Showing posts with label Hammerskjöld. Show all posts
Showing posts with label Hammerskjöld. Show all posts

Friday, September 09, 2011

Hammerskjøld: wanneer die dood die verlange van die hart vervul

Hammerskjold se Markings (Merkstene) is een van die beste voorbeelde van moderne mistiek. Dit word as een van die meesterwerke in spiritualiteit van die twintigste eeu beskou. Hierdie man wat die Nobelprys vir vrede in 1961 ontvang het, het 'n besondere sin vir sy roeping gehad. Vir hom was die roeping wat God vir hom bepaal het, iets wat hy in die openbare, politieke sfeer wou uitleef. Hy was intens daarvan bewus dat sy werk nie maar net vir 'n salaris is nie, maar dat dit 'n self-prysgawe is waarin hy die wil van God vir sy lewe uitgeleef, gehoorsaam en gesoek het. 

Hy het die volgende geskryf:  

Do not seek death. Death will find you. 
But seek the road which makes death a fulfillment.

Die aanhaling (raakgesien deur Louis in sy werkstuk van vandag oor Hammerskjøld) laat my besef hoedat ons tradisionele siening van die dood as die laaste vyand tog iewers vanuit 'n mistieke hoek gerelativeer word. 

'n Mens staan wel voor die onvermydelike: die dood is ons aller lot. Maar die geheim is om nie daarop vas te kyk nie. Moenie die dood soek nie. Moenie geobsesseerd, selfs angstig wees daarvoor nie. 


Dit is hoogs mistiek.


En die mistieke word dan verduidelik deur die laaste sin: mense kan vry wees van doodsangs deur 'n bepaalde weg te kies. Dit is uiteraard die weg na God. Hierdie weg wat die mens uit liefde vir God opsoek en waarheen die mens dan sy of haar hele lewe deur op pad is, eindig by God. Al 'n mens se verlange is uitgestort op die weg na God. Om by God te kan wees, om by die Ewige te kan woon....


Daar is net een ding wat ons hiervan skei: die dood. As die dood kom, kom die vervulling van ons begeerte om by die Ewige te wees. Want as die dood gekom het en die vervulling van ons verlange na God aangebreek het, ontdek 'n mens die onbegryplike: niks kan 'n mens skei van die Liefde nie. Die dood bring die vervulling van die Liefde.


Soek dus daardie weg wat die dood 'n vervulling maak.

Thursday, July 21, 2011

'n Moderne Christelike mistikus. Oor die bevryding van nietiging.





Die mistieke self-prysgawe.

Wanneer ‘n mens die volgende uittreksel lees uit Hammerskjöld se Merkstene lyk dit op die oog af ‘n baie mistieke, selfs moeilike stuk. 

Maar dit word glashelder wanneer ‘n mens die tweede stuk lees, wat ek in Engels aan die einde byvoeg. Dit is die moeite werd om albei stukke te lees en om dan weer na hierdie eerste stuk terug te kom.

Jou “persoonlike” lewe kan nie ‘n durende, innerlike betekenis hê nie. Dit kan een of ander toevallige betekenis hê, maar net deurdat dit inpas by en onderwerp is aan iets wat “durend” is en wat betekenis het. Kan hierdie “iets” dit wees wat ons probeer omskrywe as “Lewe”? Kan jou lewe betekenis hê as ‘n klein deeltjie van lewe?

Bestaan Lewe? Soek en jy sal vind: ervaar Lewe as ‘n werklikheid. Het Lewe betekenis? Ervaar Lewe as ‘n werklikheid en die vraag word sinloos.

Soek-? Soek deur die sprong te waag tot onvoorwaardelike gehoorsaamheid. Waag dit wanneer jy uitgedaag word, want alleen as jy uitgedaag word sal jy opmerk dat die pad 'n vurk maak. Dan sal jy, ten volle bewus van jou keuse tot gehoorsaamheid, jou rug op jou persoonlike lewe draai sonder enige reg om ooit terug te kyk.

Jy sal ontdek dat jy, “in hierdie patroon”, bevry word van die behoefte om saam met die groep te leef.

Jy sal ontdek dat deur jou onderwerping jou lewe sy volle betekenis van die Lewe sal ontvang, ongeag enige voorwaardes wat aan jou gestel word vir die verwerkliking daarvan.

Jy sal ontdek dat die vryheid van voortdurende afskeid, van die self-prysgawe van uur tot uur, aan jou ervaring van die werklikheid ‘n suiwerheid en duidelikheid sal gee wat vir jou self-verwerkliking sal beteken.

Jy sal ontdek dat gehoorsaamheid ‘n wilshandeling vra wat gedurig weer bevestig moet word. Jy sal ontdek dat jy misluk as enige iets in jou persoonlike lewe terug in die sentrum beland.

Hierdie kriptiese, mistieke taal van Hammerskjöld word duidelik wanneer hy baie eenvoudig sy eie lewe en oortuigings beskryf. Hy doen dit as volg:

"The world in which I grew up was dominated by principles and ideals of a time far from ours and as it may seem, far removed from the problems facing a man in the middle of the twentieth century. However, my way has not meant a departure from those ideals. On the contrary. I have been led to an understanding of their validity also for our world today. Thus, a never abandoned effort, frankly and squarely to build up a personal belief in the light of experience and honest thinking has led me in a circle; I now recognize and endorse, unreservedly, those very beliefs which once were handed down to me.

From generations of soldiers and government officials on my father's side, I inherited a belief that no life was more satisfactory, than one of selfless service to your country or humanity. This service required a sacrifice of all personal interests, but likewise, the courage to stand up unflinchingly for your convictions.

From scholars and clergymen on my mother's side, I inherited a belief that, in the very radical sense of the Gospels, all men were equals as children of God, and should be met and treated by us as our masters in God.

Faith is a state of the mind and the soul. In this sense we can understand the words of the Spanish mystic, St. John of the Cross: 'Faith is the union of God with the soul'. The language of religion is a set of formulas which register a basic spiritual experience. It must not be regarded as describing in terms to be defined by philosophy, the reality which is accessible to our senses and which we can analyze with the tools of logic. I was late in understanding what this meant. When I finally reached that point, the beliefs in which I was brought up and which, in fact, had given my life direction, even while my intellect still challenged their validity, were recognized by me, as mine in their own right and by my free choice. I feel that I can endorse those convictions without any compromise, with the demands of that intellectual honesty, which is very key to the maturity of mind.

The two ideals which dominated my childhood world, met me, fully harmonized and adjusted to the demands of our world of today, in the ethics of Albert Schweitzer, where the ideal of service is supported by and supports the basic attitude to man set forth in the Gospels. In his work I also found a key for modern man, to the world of Gospels.

But the explanation of how a man should live a life of active social service in full harmony with himself as a member of the community of the spirit, I found in the writings of those great medieval mystics for whom "self surrender" had been the way to self realization, and who, in 'singleness of mind' and 'inwardness' had found the strength to say 'yes' to every demand, which the needs of their neighbors made them face, and to say 'yes' also, to every fate that life had in store for them, when they followed the call of duty, as they understood it. 'Love" that much misused and misinterpreted word, for them, meant simply an overflowing of strength with which they felt themselves filled when living in true self-oblivion. And this love found natural expressions in an unhesitant fulfillment of duty and in an unreserved acceptance of life, whatever it brought them personally of toil and suffering-or of happiness.

I know their discoveries about the laws of inner life and of action have not lost their significance.
Dag Hammarskjöld

Dit is ‘n lang pad wat God ons laat loop om by hierdie mistieke insig uit te kom. Wat die gelowige Hammerskjöld doen is om te vertel hoe Jesus se woorde in sy lewensgeskiedenis waar word: Wie sy lewe verloor… En om te laat gebeur wat Johannes die Doper gebid het: Hy moet meer word….

Wednesday, July 20, 2011

Wanneer ons toelaat dat iemand ons keer om hom erkenning te gee…. Die ironie van ons oordeelsvermoë.


Hammerskjöld skryf in sy beroemde Merkstene die volgende merkwaardige verhaal met ‘n diepsinnige lewensles:

Hy was onmoontlik. Dit was nie dat hy nie sy werk gedoen het nie. Inteendeel. Hy was pynlik pligsgetrou. Maar sy manier van doen het hom met almal laat bots. En uiteindelik het dit ‘n negatiewe uitwerking gehad op alles waarby hy betrokke was.

Toe die krisis ontstaan het en die hele waarheid uitgekom het, het hy ons verwyt. Sy eie optrede was onkreukbaar. Hy was so vol self-vertroue oor sy eie onskuld dat ‘n mens eintlik skuldig gevoel het om stap vir stap vir hom uit te wys hoe hy homself weerspreek het totdat hy uiteindelik weerloos voor ons gestaan het. Maar dit was net regverdig dat ons dit moes doen.

Toe die laaste leuen uitgewys is en daar eintlik niks meer oor was om te sê nie, het die trane begin vloei.

“Maar waarom het julle my nooit gehelp nie? Waarom het julle nie vir my gesê wat om te doen nie? Ek het altyd die gevoel gehad dat julle teen my was. Vrees en innerlike onsekerheid het my al hoe verder in die rigting gedryf waarvoor julle my nou verwyt. Dit was alles so moeilik. Een keer, onthou ek, was ek so sielsgelukkig toe een van julle my geprys het oor iets goeds wat ek sou gedoen het …”

Dus, uiteindelik, was ons skuldig. Ons het nooit ‘n woord van kritiek teen hom gewaag nie. Ons het hom toegelaat om ons te keer om aan hom erkenning te gee. En daardeur het ons hom verhinder om te verbeter.

Want dit is altyd die sterker een wat die skuld dra. Ons het te min lewensgeduld gehad. Instinktief probeer ons ‘n mens van ons verantwoordelikheid wegskuif wanneer ons dink dat daardie persoon ‘n mislukking maak van ‘n bepaalde eksperiment deur die Lewe. Maar die Lewe jaag sy eksperimente ver anderkant ons powere oordeelsvermoë na. Dit is dan ook die rede waarom dit by tye soveel moeiliker lyk om te lewe as om te sterf.

Wat ‘n merkwaardige slotparagraaf: die eksperiment van die Lewe (met ‘n hoofletter!).

Blog Archive