Wednesday, October 23, 2024

Lewensviering

 Elke dag het genoeg aan sy eie, aan soveel wat kom en wat gaan. 

As mens terugsit, stil word en oë toemaak, kom daar, te midde van alle wisselvallighede, die diepe besef van lewe. 

Mens kan jou verwonder daaraan. 

Ek bly die afgelope tye daaroor mymer. 

En dan die besef, telkens weer, dat dit 'n genadegawe is. 

En dan, het ek die afgelope maande ervaar, kom die besef by jou op van hoe dankbaar jy kan wees. 

Dat jy die gawe van die lewe ontvang het. 

'n Lewe so ryk, so vol, so onbegryplik kosbaar: jare lank jou deel. 53 jaar. 

Selfs dankbaar vir die pyn. Want ook dit was goed. Net goed. 

Die lewe laat jou val. Maar die lewe tel jou weer op. 

Die hand wat dit so mildelik uitgedeel het, glo ek, is die hand wat my vashou. 

Tot die ewige lewe. 




No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive