Monday, February 28, 2011

Lewe en dood word deur verwondbaarheid verbind.


Henri Nouwen, wat op ‘n stadium professor by Yale en Harvard was, en dus ‘n man wat geweet het van die wetenskap, skryf die volgende gedeelte in sy Dagboek onder die datum van 3 Januarie:

Kwesbaar soos ’n kuikentjie

Die lewe is kosbaar. Nie omdat dit so sterk en ewig soos 'n diamant is nie, maar omdat dit so verwondbaar is, so kwesbaar en weerloos soos 'n kuikentjie.

Om die lewe lief te hê, beteken om te aanvaar dat dit verganklik is en verwondbaar; dat dit versorg en beskerm en gekoester moet word; dat dit vra om aandag, en leiding, en ondersteuning.

Lewe en dood word deur verwondbaarheid verbind.

Sowel die pasgebore baba en die sterwende ouer mens herinner ons aan die kosbaarheid van die lewe.

Laat ons die kosbaarheid en die kwesbaarheid van die lewe nie vergeet in die tye wanneer ons sterk, suksesvol en gewild is nie.

Met hierdie bydrae kyk Nouwen dieper as die oppervlakte van die alledaagse bestaan. Op die oog af beïndruk krag en mag mense. En ons het die lewe lief omdat daar soveel energie in is. Mense wat bruisend lewe, wat dinge doen, wat presteer, wat uitstyg – hulle versinnebeeld vir ons die lewe. En ons word vermaak deur mense wat die lewe uitdaag, kanse vat, die survivors en Houdini’s van ons tyd. Gewildheid, glo ons, maak die lewe die moeite werd. Die lewe is ryk en vol as ‘n mens roem geniet.

En tog – elke ouer sal vir jou vertel watter diepe gevoelens in hulle loskom as hulle vir die eerste keer hul pap babatjie in hul hande hou. Soos ‘n kwesbare kuikentjie. Kosbaarder, weet hulle instinktief, kan dit nie. En eindeloos, groot is die liefde wat in hul binneste wakker word voor die wonder van die lewe wat aan hulle geskenk word. Daarom kan hulle die geskree, die opstaan in die middel van die nag, die vuil doeke, die aanmaak van die bottel en die soek na die hoeveelste fopspeen wat weggeraak het, met geduld aanvaar, selfs al is die kragte uitgeput. Aandag, leiding en ondersteuning vloei vanself uit die besef van hoe kwesbaar die Gawe aan jou is.

Roemloos, swak, kwesbaar, irriterend, gillend lê hierdie Liefde in jou huis. En vir niks ruil jy dit in nie. Dit is mooier as die korale, as suiwer goud, as skitterende diamante.

Soms, as ‘n mens naby iemand is wat jy besig is om te verloor, as jy treurig is omdat dinge begin om so verganklik te lyk, as jy begin afskeid neem, ontdek jy hoe kosbaar hierdie dieper dinge is.

Die roem kan maar verbygaan. Die hare kan maar grys word. Die plooie kan maar kom sit.

As die lewe maar net daar is.

En as dit oor jou pad kom – hierdie diepere bewussyn van hoe kosbaar die lewe is, kom die eintlike energie los. Dan ontbrand die drif diep in ‘n mens. Want dan gee jy om, Dan versorg jy terwyl jy nog kan – gee jy sonder perke, met die wete jy kan nie genoeg vir hierdie kosbare lewe doen nie. Dan beskerm jy – asof jy jou liggaam oor ‘n geliefde se liggaam gooi om koeëls af te weer. Dan koester jy – die oomblikke van saamwees, die stil tye van gemeenskaplikheid, die goue woorde van liefde, die stem van goedheid, die herinneringe wat immer by jou sal woon.

En altyd weer, steeds weer, weet jy, daar is ‘n groter Verborgenheid. En dit is dat die lewe so kosbaar is dat dit die tyd sal oorleef. Want die lewe is ‘n gawe van die Liefde. En die liefde vergaan nimmer nie. Wie in die Liefde woon, woon in die ewigheid.

Dit is die mistieke antifrase: juis in die verganklikheid ontdek ‘n mens die Oneindige. Agter die raaisel skuil die helder Lig. Juis daarom het ‘n mens die lewe lief – om sy kwesbaarheid, sy verganklikheid. Want in die verganklikheid lê sy Oneindigheid.

Sunday, February 27, 2011

Ook die kerk het sy donker nag.... Oor die verhouding tussen godsdiens en spiriutaliteit

Wanneer mense van ons tyd na die kerk kyk, is hulle toenemend afgesit deur die volgende aspekte, skryf Schneiders in haar artikel oor godsdiens en spiritualiteit.


1. Godsdiens sluit ander en mekaar uit. Godsdienste en kerke is ingestel om ander te wil bekeer om soos hulle te word. ‘n Bepaalde godsdiens nie, maar ook spesifieke kerke beskou hulleself as die ware kerk en maak ander kerke verdag maak of wil hulle uitskakel. Dikwels gaan dit gepaard met groot vyandigheid. In die geskiedenis kan ‘n mens belangrike voorbeelde opnoem – soos die kruistogte, die verbranding van ketters en hekse, die Inkwisisie, die Jode-slagting en heilige oorloë. Eksklusiwiteit word ‘n oorsaak van haat en van geweld. Maar dit hoef nie altyd so ekstreem te wees nie. Daar is in baie “normale” kerke afgunstigheid en negatiwiteit teenoor ander vorme van godsdiens of kerk-wees. Die manier waarop godsdienste en kerke met mekaar omgaan, is vir baie vandag ‘n teken van gebrekkige of ontbrekende spiritualiteit.

2. Godsdienste is tradisioneel ingestel op geloofsinhoude. Dus neig hulle om ideologies te wees. Lidmate moet sekere oortuigings onderskryf en sekere voorskrifte nakom. Baie mense vind egter uitsprake van die kerk of van kerkleiers onaanvaarbaar, omstrede en selfs belaglik. Daar is dus ‘n groeiende verset teen dogmatisme, teen pogings om skuldgevoelens wakker te maak, of teen ‘n moralisme. Mense wil nie meer ingeëng word in ‘n verstarde, benepe geestelike hokkie nie, hulle wys gewetensdwang af en hulle vra vir geestelike volwassenheid. Mense hou ook nie daarvan dat aan hulle voorgeskryf word waarvan hulle moet hou of nie hou nie of dat almal buite die eie kring as duiwels afgeskryf word nie. Die manier waarop godsdienste of kerke vir mense voorskryf wat hulle moet dink, sit mense af en laat hulle voel of dit spiritualiteit versmoor.

3. Daar is ook ‘n groeiende verset teen die manier waarop kerkleiers funksioneer. Mense het groot waardering vir leiers wat ingestel is op diens en omgee vir lidmate. Maar kerkleiers wat maak of hulle alles weet, wat lidmate soos kinders behandel, wat lui is, wat onvoorbereid op die preekstoel klim en oppervlakkighede kwytraak, wat die intelligensie van hul lidmate onderskat, wat nydig teenoor ander is, wat ‘n dubbele lewe lei en wat nie naby aan God leef nie, stel lidmate teleur en dryf hulle van die kerk weg. Hierdie lidmate redeneer dat hulle op hul eie persoonlik kan groei, eerder as om geestelike verlam te word in ‘n omgewing waarin hulle nie meer tuis is of in ‘n situasie wat hulle nie meer vertrou nie. Die gebrekkige geestelikheid in mense wat die kerk moet dien, vervreem ook baie mense van godsdiens of die kerk.

Terwyl ek hierdie opmerking van Schneiders lees, besef ek watter uitdagings godsdiens en die kerk in die gesig staar. Mense van ons tyd is hoogs ingelig. Hulle weet wat aangaan. Hulle kan ook sien wanneer ‘n godsdiens en ‘n kerk eg is, Tog vind ek ook dat mense bereid is om baie dinge te verdra en die kerk baie dinge kan vergewe. Hulle weet godsdiens en die kerk kan nie altyd volmaak wees en alles reg doen nie. Mense kan saamleef met ‘n hele klomp probleme, as hulle maar die gevoel kry dat hulle in die kerk tuis is, dat hulle meestal geestelik gevoed word, al is die dieet soms bietjie arm. Immers, nie net mense nie, maar ook die kerk het sy donker nag. Wat tel, is dat die kerk in sulke donker tye nog steeds herken word as ‘n kerk wat na God verlang.

Besluit 'n mens of word besluite vir jou geneem? Vrye wil of gedetermineerd?

'n Interessante artikel in vandag se Trouw:

Een mens is geen hersenplaatje

Wilfred van de Poll − 26/02/11, 01:50

De vrije wil bestaat niet, stellen hedendaagse neurologen. Wat betekent het voor hoe je je kinderen moet opvoeden? "Als de vrije wil niet bestaat, kun je als opvoeder je boeltje pakken."
 
'Jouw wil staat buiten de deur',  zei haar vader vroeger, als ze  weer eens tegenstribbelde.  Niet zeuren, bedoelde hij, pappa weet het beter. Pedagoge Roos van  Soomeren lacht. "Hij was in ieder geval duidelijk."

Ze zit aan haar bureau in de 'Opvoedpoli' aan het Surinameplein in  Amsterdam-West. De onderneming  begon drie jaar geleden en telt inmiddels vijf filialen in Amsterdam  en omgeving. Samen met zo'n tweehonderd andere 'gezinscoaches'  staat Van Soomeren ouders in het  stadsdeel  bij met opvoedkundig advies.

Of de opmerking van haar vader  pedagogisch wel verantwoord was?  "Ach. Je kunt ook te lief zijn. Je hebt  van die ouders die meteen in paniek  schieten: 'Help, het schreeuwt!'"

Achter de manier waarop je je kinderen opvoedt, schuilen aannames  van filosofische aard. Moet je ervan  uitgaan dat het kind een vrije wil  heeft, of juist niet? En zo ja, moet je  die wil dan prikkelen, of juist  'breken', zoals dat vroeger heette? En  stel dat hedendaagse neurowetenschappers gelijk hebben met hun  stelling dat de vrije wil niet bestaat,  wat betekent dat voor de manier  waarop  je je kinderen moet opvoeden?

"Als de vrije wil niet bestaat, dan  kun je als opvoeder je boeltje wel  pakken", zegt Paul van Geert, hoogleraar ontwikkelingspsychologie  aan de Rijksuniversiteit Groningen.  Met een kreet als 'de dood van de  vrije wil' is hij niet gelukkig. "Wetenschappers die dat roepen gaan uit  van de mens als gesloten deterministisch systeem."

Maar het brein, zegt Van Geert, is  'oneindig complex'. "En complexe  systemen, zo weten we uit natuur- en  wiskunde, zijn principieel onvoorspelbaar, niet-deterministisch. Dat  geldt dus ook voor het brein. Het bewustzijn, en daarmee de vrije wil, is  een product van het brein, maar  onttrekt zich tegelijkertijd aan de interne causaliteit ervan. Brein en bewustzijn beïnvloeden elkaar wederzijds.

Neurologische processen sluiten vrije keuzes niet uit."
Daar is Rien van IJzendoorn, hoogleraar gezinspedagogiek in Leiden,  het mee eens.  Hedendaagse vrije-wil- ontkenners gaan volgens hem uit  van een dualisme dat schatplichtig is  aan de filosoof René Descartes (1596- 1650). "In diens voetspoor zien ze  een waterscheiding tussen lichaam  en geest. En de geest, die komen ze  onder de MRI-scan niet tegen. Dus  schuiven ze die van tafel. Wat ze  overhouden is een plat materialisme." En aangezien ze de vrije wil opvatten als een 'ijle geestelijke abstractie' kan die in hun ogen ook niet  bestaan, zegt de Leidse pedagoog.  "Ze hebben de vrije wil weggedefinieerd."

Zelf denkt Van IJzendoorn meer  vanuit 'Spinozistisch' perspectief.  "Anders dan zijn tijdgenoot Descartes ging Baruch de Spinoza  uit van  een graduele overgang tussen lichaam en geest. Ze lopen in elkaar  over. Ze zijn te onderscheiden, maar  niet van elkaar te scheiden. Descartes duwt ons in een dilemma waar  we nooit uit zullen komen, maar  vanuit Spinoza's perspectief is het  geen probleem als de vrije wil zowel  een psychische als een fysische component heeft, tegelijkertijd."

Jelle Jolles, neuropsycholoog aan  de Vrije Universiteit in Amsterdam,  knikt. Hij ziet in het huidige debat  rond vrije wil vooral een 'loopgravenoorlog' tussen kampen die zich  hebben ingegraven in hun eigen paradigma, waarbij filosofische uitgangspunten als wetenschappelijke  conclusies worden gepresenteerd.

"Voor- en tegenstanders van de  vrije wil spreken verschillende talen  en kijken naar andere dingen. De  één kijkt bijvoorbeeld naar hersenstructuur, de ander naar gedrag. Die  kun je niet tot elkaar herleiden. Gedrag speelt zich af in ruimte en tijd,  terwijl hersenonderzoekers kijken  naar een momentopname onder een  MRI-scan, in een sterk vereenvoudigde omgeving. Interessant, maar je  kunt een mens van vlees en bloed  niet gelijkschakelen met een hersenplaatje. Dat is een reductie van de  werkelijkheid, die je niet moet verwarren met de werkelijkheid zelf."

Die reductie leidt tot een 'nieuwe  predestinatieleer', vindt Rien van IJzendoorn. En dat heeft grote gevolgen voor de opvoedpraktijk. "Als het  karakter al helemaal vastligt bij de  geboorte, dan is de invloed van de ouder zeer beperkt. Hooguit kun je de  negatieve kanten van het karakter  intomen, met behulp van conditionering. Wat je niet meer kunt doen,  is het kind aansprakelijk stellen voor  zijn gedrag."

Dat druist niet alleen in tegen de  intuïtie, maar ook tegen de praktijk,  betoogt Van IJzendoorn. "Onderzoek  toont aan dat kinderen al heel vroeg  verantwoordelijkheidsbesef hebben. En beïnvloeding vanuit de omgeving blijkt kinderen  diepgaand te  kunnen veranderen. Een kind doet  ervaringen op, die zijn persoonlijkheid en karakter kneden."

Is een kind dan een product van  zijn omgeving? Nee, zegt Paul van  Geert. "Zoals er tussen lichaam en  geest voortdurend interactie is, zo  beïnvloeden individu en omgeving  elkaar ook voortdurend. We worden  door de omgeving gemaakt, maar we  maken de omgeving ook op onze  beurt. Ook hier moeten we waken  voor een waterscheiding."

Van IJzendoorn: "En het kind is  daarin dus niet alleen een passieve  ontvanger, maar ook actief, handelend. Het zet de eerste voorzichtige  stappen naar een besef geen willoos  slachtoffer te zijn maar zelf zijn omgeving te kunnen veranderen. Dat  kunnen ouders aanwakkeren of juist  tegenwerken."

Hij denkt na. "Eigenlijk is 'vrije  wil' een metafoor voor het gevoel  greep te hebben op de buitenwereld.  Het gevoel daaraan niet overgeleverd te zijn."

Dat gevoel bevorderen, daar draait  het in de opvoeding om, beaamt gezinscoach Roos van Soomeren. "Veel  ouders proberen hun kind dat te  doen door bijvoorbeeld een bevel als  vraag te brengen. 'Zullen we nu gaan  eten?' Terwijl de tafel al gedekt is en  ze het nooit zullen accepteren als het  kind 'nee' zegt. Onder het mom dat  ze kind  serieus  nemen, geven ze het  in werkelijkheid het gevoel dat zijn  wil er niet toe doet. Dat werkt passiviteit in de hand", legt ze uit.

Beter is het, aldus Van Soomeren,  om  een veilige omgeving te creëren  voor het kind. "Een kind heeft baat  bij voorspelbaarheid. Het kind gewoon maar vrij laten, zoals tegenwoordig vaak bepleit wordt, lijkt me  geen goed idee. Een kind heeft kaders nodig. Duidelijkheid."

Pedagogen als Van Geert en Van IJzendoorn benadrukken dat opvoeding een dynamisch proces is. Het  karakter van het kind rijpt, groeit en  verandert door nieuwe ervaringen  Van IJzerdoorn:. "Ik zie een kind als  een vat vol mogelijkheden. Keuzes  van zijn ouders en de wijdere sociale  omgeving perken die mogelijkheden in. Later doen ook de keuzes van  het kind dat."

Die keuzes leert een kind stap voor  stap te maken, naarmate zijn prefrontale cortex zich ontwikkelt, zegt  Jelle Jolles. "In dat gedeelte van het  brein zetelt het vermogen je impulsen te beheersen. Pas rond je twintigste is het volgroeid."

Van IJzerdoorn voegt daaraan toe  dat ook de omgeving een rol speelt.  "Het vermogen om alternatieven te  overwegen en toekomstige gevolgen  van gemaakte keuzes te overzien,  komt je niet tijdens de geboorte aangewaaid maar moet met veel vallen  en opstaan worden aangeleerd."

En sommige kinderen leren dat beter dan anderen, zegt hij. "Dat hangt  af van de manier waarop ouders het  opvoeden. Leren ze hun kinderen op  afstand naar hun daden te kijken, of  niet? Dat beïnvloedt hun zelfreflexief vermogen, en dus de uitoefening van hun vrije wil."

Leidt de ene opvoeding dan tot  meer vrije wil dan de andere? Voor  die conclusie deinst Van IJzendoorn  terug. "Veel mensen zien de vrije wil  als de essentie van de mens. Als je  dan zegt dat de een meer vrije wil  heeft dan de andere, leidt dat al snel  tot de gedachte dat  die ook 'meer  mens' is. Dat lijkt me onwenselijk."

Ouders, zegt Roos van Soomeren,  moeten kinderen niet alleen helpen  een vrije wil te ontwikkelen, maar ze  ook bijbrengen dat die wil in de 'grote wereld' tegen allerlei begrenzingen aanbotst. "Je kunt niet alles doen  wat je wilt."

In haar Amsterdamse kantoortje  schenkt ze nog maar wat koffie in.  "Moeilijk hoor, opvoeden", zegt ze.  Voor haar begint het allemaal nog  maar net: haar zoontje is anderhalf.  Met een glimlach wrijft ze over haar  buik. "En zijn zusje is op komst."
  • Omgeving verandert het kinderbrein
    „Een kind verhoudt zich tot een volwassene als een larve tot een vlinder”, schrijft Jelle Jolles, hoogleraar hersenen, gedrag & educatie aan de VU in Amsterdam, in zijn boek ’Ellis en het verbreinen’, waarvan volgende week de tweede druk verschijnt. Zijn stelling: het brein is niet statisch, maar ontwikkelt zich. En de omgeving verandert een kind – tot in het brein zelf. Een kind ’verbreint’. „Verbreinen is letterlijk het veranderen van het brein. Het brein rijpt, vormt onwaarschijnlijke hoeveelheden verbindingen die ten grondslag liggen aan ons functioneren, voelen en denken. Dat proces van verbreinen wordt mede gestuurd door door ouders, vriendjes en vriendinnetjes en de docent.” Daar moeten volwassenen rekening mee houden, stelt Jolles. Kinderen zijn niet in staat om complexe beslissingen te nemen. „Ze zijn slecht in het beoordelen van situaties en overzien niet de consequenties op langere termijn.”  

Saturday, February 26, 2011

Hoe lyk spiritualiteit sonder godsdiens? Oor die verhouding van godsdiens en spiritualiteit (3).

Die geestelike ervaring vorm die hart van godsdiens, het ons in gister se blog gesien. Die kerk as godsdienstige instelling in die Christendom leef uit die geestelike ervaring van Jesus en wil alles instel daarop om sy lidmate daarmee te verbind.

Maar vele mense het genoeg van die kerk gehad. Daarvoor is daar baie rede’s. Die kerk het hulle teleurgestel of seergemaak. Of die kerk het agtergeraak. Of die kerk is vir hulle oppervlakkig, moralisties, vervelig, geestelik dood of dalk net sommer nutteloos.

Daarom is in ons tyd ‘n tendens dat mense sê hulle wil nie meer godsdiens hê nie. Hulle soek na spiritualiteit wat hulle nie in die kerk kry nie. Hulle neem dan afskeid van georganiseerde godsdiens, veral van die kerk. Dit is vir hulle maklik, skryf Schneiders, want in die Westerse wêreld weet mense van baie godsdienste. Hulle weet dat daar in ons Westerse kultuur baie kerke en godsdienstige instellings is en hulle kan al die godsdienstige instellings teen mekaar opweeg.  Hulle kan krities na die kerk kyk en dit opweeg teen ander opsies. Op die manier ontstaan daar al hoe meer ‘n skerper konflik tussen georganiseerde godsdiens en persoonlike spiritualiteit.

Schneiders analiseer hierdie groeiende konflik in terme van ons huidige samelewing. Want, sê sy, daar is in ons tyd sekere faktore teenwoordige wat die konlik tussen spiritualiteit en godsdiens aanmoedig en verskerp. Sy sonder veral twee uit, waarvan ek hier die eerste een gaan bespreek. Dit het te doen met spiritualiteit wat los van en buite godsdiens/die kerk voorkom.  Hierdie spiritualiteit het baie vorme en werk met baie tegnieke (bv. meditasie, psigo-sofie, selfs vorme van joga, reiki, aromaterapie, asemhalingsoefeninge, kristalle, mandalas of sirkels, spirituele danse, retreats, wierook, New Age – spesifiek soos dit in ‘n nie-kerklike konteks gebruik word en voorkom). Sommige dink dat een uit elke vyf Amerikaners hulle self op die manier beskou as spiritueel, maar nie godsdienstig nie.

‘n Mens moet hierdie soort van spiritualiteit wat al hoe meer aftrek kry, in die konteks van ons tyd verstaan:  Mense is deesdae in baie opsigte gespeen van sekere vaste vertrekpunte wat vroeër gegeld het. Hulle aanvaar nie meer dat ander mense verskillend is en nie deel van hulle wêreld kan wees nie. (Die Moslems/Die Roomse Gevaar/die Apostolies). As mense nie mekaar se oortuigings aanvaar nie, beteken dit vir hulle nie dat die een noodwendig reg en die ander een verkeerd moet wees nie. Hulle wil nie meer mense van ander groepe en oortuigings veroordeel, uitsluit en verwerp nie. Hulle wil eerder ander verstaan en selfs aan hulle in hul eie konteks reg laat geskied. As iemand anders as jy is, beteken dit nog nie dat ‘n mens nie met so ‘n persoon ‘n verhouding kan hê nie. Niemand nie, ook nie die kerk, kan, sê die mens van ons tyd, die waarheid ten volle in pag hê nie. Ons kan nie almal dwing om dieselfde te glo, te dink en te leef nie. Daar is nie een, groot waarheid wat alles netjie verklaar nie, sê hulle. Daar is baie moontlikhede om ‘n goeie en aanvaarbare lewe te lei. Die lewe is gefragmenteerd. Voor ons het ons nie ‘n duidelike prentjie nie. Ons het net stukkies fragmente wat ons maar moet rangskik om sin van dinge te maak of om sinvol te lewe.

Iewers het alles dus relatief geword. Wat tel is nie waar iemand vandaan kom nie of glo nie. Wat tel is wat nou vir mense werk. Hulle stel net belang in dinge wat iets vir hulle “doen”. Daarom is mense ingestel op die summiere bevrediging van hul behoeftes – hoe gouer hoe beter. Wat ander van hulle dink, is minder belangrik. En wat hul ouers of voorouers te sê gehad het, is onbelangrik. Daar is nie regtig sekere basiese dinge waaraan ‘n mens moet vashou nie. In die vreemdheid en alleenheid van die wêreld, moet ‘n mens neem wat jou gelukkig maak.

‘n Mens moet dit nie verstaan as onverskilligheid nie. Inteendeel. Hierdie mens van ons tyd is nie oppervlakkig nie. Hulle het ‘n diepe behoefte aan vervulling. Hulle verlang na iets wat sinvol is, wat tog nog betekenis het. Hulle wil rigting in hul lewe hê en wil voel dat hul bestaan waardevol is. Dit is waarom hulle by spiritualiteit betrokke is. Hulle is, soos mense van alle tye, soekers.

Godsdiens laat nie eintlik ruimte vir hierdie mens nie. Daarvoor het godsdiens te veel grense. Die Christendom het naamlik ‘n bepaalde wêreldbeskouing wat na vore kom in die groot verhaal (meester-narratief) wat begin by die skepping en eindig by die koms van die nuwe aarde en hemel. ‘n Christen is iemand wat inkoop op hierdie meester-verhaal wat alles in hul plek laat val en vir mens die groot prent teken. Hierdie verhaal bepaal ‘n mens se lewe. Dit vertel dat mense wat opoffer, wat nie ingestel is op die onmiddellike bevrediging van hul behoeftes nie, eendag beloon word.

As godsdiens vir baie mense vandag ‘n doodloop-straat is, is nie-godsdienstige, sekulêre spiritualiteit vir hulle ‘n duidelike alternatief. Hierdie nie-Christelike spiritualiteit lyk asof dit meer ruimte bied. Dit is ‘n spiritualiteit wat werk, veral as dit losgemaak is van godsdiens en die kerk. Dit is gewoonlik iets wat elke mens op sy of haar eie kan beleef. Elkeen kan dan op sy eie manier sy ervaring invul. Dit gee aan mense ‘n gevoel van tevredenheid en geluk. Dit vra nie van iemand om ‘n klomp dogma’s te aanvaar nie. Dit skryf nie aan mense voor wat hulle moet doen nie. Dit vra nie verantwoordelikheid teenoor ander nie. Die mens het ook nie verpligtinge teenoor die gemeenskap of samelewing nie. En as die spiritualiteit nie werk nie, los ‘n mens dit en kry ‘n ander een. Daardeur hoef ‘n mens ook nie jouself tot iets te verbind nie. Jy kan wees wie jy wil en jy is los van alles wat ander van jou mag vra.

Dit is duidelik dat met hierdie spiritualiteit godsdiens nie veel van ‘n kans het nie.

Bogenoemde prentjie wat Schneiders skets, is sekerlik eensydig en raak veral nie-godsdienstige spiritualiteit. Maar as ek so deur haar artikel werk, besef ek haar uitbeelding bied ‘n uitdaging. Baie van die eienskappe van hierdie Spiritualiteit is ook in Christelike Spiritualiteit al aan die werk. Die grens tussen godsdienstige Spiritualiteit en nie-godsdienstige Spiritualiteit is miskien nie so sterk soos mens altyd dink nie. Juis daarom moet ‘n mens sekerlik ook die vraag vra: wat is die verskil van Christelike Spiritualiteit met nie-godsdienstige spiritualiteit en hoe belangrik is dit? In die opsig vind ek haar artikel belangrik. Dit vra aan my om te kan uitspel hoe godsdienstige spiritualiteit en nie-godsdienstige spiritualiteit van mekaar verskil.

Hier is goeie antwoorde nodig. Deur hieroor na te dink, verstaan 'n mens, soos ons gesien het, beter wat spiritualiteit is.

Friday, February 25, 2011

Daar is godsdiens. En dan is daar spiritualiteit.

Alles wat sterk is aan die Christendom gaan terug op Jesus. Wat Hy oor God gedink het, het mense verbaas. Sy woorde oor God was nuut. Sy dade was boeiend.

Sy verhouding met God het mense geraak. 

Hy is op ‘n dag gedoop. By die profeet van God, Johannes, het Hy opgedaag. Toe al het Hy ‘n reputasie gehad, sodat Johannes geweier het om Hom te doop.

Hy het Johannes gedwing om dit te doen.

Dit was ‘n besondere oomblik. Jesus het dit beleef as ‘n transformerende oomblik. Dit was ‘n aanraking van God.  Dit was ‘n intieme oomblik. Soos tussen ‘n vader en ‘n seun. Twee wat deur spesiale bande gebind is. Dit was die begin van sy geestelike reis. Soos ‘n duif het die Gees in sy lewe geswiep.

Hierdie oomblikke was formerende oomblikke. Nooit sou hy en almal wat saam met Hom gereis het, die ervaring vergeet nie. Sy verhouding met God was so onmiskenbaar, mistiek en inspirerend, het hulle onthou. En dit het gemaak dat hulle alles gelos het om Hom te volg.

Van toe af het Hy God begin dien as sy lewenstaak. Godsdiens. En steeds weer kon Hy God by Hom ervaar, is Hy gedryf deur die oomblikke van liefde wat Hom telkens weer toegeval het.

Die Evangelies beskryf almal hierdie spesiale geestelike ervaring van Jesus. Dit was die begin van sy lewenstaak, die pad wat Hy vir en met God geloop het.

Daar was nog vele ander ervaringe. Daarvan vertel die Evangelies vir ons.

Daarvan vertel die Evangelies van ons. Die Evangelies as die boeke van die kerk.

Hulle, dit is, die kerk, moet op een of ander manier van Jesus “getuig.” Hulle het gedoen wat Jesus ook gedoen het. Om mense op te roep en nader te bring.

Niemand het direkte toegang tot die geestelike ervaring waaruit godsdiens ontstaan nie. Die Evangeliste, die kerkmense, moet dit oordra. Sonder hulle woorde deel mens nie in Jesus nie.

Dit is waaroor Schneiders skryf: daar is spiritualiteit. Die geestelike ervaring. En dan is daar godsdiens wat bou op hierdie geestelike ervaring. Hoe mense van latere tye deel kry aan die geestelike ervaring wat alles verander het.

Ek dink na oor die blog van gister waarin ek Schneiders saamgevat het. Dit is tog ‘n ding: sonder godsdiens kan ons nie. Die godsdienstige instelling, die kerk, wat so massief is, bied vir mense toegang tot die geestelike ervaring ten grondslag van godsdiens. Sonder die kerk gaan dit maar sukkel om by Jesus uit te kom.  

Soms skuif die kerk se aandag weg van die geestelike ervaring. Soms fokus die kerk meer op homself as die een wat die geestelike ervaring bemiddel. Soms dink die kerk dat hy die mag in homself het. En dan beheer hy toegang tot die geestelike ervaring. Hy regeer.

Of die kerk kan eerder weet dat hy bestaan ter wille van Jesus. Die kerk kan opnuut weer leer om te dien, om die voorskoot om te bind, om vuil voete te was. Die kerk kan bewus wees van hoe stamelend, hoe gebrekkig, hoe metafories, hoe sukkelend hy die geestelike ervaring van Jesus verwoord – en selfs nog erger sukkel om dit te beliggaam. Immers, hoe kan 'n mens in mensewoorde so 'n Verborgenheid vasvat? En wie durf dan om dit te waag?

Dan worstel die kerk om die geestelike ervaring van Jesus op ‘n geestelike manier en met afhanklikheid van die Gees oor te dra. 

So "dien" die kerk, in afhanklikheid, wagtend, verlangend.

Soms gebeur dan tog die Onpeilbare: die Gees self neem oor en spreek deur die kerk sodat mense deel kry aan Jesus se geestelike ervaring. Dit is die tye dat mense aangeraak voel. Dat kerklike spreke geheilig word, die stamelende woorde kragtig werk. 

Dan sien mense vir God deur die stamelende woorde raak. Hulle herken die Verborgene in die huisbesoek. Hulle sien die Vriendelike in die sagte spreke. Hulle aanvaar die strenge, die tugtende, die vermanende as stroping, as skikking na God se wil.

Maar steeds weer besef hulle: iets gebeur hier, in die kerk se spreke, wat my heel maak. Die Gees heilig. Godsdiens verkwik die gees. Dit laat ‘n mens een word en voel met God. 

Hulle ervaar wat Jesus ervaar het.

Dit is dan dat godsdiens eg is. Wanneer dit mense in die geestelike reis intrek.

Maar verskriklik is dit wanneer godsdiens mense van die geestelike reis weerhou of afskrik. Ons tye, ons armoedige tye, ons gewelddadige, korrupte tye, ons honger lidmate, die verwarde soekers vra van ons om na te dink oor ons godsdiens, oor die kerk: wat loop dan verkeerd? Waar is die Gees, die denke van Jesus?

Daar is godsdiens. Daar is spiritualiteit.  

En dan is daar godsdiens wat leef om spiritualiteit.

Thursday, February 24, 2011

Oor godsdiens en spiritualiteit. Verdere refleksie oor wat spiritualiteit is.

‘n Mens kry ‘n beter insig in wat spiritualiteit is wanneer jy dit kan vergelyk met en ook onderskei van “godsdiens.” Daarom is dit die moeite werd om so bietjie na te dink oor die verhouding tussen die twee.

Sandra Schneiders het vir my tydens haar besoek aan ons Universiteit en haar deelname aan ons nagraadse opleiding, ‘n kopie gegee van haar voordrag, “Religion and Spirituality: Strangers, Rivals and Partners.” Dit was haar helder bydrae tot die Santa Clara Lectures en is gepubliseer deur die Santa Clara Universiteit in 2000. Dit is hierdie bydrae wat my interesseer en waaroor ek meer wil nadink.

Godsdiens, skryf sy, kan meer as een betekenis hê. Net so kan iemand godsdiens op een vlak aanvaar en dit op ‘n volgende een verwerp. Tog wil Schneiders drie aspekte van godsdiens uitspel.

1.     ‘n Basiese lewenshouding

Ten spyte van die veelvlakkigheid van godsdiens, sou ‘n mens op ‘n heel basiese vlak godsdiens kon beskryf as die fundamentele lewenshouding van ‘n mens wat glo in ‘n werklikheid wat groter is as hy- of haarself. Hierdie “transendente” werklikheid kan baie name hê, maar godsdiens vra in die algemeen ‘n bepaalde instelling en houding tot daardie werklikheid. ‘n Godsdienstige mense is iemand wat weet dat hy of sy totaal afhanklik is van die skepper of die grond van alles wat bestaan en van lewe. Die afhanklikheid bring by die mens sekere houdings en handelinge te weeg: ‘n Mens vereer byvoorbeeld die een wat lewe gee, is dankbaar vir die lewe, voel berou wanneer ‘n mens oneg lewe, en vertrou op die transendente om hulp in lewe en dood.

Hierdie baie algemene siening van godsdiens sal ‘n mens ook in spiritualiteit aantref. In die sin is daar geen spanning of teenspraak tussen spiritualiteit en godsdiens nie. Die twee oorvleuel dus in hierdie opsig.

2.     ‘n Geestelike tradisie

In godsdiens kry ‘n mens verskillende geestelike tradisies, soos die Islam, die Christendom of Boeddhisme. Hierdie tradisies gaan almal terug op ‘n stigter wat ‘n bepaalde ervaring gehad het (Bv.: Christus as Seun van God; Boeddha se Verligting). Elkeen van hierdie tradisies dink en leef op ‘n kenmerkende manier in die teenwoordigheid van die Transendente of Numineuse.

In die meeste gevalle word mense eenvouding in so ‘n geestelike tradisie gebore. In Suid-Afrika sal die oorgrote meerderheid mense daarom die Christendom as geestelike tradisie hê. ‘n Mens kan jou baie moeilik van hierdie geestelike tradisie waarin jy gebore is, losmaak. Selfs al kies jy vir iets heeltemal anders, sal jy op een of ander manier tog in jou denke en lewe steeds daardeur bepaal word. Selfs wanneer ‘n mens dus spiritualiteit ontdek en dink jy kan dit losmaak van jou “godsdiens” en van die tradisie waarin jy grootgeword het, sal jy ontdek dat dit nie so maklik gaan nie. Iewers gaan jou godsdienstige tradisie gedurig steeds ‘n rol in jou spiritualiteit bly speel.

3.     ‘n Godsdiens of geïnstitusionaliseerde verwerking van ‘n geestelike tradisie

Die N.G.Kerk, die Metodiste, die Pinkstergroepe en Sioniste kerke is almal voorbeelde van die konkrete insitute waarin geestelike tradisies neerslag vind. In die kerke ontdek ‘n mens dan godsdiens waarin op kerklike manier vir jou vertel word hoe om ‘n verhouding met God te hê en hoe hierdie verhouding ‘n mens se lewe hier en in die toekoms bepaal.

Maar wat in die kerke as godsdiens aangetref word, het ook te doen met die kultuur waarin mense opgevang is. Kerke het ook ‘n kulturele karakter wat mense help om na te dink oor die diepste werklikheid. In hierdie institusionele vorm is daar drie spesifieke patrone:

a.      Kulturele sisteme. In godsdiens gaan dit om die geloofspatrone en ‘n geloofslewe wat in ‘n kerk voorkom. In die geval van Christelike kerke is daar byvoorbeeld basiese oortuigings wat gegrond is op die openbaring van God deur Jesus wat ‘n mens se verhouding met jouself, met ander en met die wêreld raak.

b.     In godsdiens gaan dit ook om sekere belangrike sake wat vir ‘n gemeenskap of groep as die belangrikste van alles beskou word. Vir Christene is verlossing byvoorbeeld belangrik. Dit sluit in dat ‘n godsdienstige mens hom of haar bemoei om ‘n persoonlike verhouding met God, in die hede en toekoms en om die transformasie van die hele skepping in Christus. Vir ander groepe kan ander dinge belangrik wees – soos in animistiese godsdiense groepe daarna sal streef om gevaarlike gode te paai of goeie gode aan hulle kant te hou.

c.      Godsdiens gaan uiteindelik om wat ‘n mens glo (belydenisse), wat ‘n mens in gehoorsaamheid moet doen of nie moet doen nie (kode) en hoe ‘n mens aanbid (kultus).

Godsdiens, sien ‘n mens dus, funksioneer veral op twee vlakke. Aan die een kant is daar godsdienstige tradisies en aan die ander kant is daar die instellings waarin hierdie tradisies tot uiting kom.  ‘n Godsdienstige ervaring van iemand soos Jesus is ten nouste verbind met die instelling waartoe Jesus se ervaring aanleiding gegee het. Deur kerke word mense in die godsdienstige ervaring ingelyf (gedoop, bv.), ingelig (onderrig, prediking), ondersteun (begeleid, pastorale sorg), geprys en gemaan, of gevier (in die sakramente). Op die manier word ‘n hele groep mense, maar ook ‘n mens in sy persoonlike lewe gevorm in die godsdienstige ervaring waarby die groep aansluit. Dit raak vele mense en individue op ‘n baie omvattende manier.

Dit kan ‘n positiewe uitwerking op mense en op samelewings hê. Maar daar is ook negatiewe kante: gewoonte-godsdiens, skynheiligheid, ‘n predikante-kerk, korrupsie, magsvergrype en bygeloof is maar enkele aspekte van die kerklike lewe wat oor alle eeue heen in alle kerke voorgekom het. Elke kerk ken hierdie slegte aspekte.

Maar geen kerk is altyd net sleg nie. Kerke van alle eeue het ook op ‘n indrukwekkende manier goeie goed gedoen. Om dus die kerk af te skryf oor sy foute, is onwys. Mense wat spiritualiteit afspeel teenoor die kerk op grond van kerklike misdrywe, beland dikwels in ‘n situasie dat hulle die groter wysheid kwyt is. En as hulle wegbly uit die kerk, kan hulle ook nie ‘n bydrae lewer om foute in die kerk aan te spreek en opbouende kritiek te lewer nie.

Schneiders skryf nogal skerp: “Sulke ongeaffilieerde individue of groepe het geen toegang tot die volhoubare en gedeelde beoefening van ‘n tradisie wat die toets van die tyd deurstaan het nie. Hulle het nie die voorreg van ‘n sosiale ondersteuningstruktuur nie, die getoetsde strukture van ‘n gedeelde geloofsisteem nie, die helderheid van ‘n samehangende teologie nie, die vormende bemiddeling van ‘n kanonieke versameling tekste nie, die deurwinterde tradisie van morele ideale en grense en die wysheid van groot figure van die verlede nie. In die kerk ontdek ‘n mens waarhede, vind ‘n mens geesgenote wat saam met jou op reis gaan en ondervind ‘n mens ondersteuning in tye van swaarkry en onsekerheid.

Met ander woorde: iemand wat, ontevrede met die kerk, dink hy of sy kan eerder sonder die kerk ‘n lewe van geloof vind, kan dikwels juis geestelik verarm eerder as om geestelik bevry te word deur die kerk te verlaat.

Tog waarsku sy: ‘n Mens moet nie godsdiens en spiritualiteit kousaal verbind nie. Die getroue beoefening van geïnstitusionaliseerde godsdiens is geen waarborg dat ‘n mens die godsdienstige tradisie jou eie sal maak as ‘n persoonlike spiritualiteit nie. En om getrou kerk toe te gaan beteken nog nie dat ‘n mens daardie kerk sal kan beïnvloed nie. ‘n Mens kan godsdienstig wees sonder enige spiritualiteit. Of ‘n mens kan deel wees van ‘n gemeente wat ontrou is aan sy eie godsdienstge oortuigings en tradisie, byvoorbeeld waar ‘n kerk rassisme ondersteun of teen mense op grond van hulle geslag diskrimineer. Daar is in die geskiedenis kerke wat by tye sulke ontrouheid uitgestraal het en daardeur die spiritualiteit van hul lidmate geknou het.

Dus: godsdiens en spiritualiteit kan ‘n mens nie skei nie. Maar ‘n mens moet hulle ook nie identifiseer nie. Godsdiens skep die ruimte vir spiritualiteit en mense kan geestelik verryk word in hul kerke. Maar godsdiens kan by tye ook ‘n mens se spiritualiteit onder druk plaas. In sulke gevalle word die geestelike mens uitgedaag om in die kerk te wees, maar nie van die kerk nie.

In hierdie bespreking van godsdiens kry ‘n mens al ‘n bietjie aanvoeling vir die onderskeid en die gemeenskaplikheid van spiritualiteit en godsdiens. Maar dit moet ‘n bietjie dieper bekyk word.

Wednesday, February 23, 2011

Met mag en mening. Oor die betekenis van transformasie.


“Transformasie” is seker die mees sentrale begrip in spiritualiteit. “Omvorming” is ‘n amper mooier, meer Dietse woord daarvoor wat verder help om te sien waaroor gaan die begrip.

Soms gebeur daar iets radikaals met mense: hulle beleef ‘n spesiale oomblik waarin hulle bewus word van iets groter as hulleself. Dit bring dan ‘n totaal nuwe lewenswyse tot stand. Hulle word wat hulle nooit gedroom het om te wees nie. Hulle lewens word in ‘n nuwe rigting gedraai. Dit is transformasie of omvorming.

Miskien sou ‘n mens selfs moet praat van bemagtiging.

Wanneer ‘n mens oor transformasie praat, praat ‘n mens oor krag.  Spiritualiteit maak nie van ‘n mens ‘n gedweë, ingekeerde, soet seun of dapper dogter nie. Die bring bemagtiging tot ‘n nuwe vorm van bestaan.

“Omvorming” impliseer dat ‘n bepaalde vorm omgebuig en verander word tot iets nuuts. HAT beskryf dit as: “Om ‘n ander vorm te laat aanneem” of, selfs, heel kort, “Omskep.”  

Daar sit iets kragtigs in omvorming. Daar is in spiritualiteit ‘n vonk wat ‘n nuwe self-bewussyn in ‘n mens aan die brand steek. Nuwe krag word in ‘n mens se bestaan losgelaat.

Wie deur God tot stilstand gebring word, weet nie waarheen sy lewensreis sal gaan nie. Maar een ding is seker: dit gaan dinge laat gebeur.

Vra maar vir Petrus. En vir Paulus.

‘n Mens moet nooit die krag van die mistieke ervaring onderskat nie. Dit kan die wêreld omkeer en mense se lewens radikaal vir altyd op die kop keer. Die omvorming is immers die uitstraling van goddelike mag wat niks en niemand kan stuit nie.

Dit is gedagtes wat my opkom terwyl ek die slot van Visser se artikel lees.

Daar is spesifiek besonder krag, skryf Visser in haar artikel oor Harriet Beecher Stowe se beroemde boek, Uncle Tom’s Cabin,  te vind in die oorgang van die ou na die nuwe vorm wat in die boek beskryf word. Die hoofkarakater van die boek, Uncle Tom, beleef so ‘n spesiale oomblik wat sy lewe omvorm. Na die ervaring sou niks en niemand hom kon inbreek nie.

Maar die boek het ook op ‘n ander vlak met mag te doen. Stowe was deel van ‘n konserwatiewe maatskappy toe sy haar boek geskryf het. Mense in haar tyd het vaste idee’s gehad oor die plek en rol van swartmense in die samelewing. Deur haar boek het sy die bestaande samelewingsorde met mag en mening uitgedaag. Sy het nuwe idee’s in haar land ingebring. Sy het al die bestaande vorme van bestaan bevraagteken en opgeroep tot ‘n nuwe manier van dink oor slawe.

As vrou het sy dit boonop gewaag om die manne-wêreld van die politiek te betree. Sy, wat normaalweg deur haar wêreld in ‘n kombuis agter die kookpotte of in die sitkamer agter breipenne geplaas is, het uit hierdie inperkende ruimte gebreek. Sy het die pen opgeneem en ‘n roman geskryf wat oor ‘n hoogs sensitiewe politieke kwessie gehandel het. En dit terwyl vrouens beskou is as resepteboek-lesers en voorskoot-werkers.

Bowendien het sy bestaande vorme van Bybel-interpretasie radikaal bevraagteken. Bybeltekste wat slawe opdrag gee om hul base te gehoorsaam, is ondergeskik gemaak aan Bybelse insigte oor die menslikheid van slawe en oor hul gelykheid voor God.

Stowe se roman illustreer hoe spiritualiteit nie net mense omkeer nie, maar ook die wêreld. Uncle Tom, die hoofkarakter in die boek, word anders. Hy word omvormg tot ‘n sterk, onverwoesbare mens. Die goddelike aanraking, soms skaars voelbaar, het hom gedryf om sy lewe op die spel te plaas. So diep was God deel van sy bestaan, so liefdevol was hulle vereniging, dat hy nie eers ‘n mede-slaaf wou pak gee nie. Sy godsdiens het ‘n konkrete, liefdevolle, self-opofferende gesig gehad. Wat in hom gebeur het, het met mag en mening na buite uitgekring.

En op ‘n hoër vlak geld dit ook van Stowe. Sy het met haar roman die moed gehad om haar wêreld met al sy self-sugtige vooroordele met mag en mening aan te pak. Met mag en mening.

Stowe se roman het verskeie onvoorstelbare gevolge gehad. Haar roman het mense laat ervaar dat die geestelike reis ‘n mens fisiek verander. Nie eers die lewensvernietigende houe waarmee Tom aan die einde papgeslaan is, kon hom vernietig nie. Sy geestelike reis het hom liggaamlik sterk gemaak. Onbreekbaar. Die geestelike reis is lyflik.

Maar haar roman het met mag en mening vir mense gebring tot die besef dat in God se oë daar nie slawe of vrymense is nie. Daar is net mense.

Haar roman het ook die tradisionele stereotipe van manlik en vroulik deurbreek. Met mag en mening leer die roman vir mense dat sagtheid, goedheid, innerlikheid, ontferming, omgee as “vroulike” begrippe, net so deel is van die geestelike reis as die meer manlike eienskappe soos beskerming, ondersteuning, dapperheid, volharding, beslistheid. Net soos wat ‘n mens niemand uitsluit uit jou wêreld omdat hy of sy “anders” lyk en praat, net so min is sommige mense “beter”, “belangriker” of meer werd is ander. Die geestelike reis is ‘n reis saam met en in hierdie wêreld, in gemeenskap met alle reisigers na God. Die ou vooroordeel en vorme word agtergelaat wanneer ‘n mens jou reis begin.

Stowe se boek met sy uitbeelding van die geestelike reis het mure laat val.

Die oomblik wanneer die Verborgene in mense se lewens inkom, leef hulle nuut en anders. Die ou dinge het verbygegaan. Alles is verander. Só het Paulus dit verwoord. Nou, het Jesus dit vertel, heers God in ‘n mens se lewe. En in die koninkryk van God is alles anders, kragtig, nuut en transformerend.

Geweldige kragte word in ‘n mens se lewe losgelaat. Dit sleur jou mee, vernuwe en omskep jou. Transformasie is soos sout. Dit is alleen eg as dit byt.

Tuesday, February 22, 2011

Hoe lyk die heel mens? Oor innerlike vervulling as ‘n sleutelmoment in Spiritualiteit.

‘n Mens kan baie praat or die vele dimensies van spiritualiteit. Daar is soveel aspekte en begrippe wat 'n mens kan bedink, soos die God-menslike verhouding, transformasie, die proses van heiligmaking, vroomheid, volkomenheid - om maar enkele voorbeelde te noem. 

Iewers begin die geestelike lewe buite ‘n mens, wanneer jou lewe omgekeer word deur iets meers en groters as jouself. Maar dan kring dit uit - onder ander na die mens se binnekant. Dinge in ‘n mens se innerlik sal nooit weer dieselfde wees nie. ‘n Mens betree ‘n geestelike reis wat ‘n mens al hoe verder op die pad van self-vervulling neem. En dit is hierdie self-vervulling wat so belangrik is. Die geestelike reis bring heelheid in die mens se innerlike.

Dan word ‘n mens so sterk, so vas en so gegrond in die Bron van alle krag, dat niks jou meer kan breek of vernietig nie. Jy ontdek en ervaar jou innerlike waarde as 'n kosbare gawe. En hierdie mistieke oomblik dat jy jouself herken vir wat jy is en moet wees, dra en lig ‘n mens uit ver bo alles wat ‘n mens normaalweg vasgeketting hou.

Dit is oor hierdie innerlike krag as ‘n belangrik faset van spiritualiteit wat ek vandag loop en mymer. ‘n Mens kan in spiritualiteit en in mistiek so fokus op wat God doen, dat ‘n mens nie altyd bewustelik nadink oor wat spiritualiteit aan ‘n mens self doen nie. Wat is die uitkoms van die geestelike lewe, van God se aanraking? Waarom loop ons so soekende en verlangende die pad wat dikwels so verlate en donker is? Hoekom is daar vir ‘n mens geen ander uitweg as om op weg te wees na God nie? 

Die laaste deel van Uncle Tom’s Cabin is ‘n misrabele  vertelling oor Tom se laaste jare onder die wrede plantasie-eienaar, Simon Legree. Hy beveel op ‘n dag vir Tom om ‘n mede-slaaf ‘n pak slae te gee, maar Tom weier om dit te doen. Legree besluit daarna om Tom so te mishandel dat hy sy godsdiens verloën. Die volgende periode van erge mishandeling word dan uiteindelik Tom se woestyn-tyd.

Tom bly egter gelowig. Nadat hy ‘n slaaf help om te ontsnap en weier om te vertel waarheen die slaaf is, beveel Legree dat hy doodgemaak moet word.

Slegter kan dit nie met ‘n mens gaan nie. ‘n Mens sou dink dat jy in sulke omstandighede totaal disintegreer en alle houvas op jouself verloor.

Die woestyn-tyd is inderdaad vir Tom hel en ‘n tyd van intense stryd en spanning. Hy is fisiek uitgemergel en kan saans, as hy tuis kom nie eers sy Bybel lees vir geestelike verkwikking nie. Dit kwel hom. Hy raak depressief onder die uitputting, vernedering en harde werk. Dit word ‘n tyd waarin hy tot in sy diepste wese getoets word.

Volgens Visser in haar artikel oor Uncle Tom’s Cabin ([In]Famous Spirituality) word hy met ten minste drie toetse gekonfronteer:

Eerstens word Tom getoets deur die verregaande aanspraak wat op hom gemaak word. Legree gebruik die Bybel om vir Tom te vertel dat hy hom besit. Hy herinner Tom aan die Bybelse opdrag dat slawe hul meesters moet gehoorsaam. Hy is dus nie ‘n persoon in eie reg nie, maar eintlik niks anders as ‘n meubelstuk. Maar vir Tom is dit belangriker dat hy aan God behoort. Hierdie innerlike wete dat hy in God se hande is en dat dit belangriker is as enige Bybel-teks, help hom om Legree se houvas op hom te breek.  Wat hy ervaar as waar is dus vir hom van groter waarde as wat mense om hom in die naam van die Bybel op hom wil afdwing. Tom is ‘n vry mens – vry om aan God te behoort en vry van enige grepe wat mense op hom wil uitoefen. Niemand kan hom in sy gewete bind nie.

Tweedens word hy tot op die grond getoets wanneer Legree hom beveel om ‘n mede-slaaf te gesel. Tom weier, al sê van die ander slawe vir hom dat hy nie ‘n keuse het nie en dat hy nie skuldig sal wees as hy ‘n bevel van sy baas gehoorsaam nie. Tom weet egter dat die kwaad op hom ‘n houvas sal kry as hy dit doen en dat dit sy innerlike wese sal belas en verduister. Hy weier eerder as om boosheid in sy lewe toe te laat en daardeur self tot boosheid aangetas word. Niemand kan hom dwing om dinge te doen wat sy menslikheid afbreek en die kwaad ‘n plek in sy bestaan gee nie.

Maar die grootste toets is om sy geloof te behou, skryf Visser. In sy laaste weke en maande van pure hel, worstel hy met die stilte van God se kant. Des te meer omdat mense om hom verpletter word en die bose triomfeer. Vir weke lank leef Tom in die duisternis van vertwyfeling. Hy verlang om net ‘n teken van God te kry. Selfs net ‘n brief van iemand tuis sou hom troos dat hy nie deur mense of deur God vergeet is nie. Uiteindelik oorkom hy die donker neerslagtigheid.

Toe die donker tyd verby is, gebeur daar volgens die boek met hom ‘n rare iets. Hy het ‘n mistieke ervaring. Hy sien in ‘n visoen vir Christus wat met oorweldigende heerlikheid beklee is. Christus praat met Tom soos ‘n gelyke en beloof aan hom dat wie oorwin, saam met Hom op die troon sal sit. Dit gee Tom nuwe krag. Hy kan die vernedering en ellende van sy toestand transendeer. Hy is ‘n sterker mens. Hy is groter as sy omstandighede. Hy word nie gevange gehou deur sy situasie nie. En sy godsdiens beteken vir hom meer as ooit tevore. Die visioen wat hom bewus maak van ‘n goddelike teenwoordigheid in sy lewe help om hom verder te transformeer. Dit word ‘n draaipunt in sy lewe.

Visser haal weer vir William James aan oor die krag van sulke mistieke ervarings. “Dit lyk of alle selfgerigtheid wegval. ‘n Mens beleef ‘n lewe van vervulling en gelatenheid wat ‘n mens bewus maak daarvan dat elke oomblik wat jy beleef vir jou spesiale geleenthede en uitdagings bied.” Tom is inderdaad ‘n vervulde mens wat leef vir elke oomblik. Sy begeerte om vry te wees en om weer sy familie te sien, oorheers nie meer sy lewe nie. Sy lewe bly misrabel, maar hy is onbekommerd en bly asof “alle paaie so pas glad gemaak is.” Hy verkry innerlike stabiliteit. Wat belangrik is vir hom is dat God in sy lewe is, dat sy innerlike waarde onaangetas is en dat sy lewe nie bepaal word deur sy sosiale konteks nie.

Dit beteken nie dat hy ingebreek is nie. Inteendeel. Hy is ‘n sterk teenwoordigheid onder sy mede-slawe. Hy help om hulle vry te maak. Hy wag nie meer passief op nuus van die huis nie, maar skryf nou self ‘n brief aan sy familie. Selfs terwyl hy sterf, is hy die een wat kan bid en kan vergewe. Wie hy is word nie bepaal deur sy omstandighede nie. Wanneer hy sterf en iemand (George) hom bejammer met die uitroep: “arme, arme man!” antwoord Tom: “Moenie my bejammer en ‘n arme man noem nie. Ek het die oorwinning. Die Here Jesus het dit vir my gegee.” Dat dit die fokus van die gedeelte is, word bevestig deur die opskrif van die hoofstuk – “Oorwinning”. George is, volgens die teks verstom deur die “mag, die drif en die krag waarmee Tom die stotterende woorde uitroep. Tom is nie die minderwaardige, gebroke slaaf wat innerlik vasgevang is deur sy omstandighede nie. Hy, uiterlik stukkend geslaan deur hatigheid en verniel deur slawerny, bly ‘n volledige vry mens. Innerlik is hy heel. Geïntegreerd. Niemand kan hom sy waardigheid ontneem nie. Hy is ‘n vervulde, ryk, sterk man.

Dit is ‘n lang pad wat ‘n mens loop. Maar deur die jare vorm die geestelike weg ‘n mens innerlik, so sterk, dat ‘n mens gevul is met dit wat werklik saak maak. En alles wat uiterlik is kan niks wegneem of afbreek van die rykdom wat in ‘n mens se lewe ingebed is deur die Groter Verborgene nie.

Uncle Tom’s Cabin kan ‘n mens help om dieper te kyk, om meer van spiritualiteit te herken, maar ook bring dit ‘n mens voor die wonder van die kragte wat in ons lewe loskom wanneer ons die geestelike reis begin loop.  

Blog Archive