Sunday, March 13, 2011

Hoe om ryk te raak.

Ek het al verskeie stukke geskryf oor vas wat ek hier wil plaas. Dit is 'n boeiende onderwerp wat vir my al hoe meer besig hou. 

Maar toe kom ek op hierdie aanhaling af wat, dink ek, die moeite werd is om alleen hier op te neem. Dit verdien om op sy eie bedink te word.

Vas is 'n besonder geestelike dissipline. As geestelike oefening kan dit 'n mens in die geestelike reis op baie maniere uitdaag. Dit is dus 'n nuttige, waardevolle element in spiritualiteit. 

Maar vas kan maklik 'n stuk teorie word, of selfs 'n dooie gewoonte. 

Wat my laat besef dat nadenke oor vas altyd weer ingebed moet word in belangrike geestelike houdings. En so 'n geestelike houding wat 'n mens help om sinvol oor vas te praat, kry ek toe uit die bloute vandag in die volgende aanhaling van G.K. Chesterton en waarmee ek graag my reeks oor vas onderbreek:

Daar is twee manier om meer te kry: Die een is om aan te hou om op te gaar en meer en meer in te samel. Die ander manier is om minder te begeer. 

Met vas, dink ek, oefen 'n mens jouself daarin om feitlik niks te begeer nie. Daardeur kry 'n mens inderdaad die "meer" in Chesterton se sekulêre formulering.


Elders is dit op 'n ander manier geformuleer: 
Wie sy lewe verloor....

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive