Ek lees nou Ashley
Cocksworth se boek oor: Karl Barth on prayer. (London:
Bloomsbury T&T Clark, 2015).
Die boek is, onder andere, 'n boeiende bespreking van Barth se houding teenoor die mistiek.
Cockworth skryf oor hoe Barth kontemplatiewe gebed wat hy met mistiek verbind het, afgeskiet het.
Hy skryf hieroor binne die raamwerk van Barth se spiritualiteit!
Hy skryf heel gepas dat mense hieroor verbaas sal wees: "It is not always customary to read Barth as a spiritual writer." Hy is immers die bekende skrywer van die Kirchliche Dogmatik (Kerklike Dogmatiek).
Die gebrek aan sensitiwiteit vir Barth se spiritualiteit is omdat mense dink dat Barth die oeroue band tussen teologie en gebed losgemaak het. So asof Barth eerder dogmatikus as bidder was, eerder 'n denker oor geloofsinhoude as oor gebed.
Maar mense wat Barth se werk goed ken, skryf Cocksworth, sal weet dat sy dogmatiese besinning onderneem is binne die voortgaande beoefening van gebed. Barth skryf self: "Dit is noodsaaklik om te besef dat die wese van die teologie te vind is in die liturgiese handeling van aanbidding, danksegging en voorbidding."
Vir Barth is die ou gesegde, lex orandi, lex credendi, (die wet van gebed is die wet van geloof) een van die diepsinnigste beskrywings van die teologiese metode.
Barth skryf op die eerste bladsye van sy dogmatiek: gebed is die houding waarsonder geen dogmatiek moontlik is nie. Niemand kan God ken sonder gebed nie. Cocksworth anker die opmerking in Barth se lewenseinde: hy het nadat hy sy lesing vir die volgende dag voorberei het, sy aangebed gedoen en, nog met gevoude hande, gesterf.
Daarna gee hy 'n lang bespreking oor hoe belangrik gebed in Barth se werke is. Die bespreking is deur en deur die moeite werd om te lees. En, later, vertel hy hoe Barth, ten spyte van sy harde kritiek teen kontemplatiewe gebed van die mistici, self oor gebed skryf op 'n manier wat niks anders as kontemplatiewe gebed is nie.

No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.