Mark A. McIntosh, Mystical Theology. (Oxford: Blackwell, 1998) haal die beroemde gedeelte aan op sy bladsy 165 waarin die volgende gebed van Augustinus oor die Heilige Gees opgeneem is:
Te laat het ek U leer liefkry. O skoonheid, so oud en tog ook weer so nuut. Te laat het ek U leer bemin! U het na my geroep, U het uitgeroep en my doofheid tot niet gemaak. U het lig laat uitstroom en in oorvloed oor my laat skyn en U het my blindheid op die vlug laat slaan! U het ‘n lieflike geur laat opstyg en ek het dit met diep teue ingeasem en na U gesmag. Ek het U geproe en ek honger en dors na U. U het my aangeraak en in my het dit gebrand om U vrede te ervaar.
McIntosh merk op dat die mistieke uitgiet van die goddelike lewe op Augustinus ‘n werdersydse verlange na God in Augustinus wakker maak. Maar ‘n mens moet let op hoe God dit doen: God gee nie vir Augustinus ‘n selftevrede heling asof hy God ken deur te weet hy is nou ‘n vervulde individu op sy eie nie. God laat ook nie vir Augustinus al die ellendige beperkinge van sy persoon ontkom nie. Augustinus ontdek eerder sy omvormde en egte identiteit as persoon. Augustines weet dat hy nou is wat hy moet wees: Hy lewe omdat hy leef in reaksie op en omdat hy verlang na God.
Wat sin maak: ons ontdek wie ons is – en hoe ons intiem aan God verbind is. Ons bestaan nie. Ons bestaan om ‘n verhouding met God te he.
Te laat het ek U leer liefkry... U het my aangeraak en in my het dit gebrand om U vrede te ervaar.