Wednesday, October 21, 2009

Nugter mistiek. Oor die mistiek van Thomas a Kempis se Navolging van Christus.

Op ‘n koue, ysige winteroggend naby my busstop vorm die ys op die heining.





Hoog in die blou, winterlug vlieg drie vliegtuie in formasie en ek, verwonderd, neem hulle af – al is hulle ver...






Die voëls het besluit hulle kan ook maar afwys..... Hoekom vergeet jy ons? vra hulle as ek die foto oplaai en hulle onverwags ook daarin ontdek...






Tydens my besoek aan Nijmegen verlede Vrydag, het ek saam met Huub Welzen aan 'n byeenkoms oor Bybelse Spiritualiteit deelgeneem. Die drie uur lange bespreking was ‘n spesiale ervaring, want ons kon deeglik besin oor wat Bybelse Spiritualiteit vir ons is.

Dit was vir my weer eens opvallend hoe jonk en onontgind die vakgebied is – en dit terwyl ek al hoe meer besef hoe lewegewend die gebied is. Ons staan nog werklik maar heel aan die begin daarvan.

In my bydrae kon ek my eie visie op Bybelse Spiritualiteit met die groep deel en luister na Huub se siening. Hy het al heelwat goeie materiaal gepubliseer, wat ek weer eens met veel genot gelees het toe ek my vir die byeeenkoms voorberei het.

In die aanbieding kon ek ook my ervaring van ons M.Kursus in Bybelse Spiritualiteit met die groep deel. Dit is interessant, as ‘n mens daaroor moet begin nadink, hoeveel ‘n mens die afgelope twee jaar geleer het uit die wisselwerking tussen die deelnemers, dosente en studente, aan ons kursus. Toe ek besig was om daaroor na te dink, het ek met groot dankbaarheid besef watter goeie twee jaar dit vir my self was, in my eie geestelike vorming en in my akademiese aktiwiteit. Ek is geseënd, baie geseënd om dit alles te kon beleef het. Des te meer omdat ons so ‘n bekwame groep studente gehad het wat met soveel entoesiase en meelewing gehelp het om van die kursus iets ryks te maak.

Ek het uit die bespreking en terugvoering van kollegas ook oor my bydrae en my visie in Nijmegen baie geleer en met heelwat idee’s daar weggegaan.

Maar daar is eintlik iets groters op my gemoed vandag. Tydens my verblyf kry ek van Jos Huls en Hein Blommestijn die 2006 uitgawe van die boek, “Nuchtere Mystiek,” geskryf deur Kees waaijman en sy kollegas (Kampen: Ten Have). Wat ‘n lekker tema - veral vir iemand soos ek wat maar ‘n slagoffer van ‘n brein-tyd bly. Die boek is die resultaat van die bespreking van Thomas se Navolging tydens die 25e studieweek van die Titus Brandsma Instituut.

Dit is ‘n besondere leersame boek wat vir my een van my hoogtepunte in my leeswerk van die jaar is. Ek wil so bietjie aan die hand daarvan oor die mistiek en Thomas gesels.

Ek het die afgelope paar maande myself steeds bly afvra of ‘n mens Thomas werklik vanuit ‘n mistieke hoek kan benader, veral omdat hy so prakties skryf. Ek het ‘n intense belangstelling in die mistiek ontwikkel – daardie diepste vraag wat ‘n mens ooit kan vra: wat is dit waarna die menslike hart werklik begeer? En om na te dink oor ons verlange na eenwording met God het my die afgelope tyd uitgedaag, besig gehou en baie keer wild laat soek na meer verstaan en meer betrokkenheid.

‘n Mens sou Thomas as ‘n voorbeeld van ‘n spiritualiteitskrywer kon beskou wat in die algemeen skryf oor hoe die verhouding van God en mens oor ‘n lewe lank transformatief is. Hy is so prakties ingestel om konkreet vir God na te volg. Maar is hy ‘n mistikus? Is hy agter al die konkrete dinge, die lewenskuns (soos Albert Geyser dit genoem het) ook op soek na die stiller, mistieke lewe? Gaan dit vir hom om God op 'n spirituele wyse te dien met al die intieme verbintenisse wat dit behels, of is daar by hom ook die mistieke soeke?

Ek het elders op heirdie blog geskryf hieroor en toe gedink dat Thomas nie baie aandag daaraan gee nie. Dat hy selfs ‘n bietjie afwysend teenoor die mistiek gestaan het. Hierdie boek het my oë laat oopgaan vir die feit dat dit nie so was nie en vir my ‘n nuwe perspektief op Thomas ontsluit. Ek verstaan nou ook al ‘n bietjie beter waarom Thomas se boek so ongelooflike impak het. Ek het ook so ‘n vermoede dat hierdie nuwe insig vir ons in ons land besondere betekenis gaan hê. Ons kom uit ‘n geloofstradisie met ‘n hoogs nugtere karakter – en tog – in ons tradisie is die mistiek altyd ‘n subtiele teenwoordigheid.

Net een voorbeeld: Volgens hierdie boek is Thomas sekerlik in elkeen van die vier afdelings van sy werk as ‘n mistikus aan die skrywe. Die eerste boek in die Navolging handel oor die mens se aktiewe navolging van Christus. Die afdeling beklemtoon dat om Christus te volg, ‘n aktiewe toewyding vra.

Maar, skryf Rudolf v an Dijk (wat die Latynse teks van die Navolging in moderne Nederlands vertaal het), hierdie aktiewe inset van die gelowige kry sy diepste betekenis wanneer dit gebeur as reaksie op wat God in ‘n mens spreek. Die navolging is die gevolg van God se lewegewende en skeppende spreke en ook 'n aanduiding van sy mistiek. Dit is volgens hom duidelik in die gebed van boek 1.3.10-12.

Ek lees dadelik nuuskierig hierdie gebed van Thomas en onmiddellik gaan ‘n wêreld vir my oop. Sommer heel aan die begin van die boek, in die derde afdeling, onderbreek Thomas homself en raak hy aan die bid. Hy is “oratief” aan die woord, soos ons ‘n belangrike dimensie in die spirituele hemeneutiek benoem (en iets wat jammerlik deur ons verwaarloos is). Terwyl hy oor die navolging nog maar net begin praat, slaan hy skielik oor in ‘n gebed wat hy direk tot God rig. Een oomblik praat hy met sy leser en dan skielik sommer met God self.

En – in aansluiting by die vorige blogs – speel stilte ‘n groot rol in hierdie gebed. Die gebed lui as volg: “O waarheid, o God, maak my een met U in ewigdurende liefde” begin hy. Die Latynse “fac me unum” is helder en duidelik: Hier is die mistieke verlange na God en die diepe begeerte na eenheid met God (unio mystica). Te midde van al die praktiese dinge, kom hy hier na vore, heel onverwags, met 'n gebed. Hier praat hy met God en roep hy na God om by God te kan wees. Alles wat ek doen, sê hy as te ware, is gerig op hierdie eenwording met die goddelike.

Maar kyk net waarop loop die eenheid dan uit, want Thomas kwalifiseer dit versigtig: Maak my een “in ewigdurende liefde” (in caritate perpetua” – mooi is Van Dijk se vertaling: “altyddurende liefde”). Liefde is daarom die diepste verlange van die een wat Christus navolg. (Laat my dink aan Hadewych van Antwerpen se spiritualiteit van liefde – sien elders op die blog). In ons navolging en nugtere dissipelskap is ons op weg na God se omarmende, ontfermende liefde, of “caritas.”

En dan volg Thomas se verdere gebed, eintlik ‘n stukkie humor: “Die baie gelees en geluister stuit my dikwels teen die bors.” Hier hoor ons van die nietiging – die dinge wat moet verdwyn omdat dit die Godsverhouding benadeel – ‘n belangrike faset van die mistieke ervaring. Lees (woorde!) en luister (woorde!) maak ‘n mens naderhand lam in jou knieë, bid Thomas eintlik. Hierop volg: “In U is alles wat ek wil en begeer” (volo et desidero). Ek moet alles afsterf, selfs my woorde, want by God vind ek alles wat ek ooit sou wou hê of ooit sou wou begeer.

Vir Thomas is dit so belangrik dat hy dieselfde gedagte op ‘n ander manier in ‘n parallelisme herhaal: “Laat alle geleerdes swyg, laat alle skepsels stil wees voor U aangesig. Praat U met my, U alleen.” Let op hierdie totale afhanklikheid van God, van God se spreke. Let ook op die besef van hoe leeg, nutteloos en selfs vermoeiend al ons slim praatjies kan wees (en dit nogal oor die "waarheid"). Die slimmes en die hele klomp – almal moet maar net sonder woorde voor God kom staan. God alleen gee woorde van die lewe (Samaria!).

Mense wat tekste interpreteer, sê die belangrikste dele van ‘n teks is nie daardie dele wat oor en oor dieselfde dinge sê nie. Die geheim van ‘n teks is te vind in daardie unieke deetjies, soms half weggesteek. Hulle vertel jou baie keer waaroor ‘n teks werklik gaan. Lyk my hier is dieselfde dinamiek aan die werk.

Thomas is dus 'n mistikus. Maar gekoppel met sy konkreetheid, moet 'n mens hom 'n "nugtere" mistikus noem.

Mooi.

Ek lees Thomas met nuwe oë. En dit is nog lank nie al wat in hierdie boekie van Waaijman en kie. staan nie. Ek het heelwat stof tot nadenke daarin gevind.

Tuesday, October 20, 2009

Stilte spreek harder as woorde: Oor Psalm 62

Ons praat soms van “stil” gebed en bedoel daarmee dat ‘n gebed saggies of in ons gedagtes gebid word.

Ons sou vreemd opkyk en self ongemaklik voel as iemand vra dat ons stilte bid. Ons dink “bid” beteken noodwendig “woorde” en “praat.” Die bekende Psalm 65:1 begin in ons Bybels met “Aan U kom ‘n lofsang toe.” Luther het dit vertaal met: O God, die mens loof U in die stilte. In hierdie vertaling sien ons die vooroordeeel teen stilte raak. Want ‘n mens moet dit eintlik vertaal met: “Daar is stilte voor U.” Of: "U word geprys met stilte." (Sommige kommentators verbind hierdie woorde met die gebed van mense in die tempel as hulle in stilte wag op God, veral op die belangrike feesdae.)

Ewe aangrypend is die beroemde Psalm 62 oor stilte wat in die Bybel as volg aangebied word:

Eers is daar die pragtige titel van die Psalm:

Stil tot God!

En dan kom die inhoud:

1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedútun." 'n Psalm van Dawid. Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.

Kontrasteer dit nou met al die geraas en gevloek van ander wat nie op God wag nie:

Hoe lank sal julle aanstorm op 'n man, julle almal hom verbrysel soos 'n muur wat oorhang, 'n omgestote klipmuur? Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.

En kyk dan die herhaling van die innerlike, stil wete om by God te kan wees;

Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting! Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie. By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.

Vergelyk dit nou met Psalm 131 (van die vorige blog). ‘n Mens bring jou siel tot bedaring. En hoe nodig is dit nie! Want wanneer ons bid, selfs as ons dit in stilte of met stilte wil doen, dan woel ons gedagtes: ons bid en dink sommer terselfdertyd aan die dag wat verby is, die probleme van môre en ‘n horde ander gedagtes. Die Psalmdigter wil al hierdie gedagtes agterlaat. Dit is genoeg om by God te wees. ‘n Mens hoef nie te praat nie.

Maar selfs hier moet ‘n mens nog baie dieper dink: as my siel tot bedaring gekom het, met die ydele gedagtes uitgeban, kom die tyd van stilte. My siel is stil tot God (nie voor God nie) en ek praat "stilte", sonder enige woorde. Ek vertel eintlik: "God, hoe kan ek U probeer bereik met woorde, mense-woorde met al hul beperktheid, U wat in elk geval onvatbaar, onpeilbaar is? Hoe flou is taal om die verhouding met U, wat buite alle taal is, uit te druk! Hoekom sal ek in my woorde vasval as ek weet dat U lank voordat ek ‘n woord gepraat het, reeds weet wat ek met my lewe sê?"

En hieroor kan ek heeltemal innerlik rustig wees, want dit is nie wat ek sê wat die verhouding met God tot stand bring nie. God is by my lank voordat ek ‘n enkele woord gesê het. God gee aan my liefde, lank voordat ek as verlore Seun my toesprakie gehou het. En God weet, as ek stil is, is dit omdat ek rus gevind het: ek wag op God, ek stel my verwagting op die goddelike Liefde. God is daar. ‘n Rots, ‘n Krag, ‘n Toevlug. Maar God weet ook dat woorde nie meer hoef te sê as ons openheid, ons oopheid teenoor God nie.

Miskien kan ons geen groter gebed bid as ‘n stil gebed, sonder woorde, sonder gepraat en gebabbel, gelaai met die stilte van rus en vertroue, vol van die wete dat geen taal onder woorde kan bring wat God vir my is nie (l.w. nie “doen” nie).

Dit gebeur tog baie in die gewone lewe: met die somer-vakansie is daar, langs die strand, die besige praat-tye. Dan woel en werskaf dit soos ons al die stories van die jaar inhaal en met mekaar deel. En dan is daar die stil tye. Dat ons mekaar se teenwoordigheid geniet. Sonder woorde. Met soveel vrede en rus in ons. En net soms, die treurige wete, dit is so kort, hierdie liefdevolle tye. En wanneer is ons tog meer volledige vervuld as in sulke tye? Sekerlik net wanneer ons by God is – en, gelukkig, dit kan elke oomblik van die dag gebeur.

Ek weet dit is ‘n flou vergelyking. Maar as dit waar is van ons verhouding met mekaar dat stilte ryk kan wees aan liefde, is dit beslis ook waar van ons verhouding met God. Gebed is immers, ook deur woorde, my liefdesverklaring aan God. Miskien sal ons meermale uitvind dat ons in stilte beter ons liefde wys as in woorde. Gebed hoef nie woorde te wees nie. Stilte kan sterker praat as die welluidendste taal.

Monday, October 19, 2009

Om stilte te bid.




(Pragtige foto met stilte as tema deur Gaute Bruvik)



Gebed, sê ons soms opreg gaan nie eintlik oor ons eie behoeftes nie, maar eintlik oor lof aan God. En aanbidding van God is inderdaad ‘n belangrike deel van ons geestelike reis. Om God te aanbid in verwondering, kan ons geestelike reis op baie maniere verryk. Dit word uiteindelik ‘n mistieke ervaring: Ons word aangeraak deur God, ons het daardie diepe, spesiale ervaring wat oor ons kom, ongevraagd, onverdiend en oorweldigend.

Uit ons binneste kom dan vloeiende, stromende woorde van lof en aanbidding oor wat met ons gebeur het. As ons só oor die spesiale oomblikke in ons lewens sing en bid en praat, gebeur daar ook al weer iets diepers met ons. Ons aanbidding van God, bring ons nog nader aan God. Ons gee uiting aan ons indrukke en gevoelens oor die goddelike aanraking en wanneer ons dit doen, word dit vir ons ‘n nog ryker ervaring. Dit is goed om deur God aangeraak te word. Om dan vir God te kan aanbid, in menslike woorde, word ook spesiaal omdat dit ook weer vir ons verdiep en verryk.

Dit is asof God ons woorde neem, ons gedagtes, ons gevoelens en ons ervaringe en dit heilig sodat ons nog meer verwonderd word oor sy teenwoordigheid in ons lewens en ook in ons aanbidding. Aanbidding is nie sommer maar net iets wat ons doen nie. Dit is ons ontmoeting met God waarin ons dieper ingeënt word in ons verhouding met God. Ons aanbid God omdat God ons aangeraak het – en dan, in ryke genade, raak God ons ook aan in ons aanbidding self.

Dit alles maak aanbiddingsgebed baie spesiaal. Nie net omdat bloot omdat dit daarin nie meer oor onsself gaan nie, of bloot net omdat dat dit daarin oor God gaan nie. Die aanbiddingsgebed maak ons bewus dat alles wat ons doen, ook ons dank aan God, uiteindelik deur God geneem word en heilig gemaak word.

Dit is genoeg om ons te laat stil word voor God. Daar kom tye dat ‘n mens besef alles wat met jou op jou geestelike reis gebeur kan eintlik nie regtig in woorde uitgedruk word nie. En iewers weet ons ook dat ons soms vir God nie na waarde of in woorde kan loof en aanbid nie.


Wat my laat dink aan Psalm 131. Dit is ‘n merkwaardige Psalm. Die Psalmdigter het min woorde. Hy gebruik skaars dertig . “o Here, my hart is nie hoog en my oë nie trots nie; ook wandel ek nie in dinge wat vir my te groot en te wonderbaar is nie. 2 Waarlik, ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos ’n gespeende kind by sy moeder, soos ’n gespeende kind is my siel in my. 3 Wag op die Here, o Israel, van nou af tot in ewigheid!”


Dit is ‘n aanbiddingslied waarin die mens se ewige afwagting uitgebeeld word, maar eintlik vertel hy vir die Here bloot net dat hy stil geraak het. Hy vind hierdie stilte so belangrik dat hy dit met ‘n beeld wil benadruk. Hy is so stil en rustig soos ‘n baba, gevoed, by die moeder.


Hier word eenvoudigweg net gebid:


Here, ek is stil by U. Here, my gepratery het ek tot ‘n einde gebring. Here, ek is nie besig met al die “belangrike” dinge nie.


En dan die oorweldigende slot van hierdie Psalm, so gepas vertaal in die Ou Afrikaanse vertaling: Gelowige mense, “wag” op die Here. Julle hoef nie vreeslik te bid, te sing, te prys, te loof nie. “Wag stil, wag in vrede, in woordeloosheid.” Ander Bybelvertalings vertaal meestal met : Hoop op die Here, maar in die lig van die vorige gedeelte is dit beter om te vertaal: Wag op die Here.


Daar is tye, en dikwels is dit die dieper tye op ons geestelike reis, dat ons nie baie woorde het nie. Dat dit vir ons goed is om in stilte by God te wees. Dit is ons hoop, ons verwagting. Om by God te wees, is om verby alle woorde te beweeg.

Sunday, October 18, 2009

Stilte wanneer mense oor God praat






Ons is praterig wanneer ons tot God nader. Die gebede van gelowiges is dikwels gelaai met woorde. Ons het baie om van God te vra en ons stort dikwels graag ons harte voor God uit.

Dit is goed so. God hoor graag ons gebede en luister met behae na die begeertes van ons hart.

Maar ons moet ook onthou dat daar ‘n negatiewe kant aan praterigheid is. Om met God te praat het sy tyd en plek. Iewers moet ons ook wag dat God met ons praat. Ons het God se woorde nodig, dringend nodig – dit is lewensbelangrik dat ons luister na God se stem.

Daarom lees ons die Bybel en luister na die geloofsgetuienis van gelowiges oor die eeue heen. Wie praterig met die Bybel as God se woord omgaan, sal dikwels net sy of haar eie woorde soos ‘n eggo hoor of terugontvang. Ons hart wat so vol gedagtes is, maak dat ons gevanges word van ons eie gedagtes. Of ons is so opgevang in wat ons dink en praat, dat ons nie ontvanklik is vir wat God dalk vir ons wil sê nie.

Dit is daarom ‘n goeie oefening om die Bybel in stilte oop te maak – vir stiltetyd. Egte stiltetyd. Ons kan eerder te min of glad nie praat wanneer ons na die woorde van die groot gelowiges in God se woord luister.

Des te meer omdat die Bybel “sag”, baie “sag” oor God praat. Die geloofsgetuies in die Skrif wil in gebroke, beperkte mensetaal praat oor God, wat ver bo ons taal verhewe is en nooit in woorde vasgevang kan word nie. Dit is al baie moeilik. Want hoe kan ons in mensetaal die verborge dinge van God raakvat en oordra? Dit is ‘n groot uitdaging. En om te verstaan wat hulle eintlik oor God wil sê, moet ons dubbel versigtig luister: versigtig sodat ons gedagtes nie inmeng nie en versigtig sodat ons hulle gedagtes kan peil. Hulle praat so versigtig, so sag, soms so sukkelend (Prediker! Job!), dat ons hulle dikwels nie goed hoor nie, nie verstaan nie – omdat ons nie werklik luister nie, te gou begin praat en ontleed en vrae vra.

Om te kan luister, moet ons stil wees. Stilte is goud. Dit is vrugbare grond. Dit is die ploeg wat ons harte omploeg sodat die saad van die Woord daarin kan val. Wanneer ons die Bybel oopmaak vir ons stiltetyd moet ons woorde en gedagtes verstil en verstom. Ons moet traag wees om te praat, om te vinnig ons mond oop te maak. Soms is die antwoord te vind in die stilte. Die verborgene kom tot ons waar woorde nie kan kom nie. En ons hoef net daar te wees, om te weet....

In 1 Konings 19 word vertel hoe Elia ‘n aardbewing, donderweer en vuur beleef het. Maar God was nie in al daardie groot geraas nie. Toe het die groot stilte gekom – en God was in die stilte.

Wanneer mense in die Bybel oor God praat, pas dit ons om stil te wees. Ons kan dalk nader aan God kom as deur stringe en hordes van woorde. Of, beter gestel, ons kan agterkom dat God in die stilte by ons is.

Hieroor wil ek ‘n bietjie verder dink en skryf.

Saturday, October 17, 2009

Met watter houidng lees 'n mens die Bybel? Oor "heiligheid" as vereiste vir die verstaan van die Bybel.




Die vraag word baie gevra: Hoe lees ‘n mens die Bybel? Maar voordat 'n mens selfs kan dink om daarop antwoorde te gee, moet 'n mens eerder vra: met watter houding lees ek die Bybel?



Die modern Bybelwetenskap het begin toe lesers van die Bybel begin redeneer het dat die Bybel ‘n baie menslike boek met ‘n menslike gesig is. Daar is met verloop van tyd deur Bybelwetenskaplikes en Bybel-lesers al hoe meer beklemtoon dat ‘n mens die Bybel moet lees soos enige ander boek.

Vir baie mense was dit hoogs bevrydend. As ‘n mens dit doen, word baie probleme vir jou opgeklaar, het hulle gesê. En wanneer ‘n mens die menslike kant van die Bybel uitwys, doen ‘n mens niks anders as wanneer ‘n mens van Jesus se Inkarnasie praat nie – want die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons kan die Woord sien, hoor, voel. Dit is in ons taal. Ons verstaan dit. Dit praat van mens tot mens met ons.

En om dit te sê beteken ook nie dat ‘n mens ontken dat die Bybel ‘n boek van geloof en vir geloof is nie. Dit is ‘n boek waarin mense oor eeue heen vertel, op ‘n menslike manier, hoe God in hulle lewens alles omgekeer het. Soms het hulle gesukkel om dit te doen (Prediker!) en soms het hulle met groot sekerheid en ekstase die goddelike boodskap ervaar en oorvertel (Pinkster!).

Die Bybel as geheel wys hoe baie mense oor baie eeue heen hul geloof bely het in ‘n God wat na die mensdom uitreik en hulle total transformer. Mense vertel van goddelike ervaringe op ‘n menslike manier.

En tog, hierdie “menslike” kant is onder ernstige Bybelstudente al hoe verder ontwikkel totdat in resente tye ons al hoe meer van die Bybel as “teks” begin praat. Met die retoriese en literêre benaderings tot die Bybel, praat ons van die Bybelboeke as geskrewe dokumente wat op ‘n spesiale manier opgebou is. Hiermee begin ‘n proses wat al hoe meer daartoe lei dat die Bybel “woorde” word, geskrewe tekste is, wat as ‘n “objek” voor ons lê, waarop ons allerhande operasies uitvoer en wat ons haarfyn ontleed en uitmekaar haal.

Ons praat dus vandag graag en aanmekaar van die Bybel as “boek,” “teks,” verhaal” of storie.” En daar is nie iets daarmee verkeerd nie, want dit is goed dat ek die Bybel reg lees.

Maar dit is iewers ‘n lastigheid as ons nooit verder as dit kom nie. Ons fyn lees word dikwels ons operasie op die Bybel, sonder dat ons bereid is om deur die Bybel gesny en gevorm te word – om te luister.

Ons moet onthou dat taal werklikheid skep. Om van die Bybel as teks te praat, kan maklik ‘n werklikheid skep waarin die Bybel ‘n objek is wat ek op die dissekteer-tafel hou en fyn ontleed, waar ek die hef in die hand het en die laaste woord spreek. Waar my behendige lees die alfa en die omega is.

Tog wil die Bybel baie meer as ‘n boek wees. Dit is veral ‘n versameling woorde: Aan die een kant is dit ‘n boek waarin ‘n mens die stem van God hoor, wat die “woord van God” is. Aan die ander kant is dit boeke van woorde van mense: van Jesaja, Sagaria, Matteus, Markus, Paulus en Jakobus. Hulle is aan die praat, in menslike vorm, maar oor hoe God hulle aangeraak en verander het.

In ons daaglikse lewe is dit net ordentlik om, wanneer iemand met jou praat, met respek te luister. ‘n Mens gee ‘n persoon graag kans om te praat, veral wanneer ‘n mens sien dat daardie een met jou persoonlik gesels, dat sy of haar hart vol is en dat hulle graag met jou wil kommunikeer. Ons luister met aandag wanneer iemand uit die hart uit met ons praat. Ons respekteer dit. En ons voel al geraak daardeur dat ons so iemand se innigste ervaringe kan deel. Ons is bevoorreg - ons sien ‘n kant van daardie person wat ons andersins nie ervaar nie of ons sien wat ander mense nie kan deel nie. Dit is daarom van nature so dat wanneer ons by iemand is ons oop is vir wat hulle sê. Ons is in mekaar se “geselskap” waar ons ‘n pad met mekaar stap.

As ons op so ‘n manier in die alledaagse lewe na mense luister, is die minste wat ons kan doen om met dieselfde respek en eerbied na die mense te luister wat in die Bybel aan die woord is.

Dit klink nou so fyn en goed en normal. Maar dit is nogal ‘n ding om te doen. Mense vind dit moeilik om te luister. Maar mense wat regtig weet, weet ook dat dit nogal ‘n waagstuk is om met ander te praat. Deur na iemand wat met my praat te luister, stel ek myself bloot. Ek kan deur die ander Persoon se woorde geraak word. Hulle woorde kan by my bly vir die res van my lewe, of by my vir altyd spook, my verander, my ontnugter, my bly maak. Dan ontdek ek dat ek nie altyd die hef in die hand het nie, die baas van my insigte en my verstaan is nie.

Dit gebeur ook wanneer ek na Bybelsprekers luister. As hulle met my praat, met woorde wat oor God gaan en wat van God af kom, is ek op heilige grond. Dan is dit skoene-uittrek tyd, tyd om terug te staan voordat die vuur van heiligheid uit die sprekende, brandende bos my verteer. ‘n Mens moet onthou dat jy in hulle woorde in die teenwoordigheid van die heilige, die onpeilbare gebring word.


Daarom moet ‘n mens heilig wees. Anders kan ons nooit reg laat geskied aan die Een wat met ons praat nie. “Spreek, Here, ek luister…”

Dit is nie ‘n populêre ding om te sê nie, veral nie in die wetenskap nie: dat ‘n mens heilig moet wees om deur die Bybel geraak te kan word. En dan nie "heilig" in die sin van iemand wat 'n vroom string prestasie kan inryg voor God nie, maar heilig in die sin dat ek, soos die tollenaar, weet ek is in die teenwoordige van wat heilig is en heilig maak.

Seker is die Bybel ‘n teks, ‘n geskrewe woord, ‘n teks in wit en swart letters. Maar dit is die teks van iemand wat in die woorde aanwesig is, van Iemand wat deur die woorde praat. Daarom is dit dalk verstandiger om eerder te praat van die woord van die lewe, die ewige woord, die woorde van God, die kanonieke woorde. Met hierdie woord word ons op ‘n heilige reis geneem. Ons kan die woord nie optel en lees sonder die nodige respek en verantwoordelikheidsin nie.

Dit is tog ‘n ding: daardie oomblik wanneer ek die Bybel optel en oopmaak om dat mense met my oor God praat!

Thursday, October 15, 2009

Om te glo sonder om God te aanskou

Ek het die artikel hieronder raakgeloop terwyl ek op soek was na meer inligting oor die werk van Eliot, die beroemde Engelse digter. Dit illustreer hoe nederig, vroom, gelowig 'n mens kan wees, en, as die skrywer se inskatting van Eliot reg is, 'n mens tog nog nie vir God aanskou nie. Dit laat my dink aan daardie gesprek van Jesus met die vrome Jood, Nikodemus, maar meer nog het dit my laat nadink oor wat spiritualiteit werklik beteken.


Vir my was die treffende in die artikel dat 'n mens kan besef hoe nodig 'n mens God het en hoe belangrik God is, maar tog, iewers nooit vir God ontmoet nie.



First Things
What T.S. Eliot Almost Believed
________________________________________
J. Bottum
________________________________________
Copyright (c) 1995 First Things 55 (August/September 1995): 25-30.
What passes in the human heart is known to God alone, and the private spiritual life of T. S. Eliot may have been rich and full. But Eliot's publicly presented spirituality-the spirituality in the Four Quartets, Murder in the Cathedral, and The Rock-seems merely weak and strange. Not all spirituality is exuberant or bright, of course. There exists a real spirituality, like John Henry Newman's, that spends itself in the mad, dry attempt to make our inexact words say the exact things of faith exactly, just as there exists a real spirituality, like Gerard Manley Hopkins', that seeks the light of God most strongly in the darkness of His absence. Eliot's spirituality, however, is not precisely dry and not precisely dark; it is instead something like an exotic hothouse plant forced to a small, unlikely bloom-over-cultivated, over-nursed, and over-watched.

For an entire generation of believers Eliot stood as an icon and his faith as a watchword. Born to an age of avant garde art and thought that defined itself most clearly by its rejection of faith in God, Eliot with his gradual-and public-conversion made it respectable again for believers to believe. The respectability was not exactly intellectual, for to the avant garde's amazement there continued to be many intelligent people whose lives were organized around their faith. And the respectability was not exactly moral, for in their gossipy world the British intelligentsia knew too much about one another's private lives for Eliot to claim the authority of a moral hero. The respectability he gave to belief was instead, and more importantly, aesthetic. That a great modernist poet-the author not just of the definitive statement of the Unreal City of modernity in The Waste Land but of so many quotable and right lines about the abyss in "Prufrock," the "Sweeney" poems, and "The Hollow Men"-could come to believe meant that the finest expressions of human life remained available for believers.

Misreading, perhaps, the end of G. E. Moore's Principia Ethica, Virginia Woolf and the Bloomsbury Group claimed at least the identity of feeling and morality if not the superiority of feeling to morality. But "feeling" is an equivocal word, and the moral feeling that the Bloomsbury Group meant is not exactly (as Alasdair MacIntyre claims) an emotivism but rather a cultivated aesthetic sense, a self-confirming feel for opposing the finer, more delicate thoughts and things to vulgar, coarse, Victorian self-confidence. And if a man like T. S. Eliot with his obviously delicate feeling could manage to believe, then the modern failure of nerve that so many modern men and women felt might itself contain a new and properly modern-properly delicate, properly aesthetic-path to continued faith in God.

Grace exists where one finds it, and Eliot's example and real gift for turning powerful and right lines probably did help some believers at some moments during this terrible century. But his self-conscious spirituality ends only in paralysis and his delicate spirituality freezes at last faith's difficult search for understanding.

Part of the problem with Eliot's late use of Christian spirituality to fill the void of modern times is that in his early and middle poems he made the void so large. It was with "Gerontion" (1920) in his second volume of poems that Eliot first used deliberate Christian imagery: "In the juvescence of the year / Came Christ the tiger." But the Christ of "Gerontion" serves no more as the Christ of Christian faith than the Agamemnon of "Sweeney Among the Nightingales" serves as the Agamemnon of Greek legend. Since the Battle of the Books, at least, the contrast of ancients and moderns has been a staple of European literature. And when poets of the nineteenth and twentieth centuries wanted to express their increasing discomfort with modern times they found the contrast an obvious trope. Eliot mastered the ironic use of meaningful ancient (and Shakespearian) epithets to indict meaningless modern squalor: though "Her shuttered barge" like Cleopatra's "Burned on the water all the day," still a rich and vulgar American takes her; though "Morning stirs the feet and hands / (Nausicaa and Polypheme)," still Sweeney in a "Gesture of orang-outang / Rises from the sheets in steam"; though "Gloomy Orion and the Dog / Are veiled; and hushed the shrunken seas," still "The person in the Spanish cape / Tries to sit on Sweeney's knees." But Eliot's use of antiquity is not new, and his use of Christianity in "Gerontion" seems an easy parallel to his ironic use of pagan myth-a parallel suggested perhaps by his ironic use of antique churchly words to indict present-day churches in "The Hippopotamus" and "Mr. Eliot's Sunday Morning Service."

And yet, "Gerontion" contains suggestions of something more than the obvious irony of the "Sweeney" poems, suggestions of something Eliot developed two years later in The Waste Land (1922). The poems in Prufrock and Other Observations (1917) make some classical and biblical allusions, but always as aloof and ironic indictments of the emptiness of the characters who speak the poems-as though the poet's own aesthetic feeling and moral sensibility somehow exempt him from that emptiness. In "Gerontion," however, the poet begins to link the allusions with one another and thereby to give them a life of their own. The richness of the past becomes as important as the poverty of the present; indeed, the reality of the past begins to be the fullest indictment of the present-an indictment that the poet begins to realize he himself does not escape.

Midway through "Gerontion," Eliot slips into a meditation on the playwrights John Webster and Cyril Tourneur:

After such knowledge, what forgiveness? Think now
History has many cunning passages, contrived corridors
And issues, deceives with whispering ambitions,
Guides us by vanities. Think now
She gives when our attention is distracted
And what she gives, gives with such supple confusions
That the giving famishes the craving. Gives too late
What's not believed in, or is still believed,
In memory only, reconsidered passion. Gives too soon
Into weak hands, what's thought can be dispensed with
Till the refusal propagates a fear.

In the tortured and sinister politics of post-Elizabethan England, in the tortured and sinister syntax of post-Elizabethan playwrights, Eliot seeks an "objective correlative" for tortured and sinister Europe after World War I. History, as the past contained within the present, renders the self-conscious present perpetually ironic, for history perpetually offers possibilities for belief that-the poet supposes-have become impossible for us now to believe.

"Gerontion" is a failure. One problem with the poem is that Eliot cannot find his way back from his historical excursus to the Christ-tiger who makes an unearned reappearance at the poem's end, and another problem is that the complicated politics of England between Elizabeth and the Restoration does not work well as a figure for Versailles after the war. The first problem must wait ten years for a proposed solution in "Ash- Wednesday" (1930). But the second Eliot solves, with Ezra Pound's help, in The Waste Land.

Too much has been said about The Waste Land to make original comment about it possible; it has become, like Hamlet, one of those central works around which criticism feeds upon itself, and everything one says about the poem must finally be about not just the poem but what has already been said about the poem. Eliot himself, with his appended notes and references, made The Waste Land a poem to be read in the context of prior readings of the poem. But Eliot's notes have an even more ironic purpose in the poem, for they prove the extension and richness of the past as past and thus prove the narrow poverty of the present. With the fragmented discourse and simultaneous voices of The Waste Land Eliot finds the objective correlative for the meaninglessness of modern life that had eluded him in "Gerontion." He finds as well, however, with the intrusion of time into the poem, the meaninglessness of modern death-the meaninglessness of his own future death, for though the poet by his creative act may stand outside the chaos he describes (the ascription of meaninglessness is, after all, an ascription of a sort of meaning), he cannot stand outside death. The poem longs for a resolution to the poet's fear of death,

There is shadow under this red rock,
(Come in under the shadow of this red rock),
And I will show you something different from either
Your shadow at morning striding behind you
Or your shadow at evening rising to meet you;
I will show you fear in a handful of dust

at the same time that it longs for a resolution to the decline of the West,

Above the antique mantel was displayed . . .
The change of Philomel, by the barbarous king
So rudely forced; yet there the nightingale
Filled all the desert with inviolable voice
And still she cried, and still the world pursues,
'Jug Jug' to dirty ears.
And other withered stumps of time
Were told upon the walls. . . .
I think we are in rats' alley
Where the dead men lost their bones.

T. S. Eliot is a poet of fragments, as Stephen Spender once said, through which run certain great and obsessive themes. And this becomes a vice in the late plays and the Four Quartets, for Eliot realizes his themes insufficiently to pull the fragments into a whole that will reflect the Divine simplicity and the unity of faith. But it remains the greatest virtue of The Waste Land, for Eliot presents the modern mind and modern city as composed of fragments from the past, "a heap of broken images," through which run great and obsessive anxieties. In "What the Thunder Said," the final section of The Waste Land, the anxiety with death and the anxiety with decline at last join: the fragmentation of the poet's obsessive learning and the fragmentation of the Unreal City have a single origin. What the thunder said is "Da"-but if it had said "Datta" (the Buddhist commandment to be generous), the poet and the city would have given with open hands. What the thunder said is "Da"-but if it said "Dayadhvam" (the commandment to be sympathetic) or "Damyata" (the commandment to be restrained), the "heart would have responded / Gaily." What the thunder said is that God has departed from both the poet and the city-and that death and decline alone remain. "He who was living is now dead / We who were living are now dying." The last words of the poem are not the last line's "Shantih Shantih Shantih," but the last note's dry explanation that "'The Peace which passeth understanding' is our equivalent to this word." Eliot reduces even "Shantih" to an ironic fragment, and for the poet and city alike a doomed defense alone remains: "These fragments I have shored against my ruins."

From Matthew Arnold in "Dover Beach" (1867) to Philip Larkin in "Church Going" (1955) poets have found the decay of the culture's religious faith an easy trope with which to express their melancholy sense of lost meaning. But it is a decadent trope and perhaps a wicked trope, for it acquiesces in decay at the same time that it bemoans it and it agrees to inevitability at the same time that it regrets it. Indeed, I suspect that despite the melancholy tone of "Church Going" Larkin actually wishes the utter cessation of faith would come more quickly. Even in The Waste Land Eliot flirts with this trope of lost faith: "Who is the third who walks always beside you?" But he knows philosophy too well to suppose that we could somehow find a meaning for lost meaning, somehow understand why we seem no longer to understand. The reduction of faith in God to an age in history is an attempt to understand faith by surmounting faith, by making the history of faith in God an event transparent to a superior historical understanding. But if the purpose of performing the reduction is to explain why the world no longer seems essentially intelligible, then we lack an explanation for why history should manage to find the age of faith historically intelligible. If the absence of faith in God makes everything meaningless, then even that meaninglessness must be meaningless.

"The Hollow Men" (1925) forms a coda to The Waste Land, for in "The Hollow Men" Eliot purifies in the desert's dry furnace his obsessive anxiety with death and his obsessive anxiety with decline. But he purifies as well his knowledge of the single origin of these anxieties in the absence, not exactly of faith, but of the God in Whom faith would believe-if only we had faith. The philosophically trained Eliot sees that without God, nothing may be beautiful, or true, or good. And here in "The Hollow Men," two years before he entered into Christian communion (on June 29, 1927), Eliot makes the mistake that cripples the spirituality of all his later work.

I must be careful to say exactly what I mean, for certain critics, Marxist or Freudian or postmodernist, dismiss Eliot's late spirituality precisely because it makes an attempt at spirituality-as though Eliot, after looking deep into the abyss in The Waste Land, had closed his eyes in horror and stumbled back into a childish and outdated faith in a childish and outdated God. What I mean instead is that I think Eliot never did truly believe and that his poetry is not about faith's wait for God but about the hollow man's wait for faith. Of course, he probably did believe, and many accounts of personal encounters with the poet describe the deep humility and sincerity of his faith. What we encounter in his late poetry, however, is a profound confusion of faith with a brilliant and learned man's rational understanding that he needs to have faith. It may not have been a confusion in his personal life of prayer, but it is an obvious confusion in his published poetry. And it is still more obvious in his social criticism in The Idea of A Christian Society and Notes Towards the Definition of Culture. Even at his most devout, Eliot sees religion instrumentally-not as Plato's "Noble Lie," of course, instilled in the simple people but disbelieved by the elite, but as a sort of "Noble Truth," instilled in the simple people so that the society may continue but believed in a delicate, ironic, and aesthetic way by the elite. In the anglophilia, misjudged irony, and grotesque delicacy of the worst line Eliot ever wrote-the Magi who have seen the Christ-child reporting, "it was (you may say) satisfactory"-we encounter a spirituality so crippled by its self-consciousness that it testifies only to a mistake in the poet's understanding of faith.

And the mistake originates in the philosophical moves Eliot makes in "The Hollow Men" and extends in "Ash-Wednesday." The failure of modernity rests on the misguided attempt to found philosophical certainty on the self's consciousness of itself, and Eliot rightly sees modernity's failure. But his answer is to force himself to rise to consciousness of his self-consciousness-and then, when he finds that selflessness is not found there, to force himself to rise to consciousness of his self-consciousness of his self-consciousness-and then, when he finds that selflessness is not found there, to force himself to rise . . . -and then. . . . St. Augustine walked this path in the Confessions, and it drove him mad. The notion seems to be that, because we are finite, we cannot (in the real psychology of thought) follow self-consciousness to its apparent infinity; we cannot be infinitely self-conscious. Eventually, at the limit of our thought, we must arrive at a consciousness of which we cannot be self-conscious. Eventually we must arrive at a pure, selfless act of thought that may thereby think the true philosophical foundation of the self.

The path of self-consciousness, however, may be walked only if desire is stronger than reason, only if the will goes on longer than the intellect. The thinker who grows tired and leaps to the conclusion of the apparent infinity of self-consciousness has let reason triumph over weak desire. Augustine falls further and further into self-willed madness as he advances further and further into self-willed self- consciousness, and at last (in a garden as the Confessions tells the story) he converts by the grace of God from madness to that pure and selfless act he sought. But it is a pure and selfless act of will and not of intellect. Augustine becomes an unthinking, irrational, and motiveless desire for the Will of God. And when a child's voice- saying, "Take up and read"-wafts over the garden wall, Augustine drifts as gently as a leaf across the garden and over to the table where he finds the letters of St. Paul.

Augustinian voluntarism provides a philosophical support for St. Augustine's conversion that rationalism could never provide. F. H. Bradley, on whom T. S. Eliot concentrated his philosophical studies at Harvard, found his dialectical idealism-his rational Hegelianism-break down at exactly this point. If the fundamental instrument of the human search for the Divine is the intellect, if the mystical experience is the Aristotelian identity of self-thought thinker with self-thinking thought, then only God could ever arrive at faith. Hegel would be exactly right: the subjective will, because irrational, would be objectively useless and unknowable; history would be the story not of individuals but of God Himself coming in history to freedom, rationality, and self-consciousness. Kierkegaard could not stomach the idea, and F. H. Bradley (at least in a famous passage criticizing Matthew Arnold) apparently could not either. "How can the human-divine ideal ever be my will?" asks Bradley.

The answer is, Your will it can never be as the will of your private self, so that your private self should become wholly good. To that self you must die, and by faith be made one with that ideal. You must resolve to give up your will, as the mere will of this or that man, and you must put your whole self, your entire will, into the will of the divine. That must be your one self, as it is your true self; that you must hold to both with thought and will, and all other you must renounce.

With the demand that by an act of will we give up our will, Bradley reaches toward the Augustinian answer. But Eliot's comment on this passage-"The distinction is not between a 'private self' or a 'higher self,' it is between the individual as himself and no more, a mere numbered atom, and the individual in communion with God"-reveals the extent to which the poet has missed it. The intellect remains for Eliot the organ of faith, just as rationalism (or a sort of rational recognition of the need for supra-rationalism) remains the philosophical support for the search for faith. And the rational self becomes for Eliot more and more attenuated as it walks the path of self- consciousness, more and more ironic, more and more delicate, more and more aesthetic, more and more vague. The poet of precision in "Prufrock" becomes the poet for whom even precision serves abstraction in the Four Quartets. Eliot remained intelligent, of course; if anything, he grew more intelligent as he grew older. His voice deepened as his lines grew denser, and he dropped the boyish trick of using unusual words for their effect as unusual. But he could not find in poetry the faith in God that he saw so clearly he required.

It is not surprising, then, that "Ash-Wednesday" should be the most unified and perfect of the poems after Eliot's conversion. In an essay that appeared shortly before The Waste Land, Eliot claimed that the metaphysical poets John Donne and George Herbert "feel their thought as immediately as the odor of a rose. . . . A thought to Donne was an experience; it modified his sensibility." In "Ash-Wednesday" the thought is still new to Eliot-the thought that knowledge of the need for faith might be itself a kind of faith if only it were felt deeply enough, if only it were experienced deeply enough. And in "Ash-Wednesday" the thought is felt and experienced deeply. "Ash-Wednesday" is a poem not so much about God as prayer for God, and not so much about prayer as about the effort of the poet to put himself in the attitude of prayer. The stuttering fragmentation of lines, developed in "The Hollow Men" to suggest frustrated incompletion, Eliot utterly reverses in "Ash- Wednesday" to suggest consummated completion: just as immediately beyond the spoken line waits the unspoken consummation the hearer expects to hear, so immediately beyond the spoken poem waits the unspoken consummation of faith.

Because I do not hope to turn again
Because I do not hope
Because I do not hope to turn . . .
Lord I am not worthy
Lord I am not worthy
but speak the word only.

The experience of his new thought modifies Eliot's sensibility, and there shines through the lenten dark of "Ash-Wednesday" a joy in the poetic craft that was missing from "The Hollow Men."

But the joy fades as the thought grows stale and hardens into an established position. Eliot's spirituality does not deepen as time goes by, and portions of the Christian workers' chants in the choruses from The Rock (1934) have the joyless feeling found elsewhere only in 1930s socialist workers' declarations of communal joy in work. Eliot never lost his power to turn quotable and right lines:

And the wind shall say: "Here were decent godless people:
Their only monument the asphalt road
And a thousand lost golf balls."

But in the choruses from The Rock the good lines all glibly indict the lack of other people's faith rather than declare faith's presence in the poet. And lines like "I journeyed to London, to the timekept City, / Where the River flows, with foreign flotations" seem merely weak echoes of the Unreal City in The Waste Land. The immediate and personal feeling of "Ash-Wednesday" becomes didactic generalization in The Rock, and the confusion of faith with the knowledge of the need for faith becomes established fact.

There is a certain kind of intelligence-a kind of quickness and skill at manipulating ideas at a certain middle level of abstraction-that good poetry does not necessarily require. Neither Tennyson in the nineteenth century (according to a famous gibe by W. H. Auden) nor John Berryman in the twentieth impresses the reader with his intelligence; we read Tennyson and Berryman for their language and for their profundity at higher and lower levels of abstraction than intelligence commands. Matthew Arnold is a critic of commanding intelligence, but his struggle to divorce the critical function from the poetic is a struggle to divorce intelligence from poetry (a divorce that reaches its decadent completion in the simplicity, power, and stupidity of the poetry of the highly intelligent A. E. Housman). Eliot's long quarrel with Arnold about the function of criticism is finally a quarrel about maintaining a place for intelligence in poetry. And what constantly impresses the reader is the intelligence in Eliot's criticism and poetry alike. Eliot is smarter than we are, better read, and more thoughtful.

This is the explanation, I think, for his near success at presenting Christian spirituality in Murder in the Cathedral (1935). Eliot had read and thought seriously about Augustine and Thomas More. He had read and thought seriously about Donne, Herbert, and Dante (especially Dante-unlike any other great English critic, Eliot returns to Dante as often as he returns to Shakespeare). Eliot knows, in other words, what he would say if only he had faith, if only he lived in a world where faith was the given and the struggle was for understanding. And in the verse-drama of Murder in the Cathedral, in the voice of Thomas Becket seeking to purify his motives for accepting martyrdom, Eliot gets to say it:

I have had a tremor of bliss, a wink of heaven, a whisper,
And I would no longer be denied; all things
Proceed to a joyful consummation.

With the novelty of a new poetic form, with the ability to speak in an actual believer's intelligent voice and consequent freedom from having to speak in his own, Eliot gets to say what he would have said if only he believed. And he says it beautifully, simply, and with real grace. But in his attempt to make the play topical, in the changed tone of the murderers' speeches to the audience, for instance, Eliot actually succeeds only in reminding us that the murder of Becket is not topical (in any immediate social or political sense) and that Becket's voice is not Eliot's.

When the war put a stop to productions of new dramas, Eliot began to work again in the poetic style he had developed in "Burnt Norton" (1935), composing the last three of the Four Quartets: "East Coker" (1940), "The Dry Salvages" (1941), and "Little Gidding" (1942). Perhaps the increased anxiety with death in a man growing older explains the return Eliot makes to the poetic analysis of time he had begun in "Gerontion"-an analysis that characterizes the quartets from the famous beginning of the first,

Time present and time past
Are both perhaps present in time future,
And time future contained in time past.
If all time is eternally present
All time is unredeemable

to the brilliant conclusion of the last,

The moment of the rose and the moment of the yew-tree
Are of equal duration. A people without history
Is not redeemed from time, for history is a pattern
Of timeless moments. So, while the light fails
On a winter's afternoon, in a secluded chapel
History is now and England.

It cannot explain, however, the calm that also characterizes the Four Quartets. The years brought to Eliot a practiced ease and naturalness in thinking in the patterns of Christian thought. Sometimes the voice becomes didactic (as it was in the fifth section of "Ash- Wednesday"), and sometimes the old sneer at the modern world breaks through. But the voice of the Four Quartets remains mostly a voice of calm but deep humility attempting with great and studied care to do justice both to the reality of temporal experience and to the reality of the atemporal Divine.

The poet knows history's reality, but the manner of its reality he finds difficult to describe, for everything that has reality must be present in some way and history presents itself in old traditions, old places, and old books-history presents itself in dissociated fragments whose purpose and unity we cannot immediately discern. Memory, especially when we grow old, presents our own past in this same way: as sudden and dissociated memories-as the poet remembers-of the dust on a rose bowl, of a river, of the passengers on a train. If the past were present to us in some sort of formal pattern, we might have sufficient knowledge to understand our present life and future death. But neither history nor memory presents the past in a patterned way, and the present lacks what would be necessary for us to comprehend it.

In certain moments and in certain places, however, and without explanation, time opens up for us in a flood of associations from history and memory. For all that it is temporal, this experience seems not so much an experience of being in time as an experience of being outside time-of being in a Now in which great stretches of time are simultaneously present. Like Proust, Eliot is careful and precise in his descriptions of such experiences. But unlike Proust, Eliot is careful to remain outside them, for his purpose is not to invest these "spots of time" (as Wordsworth called them) with mystical significance but to develop in them a metaphor for what the mystical enfolding of all time in God's Eternal Now would be like.

A tone of detachment pervades certain passages in the Four Quartets: in "East Coker" where Eliot puts the metaphor of Christ the wounded surgeon, in "The Dry Salvages" where he mocks augury, in "Little Gidding" where he transforms German dive-bombers into the Pentecostal descent of the Holy Spirit. And this detachment originates finally in Eliot's desire to turn experience into metaphor. The progress of the artist, Eliot wrote when he was younger, is "a continual extinction of personality." The poet must not experience his experiences; he must stand self-consciously outside experience in order to watch himself experience. And in the Four Quartets the self- conscious poet stands outside his temporal experiences in order to find in them a metaphor for the atemporal he has not experienced. The fundamental experience in the Four Quartets-that experience to which all other experiences are ordered as metaphors-Eliot always describes in the conditional or the subjunctive or the future.

And all shall be well and
All manner of things shall be well
When the tongues of flame are in-folded
Into the crowned knot of fire
And the fire and the rose are one.

The metaphors work not properly as metaphors for faith, however, but as metaphors for what the mystical experience would be like if only we could have it. Eliot still demands knowledge, albeit a supra-rational knowledge, and still demands that faith be like knowledge. The language of mysticism-the language he borrowed from such Christian mystics as Julian of Norwich, who used it to describe the point where irrational faith gave way to supra-rational knowledge-Eliot uses to describe instead the point where his rational knowledge would give way to irrational faith. He has confused the experience of faith with the experience of God-or at least he has confused his own waiting for faith with the faithful's waiting for God.

I said to my soul, be still, and wait without hope wait without love
For love would be love of the wrong thing; there is yet faith
But the faith and love and hope are all in the waiting.
Wait without thought, for you are not ready for thought:
So the darkness shall be the light, and the stillness the dancing.

This is not faith's difficult search for understanding, but understanding's impossible search for faith. And all that remains for the poet is a delicate, aesthetic, self-conscious almost-spirituality-a detached and wistful watching of himself, watching himself, watching.
________________________________________
J. Bottum is Associate Editor of First Things.


Die artikel is te vinde by

http://www.leaderu.com/ftissues/ft9508/articles/bottum.html

Wednesday, October 14, 2009

Liefde en verantwoordelikheid.

Buber skryf in sy bekende werk, “I and Thou,” dat liefde as ‘n "gevoel" misverstaan kan word.

Dit is wel waar dat ‘n mens liefde kan ervaar, maar liefde is baie meer as gevoelens.

Liefde is ‘n omvattende, kosmiese mag wat baie groter as ervaringe is.

As voorbeeld verwys hy na Jesus se gevoelens van ontferming vir iemand soos die duiwelbesetene wat verskil van Jesus se liefde wat hy vir sy geliefde dissipels gehad het. Al verskil Jesus se gevoelens, is Jesus in beide gevalle lief vir die twee en is die liefde vir hulle dieselfde.

‘n Mens, skryf Buber, “het gevoelens.” Maar liefde gebeur met jou – jy “besit” dit nie of “het” dit nie. Wanneer ‘n mens lief het, is jy nie die een wat beheer en kontroleer nie. Jy is iemand wat omgee, wat uireik, wat versorg, help. genees, optel.

Die liefde gaan nie oor wat jy voel, oor emosies en kragte in jou nie, maar om 'n ander Mens, 'n ander Persoon.

Liefde bring eerder verantwoordelik vir die ander persoon met wie jy in ‘n verhouding staan. Jou liefde vir die ander een, vir die “Jy” beteken daardie persoon is jou gelyke.

Laat mens dink. Op die manier gesien, staan 'n mens nooit self in die sentrum van jou liefdesverhouding nie, maar is die Ander Een, die Geliefde, die een teenoor wie 'n mens verantwoordelik is.

Ek verstaan Levinas so bietjie beter.

Tuesday, October 13, 2009

Versorg die liefde.




‘n Mens leef te veel op ‘n vanselfsprekende manier met mense vir wie jy lief is. En iets wat 'n mens vanselfsprekend aanvaar, kan maklik verwaarloos word.

Die ou mense het dikwels gesê: leef saam met iemand na aan jou asof dit die laaste dag is wat julle bymekaar is. Dan word julle saamwees spesiaal, verdra ‘n mens wat jy anders toelaat om jou lewe te verniel, en doen jy moeite. Die Bybel skryf hieroor heel indirek wanneer dit vra dat ‘n mens nie die nag moet sien breek terwyl daar woede in jou hart is nie. Moenie dat die son sak oor jou bui van viesgeid nie.

Later, veel later, as jy nie meer so vanselfsprekend kan aanspraak maak op die teenwoordigheid van hulle vir wie jy lief is en wat naby aan jou is nie, pak die gevoel jou dat dit maar dalk liewers anders kon gegaan het in alles waaroor jy jou so vererg het en die griewe wat jy opgebou het. Dan sou 'n mens dikwels meer goeie dinge oor jou lewe saam met hulle vir wie jy lief is, wil onthou.

Ek het dit al dikwels in my lewe by mense gesien hoeveel pyn hulle beleef wanneer hulle afskeid moet neem van geliefdes. Natuurlik as hulle mense begrawe. Maar onlangs nog, op ‘n lughawe, terwyl ek wag op my vliegtuig, sien ek ‘n jong man en sy vrou afskeid neem van sy ouers. Hulle is op pad terug Nieu-Seeland toe, hoor ek hulle later vertel. Hy druk sy pa, omhels sy ma en vat sy broer om die skouer. Dan druk hy weer sy pa en hou sy ma weer vas en groet weer sy broer. En steeds is dit nie genoeg nie. Die pyn van afskeid staan wreed uitgeskryf oor hulle familie. Jongmense, uitmekaar geruk oor baie redes van mense wat die naaste van naby aan hulle is. Deur ons land se geskiedenis en ons land se situasie. Later, as sy ouers weg is, staan en huil hierdie groot, brawe kêrel soos ‘n seuntjie. Dit is egte, swaar afskeid neem, kosbare bande wat weer deurgesny word.

Daar is tye dat afskeid neem so diep in jou insny dat die jou fisiek seermaak. Die meeste mense huil bitter-seer trane uit ‘n rou hart as die tyd van weggaan aanbreek. Ander hou dit in, wat amper nog seerder maak. Hoe groter die liefde, hoe rouer die seerkry.

Dit is net jammer dat ons meestal eers wanneer ons dit moet ontbeer, besef hoe ‘n groot gawe ons daagliks het in mense naby aan ons. Ons moet hulle so lief hê, dat ons weet, selfs al breek die groot finale weggaan aan, sal ons liefde hulle bybly en die herinneringe daaraan hul lewens verryk. En ons sal weet, ons afskeid van hulle is ‘n weggaan van mense wat ons lewe mooi gemaak het.

Ons kan nie die finale afskeid keer nie, maar ons kan dit versag deur so te leef dat pynlike herinneringe nie die pyn van die afskeid oorheers nie, dat dankbaarheid verwyte oorskadu, dat die goeie, gedeelde lewens al die foute wat ons onvermydelik gemaak het, sal oortref. Laat ons nooit gaan slaap met liefdeloosheid in ons harte nie. Laat ons die liefde eerder najaag en soek. Ons kan nie maar vanselfsprekend aanneem dat ons vir altyd saam sal wees nie. Ons moet die liefde soek en koester.

En tog, miskien moet 'n mens nie te idealisties wees nie: dalk is die liefde juis so spesiaal omdat dit die tye van vanselfsprekendheid kan vergeet en agter laat. Dit is egte liefde wanneer die ander een kan oorsien, selfs kan vergeet wanneer sy of hy te maklik en te vanselfsprekend aanvaar is.

Die liefde is miskien juis so spesiaal omdat dit tye van seermaak en onsekerheid kan vergewe, omdat dit mens kan aanvaar ten spyte van jou foute en mislukkings. Hoe onvergeetlik, byvoorbeeld, die liefde van die pa teenoor die rondloop-seun wat gedink het hy het nie 'n pa nodig nie. Dat hy kan terugkom na die Vaderhuis wat hy neus-optrekkerig en parmantig agtergelaat het. En dat hy dan nog omhels en met soene oorlaai word (Lukas 15).

Miskien is die liefde juis uitsonderlik groot en intens wanneer 'n mens weet jy word bemin ondanks die kwaad wat jy aangedoen het.

Wat 'n geheimenis is die liefde nie. Iets om nooit te verwaarloos nie, iets om elke dag bewustelik te soek en te versorg.

Monday, October 12, 2009

Liefde soek nie eie belang nie: oor die verantwoordelikheid om die ander een te bemin

Die liefde van ‘n ouer is dikwels ‘n ondankbare saak: “Hoe sê jy?” vra pa of ma vir ‘n kleintjie as hulle iets kry en net eenvoudig aanloop sonder ‘n teken van dankbaarheid.

En dit is goed dat ouers vir hul kinders van vroeg reeds dankbaarheid aanleer. Maar hoe belangrik dit ook al is om dankbaar te wees vir die kleinste blykie van liefde, het liefde eintlik niks met dankbaarheid te doen nie. ‘n Mens bewys nie liefde aan iemand anders omdat jy gaan baat daaruit nie. ‘n Mens het iemand anders lief omdat daardie persoon so spesiaal is.

Dit geld vir die liefde tussen ouers en kinders, tussen twee huweliksmaats, maar dit kan ook van liefdesverhoudinge op baie vlakke waar wees: ‘n mens bewys liefde nie omdat dit voordeel vir jou inhou nie.

Liefde eis dus nie op nie. Liefde mag nooit tot ‘n vlak daal waar dit uit eise en aansprake bestaan nie. Dan word die ander persoon iemand wat daar is ter wille van my, my behoeftes en my gevoelens. Dan het die ander persoon geen vryheid of eie wil nie. Hy of sy word gedegradeer tot ‘n slaaf. En uiteindelik gaan die om my eie belang.

Die diepste kenmerk van die liefde is dat dit op die ander een gerig is.

Juis daarom is die kruis waar Christus totaal alleen is, die hoogste simbool van egte liefde. En Paulus het nie verniet geskryf nie: “die liefde soek nie sy eie belang nie” (1 Kor.13:5).

Sunday, October 11, 2009

Die kosmiese Christus. Oor spiritualiteit en geestelike krag.

Daar is allerhande "groot" debatte oor die historiese Jesus wat soms groot nuus is en baie opspraak verwek. Sommige Bybelwetenskaplikes ontleed die evangelies versigtig om allerhande vaste “feite” oor Jesus uit te sif.

Hulle ontwerp dan allerhande meer "betroubare" beelde van Jesus: Jesus was ‘n Jood wat in opstand teen die Romeinse oorheersers gekom het, of hy was veral ‘n wonderdoener, of hy was ‘n sosiale hervormer of ‘n rondreisende prediker.

Hierdie beelde maak van Jesus 'n meer "aanneemlike" godsdienstige figuur en gee vir baie mense 'n meer "redelike" of "realistiese" verklaring van hul tradisionele godsdiens.

Maar as ‘n mens die Nuwe Testament lees, ontdek ‘n mens daarin maar min belangstelling in allerhande "realistiese" verklarings van Jesus se lewe en boodskap. Die skrywers van die Nuwe Testament teken konsekwent ‘n boodskap oor ‘n Jesus wat mens en wêreld radikaal verander. Hulle sien Hom in die eerste plek as iemand wat radikale verandering bring. Hy is die goddelike, onpeilbare Een, wat deur sy mistieke teenwoordigheid kragte loslaat wat nie gestuit kan word nie. Jesus is juis nie maar net nog 'n redelike figuur uit die geskiedenis nie. Vir hulle gebeur daar deur Hom iets oorrompelends in hul lewe. Hulle spiritualiteit is 'n spirtualiteit van krag.

En hierdie krag stuit voor niks en niemand nie. Jesus is nie net die Een wat mense red nie, maar ook die wêreld. Jesus is die eersgeborene van die skepping in wie alles geskape is (Kol.1:15). Hy is die een voor wie elke knie in die wêreld sal buig (Fil.2).nD

Die Nuwe Testament brand onder die vuur van hierdie transformerende werking van God in Jesus. Jesus het kragte losgelaat wat oor alle grense heen losgelaat word.


Ek lees byvoorbeeld weer vandag met geboeidheid die eerste woorde van die skrywer van die Hebreerbrief: God het al baie in die verlede gepraat, maar nou praat God deur Jesus deur wie die aarde geskep is en wat erfgenaam van alles is. "Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord tot stand" (Heb.1:1-3).


Om te dink: deur Jesus is die aarde geskep! Hoe kragtig werk die geloof in Christus nie.

Dit is hoe die eerste geloofsgetuies oor Jesus gevoel het. Hulle het nie in die slote van die geskiedenis gaan grawe na vondse wat dalk iets oor Jesus sou kon openbaar nie. Hulle het Hom ervaar op 'n oorweldigende manier as die groot Bron van energie in ons lewe.

Daar is vir hulle voorts ‘n spesiale band tussen Jesus en die skepping. Hulle het hom nie tot hulle "harte" ingeperk nie. Die man van Nasaret is ook die heerser oor die skepping. Die Jood in Palestina is ook Heer van die heelal. Om in Jesus te glo, beteken dat ‘n mens in Hom die skepping as sy plek en sy tuiste herken. Ons ontdek ‘n “heerlike” Christus, in wie God se heerlikheid woon (Heb.1:3). Deur Hom word ons aan alle volkere en aan die heelal verbind. Ons is saam met die heelal die voorwerpe van God se liefde in Christus.

Egte geloof word gedryf deur die begeerte dat God se heerlikheid en Christus se heerskappy oor die heelal sigbaar sal word. Dit soek daarna om die wêreld die plek te maak waar God in ontferming en liefde woon. Wie in Christus is, is onlosmaaklik verbind met hierdie wêreld en almal wat daarop woon.

Dit maak ons nou natuurlik verantwoordelik vir wat op die aarde gebeur. Ons kan nie onverskillig staan oor wat mense aan ons siek planeet doen nie. Ons kan ons nie terugtrek in ons veilige geloofshuisie asof die res van die wêreld niks met ons te doen het nie. In Christus soek ons ook die heling van die planeet en vrede onder alle nasies. Ons geloof kan nie selfsugtig net op onsself gerig wees nie. Ons geloof in Christus as die kosmiese Here dryf ons uit om ook hierdie aarde vir God op te eis.

Terwyl sommiges wil delf na allerhande “historiese” feite of kennis oor Jesus, is egte geloof op iets anders gerig. Dit leef vanuit die krag wat Jesus losgelaat het en dit wil in daardie krag van hierdie aarde God se woonplek maak. Jesus het nie 'n bankrot boedel agtergelaat nie.

Saturday, October 10, 2009

Spiritualiteit as transformasie: hoe om opnuut weer energie te kry.

Soms ontmoet ‘n mense wat bruis van lewensenergie. Hulle het ‘n skynbaar ingebore vermoë om met groot energie en toewyding en lewenslus dinge te doen. Die lewe is vir hulle ‘n uitdaging en ‘n opwindende reis – al is dit nie altyd maklik vir hulle nie. Selfs die swaar tye pak hulle aan met moed en met vasberadenheid. Hulle is nie noodwendig mense wat gedurig besig bly nie, maar hulle bly energiek en hulle leer voluit, met krag. Hulle reageer steeds positief, steeds met goeie moed en weier dat dinge hulle onderkry.

Ons kyk na hulle met bewondering, selfs met bietjie afguns. Want ons sien in hulle wat ons in ons eie lewens mis of meer begeer.

En tog, as ons daaroor gaan nadink, is daar in ons eie lewe ook die hoogtepunte van groot energie gewees. Die tye dat ons dinge graag gedoen het, entoesiasties was, voluit geleef het.

Wanneer ons sulke mense ontmoet, word ons geraak en verander deur hulle toewyding en energieke lewensstyl. Hulle moed, vasberadenheid en goeie gesindheid spoel bietjie op ons oor. Ons vra onvermydelik dan: wat gebeur dan in ons eie lewe dat ons dit mis en nie meer ervaar nie.

Miskien moet ons meer terugsit en hieroor nadink: wat is dit wat daardie mense van energie aan die gang hou. Ons sal nie noodwendig dieselfde dinge as hulle doen wanneer ons dan, daarna, terugdink aan wat die dinge is wat vir ons altyd ook nuwe moed en lewenskrag gee. Ons doen tien teen een ander dinge, ervaar ander bronne van inspirasie. Maar die uitdaging is om daaroor na te dink en om dan bewustelik die plekke van inspirasie en motivering gaan opsoek wat vir ons werk of in die verlede gewerk het.

Dit is hierdie dieper nadenke oor wat mense inspireer en energie gee, wat ons kan help om die rykheid van ons eie lewe opnuut weer of ook intenser te ontsluit. Dit word vir ons padtekens na plekke waar ons opnuut weer nuwe krag kan vind en nuwe lewensenergie kan gaan tap.

Die dissipels van Jesus het na Jesus se dood ook hul tye van onsekerheid en lusteloosheid beleef – soos ons weet uit die verhaal van die verslae Emmausgangers. Dit was die opstanding, daardie bruisende krag van die lewende Jesus wat hulle omgedraai en getransformeer het. En in hulle verkondiging van die opgestane Jesus het hulle gedurigdeur onthou watter dinge Hy gedoen en geleer het wat altyd vir hulle geïnspireer het. Dit het hulle harte brandende gemaak... Hulle vriend en leermeester se energieke lewe het hulle lewens in ‘n splinternuwe koers gelei.


Dit was daardie herinneringe wat hulle lewens verander het en van hulle entoesiastiese getuies gemaak het.

Friday, October 09, 2009

Liefde is waar geduld woon: Oor 1 Korintiërs 13:4.




Hierdie foto van 'n visser wat in stormweer sy vissie geduldig en vreugdevol staan en vang het my diep laat dink.



Paulus begin sy beroemde lied oor die liefde met ‘n negatiewe deel: As ‘n mens nie liefde het nie, is ‘n mens niks, leeg, sonder enige nut. Elkeen van hierdie negatiewe dinge begin hy met die opmerking, “Al praat ek...", “al het ek....” “al deel ek...” (1 Kor.13:1-3).

Daarna lys hy ‘n hele klomp kenmerke van die liefde. Hy begin hierdie lys met wat sekerlik vir hom belangrik is: Die liefde is geduldig.

Ons oog gly so maklik oor hierdie opmerking, want geduld is nie altyd in ons tyd ‘n gewilde deug nie. Dit is deesdae amper ‘n sonde om geduldig te wees. Mense wat ongeduldig die groot dinge jaag, die aktiviste, die wat nie kan wag nie, wat dinge druk en gedoen kry, hulle is hoog in ons estimasie. Ons reken hulle. Hulle is nie slap nie, lê en staan nie rond nie. Hulle sit nie hulpeloos en wag passief dinge af nie. Hulle kry dinge reg en hulle maak ‘n verskil. Hulle is die presteerders.

Natuurlik maak dit sin om dinge gedoen te kry en aan te gaan met ons lewens. Ons moet ons haas om betyds by die vliegtuig of trein te wees. Ons moet voor ‘n afsnydatum ons werk afgehandel kry. Ons moet ‘n afspraak nakom.

Maar soms het ons net nie ‘n keuse nie. Ons moet ons beurt afwag sodat iemand ons kan bedien, besluite kan neem, toestemming kan verleen of ons kan ondersoek. Dan het ons wel ‘n keuse – ons kan ongeduldig word, beledigend raak, ons opruk.

Geduld bly deksels moeilik. Want ons is afhanklik van wat ander doen en besluit en ons is so geneig om hulle aan te vat as dinge nie volgens ons sin loop nie. Dit is nog moeiliker omdat ons naderhand teenoor onsself ongeduldig raak. Selfs waar ons net by ander mense is, in ‘n ontspanne atmosfeer, kan ons in ongeduld ons opwerk, argumenteer, ons wil afdwing, baie praat, gou oordeel, maklik kritiseer. In ons ongeduld raas ons, praat baie, luister min, verstaan rede nog minder. Ons lewe raserig en vinnig.

Hoe kom ‘n mens prakties daaruit? Ons moet begin deur eers te verstaan wat fout loop met ons. Ons lewe in ‘n spanning om altyd daar te wees waar ons nie nou is nie. Ons sien meestal die huidige oomblik as ‘n struikelblok, as ‘n voorlopige fase vir waar ons eintlik moet wees.

Ons sien uit na waar ons later of eendag moet wees, asof môre meer saak maak as nou, ons aftrede belangriker is as ons werk, ons Vrydag groter as ons weeksdag wat tog net verby moet kom. Ons jaag na ‘n toekoms waar ons eintlk nooit by uitkom nie.

Ons moet hierdie lewenshouding verander. Die hede gaan nie om wag nie, om jaag nie, om uitstrek na wat nog moet kom nie, maar om lewe hier en nou. Daarom kan ons wanneer die ongeduld ons oorval, terugsit en begin soek na die lewe in die plek waar ons is. Dit is waar ons die verskil kan begin inoefen. Hier kan ons prakties aan onsself begin regruk deur ons hele houding te verander oor die omstandighede waaroor ons andersins so opgewerk kan raak.

Ons kan soek om dinge raak te sien wat ons nog altyd misgekyk het. Sommige mense kan ure op ‘n sypaadjie van ‘n restaurant sit en na mense kyk – geboeid oor die ryke verskeidenheid van vreemde gesigte wat daar op ons aardbol rondloop, terwyl ander dit in hul haas en blindheid vir hul hede as tydmors sal beskou. Maar ons kan in ons huidige moment, wanneer ons dinge afwag, ook die lewe op ander maniere ervaar: ons kan bewus word daarvan dat ons gesond is, goed voel, asem haal. Of ons kan die son op ons vel voel, of ‘n wolk deur die lug sien gly, of dink aan ons kinderdae of aan mense naby aan ons. Of ons kan net stiller wees, meer luister, minder praat, ander begin raaksien, ons oomblikke by hulle as kosbaar beskou en beleef.

Dan kan die grysste tyd, die vaalste oomblik, sin kry en vreugde bring, selfs liefde vir waar ons is en wie ons is bewerk.

Maar, dit klink darem maklik - om so elke oomblik anders te probeer beleef. Miskien sal ons, as ons dit regkry, ook die groter dinge kan aanpak: ons sal dalk moet begin karring om die dinge wat ons altyd so haastig as uiters belangrik beskou, ook te begin bedink omdat dit ons wegneem van alles wat ins ons harte vrede kan gee. Dan sal ons dalk agterkom dat wat ons so verbygejaag, soms meer sin maak as alles wat ons so passievol agterna gesit het.

Ons leef in ‘n tyd, ‘n gejaagde tyd, waar ons sulke geduld met ywer kan soek . Ons vernietig onsself en ons wêreld en ons verhouding met God deur alles te jaag, deur altyd te wil wees waar ons nie nou is nie, deur blind te wees vir die skoonheid wat daar elke oomblik rondom ons verborge is, of die lewensdrif wat in self die vaal tye na vore kan kom.

Hoe treurig is dit dat ons in ons gejaag die toekoms in, nooit werklik tot rus kom in die hede nie. En nooit werklik in die liefde anker nie.

Dit is, tussen hakies, merkwaardig dat die evangelie 'n sterk toekomsverwagting het. Ons praat van 'n eskatologiese boodskap - die verwagting van die toekoms by God. Maar die Christendom het geleer dat hierdie toekoms in Christus se opstanding met vreugde deurgebreek het - sodat ons nou reeds God se goeie gawes kan geniet.

Wat nogal 'n goeie tema vir 'n nagmaalspreek kan wees: om die toekoms te vier - wat nou al begin aanbreek het. Terwyl ons bedink dat ons uiteindelik God se liefdevolle teenwoordigheid ten volle sal kan beleef, hoor ons Jesus se woorde: eet die brood, proe die wyn, laat dit julle God se teenwoordigheid by julle hier en nou beleef. Dalk open dit net, as julle dit soek, julle blik vir wie Ek nou by en in julle lewe kan wees.

Geen wonder Paulus het die liefde so prominent met geduld verbind nie. Die teenwoordigheid van die liefde in ons lewe kan gemeet word – aan ons geduld. Dit is nogal skrikwekkend as ons hierdie toets begin toepas op ons lewens.

Om te kan visvang, geduldig en met genot, in die wreedste omstandighede!

Thursday, October 08, 2009

Om sorgeloos te leef. Oor die rykdom in eenvoud.

Die vroegste Christelike mistici het die geestelike reis gesien as ‘n pad waarop ‘n mens moet kan afgee, laat gaan, afstaan eerder as wat ‘n mens opeis, toeëien, vergader. Hulle reis was letterlik in die woestyn in, weg van die beskawing met al sy sagte beddens, boordevol borde kos en gemaklike lewensstyl.

Vir hulle was liefde, vergifnis en ontferming sentrale deugde, maar hulle het ook besef dat ‘n mens verhinder kan word om lief te hê, om te gee en jou te ontferm. Deur jou verkleefdheid aan sekere dinge, kan ‘n mens neig om eerder in te samel as uit te deel, vas te hou as te laat gaan.

Ons het ‘n innerlike neiging om ons hande vas te klem in eie belang eerder as om dit uit te hou in mededeelsaamheid en meelewing. Om te laat gaan, bring vryheid van hierdie drang, hierdie verkrampte vashou aan ‘n gemaklike, oordadige en bevoorregte lewe.

Dit is wonderlike ideale en pragtige woorde om te sê dat ‘n mens moet kan laat gaan. Die praktyk wys dit is nie so maklik nie. Dit vra op ‘n seker manier inspanning. Om te laat gaan, vra dat ‘n mens met groot geduld en toewyding hard moet werk aan sekere innerlike struikelblokke.

Dit is nie net ‘n kwessie van vriendelikheid en omgee en liefdadigheid nie – al word dit alles sekerlik bedoel. Meer is op die spel: ‘n Mens moet die moeilike pad stap om jou woorde te tel en om sag te wees waar ‘n mens van nature kwaai en selfbeskermend is. Dit beteken ook dat ‘n mens lankgekoesterd vooroordele teenoor ander moet kan opgee. En dan, seker ook een van die heel moeilikste dinge: ‘n Mens moet mag kan opgee. ‘n Mens moet op ‘n punt kom dat jy moet begryp ander mense kan nie optree, leef en reageer soos jy dink hulle moet nie.

Die geestelike reis vra van ons om te aanvaar dat mense saam met ons gaan terwyl hulle anders as ons is, dink en optree. Ons moet daarom gedurig op die hoede wees hoe ons oor ander dink en wat ons van hulle vra. Ons moet ook maar versigtig kyk na hoe ons oor onsself en ons posisie onder mense dink. Ons is dalk nie so in beheer soos wat ons vermoed het nie. Ons kan ook nie regtig ander mense laat doen wat ons dink hulle behoort te doen nie. En ons is eintlik ook nie so belangrik soos wat ons graag wil dink en wees nie.

Maar een van die heel belangrikste geestelike gawes is dat ons ons sorge moet kan loslaat. Dit is veral vandag meer as ooit waardevol om te hoor hoe Jesus met ons praat oor die kommer en sorge van die lewe. Waarom kwel julle jul oor die dag van môre, is sy tydlose vraag. Kyk net na die diertjies van die veld wat sorgeloos van dag tot dag lewe. Hulle word versorg deur die Hemelse Vader.

En as ons hierdie sorge kan agterlaat, kan vergeet, kan aflê, verdwyn die spanning en gejaagdheid en gedrewenheid uit ons lewe. Dan ondermyn ons in die naam van die Here almal en alles wat ons dryf en jaag om te doen wat hulle wil dat ons moet doen. Dan luister ons na die wil van die Here en doen ons nie die uitbuitende wil van die baie base in ons lewe nie. Ons moet eenvoudig ons sorge kan laat gaan, verby al die druk op ons kan leef.

Natuurlik kan dit alles nog praktieser raak: ons moet ons kan instel daarop dat ons eenvoudiger kan lewe, sonder al die baie besittings wat ons so onnodiglike en oorvloediglik en gretiglik, selfs gieriglik, insamel en “besit.” Of ons kan in eenvoud besluit om minder te eet, minder luuks, minder oordadig, met meer oorwoëndheid te leef.

Dit alles vra bewuste keuse en daadwerklike optrede. Maar dit bring wonderlike vryheid. In die eenvoud van ‘n nuwe lewe, sal ons dan ook leer om alles wat ons het, te waardeer en eg te geniet. Ons lewe in eenvoud bring ons dan tot groter genot, groter waardering en dankbaarheid vir alles wat ons het wat ons lewe tog mooi en volledig maak. Deur te laat gaan, te los, ons krampagtige hande te ontspan, ontdek ons dalk groter skoonheid as wat ons gedink het of tot dusver beleef het. Miskien is die heel grootste blydskap as ons dan ontdek, ironies, dat ons alles kry waarna ons so gesmag het met ons krampagtige greep op die lewe. As ons laat gaan, kom alles waarna ons verlang het, en nog meer, ongevraagd in ons lewe. Wie sy lewe verloor....

Tuesday, October 06, 2009

Die blink oomblikke: bewuswording in spiritualiteit









In ons vaal bestaan, is daar vir ons meestel min “verrassings.” Die delwer op die myn versinnebeeld ons daaglikse ervaring: een emmer vol gruis na die ander word gedelf, gewas en uitgegooi op die sorteerband. Daar is dikwels dae en dae wat omgaan voordat die delwer die blink klippie raaksien en opgewonde, dankbaar beloon word vir die wag, die konsentrasie, die volharding.

Vaalheid, teleurstellings, roetine, harde werk, maar meer nog, selfs probleme is ons deel en lot. Veral van ons geestelike reis.

‘n Mens kan hierdie saaiheid verduur en probeer oorleef. Maar jy kan ook daardeur sif, op soek na die blink klippie te midde van al die gruis. Dan is 'n mens ingestel op hoe jy gevorm word, hoe jy groei deur jou ervaringe, selfs al is hul op die oog af sinloos en vaal.

Dus: die uitdaging is om te soek na dit wat waardevol is, maar begrawe is onder die sleur van elke dag.

Dit gebeur nie baie nie. Ons kyk vas in al die waardelose klippe en mis die goeie, blink oomblik wat alles tog uiteindelik die moeite werd maak. Dit is 'n proses van instelling, van bewuswording, van fokus op wat saak maak.

Wie soek, sal vind... selfs in die slegste oomblikke van ons bestaan, kan ons, as ons geestelik ingestel is, die waardevolle oomblikke ontdek.

Monday, October 05, 2009

Oor sokker en seuntjies: buig die boompie as hy nog jonk is...

Seuntjie se span:





Die teenstanders se spannetjie het lang mannetjies in hulle geledere:





Ons kyk seuntjie-sokker. Die spelertjies is almal tjokkertjies uit Graad 1, so ses jaar oud, wat hierdie jaar begin het om sokker te speel. Dis ‘n hele gedoente, hierdie Saterdag-oggend wedstryd wat terselfdertyd ook ‘n familie-uitstappie word. Uitgevat in hulle helder-blou en son-geel uniforms, in die kleinste maat aangekoop en nog steeds heeltemal te groot vir die klein lyfies, voorsien deur ‘n ma-borg met genoeg geld, en elkeen met hul eie bal waarmee hul voor die tyd kan oefen, daag hulle op vir die Saterdag-wedstryd op die pragtige, groen, goed versorgde velde in hierdie land van melk en heuning waar ons kuier.

En dit wemel van die tjokkertjies. Orals speel spannetjies. Dis ‘n klomp mensies wat hier aan die gang is en baie families wat hul vroeg-oggend hier deurbring. Die atmosfeer is totaal ontspanne, die omgewing rustig en die gemoedere vol.

Om hierdie spannetjie is baie meer as net hul families. Coach Dave is self ‘n speler, maar vanoggend is hy die afrigter wat elke spelertjie vrindelik groet met hul aankoms en hul voorberei vir die wedstryd. Hy is gedurig by, later, tydens die wedstryd. Hy haal spelers van die veld af, roep komplimente uit, prys hulle omdat hulle vir mekaar die bal aangee (duidelik om hul van ‘n spangees bewus te maak).

Dis nie net vir bal skop en tande tel nie. Die outjies speel nogal ‘n lange wedstryd, verdeel met ‘n pouse waartydens elkeen ‘n koeldrank en ‘n pakkie vars appels kry. Na die tyd is daar ‘n koepon waarmee elke kind vir hom ‘n snoepie by die winkel kan gaan uitsoek. Beloning vir die sweet en natuurlik ook nog lokmiddel.

Dis alles net vir “fun.” Elkeen, is die filosofie van hierdie doen van dinge, moet die wedstryd veral geniet. Niks afpersery, rasery, druk op die outjies nie. Maar tog is daar ‘n dieper sin aan alles: hier ontdek hulle op ‘n ontspanne manier die basiese dinge oor die wedstryd, die grondreëls van die grootste sportspel op die aardbol. Daar is daarom ‘n skeidsregter, ‘n hoërskool-seun, opgetooi in skeidsregter-drag wat so af en toe fluit blaas. Hulle moet leer om volgens die reëls te speel en om die man met die fluitjie te respekteer as hy ‘n beslissing maak. Hier word hulle geleer om vaardig te wees, om na pale te mik, om vir mekaar die bal aan te gee, om ‘n doel voor oë te kry, maar veral om sportmansgees te openbaar. Hulle speel ook nie in posisies nie. Almal hol in ‘n heerlike malhuis van skop oor die hele veld. Mooi.

En mens kan sien waarom hulle maar op die stadium eers net op ‘n baie basiese vlak moet skop. Dit is nie altyd so ‘n maklike storie om daardie groot bal met die klein voetjies te tref nie. Dikwels is die mannetjies reg voor die doelhok, maar dan trek daardie skop skoon skeef mis verby. Die beentjies kan nog nie so lekker mik nie.

Maar almal klap entoesiasties hande selfs as daardie skop mis is. Probeer weer, boet. Volgende keer is dit in. Boeta word luid aangemoedig, gekomplimenteer en hoog geprys asof hy so pas vir Ronaldino of Ronaldo of David Beckham gewys het hoe moet ‘n mens sokker speel.

Hier is die sokker taai-vas gereël. Ouers kry streng voorskrifte oor gedrag langs die veld. Daar word onmiddellik toegeslaan op enige onbeheersde of ongure gedrag. Hierdie is seuntjie-sokker wat bedoel is om nie kompeterend te wees nie. Die reëls is streng en alles is daarop ingestel om die kinders goed te laat voel oor hulle sport en om niks druk op hulle te plaas nie. As ‘n spannetjie te swaar kry, word die wen-span se getalle afgebring om te sorg dat geen span te ver wen nie en niemand ontmoedig word nie.

Maar moenie dink dis net paradys nie, né. Ook hier loer die Groot Gedagtes van die Groot Dinge en die Groot Toekoms in ons Donker Harte. Jy kan sien daar is ‘n pa of twee by wie die spanning hoog loop. Hoog. As sy seun die bal kry, is hy soos blits op en hol langs die veld, en, soms, daardie instruksie wat hy uitroep - seun bly maar altyd bewus pa is langs die veld. En jy sien ook dit is maar knyp-knyp om nie oorboord te gaan nie. Ons droom tog mos almal van seun wat in Beckham se spore sal loop (met die vet geldbeursie). Maar dit word, gelukkig, weggesteek.

Ek onthou, ‘n paar jaar terug, toe ‘n skoolhoof in die Wes-Kaap oor die slegte gedrag van familie en spelers op die sportvelde voorgestel het dat die skole-sport nie kompeterend moet wees nie. Baie van die kinders se depressies, frustrasies, geweld, minderwaardigheidsgevoelens, nydigheid en hatigheid, het hy gemeen, sou uitgeskakel kon word as hulle net in vrede sonder enige druk hul sport kon geniet. En hier, by seuntjie se skool, verstaan hulle dit nog op hierdie vroeë stadium. Vir hierdie eerste jaar is dit bloot net “fun.” Later, soos hul ouer word, kom die kompeterende gees. Nou word eers net atmosfeer geskep.

Seuntjie het twee doele geskop. Maar dit is nou nie regtig wat vir hom saak maak nie. Later kan hy ook nie juis onthou wat hul telling is nie. Hy is baie meer opgewonde oor die snoepie wat hy na die tyd kan gaan uitsoek. Goed so. Maar moenie dink die ouers weet nie dat hulle spannetjie het hierdie seisoen al al hulle wedstryde gewen nie. En dat die ander spannetjies maar soms droewig vertoon nie. In hierdie prestasie-maatskappy loer die begeertes van roem op meer plekke uit as wat reëls kan toestop.

Wat sê ‘n mens oor hierdie dinge? Ek ontmoet ‘n paar jaar gelede ‘n mediese student by ‘n swembad terwyl hy al vier uur se oefentyd agter die rug het. Elke naweek sit hy ten minste agt uur per dag se oefen in vir die Olimpiese Spele van die volgende jaar, vertel hy my. Maar dit is tussen sy studie-tye in, want hy was toe vyfde jaar medies en moes graad kry. En ‘n mens lees van atlete wat elke dag van hul aktiewe sport-loopbaan alleen, volhardend, toegewyd sulke ongelooflike ure insit. Hier is min tyd vir die lewe “geniet” of vir net lekker “kuier.” En ek herken iets daarin van die uitdagings wat soms ook oor die akademikus se pad kom: die lang ure van lees, nadink, ontwerp, bedink en dan uitskryf en oor uitskryf.

En sulke harde, afgemete toewyding bring ongelooflike voordele: daar is die erkenning van ander vir wat die sportlui presteer, ook die feit dat hulle kan uitstyg en hulself bewys, dat hulle suksesvol doelwitte stel en kan behaal. Hulle reis na baie lande, ontmoet begaafde atlete, word finansieel sterk en is ‘n mens wat weet om te volhard en nie tou op te gooi nie, wat teleurstellings kan verwerk en wat ander kan aanspoor en bystaan.

Maar hier op die vlak van die jongstes en die weerloses het ‘n mens die ontspannende benadering: die kleintjies wat nie natuurlike talente het nie, of wat nie die vasberadenheid van ‘n Gary Player het om uit te styg nie, ervaar die genot van sport, die buite-lewe, die meelewing van ouers, die waardering vir hul saamspeel. Hulle word ryk in karakter, mooi in mens-wees en ontspanne in hul aktiewe lewe. Hulle het dalk iewers anders die groot bydrae te lewer, maar hier kan hulle ook iets anders geniet. En dan is daar kans om die natuurlike talent uit te ken van die tjokkertjie wat ‘n David Beckham kan word. Hulle moet nou verder geneem word.

Maar hier werk 'n ander besef. Een van daardie sokkerspelertjies kan eerder ‘n toekomstige beroemde Nobelpryswenner in medisyne. Of iemand wat eendag ‘n vlieënier sal word vir Dokters sonder grense en ‘n kwaai opleiding daarvoor sal moet ondergaan. Of net ‘n wonderlike ma wat lief is vir haar kinders. Of ‘n onderwyser wat weet om die beste uit kinders te haal. Of ‘n sendingwerker wat op ‘n afgeleë oorde hoop in die lewens van minder bevoorregtes indra. Of 'n kunstenaar wat skeppend werk.


Soms sal hierdie inspanning baie, baie ure uit hul lewe neem. Maar altyd weer is die maat vir ons inspanning of dit ons innerlike vervulling bring en of dit ons in ons volle mens-wees ontplooi. Dit is pragtig as ‘n mens reeds as ‘n seuntjie op ‘n sokkerveld iets van hierdie waardes kan ontdek. Die groot uitdaging is dat ons hierdie kleintjies moet inlei in waardes wat die beste in hulle uitbring.

Sunday, October 04, 2009

Die vrou en die kind

Laat aand besoek ons die Jakobus-kerk in Innsbruck, waar daar 'n reuse-praalgraf vir 'n plaaslike hooggeplaatste leier is wat net soveel praal uitstraal soos die middelstuk waar die altaar staan. Dit is net goud en glorie waar jy kyk. Maar in die middel, ironies, van hierdie hoog-katolieke kerk, is die tekening van Lukas Cranach, die bekende skilder en graveerder uit die sestiende eeu, wie se pragtige skildery van Maarten Luther ek nou al jare iewers as 'n kleinerige afdruk het. Hy was saam met Duerer seker die twee bekendste kunstenaars uit die Reformasie tydperk. Ek sien al jare uit daarna om hierdie stuk van nader te bekyk. Maar dis 'n teleurstelling. 'n Mens kan dit net van veraf bekyk, want die elektroniese bewaking hou 'n stewige oog op jou om jou afstand te bewaar. 'n Egte jammerte. Want watter kunstenaar is hierdie man nie. Sy skilderye van Luther se ouers en Melanchton is onvergeetlik. Maar hier is dan die Vrou en die Kind. Pragtig. Genoeg om net na te kyk, te geniet en jou in te vergeet.

Hier is die geheel aansig - laataand (19h30) geneem.





Die stuk van nader:

Friday, October 02, 2009

Oor 'n spesiale dag: die skepping van God en mens

Na die kongres, vier dae van hordes referate oor die resepsie van Openbaring van die tweede eeu tot die middeleeue met hoogs tegniese referate deur spesialiste wat hul storie ken en meestal al jare op hul gebied gewerk het, vat ons die pad huis toe. Ons het 'n Eurail-kaartjie en ry dus met 'n ompad deur Switzerland. Dit is 'n toweragtige ervaring, hierdie rit van Innsbruck deur Lichtenstein na Zurich. In Zurich kon ek, in die twee uur wat daar tyd was vir 'n koffie en 'n kuier, darem weer die Chagall vensters gaan kyk. Dit was 'n spesiale dag: die wonderlike tonele van die skepping, goed bewaar in hierdie omgewingsbewuste lande en dan die menslike skoonheid. Chagall was 'n meester en om die vensters te sien het 'n mens weer laat besef hoe die mistiek die lewe oopsluit en verdiep.


Uit die treinvenster die tonele van dorpies, waters, oordadige groen, valleie, woude, knus huise, en alles so skoon, so skoon, so silwerskoon. Die Oostenrykers kyk mooi na hul land.




Die rivier se water was die meeste van die tyd groenblou...





In elke dorpie is daar 'n kerk iewers in 'n fokuspunt...





Nog water...




Groen landerye




Ewige gebergtes.....





Ons ry verby die meer op die middaguur toe die son te helder was vir 'n mooi foto. Byna by die eerste oorstappunt van ons terugreis (Zurich).

Blog Archive