali gesê het dat hy een van die grootste kunstenaars ooit was.



Tog bly iets anders by my omtrent Velasquez en, trouens, omtrent die Prado, oor, terwyl ek nou nadink oor hierdie besoek aan die merkwaardige plek. Velasquez het ‘n magdom menigte skilderye geskilder en baie daarvan is in hierdie museum. Maar hy het net ‘n paar religieuse skildery gemaak. Die laaste daarvan ongeveer 20 jaar voor sy dood.



Daarom dan die verrassing, wanneer ek om ‘n draai loop – vas teen sy beroemde kruisigingstoneel. Ek het al voorheen daaroor geblog en is nog steeds verras oor hoeveel kere mense kommentaar lewer daarop, veral wanneer hulle in die lydenstyd nadink oor die kruisiging.  



Ek het nou al baie jare lank ‘n baie klein weergawe daarvan wat in my studeerkamer hang.



Die skildery is ‘n mistieke interpretasie van Christus se kruisiging. Die uitbeelding het onder andere vir Dali in sy beroemde voorstelling van die kruisiging beïnvloed.  Velasquez teken Christus teen ‘n swart agtergrond, hangend aan die kruis, met helder lig wat op sy liggaam skyn. Hy teken met absolute presisie, die mate en verhoudinge van die liggaam volgens Renaissance invloed. Hy teken selfs vier spykers in plaas van drie, skryf die museum, op advies van die mense wat hom van raad bedien het.



Ek wil nie weer alles oorskryf van my blog oor Velasquez nie. Om een of ander rede het ek nie geweet dat die skildery in die Prado hang nie. Dit was dus vir my ‘n groot verrassing om daarop af te kom. Ek het ook nie geweet die skildery is so groot nie. Dit is lewensgroot en hang ‘n hele muur vol.



Hoe anders is dit om so ‘n skildery “in lewende lywe” te sien, veral as ‘n mens oor baie jare vanaf ‘n verre afstand daarmee saamgehang het.



Hoe beleef ek die skildery vandag, nadat ek dit gesien het? 

Eerstens is die skildery 'n oorweldigende teenwoordigheid, bloot net in sy grootte.
 
Die eenvoud daarvan, besef ek egter dadelik, val my op. Die swart agtergrond rondom die kruis laat die lig wat op die liggaam van Christus fokus, nog sterker uitstaan. Dit is nie ‘n verwronge liggaam nie. Daar is onmiskenbaar bloed wat in fyn strepies uit die wonder aan sy hande, sy voete afstroom.  Die aksent val egter nie daarop nie. Dit sê net hoe hy dood is, maar wroeg nie oor sy lyding nie.



In die middelpunt van die skildery is eerder die kop van Christus Christus se kop, met ‘n sagte, byna weggesteekte ligkring daarom, hang vooroor. Die skildery vertel onmiskenbaar dat Hy dood is. Sy regterkant is bedek met sy hare wat sag oor die een kant van sy gesig val.



Die gevoel wat ‘n mens kry is dat die taak volbring is. Die lyding is verby. Dit is nie meer die wonde wat tel nie. Die bloed is klaar gestort.  In die skildery lees ‘n mens van totale oorgawe, van ‘n taak wat goed gedoen is, met getrouheid. En ‘n mens voel hierdie innerlike aanraking van ‘n Vader wat die seun in helder, mistieke lig omhul.



‘n Mens staan voor die skildery terwyl jy al hoe meer aanvoel dat daardie laaste gebed verhoor is: “Vader in u hande gee ek my oor.”
Dit is die verhaal van die volkome eenheid in liefde, tussen Vader en Seun.

Wednesday, September 28, 2011

Groter

Ek het op 1 April 2010, in die lydenstyd, oor Picasso se Guernica geskryf. Dit word as een van die beroemdste skildery uit moderne tye  beskou. Picasso het dit uit woede geskilder as protes teen Hitler se lugaanval, aangespoor deur Franco, op die Baskiese stad Gernica, waarin 2 000 mense gedood is. 

Picasso het geweier dat hierdie beroemde skildery in Spanje hang. Dit is eers oorgeplaas nadat Spanje 'n demokrasie geword het.


Vanmiddag besoek ons die Reina Sofia Kunssentrum waar die skildery op die tweede verdieping in kamer 10 hang. Dit is 'n oomblik waarop ek lank gewag het.


Ons is nuut en onbeholpe en vind dus soek-soek ons weg deur die massiewe plek. Dit is al 'n kuns net om die roete deur die reuse-gebou te vind. Die roete neem ons verby wonderlike versamelings van Miro, Picasso en Dali se skilderye. 

Ek verlustig my van skildery tot skildery. Tyd verdwyn soos 'n mens jou verloor in die werelde wat die kunstenaars geskep het. Ek vergeet eintlik, soos ons aanloop, dat ons daar is om die Guernica te gaan kyk.


Die besoek word veel langer as wat ons gedink het. Ek besef nou veral eers waarom Dali as een van die groot kunstenaars van die twintigste eeu beskou word. Van al die kunswerke wat ek die afgelope twee dae geskien het, is syne in die volste, ryk kleure en met perfekte tegniek uitgebeeld. Ek neem 'n paar foto's uit sy mistieke fase af.


Maar, so loop ons van kamer tot kamer. Die Guernica hang in 'n groot lokaal wat uit twee sale bestaan. Ons kom dus in kamer 10 aan en stap maar geduldig deur die eerste saal. Die oomblik is dus naby, maar ons is geduldig.


Halfpad is daar 'n groot deurgang van die een saal na die ander. Ek is nog nie op soek na die skildery nie. Ek wag my kans af. 

Maar dan - heel toevalling en sonder dat ek dit antisipeer kyk ek om en my oog val op die Guernica.

Dit word bykans 'n mistieke oomblik.


Die skildery is reusagtig groot. Omtrent twee keer so groot, dog ek, as die Nagwag. En ek onthou toe ek destyds die Nagwag vir die eerste keer gesien het. Dit het my getref dat dit so massief groot was.


Twee wagte pas die Guernica op. Hulle staan weerskant van die skildery. Jy mag ook nie nader as so 2 meter daaraan kom nie. Die besoekers drom saam, ry op ry op ry. Die verwondering is tasbaar. Die stilte swanger.


Ek sien die geweld in die skildery, maar die droefenis van die treurende vrou oorheers die skildery.Ek sien die stukkende swaard en die blomme wat uit hulle opkom - Picasso se verlange om vrede. 


Maar wat my dadelik tref is die kleur: Die skildery is in 'n grysblou kleur geskilder. Daar is nie 'n teken van enige helder kleur in nie. Dit is die kleur van droefheid. 


Terwyl ek die skildery bekyk, bedink ek die ironie. Dit is Hitler se sinlose aanslag op 2 000 onskuldige mense, 'n oorlogsvergrype van die ergste graad, waaraan hierdie skildery sy ontstaan te danke het. Die skildery is een van die mees aangrypende protesgebare teen geweld. 'n Mens kan nie Europa en sy toenemende verset teen oorlog  begryp as 'n mens nie die skildery gesien het nie.


Maar die kleur van die skildery... Soos van 'n donker hemel as dit aand wil word en 'n mens, byna soos in die aandgesang, sag wil sing van treurigheid en verganklikheid. Egte droefheid, oor menslike wreedheid en berekende vernietigingsdrang. En oor die seer wat dit oproep. 


Die treurende vrou se gesig is oopgevlek na die hemel toe. Sy stort haar rou voor God uit.





Saturday, September 24, 2011

Oor 'n bedekte vorm van geweld. Nog 'n keer oor boelies.


Ek bly verbaas oor die reaksie op die blogs wat ek ‘n paar keer oor boelies geplaas het. Daar is telkens weer mense wat hierdie ouer inskrywings lees en daarop reageer.

Een van die belangrikste van hierdie blogs was die een waarin uitgewys is dat die grootste slagoffer van enige geboeliery, die boelie self is. Navorsing het gewys dat die kriminele syfer onder boelies hoër is as onder ander kinders. Boelies maak dikwels mislukkings van hulle lewens. Daarom moet ‘n mens eintlik meer bekommerd oor die boelie wees as oor die een wat geboelie word.

Dit bly maar boeiend, tussen hakies, om te sien hoe geweld hom wreek op die geweldenaar.  In die geval van geboeliery, sou ‘n mens ook kon sê: Boontjie kry sy loontjie – as dit nie so tragies was nie.

Ek lees graag oor die kwessie van boelies omdat dit deel is van my belangstelling in geweld. Boeliery is ‘n vorm van geweld, waarin die menslikheid van die ander een deur verbale en selfs fisieke geweld ontken en geminag word. Dit vertel ook van die onmag wat kinders en mense het om ander met empatie en respek te behandel. En iemand wat as boelie sy of haar sin kry, gaan nie oornag as grootmens verander nie. Hy of sy bly ‘n boelie tot aan die einde van sy dae.

Tensy hy of sy professionele hulp kry, natuurlik. Dit was ook die strekking van die artikel: skole kan nie net optree teen boeliery nie. Hulle moet op ‘n georganiseerde manier vir ‘n boelie professionele hulp kry om vir haar of hom uit te wys dat boeliery ‘n geestesgebrek is wat ernstige langtermyn gevolge het.

In my eie konteks dink ek oor boeliery binne die konteks van spiritualiteit. Spiritualiteit het ontferming as ‘n sleutelwoord. En in ‘n geboelie is daar niks ontfermends nie. Inteendeel. En wanneer ‘n mens ‘n kind of ‘n mens wat ‘n boelie is, raaksien, is dit voorts jou verantwoordelikheid om so iemand te ondersteun. Dit bly immers tragies dat ‘n mens dink ander kan deur sy of haar geweld bygekom word. Dit is ‘n teken van ‘n brok onmenslikheid wat in daardie boelie teenwoordig is en leef.

Hieroor kan byvoorbeeld veel meer in die kerk se jeugwerk gedoen word. En wanneer die kerk tereg preek oor mans wat hul vrouens slaan (en moenie vergeet van gewelddadige vrouens nie), doen die kerk niks anders as om met goeie reg vir mans wat dit doen te wys daarop dat hulle boelies is. Hieraan het ek gedink toe ek onlangs oor die radio 'n preek van 'n VGK leraar oor huweliksgeweld beluister.

Toe lees ek nou vandag weer ‘n artikel in die New York Times oor boeliery. Ek lees die artikel vanuit ‘n veronderstelling dat nie net kinders boelies is nie, maar dat boeliery ‘n siekte van ons samelewing is en op baie vlakke voorkom. Groot mense kan boelies wees. Die media, politici, dokters, predikante, kerke, belange-groepe, verenigings kan ook diep betrokke by boeliery wees. ‘n Boelie is immers iemand wat ‘n magsposisie inneem om deur brute of deur bedekte geweld ‘n ander een te verneder, uit te skakel, skade aan te doen.

Die probleem is nou dat baie mense nie besef dat hulle boelies is nie. Ook kinders sal met oortuiging vertel dat hulle nie sal droom om ander te boelie nie. Hulle deel selfs, sê hulle, die afsku aan boeliery.

Maar wat hulle nie besef nie, is dat hulle op sekere maniere optree wat niks anders as ‘n geboelie is nie. Hierdie artikel wys die probleem helder uit. Kinders sal vir mekaar vertel: jy gooi al weer drama. En daarin kan ‘n geboeliery weggesteek wees.

‘n Pa wat vir sy kind vertel: Staan tog jou man. Moenie ‘n swakkeling wees nie, kan in werklikheid niks anders as ‘n boelie wees nie. Hy help nie die kind nie, maar verkneg hom aan ‘n situasie waarin hy reeds aan die verloorkant is. 'n Mens wonder amper: is so 'n pa, sonder dat hy self weet, ook besig om sy kind te boelie? Daarom is dit so belangrik dat ouers baie versigtig moet oplet hoe hulle hul kinders begelei as die kinders geboelie word. Kinders is juis daarom baie versigtig om te gaan sê dat hulle geboelie word. Hulle wil nie as swakkelinge of as slagoffers beskou word nie.

Ek sou graag wou sien dat ‘n mens meer nadink oor vorme van geboelie. Waar sien ‘n mens dit oral raak? En dan, in die lyn van die artikel hier onder: Hoe fyn word ‘n geboelie weggesteek deur daaraan “goeie” name te gee.

Byvoorbeeld: wanneer sou “tug” niks anders wees as ‘n geboelie nie? Dit was nie verniet dat die kerk deur die eeue beklemtoon het dat die tug 'n liefdeshandeling moet wees en nie 'n harde strafmaatreël nie.

Nietemin, hier is die artikel – werd om versigtig gelees te word:

Bullying as True Drama
By DANAH BOYD and ALICE MARWICK
Published: September 22, 2011

THE suicide of Jamey Rodemeyer, the 14-year-old boy from western New York who killed himself last Sunday after being tormented by his classmates for being gay, is appalling. His story is a classic case of bullying: he was aggressively and repeatedly victimized. Horrific episodes like this have sparked conversations about cyberbullying and created immense pressure on regulators and educators to do something, anything, to make it stop. Yet in the rush to find a solution, adults are failing to recognize how their conversations about bullying are often misaligned with youth narratives. Adults need to start paying attention to the language of youth if they want antibullying interventions to succeed.

Jamey recognized that he was being bullied and asked explicitly for help, but this is not always the case. Many teenagers who are bullied can’t emotionally afford to identify as victims, and young people who bully others rarely see themselves as perpetrators. For a teenager to recognize herself or himself in the adult language of bullying carries social and psychological costs. It requires acknowledging oneself as either powerless or abusive.

In our research over a number of years, we have interviewed and observed teenagers across the United States. Given the public interest in cyberbullying, we asked young people about it, only to be continually rebuffed. Teenagers repeatedly told us that bullying was something that happened only in elementary or middle school. “There’s no bullying at this school” was a regular refrain.

This didn’t mesh with our observations, so we struggled to understand the disconnect. While teenagers denounced bullying, they — especially girls — would describe a host of interpersonal conflicts playing out in their lives as “drama.”

At first, we thought drama was simply an umbrella term, referring to varying forms of bullying, joking around, minor skirmishes between friends, breakups and makeups, and gossip. We thought teenagers viewed bullying as a form of drama. But we realized the two are quite distinct. Drama was not a show for us, but rather a protective mechanism for them.

Teenagers say drama when they want to diminish the importance of something. 

Repeatedly, teenagers would refer to something as “just stupid drama,” “something girls do,” or “so high school.” We learned that drama can be fun and entertaining; it can be serious or totally ridiculous; it can be a way to get attention or feel validated. But mostly we learned that young people use the term drama because it is empowering.

Dismissing a conflict that’s really hurting their feelings as drama lets teenagers demonstrate that they don’t care about such petty concerns. They can save face while feeling superior to those tormenting them by dismissing them as desperate for attention. Or, if they’re the instigators, the word drama lets teenagers feel that they’re participating in something innocuous or even funny, rather than having to admit that they’ve hurt someone’s feelings. Drama allows them to distance themselves from painful situations.
Adults want to help teenagers recognize the hurt that is taking place, which often means owning up to victimhood. But this can have serious consequences. To recognize oneself as a victim — or perpetrator — requires serious emotional, psychological and social support, an infrastructure unavailable to many teenagers. And when teenagers like Jamey do ask for help, they’re often let down. Not only are many adults ill-equipped to help teenagers do the psychological work necessary, but teenagers’ social position often requires them to continue facing the same social scene day after day.

Like Jamey, there are young people who identify as victims of bullying. But many youths engaged in practices that adults label bullying do not name them as such. Teenagers want to see themselves as in control of their own lives; their reputations are important. Admitting that they’re being bullied, or worse, that they are bullies, slots them into a narrative that’s disempowering and makes them feel weak and childish.

Antibullying efforts cannot be successful if they make teenagers feel victimized without providing them the support to go from a position of victimization to one of empowerment. When teenagers acknowledge that they’re being bullied, adults need to provide programs similar to those that help victims of abuse. And they must recognize that emotional recovery is a long and difficult process.

But if the goal is to intervene at the moment of victimization, the focus should be to work within teenagers’ cultural frame, encourage empathy and help young people understand when and where drama has serious consequences. Interventions must focus on positive concepts like healthy relationships and digital citizenship rather than starting with the negative framing of bullying. The key is to help young people feel independently strong, confident and capable without first requiring them to see themselves as either an oppressed person or an oppressor.

Danah Boyd is a senior researcher at Microsoft Research and a research assistant professor at New York University. Alice Marwick is a postdoctoral researcher at Microsoft Research and a research affiliate at Harvard University.

Friday, September 23, 2011

Christendom en die Islam

Die huidige pous is bekend as besonder konserwatief. Dit is daarom dat onderstaande berig in vandag se Trouw vir my opval.


Dit gaan dikwels nie goed tussen Christendom en Islam nie. In Nigerië is daar soms groot stryd tussen die groepe en val hulle mekaar dan aan. In vele lande waar Christene die minderheid is, word gelowiges vervolg en word teen hulle gediskrimineer. Daar is ook militante Moslems wat nie terugskrik vir geweld nie. 

Gisteraaand, in die motor op pad huis toe, luister ek na 'n program oor die radio waarin 'n Sjeg met 'n geestelike boodskap optree. In 'n neutedop vertel hy dat mense wat erns maak met hul godsdiens, ook mense met 'n gelukkige huwelik is. Hy praat verder ook met waardering oor Jesus - al noem hy Hom 'n profeet. 


Ek luister na hom en ek besef opnuut weer hoe dankbaar ons moet wees dat ons in ons land nie vir mekaar uitroei oor ons geloof nie - en dat ons soms met waardering oor mekaar kan praat.


In hierdie situasie is die woorde van die pous dubbel opmerklik. 


Hier is die uittreksel:


Paus Benedictus XVI heeft op de tweede dag van zijn bezoek aan Duitsland warme woorden gesproken over de islam. Hij riep op tot 'dialoog en wederzijdse waardering' tussen de islam en het christendom, en noemde moslims een kenmerkend deel van de Duitse samenleving.


Islam en christendom hebben gemeenschappelijke waarden, benadrukte de paus. Hij wees onder meer op de rol van het huwelijk en de waarde van het menselijk leven. De paus sprak met leiders van de Duitse moslimgemeenschap.

Mohammed
Paus Benedictus had tijdens zijn vorige reis naar Duitsland woede gewekt onder moslims, vanwege zijn uitlating tijdens een hooggestemd theologisch college aan de Universiteit van Regensburg. Benedictus citeerde daarin de bij weinigen bekende 14e-eeuwse byzantijnse keizer Manuel II Palaeologos. Die zou volgens de overlevering hebben gezegd: 'Laat mij zien wat voor nieuwe dingen Mohammed heeft gebracht, en je zult alleen slechte en inhumane dingen vinden, zoals dat hij heeft voorgeschreven dat je het geloof dat je predikte, met het zwaar moet verspreiden'.

Islamitische leiders en politici verweten de paus dat hij een verband legde tussen de islam en geweld. Het parlement van Pakistan vroeg Benedictus unaniem zijn 'minachtende opmerkingen' in te trekken en de voorzitter van Muhammadiyah, de op een na grootste moslimorganisatie in Indonesië, maakte uit de woorden van Benedictus op dat hij 'geen juist begrip van de islam heeft'. Het hoofd van het departement voor Religieuze Zaken in Turkije, Ali Bardakoglu, noemde de woorden van de paus 'zeer betreurenswaardig' en zei niets meer te zien in het bezoek dat Benedictus twee maanden later aan Turkije zou brengen.

Het Vaticaan was duidelijk geschrokken door de boze reacties. Benedictus zelf zei dat het hem zeer speet dat zijn woorden zoveel woede hadden opgeroepen, maar maakte geen excuses. Het bezoek aan Turkije ging gewoon door. Hij noemde de islam daar een warme en vreedzame godsdienst. Benedictus spreekt vrijdagochtend 23 september leiders van de islamitische gemeenschap in Duitsland toe.

Tuesday, September 20, 2011

Deernis.


In tye van my kort, maar seker dalk nodige ballingskap van ‘n paar jaar, weg van my see, die weidse pieke, die geborgenheid van bloedbande, die nat wintertye met tussen-in daardie oop, helderblou wintersdae as die son snoesig en Kaaps skyn en skyn, het ek in die donker dae soms by my digtersvriend en vakkollega, Johan Steyn, in sy kantoor laer af in die gang, gaan inloer – nie om te kla of om te kerm nie, maar bloot net om by sy menslikheid weer te kan asem skep vir die voortbeur van die res van die vaal dae.

Dan het ons ‘n halfuurtjie gelag, bietjie gespot oor die vanitas van die vele, eintlik verdrietige lewensreisigers, maar het ons ook oor die teenpool, die dieper dinge gepraat, of soms sommer net oor die lewe, oor sy vriendskap met van ons voorste digters wat in hom ‘n onkonvensionele, vry mens raakgesien het. Hy was toe al gedebuteerd as ‘n digter. En sy woordkuns is miskien ook deel van die rede waarom dit vir my lekker was om by hom te kan inloer. Op my rak staan vandag nog my getekende eksemplaar van sy digbundel, wat hy op ‘n dag, vrolik, kennelik so bietjie trots en tog ‘n bietjie ydel, vir my geteken het. En sprekend van sy skerpheid en intellektuele rigeur, was dit nie amateur-gediggies nie. Dit was digkuns wat in die literêre wêreld erken en bespreek is.

Ons kon dinge weeg, van mekaar verskil, wonder oor onduidelike sake en dan beloof om weer te praat oor sake waaroor ons anders gedink het.

Maar altyd weer was daar ‘n onderlinge ervaring van geloofsverbondenheid, van goedheid, omgee en begrip, van ‘n goeie vriendskap.

Sy kunstenaarstemperament het hom nooit toegelaat om ‘n dapper kantoor-muis te word nie. Hy was nie die konformis nie, die netjiese bestuurder, die burokratiese pennelekker, die aangewese hoof van ‘n departement nie. Hy, met die skerp brein, het uiterlike godsdienstigheid, "wetenskaplike" pretensie en vakdissiplinêre politiekery herken vir wat dit is. Hy het geweet godsdiens moet groter wees en dieper gaan.

Ek lees die onderstaande bydrae van hom vir die eerste keer vandag. Hy het dit blykbaar twee dae voor sy dood geskryf. Dit is, soos hulle vandag sou sê, “vintage” Johan, al staan ek opnuut en miskien nog meer as tevore, verwonderd en geraak voor die verlange en die insig wat daaruit na vore kom. Dit is sy deurwinterde gedagtes, geskryf toe hy al dekades lank die kerk en die teologie in die oog gekyk het en geweet het, geweet het.

Maar wat ek nie toe geweet het, die tye van ons geselse nie, was dat hy, lank voor ek ooit van Meister Eckhart geweet het, reeds vir hom gelees het. Hier ontdek ek dit, vandag, postuum, noudat daar nie ‘n opsoek-kans is om met hom daaroor te gaan praat nie, om te gaan hoor wat hy gelees het en nog meer om te gaan verneem wat hy daaroor bedink het nie.

Ek sien met verwondering dat hy in die artikel ook fokus op die mistici, en veral op ontferming as dit wat ons lewensreis sinvol maak. “Deernis”, noem hy, die digter, die woordkenner, dit. Hoe omstrede sy artikel ook al vir sommige mag lyk, iemand wat so oor ontferming skryf, weet wat spiritualiteit is.

‘n Mens lees iemand wat jy goed ken, iemand wie se hart jy dikwels in sy goedheid bewonder het, agter al sy of haar brawade’s, ten spyte van sy minder goeie oomblikke, se skryfwerk oor wat regtig saak maak, altyd met aandoening. Dit is ‘n wonder-gawe wanneer jy, as die mens nie meer daar is nie, tog sy stem weer kan hoor.

Maar ek lees ook die artikel met ‘n gevoel van onbehaaglikheid. Daar is my gevoel van opstand oor die tipe teologie en die kerklike lewe van hardheid wat in Johan se tyd so maklik en gou mense verstoot en afgestoot het. Dit was die tyd waarin die teologie en die kerk dikwels sonder deernis ‘n klomp mense verwerp het.

Ek sou graag weer wou afsit na sy vriendelike kantoor onder in die gang om met hom te kon praat oor die twaalf artikels wat, katafaties, tog ook iets egs oor God wil sê. Ek sou vir hom wou vertel van Henri Nouwen se Dagboek, waarin Nouwen elke dag, op een enkele bladsy, ‘n jaar lank, ‘n paar vonk-gedagtes neerskryf oor hierdie klassieke belydenis van die Christelike geloof vanuit ‘n spiritualiteit van intimiteit. En ek sou wou hoor hoe hy reageer op die professor aan die Universiteit van Yale en Harvard, die man met die L’Arche-hart, wat die ou inhoude van die twaalf artikels op nuwe maniere oorgedra het vir mense in ons tyd wat die lewensspoor nie altyd meer kon raaksien en naloop nie. Ek sou vir hom ‘n paar plekke in die Dagboek uitwys waar Nouwen oor die harde gesig en woorde van mishandeling van die kerk praat en ook uitwys hoe vernietigend pastores se woorde kan wees. Maar ek sou ook my vinger sit op die dele waarin Nouwen ook weer aan die kerk vashou – as die kerk maar net die kerk van diens en ontferming word. Want altyd weer, glo ‘n mens aan die “heilige, algemene” kerk, die kerk wat so enig en liefdevol soos God is en so wyd uitreik na almal soos die Vader van die skepping.

Hierdie stuk is waarskynlik een van die mooiste, maar ook treurigste testamente van ‘n Suid-Afrikaanse teoloog. Dit spreek boekdele oor teologie wat in die Aufklärung vassteek. Dit vertel van ‘n mistieke vashou, apofaties, aan die Oneindige wat troosryk by mense bly, ten spyte van hul (miskien goedbedoelde) pogings om die Verborgene die gevangene te maak van hul konstruksies en hul woorde.

Oor baie dinge, oor die skerp formuleringe, sou 'n mens kon aanhou praat, maar mooier as die volgende opmerking kan dit nie: “Ek is onherroeplik in my hele menswees aan Hom verbind. Hy is in elke versugting van blydskap of leed, die krag van my rus en my opstand.”


Die regverdiging van geloof
Johan Steyn

In 'n onlangse praatjie voor die Filosofiekafee het ek die argument gevoer dat die lewensskip ligter is sonder geloof. 'n Vriend het my herinner aan 'n boek van Kuitert jare gelede met die titel Zonder geloof vaart niemand wel. Bewustelik het die titel egter aangesluit by 'n vertaling van Boeddhistiese gedigte deur JS Krüger: Skep die skip leeg. Vanuit daardie impuls het ek vertel hoe daar ligtheid kom met elke stuk dogma wat oorboord gegooi word. Uiteindelik het ek gesê dat ek gemeet aan die Twaalf Artikels nie meer as 'n Christen kwalifiseer nie.

Hierdie punt wil ek graag beklemtoon. Ek doen dit met Feuerbach in gedagte. Hy kon nooit genoeg daarvan kry om die liberale Christendom van sy tyd te kasty nie. Die liberale Christendom het hy teenoor die klassieke Christendom gestel wat hy as Bybels-Reformatories gedefinieer het. Met 'n wye en diep kennis van die tradisie wat vanaf die kerkvaders strek het hy geredeneer dat die Christendom van sy tyd alleen maar die objek van spot en satire kan wees. Hierin is ek dit met hom roerend eens.

Kyk ek nou direk na vandag dan kan ek my veragting nie verberg vir Christene wat een na die ander van die Twaalf Artikels weggooi, maar as dit puntjie by paaltjie kom nog die troos van geloof wil behou nie. Hierdie verskynsel het veral by die Nuwe Hervormers na vore gekom. Ek wil my hier direk daarteenoor stel. 'n Mens sonder 'n tradisie, het Van Ruler gesê, is 'n barbaar. Ek staan die tradisie en daarmee saam die troos wat dit bied af. Daarom noem ek myself ook nie meer 'n Christen in die klassieke sin van die woord nie. Ek het die aartsbuitestaander geword. Ek bevind my in die geselskap van Franz Overbeck, vriend van Nietzsche, met 'n slegte gewete agter die kerklike kateder.

Die afskaffing van die Twaalf Artikels onder moderne Christene het nie met luide geskal plaasgevind nie, maar as 'n gefluister in die skemer. Ek kan die presiese volgorde van afskaffing nie onthou nie, maar ek dink die eerste artikel wat geval het was die hemelvaart van Christus. Die afskaffing van Hemelvaart as vakansiedag het sonder enige protes plaasgevind. Daarop het die wederopstanding van die vlees gevolg. Ek het onlangs met 'n gelowige wetenskaplike gesels wat vir my verduidelik het waarom hierdie artikel sinloos is. Daarmee saam verval natuurlik ook die artikel van die ewig lewe. Ek sou bladsye kon skryf oor die konsekwensies van die afskaffing van die Geloofsbelydenis.

Maar daar is 'n ander kant en 'n baie belangrike kant van die saak. In sy boek The God Delusion betoog Richard Dawkins dat die Christendom in 1800 jaar nie vorentoe beweeg het nie, maar gestagneer het. Hoe bring 'n mens nou die kloutjie by die oortjie? Dit was my probleem vir veertig jaar. Omdat ek nie hou van herhaling nie, gaan ek die storie nie weer vertel nie. Genoeg om te bevestig dat in my skip nie meer Die Heidelbergse Kategismus, Die Nederlandse Geloofsbelydenis, Die Leerreëls van Dordt, die drie geloofsbelydenisse en die formuliere van die kerk gevind word nie. 

Maar beteken dit nou dat ek nie meer in God glo nie? Nee, want ek glo nie; soos Jung gesê het, ek weet. Daar is vir my niks sekerder nie as dat daar hoër en dieper as enige formule 'n draende en verheffende Grond van die bestaan is. Hy is Meister Eckhart en Paul Tillich se GOD above God, bo die geformuleerde, gedefinieerde God. Ek is onherroeplik in my hele menswees aan Hom verbind. Hy is in elke versugting van blydskap of leed, die krag van my rus en my opstand.

Maar: ek verwag nie om met hierdie geloof erkenning in die kerk te kry nie. My gemeenskap van gelowiges is die mistici van alle eeue en tradisies. Dit is 'n interessante verskynsel: hoe hoër of dieper gevors word, hoe meer vind die verskillende tradisies van die verskillende religieë vrede met mekaar. En waaraan het ons vandag meer behoefte as aan vrede, veral die vrede wat alle verstand te bowe gaan? Dit is waarom ek so 'n geswore vyand van alle fundamentalismes is, van watter vertakking van godsdiens ookal. Mense skort hulle denke op in die hoop om daardeur gered te word, maar is dan kwaad vir almal wat hierdie weg nie wil bewandel nie. Fanatisme is geweld en aan niks het ons minder behoefte as nog geweld nie. Ek droom van 'n wêreld waarin verkeerde opskorting 'n einde kry, waarin denke as die juweel van die diepste vertroue verwelkom sal word.

Maar dobber 'n skip sonder vrag nie rond in elke bries wat daarteen aanstoot nie? Die lading van my skip is die gewiglose lading van deernis. En vreemd genoeg, hier sluit ek weer aan by 'n tema in die klassieke Christelike geloof. Die teks vir my proefpreek was: Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. Die ongedogmatiseerde Christus. Maar ek sluit terselfdertyd aan by die universele denker Schopenhauer. In 'n essay oor die grondslag van die etiek oorweeg hy verskillende opsies en kom dan tot die gevolgtrekking dat deernis of medelye die egte sin van die Bybelse begrip van agape is. Want die diepste van die lewe is lyding. Die hele skepping sug en is in barensnood tot nou toe. Die diepste en spontaanste van die siel is inderdaad verdriet. Geen ander emosie word so spontaan opgeroep nie. Laat ons dan in Godsnaam goed wees vir mekaar. Met die ontwaking van deernis verdwyn die afguns wat so maklik kop uitsteek. Met deernis word die ander in sy ondeurgrondelik eie leed as mede-mens omhels.

Nou sal daar mense wees wat sê dit is 'n gebrek aan takt dat ek hierdie dinge so opsigtelik en so hard op die tafel neersit. Moet 'n mens nie liewer jou mond hou en formuliere toelaat om 'n stil dood te sterf nie? Ek verset my daarteen in die naam van integriteit. Ek hou nie van 'n stilte wat die stilte van die dood is nie. Ek wil hê dat niks aan die debat onttrek word nie. Daar is juis al te veel double speak in die politiek van die dag. Ek hou daarvan dat die son die oes toets, of dit 'n goeie of 'n misoes is. Ek dink dat die publieke oorweging van dade en gedagtes die enigste voordeel van demokrasie is.

Die voorhangsel het geskeur. Dit kan nie weer toegewerk word nie. Daar is niks meer heiliger as iets anders nie en daar is niks wat nie ook heilig is nie. Ek dank hierdie gedagte aan my vriend, Erasmus van Niekerk. Wat ek graag wil sien is die heilige deug van waaragtigheid in die alledaagse oop gesprek. Waarna ek verlang is dat anatema deur sjaloom vervang word. Dit is die eerste en laaste regverdiging van geloof in ons tyd. Mag die Onsienlike ons daartoe sterk en steun!

Monday, September 19, 2011

Dit is soms goed om swaar te kry. Om kinders verstandig groot te maak.


Hierdie is ‘n merkwaardige artikel wat elke opvoeder moet lees. Dit gaan om karakterbou as ‘n wesenlike deel van ‘n kind se opvoeding. Ek kan my indink dat iemand wat met jongmense werk, hierdie artikel sal indrink. Dit moet ‘n uitdaging wees om hierdie waardes in gesprekke met jongmense te ontwikkel. ‘n Mens sou ‘n hele jaar se program vir jongmense en kinders (en sommer ook volwassenes) rondom sulke waardes kon inruim.

Ek haal net enkele paragrawe daaruit aan – die artikels self is ‘n goeie aand se studie werd.


Die artikel begin waarin die betrokke skoolhoof beskryf hoedat hy agtergekom het dat dit nie noodwendig slim, hoë I.K. kinders is wat ‘n sukses van hul lewens maak nie. Dit is eerder kinders met ‘n goeie karakter wat in staat is om bo uit te kom en nie te vou nie. Hy het begin nalees oor wat ‘n goeie karakter uitmaak en van die navorsing van opvoedkundiges gebruik gemaak:

Seligman and Peterson consulted works from Aristotle to Confucius, from the Upanishads to the Torah, from the Boy Scout Handbook to profiles of Pokémon characters, and they settled on 24 character strengths common to all cultures and eras. The list included some we think of as traditional noble traits, like bravery, citizenship, fairness, wisdom and integrity; others that veer into the emotional realm, like love, humor, zest and appreciation of beauty; and still others that are more concerned with day-to-day human interactions: social intelligence (the ability to recognize interpersonal dynamics and adapt quickly to different social situations), kindness, self-regulation, gratitude.

In most societies, Seligman and Peterson wrote, these strengths were considered to have a moral valence, and in many cases they overlapped with religious laws and strictures. But their true importance did not come from their relationship to any system of ethics or moral laws but from their practical benefit: cultivating these strengths represented a reliable path to “the good life,” a life that was not just happy but also meaningful and fulfilling.

As Levin watched the progress of those KIPP alumni, he noticed something curious: the students who persisted in college were not necessarily the ones who had excelled academically at KIPP; they were the ones with exceptional character strengths, like optimism and persistence and social intelligence. They were the ones who were able to recover from a bad grade and resolve to do better next time; to bounce back from a fight with their parents; to resist the urge to go out to the movies and stay home and study instead; to persuade professors to give them extra help after class. Those skills weren’t enough on their own to earn students a B.A., Levin knew. But for young people without the benefit of a lot of family resources, without the kind of safety net that their wealthier peers enjoyed, they seemed an indispensable part of making it to graduation day.

As I spent time at Riverdale last year, it became apparent to me that the debate over character at the school wasn’t just about how best to evaluate and improve students’ character. It went deeper, to the question of what “character” really meant. When Randolph arrived at Riverdale, the school already had in place a character-education program, of a sort. Called CARE, for Children Aware of Riverdale Ethics, the program was adopted in 1989 in the lower school, which at Riverdale means prekindergarten through fifth grade. It is a blueprint for niceness, mandating that students “Treat everyone with respect” and “Be aware of other people’s feelings and find ways to help those whose feelings have been hurt.” Posters in the hallway remind students of the virtues related to CARE (“Practice Good Manners . . . Avoid Gossiping . . . Help Others”). In the lower school, many teachers describe it as a proud and essential part of what makes Riverdale the school that it is.

Maar alles is nie so eenvoudig nie:

“Can’t a trait backfire at you?” he asked. “Sure, a trait can backfire,” Witter said. “Too much grit, like Okonkwo, you start to lose your ability to have empathy for other people. If you’re so gritty that you don’t understand why everyone’s complaining about how hard things are, because nothing’s hard for you, because you’re Mr. Grit, then you’re going to have a hard time being kind. Even love — being too loving might make you the kind of person who can get played.” There was a ripple of knowing laughter from the students. “So, yes, character is something you have to be careful about. Character strengths can become character weaknesses.”

Ek is eintlik nie verbaas om dan te sien dat in die benadering kognitiewe terapie eintlik toegepas word: kinders word gehelp om te verstaan waar hulle tekort skiet of foute maak – dan is genesing makliker.

To Tom Brunzell, who as the dean of students at KIPP Infinity oversaw the implementation of the character report card, what is going on in character conversations like that one isn’t academic instruction at all, or even discipline; it’s therapy. Specifically, it’s a kind of cognitive behavioral therapy, the very practical, nuts-and-bolts psychological technique that provides the theoretical underpinning for the whole positive psychology field. Cognitive behavioral therapy, or C.B.T., involves using the conscious mind to understand and overcome unconscious fears and self-destructive habits, using techniques like “self-talk” — putting an immediate crisis in perspective by reminding yourself of the larger context. “The kids who succeed at KIPP are the ones who can C.B.T. themselves in the moment,” Brunzell told me. Part of the point of the character initiative, as he saw it, was to give their students the tools to do that. “All kids this age are having mini-implosions every day,” he said. “I mean, it’s middle school, the worst years of their lives. But the kids who make it are the ones who can tell themselves: ‘I can rise above this little situation. I’m O.K. Tomorrow is a new day.’ ”

Dit alles wys daarop dat dit goed is wanneer kinders soms swaar kry.

It is a central paradox of contemporary parenting, in fact: we have an acute, almost biological impulse to provide for our children, to give them everything they want and need, to protect them from dangers and discomforts both large and small. And yet we all know — on some level, at least — that what kids need more than anything is a little hardship: some challenge, some deprivation that they can overcome, even if just to prove to themselves that they can. As a parent, you struggle with these thorny questions every day, and if you make the right call even half the time, you’re lucky. But it’s one thing to acknowledge this dilemma in the privacy of your own home; it’s quite another to have it addressed in public, at a school where you send your kids at great expense.

'n Merkwaardige artikel - wat vir jeugwerkers, predikante en ouers veel leer.

Sunday, September 18, 2011

Wanneer ontferming gevaarlik is....

By ons kontak-sessie van ons Meestergraad-studente, het ons 'n kansie gekry om te praat oor die inhoud van Spiritualiteit en mistiek. Ons het so bietjie nagedink oor ontsag, heiligheid, volmaaktheid en ontferming as vier woorde wat vir 'n mens meer vertel oor die kern van die spirituele lewe. 

Dit is, trouens,  iets wat alle spiritualiteite kenmerk. 

Ontferming is 'n mooi woord. Dit kan wys op jammerte, liefdadigheid, uitdeel, versorging en vele ander opheffende dade.


Maar mens moet nou nie dink dat dit 'n "sagte", "vroulike" tema is nie. 


Dit is 'n fundamentele fout om die bekende formule wat baie mense gebruik om ontferming verdag te maak hier te gebruik: ontferming het niks met 'n "bleeding heart" kompleks te doen nie.


Ontferming kan trouens juis  'n skerp kant hê. Dit kan besondere konsekwensies inhou. Iemand wat weet wat ontferming is en dit uitleef, kan selfs sy eie lewe in gevaar stel. 

Hier is 'n berig wat gister in die New York Times verskyn het oor die gevaarlike implikasies van ontferming. Die toegewyde Moslem-teoloog en nou politikus van Libië wat daarin ter sprake is, bekend vir sy dialoog met die Christendom en vir sy veroordeling van geweld, stel eintlik sy eie reputasie en selfs sy lewe bloot deur aan te dring daarop dat daar nie meer bloedvergieting in Libië sal wees nie. Dit is 'n risiko wat hy neem om daarop aan te dring dat dit nou, na die bevryding van die land, die tyd vir ontferming is. (Interessant is dit om in die berig te sien hoe die huidige, baie konserwatiewe pous, die een wat so omstrede was oor sy toespraak oor Islam in Regensburg, oor hierdie Moslem teoloog voel).

Wat 'n mens glo, kan 'n mens nie netjies van jou politiek en sosiale lewe weghou nie - dit is duidelik uit hierdie berig. Dit sien 'n mens in die lewe van hierdie man wat 'n kernbegrip van Islam, naamlik die ontferming, verinnerlik het en dit in sy lewe konsekwent integreer.


Voorts wys sy ontfermende instelling 'n gesig van Islam wat nie altyd so bekend is nie. Trouens, dit verwonder my hoedat hy daarop aandring dat ontferming die belangrikste kenmerk van Islam is. 


Ek lees dus die berig met groot aandag. Nie net omdat dit persoonlike geloof en dapperheid uitlig nie. Maar ook omdat dit wys hoe 'n kernwoord ontferming is - in alle spiritualiteite. En hoe dit bevestig wat Waaijman in sy groot boek oor Spiritualiteit daaroor skryf.

Hier is die berig uit gister se New York Times:

AREF NAYED was sipping cappuccino in the soaring marble lobby of the Corinthia Hotel near Tripoli’s seafront, quoting Montesquieu on law and Augustine on forgiveness in a conversation that had begun with earthier subjects, like the challenges of restoring Libya’s water supply and counting its dead.

He held forth on how Bedouin poetry shaped a moderate Islam in Libya, and he was just starting to explain the relevance to Libyan politics of the mathematical theory of complexity when his cellphone rang.

“I have to take this,” he said, glancing at the number. “Somebody wants to surrender.”

An associate of Col. Muammar el-Qaddafi, the deposed Libyan leader, wanted safety guarantees before turning himself in. Mr. Nayed wanted to make it happen, and not just because fostering reconciliation is one of his many jobs for Libya’s de facto government.

He is also a Muslim theologian who, in addition to running a technology business, spent his time before the Libyan rebellion writing erudite papers arguing that compassion is the paramount value in Islam, that pious Muslims can thrive within a liberal secular state and that even the most righteous ones should adopt a “humble recognition” of their own fallibility.

Now, as the Transitional National Council’s coordinator of a Libyan stabilization team being asked to solve problems like fuel shortages and human rights abuses, he suddenly finds himself in an ideal laboratory to test his signature theological propositions — and to try to make them government policy.

“I don’t think there should be a witch hunt, purges or cleansings,” he said Monday at the hotel cafe, adding that those who committed crimes under Colonel Qaddafi should be tried. “Any time you deal with human beings with that kind of terminology, you end up with unfairness and persecution.”

But Mr. Nayed must himself navigate the shoals of a society that still lacks consensus on what kinds of dealings with the old government are forgivable.

Critics grumble about his family’s contacts with the old government. His father, Ali Nayed, owned a large construction business that worked on military installations, schools and other projects for the government before Colonel Qaddafi confiscated his property in 1978. More recently, Aref Nayed had contracts with Libya’s central bank, though he said they ended in acrimony. 

For Mr. Nayed, that simply proves the point that after 42 years in which Colonel Qaddafi dominated Libya’s entire economy, few can claim to be entirely pure.

“There was another choice — to leave the country forever — and I have a lot of respect for those who made that choice,” he said. But he cautions against writing off those who continue to work in Libya; exiles, too, face criticisms, from Libyans who say they are opportunists who do not understand the country’s recent sufferings.

Mr. Nayed, 49, stands out, even among the colorful characters in the Corinthia’s lobby, which has become common ground for fighters in camouflage, leftists and Islamists in identical gray business suits, rumpled aid workers, journalists and idealistic young students, all bustling about doing the business of the new Libya.

A tall, bulky man with a close-clipped beard and well-tailored suits, Mr. Nayed claims both Muslim Brotherhood members and Marxist feminists among his friends. He speaks with the nuance of a scholar and the polish of a politician — though he insists that he wants to return to preaching and teaching, not serve in office.

As Islamists and liberals vie for jobs and political influence, he tells his life story in a way that positions him as a bridge between them — as well as between loyalists and oppositionists, and between Islamists and Western states that are waiting warily to see what kind of leaders the NATO intervention has helped bring to power.

Mr. Nayed grew up in Tripoli, studied in the United States and Canada, and did business in Italy. He returned to Libya in the 1990s, pursuing business interests here and abroad. But even as he pursued engineering at his father’s insistence, he said, his heart was always in the study of philosophy, Sufi Islam and comparative religion.

IN recent years, as Colonel Qaddafi began lifting restrictions on religious teaching, Mr. Nayed helped restore and reopen a picturesque Islamic school in Tripoli’s old city and became involved in outreach to Christians and Jews.

After Pope Benedict XVI made controversial comment on Islam in Regensburg, Germany, in 2006, Mr. Nayed was one of 138 Muslim scholars who drafted a letter inviting Catholic-Muslim dialogue. He took part in a conference of clerics who recently reinterpreted the 14th-century scholar Ibn Taymiyya’s celebrated fatwa, or religious edict, on jihad, arguing that radical Islamists who use it to justify killing are misguided.

Seven months of images from the fighting between rebels and forces loyal to Col. Muammar el-Qaddafi.

When the rebellion started in February, he and other clerics issued a fatwa calling on Libyans to resist Colonel Qaddafi. Two days later, he fled to Dubai, United Arab Emirates, where he runs Kalam Reseach & Media, perhaps best described as an Islamic theological research and policy organization.

It was the women in his life — his wife, sister and daughter — who pushed him to take the risk of joining the opposition, he said. When loyalists threatened his sister’s sons, he said, she told him, “If they kill them one by one, do not back off.”

Anti-Qaddafi leaders made him ambassador to the United Arab Emirates, and he became a public face of the revolution — a reassuring one for many in the West. When he was named to the stabilization team, a Vatican newsletter rejoiced that “an old friend of the Vatican” was an important figure in Libya, saying his appointment might help allay the church’s fears of a radical Islamist takeover.

YET some Libyans are wary of anyone who is a darling of the West. In Tripoli’s mosques and cafes, people are on the lookout for Libyan versions of Iraq’s Ahmad Chalabi — those vaulted to power more by ties to the West than by legitimacy among Libyans. One target of such criticism is the interim government’s prime minister, Mahmoud Jibril, who has appointed close associates and fellow members of the Warfalla tribe, among them Mr. Nayed.

Still, Mr. Nayed’s ideas appear to resonate with some Libyan leaders and citizens.

In his first address in Tripoli’s central Martyrs’ Square on Monday, Mustafa Abdel-Jalil, the Transitional National Council’s leader, called on crowds to be forgiving toward the rank-and-file soldiers who fought against the rebellion, saying they, too, were victims of the government.

Mr. Nayed argues in official meetings that anyone who committed crimes under Colonel Qaddafi should be tried but that calling all Qaddafi supporters a “fifth column” veers close to the language Colonel Qaddafi used to demonize opponents.

Mr. Nayed has grand hopes for Libya. He imagines it becoming a homegrown model for the Arab world. He sees Libyans, in their support for the NATO military intervention that aided a Libyan-led revolution, embracing the West without losing their dignity.

He says that Islamist groups like the Muslim Brotherhood are integral to Libyan society, and that so far they are competing for political influence without using tactics of intimidation.

And he says that Libyan women, whom he calls “quite pious, quite free and quite capable at the same time,” will hold high positions in the government, showing the region that such freedoms do not equate to “anti-religious secularism.”

“If we do a good job here,” Mr. Nayed said, “this could become an example for mutual respect, mutual compassion, mutual love amongst humanity.”





Blog Archive