Monday, September 12, 2011

U het my omring - oor God en mense

By die kontak-sessie kyk ons vanaand "Of Gods and Men".

Die is voorwaar 'n deurleefde, wyse film waarin die aard van martelaarskap helder uitgespel word (egte martelare vrees die dood en soek dit nie). Dit is 'n film wat wys hoe 'n gemeenskap van gelowiges goed kan doen. En dit is 'n film wat die sinloosheid van geweld helder uitbeeld.

In een van die laaste tonele in die film word die laaste aand van die priesters uitgebeeld. Dieselfde nag sou hulle weggevoer word en deur fundamentaliste vermoor word.

In 'n pragtig verfilmde toneel waarin die priester langs 'n kers in die donker sit, bid hy 'n Psalm-gebed van 4 reels:

Here U oorweldig my

U omring my

U is oral om my.

En ek het U lief.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive