Thursday, December 09, 2010

Tye saam met God

'n Kleintyd-ervaring bly by mens: die hele gesin, knielende langs die etenstafel, terwyl elkeen 'n kans kry om 'n gebed te doen. Dit was die dae van huisgodsdiens. Al die seisoene, somer, herfs, lente, winter. Elke aand na ete is die Bybel oopgemaak, 'n stukkie gelees, vragies gevra en dan gekniel. Almal voor die voet.

Later het dit minder geword. En toe uitgesterf.

Daar was ook altyd 'n gebed voor die ete. En 'n gebed na die ete. Getrou, twee keer.

Later het dit net 'n gebed voor ete geword.

En alles staan in die teken van minder tyd opsy sit vir geestelike dinge.

En dalk wys dit ook hoe onderskat ons die tye  wat ons by God deurbring - veral saam met mekaar.

Diep, onuitwisbaar diep, is die herinneringe ingeprent van 'n biddende huisgesin in die kollektiewe geheue van hulle wat pa en ma, broers en susters is. Daardie tye dra vrug verby alle berekeninge. Die paar minute na ete, rondom die Bybel, duur 'n ewigheid.

Spiritualiteit vra dat 'n mens vir God tyd gee.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive