Wednesday, April 30, 2008

Spiritualiteit en Ontnugtering: Oor die verhouding van goed en kwaad

Ontnugtering

Dit is ‘n byeenkoms van groot geeste by ‘n internasionale konferensie. Die persoon wat vereer word is een van die grotes onder die grotes. Dit word aangebied ter viering van die nuwe, hersiene uitgawe van een van sy boeke. Die atmosfeer is gemoedelik. Die lofuitinge is uitbundig.

‘n Jonger kollega uit ‘n ander kontinent moet ook ‘n reaksie lewer. Hy is ook vriendelik in sy kommentaar, maar noem dan pligsgetrou omdat ‘n mens darem nie net kan lof besing nie, dat die boek dalk miskien tog maar ook kennis kon geneem het van ‘n belangrike wetenskaplike gesprek wat in die wetenskap plaasgevind het.

Die skrywer kry kans om op die opmerkings te reageer. Hy vertel dat hy nie eintlik gedink het daar steek veel in die gesprek nie – vandaar dat hy dit geïgnoreer het.

Ek sit en wonder hoe verslae moet ek nou word omdat ek soveel tyd aan daardie “oppervlakkige” debat spandeer het....

Die grootste deel van sy aanbieding en respons gaan egter oor die geskiedenis van die ontstaan van hierdie lang verwagte tweede uitgawe van sy boek: die duur tantieme wat iemand gevra het vir aanhalings wat in die boek gebruik sou word. Hy en sy ko-skrywer het toe uiteindelik goedkoper opsies ontgin. Verkoopsyfers, haalbare prys, bemarking en kapitaal-praatjies vul die lug.

Ek herinner my hoe ek as ‘n navorser diep beïndruk was deur sy skerp, kreatiewe en unieke wetenskaplike werk. Ek onthou spesifiek sy vriendelike woorde toe ons by hulle aan huis geëet het, die hoogs interessante sitkamer-gesprekke oor al die groot name by daardie wêreld-universiteit – alles steeds gevorm en gedryf deur sy passie vir ‘n behoorlike wetenskapsbeoefening, vir ‘n beter wêreld, vir ‘n sinvoller lewe. Ek onthou sy besoeke aan ons land en al die spesiale ervarings van hom as wetenskaplike, sosiale figuur en plein mens.

Ek begin al hoe meer verstaan waarom ‘n apokaliptiese wêreldbeeld beperkte waarde het. Daar is ook ‘n ander manier om ‘n verstaansgreep op die wêreld te kry: goed staan nie altyd teenoor kwaad nie. Goed is dikwels inniglik verweefd met die kwaad. Wat dit sleg maak, is dat die kwaad dan so weggesteek word.

Dit, hierdie skrywe, help my om myself beter te verstaan.

Saturday, April 26, 2008

‘n Lewe wat nie meer beheer kan word nie

Ons hou daarvan om in beheer te wees. Dit is nie vir ons ‘n probleem om in ‘n motor te klim en ver te ry nie, solank as wat ons agter die stuurwiel sit en bestuur. Maar as ons op ‘n vliegtuig klim, ervaar ons onsekerheid – iemand anders is agter die stuurwiel. Ons “beheer” is minder, ons vrese groter.

Soms sit ons in ons lewensmotor en weet ons is nie in beheer nie. Ons hou ‘n stuurwiel vas, maar het geen mag om die motor veilig op die pad te hou nie. Ons lewens het onbestuurbaar geword.

Vreemd dat ons in die meeste gevalle die slagoffer bly van hierdie onbeheerbare situasie. Ons klim nie in ‘n motor wat ons nie kan bestuur nie. Ons sal ook nie aan boord gaan van ‘n vliegtuig wat ‘n vlienier nie kan beheer nie. Maar ons waag dit tog om voort te lewe terwyl ons dit nie meer kan stuur nie.

Wanneer ons dit begryp, is die tyd ryp om hulp te soek.

We enjoy being in control. It is not a problem to embark on a long journey – as long as we are driving. But when we join passengers who board a plane, there is more uncertainty. Someone else is steering.

We are in our car, sometimes, driving while we know that we are not in control. We hold the steering wheerl. But we are not able to keep the car safely on the road. Our life has become unmanageable.

Strange that we remain a victim of this unmanageable situation. We do not drive a car that we cannot steer. And we do not board a plane that the pilot is unable to fly. But we go on with our life though it is running out of control.

When we understand this, it is time to look for help.

Blog Archive