Spiritualiteit en mistiek is twee woorde wat op baie maniere verstaan word.
Spiritualiteit gaan, in Sandra Schneiders se oë, om geleefde geloof. Dit is geloof wat beleef word: nie maar net op 'n emosionele vlak nie (hoewel dit nie uitgesluit is nie), maar in die werklikheid van mense se bestaan.
Spiritualiteit gaan dus om die lewenskuns: die "kuns" om sinvol te leef.
Daarom het spiritualiteit 'n praktiese karakter. Dit kyk in 'n sekere sin na die mens se geestelike lewe vanuit 'n menslike hoek, na die ervaringskant, die kant van die praktyk. Dit gaan om die vergestalting van sin in die wereld van ons bestaan.
Spiritualiteit wys sy betekenis byvoorbeeld in die geestelike oefeninge wat mense doen om dieper in geloof te groei en om geestelik volwasser te word: sulke mense dink na oor gebed, lees graag daaroor, maar soek veral ook aktief 'n lewe van gebed. Verder soek 'n geestelike mens die geestelike oefening van onderskeiding: hoe onderskei, herken en hoe volg jy God se wil vir jou daaglikse lewenspraktyk? 'n Mens kies nie sommer om dinge te doen nie, maar om op 'n deurdagte, biddende, kontemplerende manier sinvolle keuse's te maak. Spiritualiteit vind 'n mens ook byvoorbeeld in die praktyk van mense om 'n tyd van rus in hul besige program in te bou waarin hulle die roetine verbreek. Daarmee pas hulle op 'n geestelike manier die Sabbatsbeginsel in die bybel prakties in hul eie geloofslewe toe.
Op baie ander praktiese, konkrete maniere kom spiritualiteit na vore.
Mistiek, aan die ander kant, word dikwels gesê, is die hart van spiritualiteit.
Vir my het die mistiek op die bewuswording van God se teenwoordigheid in die menslike lewe gewys. Dit gaan dus in die mistiek in 'n gefokusde manier om die intieme band met en ingryping van God.
Blommestijn, lees ek vandag, fokus die mistiek op die dinamiese proses waarin God die mens omvorm. Die mistiek praat oor hoe God hierdie omvormingsproses bewerk. Dit dink na oor spiritualiteit vanuit die perspektief van God en die goddelike ingryping.
Mistici skryf oor hierdie omvormende proses en vertel van God se werking in hul eie lewe. Maar, skryf Blommestijn, hulle ondersteun ook ander mense om God se werking in hul lewens te herken en te soek.
Dit is 'n poging om mistiek en spiritualiteit van mekaar te onderskei.
Die grens tussen die twee is nie rigied nie. En 'n onderskeiding kan maar net voorlopige en vloeiend wees.
Mistiek, lyk my, is inderdaad die fokuspunt van spiritualiteit: 'n mens sou kon sê dat spiritualiteit sonder mistiek leeg is en mistiek sonder spiritualiteit onvoltooid is.
Dit is nogal 'n kwessie om mistiek op die manier uit te lê: want die mistiek is die omgang met die Verborgene. Dit vertel van die onhanteerbare, die onherkenbare, die ontasbare dimensies van ons bestaan. Dit gaan, inderdaad, om God.
Die mistiek roep daarom by ons ontsetting op. Daar is in ons lewe die numineuse. Ons is iewers die nietige, die ongerekende wat, oorweldig en selfs huiwerig in die lig van die groot Onkenbare staan.
'n Paulus, platgeslaan, op die Damaskuspad se grond.
En tog is die mistiek by uitstek die aantreklike: dat ons die Lewe ontvang en deel, kan beleef en deurleef - dit is tog ook onvoorstelbaar mooi.
Die lied van die liefde van die einste Paulus in 1 Korinte: daar is die spieël, die raaisel. Maar daar is ook die belydenis - niks is groter as die liefdeslig waarin ons ingetrek word.