Monday, March 17, 2025

Ongedwonge en totale omgee

Die verhaal van die soekende ryk mens in Markus 10 het 'n ook einde. 

Die man soek Jesus op met 'n vraag wat lank al aan hom knaag. 

Hy weet al so baie van God, geleer in die Wet wat aan mense gegee is as die volmaakte wil van God: dit is 'n lewe van goedheid: om nie te moor, steel, te lieg, eg te breuk, korrup te wees en om eerbied te betoon. 

Hy luister hoe Jesus vir hom die volle konsekwensies van goedheid uitspel. Om goed te wees, beteken om alles wat jou hart sluit vir hulle wat jou liefde nodig het, op te gee. 

Die hoogste goed, die diepste waarheid, die kosbaarste besitting, die eenvoudigste van alle dinge is om om te gee, veral teenoor hulle wat jou liefde nodig het. 

Dis so eenvoudig soos dit. 

Moenie dat iets tussen jou en ander mense kom nie. 

Gee jouself. Nie net vir God en God se wet nie, maar ook vir God se skepsels. 

Wees, soos God, lief vir alle mense, ook die geringstes, die armes. 

Ontferming is die hart van die evangelie. So het God liefgehad. 

Dit is 'n peiler van spiritualiteit. Die sagte hart vir ander maak 'n ewige verskil. 

 Sonder hierdie omgee is 'n mens se lewe droewig, hol, leeg. 


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive