Wednesday, December 22, 2010

Wat soos 'n rots vasstaan. Oor die liefde wat werklik saak maak.

Soms, nee, dikwels, wonder mense oor God…

Twyfel ‘n mens aan God…

Het ek God lief?, vra die soeker dan, al twyfelend.

Soms wil ‘n mens selfs nie eers die vraag vra nie, want die menslike hart is verduister deur die ondenkbare gedagte dat ons eintlik nie werklik erg het aan God nie. 

Soms wil ons hart nie regtig iets van God weet nie…

Of die teenoorgestelde is ook waar: Ons kan ook vir God met ‘n passie lief hê.

Maar wat bring ons eie liefde ons tog in die sak?  Maak dit saak?

Of ons min liefde vir God het, of oorloop van baie liefde vir God – watter verskil maak dit?

Wat tog veel meer werd is, waaraan ‘n mens nooit kan twyfel nie, wat soos ‘n rots vasstaan, is dat God óns lief het.

Dit sou ‘n ramp wees as ons op ons liefde vir God moet vertrou… 

Wie ontdek hoe onnaspeurlik en hoe onfeilbaar die goddelike liefde is, ontdek en leef in egte liefde. 

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive