Monday, May 23, 2011

By verlies. Aan Judy.


 
Tomorrow, and tomorrow, and tomorrow
Creeps in this petty pace from day to day
To the last syllable of recorded time,
And all our yesterdays have lighted fools
The way to dusty death. Out, out brief candle!
Life's but a walking shadow, a poor player
That struts and frets his hour upon the stage
And then is heard no more. It is a tale
Told by an idiot, full of sound and fury,
Signifying nothing.
    - Macbeth - 5, 5, 22-31

Shakespeare vertel in hierdie sonore, maar tog so uitsiglose gedeelte van die lewe wat in sy kortstondigheid lyk op ‘n kers: vir een oomblik flikker dit, en dan is die liggie gedoof. En morbied stuur die deel af op hierdie klimaktiese slotsin: menslike bestaan wys op niks. Die lewe, dig hy, is ‘n wandelende skaduwee – ‘n vrot toneelspeler wat sy oomblikkie van glorie op die toneel spoggerig beleef. En dan is dit verby. Die lewe is ‘n idiotiese verhaal, vol lawaai en gedruis en beteken niks. Onverbiddellik kruip al die môre’s in in die vandag’s en gaan verby.

Dit is die versinnebeelding van die oeroue lewensgevoel van onstuitbare verganklikheid.

Die woorde in Macbeth is deel van ‘n gesprek oor die min sin van die lewe, oor die korte duur, die blote oomblik van ons aardse bestaan, wat oor eeue heen gevoer is.  

Die gesprek skop veral in wanneer ons iemand naby aan ons verloor. Dit is ‘n verlies wat baie vrae by ons wakker maak.

Hoe oppervlakkig kan die gesprek hieroor word.  Ons pyn bring ons om teen ons verlies vas te kyk. En om die onverbiddelike loop van die tyd uit te wys.

Omdat ons so gou ophou om die lewe dieper te bedink, is die pyn wat ons ly, nie suiwerende pyn nie. Dit is pyn wat ons folter, ons visie verdonker, ons lewe verduister en ons van ons lewensdrif beroof. Ons raak depressief deur ons pyn oor ons verlies.

Dit is nie maklik nie. Verlies slaan in meer as een opsig ‘n doodshou. Dit kan ons tot ‘n gevangeniskap in verdriet vonnis.

Lank voor die beroemde woorde van Shakespeare, het die skrywer van Prediker soortgelyke gedagtes neergepen.  Die lewe is maar ‘n asemteug lank en is origens pure niks, pure kaf, alles is sinloos, het hy sy lewensgevoel gedeeltelik verwoord.

Maar die Prediker het ook geweet dat daar ‘n tenger draad is wat deur die lostrekkende tekstuur van die lewensmateriaal loop en dit styf, styf bind aan onverganklikheid. Hy het sy boek geskryf, soos die subtiele slot wys, met die wete dat daar tog iewers ‘n stuk onverganklikheid bly leef. Trouens, ‘n mens sou kon sê, juis omdat die lewe so fragiel is, is die tenger lewensdraad van die liefde soveel sterker.

Dit is ‘n manier, ‘n sardoniese manier, om die finaliteit van die dood te verwoord deur te vertel hoe dit ‘n mens bewus maak van kortstondigheid. Maar iets wat kortstondig is, hoef nie sonder betekenis te wees nie.

By die dood is dit immers nie die besef van finaliteit or verganklikheid wat die laaste woord spreek nie. Want daarvoor is die pyn te intens wanneer die oomblik van verlies aanbreek.  Dit is pyn oor die verlies aan iets kosbaars.

Ons begryp dit dikwels nie. Die pyn is so intens dat ons dikwels nie uitkom by die vraag waarom ons pyn het nie.

En as ons dit bedink is die antwoorde duidelik. Die pyn wat ons ervaar is ‘n pyn van begeerte en verlange: Hoe langer sou ons wou wees by hulle wat ons lewens ryk gemaak het! Die pyn is die roep na meer tyd, maar meer kanse om bymekaar te kon wees. Dit is die pyn van die verlange om aanmekaar te kon drink en drink van die koel fonteinwaters wat hulle wat weg is deur hulle lewe aan ons geskenk het. ‘n Mens treur nie oor die sinnelose, oor dinge wat nie betekenis het nie. Intens is die verdriet oor wat kosbaar is.

Uiteindelik moet ons dus deur ons verdriet na die diepere kan soek en kyk.

Wie onthou nie die oomblikke dat hulle finaal gehoor of gesien het dat iemand naby aan hulle gesterf het nie? Dit is ‘n fisieke pyn, asof iemand ‘n ystervuis in jou binnekant steek en ‘n stuk van jou hart uitpluk.  Dit is asof ‘n mens intuïtief weet, onbewustelik by voorbaat beleef watter tye van gemis, verlange, geselsies óór in plaas van mét, voor die deur lê. Dit is die oomblik wanneer al die pyn van die môres wat moes wees en nie meer kan word nie, die oop wond van verlange en onvolmaaktheid slaan.

Ja, dit is reg, die pyn maak ons bewus:  Hoe enorm tinger is die menslike bestaan... Hoe enorm kort, ‘n asemteugie-kort is die lewe van ‘n mens. Hoe enorm hulpeloos is die mens teen die groot Einde, die Uitwissing, die Wegneem, vertel Nouwen, wanneer hy nadink oor al die kere dat hy met die finaliteit van die dood gekonfronteer is.

En tog, wanneer die lewe van iemand tot ‘n einde kom, weet ‘n mens veel meer as net dat die lewe kort, breekbaar, fragiel, verganklik  is.  Die pyn oor verganklikheid vertel ook van die ánder, groter kant – die rykheid van die lewe. En die wete, hierdie dieper krag is die groot skans teen die verdriet.

Hoeveel liefde is ineengevleg met ons pyn oor verlies. Die pyn is juis ‘n teken van liefde.

Wanneer ons dit verstaan, hierdie liefde in ons pyn, is daar ‘n dieper wete – die wete van hoe ons lewe volgemaak word deur mense se liefde vir ons, selfs deur net daardie vlugtige oomblik van hul kort bestaan. Daar is pyn, selfs fisieke pyn, maar aanstigter van die pyn is die groter Besef dat jy iets groter as tyd beleef het – dat iets van die ander by jou kom woon het wat niks, ook nie die dood, jou ontneem kan word nie.  

En dit bring troos, selfs al is die troos so skraal, wéét ons. Tyd kan kom en gaan, maar wat in die tyd gebeur, wat in die tyd aan ons in liefde geskenk is, bly. Al is die waardevolle en die liefde nie meer fisiek te ervaar nie, al is die ander weg, het dit nie opgehou nie en is hulle liefde nie tot ‘n einde nie.  Daar is ‘n werklikheid wat al gebrokenheid en tydelikheid te bowe gaan. Des te meer as ‘n mens ‘n woning van die liefde met die ander gedeel het. Deur ons lewens sal ons kosbaar kan vashou aan die liefde wat so veel, so dikwels, so herhaaldelik, so onselfsugtig, so stil, so onopvallend, so mooi, so sterk, so volhoudend aan ons gegee is.

Wie kan die lewe futiel noem as jy juis deur die lewe in die liefde ingelei is?

Hoe kan ‘n mens dan ooit verder twyfel: hulle wat ons verloor het, hulle wat van ons weggegaan het, woon nog steeds in die Liefde.  Daarom is daar by ons dankbaarheid deur die pyn heen. Die dankbaarheid is groot, want hierdie liefde vloei ook, danksy hulle, in ons are. Die pyn sal bly, die seer sal by ons wees, maar dit sal nie ons lewens vul nie. Dit sal ons wys na die Liefde wat die grootste is.  

Laat die pyn oor ons verlies ons dieper in die Liefde anker. Maar, die meeste nog, laat die pyn van verlies ons bind aan die Een wat ons eerste liefgehad het. Dit is die Eerste Liefde, die skeppngsliefde wat alles goed gemaak het, wat deur ons geliefdes na ons gekom het. Hulle lewens vertel daarvan, was die beeld van die goddelike liefde. Uiteindelik wys alles hierop.

Alles sal van ons weggeneem word. Dit is seker. Maar daardie Eerste Liefde vergaan nimmer meer en kan nie weggevat word nie. Dit is die Liefde waarin ons geanker word. En dit is die Liefde waarheen ons in heerlikheid sal terugkeer, wanneer ook ons pyn van ons weggeneem word en ons almal in die Liefde woon.

Friday, May 20, 2011

Vrede

Hierdie is 'n beroemde spreuk:


'n Mens kan net sonder lyding wees as 'n mens sonder verlange is.

Thursday, May 19, 2011

Die liefde as skans teen leed en lyding.

Alaric Lewis, die Benediktyn van Chicago, se dagboek oor verlies het ek in 2005 in Afrikaans vertaal en dit is mooi uitgegee deur Lux Verbi as 'n Seisoen van Heling

Ek het my soms verwonder oor die praktiese aard van sy opmerkings oor verlies. Kyk net na die onderstaande gedeelte. 
Verskeie dinge kan 'n mens uit die gedeelte op jou geestelike reis meeneem. Die mees basiese is sy dieper dink: van 'n doodgewone son-baaiery dring hy deur na die hantering van verlies. 'n Mens breek vir 'n oomblik weg uit jou droefheid en seerkry. En die asemskep in die natuur bring perspektief. Des te meer wanneer 'n mens dit religieus kan vul. En die godsdienstige invulling word met die grootheid van die liefde gedoen. Uiteindelik is al wat 'n mens werklik van jou leed vrymaak, die liefde. Daarin kan ons ons nie genoeg verloor nie - dit is die liefde wat ons 'n skans bied teen die leed. 

Ek sit en dink wat die mistagoog tog alles hier van kan maak: hoe om hulle wat vasgevang is in die depressie van verlies, op so 'n eenvoudige manier te laat asemskep. Daarom die diep mistagogiese gesprek wat afgewissel kan word met 'n gebed, 'n lied, musiek, 'n stap in die veld... 

Hier is die stuk:


2 Junie


“Here, u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke.”

      Psalm 36:6

Ek moet eenvoudig net soms in die son lê en bak. Ek weet dit is nie goed vir my nie, maar om die son se strale op my liggaam te voel is vir my gevoel een van die heerlikste sensasies wat ‘n mens kan hê . Miskien selfs wonderliker is die gevoel wat opkom by my om net op te kan staar na die oneindige, uitgestrekte hemelruim. Wanneer dit lyk of die druk, die worsteling en die treurigheid in die wêreld my wil oorweldig, is die paar minute wat ek bestee om op te kyk, genoeg om my bewus te maak hoe klein sommige van my probleme is in vergelyking met die liefde van God wat so groot is dat dit die wye hemel wat ek waarneem, kan vul. 


Ek het 'n navraag ontvang oor die boek. Dit  is uit druk, maar ek het nog 'n kopie of wat te kope. 

Wednesday, May 18, 2011

Die uniekheid van lyding. 'n Mistagogiese perspektief


Met my vertaling in Afrikaans van Alaric Lewis se 'n Seisoen van Heel Word,  onthou ek goed hoe hierdie gedeelte my opgeval het. 
Ons wonder soms hoekom mense ontsteld raak oor skynbaar onskuldige, selfs mooi woorde waarmee ons hulle wil bemoedig. Hierdie gedeelte illustreer waarom. Lyding, veral die verlies van iemand naby aan jou is so intens en traumaties dat niemand sinvol daaroor kan praat nie en elke mens beleef dit op 'n unieke, eie manier. 

Die boek Job leer dit vir ons oor en oor. 

Mistagogie in sy nuutste vorme, in 'n egte spiritualiteitsin van die woord, vertel vir ons dat 'n mens nie ander te maklik moet raad gee van bo af nie. Dit is eerder beter om net daar te wees, 'n mede-reisiger. Ons goedbedoelde raad kan meer skade aanrig as wat ons dink. Laat mense toe om te rou, soos hulle alleen kan. Selfs al kan die mistagoog hulle rouproses peil nie.

Hier is die gedeelte:

1 Junie


“Niks is so nutteloos soos ‘n stelling wat veralgemeen nie.”

      Julia Crawford

Na die dood van my ma moes ek aanhoor hoe baie goedbedoelende mense so baie van dieselfde veralgemenende stellings teenoor my maak: Wees sterk, jou ma sou dit wou gehad het. Jy kan bly wees dat sy nie meer hoef te ly nie. Ek weet hoe jy voel, ek het my ma ook verloor. En, hoewel ek geweet het hulle bedoel dit goed, wou ek amper vir hullle skree: Hoe weet jy dit? – miskien sou my ma wou gehad het dat ek moet huil en treur. Terwyl ek dankbaar is dat sy nie meer ly nie, sukkel ek om daaroor te kom dat ek nog ly. Jy weet nié hoe dit is nie, want jy is jy en ek is ek.
            
Dit mag vir ons ‘n troos wees om te weet dat ander mense ook in hulle lewens terugslae ondervind het en daaroor gekom het. Maar dit troos ons ook om te weet dat niemand anders ‘n verlies ervaar heeltemal soos ons dit ondervind nie.

Tuesday, May 17, 2011

Breek daardie anker dan nie soms nie? Oor die onbreekbare lewensanker...


Ek lees vandag hierdie dagstukkie van Alaric Lewis wat ek ‘n paar jaar gelede vertaal het toe ek sy boek ‘n Seisoen van Heel Word in Afrikaans weergegee het:

31 Januarie
“Hierdie hoop besit ons as ‘n veilige en onbeweeglike lewensanker...”
     Hebreërs 6:19

Een van die aandoenlikste tonele in die Nasionale Museum vir die Joodse Slagting in Washington DC, is ‘n uitstalling met die titel “Daniël se verhaal.” Dit handel oor die Joodse Slagting vanuit die perspektief van ‘n kind met die naam Daniël. Hierdie uitstalling slaan ‘n mens se asem weg. Ten spyte van die onuitspreeklike tragedie wat rondom Daniël afgespeel het, ten spyte van alles wat hy moes ervaar, kan ‘n mens in elke woord van hom agterkom met watter lig van hoop hy in die donkerte van hierdie wêreld gevul is. En dat iemand so jonk soos hy só kan hoop, wys vir ons dat hoop nie iets is wat ons iewers langs die pad optel nie, maar dat dit diep in ons ingebed is.
      “Ek het hoop opgegee.” Só voel ons almal van tyd tot tyd en miskien tereg ook. Maar ons moet ook bly onthou dat as ons dit verloor het, ons dit weer kan vind, want die lig daarvan is diep in ons ingebed.

Daar is vir my iets aantrekliks in hierdie kort oordenking.

Maar tog ook iets te min. Daar is immers iets diepers agter die vaste wete dat dit nie altyd net donker sal bly nie.

Die verlies aan lewenslus wanneer ons trauma en teenspoed ervaar, en die breekbare wete dat hierdie verlies ook sy perke het, moet ons na aan God hou. Die lente, dit weet ons, kan ook nie in ons lewens gekeer word nie – dit is immers die evangelie. Die nabyheid aan God word die tyd dat ons vra na hoe God die nuwe uit die koue winter in ons gaan laat groei. Genadig is God, tog, die Een wat die gebroke riet nie knak nie.

Die tyd van verlies word dus ‘n tyd van afwagting op wat God wil doen. Om te weet dat ‘n mens nooit alles kwyt vir altyd is nie, bring ‘n mens biddend in God se teenwoordigheid, afhanklik, soekend – met al die pyn wat daaraan verbind is, maar steeds weer reg vir nuwe dinge wat God wil doen.

En wie soek, vind God. Dit is die belofte wat keer op keer weer werklikheid word.

Op die manier hou ‘n mens teen alle hoop in, aan die hoop vas. Die wagter op die mure... Want uiteindelik gaan dit nie om 'n abstrakte tema soos hoop wat bedink kan word nie. Dit gaan, dieper, om 'n verhouding met God wat deur die liefde gedra word. 

Ruwe storme, wilde see, woeste golwe. Maar die anker moet hou.

Sunday, May 15, 2011

Hoe belaglik is geweldlose verset? Oor 'n spiritualiteit van vrede.


In my nadenke oor 'n spiritualiteit van vrede kom ek dikwels af op die belangrike nie-geweldadige protes-aksies wat figure soos Gandhi en Martin Luther King bekend gemaak het. Keer op keer word dit ‘n voorbeeld van hoe ‘n mens uiteindelik prakties geweld kan besweer en vrede kan vind. Die artikel wat ek vandag lees, laat my dit opnuut besef (kyk hier onder).

Vandag, lank nadat die mense waarteen hulle in opstand gekom het, se 
name onder die stof van die geskiedenis genadeloos verswelg is, staan mense soos Martin Luther King uit omdat hulle uitdruklik geweld verwerp het in hul aksies om 'n regverdige samelewing en omdat hulle hoop beliggaam en bevorder het. Hulle name is verewig omdat hulle gewys het dat 'n mens ongewapen merkwaardige veranderings in 'n gemeenskap kan bereik.

Dit is nie maklik om geweldloos te wees nie. Die berig hier onder vertel hoe naïewe jongmense wat by die geweldlose versetsbeweging in die burgerregte-tyd in Amerika bespot, verag en selfs in tronke gesmyt is.

Min het hulle, geïnspireer deur die charisma van Martin Luther King, die baptiste predikant uit die Suide, gedink dat hulle “naïewe”, bespotte verset dekades later ‘n hele string Moslem lande sou motiveer om teen brutale magshebbers in opstad te kom. Hulle sou nooit gedroom het om te dink dat strokiesprent-boekies (!) van die Christen-predikant wyd in hierdie Moslem lande deur jong mense gelees sou word en hulle aandryf tot ‘n passievolle soeke na vryheid.

Min van hulle het ooit kon dink dat in gesprekke tussen Christene en Moslems, die motief van geweldloosheid waarin hulle geglo het wat hulle in hul jeugdige idealisme aangevuur het, so 'n invloed sou uitoefen en so ‘n enorme impak op ‘n hele reeks Arabiese lande sou veroorsaak nie.

Geweldloosheid is nie iets wat Gandhi of Martin Luther King ontdek het nie. Dit is ‘n belangrike deel van die Evangelie wat die kerk vanaf die vroegste tye verkondig het. Dit is eers toe die kerk in die magsfeer van politiekery opgeneem is, dat oorlog en geweld formeel deel van die leer en oortuiginge van die kerk geraak het. Wie kan tog die Bergrede lees en vir ‘n oomblik twyfel aan Jesus se boodskap oor geweldloosheid?

Vir baie mense in die kerk is geweldloosheid belaglik, gevaarlik en afwykend.  Gelowiges moet maar fyn kyk wat in Noord-Afrika aangaan. Ja, honderde mense word vermoor deur die wrede onderdrukkers. Maar vryheid sal kom. Daar is iets ontstuitbaars aan geweldloosheid. As gelowiges hieroor fyner luister en gouer is om die tiranne te bestraf en te straf deur geweldlose verset, sal daar dalk minder bloed vloei.


Hier is die artikel.

Joan Mulholland was watching television one day when something flashed across the screen that gave her chills.

Unarmed young men and women blocked rows of tanks. Giddy demonstrators placed flowers in soldier's bayonets. Protesters sang "We Shall Overcome" -- with an Arabic accent.

The images hurled the retired schoolteacher back to another moment in spring when she was a teenager risking her life for change. In May 1961, Mulholland joined the "Freedom Rides." She was part of an interracial group of college students who were attacked by mobs and imprisoned simply because they decided to ride passenger buses together through the Deep South.

"So much of what has happened in Egypt is like déjà vu," says Mulholland, who appears on PBS Monday at 9 p.m. in a mesmerizing documentary called "Freedom Riders."

"The pictures that have been in the news have been almost interchangeable with the civil rights movement here years ago," she says about the Egyptian protests that toppled a dictator. "I've seen so many visual parallels that I'm starting to save pictures in a scrapbook."

The Freedom Riders were called communists and outside agitators. As they commemorate the 50th anniversary of their rides this month, another group of people in the Middle East is calling them something else -- inspiration.

Several leaders in the protests sweeping the Middle East say they are using the same nonviolent playbook Freedom Riders and other civil rights activists used years ago to resist oppression.

Dalia Ziada, North Africa director of the American Islamic Congress, a group that promotes interfaith tolerance, says some Egyptian protesters took heart from the disciplined nonviolent resistance activists once displayed during civil rights campaigns like the Freedom Rides.

"It was inspirational," she says. "I realized that no matter how long it takes, nonviolent tactics lead to success in the end. This made me and all my colleagues here in Egypt stand strong in the face of police brutality during revolution time.''

Reading MLK in Arabic

At first glance, there seems to be little connection between Freedom Riders and the "Arab Spring," a wave of civil uprisings sweeping the Middle East. The series of protests are being driven by people from various ideologies that have nothing to do with nonviolence.

Yet there are signs that the seeds of nonviolent resistance that Freedom Riders and other civil rights activists planted years ago in America are being scattered throughout the Arab Spring.

And some are now starting to sprout:

A 50-year-old comic book explaining the Rev. Martin Luther King Jr.'s philosophy of nonviolent resistance has been adopted by Egyptian protesters and distributed throughout the Mideast.

The comic book, republished in Farsi and Arabic by the American Islamic Congress, has attracted so much attention that Georgia Rep. John Lewis, a Freedom Rider leader, has marveled publicly over its impact.

Ethan Zuckerman, founder of Global Voices, an international group of journalists that hosts conferences for Arab bloggers, says many Arab protesters have deliberately shunned violence.

"The protests began, at the very least, as explicitly nonviolent events," he says. "In many of the marches, not just in Tunisia and Egypt, but in Bahrain and Syria, protesters have chanted 'Peaceful, peaceful', making it clear that any violence from the military was an overreaction."

The New York Times ran a recent profile on Gene Sharp, an elderly American author of books like "The Politics of Nonviolent Action" who has discovered that his books are popular reference guides for protesters in Egypt and Tunisia.

One of the Freedom Rider leaders, Bernard Lafayette Jr., has already established three nonviolent training centers in Palestinian territories.

He says many Arabs can relate on a visceral level to the brutality Freedom Riders and other civil rights activists faced.

"There's a direct connection," Lafayette says. "They've gotten a chance to see the film footage and a chance to read the history of the movement in the U.S. and the success we've experienced."

One of those Palestinian leaders inspired by Lafayette is Sami Awad, executive director of the Holy Land Trust, a Palestinian nonprofit group that works to develop nonviolent approaches to ending what it calls the Israeli occupation.

Awad says he was inspired by the civil rights movement as a teenager. His uncle, a nonviolent activist, constantly invoked the movement's leaders and tactics.

"I even remember reading children's comic books, with stories of MLK, even in Arabic, that my uncle would smuggle into Palestine with other materials on nonviolence because they were illegal under Israeli occupation," he says.

Awad says the contemporary footage of Arab protesters confronting Arab dictators reminds him of the old civil rights films he has watched.

"Seeing the people of Egypt, Tunisia, Yemen and Syria break the barrier of fear and be willing to stand in front of armies and tanks with open arms in nonviolence brings back immediate memories of what happened in the South during the '60s," he says.

'We were past fear'

Some of the Freedom Riders who broke through their own barriers of fear 50 years ago still sound amazed at their actions, the PBS documentary reveals.

Most didn't have any support except for one another. Their parents didn't approve. Nor did leading civil rights leaders. Federal and state officials warned them they couldn't protect them.

They stepped on the bus anyway for perhaps the same reason some Arab youths joined the crowds in their country -- they didn't want to miss history.

"It was like a wave or a wind that you didn't know where it was coming from or where it was going, but you knew you were supposed to be there," said Pauline Knight-Ofosu, a Freedom Rider, in the PBS documentary directed by award-winning filmmaker Stanley Nelson.

Courage, though, can evaporate once someone gets hit with a club upside the head. But that didn't happen to most of the estimated 400 students who eventually joined the Freedom Rides, the documentary says.

Though mobs burned a bus and beat riders, and state officials sentenced some to state prison, the Freedom Riders kept coming.

Some admitted, though, that there were moments when they doubted their decision.

Ivor "Jerry" Moore recalled walking into an Alabama bus station and locking eyes with a reporter as they both realized a mob was coming for Moore.

"Our eyes met and when he looked away, my very guts shook," Moore said in the film. "He must have thought we were doomed."

The mob attacked Moore and might have killed him if a photographer hadn't distracted them by taking their picture.

Mulholland, who traveled from her hometown in Arlington, Virginia, for the Freedom Rides, said their determination eventually eclipsed their fear.

"We were past fear. If we were going to die, we were going to die, but we can't stop," she said in the documentary.

What happened to the Freedom Riders afterward?

Their rides, first organized by James Farmer and a civil rights group called CORE, made international headlines. They attracted the support of King and embarrassed the Kennedy administration into acting.

At one point in the documentary, the camera captures then-Attorney General Robert Kennedy at a press conference where he defensively said that life for blacks was getting better.

There is no reason in "the foreseeable future that a Negro couldn't be president of the United States," he said.

Three months after Kennedy made that statement, while hundreds of Freedom Riders were in jail, Barack Obama was born.

The Freedom Riders eventually forced the federal government to issue a sweeping desegregation order for bus and rail stations. Five months after they began, they were victorious.

"It was the first unambiguous victory for the civil rights movement," says Raymond Arsenault, author of the book "Freedom Riders," on which the PBS series is based.

"They showed you could go into Alabama and Mississippi and win. They were willing to die to make a point."

Arsenault says he sees the same spirit in the Egyptian protesters.

"All they had was their courage and commitment. They didn't have weapons, huge amounts of funding or international support. It was the same with the Freedom Riders."

He says many Freedom Riders went on to become "shock troops" for other civil rights campaigns.

A half-century later, the wave they joined is still surging, he says.

"They had no reason to believe they could pull it off," Arsenault says. "Their elders in the movement were telling them that they were crazy and were going to set the movement back. But they weren't waiting for the courts or their leaders. They wanted freedom now, not freedom later."

Blog Archive