Friday, June 14, 2013

Wanneer rykes hul rykdom wegsteek.



In die Bybel praat Jesus met die gesiglose skare voor Hom daar op die berg op 'n verrassende manier: "Julle is die sout van die aarde." Dit is nou al daardie mense wat arm van gees is, wat honger en dors na geregtigheid, wat vervolg word. Hulle is die mense wat die aarde smaak gee. Sonder hulle het alles laf geword. Dit is hulle wat  'n samelewing sy sout werd maak.

Die spiritualiteit van Jesus is duidelik: Jou menslikheid word gedra deur die manier waarop jy in liefdesverhoudinge leef. 

Hier onder is 'n artikel uit vandag se NYT wat die sosiale implikasies hiervan uitspel. Ek lees die artikel graag in 'n tyd dat ek nadink oor die kerk as die plek vir mense wat nie altyd in ons tyd hoog geag word nie. Trouens, in sommige gevalle lyk dit of die kerk wil wegkom van te noue assosiasie met ongerekendes van die aarde. 
 
Die artikel spel uit wat gebeur wanneer 'n samelewing op sy kop gekeer word: in 'n verbruikersmaatskappy word menslikheid nie deur 'n eerbare deugdelike lewensstyl gevorm nie. Wie jy is, tel nie meer so veel as wat jy het en hoe jy daarmee uithang nie. Nie net wys mense spoggerig en trots af nie, maar diegene wat nie soveel het nie, laat toe dat hulle minderwaardig voel.

Ryk mense was in 'n menslike omgewing nie altyd trots op hul besittings nie. Sommige het dit selfs weggesteek. Hulle wil nie gemeet word aan wat hulle besit nie. 'n Mens van wysheid weet dat sulke uiterlikhede maak jou nie. 

Wat my opval in die lesers-kommentaar op die artikel is die verhaal van 'n verpleegster wat vertel hoe sy beleef het dat 'n skatryk man alleen in 'n hospitaal gesterf het sonder dat sy kinders by hom was, teenoor 'n werker wie sy seuns hom met groot liefde op sy sterfbed bygestaan het. 

Die ou volkswysheid druk dit uit: die vere maak nie die voël nie. 


  
Hier is die artikel:
Religion and Inequality


His father explained that he thought his son might one day go on to become a fine doctor, but he had also seen loose tendencies. Some hard manual labor during college would straighten him out.

Judd took the train to the university, arrived at the station at 10:30 and by 12:15 had found a job washing dishes at the cafeteria of the Y.M.C.A. He did that job every day of his first year, rising at 6 each morning, not having his first college date until the last week of the school year.

Judd went on to become a doctor, a daring medical missionary and a prominent member of Congress between 1943 and 1963. The anecdote is small, but it illustrates a few things. First, that, in those days, it was possible to work your way through college doing dishes. More important, that people then were more likely to assume that jobs at the bottom of the status ladder were ennobling and that jobs at the top were morally perilous. That is to say, the moral status system was likely to be the inverse of the worldly status system. The working classes were self-controlled, while the rich and the professionals could get away with things.

These mores, among other things, had biblical roots. In the Torah, God didn’t pick out the most powerful or notable or populous nation to be his chosen people. He chose a small, lowly band. The Torah is filled with characters who are exiles or from the lower reaches of society who are, nonetheless, chosen for pivotal moments: Moses, Joseph, Saul, David and Esther.

In the New Testament, Jesus blesses the poor, “for yours is the kingdom of God.” But “woe to you who are rich, for you have already received your comfort.”

In Corinthians, Jesus tells the crowds, “Not many of you were wise by worldly standards; not many were influential; not many were of noble birth. But God chose the foolish things of the world to shame the wise; God chose the weak things of the world to shame the strong.”

Under this rubric, your place is not determined by worldly accomplishments, but simply through an acceptance of God’s grace. As Paul Tillich put it in a passage recently quoted on Andrew Sullivan’s blog, “Do not seek for anything; do not perform anything; do not intend anything. Simply accept the fact that you are accepted.”

This inverse hierarchy took secular form. Proletarian novels and movies made the working class the moral bedrock of the nation. In Frank Capra movies like “Meet John Doe,” the common man is the salt of the earth, while the rich are suspect. It wasn’t as if Americans renounced worldly success (this is America!), but there were rival status hierarchies: the biblical hierarchy, the working man’s hierarchy, the artist’s hierarchy, the intellectual’s hierarchy, all of which questioned success and denounced those who climbed and sold out.

Over the years, religion has played a less dominant role in public culture. Meanwhile, the rival status hierarchies have fallen away. The meritocratic hierarchy of professional success is pretty much the only one left standing.

As a result, people are less ambivalent about commerce. We use economic categories, like “human capital” and “opportunity costs,” in a wide range of spheres. People are less worried about what William James called the “moral flabbiness” of the “bitch-goddess success,” and are more likely to use professional standing as a measure of life performance.

Words like character, which once suggested traits like renunciation that held back success, now denote traits like self-discipline, which enhance it.

Many rich people once felt compelled to try to square their happiness at being successful with their embarrassment about it. They adopted what Charles Murray calls a code of seemliness (no fancy clothes or cars). Not long ago, many people covered their affluence with a bohemian patina, but that patina has grown increasingly thin.

Now most of us engage in more matter-of-fact boasting: the car stickers that describe the driver’s summers on Martha’s Vineyard, the college window stickers, the mass embrace of luxury brands, even the currency of “likes” on Facebook and Reddit as people unabashedly seek popularity.

The culture was probably more dynamic when there were competing status hierarchies. When there is one hegemonic hierarchy, as there is today, the successful are less haunted by their own status and the less successful have nowhere to hide.

Thursday, June 13, 2013

Sy was 'n ongetroude vrou toe hy gebore is...



Die Bybel het ‘n manier om veral oor ‘n sekere soort mens te praat.

Jesus se geboorte is vir skaapwagters aangekondig – mense vir wie die samelewing nie veel respek gehad het nie. Sy “vriende,” soos Johannes Evangelie dit stel, kom uit die nederige dele van die samelewing. Sy dissipels was vissers en het ‘n oorlewingsbestaan gevoer. As hy rondreis, praat hy met die mense wat nie veel kos het nie, wat honger ly, wat desperaat siek is en wat deur hul geestelike leiers uitgebuit word.

Hy maak kontak met straatvroue, met mense wat as geestelik onstabiel beskou is, met die tollenaars, die armes, die ongerekendes.

Nou is daar “normale” mense wat dit lastig vind dat die evangelie skynbaar so op “minderwaardiges” ingestel is.

Hoekom is dit nodig dat die evangelie so nou verbind is met die uitskotte van die samelewing?

Daar is egter ‘n diepe sin hieraan.

In elke mens skuil daar iets van al die mense waarna Jesus uitreik:

Elke mens worstel met armoede, al is dit net dat ons ‘n diepe angs het dat ons van al ons besittings en rykdom beroof sal word.  Wat sal tog van ons word wanneer ons niks besit nie? Hoe sal ander mense oor ons praat? Hoe sal mense tog op ons neerkyk... 

Ons sien ons armoede aan erkenning en roem raak. Ons wil graag soos mense wees wat deur almal bewonder word.

Mense is maar te bewus van hoe arm hulle is aan ‘n goeie lewe. Hul weet van hul foute en hulle is deeglik bewus dat hulle agter die masker van ordentlikheid dikwels donker dinge wegsteek.  

Mense ervaar hul tekortkominge, hul vrese, hul liggaamlike swakheid.

In vele opsigte lyk die “ordentlike”, “welaf”, “normale” mens in sy of haar binneste nie anders as die mense met wie Jesus vriende is nie.

As ‘n mens eerlik is....

Trouens, wanneer ‘n mens eers ander mense sonder hul maskers en bravade’s leer ken, dan kom jy agter dat die mens in die Bybel tipies is van die mens van alle tye.

Daar is iets bevrydends in die tipe mens vir wie Jesus omgegee het. By Hom hoef ‘n mens nie ‘n masker op te sit nie. Hy kies nie mense uit oor hul aansien, besittings, invoed en mag nie.

Hy wil bloot net by mense as sy vriende wees, maak nie saak wie hulle is of wat hulle doen nie.

Hy weet. Hy was self bloot ‘n timmerman se seun en ‘n onegte kind van ‘n ongetroude ma.

Hy weet te goed. Wat tel is nie wie die mens is nie, maar wie God is. Die God van die liefde, wat gee eerder as neem en vergewe eerder as vergeld.

Daar is iets dinamies aan die mense met wie Jesus die blye tyding gedeel het.  Dit troos ‘n mens, inspireer ‘n mens en tel die mens op tot ‘n nuwe lewe.


Wednesday, June 12, 2013

Die lewe as loflied tot God?



In ‘n Protestantse konteks was daar altyd ‘n groot fokus op geloof as verstaan. Dit was die rede dat lidmate die drie belydenisskrifte aanvaar het. Die Nederlandse Geloofsbelydenis, Die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse leerreëls moes by verskillende geleenthede deur lidmate en predikante as waar onderskryf en aanvaar word. Net hulle name is al ‘n aanduiding wat vir die kerk belangrik was – die “leer” en kategese.

Die fokus op die “leer” is lank nie meer daar nie.

Tog bly daar in die kerk se dieptestrukture ‘n duidelike neiging tot kritiese geloofservaring.

‘n Mens, word beklemtoon, moet die tekens onderskei en nie die waarheid van die Evangelie aantas nie.

Dit is goed so. Alle vorme van godsdiens is nie sommer net reg nie. En sommige vorme van godsdiens kan onderdrukkend en verknegtend werk. ‘n Mens moet maar gedurig versigtig wees om nie vas te val in ‘n godsdiens wat ‘n mens nie werklik innerlik vervul en vreugde bring nie.

Tog is godsdiens veel meer as net om krities ingestel te wees. Vele lidate is al moeg vir meer “weet.” Hulle is oorlaai met inligting oor die Bybel, die kerk en die teologie.

Godsdiens is ook (ook), en eintlik (eintlik) toewyding. Lank nadat ‘n mens verstaan het, is daar ‘n innige behoefte om bloot net in God se teenwoordigheid te wees. Hiermee hang saam dat ‘n mens ‘n voordurende behoefte het om God meer net te aanbid. Toewyding, eerder as verstaan, as intellektuele messlypery, is wat saam maak.

Oral word mense oorlaai met hordes nuwe inligting en kennis.

Dit maak hulle suf. Veral omdat baie van die kennis bloot net interessant is.

Maar kennis bevredig net ‘n deel van die menslike bestaan.

Veel dieper en intiemer is dit wat mense ervaar, beleef en voel. Om van God te weet is nog lank nie om God te loof nie. In die lof van God word ‘n verhouding sterker, brandender. Om God te leef is om dieper in te groei in ‘n lewegewende verhouding. Dit is veel meer as net die weet van feite en die vergader van inligting oor wie God is.

In die Protestantisme is dit soms maar verwaarloos. Die kerk het gekompeteer met vele ander sfere wat kennis en inligting as lewensideaal voorgestel het.

Kennis en inligting is ‘n klein deeltjie van die groter, belangrike lewenspraktyk: wat saak maak, besef ons al hoe meer, is dat mense deel voel van ‘n verhouding waarin hulle God se werking in hul lewens aanvoel, herken en as transformerende ervaar.

Die belangrike kwessie in die kerk is lank nie meer of ‘n mens alles goed omtrent God weet en sê nie.

Lewensbelangrik is die groter begeerte: is my lewe ‘n loflied tot God?

Dit klink goed en mooi om dit te onderstreep. Maar hierdie vraag raak ‘n klomp boeiende sake. Want nou word ‘n mens gekonfronteer met die verdere vrae: maar hoe kan ‘n mens se lewe ‘n loflied tot God word? Hierop het die kerk van alle tye diep nagedink. Meer hieroor later.  




Sunday, June 09, 2013

Oor 'n kerk wat uitnooi en insluit.


Gister het ek 'n beriggie oorgeneem met 'n video wat in die NYT verskyn het oor 'n merkwaardige kerkie in Austin wat op 'n besondere manier uitreik en leef in 'n hoogs gediversifieerde samelewing. 

Hier onder is die artikel wat daarmee saam verskyn het.

Ek kan dink hoe so 'n berig onder sekere groepe in ons land wenkbroue sal laat lig.

Maar wat in Austin in Texas waar is van 'n bepaalde voorstad met 'n gemengde gemeenskap, is nog meer waar van ons land, en, veral ook van Afrikaanse kerk-tradisies. Die kerk word stadig, maar o so seker,  uit die ou dinge weggeneem en word blootgestel aan nuwe, suiwererende, maar ook bemagtigende kragte. 

Ek ontmoet 'n paar jaar gelede 'n jong predikant, vol diepe frustrasies omdat hy sy roeping in die bediening nie kon uitleef nie. 

Hy het 'n sterk verlange gehad om 'n kerk te bedien wat inklusief is en waar mense uit verskillende agtergronde die helende, saambindende effek van die evangelie kon uitleef. 

Hy het gedroom van 'n bediening waar mense as mense hul verhouding met God saam kon beleef en uitleef.

Daarom wou hy 'n alternatiewe bediening begin, buite die vaste, byna onbuigbare strukture van die kerk. 

Maar hy het nie eintlik iewers geesgenote gehad by wie hy kon gaan leer nie. Hy het ook nie eintlik 'n model gevind wat hy kon oorneem in sy eie tuisdorp nie.

So iets is ongewoon in ons tyd waarin groepe al hoe meer aan mekaar blootgestel is, maar nooit tog werklik saam met mekaar voor die Here leef nie. 

Ons het bietjie gesels en hy kon een of twee van my verwysings opvolg. Intussen werk hy op klein skaal aan sy droom en visioen. 

Ek het egter besef dat 'n mens met 'n ongewone bedieningsvisioen soos hy 'n ongewone, moeilike pad loop.

In 'n sekere sin sny 'n mens jouself af van die sterk, selfs magtige institusionele strukture van die kerk. Dit is vasbyt en moedhou wat hier aan die orde sal wees. 

Maar, aan die ander kant hoef dit nie altyd so te wees nie. Ek was self deel van 'n gemeente wat deur sekere omstandighede 'n inklusiewe karakter aangeneem het. Al dekade's gelede het, met veel pyn, twee dele van die kerkfamilie in ons tuisdorp saamgekom en een gemeente geword. Dit is 'n verhaal wat nog in al sy volheid vertel moet word. 

Ek was altyd geboeid hoedat die verskillende groepe in daardie gemeente met groot argwaan na mekaar gekyk het. Maar, mirabile dictu, toe ek daar weg was, het vele van die lidmate aan beide kante met lof, en dikwels met bewondering, gepraat van die "ander" groep. 

Dit is 'n vereniging wat binne die bestaande instituut plaasgevind het, min aandag getrek het, maar werklik 'n spesiale onderneming geword het. Hier het die vernuwing, die insluiting van die ander, van binne gekom. En gewerk, al was dit deur barensnood. 

So sal dit gaan: soms, stadig, soms binne en dan weer buite die kerk, maar immer vredig, sal ons agterkom dat al ons vrese en vooroordele, nie net verniet was nie, maar ook onnodig. 

Orals, binne en buite die kerk, is daar vernuwing aan die gebeur, willens en wetens. Dit kan nie gestuit word nie, want uiteindelik is die kerk gebou op 'n dieper, verborge waarheid wat nie deur konvensies en tradisies gestuit kan word nie. 

Wie kan dan, as 'n mens van hierdie visioene en ideale, maar ook van hierdie gebeure lees, ooit dink dat die kerk alleen maar 'n venynige streep aan hom het? 

Hier is die artikel: 

AUSTIN, Tex. — Last Sunday at Vox Veniae, a 200-person church in working-class East Austin, the volunteer baristas showed up an hour before worship services to make locally sourced coffee in the vaunted Chemex system, beloved of connoisseurs. To enhance the java-snob appeal, no milk or sugar was provided. “It’s a purist thing,” one barista said.


“Keep Austin Weird,” the local slogan goes. And the approach to coffee is just one unusual feature of this rule-breaking church in the notably alternative Texas capital.

There’s the building, for example. The church meets in what used to be Chester’s, an after-hours B.Y.O.B. club that shut down in 2007 after a fatal shooting close by. Members of Vox, as the church is known, cleaned up the building, christened it Space 12  and made it a hub for Austin-style activity. It’s their church hall, yes, but also a Wi-Fi-equipped space that freelancers can use for a small daily donation; a yoga studio; an art gallery; and the home of the Inside Books Project, which sends books to prison inmates.


But what’s really unexpected about Vox, to anyone who knows American Protestantism, is that what began as a church for Chinese-Americans quickly became multiracial. Last Sunday morning, whites were in the majority, and in addition to Asian-Americans, there were Latinos and African-Americans in the pews — or, rather, the metal folding chairs around the small stage where a six-piece band played before the pastor, the Rev. Gideon Tsang, delivered his sermon.

In a country that is growing more racially diverse, and in an evangelical movement that is becoming more politically diverse, Vox Veniae, which is Latin for “voice of forgiveness,” may be, as Jesus said, a sign of the times.

Racially diverse churches are often led by white pastors who recruit in minority communities, usually by hiring nonwhite assistant pastors. It is less common to see an ethnic church attract whites. It may be that white people avoid churches where at first they will be outnumbered. Or perhaps the ethnic churches’ worship styles feel alien (especially if prayers and sermons are in a foreign language). Whatever the reason, white churches sometimes succeed in drawing minority worshipers, but minority churches rarely attract white people.


Mr. Tsang sports arm tattoos and the modish, buzzed-on-the-sides, long-on-top haircut that many young men who request it call “the Hitler Youth.” He was raised in Toronto, the son of a Chinese-Canadian pastor of an ethnic church. In 2006, he started Vox Veniae as an independent planting of the Austin Chinese Church, a larger church that wanted a mission to young people, especially University of Texas students. In 2007, the church opened Space 12, and in 2009, it moved its worship services there. Along the way, it began to draw older people. And whiter people.

“The average age when we started was 22,” Mr. Tsang said. “Today, the average age is 27, 28.” Last Sunday, I sat behind a woman who must have been in her 60s. When she had trouble reading the passage from I Corinthians on the monitor above, her neighbor, about 40 years younger, whispered the words in her ear.


In 2011, Vox Veniae affiliated with the Evangelical Covenant Church, a large North American denomination founded in the 19th century by Swedish immigrants. This means that Vox Veniae is a multiracial church that began with Chinese roots and has recently acquired Swedish Lutheran roots.


“In the 1970s and 1980s, the Covenant made some collective decisions to be more intentional about becoming more multiethnic in every area of our life together,” Garth Bolinder, a regional superintendent for the denomination, said in an e-mail. It began to admit more non-Swedish churches, including black and Latino congregations. When Mr. Tsang was looking for institutional support for Vox Veniae, a friend suggested the Evangelical Covenant.


At first, Mr. Tsang resisted, believing his church was “so specific to Austin and the culture of Austin.” Ultimately, he met with Evangelical Covenant pastors, and he decided it was a good fit. “We think it’s healthy to be connected to something bigger,” Mr. Tsang said.


That Swedish/Chinese mingling is a significant innovation in American church history, but it’s not what brings new worshipers to Space 12 on Sunday mornings. Hannah Perez, 24, works for Cuvee Coffee, the local roaster whose beans she was putting through the Chemex. She grew up in a Methodist church in Indiana, and her husband’s church was Hispanic Pentecostal. But when they moved to Austin, they joined Vox.


“We felt like: ‘Wow, this is awesome. It feels like hanging out in someone’s house,’ ” Ms. Perez said.

Saturday, June 08, 2013

Die kerk se lof vir die wêreld.

Hier is 'n aangrypende video uit vanoggend se NYT:

Die kerkie van 'n vinnig veranderende voorstad van Austin, sê die predikant in die video, beweeg uit in die strate van die groot stad en beleef die evangelie op nuwe maniere. In hulle omgewing, wat drasties aan die verander is, wil hulle goeie bure wees.

Maar dit is sy konseptualisering hiervan wat my aangryp:

God is orals, in alles, sê hy. Die ou gedagte dat die wêreld boos is en dat die kerk 'n wegvlug-plekkie, weg van die ou slegte aarde is, werk nie. Dit is nie evangelie nie.

Trouens, vanuit die geloof kan die kerk eerder sê: Die wêreld is mooi, pragtig en vol skoonheid. 

My hart resoneer met sy lofrede op die wêreld. Daar is 'n onmiddellike konneksie met hierdie geestelike leier aan die ander kant van die aardbol.

Ons weet tog: Meer as een mistikus het sy geestelike reis begin by 'n goddelike aanraking deur die wêreld (Franciscus/Merton). 

Maar die predikant, rustig aan die praat, het meer as net liefde vir wat God om ons tot stand gebring het. 

Hy het ook ontferming - die gesig van die liefde - vir hierdie wêreld. Want, sê sy woorde: die wêreld is ook stukkend.

Daarom, vind die kerk God in die wêreld en vind verlossing daar. Die mooi wêreld, die plek van soveel vreugde, mag nie onder die pyn van sy lyding en deformasie alleen gelaat word nie. Daarom hoort die kerk in die wêreld, in God se maaksel. 

Dwarsdeur die geskiedenis van die wêreld was die mistiek nooit wêreldvreemd nie. Inteendeel. Dit het God ook in die wêreld ontdek. 

Hier is die skakel: 


http://www.nytimes.com/video/2013/06/07/us/100000002268970/worship-austin-style.html?smid=pl-share

Blog Archive