Monday, September 03, 2012

Wanneer kennis opgeblase is en in die weg van geloof staan.


Die kerkvaders soos Origines het die Bybel in die eerste plek as ‘n teks vir geloofsgroei gelees. God spreek deur die Woord tot lesers om hulle op hul geloofsweg te begelei. Vir hulle was die Bybel ‘n kragbron wat gesoek het om mense te transformeer tot die dieper verborge lewe by God.

Dit beteken nie dat die kerkvaders die letterlike betekenis van die Bybel geïgnoreer of geminag het nie. Hulle het wel deeglik beklemtoon dat dit een van ten minste twee belangrike aspekte van die Bybelse teks is. Maar, het hulle bygevoeg, ‘n mens kan nie daar ophou nie.

Origines verduidelik dit, volgens Paul Decock, wanneer hy die episode van die voetewassing in Johannes 13 bespreek. Die dissipels het alles wat Jesus tydens die voetewassing waargeneem. Hulle kon sien wat Jesus doen. Maar wat hulle nie kon sien nie, was waarom Jesus dit gedoen het. Hulle het die geestelike betekenis daarvan nie begryp nie.

Dus behoort ‘n mens sensitief te wees vir die dieper, geestelike betekenis van die voetewassing. Vir Origines was die voetewassing ‘n beeld van hoe die Woord van die Here die dissipels se voete gewas het. Die verhaal se krag lê in sy geestelike eerder as sy letterlike betekenis.

Net so het die kerkvaders oor die besnydenis gedink: die besnydenis het vir hulle ‘n dieper betekenis gehad vir hulle nuwe tyd. Die kerk het bestaan uit heidense Christene op wie die besnydenis nie meer toegepas kon word nie. Daarom het die kerk die Ou-Testamentiese voorskrifte oor die besnydenis op ‘n nuwe, kreatiewe manier uitgelê. Paulus praat byvoorbeeld van die besnydenis van die hart (Rom.2:29). Op ‘n ingrypende manier het die kerk verder die doop as nuwe sakrament naas die nagmaal ingestel en as teken van die mens se lidmaatskap van God se nuwe volk.

Vir die kerkvaders was dit belangrik dat die Bybel nuttig moet wees, sodat dit ‘n krag tot verandering en transformasie sal word. Kennis, het Augustinus byvoorbeeld geskryf, is maar net ‘n aspek hiervan. Sekere vorme van kennis kan ‘n mens selfs opgeblase maak (1 Kor.8:1). Die skrif wil eerder liefde aanwakker (1 Kor.8:1) deurdat dit ‘n mens nuut maak en bring tot geloof hoop en liefde (1 Kor.13). Wat saak maak is wat die Skrif nou vir mense in die hede beteken. Die Bybel is nie 'n boek waaroor 'n mens nuttelose spekulasies kan uitwerk nie. Dit is 'n boek wat nut vir die geloof het.

Daarom het die kerkvaders ook beklemtoon dat die Skrif vir die gehoorsame mens moreel sterker maak. Die Skrif bou ‘n mens se karakter, vorm jou en maak ‘n verskil aan jou lewe. ‘n Mens lees dus die Bybel met die openheid om gevorm te word na God se wil, om in die krag van God te leef en om in gehoorsaamheid die beeld van God uit te dra.

Dit is eers in die moderne tyd dat mense die Bybel begin lees het om “feite” te formuleer en om “sekerheid” vir hul geloof uit te spel. “Kennis” is wat tel en die “regte” uitleg van eie Bybel het belangrik geword.

Nooit kan ‘n mens die rol van kennis in geloof onderskat nie. Die Bybel is dikwels betrokke by die ontmaskering van valse leringe. Maar net so moet ‘n mens kennis nie oorskat nie. ‘n Mens kan alles weet: jy kan mooi netjies sien wat Jesus alles doen wanneer hy die voete was. Geleerd kan jy dan vir Jesus selfs voorsê wat Hy verkeerd doen. En dan self heeltemal buite God se wil wees.

Dit is nie maklik om die Bybel uit te lê nie. Gedurig moet ‘n mens jou afvra oor die verborge, dieper betekenis daarvan.

Een ding weet ‘n mens: as jou uitleg van die Bybel jou geloof versterk, jou hoop gee en jou in die liefde anker, is jy op die regte pad. Dan is ‘n mens op weg in die teenwoordigheid van God.


Sunday, September 02, 2012

Die geestelike krag van die Bybel.








Origines was een van die beroemdste kerkvaders. Sommige kundiges dink hy is naas Augustinus die belangrikste van hulle almal. Moderne eksegete lees hom met voorbehoude omdat hy bekend is as iemand wat sterk van allegorie in sy Bybel-uitleg gebruik gemaak het.

Maar vir hierdie kerkvader was die Bybel veral ‘n boek wat lewe gebring het en hy het boeiende insigte oor die krag van die Woord gehad. 

Hy lees die Bybel as ‘n teks waarin ‘n mens die woord van God sal vind. Die woord is egter op ‘n verborge manier in die Bybel teenwoordig. ‘n Mens kan op die menslike kant van die Bybel fokus, maar kerkvaders soos Origines wou eerder verby die bloot menslike kant deurdring tot die woord van God waaroor die mense-woorde gegaan het.

Hoe moet ‘n mens nou hierdie verhouding tussen mense- en goddelike woord verstaan?

Wanneer ‘n mens Jesus ontmoet, is dit, skryf Origines, duidelik dat die mens Jesus vir ons sy goddelike karakter openbaar. Net soos Jesus vir ons na God wys, net so het die Bybel met God se woord te doen.

Die mense-woorde van die Bybel vertel van God se woord. Maar God se woord kan nooit ten volle deur mense verstaan word nie. Daarom is ons gedurig weer besig om God se woord beter te begryp en te peil.

Origines voeg egter iets by:  ‘n mens kan nie bloot net die Bybel wil “ontsyfer” nie – asof ons maar die inhoud en idee’s daarvan moet begryp nie. ‘n Mens lees eerder die Bybel met die oog op geloofsvorming. Die Bybel as Woord van God wil die bestaan van die mens transformeer. Dit raak jou geestelike welsyn en nie net jou brein nie.

Wanneer ‘n mens die Bybel op die manier lees, het dit ‘n impak op jou lewe. Dan is die Bybel kragtig aan die werk en bring dit ‘n mens tot ‘n dieper en meer toegewyde verhouding met God. Dit beteken dat die Bybel ‘n mens se bestaan omkeer en vernuwe. Dit is lank nie net bloot ‘n kwessie om sekere dinge van God en oor God beter te verstaan nie.

Paul Decock skryf hieroor ‘n interessante opmerking: in die Bybelwetenskappe is daar ‘n nuwe rigting: eksegete lees die Bybel as ‘n teks wat steun op tekste en nuwe tekste skep. Openbaring, in die Nuwe Testament, kan ‘n mens nie verstaan as ‘n mens nie sien hoe dit die profete soos Esegiël, Jesaja, Sagaria en Daniël gebruik het nie. Die boek Openbaring het weer vele ander later tekste tot gevolg gehad, soos uit die apokriewe tekste blyk.

‘n Mens kan hierdie nuwe studie-rigting nuttig gebruik om meer van die Bybel te “verstaan”. Dit is een ding om te sien hoedat daar in die Bybel vele ou tradisies is of dat die Bybel gebruik is om nuwe boeke te skryf. Om dit te verstaan, is om die omstandighede van die Bybel in Bybelse tye beter te beskryf. Maar op die manier kom ‘n mens nog nie uit by die verborge dieptes van die Bybel nie. Al die insigte word waardevoller as dit ons help om te sien dat God op een of ander manier aan die werk is deur die Bybel en in die Bybel – nie net met mense in ou tye nie. Ook die moderne leser kan die krag van die Bybel ervaar wanneer hy of sy deur die lees van die Bybel bewus raak hoedat hul geloof gevorm en vernuwe word.

Hieroor nog iets meer.

Saturday, September 01, 2012

In die gloed van God se lig.




Lig is ‘n belangrike simbool in Bybelse tekste.

Dit besef ek weer by die lees van Psalm 36: Iemand noem vers 10 een van die mooiste verse in die Bybel: “Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig”.

Vir vorige geslagte en vir vele spiritualiteitskrywers was die uitdrukking van groot waarde: “in u lig sien ons die lig”.

Mens-wees beteken om te lewe. Die menslike bestaan is ten nouste met lewe verbind.

Maar terselfdertyd is mense altyd weer bewus daarvan dat ‘n mens lewe ontvang. Dit is ‘n gawe wat uit God se hand kom: God is die fontein van die lewe. Dit wat ‘n mens tot mens maak, kom van God. Wie leef uit hierdie wete, ontdek sin.

As die lewe kosbaar is, des te meer omdat dit van God af kom.

Dit word op ‘n ander manier verduidelik wanneer die Psalmis byvoeg dat mense lig sien in God se lig.

Al die donkerte wat ‘n mens gevange hou, al die sinloosheid wat ‘n mens ervaar, word begrens en bevraagteken deur die lig wat ‘n mens ontvang wanneer ‘n mens in God se teenwoordigheid is en leef.

Die Bybel is uitgesproke oor die feit dat die mens nie die slaaf van donkerte is nie, maar steeds weer in volle, helder lig woon. Matteus 13:43 vertel van die lig van God wat oor mense kom: “Dan sal die regverdige skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader.” Wie in God se teenwoordigheid leef, is bevry van die duisternis en leef lig. 

Ek is, roep Jesus uit, die lig van die wêreld. 

God se lig word in Bybelse taal besonder dinamies uitgebeeld. Die Pauliniese brief, 1 Timoteus 6:16, probeer God se lig verduidelik: God, skryf die vers, besit alleen onsterflikheid en bewoon ontoeganklike lig wat geen mens gesien het of kan sien nie.

God se lig is te groot vir mense. En tog woon mense in die lig!

Hoe anders, hoe volmaak, hoe spesiaal is die moontlikhede wat vir mense oopgaan wanneer hulle ‘n verhouding met God aanknoop. Dit is, wil die Bybelse tekste uitdruk, verbysterend hoe ryk die lewe kan word. As ‘n mens dit maar as ‘n goddelike gawe sien wat alles wat die allerbeste is vir die mens wil laat toekom. Mense wat God lief het, leef in Goddelike lig.

Spiritualiteit besef te goed dat die transformasie wat die mense ervaar te danke is aan Iemand en Iets ver bo en buite die mens self. Juis omdat God Lig is, is die verhouding met God ‘n liefdesverhouding wat ‘n mens in sy of haar diepste wese belig en deurspoel.

Lig wat donkerte uitdryf, lig wat ‘n mens se pad uitwys, lig wat helder en warm skyn – dit is wat God is vir mense. Aantreklik, boeiend, maar ook verborge: dat mense, skepsels, so hoog kan word - deel van God se hoë goddelike lig.


Friday, August 31, 2012

Wanneer 'n mens nie meer in die nag leef nie..




Een van die boeiende stories in die Gasidiese literatuur gaan oor ‘n rabbi wat vir sy leerlinge vra wanneer hulle weet dat die nag verby is.

Op hierdie vraag is daar ‘n hele paar antwoorde. 

Van die studente dink dat die nag verby is wanneer ‘n mens voorwerpe in die verte kan begin herken.  

Die een groep sê dat dit is wanneer ‘n mens ‘n appel- van ‘n lemoenboom kan onderskei. 

Die ander meen dit is wanneer ‘n mens ‘n skaap van ‘n bok kan uitken.

Uiteindelik kom daar aan die einde van die verhaal die geestelike antwoord van die rabbi. Dit is ‘n antwoord wat die hart van spiritualiteit as die transformasie van verhoudinge raak:

Die rabbi sê naamlik: “Wanneer ‘n mens na die gesig van ‘n man of ‘n vrou kyk en sien dat dit jou broer of jou suster is, weet jy die nag is verby. Want as jy dit nie kan raaksien nie, is dit nog steeds nag.”

Dit is lig, warm in jou wanneer mense om jou naby aan jou is. Dit is ‘n kwessie van sien, van oop-wees, van gedeelde menslikheid, van uitreik in verhoudinge.



Thursday, August 30, 2012

Nagmaalsgebed.






Hoe anders, meteens, Here, kyk ek vandag na brood.

Ek neem dit, byna met verwondering. Ek voel dit, lig, in my hand. Ek kyk daarna asof ek dit vir die eerste keer sien.

Skielik, vandag, sny ek dit versigtig, berekend.

Anders as altyd sien ek dit, hierdie brood met sny na sny, as ‘n geskenk aan my.

Ek besef: ek sal hierdie gawe nie vermorsd kan laat nie. Ek sal dit nie kan laat oud word nie of laat verdor nie.

Want, bedink ek, hierdie brood, so eenvoudig, is kosbaar. Dit stil honger, voed liggame en word dankbaar, in vreugde, geniet.

Dit vertel immers ‘n lang verhaal: dit kom uit die grond van U aarde. Dit vertel van U mense wat saai en plant en geduldig, toegewyd en dankbaar oes.

Ek besef nou: ek hou in my hand die vrug van vele dae toe wind reënwolke aangedryf het, toe swaar druppels van U goeie water op die lande uitgestort is en koringare laat uitbot het.

Hoe mooi is brood nie. ‘n Gawe van en voedsel tot die lewe. ‘n Teken van U troue sorg.

Maar hierdie brood waaraan ek vandag so anders kan raak, wat ek met nuwe oë bekyk, neem my na die diepere, verborge dinge. Vanoggend, by die herdenking van die laaste maal, toe U so spesiaal in ons midde was, het ek dit besef: elke dag wat ek summier brood gesny en geëet het, sommer so, onnadenkend, selfs ondankbaar, het ek geëet sonder om gevoed te word. Ek het geneem sonder om te ontvang. Ek was ‘n dooie by die Lewe. Ek het oë gehad wat nie gesien het nie. Ek het met ore geluister wat nie gehoor het nie. Ek het met my mond geproe wat ek nie gesmaak het nie.

In een helder oomblik, by die breek van die brood, by die brandende herinnering aan daardie laaste, goddelike maal, het die wonder van brood my lewe omgekeer.

Dit was U, dit was U hande, dring dit tot my deur, wat die brood opgeneem het, dit stil gebreek het, en toe uitgedeel het aan elkeen wat daar by U was, daardie aand voordat U liggaam gebreek sou word. Een vir een het hulle ontvang sonder om te begryp, geneem sonder om te ontvang en verteer sonder om verkwik te word.

Net soos ek, al die jare.

En tog het U wat alle harte ken, in die groot, stil oomblik, by die herdenking van U lewe, in die aanskyn van die dood, daardie ongerekende brood met ‘n kruis geseën. Die brood, so onnadenkend, so argeloos en begriploos gevat, het U nogtans geseën en dit gegee, geskenk en uitgedeel.

Versigtig, selfs huiwerig neem ek nou brood. Want daarin sien ek seëninge wat sonder verwyt uitgedeel word. Daarin herken ek lewe wat vrylik, ondanks onsself, gegee word.

Ek weet, al is dit hoe voorlopig, hoe vlak, dat hierdie brood, lig, eenvoudig, ongerekend, die teken is van die groot verhaal van U sorg, U liefde. Dit herinner my aan wat dit beteken om in U teenwoordigheid te wees.

Hoe kosbaar is brood, Here. Hoe kosbaar is brood wat deur U hand gebreek word.

Hoe spesiaal is brood, want U deel dit uit.


Wednesday, August 29, 2012

Spiritualiteit en meditasie in die besigheidswêreld


In die invloedryke Financial Times verskyn die onderstaande berig oor hoe meditasie en spiritualiteit al hoe meer aandag in die groot besigheidswêreld geniet.
Dit is opvallend hoedat die artikel fokus op die invloed van Oosterse meditasietegnieke op hierdie tendens.
Ek sou graag hieroor wou nadink vanuit 'n Christelike konteks. Ek kan my indink dat meditasie-tegnieke, ook wanneer dit nie regtig 'n godsdienstige karakter het nie (soos in die gevalle wat in die artikel genoem word), kan help om 'n mens rustig, kalm en vervuld te kan leef. Daardeur word 'n mens bedag om jou lewe in die rykste sin van die woord te leef.

Maar die Christelike geloof kan ook ver buite die kerk om, vir mense 'n sinvolle, ryk bestaan laat lei.

Dit besef ek onlangs terdeë: 
Die week kry ek in 'n moeilike situasie te doen met 'n mediese spesialis wat met my praat oor 'n belangrike besluit wat geneem moet word.
Dit is die derde keer dat ek met hom te doen het in 'n kwessie van twee dae. Elke keer weer is ek verwonderd oor sy kalmte. Maar hy is duidelik ook iemand wat 'n oor het vir ander. Hy luister, reageer versigtig, bly rustig en wek op die manier by 'n mens vertroue.
Terwyl ons praat oor die belangrike besluit wat geneem moet word, vra hy skielik uit die bloute vir my of ek gebid het oor die saak.
Dit is 'n terloopse vraag wat ek nie as opdringerig ervaar nie. 
Sedertdien bly dit by my: hierdie hoogs professionele en bekwame man wat soveel vertroue inboesem, is 'n gelowige mens wat op die regte tyd rustig en vrymoedig met sy pasiënte oor gebed kan praat. 
Spiritualiteit staan geskryf oor sy lewe.
En 'n mens kan sien: dit maak 'n verskil - ook aan die lewens van mense met wie hy te doen kry. 
Hier is die skakel na die artikel in die FT en onderaan is enkele paragrawe daaruit oorgeneem. 
The mind business
By David Gelles
Though the combination of mysticism and capitalism may seem incongruous, this interplay has found fertile ground at some of the best-known companies in the US and Europe. It is a mash-up of ancient insights and modern-day management theory, and it is happening at Target, Google and First Direct, among others. Today, in organisations large and small, eastern wisdom is changing western business.

These influences have been at work for decades. A generation exposed to “Beat” culture, hippies and eastern mysticism produced a flock of business leaders, including George and one Steve Jobs. Apple’s founder and former chief executive was a Zen Buddhist and spoke openly about how his time meditating in India shaped his world view and, ultimately, Apple’s product design.

25% of large US companies have now launched ‘stress-reduction’ initiatives
“If you just sit and observe, you will see how restless your mind is,” Jobs told his biographer, Walter Isaacson. “If you try to calm it, it only makes it worse, but over time it does calm, and when it does, there’s room to hear more subtle things – that’s when your intuition starts to blossom and you start to see things more clearly and be in the present more. Your mind just slows down, and you see a tremendous expanse in the moment. You see so much more than you could see before. It’s a discipline; you have to practise it.”
There are no reliable statistics on how many companies offer meditation in the workplace, but a quarter of large US employers have launched “stress reduction” initiatives, according to the HR and outsourcing consultancy Aon Hewitt, and that number is growing steadily.

Indeed, Silicon Valley is a hotbed for mindfulness at work. An annual conference called Wisdom 2.0 draws together thousands of spiritually minded technologists from, among others, Facebook, Twitter and LinkedIn, who trade tips on how to stay calm in the digital age.

Aetna, one of the largest healthcare benefits companies in the US, began rolling out mindfulness and yoga programmes to its employees in 2010. The initiative was dreamed up by Aetna CEO Mark Bertolini, himself a meditator. After attracting 3,500 employees, Aetna this year began offering workplace meditation and yoga as a service it sells to customers. “Every morning I get up and I do my asana, pranayama, meditation and Vedic chanting before work,” Bertolini told Yoga Journal. “That’s my wellness programme. It’s helped me be more centred, more present.”

89% of General Mills senior executives said they had become better listeners as a result of ‘mindfulness’ training

Mindfulness can sound deceptively easy. Practitioners sit in a comfortable position, close their eyes and simply notice the physical sensations in their body and the swirling thoughts in their brain. Using moment-to-moment, non-judgmental awareness, the aim is to observe these sensations without reacting to them. By doing so, meditators gradually recognise the fleeting nature of sensations, including pain, anger and frustration. In time, this allows practitioners to quiet the mind. If it all works as intended, this results in individuals who are less agitated, more focused and easier to work with.

This may sound like New Age mumbo-jumbo, but a growing body of academic research provides a scientific explanation. Meditation is shown to reduce levels of cortisol, a hormone related to stress. When cortisol levels drop, the mind grows calmer and gains the stability to become more focused. “Mindfulness is an idea whose time has come,” says Google’s Tan. “For a long time practitioners knew, but the science wasn’t there. Now the science has caught up.”

That the practice delivers consistent results has led to its popularity not only with spiritual seekers, but also with psychoanalysts, health and now business professionals. At General Mills, several hundred executives have taken part in the programme, which has gained national renown and is being exported to other multinational companies. But to understand how a company with $17bn in revenues underwent a spiritual revolution involves examining the personal transformation experienced by one General Mills employee – who in turn became the company’s de facto guru.

Other companies have found that such programmes can generate both health benefits and cost savings. Aetna, partnering with Duke University School of Medicine, found that one hour of yoga a week decreased stress levels in employees by a third, reducing healthcare costs by an average of $2,000 a year.

Mike Martiny, General Mills’ chief information officer, began practising with Marturano in 2007 on the recommendation of a team member. He continues to this day, sitting for 30 minutes to an hour, three to four times a week. Martiny says his meditation has enabled him to focus his attention more effectively. “The premise is to be open to what is happening right now,” he says. “There isn’t such a thing as multitasking. What people call multitasking is really shifting attention back and forth between activities very fast.” By choosing what to focus his attention on, and devoting himself to it fully, Martiny’s work has improved. Mindfulness practice has also helped Martiny become more present when spending time with his wife and four teenage children. “If I’m at family event and I’m looking at my phone, I might as well not be there,” he says. “It’s more honest to not be there.”

Blog Archive