Trots is 'n tema wat nie baie bedink word nie.
Maar wie ken nie die onvergeetlike woorde in die Boek nie:
Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.
C.S. Lewis het 'n indrukwekkende stuk hieroor geskryf, soos hierdie skakel uitwys:
https://erikbuys.wordpress.com/2014/08/14/c-s-lewis-account-of-mimetic-desire/
Ek is altyd katvoet vir moralisering: Té maklik leer die leermeester: Moenie trots wees nie, terwyl trots, ironies genoeg, dikwels fyn in moralisme weggesteek word.
Die leermeester leer "trots" vir sy leerlinge sy groot wysheid om nie trots te wees nie, maar in daardie leer-aktiwiteit sit dikwels beterweterigheid en gebrek aan die endemiese karakter van trots goed weggesteek.
Trots is die oersonde: hoe kan God dan die kennis van "ons" weerhou - asof "ons" nie goed genoeg is nie, is daar al in die tuin gedink.
En in die tempel het die vroom een met God gepraat oor homself, trots oor sy uistyg bo die tollenaar langs hom.
Daarom is dit miskien nuttig om nie net soos Lewis vanuit 'n morele hoek na trots te kyk nie.
Daar kan goed nagedink word oor wat die mistiek 'n mens oor trots sê: 'n kernelement van die mistiek is die ervaring van God se teenwoordigheid, wat só oorweldigend inspirerend is in sy volheid, dat dit 'n mens bewus maak van eie beperktheid, selfs feilbaarheid.
"Ek is 'n man van onrein lippe," roep die beroemde, geseënde profeet, gelees oor baie eeue deur soveel mense, uit (Jes.6:5). Daar is nie sprake van eie wysheid, verdienste om deur 'n visioen so uitsonderlik uitgekies te word met 'n Goddelike wysheid en insig nie. Inteendeel.
Die veiligheid en goedheid om by God te wees, sê die mistiek, bring 'n insig in eie nietigheid, eie kleinheid.
Dit maak 'n mens beskeie oor wie jy is, 'n skepsel, in die lewe geroep en tot lewe nuugemaak deur die Skepper.
Ek leef nie meer nie, roep Paulus dankbaar, in Galasiërs 2 uit. Christus leef in my. Die Volheid gun, gelukkig, geen plek vir die trotse self nie.
Dus: die jag op trotsheid kan van 'n mens 'n morele dwangmeester maak as dit té maklik en te slim gebeur.
Die verlange na beskeidenheid is goed, en kan 'n mens op die soektog na 'n volwasser, opofferende lewe laat vertrek. Dit is nie 'n slegte begeerte na 'n goeie lewe nie.
Maar hoe om die beskeidenheid te ervaar, dan? Eg, van binne uit? Spontaan, sonder spog en uithang? Wanneer word dit 'n ervaring wat van binne uit 'n mens se lewe volmaak en nie 'n straftog tot morele blinkerigheid raak nie?
Wees beskeie, skryf Paulus in Romeine 12:3. En roep dadelik sy lesers op: Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het
Jy is beskeie as jy aan jouself in terme van geloof bedink. Jy het geloof ontvang, geseënde mens. Maar God, ryk aan genade, gee geloof aan alle mense. Niemand het meer en groter aansprake en statusse as ander mense nie.
Wat dus veral saak maak, is God, die Goeie wat bly gee.
Aldus praat Paulus oor beskeidenheid.
Wie op die manier sy hart en denke op God rig, is beskeie. Hy ontvang maar net dankbaar alles wat goed en mooi is. En dit gebeur saam met alle mense. Een groot, groep van begenadigdes wat hulle status ontvang, van buite af.
Beskeidenheid begin waar 'n mens jou gedagtes op God rig. Daar begin 'n mens jou trots in jou sak steek.

No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.