Wednesday, July 02, 2014

Die Amerikaanse Verlosser-Jesus


Die sokker tussen Amerika en België was sit-op-die-punt-van-die-stoel materiaal. 

In Amerika, waar sokker nie die nommer een sport was nie, was dit die tweede mees bekykte sportprogram van alle tye. Sulke sport roep ekstase by mense op.  

Dapper was die Amerikaanse span. Al kom België onbetwisbaar as die beste span uit die wedstryd. 

En, behalwe dat Amerikaners begin sokker-mal word, oorlaai hulle oordadiglik hul spelers met lofprysinge. 

En tereg. Goeie verloorders, dink ek. In lyn met 'n goeie sportgees. 

Die uitstaande speler, dink hulle, was Tim Howard wat sestien keer gekeer het dat die aanvallende Belge die rondebal in die net plant.

Sestien keer, terwyl Belge soos perdebye om hom saamgepak het. 

Dit is die beste prestasie onder doelwagters in die wêreldbeker-wedstryde tot dusver. 

Lekker om sulke bedrewenheid raak te sien. En om erkenning te gee. 

Howard is terstond, tong in die kies, as minister van verdediging deur 'n grapjas aangewys. 

Maar dit is die tweede tweet hier onder wat my oog vang, wat ook oorloop van intense gevoelens:  Tim Howard, sê dit, is die "Amerikaanse Jesus" 

Hy staan uit as verbete verlosser, wat ten alle koste keer dat 'n ramp toeslaan. 

Wys jou hoe sommige mense Jesus verstaan... En gee 'n nuwe kyk op sportmalheid.  





Hier is die tweede een: 





No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive