In vandag se New York Times is daar 'n boeiende berig oor opportunistiese teoloë wat Trump ondersteun as kandidaat vir die presidentsverkiesing (sien die skakel hier onder). Dit is die moeite werd om te lees. Dit is hartverskeurende materiaal.
Die begeerte na (politieke) mag in teologiese kringe is egter nie net 'n kwessie by regse groepe nie. Dit loop diep en wyd oor die hele politieke spektrum.
Hier is 'n Ellul-aanhaling uit die berig wat werd is om oratief en kontemplatief beleef te word:
The French philosopher and theologian Jacques Ellul wrote: “Politics is the church’s worst problem. It is her constant temptation, the occasion of her greatest disasters, the trap continually set for her by the prince of this world.”
Linkses trap ook in die valstrik. Die godsdienstige leiers wat Trump ondersteun het hul spieëlbeeld in vele kritici - ook in ons land.
Sekerlik het die kerk 'n profetiese taak en 'n publieke verantwoordelikheid. Dit is dwaasheid om die kerk in 'n spirituele ghetto te probeer intrek.
Wat my opval in die berig is die spirituele ondertoon: die fokus op Jesus wat omgee vir die ongerekendes.
Ek besef die artikel kan nie 'n teologie uitspel nie. Tog laat die skrywer my na die dieper vraag vra: vanwaar die passie van Jesus? Sy onbegrensde ontferming (wat in die berig tereg as kriterium vir kritiek uitgewys word)? Wat lê agter en inspireer Jesus se profetiese optrede.
Dit is belangrik omdat dit die toon en karakter van 'n profetiese oproep bepaal.
'n Profetiese getuienis is dikwels die vroom gesig van 'n onheilige magspel. En die versoeking daartoe lê daagliks, oomblik vir oomblik op ons lewensweg as 'n valstrik.
Elke uitspraak wat oor die politieke lewe gemaak word, moet biddend in terme van sy spirituele karakter beleef word. Anders moet die wag vir die mond eerder nadergetrek word.
Die probleem met die versoeking tot die magspel is juis dat dit ontmagtig.
Soek eers.... het die Wyse Een destyds vertel, en sy eie reis in onmag as die oorwinningspad uitgewys.
Wie gedurig raas en baklei, ook in die Naam, waag: want hulle wat luister weet te goed hoeveel ontferming en hoeveel heiligheid in kritiek deurklink. En waarom die kritiek beluister en toegeëien kan word. Anders word die kritiek die spreekwoordelike rugwater.
Die artikel in die New York Times resoneer goed met my. Miskien juis omdat dit my weer laat nadink oor wie Jesus is. En hoe spiritueel alle profetiese kritiek kan wees.
Kritiek teenoor die politiek is immer nie net 'n deeltjie van ons bestaan nie. Dit haak in op 'n algemene lewenshouding - hoe die optrede van ander beoordeel en bekritiseer word. Die ander is nie net die regering nie, maar ook die kerk, die gesin, die geliefde, die vriende, die seun, die dogter, die kollega.