Thursday, December 16, 2010

Lig, lig, lig moet ons oor die dood praat...

"Dood," skryf Paulus, lig, lig, lig, in sy beroemde hoofstuk oor die opstanding (1 Kor.15:53): "waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?"


Onvergeetlike woorde - woorde waaroor ons nie genoeg kan rumineer nie. Dit moet ons hartsgebed word. 


Op 'n heel ander manier sing Gesang 62:4 eintlik oor dieselfde gedagte:


Mense, soos die veld se blomme,
bloei maar vir 'n korte tyd;
ewig oor ons kleine kommer
waak Gods goedertierendheid;
Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom - 
ewige geregtigheid.


God se goedheid is ewig daar. Terwyl ons ons so kwel en bedruk maak oor ons kleine kommer, waak God en wag God op die mens se tuiskoms. 


Lig moet ons oor die dood dink - lig, lig, lig. Dit is die oorgang na God se ewige goedheid. 

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive