Tuesday, April 07, 2015

Nie weer nie...

Ons woorde in tye van ander se trauma kom nie maklik nie - ten minste vir mense wat weet hoe sulke leë woorde meer skade doen as die trauma self.

Ons vermy die goedkoop opmerkings: Eendag sal jy verstaan... God weet wat vir jou goed is... Dit is God se wil... God kom haal hulle wat God die liefste het....

Hoe waar hierdie woorde ook mag wees, is dit woorde wat nie aan mense in trauma gesê word nie. Sulke woorde kom van hulle kant af  - vrywillig, en daar waar dit 'n egte geloofservaring is.

Ons hoor ook die ander woord wat mense in lyding toegevoeg word: moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Vergewe.

Soms kan so 'n woord sinvol wees. 

Maar altyd weer, dink ek, is daar plek vir een soort woord: die aandrang daarop om anders te wees, om byvoorbeeld nie as roekeloses ander se lewens te vernietig nie.  Of as kwaadstigters onmin aan te blaas nie.

Meer nog: om altyd weer volledig menslik op te tree - in volle bewussyn dat 'n mens elke oomblik van jou lewe die vermoë het om ander vrede te laat ervaar, liefde te laat voel, moed te laat kry.





Blog Archive