Wanneer mense van ons tyd na die kerk kyk, is hulle toenemend afgesit deur die volgende aspekte, skryf Schneiders in haar artikel oor godsdiens en spiritualiteit.
1. Godsdiens sluit ander en mekaar uit. Godsdienste en kerke is ingestel om ander te wil bekeer om soos hulle te word. ‘n Bepaalde godsdiens nie, maar ook spesifieke kerke beskou hulleself as die ware kerk en maak ander kerke verdag maak of wil hulle uitskakel. Dikwels gaan dit gepaard met groot vyandigheid. In die geskiedenis kan ‘n mens belangrike voorbeelde opnoem – soos die kruistogte, die verbranding van ketters en hekse, die Inkwisisie, die Jode-slagting en heilige oorloĆ«. Eksklusiwiteit word ‘n oorsaak van haat en van geweld. Maar dit hoef nie altyd so ekstreem te wees nie. Daar is in baie “normale” kerke afgunstigheid en negatiwiteit teenoor ander vorme van godsdiens of kerk-wees. Die manier waarop godsdienste en kerke met mekaar omgaan, is vir baie vandag ‘n teken van gebrekkige of ontbrekende spiritualiteit.
2. Godsdienste is tradisioneel ingestel op geloofsinhoude. Dus neig hulle om ideologies te wees. Lidmate moet sekere oortuigings onderskryf en sekere voorskrifte nakom. Baie mense vind egter uitsprake van die kerk of van kerkleiers onaanvaarbaar, omstrede en selfs belaglik. Daar is dus ‘n groeiende verset teen dogmatisme, teen pogings om skuldgevoelens wakker te maak, of teen ‘n moralisme. Mense wil nie meer ingeĆ«ng word in ‘n verstarde, benepe geestelike hokkie nie, hulle wys gewetensdwang af en hulle vra vir geestelike volwassenheid. Mense hou ook nie daarvan dat aan hulle voorgeskryf word waarvan hulle moet hou of nie hou nie of dat almal buite die eie kring as duiwels afgeskryf word nie. Die manier waarop godsdienste of kerke vir mense voorskryf wat hulle moet dink, sit mense af en laat hulle voel of dit spiritualiteit versmoor.
3. Daar is ook ‘n groeiende verset teen die manier waarop kerkleiers funksioneer. Mense het groot waardering vir leiers wat ingestel is op diens en omgee vir lidmate. Maar kerkleiers wat maak of hulle alles weet, wat lidmate soos kinders behandel, wat lui is, wat onvoorbereid op die preekstoel klim en oppervlakkighede kwytraak, wat die intelligensie van hul lidmate onderskat, wat nydig teenoor ander is, wat ‘n dubbele lewe lei en wat nie naby aan God leef nie, stel lidmate teleur en dryf hulle van die kerk weg. Hierdie lidmate redeneer dat hulle op hul eie persoonlik kan groei, eerder as om geestelike verlam te word in ‘n omgewing waarin hulle nie meer tuis is of in ‘n situasie wat hulle nie meer vertrou nie. Die gebrekkige geestelikheid in mense wat die kerk moet dien, vervreem ook baie mense van godsdiens of die kerk.
Terwyl ek hierdie opmerking van Schneiders lees, besef ek watter uitdagings godsdiens en die kerk in die gesig staar. Mense van ons tyd is hoogs ingelig. Hulle weet wat aangaan. Hulle kan ook sien wanneer ‘n godsdiens en ‘n kerk eg is, Tog vind ek ook dat mense bereid is om baie dinge te verdra en die kerk baie dinge kan vergewe. Hulle weet godsdiens en die kerk kan nie altyd volmaak wees en alles reg doen nie. Mense kan saamleef met ‘n hele klomp probleme, as hulle maar die gevoel kry dat hulle in die kerk tuis is, dat hulle meestal geestelik gevoed word, al is die dieet soms bietjie arm. Immers, nie net mense nie, maar ook die kerk het sy donker nag. Wat tel, is dat die kerk in sulke donker tye nog steeds herken word as ‘n kerk wat na God verlang.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2011
(338)
-
▼
February
(29)
- Lewe en dood word deur verwondbaarheid verbind.
- Ook die kerk het sy donker nag.... Oor die verhoud...
- Besluit 'n mens of word besluite vir jou geneem? V...
- Hoe lyk spiritualiteit sonder godsdiens? Oor die...
- Daar is godsdiens. En dan is daar spiritualiteit.
- Oor godsdiens en spiritualiteit. Verdere refleksie...
- Met mag en mening. Oor die betekenis van transform...
- Hoe lyk die heel mens? Oor innerlike vervulling as...
- Om nooit ander seer te wil maak nie. Oor spiritual...
- Om ‘n heel mens te wees. Wanneer die gewone dinge ...
- Berugte/ beroemde spiritualiteit
- Wat is mystiek? Nog 'n paar beskrywings.
- Die lig in die kamer het die lig in sy lewe geword...
- Wanneer die ondenkbare deur ‘n boek in ‘n mens se ...
- Die brief aan Tiatira as die spil waarom alles dra...
- Om niks anders as suiwer en alleen na God te soek ...
- Teenspoed en swaarkry kan nuttig wees....
- Die mistieke ervaring en Jan van die Kruis
- Die mistieke ervaring as liefde en kennis.
- Die goddelike gloed wat nooit uitbrand nie. Oor di...
- Ver verby die vlakheid van menslike emosies. Wanne...
- Spiritualiteit en mistiek: wat gebeur wanneer 'n m...
- Die kerk as vyand van God. Bybelstudie oor Openbar...
- Wanneer vriendelikheid jou skok. Oor die mistikus,...
- Om vir pyn te bid. Die reis na innerlike vervulling
- Vermurwing as die innerlike pyn oor ‘n mens se mis...
- Die Samaritaan was nie maar sommer net ‘n goeie on...
- So vroom kan ons sien en tog niks sien nie... Oor ...
- Die Verborge raaksien
-
▼
February
(29)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.