In Johannes 15 vra
Jesus dat sy dissipels mekaar sal liefhê. Hy sê aan hulle dat Hy hulle as vriende
beskou wanneer hulle in ooreenstemming met sy versoek sal optree.
Dan voeg Jesus by:
Niemand het groter liefde as dit nie: dat sy haar lewe vir ‘n vriend aflê.
Liefde kan ‘n
niksseggende algemeenheid word. Maar liefde as vriendskap is baie konkreet en
spesiaal. Mense wat vriende is, het alles feil vir mekaar. ‘n Egte vriend, sê
ons altyd, kan jy herken in tye van nood wanneer jy hom/haar nodig het. Dit is
iemand wat bereid is om op te offer ter wille van ander.
Dit is egter nie die
opoffering wat tel nie. Dit is nie ‘n las om uit vriendskap van jou self te vergeet
en na ander uitreik ten koste van jou self nie. As iemand naby aan jou seerkry,
wil jy by so ‘n persoon wees en vergeet jy maklik van alles wat normaalweg vir
jou so belangrik is. Dan word dit selfs ‘n voorreg en ‘n bron van diepe
blydskap om jou eie dinge agter te aat en te sorg dat dit goed gaan met die een
wat ly.
‘n Mens besef dat
daar niks groters en beters is as om vriendskappe te hê. Dit is ‘n voorreg om
te weet ander mense is naby aan jou, is lief vir jou en gee om vir jou.
Dit wys alles op ‘n
belangrike geestelike saak: ons leef nie vir en uit onsself nie. Ons is gemaak
vir die ander en ons egte geluk vind ons wanneer ons kosbare verhoudings met
ander kan opbou.