Een
van die boeiende stories in die Gasidiese literatuur gaan oor ‘n rabbi wat
vir sy leerlinge vra wanneer hulle weet dat die nag verby is.
Op
hierdie vraag is daar ‘n hele paar antwoorde.
Van die studente dink dat die nag
verby is wanneer ‘n mens voorwerpe in die verte kan begin herken.
Die een groep sê dat dit is wanneer ‘n mens ‘n
appel- van ‘n lemoenboom kan onderskei.
Die ander meen dit is wanneer ‘n mens ‘n
skaap van ‘n bok kan uitken.
Uiteindelik
kom daar aan die einde van die verhaal die geestelike antwoord van die rabbi.
Dit is ‘n antwoord wat die hart van spiritualiteit as die transformasie van
verhoudinge raak:
Die
rabbi sê naamlik: “Wanneer ‘n mens na die gesig van ‘n man of ‘n vrou kyk en
sien dat dit jou broer of jou suster is, weet jy die nag is verby. Want as jy
dit nie kan raaksien nie, is dit nog steeds nag.”
Dit
is lig, warm in jou wanneer mense om jou naby aan jou is. Dit is ‘n kwessie van
sien, van oop-wees, van gedeelde menslikheid, van uitreik in verhoudinge.