Geestelike oefeninge is dikwels
gewone, konkrete, liggaamlike dinge wat ‘n mens gedurig doen om geestelike verdieping te
ervaar.
Vele mens ken geestelike oefening op ‘n liggaamlike vlak. Vir hulle bestaan
geestelike oefening veral uit oefeninge wat ‘n mens aan en met jou liggaam doen
omdat dit jou geestelike welsyn aantas of beïnvloed.
Wat ‘n mens met jou liggaam doen
kan jou hele mens-wees bepaal. Dit laat ‘n mens dink aan die Romeinse spreuk
dat ‘n gesonde gees woon in ‘n gesonde liggaam. Mens sana in sano corpore.
Deur jou liggaam in te oefen, kan
‘n mens geestelik groei en volwasse raak. Liggaamlike oefening op sy eie kan ‘n
mens doodgewoon gesonder laat voel. Hierin het dit ‘n transformerende effek:
deur jou liggaam te oefen kan jy ‘n hele metamorfose ondergaan.
Die Sewendaagse Adventiste skryf
byvoorbeeld voor dat hul lidmate nie koffie of tee drink omdat dit stimulante
bevat. Maar daar is ander sulke voorbeelde in die Jodedom, die mormone, die
Boeddisme en in Islam. In vele godsdienste word begryp dat mense wat nalatig
oor hulle liggame is, ‘n hoë prys daarvoor betaal.
Maar geestelike oefening is meer
as om net mooi na jou liggaam te kyk sodat jy gesond kan voel.
In Spiritualiteit gaan dit om
oefeninge wat ‘n mens self doen om sodoende in liggaam en gees ontvanklike te
word vir die teenwoordigheid van God.
Dit is die geheim van geestelike
oefening: dit dien ‘n mens se geestelike lewe. Dit word gesoek om ‘n mens se
geestelike verhouding met God sterker te maak.
Die bekendste van hiervan is
onthouding van voedsel, afsondering van geraas, opgee van vleis of drank en
weiering om skadelike stowwe soos alkohol en dwelms te gebruik. Ten nouste hang
hiermee saam ‘n opoffering van jou eie belang: ‘n mens eet minder, slaap
minder, soek stilte op, trek sober een eenvoudig aan, gee ‘n weelde-bestaan op,
skeer jou hoof, deel jou besittings met ander, trek spesifieke soorte
klere/linne/katoen aan. Daar is baie, baie verskillende manier om jou lyf te
tem sodat ‘n mens geestelik sterker kan word.
Daar is nog iets diepers: die doel
van al hierdie oefeninge draai nie om jouself nie. Trouens, dit is juis teen
jou eie belang gemik Dit is om die oorheersing van jou eie-ek en die fokus op
jou eie behoeftes te verminder: soos jy op die geestelike weg vorder, word jou
eie geluk en vreugde minder belangrik.
Al hoe meer begryp jy dat dit die
vreugde van ander mense is wat jou bly maak en jou lewe vul. Jy raak sensitief
vir dinge wat werklik saak maak, vir die wêreld en vir allerhande realiteit wat
wag op jou goedgesindheid en ontferming. Deur allerhande oefeninge waarin jy
ontslae kan raak van jou eie belang, ontdek jy die weg na ander mense se harte
en blydskap. Die groot realiteit van ‘n wêreld wat deur jou ontferming mooi
moet word sodat jy ook goed kan leef, word vir ‘n mens al hoe sterker.
In al hierdie dinge word 'n mens dan beelddraer van God, wat deur self-prysgawe die heil van mense soek.
In al hierdie dinge word 'n mens dan beelddraer van God, wat deur self-prysgawe die heil van mense soek.
Deur jouself in te oefen, jou behoeftes reg te kanaliseer, jou liggaam in te perk en fiks te maak, word ‘n mens volwasse deurdat jy, soos die Skepper, ingestel is op ander, op hul behoeftes en op hul seënryke teenwoordigheid in jou lewe.
Al hoe meer besef jy hoe
selfgesentreerd ‘n mens leef en hoe negatief dit op jou inwerk. Jy wil,
selfsugtig, dinge na jou toe bring, onder jou beheer laat kom, domineer.
Hoe meer jy dit doen, hoe meer wil
jy dit doen.
Deur geestelike oefening soek ‘n
mens om hierdie selfsug te bestry. Al hoe meer begin jy besef: Wat baat dit ‘n
mens dat jy ingestel is hierop? Wie sy siel soek, sal dit verloor.
Die Jesus-woord dat ‘n mens net
wen as jy alles kwyt raak, is nog meer as ooit tevore vir ons waar. Wanneer ‘n
mens op ander ingestel is, wanneer ‘n mens jouself vir ander gee, ontdek ‘n
mens wat werklik saak maak.
Wanneer ‘n mens jouself uit die
pad kry, is daar ‘n ryk, vol lewe en wêreld wat in al sy oorweldigende goedheid
en mooiheid in jou lewe kan inkom.
Om soos God te wees, om soos God jouself te gee, om soos God 'n teenwoordigheid in ander sy lewens te wees - dit is waarheen geestelike oefening 'n mens wil lei.
Om soos God te wees, om soos God jouself te gee, om soos God 'n teenwoordigheid in ander sy lewens te wees - dit is waarheen geestelike oefening 'n mens wil lei.
Die pad na vervulling loop langs
die pad van ‘n Ek wat verdwyn. “Hy moet meer word….” Dit, egter, kom maar net
as ‘n mens jouself gedurig inoefen in jou geestelike weg. Elke dag weer, opnuut
en opnuut, moet ‘n mens oefen sodat hierdie besef in jou ingeskerp kan bly.