Monday, December 13, 2010

En toe gaan die teoloog....


Die drie kom moeg aan op ‘n plaas aan waar daar net een slaapkamer met twee beddens is.

Die boer wil hulle graag help en sê daar is ‘n stal waar daar ‘n hoop hooi is. Hy kan ‘n kombers daar gooi en die derde een kan heerlik die nag daar slaap.

Hulle aanvaar dankbaar die aanbod en is diep beïndruk deur die boer se bedagsaamheid.

Die Hindoe bied eerste aan om in die stal te gaan slaap. Hy vat sy tas en loop na die stal. 



Maar twintig minute later is daar ‘n klop aan hulle slaapkamerdeur. Toe die twee die deur oop maak, staan die Hindoe bedremmeld en vol verskonings daar.

Julle weet, sê hy vir die ander twee, ek is ‘n baie gelowige mens. In die stal is daar ‘n koei en vir ons is ‘n koei ‘n heilige dier. Ek kan uit eerbied nie daar in die stal slaap en die koei se rus dalk versteur nie. Ek is regtig jammer hieroor, maar ek weet julle sal verstaan.



Die ander twee knik meelewend en besorgd hul koppe.

Die Moslem is baie vriendelik en bied dadelik aan om in die stal te gaan slaap. Hy pak sy goedjies in sy tas en sit gewillig af na die stal. 



Maar na twintig minute is daar ‘n klop aan hulle kamerdeur. Toe hulle die deur oopmaak, staan die Moslem, ook bedremmeld, voor die deur.

Julle weet, sê hy vir die ander twee. Ek is ook ‘n baie gelowige mens. In die stal is daar ‘n vark en vir ons is ‘n vark onrein. Ek sal nie vanaand daar kan slaap nie. Ek is seker julle sal kan verstaan hoe onmoontlik dit vir my sal wees om daar te moet slaap.

Die derde persoon is ‘n teoloog. Hy sit ewe vriendelik vir sy maats dat hy dan graag in die stal gaan slaap en sit flink en braaf af na die stal.

Twintig minute later is daar ‘n klop op die slaapkamer-deur. Toe die twee die deur oop maak, staan die koei en die vark voor die deur……

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive